English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 259
Total Replies: 229 951
Total Views: 82 374 499
topics: 10 823
replies: 124 876
views: 38 855 774
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Kruger : Begin ons vrese waar word.

replies: 23
views: 449
19 Aug 2019 @ 22:09:43 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1739
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Sondag op Carte Blanche praat hulle van n open cast  steenkool myn aansoek reg langs Marloth Park en wat ook ondergronds sal funksioneer tot teen die Kruger.

Ons vrese kan dalk op ons voorstoep wees.

Iets wat ek altyd onthou is tyd gelede was ek in Namibië. Nou daar is twee paaie destyds wat Swakopmund en Walvisbaai verbind. Die een strand langs mooi skoon en duine pragtig. Entjie oor die duine harfloop die tweede pad. Ek was verstom om te sien hoe swart die duine is van al die swaar voertuie se rook. Daar kon en duidelik sien watse uitwerking dit op die natuur het.

Dan is Marlothpark eintlik n juweel in sy eie reg. Dit gaan bloot vernietig word en die wild daar gaan nie meer wild wees maar n kranklike SPCA nagmerrie.

Hoe lank voor ons met n klomp sieklike diere in ons Kruger park sit. 

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 05:41:35 am
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 876
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

Ten minste  is die Guptas seker nie betrokke nie...

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 05:43:36 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14047
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Wel die steenkool besoedeling is nou een en vir altyd deel van ons land.  Dis seker maar net 'n kwessie van tyd wat dit myne gaan afbeweeg laeveld toe.  Dis mos makliker om die bogrond steenkool uit te haal as die wat dieper lê.

Daai eiendome in Marloth gaan met tyd 'n groot knou kry in waarde.  As iemand daar iets het moet hy gou verkoop aan die myn voor daai steenkool stof die wereld in trek.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 08:15:19 am
Piet Ford
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 139
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 33 years

Dit is die grootste fout wat hulle kan maak. is dit moonnlik om dit te stop?

Vir die wat die N14 tussen Kuruman en Olifantshoek al gery het sal weet wat so n myn aan die omgewing kan doen. Ry maar net verby Sishen Myn en jy sal vir kilometers sien hoe die rooi stof op alles sit. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 09:48:21 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5617
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Die vraag ... kan ons iets doen..  

Voor die hand liggend .. nee. 

Karoo gas boordery. Daar is mense wat probeer keer.. maar eks bevrees. En hiermee sê ek nie dat ons maar moet terug sit nie. 

Het in die sestiger jare gereeld geluister na die geweeklaag oor Sasol -reuk. Dit stink nog steeds.

Ons is almal ANTI kernkrag. Maar is dit beter as steenkool krag.  Steenkool stof maak swart

Kernkrag gee skadelike afval stof.

As ons nou na alternatiewe kragbronne kyk. Son/wind...  dan veroorsaak ons werkloosheid. Escom bankvrotter.

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 10:09:36 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5617
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Oja en

Biki vergeet van die duine eksplorasie van die duine-sand  in die noord kus.

Ons maak nou dalk die pandora kissie oop. Daars baie gedroggies wat gaan uitkom. 

Dalkies kan ons nie die realiteit van vooruitgang rem nie.

Hier in die RSA is ons aan die genade v.d. ongelowiges oorgelaat.

BID broer bid .. dis al wat gaan help.

Eks net bly eks nie die rede vir hierdie ongelukkigheid nie. Wat sou jy gedoen het.??

Nou anderdag hoor ek hierdie waarheid. As mens nie weet wat om te doen nie, vra jouself 

Wat sou JESUS gedoen het. As die antwoord NEE is .. moenie dit doen nie. 

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 10:14:54 am
Expo / Jan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 541
Joined: 19 Jul 2015
Experience: 27 years

Ek het ook die verslag gesien. dis die begin van die einde van NKP. die Nas regering sal die myn ondersteun want dis deel van sy ontwikkelings beleid. êrens moet daar tog spesialiste (omgewingsspesialiste) wees wat die beoogde myn/e kan stop weens negatiewe invloed wat dit op NKP gaan hê. hulle kan sekerlik 'n beswaar petisie laat optrek....daar gaan duisende / miljoene mense wees wat dit sal onderteken. ook in die buiteland.

ek sit ook en wonder of daar nie, toe Pres Paul Kruger die grond as natuur-bewaringsgebied laat proklameer het nie, in die skenkingsakte en titelakte van NKP 'n klousule in laat aanbring het, wat enige ontwikkelings langs (binne sekere radius) vanaf Kruger Park verbied nie....wonder maar net.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 10:22:30 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5617
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Ek het ook die verslag gesien. dis die begin van die einde van NKP. die Nas regering sal die myn ondersteun want dis deel van sy ontwikkelings beleid. êrens moet daar tog spesialiste (omgewingsspesialiste) wees wat die beoogde myn/e kan stop weens negatiewe invloed wat dit op NKP gaan hê. hulle kan sekerlik 'n beswaar petisie laat optrek....daar gaan duisende / miljoene mense wees wat dit sal onderteken. ook in die buiteland.

ek sit ook en wonder of daar nie, toe Pres Paul Kruger die grond as natuur-bewaringsgebied laat proklameer het nie, in die skenkingsakte en titelakte van NKP 'n klousule in laat aanbring het, wat enige ontwikkelings langs (binne sekere radius) vanaf Kruger Park verbied nie....wonder maar net.

Stem saam, maar soos gesê. ....

Dis deel van die ontwikkeling. Wats in hulle prioriteits lys. Ontwikkeling met gepaartgaande werksverskaffing. Of...  geld vanaf buiteland in toerisme.

Eks bevrees. Kortsigtigheid maak ons dood. Die slag van die gans wat goue eiers lê.

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 11:16:52 am
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1714
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

'n Mens wil nie in die pad van vooruitgang staan nie, maar die nasionale regering het 'n verantwoordelikheid om sensitief te wees vir die skep en instandhouding van bewaringsgebiede vir die nageslag en vir die daarstel van 'n gebalanseerde samelewing. Ek het die idee gekry dat hierdie saak nie deur die nasionale regering goedgekeur is nie.

Wat Marlothpark betref. Die eiendomspryse daar is nou al 'n geruime tyd onder druk, en ek is nie seker wat die rede daarvoor is nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 16:09:52 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7826
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Hulle moet krap waar dit nie jeuk nie. 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 16:11:00 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7826
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Het amper daar gekoop om te bou, toe een in December 19 sy mond verby praat. 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 16:46:12 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3664
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

'n Mens wil nie in die pad van vooruitgang staan nie, maar die nasionale regering het 'n verantwoordelikheid om sensitief te wees vir die skep en instandhouding van bewaringsgebiede vir die nageslag en vir die daarstel van 'n gebalanseerde samelewing. Ek het die idee gekry dat hierdie saak nie deur die nasionale regering goedgekeur is nie.

Wat Marlothpark betref. Die eiendomspryse daar is nou al 'n geruime tyd onder druk, en ek is nie seker wat die rede daarvoor is nie.

Na die moord op Pieter Pieterse in 2002 het baie mense hul eindom in Marloth Park in die mark gesit. Die probleem was min het belanggestel om te koop.

Paar jaar gelede daar gekamp. Baie "Te Koop" borde te sien.

Daar was ook 'n tyd waar daar baie diefstal was maar ek verstaan dit is nou redelik onder beheer. 

Ek glo die aansoek vir mynregte langsaan gaan die dorpie 'n verdere knou gee.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Aug 2019 @ 10:19:27 am
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3664
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Hoor op die radio vanoggend die VVP gaan ook die mynbedrywighede teenstaan. Afriforum het vroeer aangedui hulle gaan hof toe.

Hoop hulle is suksesvol.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Aug 2019 @ 10:36:22 am
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3664
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Extract from an article in IOL dated 27 July.

"But Raymond Zulu, a director of Manzolwandle Investments, dismisses threats of legal action.

“They are drunk. It’s an unwinnable case. We are following all the correct procedures. They’re going to waste their money for nothing.

“The only people objecting are the white people. Some are not even staying in Marloth Park. They are in Australia, England, Joburg and America. Where we are going to start mining is about 12km away from Marloth Park.

“The people who are supporting us are the black people. They are hungry and we have to develop their lives and their places in the right manner. The Kruger is far from the place we are going to mine. I cannot talk about someone who cares about animals and doesn’t care about human beings.”

But Benson disputes this. “They want to mine right under Marloth Park, right under Ngwenya, not 12km away They are promising jobs but only 50 people from Nkomazi local municipality will be hired, the other jobs will be for professional people."

So even the racial card is being played.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2019 @ 07:23:07 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14047
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ja ons poep teen donder weer.  Hoop maar die organisasies gaan dit gestop kry.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2019 @ 20:59:53 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3664
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Vir die wat belangstel, die onderwerp word Sondag op Fokus, SABC 2, bespreek.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2019 @ 06:29:50 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14047
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Julle moet asb kom terugvoer gee.  Dis nou die wat Fokus gaan kyk.  Hoop hulle vat die mense aan oor hulle uitlaatings.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2019 @ 07:25:13 am
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1197
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 40 years

'n Mens wil nie in die pad van vooruitgang staan nie, maar die nasionale regering het 'n verantwoordelikheid om sensitief te wees vir die skep en instandhouding van bewaringsgebiede vir die nageslag en vir die daarstel van 'n gebalanseerde samelewing. Ek het die idee gekry dat hierdie saak nie deur die nasionale regering goedgekeur is nie.

Wat Marlothpark betref. Die eiendomspryse daar is nou al 'n geruime tyd onder druk, en ek is nie seker wat die rede daarvoor is nie.

Die probleem dink ek is die infra struktuur. Daar is op gereelde basis krag en water probleme. Het self grond daar gehad en het dit gelukkig verlede jaar verkoop kon kry. Ook net betyds lyk dit vir my.

Met die myn ontwikkeling gaan dit letterlik en figuurlik nag wees aldaar.

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Aug 2019 @ 18:19:57 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1520
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Daar is vele professionele mense, onder andere wetenskaplikes en regsgeleerdes, wie in Marloth Park eiendom het. Hulle het reeds begin met analise van tersaaklike dokumentasie en voldoeningsvereistes.

Daar is reeds gevind dat die omgewingsimpakstudie deurspek is met denk- en data foute. Daar is gevind dat die impakstudie 'n copy- paste dokument is waar die inligting en bevindings geensins op die spesifieke omgewing van toepassing is nie. Dit blyk 'n dokument te wees waar plagiaat ter sprake is.

Verskeie van die regsvereistes is ook nie na behore aan voldoen nie.

Ek is nie op hoogte met waar hulle tans met die teenstand proses is nie, maar weet dat ook die boere in die omgewing nie stilsit nie en deel hiervan (teenstand) is.

Die myn is nou wel 12 km van Marloth af, maar hulle plan oopgroef om mee te begin en dan ondergronds tot teen Marloth en die KNP grens. Die KNP suidelike grens is die Krokodilrivier wat dan ook in die slag kan bly.

Hier kom 'n groot 'fight' en hopelik internasionale druk.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Aug 2019 @ 22:41:10 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1739
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Dankie vir die inligting prof. Alles gebeur daar amper op jou voorstoep. Hou ons op hoogte.

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2019 @ 17:08:06 pm

Was daar enige iets in sondag rapport tot die aangeleentheid. 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 13:06:16 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1520
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Dankie vir die inligting prof. Alles gebeur daar amper op jou voorstoep. Hou ons op hoogte.

Sal deurgee sodra ek meer en weer inligting kry wat nie in die media verskyn nie.

Ons is tans nog by Eiland.

Gaan Oktober terug Malelane toe en sal dan bietjie loop vis in die omgewing.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Aug 2019 @ 12:46:39 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1739
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Pottie. Ek en vrou gaan begin November so bietjie bene rek by Rio Vista lodge. Sal lekker wees om te ontmoet en  n beker koffie saam te drink as jy beskikbaar is

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Aug 2019 @ 15:28:41 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1520
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Pottie. Ek en vrou gaan begin November so bietjie bene rek by Rio Vista lodge. Sal lekker wees om te ontmoet en  n beker koffie saam te drink as jy beskikbaar is

Bak oor

Kontak gerus nader aan die tyd.

My no is nul ag twee, 4, trippel een, 5 nege 5

Ons is net eerste week en laaste week Nov nie in Malalane nie.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required