English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 975
Total Replies: 225 358
Total Views: 82 170 225
topics: 10 687
replies: 122 297
views: 38 758 812
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Beste Km ooit op bande

replies: 19
views: 320
12 Aug 2019 @ 13:54:39 pm
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1970
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Wil ook nou spog soos mense met uitstaande brandstof verbruik. laughing

My Ford Ranger werksvoertuig het nou 85000km met die oorspronklike Continental bande gedoen en ek sal seker nog so tot 90000km kan ry. Vir my is dit die beste wat ek nog ooit op bande kon kry op enige voertuig.

Nog nooit in my lewe die bande op enige van my voertuie roteer nie. Glo nie daarin nie want dan moet jy elke keer 4 nuwe bande koop want almal raak gelyktydig klaar.

Wat my ook opgeval het is dat 'n nuwe voertuig se bande langer hou as die waarmee jy die oorspronklike stel vervang. Miskien is dit dat ek altyd goedkoper bande soek wat dan nie so lank hou nie.    

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2019 @ 14:30:01 pm
mulderpm
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 790
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 24 years

Jan ek werk altyd uit wat die koste per kilometer is vir die bande.

My BF Goodrich gee my 110 000Km maar hulle kos ~R4000 per band. So 4000/110000=3.63c/km. Party keer is laer Km met goodkooper bande meer ekonomies.

Die oorspronklike Geolander bande het nie eens 40 000Km gehou nie.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2019 @ 14:35:20 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3581
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Kan jou stelling ivm oorpronklike bande bevestig. Wel,dit geld vir motorfietse.

My laaste motorfiets se hantering was problemmaties toe ek die oorpronklike bande vervang met sogenaamde "beter" bande. Baie gesukkel met verskillende opstellings van die vering en skokbrekers sonder sukses. Met die volgende stel koop ek weer die oorspronklike maak bande en daar is my probleem weg.

Ek dink die vervaardigers van voertuie doen ook navorsing voor hulle besluit watter maak band hulle opsit.

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2019 @ 14:38:28 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13077
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

My Ranger staan amper op 70,000......maar dit raak nou dringend tyd om te loer vir nuwe bande

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2019 @ 15:01:52 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2222
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Kan julle ouens met goeie bande ook die presiese model noem?  Dit is nie waar dat sekere make goeie en ander slegte kilos gee nie.  My Kuga het met Hankooks Dynapro HP's uitgekom.  Na sowat 18,000 kms het ek bereken hulle het net nog sowat 10,000 kilos se rubber op.  Tiger Wheels wat blykbaar Ford se bande verskaf, het saamgestem dat die bande foutief is en vir my 'n nuwe stel van dieselfde model gratis opgesit.  Toe praat eksowat 35 duisend kilos of so daaarna met die tegniese direkteur van Hankook/Yokohame, en in die gesprek kom dit toe uit dat myne se loopvlak effens verbrokkel.  Ek het nie daaroor gekla nie- ek het hulle immers verniet gekry en hulle vooruitsig het steeds goed gelyk.  Hy het egter aangebied om hulle te laat ondersoek en toe gevind dit was die verkeerde bande- V- graad(240k/u) terwyl H-graad (210 k/u) bande die regtes was.  Weereens kry ek 'n gratis nuwe stel- weer dieselfde model maar met die laer gradering.  Hulle het nou sowat 40,000 kms op en dit lyk of die swakste een nog so 10,000 sal doen, met ander woorde sowat 50,000 kms plus.  Dit is vir my aanvaarbaar.

My skoonseun wat 'n soortgelyke Kuga ry, het ook 'n stel Hankooks, maar 'n ander model as myne,  as tweede stel op sy Kuga.  Hy het hulle pas op sowat 100,000 kms vervang.  Ek het 'n foto van die bande geneem wat ek nie kan vind nie, so ek hoop skoonseun kan onthou watter dit was.want ek het besluit ek sal eerder van hulle opsit as die wat Tiger Wheels aanbeveel. Ek meen dit was Ventus, maar daar is ook alweer twee modelle.

Dis waarom dat ek vra dat julle die presiese gegewens oor die bande wat goed doen sal gee.  Duidelik is bande van dieselfde vervaardiger nie almal goed of sleg nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2019 @ 15:24:35 pm
mulderpm
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 790
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 24 years

Dankie Fred. Ek dink dit is baia gevaarlik om bande so on weetenskaplik te vergelyk.

Elke eienaar het sy eie ry gewoontes en terein en voertuig en en. So, apples met apples. Ek kry by voorbeeld nie eens elke keer met n' stel BF Goodrich AT 265/70/16 die selfde km's (80 000---110 000) nie. Ek is op my 3rd stell op my Pajero. Ek bly by hulle want hulle werk vir my en gee nie probleeme nie...no punctures in 45 deg C.

N' kort leeftyd band is nie noodwendig swak nie. n' reisies motor ry nie eens n' volle F1 reisies met n' stell bande nie. n' sagte band klou beeter en is dus veiliger op teer maar hou nie lank nie.

n' ander faktor is die brandstoff doeltrefentheid...rolling resistance...van die band. As dit belangrik is...soos vir n' vloot bestuurder, dan is dit een van jou maat stafe.

Horses for courses. :)

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2019 @ 15:39:25 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2222
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Natuurlik is jy reg Paul, maar dit is nie juis vir 'n verbruiker moontlik om meer akkurate vergelykings te tref nie.  Ek dink ons almal verlaat ons hier maar op eie en kennisse se ondervinding en reputasies van bande.  Maar jy sal seker ook saamstem dat 'n band wat slegs 28,000 kms gee, beslis nie 'n goeie band is nie terwyl een wat hier by 100,000 gee, ook beslis nie sleg is nie.  As die band geskik geag word om 'n sekere gradering te kry, kan ek eerstens aanvaar dis veilig teen so 'n spoed en beslis teen die werklike baie laer maksimum spoed waarteen ek gaan ry.  Dan vermoed ek ook 'n band wat goeie kilos gee, se rolweerstand is waarskynlik laag en dat hy dus 'n goeie brandstofverbruik sal gee.  Ek besef ek maak nou wilde aannames maar dis altans my gevoel oor die saak.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2019 @ 15:57:49 pm
mulderpm
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 790
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 24 years

Ook waarna gekyk kan word is die band verkoope per sektor. Bv BF Goodrich het 30% van die off-road mark maar in die toetse wat Ry en Car gedoen het is hulle aan die onderkant van die gradeering. Bridgestone was bo? Nie een het punkture resistance getoets nie. Ek dink BF is tops vir my.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2019 @ 17:02:56 pm
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1156
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 40 years

Jan, amper gedink jy is defnitief soos die brandstof manne. Toe lees ek weer en sien TOT 90000km en nie NOG 90000km nie. Groot verskil ne. LOL

Ek hou ook daarvan om die selfde band waarmee voertuig oorspronklik uitkom mee te vervang. Ek glo voertuig word ook getoets met sodanige bande om beste brandstof verbruik en pad hou vermoe te bepaal.

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2019 @ 17:08:32 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 7362
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Jan ek werk altyd uit wat die koste per kilometer is vir die bande.

My BF Goodrich gee my 110 000Km maar hulle kos ~R4000 per band. So 4000/110000=3.63c/km. Party keer is laer Km met goodkooper bande meer ekonomies.

Die oorspronklike Geolander bande het nie eens 40 000Km gehou nie.

Nog nooit dit so uitgewerk nie. 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2019 @ 17:13:01 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2924
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

My laaste Hilux 245 70 16 Bridgestone Duelers AT

144 000km op stel gekry.

Ma se Suzi 225 65 17 Bridgestone Dueler HT slegs 76 000km gekry.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2019 @ 20:30:45 pm
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1970
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

[quote]1012,250174545[/quote

Paul, nog nie so daaraan gedink nie. Gaan beslis nou boekhou.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Aug 2019 @ 06:11:39 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13412
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek kry gemiddeld so 80 000-90 000km per stel bande met die Tippers wat ek gehad het tot dus vêr.  Ek is baie gelukkig daarmee.

Op die vorige Ranger het ek Cooper STT gebruik en op die huidige een het ek Pirelli's op.

Sal maar sien hoe doen hulle.  Want Ma het so bietjie gekla oor die Coopers se pad geraas.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Aug 2019 @ 08:24:14 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2222
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Chris, Ek glo nie die vervaardigers sit noodwendig die bande wat die beste werkverrigting of kilos gee op hulle voertuie nie. (Ek dink my ondervinding dui ook daar op) 'n Bestuurder by 'n groot bandeplek het my vertel die fabrieke ken tenders toe aan verskillende maatskappye vir 'n sekere aantal bande.  Daar is nie 'n vaste verbintenis tussen voertuigvervaardigers en spesifieke bandvervaardigers nie.  Jy sal ook sien dat twee soortgelyke voertuie van dieselfde generasie twee verskillende soorte bande op het.  Hy het ook genoem dat die oorspronklike bande op voertuie kleiner toleransies het as die naverkope bande.  Hulle word nie opsetlik beter gemaak nie, maar getoets en die bestes van die bande word as oorspronklike bande verskaf en die res koop ons vir vervangings.  Dit is dinge soos die eenvormige loopvlakke van bande.  Die man het aan my getoon hoe daar soms 'n effense riffie is waar twee lae in die onderbou bymekaarkom.  Sulke bande word nie as oorspronklikes verkoop nie.  Hy het gemeen die naverkoopbande is nie swakker as die oorskronklikes nie, en sal nie swakker diens gee nie, hulle is net effens minder akkuraat gemaak.  Miskien sal hulle bietjie meer gewiggies  neem om te balanseer.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Aug 2019 @ 10:05:47 am
mulderpm
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 790
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 24 years

Net so Fred. Dit is hoe ek dit verstaan. Die locaal vervaardige motors se bande gaan uit op n' tender en wie ooit all die spesefieke band se tender wen kry die tender. Die motor vervaardiger se qualiteid inspeksie is dan toe gepas en net geselekteerde bande word aanvaar.

Waneer die man in die straat n' band koop kan hy die selfde doen. Ek het al n' band nie aanvaar nie omdat dit te veel balanseering gewig nodig gehaad het.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Aug 2019 @ 07:03:06 am
Piet Ford
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 97
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 33 years

My ondervinding met die oorspronklikke bande op die Wildtrak was dat hulle baie maklik chip (stukkies rubber verloor) as jy op klipperigge areas ry. Moes myne op 70000 km vervang. 

Het hulle verwang met Good Year Wranglers en na 5000km het ek die handelaar gevra hulle moet die Wranglers oorplaas na die nuwe Wildtrak. Het nou n verdere 3800 km al gedoen en ek is nog baie gelukkig. Was bekommerd oor padgeraas, maar gelukkig is daar geen padgeraas nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Aug 2019 @ 11:05:27 am
Wetkit
Silver Member
88% Profile Strength
Posts: 77
Joined: 08 Mar 2018
Experience: 39 years

My Navara 4L het ek gekoop met Bridgstone Deulers AT op. Daai bande en nooit reg geloop nie en verskriklik geraas omdat dit verkeerd afgeloop het.

Het toe vervang met Geolander AT. Was ok, maar het nie baie lank gehou nie, seker so 80k. Het ook bietjie geraas op die pad.

Het toe vervang met Pirelli Scorpio AT. Lekker sagte band wat min raas en sit op die nat pad! Het nou al 80K met hulle gedoen en lyk nog baie mooi. Pomp maar net 1.8bar.

 

P.S. Met die 4L ry ek glad nie stadig nie en gee golfies en Frotuners pakslae elke dag :)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Aug 2019 @ 15:03:24 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2222
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Magtie, maar hierdie is 'n verwarrende onderwerp!  Ek het meeste van die "goeie" bande wat hierbo genoem word, gaan naslaan op Australiese review bladsye, wat ek nogal hoog ag aangesien hulle klimaat en ander omstandighede baie soos ons s'n is en hulle verbruikers graag hulle menings uitspreek.  Ek ag sulke menings hoër as professionele menings soos die van joernaliste wat gewoonlik nie langtermyn blootstelling aan 'n produk het nie.  En elke keer gevind sommige motoriste meen band X is die beste wat hy nog gery het, terwyl ander motoriste van dieselfde band sê dis die grootste gemors.  Dit maak dit werklik moeilik om te besluit watter band om volgende te koop.  En voor julle sê die bande wat hier gemaak word is nie dieselfde kwaliteit as die in Australië nie- bande is deesdae netso internasionaal as karre.  Ek het byvoorbeeld na Handkooks gekyk en van hulle- selfde model- is in onder andere in Suid-Afrika, Korea en Sjina gemaak.  Dit lyk my dit is maar 'n skoot in die donker-situasie.  En wat ek ook vasgestel het, is dat die prys van 'n sekere grootte band beslis nie die kwaliteit bepaal nie.  Die menings oor sogenaamde duur bande en goedkoop bande is maar ewe wisselend.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Aug 2019 @ 12:05:55 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4880
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Waat bande vir my betref is die KMs vir my minder van 'n issue as hul werksverrigting.

As ek voel in die reen of op nat pad die bande gly maklik, soek ek hulle liewer nie. As die wande dun is en maklik gesny word, maar hul kan 100,000km gee, soek ek hulle nie...

As ek slaggate tref en band sny of bars makliker as ander, maar hy kan meer km gee, soek ek dit nie..

Ek het op my Renault elke keer 'n Goodyear band laat bars vir niks. Later het ek Dunlop opgesit en die het beter gehou..... 

Wel, instussen het ek van 2012 af nog nie weer geleentheid gehad om bande te ruil nie of nuwes te moes koop nie... Sal maar sien wanneer nodig


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug 2019 @ 06:59:54 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13412
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Die bande ding is amper soos die Ford of Toyota issue. Of Brandewyn en Wiskey. Of met 'n kwas of roller verf.

Dit is maar wat vir jou goed werk.  Bande is 'n duur ding en ek koop gewoonlik wat vir my die langste gaan hou.  Net met een rede en dit is om die aankoop daarvan tot die minimum te beperk.

Toe met die koop van 'n Tipper wou ek darem nie sukkel nie so toe het daar so bietjie behoefte aan terein vaardigheid by gekom.  Hier het ek my verlaat op bande wat gebruik word deur die manne wat se werk dit is om 4x4 te ry en dit basies elke dag doen.

Was tot dus vêr baie tevrede met my keuses.

Ek jaag oor die algemeen nie.  Ry maar rustig anders raak my ore seer. En dit help om meer kilo's op die bande te kry. 

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required