English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 964
Total Replies: 225 160
Total Views: 82 161 575
topics: 10 680
replies: 122 170
views: 38 754 419
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Oorgewig voertuie

replies: 12
views: 422
23 Jul 2019 @ 16:34:43 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 496
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Ek weet dis n holrug-geryde topic, maar vir julle manne wat die WegRy en Wegsleep lees, kyk gerus na die artikel oor die wettige gewigte van voertuie en Toyota se respons daarop. Ek is verstom om te sien hoe maklik my Fortuner oorlaai gaan wees.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jul 2019 @ 17:02:52 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 7345
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Oorgewig...... Lol 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jul 2019 @ 17:47:16 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13374
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek self is oorgewig net na 'n hamburger.  Gelukkig ry ek 'n Tipper. Hulle kan so effe meer gewig vat as 'n SUV

Ha HA HA HA

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jul 2019 @ 19:29:41 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1534
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Eks lankal oorgewig. Soos my pens groei sal ek op n Toyota se agter seat moet sit om die stuurwiel te draai ,,🤣

I WENT TO CAMP KNOWING TO MAKE FRIENDS, ENDED UP WITH A AMAZING NEW FAMILY.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jul 2019 @ 19:42:10 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2923
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Ek wens ek kan gewig optel😐

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jul 2019 @ 20:22:47 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13374
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek wens ek kan gewig optel😐

Ou groot bek........... Ha ha ha ha ha

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jul 2019 @ 01:32:54 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4084
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Ek self is oorgewig net na 'n hamburger.  Gelukkig ry ek 'n Tipper. Hulle kan so effe meer gewig vat as 'n SUV

Ha HA HA HA

Leon kry net jou lengte reg. Dis geleen by oom Jeep se groep. 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jul 2019 @ 13:01:53 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13374
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek weet dis n holrug-geryde topic, maar vir julle manne wat die WegRy en Wegsleep lees, kyk gerus na die artikel oor die wettige gewigte van voertuie en Toyota se respons daarop. Ek is verstom om te sien hoe maklik my Fortuner oorlaai gaan wees.

Danie ek het nou nie die artikel gelees nie, Maar as jy die Tara van die toya van die BVM af trek dan weet jy wat jy mos in jou voertuig kan laai.

Sleep van die wa is mos effens anders al issue is die gewig van die karavaan op die sleep haak wat 'n bydrae lewer tot die gewig wat jy kan dra.

Glo nie die Toya van jou het 'n gewigs probleem om die om die karavaan of trailer te sleep nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jul 2019 @ 19:37:12 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1534
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Toyota reken jy kan 3500 kg sleep. Ek wil dit sien voor ek dit glo, en wettiglik ook nie naby nie.

Sover ek weet was die Hilux en fortuner op die grens van onwettig as dit n Penta sleep. Daarom in my opinie het Jurgens met hul laaste reeks vergrote karavane n probleem gehad met wat hul wa kan sleep en ook die outjie laat vaar het. Selfs n gesoute verkoopsman het in die rigting gepraat 

Nou vir almal wat n aanval wil kry oor die stelling bring feite, wetlike toelatings en asb nie opinies nie. 

Ek self wil agter die kap van die byl kom. Please die is nou nie n bek geveg en n Toyota sleg se missie nie.

I WENT TO CAMP KNOWING TO MAKE FRIENDS, ENDED UP WITH A AMAZING NEW FAMILY.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jul 2019 @ 06:59:52 am
Joe Stieger
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 352
Joined: 15 Aug 2011
Experience: 41 years

Toe ons nou Junie by Happy Wanderers gekamp het, was daar 'n jong man en sy familie met 'n splinternuwe Penta en treiler, wat hy ook met 'n splinternuwe 2.8 GD6 Fortuner gesleep het van die Vrystaat af. Treiler was agter die Penta gehaak. Ek het onmiddelik gedink aan die gewig-issue, maar hy het my verseker dat gewig nie 'n probleem is nie, en dat hy sy sleepspoed van 100km/uur steeds handhaaf met die kombinasie. Mag wel so wees, maar of dit nou wettig was, sou ek nie kon sê nie.

Ook dink ek dat die 2.8 harder moet werk as die 3.0L in hierdie geval.

A happy life doesn't just happen, it's something you create yourself...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jul 2019 @ 08:53:10 am
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1534
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Joe. Die 2.8 is beslis n verbetering. Dan weer praat ek met my swaertjie wat jare al n paar 3 D4D en 2.8 ry en sweer by die 3l.

Dit hang alles af van die gear ratios in die voertuig. Met n spoed van 110 kan hy dit doen sy revs sal net hoër hardloop. Onveilig ? Ek dink so. As is sonder n wa is Toy nie n baie veilige voertuig en moet weg bly veral van hoë spoed. Die nuwe Toyotas wys n groot verbetering. 

Ek glo nie aan "raised bodies" top heavy. Perfek as jy net offroad doen maar standaard Toyotas dink ek dit is nie te sleg as jy ordentlik bestuur

 

 

I WENT TO CAMP KNOWING TO MAKE FRIENDS, ENDED UP WITH A AMAZING NEW FAMILY.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jul 2019 @ 09:01:21 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4878
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Volgens my is Penta gelaai veronderstel om 1800kg te wees, en die tarra van Fortuner 2.8 is mos 1900kg+? Net so onder 2000kg.. So dis wettig?

Sover ek verstaan is die sleepmassa van my Fortuner 2750kg. Vir my is dit aanvaarbaar. 

Ek dink die 4x4 is 3000kg... Dis die syfers op papier.

Gelukkig sleep ek nie iets meer as 2000kg nie so ek is nie gepla nie.

Met my BT-50 was dit eers gesê 3000kg en daarna toe is dit nie akkuraat nie en toe is dit net 1800kg en steeds met slegs fleetline kon jy sien die Ford/Mazda ratkas kan nie... En basies 4x gesleep....

Wat die 3liter D-4D betref, baie mense het respek vir daai engine, maar dit is bietjie van 'n donkie soos die Isuzu tans en miskien 'n workhorse engine maar nie wat die 2.8 vandag is nie. Die 2.8 is ook nie WOW nie, dis maar soos die 3.2 Ford engine, net lekker. Dis nie WOW nie. As jy WOW soek koop 'n mercedes 3liter dan is dit woema..


Wat die gewig betref, ja daar stem ek saam sit ons met die probleem met SUVs, hulle is maklik oorgewig... Met die dubbelkajuite is dit bietjie minder van issue. Ek sou steeds die Hilux wou hê maar mammie was net gemakliker met haar babas in die Fortuner.

So, wat maak mens? 

Ek reken om die karavaan se as op te gradeer dat die karavaan meer gewig kan dra is in my geval die oplossing, maar vir die manne wat exclusives sleep (ek sien dit oral) met Fortuners, julle vat kanse. Ja die Toyota sal dit kan doen, maar die wet is nie aan jou kant nie en moet jy daai ekstra remme en dinge maar aanbring om weer in lyn met wet te kom.

Jy MAG karavaan sleep wat jou TARRA oorskry, solank jy die nodige ekstra remme ens doen om jou aan die veilige kant van die wet te kry. Gaan dan maar mal tot by 3000kg as jy wil.


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jul 2019 @ 18:48:54 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1534
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ek glo en baie sekondeer met die volgende. Dit is n 20 / 80 ratio.

As jou voertuig 1000kg weeg (tarra) dan kan jy 800 kg veilig sleep. 

Ps. (Brommer) uitstekende terug voering op die draad. Sal graag meer sulke bydraes van lede wil sien.

I WENT TO CAMP KNOWING TO MAKE FRIENDS, ENDED UP WITH A AMAZING NEW FAMILY.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required