English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 964
Total Replies: 225 160
Total Views: 82 161 581
topics: 10 680
replies: 122 170
views: 38 754 421
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Mercedes X-Class to be discontinued

replies: 31
views: 461
23 Jul 2019 @ 06:08:49 am
AltydKampTyd
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 15
Joined: 16 Oct 2016
Experience: 27 years

Dis nou ‘n storie

https://www.carmag.co.za/news/industry-news/wait-what-mercedes-benz-x-class-bakkie-to-be-discontinued-report-suggests/

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jul 2019 @ 06:44:57 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13054
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek dink nie die stap sou nodig gewees het as prys reg was nie......maar dis mos n Mercedes, so hy moet n Mercedes prys kry? Die kompetisie op DC is groot....so as jou prys en produk wat jy verskaf nie reg is nie, gaan jy uit die bus val. Hulle het seker gedink die naam Mercedes gaan die ding doen?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jul 2019 @ 06:48:13 am
Piet Ford
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 96
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 33 years

Ek dink nie dit is so n groot verrassing nie. Boere sal hom nie koop om op die plaas te gebruik nie en ek sal nie so n bakkie koop om bosse toe te gaan en ons buurlande te besoek nie.  Sleep sal hy seker biae goed sleep, maar dis nie al wat ek met  n bakkie wil doen nie. As jy die geld het, is dit net n "nice' om te he. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jul 2019 @ 08:34:46 am
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 728
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Is dit nie maar net 'n Nissan Navara met 'n paar ekstras en 'n MB kenteken nie? En dan teen 'n moerske ekstra prys.

Ek het nog net een gesien sedert sy bekendstelling.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jul 2019 @ 09:21:00 am
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1658
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Ek stem saam met die vorige kommentare, dat die bakkie veels te duur is vir die Suid Afrikaanse mark. Ons mark vir bakkies is relatief groot in vergeleke met Europese lande maar die word deur enkele veel goedkoper fabrikate gedomineer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jul 2019 @ 09:35:46 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2217
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ek is nie verbaas nie.  Ek het maar nog een Mercedes Naavarra gesien.  As dit nie bekend was wat sy afkoms was nie, kon dit dalk geslaag het.   Navarra self is nie 'n topverkoper nie.  MB moes eerder met Ford onderhandel het om MB badges op hulle bakkies te sit.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jul 2019 @ 10:33:05 am
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1534
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ek self is nie verbaas. Ek het na hom gaan kyk. Oudergewoonte loop ek om n voertuig en klop aan die body om die struktuur te toets.  Bokant die agterwiel geklop omgedraai en weg geloop, n koffie blik is sterker en dit vir n bak van n bakkie. Dis een aspek van n bakkie waar Toyota my nog altyd beindruk het.

I WENT TO CAMP KNOWING TO MAKE FRIENDS, ENDED UP WITH A AMAZING NEW FAMILY.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jul 2019 @ 10:42:15 am
Diddo
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 653
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 20 years

Die bietjie wat wel verkoop is kan dalk oor `n paar jaar iets werd wees.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jul 2019 @ 10:58:49 am
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1534
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Die bietjie wat wel verkoop is kan dalk oor `n paar jaar iets werd wees.

Dink jy ons suid afrikaners heg genoeg waarde aan raarhede / oudhede. As ek na al die programme kyk op tv en sien hoe ander nasies oorsee woeker met sulke goed weet ek nie of ons eens naastenby kan kers vashou. Dan goed en wel die tipe goed kan paar rand werd wees maar wie is jou koper ?  As n ding nie aanvraag het is hy niks werd. Suid Afrikaners wil nie sukkel nie. Een van die redes hoekom meeste aan  Toyota glo. Ek dink die enigste voertuig wat versamel waarde hou is Porche.

I WENT TO CAMP KNOWING TO MAKE FRIENDS, ENDED UP WITH A AMAZING NEW FAMILY.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jul 2019 @ 11:00:02 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13374
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Daar gaan my kanse om ooit 'n Merc te besit.

crycrycrycrycrycry

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jul 2019 @ 11:43:28 am
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1534
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Daar gaan my kanse om ooit 'n Merc te besit.

crycrycrycrycrycry

Leon jy ry mos n bakgat 😎 cool bakkie. Hoekom jouself wil straf. 

I WENT TO CAMP KNOWING TO MAKE FRIENDS, ENDED UP WITH A AMAZING NEW FAMILY.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jul 2019 @ 12:28:00 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2217
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Of hy oor 'n paar jaar waarde gaan hê?  Miskien moet jy maar kyk hoe lyk die Navarra se tweedehandse waarde.  Miskien sal die rariteit van 'n Navarra met 'n driepuntster in die toekoms hom waarde gee- jy weet nooit wat versamelaars se houding gaan wees nie.  Jy moet net oor tien jaar een ou kry bwat 'n buitensporige prys vir een betaal en die koeël is deur die kerk.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jul 2019 @ 14:05:51 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 7345
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Nog nie een op die pad gekry nie, en ek is baie op die pad. 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jul 2019 @ 14:34:04 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13054
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Nog nie een op die pad gekry nie, en ek is baie op die pad. 

 

Jy moes al.....dis daai DC met die lelike agter kant 😜

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jul 2019 @ 15:17:02 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 7345
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Jy moes al.....dis daai DC met die lelike agter kant 😜

Ry nie so lank agter n lelike agter kant nie, lol

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jul 2019 @ 16:04:39 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1534
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Probleem oor twee drie jaar as daardie outjie in n ongeluk kom waar kry jy parte en hoe lank gaan jy wag. Praat ook nie as jy dink om hom vir tien jaar te bêre. Regtig jammer vir wie ook al dit gekoop het. Soos met Chev nou geen inruil of verkoop waarde

I WENT TO CAMP KNOWING TO MAKE FRIENDS, ENDED UP WITH A AMAZING NEW FAMILY.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jul 2019 @ 16:32:05 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 496
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

'n Flash in the pan  ....  as jy my vra.

Maar die Merc is darem nie die enigste een wat op dun ys is nie, die Ford ranger en die Amaroc gaan binnekort ook een bakkie wees. 

https://www.whichcar.com.au/car-news/confirmed-next-volkswagen-amarok-will-be-a-ford-ranger

Kyk gerus hierna.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jul 2019 @ 17:53:09 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1247
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Geen probleem met 'n Amaranger nie! Dis al jare lank algemeen dat 'n enkele platform diens doen in een of ander vorm by verskillende modelle. Bv jare terug het Volvo, Peugeot en Renault een en dieselfde V6 enjin ontwikkel en gebruik. Onthou ook toe LR BMW se enjins gebruik het en later Ford s'n. In die VK het Rover ook jare lank enjins en platforms gedeel met Honda. Dit word besigheid en tegniese common sense genoem. Sonder dit kan vervaardigers nie die massiewe ontwikkelingskoste van voertuie dra nie en ons sal selfs meer moet betaal vir wat ons ry. terloops Daihatsu en Toy doen dit ook, en so ook Toy en Subaru

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jul 2019 @ 20:15:48 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1534
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Kyk hier kom n ding. Die Amarok hoef dan nie meer n rok te dra maar n propperse broek met kruis bande. 

Toy manne hoef nie te worry oor pak slae kry met verkoop syfers. Stel jou voor, sal jy as n maatskappy eienaar vir al jou drywers n mercedes koop om deliveries te doen. Nope !  Dit word gelos vir n kannie breek Toy. Die VORW  Amanger gaan in n klas van sy eie wees. Ons word nie verniet die "rainbow nation" genoem

 

I WENT TO CAMP KNOWING TO MAKE FRIENDS, ENDED UP WITH A AMAZING NEW FAMILY.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jul 2019 @ 09:35:11 am
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1247
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Lees erens dat X klas in laaste jaar minder as 500 eenhede in SA verkoop het. Dit laat selfs Amarok met sy sowat 200 eenhede per maand (of dan sowat 2400 in 'n jaar) na 'n top verkoper lyk! Vergelyk dit met Toy en Ranger se plaaslike verkope in laas jaar van rondom 30 000 (sonder uitvoere)! Minstens het Mercedes nou die bakkie kopers se plafon gevind wat prys aanbetref...hoop ander vervaardigers neem kennis

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jul 2019 @ 10:00:00 am
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1534
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Lees erens dat X klas in laaste jaar minder as 500 eenhede in SA verkoop het. Dit laat selfs Amarok met sy sowat 200 eenhede per maand (of dan sowat 2400 in 'n jaar) na 'n top verkoper lyk! Vergelyk dit met Toy en Ranger se plaaslike verkope in laas jaar van rondom 30 000 (sonder uitvoere)! Minstens het Mercedes nou die bakkie kopers se plafon gevind wat prys aanbetref...hoop ander vervaardigers neem kennis

Wat my bekommer Jorg is nie so seer die prys maar wel die dienslewering van Mercedes. My mercedes het nou al sy tweede diens agter die rug. Ek het by ver meer verwag van beide handelaars waar ek was. Eerstens die houding van die personeel wys hulle is up there en jy daar onder. Kry amper  die gevoel jy moet hulle besoek geklee met n das. Geen ekstra myl word geloop en kan eerlik se dat hoe nice my kar ook al is sal ek nooit weer Mercedes koop. 

Ford en Amarok se pryse regverdig ook nie vir wat jy kry maar ek neem aan somewhere moet hulle geldjies bêre vir as iets verkeerd loop. Waarborge en diens planne kom nie verniet. Pryse wat teen die dak is sal altyd so wees. Ons Suid Afrikaners is lekker bederf en betaal te maklik.

Sorry vir die manne wat al klaàr n Merc bakkie gekoop het.

 

I WENT TO CAMP KNOWING TO MAKE FRIENDS, ENDED UP WITH A AMAZING NEW FAMILY.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jul 2019 @ 11:56:53 am
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 728
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Wat my bekommer Jorg is nie so seer die prys maar wel die dienslewering van Mercedes. My mercedes het nou al sy tweede diens agter die rug. Ek het by ver meer verwag van beide handelaars waar ek was. Eerstens die houding van die personeel wys hulle is up there en jy daar onder. Kry amper  die gevoel jy moet hulle besoek geklee met n das. Geen ekstra myl word geloop en kan eerlik se dat hoe nice my kar ook al is sal ek nooit weer Mercedes koop. 

Ford en Amarok se pryse regverdig ook nie vir wat jy kry maar ek neem aan somewhere moet hulle geldjies bêre vir as iets verkeerd loop. Waarborge en diens planne kom nie verniet. Pryse wat teen die dak is sal altyd so wees. Ons Suid Afrikaners is lekker bederf en betaal te maklik.

Sorry vir die manne wat al klaàr n Merc bakkie gekoop het.

 

Dit was presies my ervaring toe ek destyds 'n Mitsubishi Colt gery het. Die destydse Daimler Chrysler handelaar (toe dié twee nog saam was) wat ook die Colt agente was, het destyds amper die indruk gewek dat hulle reken hul doen jou 'n groot guns om jou voertuig te diens. Ek 't uitstekende diens uit die voertuig gekry, maar a.g.v. die handelaar se houding het ek besluit dat 'n voertuig wat deur 'n MB-agentskap gediens moet word, sal nie weer die voorreg hê om in my motorhuis te staan nie. En dié betrokke handelaarskap was destyds vir 3 agtereenvolgende jare as Daimler Chrysler se agentskap van die jaar aangewys. As hulle die beste was, is ek dankbaar ek't nie met die swakste agentskap besigheid gedoen nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jul 2019 @ 13:48:54 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2217
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Dis nogal interessant dat die status handelaars blykbaar so treurig is.  My Kuga het ek by die Ford handelaar op Pietersburg en die een op Riversdal laat diens.  Laasgenoemde was ook onlangs betrokke aan die herstel van die ratkas.  By beide handelaars was ek baie tevrede met die diens en ook die houding van die mense.  Met die probleme met die Kuga se ratkas, het die werkswinkelbestuurder self uit sy pad gegaan om die probleme op te los hoewel Ford SA besluit het om dit by Mayfair rankasspesialiste in Kaapstad te laat herstel.  Die werkswinkelbestuurder in Pietersburg was ook so 'n jaar of twee gemoeid met 'n waarborgeis waar Ford bietjie moeilik was, en eveneens het hy uit sy  pad gegaan om my saak te hanteer, suksesvol uiteindelik. Ek is nie 'n "brand loyal" verbruiker nie so ek probeer nie Ford se marble polish nie- ek noem dit net soos ek dit ondervind het.

Ek hanteer mense met respek tot dit nodig raak om self moeilik te word as ek voel ek word onregverdig behandel en in sulke gevalle het ek al tot by die besturende direkteure gevolder.   Dalk is dit ook daarom dat ek deurgans, nie net met voertuie nie, bevredigende diens kry, selfs van verkeersbeamptes wat my heel regverdig beboet.   Ek sê nie die ouens wat hierbo skryf, doen anders nie want ek weet nie.  As ek reg is, laat ek my nie onderploeg nie, maar as ek verkeerd is, probeer ek ook nie anders voorgee of kwaad word vir die persoon was net sy/haar werk doen nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jul 2019 @ 19:20:19 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1534
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Fred ek luister. Gaan en ondervind vir jouself. Ek Bak oor nie weer.

Daar sien jy swak dienslewering met n flair. Ek kan n boek skryf sonder om lelik te wees rakende die onderwerp. En nie enkele gevalle nie maar oor n tydperk van meer as 10 jaar. Ek het weer in die strik getrap want die vroutjie was gaande oor die kar.  Swak dienslewering is een ding dan kom die herverkoopwaarde wat die volgende shock is.

I WENT TO CAMP KNOWING TO MAKE FRIENDS, ENDED UP WITH A AMAZING NEW FAMILY.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jul 2019 @ 20:23:15 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1247
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Chris, toe my Ranger Desember gesteel is het ek ernstig die nuwe Triton oorweeg. Maar die plaaslike handelaar se verkoopsman kon nie 'n demo voertuig kry om te toetsbestuur nie, sou so 1 tot 3 weke moes wag tot hulle iets kon kry vir my om te toetsbestuur. As dit met verkoop so gaan wil ek nie weet hoe die werkswinkel is nie....toe is dit weer terug na my Ford handelaar toe. In 10 jaar 5 Fords by hulle gekoop en laat diens. By beide verkoops mense asook werkswinkel net goeie diens gekry. Toe koop ek maar weer 'n Ranger...weet wat ek kry en weet ook hoe ek behandel sal word.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required