English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 964
Total Replies: 225 160
Total Views: 82 161 549
topics: 10 680
replies: 122 170
views: 38 754 404
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Chargemaster

replies: 15
views: 221
18 Jul 2019 @ 15:24:10 pm
franso60
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 30
Joined: 15 Jan 2015
Experience: 19 years

Middag, wil graag by julle slim mense weet........

Ek het n Sprite Escape 2 wat n Chargemaster in het om die 12v battery te laai..

Sal die laaier outomaties afskakel indien battery volgelaai is, of sal dit beter wees as ek hom na so 2 dae self afskakel by die chargemaster?

Ek het nog n 3 way yskas in die wa en wil weet of die karevaan koppeling (plug) bedraad sal wees indien ek dit van die bakkie af wil laat loop terwyl ek ry? 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2019 @ 22:52:01 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4084
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Frans daai laaiers het nie af gesit as die battery vol is nie. Doen soos jy voorgestel het. Normaalweg word punt 2 nie gekoppel en as dit wel gekoppel word moet daar dik draad gebruik word en daar moet net op wees as die sleep voertuig se enjin loop. Daai 3 way yskas trek tussen 12 en 15 amp. Meeste van ons voel dat goed koud bly tydens 'n dag se sleep wat dit onnodig maak om van krag te voorsien tydens 'n rit.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jul 2019 @ 09:01:23 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13374
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Frans my voorstel is jy moet maar kyk wat is die uitset van die chargemaster as die battery vol is want ons weet nie wat se model chargemaster jy het nie. 

Ek het nog altyd my karavane wat met 'n battery uit die fabriek gekom het gestoor met die krag permanent aan.

  • Dit het die battery altyd vol gelaai gehou
  • En die 3way yskas het bly loop wat altyd die beste is vir so tipe yskas.

Rakende die sleep met die 3 way yskas aan........................... "mors jy jou tyd, effort en geld".......punt

Die absorbsie tipe yskaste werk net reg as hulle stil staan en 100% water pas is.  Dis waarom die die klein ronde level altyd binne die yskas te vinde is.  Dit kom van die tyd af wat karavane net toegerus was met die tipe yskaste. 

Dan het Danie ook iets aangeraak wat waar is. As jy die goed reeds koud in die yskas/vrieskas pak.  Sal dit niks oorkom gedurende 'n dag se sleep nie wat dit onnodig maak om krag te voorsien tydens die rit.

Dis maar die raad wat ons kan gee die besluit le steeds by jou wat jy gaan doen.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jul 2019 @ 09:26:11 am
Ph . . . .t
Saturn Member
70% Profile Strength
Posts: 2323
Joined: 07 Feb 2012
Experience: 59 years

Frans, soveel mense soveel opinies omtrent sleep met 12v opgekoppel aan die 3way.

Ek het tussen 1983 en 2013 sowat 6 woonwaens en een motorwoonwa gehad. ALMAL het op 12v gewerk wanneer ons oppad was.

AL my sleep voertuie en die motorwoonwa se 12v bedrading vire sleepdoeleindes was deur 'n spesialis Auto Elektrisiën gedoen.

Ons het altyd alles reeds koud en of gevries in die 3ways gelaai, wat VOORAF so 2 dae op 220v reeds begin werk het. Ons het ritte van tot 12 na 13 ure op die pad deurgebring.

Het nou nog 'n Zero 35liter 3way wat ek besig is om te smous, wat ons ook soms sonder om te sleep, op kar se agtersitplek gery het oor langer afstande soos Kleerskdorp - Mosselbaai ens.

Dit is my persoonlike ondrvinding, en ek deel dit graag.

Groete.

Nog 'n Frans!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jul 2019 @ 09:39:28 am
Ph . . . .t
Saturn Member
70% Profile Strength
Posts: 2323
Joined: 07 Feb 2012
Experience: 59 years

Ek kan ook net noem dat die kragdraad vir yskas direk van die alternator deur 'n relay gewerk het, en dan deur die nommer 2 (ek dink) punt gegaan het, en dan weer direk van die nommer twee aan wa se prop na die yskas.

Wanneer jy motor (enjin) afgeskakel het was die krag dus afgesny.

Groete.

Frans

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jul 2019 @ 10:34:49 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4084
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Net 'n klein variasie op Frans se voorstel.  Soos genoem gaan dit na 'n relay MAAR so na as moontlik aan die koppelpunt MOET mens 'n sekering van 20-30A  insit. Ek wil net noem dat die punt op die alternator is direk aan die battery gekoppel en dus is dit op 12V+ of die enjin loop of nie so dis net makliker om die toevoerpunt direk op die battery te koppel. Die spoel v d relay word dan op 'n punt gekoppel wat slegs krag sal kry as die enjin loop. Mens kan dit ook 1 stap verder neem deur 'n switch in die voertuig te sit as mens wel hierdie kragpunt wil afsit wat dan die relay se krag sal onderbreek. Hierdie switch kan bv die negatief v d spoel onderbreek want daar is altyd 'n negatief naby.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jul 2019 @ 11:15:24 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13374
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek self het geen probleem met die bedrading en konneksies wat Oom Frans en Danie voorstel nie.  Dit gaan verseker die krag by die yskas se element uit bring en die element gaan verseker warm word.

Dis waar die werking van die yskas gaan stop tydens die rit.   Want die yskas werk as volg:

  • Dit het 'n amoniak oplossing in wat kook teen 'n baie lae temperatuur.
  • Die borrels wat veroorsaak word druk die ammoniak op in die DUN pype na die evaporator toe binne die yskas waar dit in die dik pype weer met gravisasie af vloei terug na onder.
  • Met die ry van die voertuig sak die amoniak in die dun pype af om die borreltjies nog voordat dit bo by die evaporator uitgekom het.  Dus in kort met die skud terwyl jy ry skud die amoniak oplossing af van die bubbles af.  Dit kom nie bo uit nie en kan dus nie die verkoeling veroorsaak nie.  Dis nie ek wat so seg nie dis ongelukkig hoe dit werk.
  • Die yskas sal gedurende jou trip werk slegs met die tye wat jy stop.  En dan hang die effektiewe werking daarvan af hoe water pas die yskas staan daar waar jy by die Ultracity gestop het.
  • As dit effe ongelyk is bring die bubbles wel die amoniak bo tot by die evaporator uit, maar dit loop nie ordentlik deur die evaporator nie en die effektiewiteit van koud maak is drasties verlaag.

Om dit wat ek nou se self te toets. Sonder om enige iets in die yskas te plaas.  Kan jy die yskas by die huis aanskakel (terwyl dit stil en waterpas staan) en die tyd neem wat dit vat om met jou hand 'n duidelike verkil te voel in die afkoeling op die evaporator.  

Kom ons se dit neem 40min.

Skakel alles af en laat alles terugkeer na normale temperatuur.  Volgende dag haak die karavaan skakel die yskas weer aan en ry vir die selfde tydperk aan een.  Langpad sonder stoppe en as 40min verby is Stop dan voel met jou hand aan die evaporator of jy dieselfde temperatuur verlaging kry.

Dis ongelukkig 'n lang proses maar so gaan jy self agterkom dat jy jou tyd en geld gemors het met die bedrading met die uitsluitlike doel dat die "Yskas moet werk terwyl jy ry".

Soos ek se. Hy sal werk as jy stop en dan die hoe goed hy werk, gaan bepaal word of hy level staan of nie.

As jy nog nie die bedrading gedoen het nie probeer die toets deur die gas gedeelte te gebruik.  Die yskaste is gewoonlik beter op gas as 12V of elektriese krag.

 

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jul 2019 @ 11:20:32 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13374
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Met 'n kompresor yskas is dit 'n heel ander saak want die yskas is nie aangewese op bubbles en gravitasie kragte en waterpas oppervlaktes nie.  Die verkoel middel word deur die evaporator gepomp en daar gaan jy.  Jy moet net seker maak daar is genoeg same ventilasie om die yskas se meganisme area vir omligende afkoeling.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jul 2019 @ 11:30:14 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13374
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Belangrik is die toets moet met niks in die yskas gedoen word nie.  LEEG. Want mense pak reeds gevriesde goed binne in en sit hom aan en ry na hul bestemming kom daar aan en alles is dan nog puik en gevries.

Dan dink hulle die yskas het gewerk terwyl jy ry. Inwerklikheid was dit net die isolasie wat die koue van die gevriesde goed binne gehou het.  (Danie se inset dat die goed in 'n yskas na 'n dag se ry steeds okay is die aand by jou bestemming).

Let wel Oom Frans ek wil jou nie aanvat net om jou verkeerd te bewys nie. Maar dit is hoe 'n absorbsie yskas werk.  Sy efektieweteit is drasties gekoppel aan stil staan en waterpas staan.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jul 2019 @ 12:40:20 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4084
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Leon dis darem maar lekker om te lees as iemand weet presies hoe elke dinge werk. As mens vat hoe min 12V eintlik verkoel selfs as die yskas gelyk staan en elke borreltjie sy ding doen dan kan kan ek ook nie anders as om saam te stem die kool is nie sy sous werd om bv 'n prop te laat bedraad net vir die yskas nie.

As mens bv 'n 220V yskas wel wil laat werk van 'n inverter af en jy gebruik die prop op punt 2 om jou battery in die karavaan te laai is dit 'n heel ander saak. Daai yskas kan goed werk al staan dit nie gelyk nie en al skud dit maar so bietjie. Dieselfde reels geld ook soos ek vroeer genoem het rondom die relay en sekering soos per Frans se antwoord.

Daar is natuurlik 'n baie maklike variasie as dit by die inverter kom. Enige elektroniese persoon kan 'n "current limiting" laaier bou om bv die stroom tussen die sleepvoertuig en die woonwa te beperk op bv 4A. So laaier kan vir so min as R150 gebou word. Dalk bestaan daar sulke kommersiele produkte maar ek het dit nog nie gesien nie. Dis presies die prinsiep wat ons al die jare die ou Ni-Cads gelaai het. Die woonwa se battery sal egter nie vol laai nie behalwe as mens 'n DC-DC converter in serie met die kar se 13.5V. Dis egter nie nodig dat die battery vol laai solank mens dit net kan hou op 11V plus.

Jammer vir die kaap v d draad maar dalk is hier iets leersaam.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jul 2019 @ 13:16:43 pm
franso60
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 30
Joined: 15 Jan 2015
Experience: 19 years

Dankie menere vir julle goeie raad en kundige advies, is darem lekker om sulke goeie terugvoer te kry van mense wat weet. sal defnitief nie yskas van bakkie af laat loop terwyl ek ry nie. Ek gebruik my N Luna as vrieskas gedurende langer vakansies, maar hou die 3 way yskas en hou van die feit dat hy op gas kan werk, indien daar nie 220 v krag beskikbaar is nie. ek is nog nie so bevoorreg om solar panels te he nie.

Volgens die Safari centre is die min temp wat die luna gaan so min 15, alhoewel die  elektroniese meter op die yskas min 30 wys.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jul 2019 @ 15:46:51 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4878
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ek dink nie die koppelstuk kan 20 Amp hanteer nie...Dink hy raak gou warm in daai geval..

Kleiner fuse is beter. Dalk 10Amp?


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jul 2019 @ 15:57:41 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4084
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Ek dink nie die koppelstuk kan 20 Amp hanteer nie...Dink hy raak gou warm in daai geval..

Kleiner fuse is beter. Dalk 10Amp?

Nie regtig op 10A want my Barlows Stoy-away trek 14A op sy element.

Ek stem dat daai prop dalk nie 20A kan hantter vir 'n heel dag se sleep nie.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jul 2019 @ 16:56:28 pm
Ph . . . .t
Saturn Member
70% Profile Strength
Posts: 2323
Joined: 07 Feb 2012
Experience: 59 years

Leon, nee wat, die saak is reg.

Ek probeer deurgee wat my ondervinding was, en dat ek nooit enige probleme gehad het nie, en ja, daar was ook smeltdrade geinstalleer in die lyn. Die krag het direk van alternator af gekom, en NIE van battery nie, derhalwe ws jy kar afskakel was die krag na yskas ook af, soos reeds genoem.

Frans

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jul 2019 @ 17:03:48 pm
Ph . . . .t
Saturn Member
70% Profile Strength
Posts: 2323
Joined: 07 Feb 2012
Experience: 59 years

Ek kan ook noem dat die bedrading ens., in die jare 82/83 deur baie groot kundiges van destyds in artikels in die Caravan & Outdoor tydskrif verskyn het, met die toetse wat ook gedoen was op verskillende tipes van yskaste/vrieskassies wat 3way was.

Daar is vorige deelnemer hier op hierdie forum wat tot nou toe nog sy 40jarige (of min of meer so oud) Edessa vrieskassie agter in Pathfinder laai en so sy langpaaie aanpak.

Dalk was die ouer produkte meer vatbaar vir sulke tipe werking.

Frans

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jul 2019 @ 11:51:48 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13374
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Leon, nee wat, die saak is reg.

Ek probeer deurgee wat my ondervinding was, en dat ek nooit enige probleme gehad het nie, en ja, daar was ook smeltdrade geinstalleer in die lyn. Die krag het direk van alternator af gekom, en NIE van battery nie, derhalwe ws jy kar afskakel was die krag na yskas ook af, soos reeds genoem.

Frans

 

Is regso Oom Frans. Oom se inset tov die bedrading is waardevol en Oom was nie die enigste wat dit so gedoen het in die verlede nie.

Toe ek 'n kind was het my Pa die 3 way Ice-Craft yskas in die middel van die karavan vloer laat staan en die bedrading ook so bedraad soos Oom hulle verduidelik het.  Maar ons het daai tyd van vroeg oggend tot middag deur gery vanaf Benoni na Umhlanga Rocks karavaanpark.  Dit was die verste wat hy gesleep het.  

In werklikheid was dit nooit nodig vir die yskas om aan te wees nie want die isolasie het puik gewerk vir daai 8 tot 9 ure op die pad stopped ingereken.

Ek self het eers met die yskas "trade" te doen gekry toe ek die Ambag deur 'n maat van my in Middelburg ander kant Witbank geleer het.  Ek het hom toe gehelp vir 'n addisionele inkomste.  Dis nou maar waar ek geleer het hoe die goete werk.  Ek is ongelukkig deur die Army uit Middelburg verplaas voor ek nog vir die Ambag Toets kon kwalifiseer.

So ek is nie 'n gekwalifiseerded yskas tiffie nie maar weet genoeg om myself en 'n vriend in nood te help.

Elke ou se maar hier wat hy van ondervinding het.  Al klop alles nie met mekaar nie moet die persoon wat die vraag gevra het maar vat hier en gebruik hier soos hy goed dink.  Hy sal wel terugkom met of 'n verbeterde weergawe van dit wat mense hier genoem het. Of hy sal kom be-aam of ons kom verkeerd bewys.   In so geval leer almal weer daarby.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required