English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 801
Total Replies: 222 991
Total Views: 82 058 372
topics: 10 615
replies: 121 087
views: 38 707 129
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Finansieèle adviseerders

replies: 21
views: 395
12 Jul 2019 @ 19:07:05 pm
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1958
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Ons het al baie hier gepraat oor swak diens van voertuig, woonwa en algemene herstel dienste maar ek is van vooraf kwaad oor finansieële adviseerders.

Alles wat ek besit het ek hard voor gewerk en geen aalmoese of erfgeld ontvang nie.  Om swaarverdiende geld te belê weet ek nie veel van nie en as ek by 'n bank instap vir advies en hulle verwys my na hulle adviseerder binne  in die bank verwag ek dat hulle die nodige diens sal verskaf. 

Myself lank gelede en ander wat kan getuig is so lelik gevang. Nou weer 'n vriend wat baie geld verloor het omdat die sogenaamde adviseerder verkeerde advies gegee het. Soos in my geval die bank genader net om te hoor dat die persoon nie in die bank se diens is nie maar onafhanklik werk. 

Dit word nie aan jou genoem deur die bank of die adviseerder vooraf nie. Net jammer meneer ons kan niks doen nie. Nou is dit ombudsman toe maar al die spanning wat my vriend deur moet gaan kan jy nie verhaal nie. 

Duur les man, duur les. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jul 2019 @ 20:24:10 pm
Bak oor
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1384
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Baie jammer om te sê. Nou in SA kan jy niemand en niks vertrou veral as dit by geld kom.

I WENT TO CAMP KNOWING TO MAKE FRIENDS, ENDED UP WITH A AMAZING NEW FAMILY.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jul 2019 @ 20:45:55 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1810
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

Jan ek hoor duidelik wat jy se. Ou vriend van my is in sy graf in oor so n onderduimse belegging. Sy ou geldjie was goed bele en toe dit loskom praat n makelaar hom om en belowe daardie inmoontlikke groei in 5 jaar. Ou Kobie het alles verloor en hyself kon dit nie verwerk nie en het voor ons oe weggekwyn.

Nie een van ons is gevrywaar hierteen nie. Ek wonder maar elke dag ook oor my eie. Wat vandag veilig is is more hoe risiko. Kyk maar wat nou in boubedryf gebeur. Groot maatskappye is in sakeredding en ander het reeds gevou. Kyk Steinhoff en en en. Dit is net Gebedsaak want niemand weet waar die Wolf loer nie.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jul 2019 @ 22:41:43 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4822
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Wat ek wel kan sê, is mens kan goed doen is by groot en bekende plekke soos Ecsponent ens waar jy 5jaar belegging maak en ek glo maar in die maandelikse uitbetaling.. As iets wel gebeur het jy darem in die tyd maadelikse uitbetalings gekry teen geen belasting wat verder gehef word nie aangesien dit dividende is waar die belasting reeds afgetrek is.

Let wel van die instansies moet jy minimum van R1mil insit om daardie groei of dividende te kan verdien... Ek dink die koers is goed as mens van 12% praat en dan 20% van verdienste aftrek.. Bly beter as iets soos geldmark waar jy maar 7% kry en dan nog belasting op dit ook moet betaal.

Beste is om maar meer as 5 opinies te kry.... Ek self het lank geworstel en gewonder wat ek met my spaargelde moet maak.. Dis baie moeilik want die adviseers wil jou geld hê, gee nie regtig om vir jou welstand nie. Kommissie is verdien, wat daarna gebeur is jou saak. Maar bang vir die soort mense.

Sterkte aan jou vriend, dis nie lekker nie. Mens werk hard vir jou gelde en wil dit laat groei en inflasie klop maar as jy dit nog moet verloor, baie erg.


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2019 @ 08:25:48 am
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 807
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

Om geld te bele is nie maklik nie. Ek hou by twee goue reels. 1. As dit te goed klink om waar te wees dan is dit nie waar nie. Pasop die verkoopsman met ‘n gladde  bek. 2. Sit nie al jou eiers in een mandjie nie. 

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2019 @ 09:00:45 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2151
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Om in aandele te belê is maar 'n waagstuk.  Ek weet dat Danie-SLK dit doen maar hy doen dit professioneel en doen baie navorsing.  Tensy jy so maak of iemand ken wat jy werklik kan vertrou, sou ek sê dis maar die beste om in aandeletrusts te belê waar jou en duisende ander beleggers se geld deur werklike kundiges bestuur word en deur wetgewing beheer word.  Of jy kan in indeksfondse soos SATRIX belê waar mense nie besluite neem nie maar waar die geld volgens sekere formules wat aan die aandelemark gekoppel is, belê word.  Die afgelope aantal jare het aandele egter baie swak gedoen en skaars groei getoon. As jy egter belê het, is dit waarskynlik nie die moeite werd om nou te onttrek nie- jy gaan te veel verloor.  Ek wag maar vir die mark om weer te begin styg wat ek glo een of ander tyd sal gebeur.  Dit is nie net in Suid-Afrika waar die markte swak is nie, dis wêreldwyd.   As ek nou skielik 'n klompie geld in die hande sou kry (sou dit nie lekker wees nie!) sou ek eerder in kontant- soos 'n vaste beleging of Geldmark belê tot die aandelemark weer begin lewe toon.

Let asseblief mooi:  Ek is nie 'n deskundige nie en ek probeer nie raad gee nie- hierdie  is maar my eie gedagtes oor die onderwerp.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2019 @ 09:33:24 am
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1958
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Gelukkig is daar gevalle waar die ombudsman die bank beveel het om gelde terug te betaal want die adviseer werk binne in die bank so onkundiges neem aan hy is werknemer. 

Die bank kan dan nie net skouers optrek nie. Sal sien wat met my vriend se saak gebeur want hy het aan ombudsman oorgegee. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2019 @ 12:02:11 pm
Oupa Giep
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 125
Joined: 17 Aug 2012
Experience: 12 years

My broer is n finansiele adverseer en ek waarborg julle sy kliente is almal gelukkig en tevrede met sy belegings hy doen dit met oorleg en intrigiteit. Hy is nie in die besigheid om geld te maak nie maar vir hom is dit n profesie waaroor hy baie erenstig is. Ongelukkig kry jy die fly by nights en dit is die ouens wat hy in n stryd is om te probber verwyder van die amp.

 

WEES POSITIEF EN DINGE SAL GEBEUR
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2019 @ 16:58:10 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4822
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Om geld te bele is nie maklik nie. Ek hou by twee goue reels. 1. As dit te goed klink om waar te wees dan is dit nie waar nie. Pasop die verkoopsman met ‘n gladde  bek. 2. Sit nie al jou eiers in een mandjie nie. 

Net so

 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2019 @ 18:38:39 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13084
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dit is regtig kommer wekkend hoe baie die tipe van ding gebeur.  Wat gaan die dag aangaan wanneer die wat nog oor eers 10 jaar gaan af tree.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jul 2019 @ 06:47:03 am
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 807
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

Die tragedie is dat wanneer jy afgetree, of naby aftrede, is kan jy nie bekostig om verliese  te maak nie...😩

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jul 2019 @ 16:54:10 pm
Swanie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 511
Joined: 26 May 2013
Experience: 45 years

ja veral as jy lid van die Sharemax ding was / is  ons sal nooit enige geld sien nie

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jul 2019 @ 17:27:51 pm
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 807
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

ja veral as jy lid van die Sharemax ding was / is  ons sal nooit enige geld sien nie

Met Nova het Sharemax beleggers nie ‘n kat se  kans nie.  Die direkteure sal die plek leeg bloei. Tragies.

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jul 2019 @ 19:16:43 pm
Swanie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 511
Joined: 26 May 2013
Experience: 45 years

Met Nova het Sharemax beleggers nie ‘n kat se  kans nie.  Die direkteure sal die plek leeg bloei. Tragies.

Ek weet

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jul 2019 @ 19:32:34 pm
Dries
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 48
Joined: 20 Sep 2017
Experience: 36 years

Gaan na gevestigde beleggingskemas bv Coronation, PSG Wealth, Old Mutual (hul saam het fondse van R7043 biljoen) en gebruik mense wat weet waarvan hul praat . Een is Nico van Gisjen wat in koerant is. Vir 'n nominale fooi sal hy jou op regte pad sit.  Kry verwysings van ander beleggers wat by jou adviseerder belê. Gebruik goeie verstand.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2019 @ 08:31:53 am
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 7194
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Ek hoor elke dag die dinge dat ander in gedoen is met sy hard verdiende geld. 

Wanneer gaan dit end kry. 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
4 days ago @ 13:58:38 pm
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1361
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Ek hoor elke dag die dinge dat ander in gedoen is met sy hard verdiende geld. 

Wanneer gaan dit end kry. 

 

Dit gaan end kry wanneer daar nie meer ander se geld is om te mors nie.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
4 days ago @ 17:01:21 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2151
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Dit sal ook end kry as mense eerder in fondse belê as om deur adviseurs te werk wat sekere aandele aanbeveel. As jy bv deur  PSG of Oul Mutual werk, weet jy daar is beheer oor die fondse.  Of as jy in indeksfondse belê is daar nie eers mense betrokke wat verkeerde besluite kan neem nie.  Onafhanklike adviseurs het al baie mense aan hulle neuse die afgrond ingelei.  Of hulle lees die feite verkeerd en adviseer 'n belegger om in 'n sekere aandeel te belê waarvan die bodem kan uitval- dink maar aan Sharemax.  Hoe weet jy ook jy kan iemand vertrou wat nie deur 'n groot maatskappy ondersteun en beheer word nie?  Gulsigheid is ongelukkig maar 'n menslike eienskap en baie geld tot die besikking van 'n persoon wat vir homself werk, skep maar versoeking.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
4 days ago @ 19:34:35 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 3980
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Jan ek is baie jammer om dit te lees. Ek hoop net terwyl ons hieroor praat kan daar 'n punt of 2 na vore tree om te gebruik en dalk nie in so slaggat te trap nie.

Ek wonder net of mens nie meer inligting kan kry waarin die geld bele was nie. Soos Fred genoem het was die mark sleg die laaste paar jaar en aandele in SA het nie juis baie slegter gedoen as bv Europa wat ook maar deurgegaan het met sy eie probleme. Gegewe dit wat aan die orde v d dag was tot Cyril ingekom het en poog om skoon te maak dink ek ons het heel skaflik gedoen.

Daar is /was baie programme wat tot sover gegaan het om aan te raai om soveel as moontlik in $ te bele. Wel die opgelope 3jr is die Rand 3% sterker so min mense wat die raad gevolg het kan nou te gelukkig wees met net 97% v d oorspronklike bedrag nie.

Een ding wat mens behoort te kan sien in enige voorstelling van 'n portefeulje is bv hoeveel is in $ aandele sowel as $ kontant bele. So ook watter deel word in SA aandele bele en ook is daar 'n deel in eiendomme wat 'n redelike inkomste kan lewer. Dan is daar ook die deel wat in skuldbriewe bele word. Natuurlik kan mens teruggaan na so jaar terug toe skuldbriewe=bonds naby aan 10% gelewer het en die oorgrote meerderheid van mens sou vir jou se om nie 'n sent in SA skuld te bele. Wel SA bonds het met 9% gestyg die laaste 12 maande sonder die elke 2 maande se inkomste. Dit was dan ook naas goud en hulpbron aandele die beste presteerder.

Ek self is in die proses waar ek iemand moet help maar omdat ek nie mag raad gee nie was my voorstel gaan sien so 3 adviseurs en laat ek na hul verslag kyk of alle koste aangetoon word en wat is die samestelling v d bates. Ek het ook 'n paar adviseurs wat ek iemand na toe sal verwys wat mens dan kan opweeg teenoor die 3 adviseurs se siening. Ek glo aan die wat ek kies wat ook geen waarborg kan gee nie maar ten minste is die risiko laer as die mark risiko.

My probleem met die lae koste markverwante instrumente soos Satrix40 is dat Naspers  bv meer as 20% v d waarde van die indeks uit maak. Geen gesoute bestuurder van geld sal wil sien dat 'n persoon sy hele lewe se spaarplanne tot 20% aan een aandeel kan blootstel. Ja ek het ook familie wat hul 30 jare lange adviseur gebruik het en geglo het en gevang is met meer as R400 000 in Sharemax/Highveld skemas. As dit maar net met my bespreek was voor daar geteken is.

Ek het ook al voorheen genoem ons wil mos die beste ding kies en hoe meer die beloftes hoe meer geld of selfs alles wil ons daarin sit. Ek glo aan diversifikasie en nie net in instrumente/fondse maar ook in die huise soos Alan Gray/ Coronation/Sanalm/Ou Mutual.

Hier is bv 'n samestelling wat mens ten alle tye wil sien van enige plan. Dit bepaal die risko.

Ek wil net noem daar is min adviseurs/fin beplanners wat sal werk op 'n per uur fooi i.p.v om bv 1% van jou hele portefeulje te verdien elke jaar. Ek verkies die per uur fooi want selfs teen R1000 p.u. is die koste minder as die 1% as mens bv 'n R1milj portefeulje het. Jy besluit dan hoe gereeld wil jy hom/haar gaan sien en na jou sake kyk en besluit of alles nog reg is. So per uur fooi persoon gee jou dan 'n verslag en as jy wil implementeer wat hulle aanbeveel het dan doen mens so of jy neem die plan na wie ookal jou sake gaan hanteer net om die nodige te doen of hul eie voorstel te aanvaar.

'n Tipiese R1.5milj portefeulje kan die adiviseur maklik R1 000p.m. + verdien aan 'n adviesfooi.

Ek moes self ingryp toe 'n vriendin se fin beplanner 80% van haar geld in aandele geplaas het toe sy op pensieon gaan. Dit is suiwer gedoen om meer kommissie te verdien sou aandele goed styg maar die klient dra die moontlike kapitaal verlies risiko.

Omdat ons so baie van die ding hoor raak dit net belangriker om met 'n paar mense te praat wat geen voordeel gaan trek deur na die verslag te kyk en 'n opinie te lug.

So behoort die bate samestelling te lyk vir 'n persoon wat op pensioen is en meeste goeie fin beplanners se grafiek sal binne perke dieselfde lyk. Dis ook omtrent hoe 'n pensioenfonds se samestelling is. Sou aandele meer wees is die risiko te hoog vir iemand wat op pensioen gaan. Tydens bydraes voor mens op pensioen gaan kan die aandeeel komponent merkbaar meer as 53% wees maar nie meer as 75%.

53% in aandele versprei in SA en wereldwyd. Sowat 47% in likiede bates en eiendom.

My eie siening en ook nie advies nie. Ek is en was nooit in die bedryf maar het jare se ondervinding van my eie pad stap en my portefeulje bestuur sonder adviseurs. Mens kan dan ook nie vinger wys na iemand anders maar net jou eie stert skop.

Ek weet ook nie op grond waarvan uit 'n kapitaal verlies punt kan mens wel dit vat as slegte advies. Tydens 'n crash kan aandele wel 40% daal en dit is in lyn met die mark. Al wat mens sal kan bewys in so geval is dat die fin beplanner te veel risiko geneem het. Sou daar geen risiko analise in plek wees nie en die risiko is nie verduidelik nie het mens miskien 'n saak.

Jammer vir die lang antwoord.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
3 days ago @ 13:48:13 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 708
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Danie SLK - Ek stem 100% saam met wat jy hierbo noem.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
3 days ago @ 15:11:30 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 3980
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Ek weet hierdie is 'n moeilike besluit omdat mens se emosies nie "getrain" word met tyd om te sien hoe geld wat bele is kan daal net soos wat dit ook kan styg. Al het ons mark en meeste opkomende lande se aandele minder goed gedoen as die VSA MOET ons tog daaraan dink dat aandele styg nou oorwegend vir amper 11 jaar sedert die wereldwye "crash" in 2008. Dis die langste tydperk wat aandele aanhou styg. Ons het wel 'n tegniese "crash" gehad van Sep 2018 tot Des 2018 met 'n 20% daling in die VSA maar die S&P 500 het 3 dae terug hul hoogste vlak ooit bereik van 3014. Mens moet kennis neem van die feit dat die S&P 500 op die vlak van 676 was Mar 2009.

Dus moet mens maar versigtig wees want die mark SAL wel weer daal. Dus is bestuur van die grootste belang en sekerlik 'n tyd vir meer blootstelling aan kontant.

Sou iemand dus op pensioen gaan en bv die grootste deel in aandele geplaas het in Sep 2018 kon mens in Des 2018 vertel van hoe baie geld is "verloor" Sou mens dit bv hou waar dit is as dit goed gediversifiseer is sou die prentjie heel anders lyk. Dus slegs as mens 'n bepaalde syfer het van watter % verloor is dan kan mens regtig kommentaar lewer en ook weet in watter tydperk en dit dan meet relatief tot die mark dan kan mens oordeel of sogenaamde adviseur slegte advies gegee het.

Verder brand groot bedrae geld mens gewoonlik want mens wil dit bele dat dit kan styg. My eie advies vir my skoonsuster is juis nou om die geld in kontant te hou en die 7.5% rente te kry sodat ons kan kyk na elke voorstel en dan 'n lae risiko plan in plek kry by watter instelling en bate toewysing mens as geskik sien.

Ek wil hier verwys na prestasie van een van my gunsteling batebestuurders huise wat power syfers het vir die laaste 2 jaar(onderste grafiek)  - enige huis kan by tye nie in die REGTE aandele bele wat nou styg. Hierdie huis het die mark ver uit presteer oor 5 en 10 jaar met syfers oor 5 jr in die boonste grafiek. Mens moes dus maar versigtig wees om oor te kort tydperkte lang termyn besluite te neem. Ek glo baie van hul kliente is nou nie baie tevrede met hul prestasie maar ek glo die kundiges daar sal wel vorentoe weer goeie syfers lewer. Dis 'n voorbeeld om self in verskillende huise se fondse te bele vir meer stabiele prestasie.

Tydens die Sep tot Des daling het hulle minder as die mark gedaal wat 'n plus was maar met die styging sedert Des 2018 is hul styging glad nie goed nie.

Groen en pers is die 2 spesifieke fondse teenoor die algehele indeks.

Jan jammer dat ek jou draad nou behoorlik kaap maar ek glo dis 'n belangrike saak.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
3 days ago @ 16:47:03 pm
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1958
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Danie is reg want hier deel ons kennis en ek persoonlik is maar swak met geld belê en ons gesels lekker.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First