English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 801
Total Replies: 222 991
Total Views: 82 058 394
topics: 10 615
replies: 121 087
views: 38 707 140
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

ATKV - Verminderde voorkeurbesprekings

replies: 7
views: 209
12 Jul 2019 @ 12:41:59 pm
Bak oor
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1384
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ek sien ATKV  verminder nou sy voorkeur besprekings vir sy lede.

Wie kan dalk meer informasie gee

I WENT TO CAMP KNOWING TO MAKE FRIENDS, ENDED UP WITH A AMAZING NEW FAMILY.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jul 2019 @ 13:14:25 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6326
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Het jy nie n email grkry nie????

 

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jul 2019 @ 13:19:50 pm
Bak oor
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1384
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Hi Willem met n maat gesels, sal my mail deurgaan. Thanx

I WENT TO CAMP KNOWING TO MAKE FRIENDS, ENDED UP WITH A AMAZING NEW FAMILY.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jul 2019 @ 13:50:47 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2151
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Hulle sê dis 'n besluit wat op aandrag van lede geneem is.  Blykbaar kon een lid vantevore inbel wanneer besprekings open en dan sommer vir hom en vier ander lede voorkeurbesprekings doen.  Dit het ander lede dan van die kans om ook voorkeurbesprekings te doen, weerhou.  Nou kan hy net twee ander lede bespreek.  Ek wonder waarom dit enigsins moontlik is vir 'n lid om namens ander lede besprekings te doen.  Dit laat my dink aan 'n ou wat in die tou staan en dan laat hy 'n vriend voor hom indruk tot almal agter hom se ergenis.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jul 2019 @ 16:36:51 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12661
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Hulle moet dit 1x bespreking per lid maak....elkeen moet self bespreek. (Dis nou as hulle elkeen n regverdige kans wil gee)

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jul 2019 @ 20:14:10 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1810
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

Ek is ook van mening dat die mees regverdige metode sal wees dat elkeen vir homself moet bespreek. Dit raak ons buite seisoen lede nie meer nie maar my kinders worstel altyd om plek te kry omdat hulle in seisoen gebonde is. As jy nie eerste gebel kry nie is al die plekke reeds bespreek.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jul 2019 @ 15:23:36 pm
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4432
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years

Buite seisoen kry jy maklker plek binne seisoen was dit altyd moeilik om lekke plek te kry by ATKV Natalia nou is ons koinders uit skool en getroud en ja buite seisoen gaan nog makliker wees want jy kry ook kans nou om die room af te skep as dit by staanplekke kom

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jul 2019 @ 17:01:28 pm
Swanie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 511
Joined: 26 May 2013
Experience: 45 years

Kennisgewing: Verminderde voorkeurbesprekings

Ná afloop van die ATKV se Algemene Jaarvergadering in 2018 is daar besluit dat  ATKV-lede van 1 Augustus 2019 af net drie (3) voorkeurbesprekings vir hulleself en twee ander lede kan maak in plaas van die vyf (5) voorkeurbesprekings wat lede vir hulleself en vier (4) ander lede kon maak.

Klagtes is van ATKV-lede ontvang dat ’n handjievol lede plek vir hulleself en vier (4) ander lede bespreek wanneer die voorkeurbesprekings in werking tree wat beteken dat daar nie plek is vir die ander lede nie.

Hierdie besluit is dus uitsluitlik geneem om meer ATKV-lede die geleentheid te gee om plek tydens skoolvakansies, wanneer die voorkeurbesprekingsperiodes van toepassing is, by die oorde te kry.

Deur die getal voorkeurbesprekings te verminder na ’n lid en twee (2) ander lede, kan meer lede hierdie voordeel benut en die kans kry om besprekings van hulle keuse te kan maak. Neem asseblief kennis dat hierdie vermindering net van toepassing is op voorkeurbesprekings, en nie die ander voordele beïnvloed wat ATKV-lede geniet nie.

Hiermee hoop ons dat enige verwarring uit die weg geruim is en by voorbaat baie dankie vir u vriendelike samewerking.

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First