English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 801
Total Replies: 222 991
Total Views: 82 058 356
topics: 10 615
replies: 121 087
views: 38 707 122
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Gasbottel verf

replies: 15
views: 301
11 Jul 2019 @ 17:26:53 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12661
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek was vandag by n winkel wat onder andere gasbottels hervul. Daar was n argument tussen n klient en eienaar omdat eienaar nie klient se gasbottel wil hervul nie omdat hy gasbottel geverf het. Blykbaar wet....?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jul 2019 @ 18:02:36 pm
captiva
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 169
Joined: 25 Mar 2014
Experience: 46 years

Het nie n probleem met die vul van my geverfde bottels nie Weet nie van die wet nie maar dit maak nie sin nie Die verf het mos niks te doen met die binnekant van die bottel nie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jul 2019 @ 18:03:49 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13084
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Wel ek weet nie van die wet nie. 

My pa het twee ou karavaan bottels laat sandblast en weer mooi oor gespuit verf.  Dit was nou wel 'n klompie jare terug gewees.  

Ek vermoed die ware kondisie van die metaal van die bottel kan dan nie gesien word nie.

Ek het darem al baie gehawende gasbottels gesien.  Kollega by werk wou ou gas bottels verkoop wat hy nie meer gebruik nie.  Probleem was dat Afrox dit ook nie meer wou volmaak nie.

Hy het dit toe vir my gegee en ek het net die gas daarin klaar opgebruik en dit toe by "The Gas Company" in Centurion gelos om ontslae te raak van.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jul 2019 @ 18:15:29 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1632
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Ek is seker jy kan hom al die kleure van die reënboog verf as jy hom gekoop het. Die bottels wat jy eintlik net "huur" bly mos die eiendom van die gasmaatskappy soos Total. Dit is my siening.........

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jul 2019 @ 18:40:42 pm
steamer
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1255
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 45 years

A few years ago Mica refused to fill my painted 3lb cylinder. they also said it was law because one can cover outside rust by painting.

I am still using it, even though the date stamped on the bottom ring is 1963.

(Used it when I was a boy scout)

Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jul 2019 @ 21:57:15 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3540
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Mica also refused to fill an old gas bottle I resprayed. Could not read the date stamp and capacity anymore.

Maybe it was for the best???

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jul 2019 @ 22:06:45 pm
Bak oor
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1384
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Daar moet maatreëls ten opsigte van veiligheid wees. Soos gesê kan dit roes wegsteek. Dan ook kan jy nie enige verf gebruik en dit kan nie bevestig word of die bottel met n brand bestande verf geverf was.

Ek dink dit is goeie reel wat lewens kan spaar. Stel jou voor n defekte gas bottel wat verdoesel is met verf ontplof tussen karavane. 

As jou bottel begin verwaarloos lyk koop n nuwe.

I WENT TO CAMP KNOWING TO MAKE FRIENDS, ENDED UP WITH A AMAZING NEW FAMILY.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jul 2019 @ 07:15:25 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13084
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dink dit is goed dat daar reels is tov gasbottels en die gebruik daarvan.

Ons moet maar net die reels kry en dit opswat.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jul 2019 @ 07:50:00 am
Elleebee
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 364
Joined: 02 Apr 2013
Experience: 40 years

if the bottle has rusted through surely the gas would just leak from the fault? however - i think we should replace rusted bottles - small expense big risk

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jul 2019 @ 09:23:15 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2151
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ek het ook die probleem gehad toe ek by Afrox probeer vul het.  Die persoon wat my bedien het, het gesê hy moet die vervaardiger se naam op sy vorm aanteken en ek het die naam toegeverf.  Ek het later gesien die naam is ook op die handvatsel ingedruk.  Ek weet nie of dit die ding sou doen nie.  Ek het toe by 'n ander onderneming teen 'n laer koste laat vul.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jul 2019 @ 09:40:55 am
Ph . . . .t
Saturn Member
70% Profile Strength
Posts: 2318
Joined: 07 Feb 2012
Experience: 59 years

Soveel hervul-instellings en soveel stories.

Die bottel MOET die ingestampte data mat betrekking tot die inhoudsmate, tara en diesmeer vertoon. Dis al.

Ek het myne baie jare terug blou gespuitverf (was ook oorspronklik blou en ander was wit) MAAR sodat die ingestampte inligting duidelik sigbaar is. Die oorspronklike maatskappy se naam is maar 'n plakkertjie wat opgeplak is, en niksseggend.

Ek het ook by die voetstuk stukkies tuinslang vasgemaak om die bottel se onderkant te beskerm teen harde oppervlaktes vir skuur ens.

Nog deur al die jare in my se dorp, Klerksdorp, by verskillende hervulstasies komplimente gekry oor die goeie toestand en voorkoms.

Daar mag seker sulke wette en regulasies wees met betrekking tot die omruil tipe bottels, 6kg en groter, ek weet nie. Dit bly mos hulle eiendom.

Vir my is die belangrikste om die bottel korrek gevul te kry tot en met die toegelate beperking, en NIE totdat die werker DINK dis vol genoeg nie.

Vra eerder vir die betrokke instansie vir of hulle die nodige ge-ykte skaal gebruik en die laaste bevoegdheidsertifikaat.

Onthou daar is ook maksimum prys per kg vir die magistraatsdistrikte waar jy woon, en die meer vriendelike hervulstasies MAG afslag gee, so ook dan die sekere dae vir pensioenarisse vir MEER afslag.

Groete.

Frans

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jul 2019 @ 11:17:04 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1016
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

Gasbottels wat onbruikbaar is, maak die beste potjie-stofies. Dit nou al twee keer gedoen - maak die bottel se kraantjie oop, draai al die ander in-(en uitlate) oop, los so vir drie tot vier weke (veral as jy dit in die son kan laat) en draai dan op 'n draaibank die boonste gedeelte af. Handvatsel, drie skroewe onder wat 'n plaat met gate geboor (vir 'n lekker trek), paar gleuwe onder die plaat, en daar's hy ..... ek het 'n draagbare potjie stoof! Ek benadruk dat jy baie seker moet wees dat alle oortollige gas uit moet wees, maar as jy dit so lank voorberei, dan met 'n tuinslang uitspoel is daar geen probleme nie!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
14 Jul 2019 @ 11:26:17 am
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1958
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Vul my bottels net by Afrox want hulle is die enigste naby my wat bottel weeg en dan vul so betaal net vir wat bygevoeg word.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jul 2019 @ 16:45:54 pm
Ph . . . .t
Saturn Member
70% Profile Strength
Posts: 2318
Joined: 07 Feb 2012
Experience: 59 years

Nico, 'n redelike veilige manier om daardie ou gasbottel te hanteer is om nadat jy die klep afgedraai het, sommer vol water te tap en so te laat staan vir 'n dag of wat. Selfs die vrot reuk is minder, en dit maak die sny met hoekslyper en of sweiswerk aan die bottel baie veiliger.

Frans

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jul 2019 @ 16:56:57 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12661
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Gasbottels wat onbruikbaar is, maak die beste potjie-stofies. Dit nou al twee keer gedoen - maak die bottel se kraantjie oop, draai al die ander in-(en uitlate) oop, los so vir drie tot vier weke (veral as jy dit in die son kan laat) en draai dan op 'n draaibank die boonste gedeelte af. Handvatsel, drie skroewe onder wat 'n plaat met gate geboor (vir 'n lekker trek), paar gleuwe onder die plaat, en daar's hy ..... ek het 'n draagbare potjie stoof! Ek benadruk dat jy baie seker moet wees dat alle oortollige gas uit moet wees, maar as jy dit so lank voorberei, dan met 'n tuinslang uitspoel is daar geen probleme nie!

Het jy foto wat jy kan plaas Nico....om idee te kry hoe om te maak?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jul 2019 @ 21:28:16 pm
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1361
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Dit gaan hier oor veiligheid.

Daar is 'n instansie waaraan gashandelaars behoort waardeur selfregulering plaasvind met wetlike onderskrywing as nodig.

As hulle professioneel is en enigsins oor jou bottel twyfel, moet jy ook maar liewer twyfel en bottels vervang.

'Impressive' om te sê ek gebruik my bottel al sedert 1933, maar hy verswak oor tyd.

Ek het so 3 jaar gelede al my bottels wat ek sedert 1988 gebruik, vervang. Nou het ek sekerheid dat dit veilig en funksioneel is.

Dis 'n drukhouer en daar is wet wat drukhouers reguleer. Kyk maar na bedryfsveiligheidwetgewing bepalings oor drukhouers en hulle sertifisering en toetsing. Dis nie verniet nie.

Ek dink ons kom lig daarvan af danksy die petroleum gas beheerliggaam se selfregulering.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First