English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 797
Total Replies: 222 934
Total Views: 82 055 348
topics: 10 614
replies: 121 066
views: 38 705 853
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Skop ons nie die pale heeltemal mis nie.

replies: 15
views: 357
22 Jun 2019 @ 22:35:58 pm
Bak oor
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1380
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ons stoei, raas, baklei, moan, mor, kla, kerm, hoes, verstik en weet nie nog wat oor watter bakkie die meeste probleme gee. Watter bakkie die langste hou. En watter bakkie die meeste verkoop.

Nou wat van as die volgende sê. Tegnologie is so ver gevorderd dat al die bakkies n minimum spoed van 150 kmph kan handhaaf. 

Al die bakkies sal jou karavaan kan sleep

Al die bakkies wissel so tussen een na drie liter per honderd kilometer. (Nou hoe verskriklik erg is dit) 

Al die bakkies het waarborge en diensplan.

Nou hoekom breek al die bakkies, sommiges insluitende Toyotas en Fords. 

Is die groot fout nie dalk die bestuurders van die voertuie wat deur onkundigheid op sy clutch ry. Nie weet hoe om te bestuur. Nie sy voertuig na gaan en diens. Ook nie sy voertuig se vermoe ken en dit oor eis. 

Dalk net slim Janne en plain dom is en voertuie ry met geen kennis en waardering. En dan die voertuig blameer.

Ek ry nou my Chinese made vir meer 15 maande elke dag. Erge grond paaie, dongas, slote, potholes, innie dorp, werk toe, kerk toe,  sleep my karavaan, my sleepwa. Ek ry hom ordentlik en gebruik hom vir wat hy kan doen, nie n dag se probleme. Staan nou al op ongeveer        105 000 kilometer. Nou wat maak ander bakkies meer betroubaar

Ek lees nou maand of so terug hoe n klomp bakkies een of pas in Lesotho gedoen het. Daar was vertel hoe hoe sommiges gebreek het en selfs die land cruiser het side shafts gebreek. Niks is van die chinaman gese wat saam hulle gery het en deur gedruk sonder enige probleem. Nou wat nou ?   Probleem ons of die bakkies.

I WENT TO CAMP KNOWING TO MAKE FRIENDS, ENDED UP WITH A AMAZING NEW FAMILY.
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jun 2019 @ 09:28:03 am
Dries
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 48
Joined: 20 Sep 2017
Experience: 36 years

Dit gaan oor my "eie beuel" blaas en nie die son laat skyn op 'n ander nie. Myne is beste, duurder, groter, meer krag as joune. Die regte woord is eintlik minderwaardigheidskompleks.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jun 2019 @ 09:51:28 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2151
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Bak-oor, Jy het waarskynlik iets beet. Meeste voertuie dink ek is meganies instaat om goeie diens te lewer mits hulle met respek behandel word. Dit wil nie sê almal is ewe goed nie en hierdie aspek hang af van persoonlike sienings.  Een voertuig mag dalk soos 'n bokwa ry en dit pla jou of dit pla jou nie.  Of sy sitposiesie is ongerieflik vir sommiges of die radio is swak, of hy is oorgevoelig vir dwarswinde, of hy is besonder raserig maar dit pla jou of dit pla jou nie want ons smake verskil. Alle voertuie is ook nie ewe veilig nie.  Sommige van die Sjinese voertuie word as van die onveiligste op die pad beskou maar dit wil nie sê dat hulle nie goeie diens sal lewer nie- jy moet net sorg dat jy nie in 'n ongeluk betrokke raak nie.

Al hierdie dinge is wat een voertuig meer aanvaarbaar as 'n ander een maak vir elkeen van ons, maar ek glo meeste van hulle kan goeie langtermyndiens lewer as hulle goed opgepas word.  Ons stem dus saam dat dit nie die kwaliteit van die voertuie is wat die groot verskil maak nie, maar die kwaliteit van die eienaar/bestuurder.

Bygesê, daar glip tog soms 'n voertuig met ernstige fabrieksfoute deur.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jun 2019 @ 10:03:08 am
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 7194
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Dink net as al die vrouens dieselfde gelyk het soos jy noem met al die bakkies.

Dink jy nie die lewe sou vrek vervelig gewees het nie. 

Los soos dit is en respekteur elkeen se keuse. 

Maak grappies en terg maak die lewe meer opwindend.

Moet net nie bo die wolke of onder die belt mekaar aanvat nie. 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jun 2019 @ 10:05:24 am
Kamp is Koning
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 202
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 34 years

Ek stem saam vervaardigers kan nie vandag meer bekostig om n swak produk te bemark nie. Dit hang af wat die eienaar se behoefte is en hoe hy die voertuig behandel en versorg. Vir sover dit bekostigbaarheid aangaan het ek n ruk terug terug met n plaas boer gepraat wat reken hy koop eerder 2 China's of Mahindra's vir dieselfde prys as 1 van die duur top klas bakkies dit gaan hom glo meer of dieselfde diens gee vir goedkoper.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jun 2019 @ 11:12:57 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6326
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Dit gaan oor states broer ek ry Ranger ek is hoog op die rank lys ek ry groot nuwe karavaan, me myself and i

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jun 2019 @ 11:27:04 am
DK
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1665
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 17 years

My eerlike opinie is ook, alles is afhangend hoe jy as persoon omsien en versien van bates.

My modelle is oud, maar goed versorg.

My sleep voertuig, ry soos ń droom, is ekonomies, sleep my karavaan sonder sukkel en is klaar betaal.

My karavaan voldoen aan ons vereistes, is nog showroom gehalte en is klaar betaal.

My daaglikse voertuig dateer terug na 1984 en neem my van punt A tot Z, is ook baie ekonomies, betroubaar en is klaar betaal.

Die gevolgtrekking is, ek slaap rustig met toe oê.

PERMANENTLY OFF-LINE DUE TO A LACK OF INTEREST, ESPECIALLY TO COMMUNICATE WITH ''SNOBS'', WHICH THINK THE SUN SHINE OUT OF THEIR ??????.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jun 2019 @ 12:51:30 pm
Bak oor
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1380
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Dink net as al die vrouens dieselfde gelyk het soos jy noem met al die bakkies.

Dink jy nie die lewe sou vrek vervelig gewees het nie. 

Los soos dit is en respekteur elkeen se keuse. 

Maak grappies en terg maak die lewe meer opwindend.

Moet net nie bo die wolke of onder die belt mekaar aanvat nie. 

 

 

laughing goeie ding.

Minder divorce cases, gelukkig vrouens en minder oë wat dwaal. 

In die geval bakkies dieselfde. Minder jeuk vir n nuwe, minder skuld.laughing

 

I WENT TO CAMP KNOWING TO MAKE FRIENDS, ENDED UP WITH A AMAZING NEW FAMILY.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jun 2019 @ 16:23:49 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 468
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Ek ken ook manne wat ge-akrediteerde voertuie ry wat van die oggend tot die flippen aand moan. Al ry hulle WAT. Ek dink nog steeds elke ou moet sy kar geniet. Ons dominee het sopas n Mahindra gekoop. Sy bors swel so dat hy nuwe klere moet koop. En ek dink dis n GREAT voertuig. Hy gaan waarskynlik nog met hom aftree nadat hy vir jare lank getoer het. En die Mahindra kom uit n land met die heel slegste paaie en passe in die wêreld. Daar is n kar vif elke ou .... selfs mense wat so verspot is om n Tass of 323 te koop.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jun 2019 @ 16:56:24 pm
captiva
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 169
Joined: 25 Mar 2014
Experience: 46 years

Gee vir DK n dubbel Bells

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jun 2019 @ 17:44:51 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13073
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ons stoei, raas, baklei, moan, mor, kla, kerm, hoes, verstik en weet nie nog wat oor watter bakkie die meeste probleme gee. Watter bakkie die langste hou. En watter bakkie die meeste verkoop.

Nou wat van as die volgende sê. Tegnologie is so ver gevorderd dat al die bakkies n minimum spoed van 150 kmph kan handhaaf. 

Al die bakkies sal jou karavaan kan sleep

Al die bakkies wissel so tussen een na drie liter per honderd kilometer. (Nou hoe verskriklik erg is dit) 

Al die bakkies het waarborge en diensplan.

Nou hoekom breek al die bakkies, sommiges insluitende Toyotas en Fords. 

Is die groot fout nie dalk die bestuurders van die voertuie wat deur onkundigheid op sy clutch ry. Nie weet hoe om te bestuur. Nie sy voertuig na gaan en diens. Ook nie sy voertuig se vermoe ken en dit oor eis. 

Dalk net slim Janne en plain dom is en voertuie ry met geen kennis en waardering. En dan die voertuig blameer.

Ek ry nou my Chinese made vir meer 15 maande elke dag. Erge grond paaie, dongas, slote, potholes, innie dorp, werk toe, kerk toe,  sleep my karavaan, my sleepwa. Ek ry hom ordentlik en gebruik hom vir wat hy kan doen, nie n dag se probleme. Staan nou al op ongeveer        105 000 kilometer. Nou wat maak ander bakkies meer betroubaar

Ek lees nou maand of so terug hoe n klomp bakkies een of pas in Lesotho gedoen het. Daar was vertel hoe hoe sommiges gebreek het en selfs die land cruiser het side shafts gebreek. Niks is van die chinaman gese wat saam hulle gery het en deur gedruk sonder enige probleem. Nou wat nou ?   Probleem ons of die bakkies.

'n Ding wat moontlik jou denke kan staaf is jare terug 2006 plus minus was daar n groot bohaai oor die Navara se koppelaar.

Ek self het toe een gekoop in 2007 (Mufasa)  en hom verkoop in 2013 aan n NISSAN motor werktuig kundige.  Na 6 jaar het selfs hy gese dat die koppelaar nog puik is toe hy hom toets bestuur.

Voor die Navara het ek n Mazda 2.5Tdi gehad.  Nooit probleme gehad nie.  Toe ek hom verkoop aan n vriend  het die koppelaar en ewenaar probleme gegee na n jaar.

So ek persoonlik stem saam met baie van dit wat jy noem.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jun 2019 @ 07:06:06 am
Piet Ford
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 68
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 33 years

Geen twyfel nie. Nie een van ons wil hoor dat ons nou n stuk gemors gekoop het nie. Ek kan onthou toe ek my eerste dubbel kajuit, n Isuzu 2.8 diesel, gekoop het. Dit het my bors net soveel goter laat voel. Ry spesial na n vriend om te spog en hoor wat hy dink.  He het so na my geluister en die bakkie so bekyk en vir my gese "dis belangrik wat ek dink nie, die vraag is wat dink jy van jou nuwe bakkie". Dis natuurlik nie wat ek wou hoor nie maar dit is so waar. Wat belangrik is, is wat ons van ons eie voertuig dink. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jun 2019 @ 07:17:05 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13073
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Geen twyfel nie. Nie een van ons wil hoor dat ons nou n stuk gemors gekoop het nie. Ek kan onthou toe ek my eerste dubbel kajuit, n Isuzu 2.8 diesel, gekoop het. Dit het my bors net soveel goter laat voel. Ry spesial na n vriend om te spog en hoor wat hy dink.  He het so na my geluister en die bakkie so bekyk en vir my gese "dis belangrik wat ek dink nie, die vraag is wat dink jy van jou nuwe bakkie". Dis natuurlik nie wat ek wou hoor nie maar dit is so waar. Wat belangrik is, is wat ons van ons eie voertuig dink. 

Groot waarheid daai. En dan koop mens volgens hoe "jy" dink en wat jou sak pas.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jun 2019 @ 10:21:12 am
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1632
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Gee vir DK n dubbel Bells

Stem.....................

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jun 2019 @ 12:17:35 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4815
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Wel al my ander voertuie het plesier gegee sonder veel issues (en as daar issue was, is dit uitgesorteer), vir ten minste 200,000km......

Nou Fordtjie en Mazdatjie..... haha... As al die ander karre gehou het, en net die Ford breek, nou hoe nou? Is dit dan ek wat 'n Ford verkeerd ry? Hoekom hou die res?

My Toyotas is al verby die kms wat my Mazda/Fords issues gegee het..... Dieselfde bestuurder.............


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jun 2019 @ 11:13:44 am
CampingKitty
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 676
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 3 years

Stem saam.  Meeste bakkies redelik eenders.  Ry wat vir jou mooi is en lekker ry.

Solank hy die wa kan sleep en die deure nie afneuk nie...

Dink ook nie hulle breek meer nie, dink agv sosiale media verkonding elke ou dit nou, so dit lyk of dit nou meer gebeur.  Maar ek dink nie so nie.

 

As long as everything goes my way...I'm totally flexible
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First