English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 135
Total Replies: 227 783
Total Views: 82 283 774
topics: 10 756
replies: 123 507
views: 38 809 608
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Hoekom kamp ons en vir watter rede

replies: 18
views: 379
18 Jun 2019 @ 21:42:13 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1644
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ek kamp want dit is ongelooflik lekker en elke kamp is n nuwe ervaring.

Ek steel met die oog by ander kampers, kry idees en leer by oud en jonk. Die idees waarmee kampers uit kom is net eenvoudig uniek. Gesels met pelle, kampers dit is n fees.

Daarom rig ek myself in om maklik en eenvoudig maksimum plesier en gemak te he al kamp ek. Ek gebruik my tv, my aircon, my radio. Ek sit soms en speel kitaar en maak my vrou kwaad met my ge tjonk op die snare maar hoop een of ander idol maker sien my raak. laughing

Ek gaan kamp, soek n goed gegradeerde kamp uit en betaal daarvoor. Ek soek n goed gegradeerde kamp uit want ek meng my met goeie mense. So ek ken my plek om n bedagsame kamper te wees. So waarom moet ek nie n aircon, n tv, n radio gebruik. Want ander wil stilte hê. Hoe stil moet dit nou wees. As mense lag en gesels. ? Ek gaan kamp om myself te geniet. Ek gaan nie kamp en betaal om ander se grille en giere te akkomodeer of as iemand se vrou nie haar pligte na kom dan moet die hele kamp om hom shut @.

Ek gaan kamp om saam vriendelike mense in en om my n wegbreek te he van ons siek daaglikse dinge wat om ons elke dag gebeur. So as jy langs my kamp en speel musiek weet ek jy ontspan en ek gaan dalk by jou draai en vra om harder te sit. 

Ek kamp want kamp is lewe. Lewe is beweging, komunikasie, genot en vrede.

Hoekom kamp jy ?

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 06:22:45 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek gaan kamp omdat ek die buite lewe geniet. 

In die beton oerwoud waarin ons lewe is dit deurgaans 'n geskarel om geld te maak om 'n bestaan te kan voer.  Dit was jare terug so en dit gaan vandag steeds aan, dalk met nog 'n paar vernynige bekommernisse wat die land se situasie by bring.

Die buite lewe laat my so bietjie van die gejaag vergeet, maak 'n mens rustig en maak my weer bewus dat daar Iemand grooter as net ek en my klein wêreldtjie is.

As daar iets is wat ek baie mis van my weermag dae is dit die Veld fase opleiding waar ons selfs maande lank week in en week uit op die opleidings terein spandeer.  Elke oggend se se varslug en sons opkoms met 'n koppie warm koffie en die nag geluide wat stil raak en dag diere en voëls wat weer hulle deel kom doen was maar altyd sielle kos.

Ek kamp omrede ek van kleins af reeds met die sielle kos kennis gemaak het.  Ek staan nou nie elke dag as ons kamp vroeg op nie maar ek is steeds vroeg wakker.  Daai vroeë oggend geluide kan jy steeds deur die tent seil en oop karavaan venster hoor.

Dit is medisyne wat geen dokter of apteker vir my kan gee nie.

Dan het ek al in my Army dae geleer al is jy in die veld kan jy dit steeds vir jouself baie gemaklik maak.  So ek is baie gemaklik met my Maia-tjie.  Kan dit ook "rough-it" met 'n tent as dit kamp situasie dit vra. Bly altyd maar lekker.

Ons poog solank dit die Here se wil is om ten minste een keer 'n maand so medisyne te gaan haal.  Dis baie lekker veral as jy kamp vriende het wat dieselfde belange deel.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 06:28:48 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13454
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek kamp omdat ek dit geniet.....gewoonlik verkies ek wildsplase/ bosveld oorde waar ek lekker rustig saam met my familie om n kuier vuurtjie kan sit en afskakel. Ons is maar rustige mense en kies ook ons oorde daarvolgens. Ek is nie n persoon wat wil hoor hoe n ander mens homself geniet deur middel van harde musiek en derlikse gedrag nie. Oral waar ek kamp hoor ek my kampeer bure gesels en lag....dis heel aanvaarbaar en normaal. Daar is kampe waar wat bekend is vir lawaai en kuier tot oggend ure....daarom vermy ek hulle, maar daar is weer ander kampeerders wat dit ten volle geniet.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 08:57:11 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2326
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

As ek 'n mede-kampeerder se radio of ander geraas hoor, is dit te hard. Dit hang natuurlik ook af van waar jy kamp.  In die wildtuin is die musiek van die natuur heeltemal genoeg en dan wil ek beslis nie ander mense se pogings hoor nie.  Op ander plekke soos Klein Kariba in vakansietyd of oor 'n naweek, is daar baie mense en almal maak maar 'n bietjie geraas en dit hinder my nie, veral die gesellige gesels van bure. Wat my egter ook irriteer is die, veral vrouens, wat duidelik so 'n bietjie te veel in het, en wat telkens uitbars in 'n oorverdowend harde gelag vir iets wat niemand anders grappig vind nie.  ( 'n Kollega van my sou onder sulke omstandighede sê: " Jy lag lelik, lag oor" )

Ek is egter gladnie mal oor mense wat self probeer musiek maak en saamsing wat hy/sy geen reg het om te doen nie. Dis goed vir 'n braaivleis tuis al almal in dieselfde "stemming" is en die standaard waardeer word al is dit nie regtig goed nie, maar moet dit nie op buitestaanders afdwing nie. Meeste kitaarspelers kan in elkgeval nie regtig kitaar speel nie en strum maar net saam om sy sangpoging te probeer verbeter, wat gewoonlik nie suksesvol is nie. As hulle wil oefen, doen dit dan tuis in 'n toe huis waar bure dit nie sal hoor nie.  Ek het by een geleentheid 'n ou gaan stilmaak wat musiek- gelukkig darem CD musiek- oor groot luidsprekers gespeel het!  Kan jy dit glo?  Hoekom dink sulke mense ander kampeerders het nie hulle eie musieksmake of spelers nie?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 09:06:59 am
Ski
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1592
Joined: 19 Oct 2009
Experience: 32 years

Ek kamp want ek geniet dit. ek hou egter van die ou tipe kampe soos Port Edward, Hibrdene ens waar da nie vakansie programme is nie en ook nie stergradeurings nie. Hiberdene het ek terdee geniet en ek weet hulle sal nie een ster kan kry nie want badkamers is nie eers geteel nie en paaie bestaan amper nie die staanplekke is deurmekaar en die atmosfeer is baie lekker. Elke ou kamp soos hy wil en vedien dit. Ek hou van die see en soek altyd die ouerkampe uit. Ons gaan die jaar weer hiberdene toe maar die keer anchours kamp toe kan nie meer wag nie. Verder kamp ek tenminste 12 naweke n jaar naby die huis en mis nie kans as daar kamp opkom nie.

Nico & Mandy
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 10:30:30 am
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1644
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Sjo Leon. Jy vat n man ver terug. 

Ek kon dit nie meer opreg gesê het nie. Die weermag is iets wat ek nie wil of kan vergeet. As die voëls jou wakker maak, son kom op en jy bibber van koue en jy sit met n warm fire bucket koffie in die een hand en maak die ander hand warm met die esbit wat nog bietjie gloei. Eish.

Fred. Ek het n maater ontmoet by n kamp ( Eiland ) 20 jaar terug. Die het my radio en gitaar sleg uitgekyk. Kort voor lank toe is hy Billy Ray Cyrus en tot vandag is ons beste pelle. n kamp wat ons tot vandag oor kop skud, lag en gesels. Ek stem as n man n gitaar gryp en begin jodel dan sal ek hom ook met iets bykom. Ek is stemmig genoeg dat jy my nie maklik sal hoor.

Gewoonlik as die lawaai water vloei wat jy n comic van jouself maak en ek hou net tap water aan.

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 10:37:53 am
Anonymous

As ek 'n mede-kampeerder se radio of ander geraas hoor, is dit te hard. Dit hang natuurlik ook af van waar jy kamp.  In die wildtuin is die musiek van die natuur heeltemal genoeg en dan wil ek beslis nie ander mense se pogings hoor nie.  Op ander plekke soos Klein Kariba in vakansietyd of oor 'n naweek, is daar baie mense en almal maak maar 'n bietjie geraas en dit hinder my nie, veral die gesellige gesels van bure. Wat my egter ook irriteer is die, veral vrouens, wat duidelik so 'n bietjie te veel in het, en wat telkens uitbars in 'n oorverdowend harde gelag vir iets wat niemand anders grappig vind nie.  ( 'n Kollega van my sou onder sulke omstandighede sê: " Jy lag lelik, lag oor" )

Ek is egter gladnie mal oor mense wat self probeer musiek maak en saamsing wat hy/sy geen reg het om te doen nie. Dis goed vir 'n braaivleis tuis al almal in dieselfde "stemming" is en die standaard waardeer word al is dit nie regtig goed nie, maar moet dit nie op buitestaanders afdwing nie. Meeste kitaarspelers kan in elkgeval nie regtig kitaar speel nie en strum maar net saam om sy sangpoging te probeer verbeter, wat gewoonlik nie suksesvol is nie. As hulle wil oefen, doen dit dan tuis in 'n toe huis waar bure dit nie sal hoor nie.  Ek het by een geleentheid 'n ou gaan stilmaak wat musiek- gelukkig darem CD musiek- oor groot luidsprekers gespeel het!  Kan jy dit glo?  Hoekom dink sulke mense ander kampeerders het nie hulle eie musieksmake of spelers nie?

Fred, ek ondersteun jou 110% oor jou gevoel omrede my vrou en ek dit ook so verkies, ''stilte''.

Ons is verkieslik alleen mense wat daarvan hou om ons kampe ten volle alleen te geniet.

Ons hou daarvan om vriende te maak, maar tot en mate tot 'n sekere perk.

Ongelukkig is ons nie voorstaanders vir groep kampe nie.

Wat my die ergste irriteer, is wanneer mense groot praat oor iets of 'n onderwerp by kampe waarvan hulle hoegenaamd geen begrip oor het nie.

Ek luister hulle maar so saans terwyl ons regmaak vir slaap en die bure sit nog om hulle kampvuur en klets terwyl die voggies loop en die manne en vroue praat uiters groot van ondervinding uit geen begrip, dan lê ek maar so saggies en lag vir hulle.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 10:52:43 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5609
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Kamp is lekker. Punt.

Ons is nou n week terug vanaf  Kimberley en ek is klaar glyvol vir die huis. Elma dink weer anders. Sy hou van kamp, maar moet oppie regte plek wees. Ek weer sal maklik op n primitiewe plek kamp. Daar moet net n goeie gees op die kampterein wees..   dis hoekom ons hou van Deo Volente. Parys. 

Vra maar vir Dennis. Dis waarlik n belewenis om daar te kamp. 

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2019 @ 09:42:48 am
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1685
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Kamp is lekker. Punt.

Ons is nou n week terug vanaf  Kimberley en ek is klaar glyvol vir die huis. Elma dink weer anders. Sy hou van kamp, maar moet oppie regte plek wees. Ek weer sal maklik op n primitiewe plek kamp. Daar moet net n goeie gees op die kampterein wees..   dis hoekom ons hou van Deo Volente. Parys. 

Vra maar vir Dennis. Dis waarlik n belewenis om daar te kamp. 

Ek het nou almal se relase gelees, maar jou verskoning som dit so mooi op. "Kamp is lekker", en basta met die res. Amen

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2019 @ 09:53:45 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ja sorry oor my lang vorige antwoord.

laughinglaughing Ek kamp want dis LEKKER laughinglaughing

 

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2019 @ 14:07:02 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7614
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Kamp is lekker. 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2019 @ 18:01:01 pm
Kamp is Koning
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 225
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 34 years

Kamp bly koning en ons beoefen dit soveel as moontlik en so gereeld as moontlik ja dit bly die regte medisyne. Ons kan nie wag om uit die beton oerwoud weg te kom en om die sireenes, stads geraas en gejaagde lewe te ruil vir die stilte en rustigheid van die platteland of die kus nie. Daarom kies ons maar ons kamp plekke waar ons wil ontspan versigtig.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jun 2019 @ 22:51:57 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1478
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Ja, verseker. Ons, mijn vrouw en ek, geniet kamp want dit is lekker.

As dit nie lekker was nie, sou niemand gekamp het nie, daarom, omdat dit lekker is, kamp ons ook.

Waarom dit doen as dit nie lekker is nie?

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jun 2019 @ 06:25:58 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Oom Johan het die gestuur. Nou sit ek dit maar hier op die forum.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jun 2019 @ 11:18:38 am
CampingKitty
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 689
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 3 years

Oom Johan het die gestuur. Nou sit ek dit maar hier op die forum.

 

stem 100% saam.  Kamp is lekker.  Punt. 

Ons giggel net altyd want sodra mens opgeslaan is, dan gaan park 'n man mos sy jack op 'n stoel, en daar sit ons.  Dis vreeslik snaak as ek daaraan dink.

Binne my voel ek as iemand vra hoekom kamp ek, wil ek se, hoekom kamp JY nie?

Daars 100 redes hoekom ek kamp, maar ek kan dit nie rerig in woorde beskryf nie, dis meer 'n gevoelente binne jou, maak mens warm voel.

As long as everything goes my way...I'm totally flexible
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jun 2019 @ 11:33:38 am
CampingKitty
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 689
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 3 years

So terloops, ons was desember by Klein kariba, en die voels daar...liewe genade, dis mooi.  As ek vroeg in die oggend buite sit en my oe toe maak, sou ek sweer ek is in die wildtuin. 

Die reuk van nat gras in die oggende, die reuk van vure wat begin brand rondom 5 uur, die reuk van die swembaddens se kloor, die wegneem plekke se kos, mense se stemme, kinders se stemme.  Dis wat ek sien, wat ek hoor, wat ek ruik alles saam wat net verskriklik lekker is, en ek nie by my huis kan kry nie. Selfs ons karavaan het 'n reuk binne wat my sis wanneer ek depressief en moeg raak vir die lewe in die stad. Ek kan letterlik vir jou presies se waar ek was, hoe oud ek was en waardeur ek gegaan het, net deur 'n sekere reuk. So ek is baie naby aan moeder natuur.  Ek sal veel eerder buite wees as binne die huis, of werk, of 'n mall.

Ek gee nie om vir sagte musiek by vakansie oorde nie, maar is ook baie lief vir die oorverdowende stilte van plekke soos die wildtuin.

Alles binne perke en respek vir jou medemens.

As long as everything goes my way...I'm totally flexible
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jun 2019 @ 14:30:59 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1644
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Goed gese, Catherine. Klein kariba bly vir my n wenner. Alles in een package.

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jun 2019 @ 19:46:23 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1478
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Vroeër jare gereëld saam met my neef, wie boer, en ons gesinne jaarliks by Badplaas gekamp.

Uiteraard was hy al vroeg wakker en vroeg uit die vere.Ek en my huis slaap laat wanneer ons kon want dit is ook lekker.

Een oggend toe ek so 07:30 my verskyning maak vra hy my nou hoekom slaap ek so laat. Sê ek maar vir dieselfde rede dat hy opstaan net om te gaan sit!

Hy het nooit weer gevra nie!

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jun 2019 @ 07:14:24 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

stem 100% saam.  Kamp is lekker.  Punt. 

Ons giggel net altyd want sodra mens opgeslaan is, dan gaan park 'n man mos sy jack op 'n stoel, en daar sit ons.  Dis vreeslik snaak as ek daaraan dink.

Binne my voel ek as iemand vra hoekom kamp ek, wil ek se, hoekom kamp JY nie?

Daars 100 redes hoekom ek kamp, maar ek kan dit nie rerig in woorde beskryf nie, dis meer 'n gevoelente binne jou, maak mens warm voel.

Ek hou van daai woord "Gevoelente" dis 'n woord wat eintlik die gevoel as jy kamp beskryf omdat die rede vir kamp nie beskryf kan word nie.

"Gevoelente"  dis amper soos iets wat "Chapperig" is.

Chapperig   =   Mooi, Lieflik, Lekker, Pragtig, Okay, Ja,100%, Fantasties, Dankie

Gevoelente   =   Dalk alles van Chapperig in een...........................laughing

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required