English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 278
Total Replies: 230 165
Total Views: 82 385 306
topics: 10 828
replies: 124 954
views: 38 860 083
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Ford is beslis in rat en laat ander vervaardigers sweet

replies: 53
views: 664
page 1 of 2
18 Jun 2019 @ 21:02:58 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1751
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Die Ford Ranger het van sy eerste bekendstelling die mark op sy tone gehad. Daarna het al die ander vervaardigers hul bakkies opgegradeer. Maar om met leier soos Ford kers vas te hou sit nie in enige broek.

Jongste: 

Nou dat die Ford Ranger 2.0 BIT die lig gesien het is dit duidelik die manne skrik groot. Nou beskikbaar is die Toyota Hilux GR Sport. Met n klomp stickers op die body, n suspension upgrade en wil dit my voorkom daars geen plan om daardie 2.8 GDC diesel meer krag te gee wil dit vir my die indruk gee van n probeerslag om van Ford se verkope op die 2.0BIT te stuit.  Gaan baie meer as dit vat is maar net my nederige opinie.

Gee my ook die indruk dat Ford besig is om gemaklik voor die oppesisie in te skuif. Gaan moeilik wees om n voertuig soos Ford se sleep vermoe te ewenaar met soveel veiligheid, brandstof verbruik en krag.

 

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2019 @ 21:37:06 pm
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 879
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

Kyk maar na die verkoopssyfers. Dit is feite, nie persoonlike opinie nie.

 

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2019 @ 21:48:55 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1751
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Kyk maar na die verkoopssyfers. Dit is feite, nie persoonlike opinie nie.

 

Juis Frans. Dit is al selfs op verskeie motor programme beaam dat Ford voorloop met double cabs. Gewone bakkies is toyota voor want dit is soos tractors, dit breek nie maklik want daar is nie regtig iets om te breek.

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 05:29:23 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2976
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Wil nou nie weer n Ford Toyota ding begin nie.

VW het ook die land ingekom met n moeeeeeewiese spoed en sy 2lt Amarok. Toe werk dit nie en nou is daar n 3lt V6. Nie eers van die Kaap tot Kilimanjaro of 4x4 roetes help hul verkope nie. Ek verstaan SC is ook nie meer beskikbaar nie.

I rest my case.

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 06:33:58 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Kyk ek geniet my Ford regtig baie.  Nie net oor die groot krag lewering om my karavaan mee te sleep nie. Maar die ekstras wat as standaard saam met die voertuig kom maak die rygenot  net so effe lekkerder.  

Jy kan seker die ekstras ook in 'n voertuig soos 'n Toya kry maar ongelukkig vra Toya mense ekstra geld vir elke dingetjie wat jy wil by hê.  Tenspyte van dit..................

Dink nie ons moet te vroeg praat nie.  Gewoonte is moeilik om af te leer en die naam toyota is 'n gewoonte in SA.

Sal maar sien.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 06:59:51 am
Piet Ford
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 143
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 33 years

Toe ek my my eerste kar gekoop het met meer as 6 rate het ek gedink dit is oorboodig (3L ecodiesel grand cherokee met 8 rate). Maar ek het gou agter gekom hoe goed dit werk vir sleep en verbygaan en om altyd in die regte rat te wees i.e. waar daardie "sweet spot" is.

Dit is presies wat Ford gedoen het met die nuwe 10 spoed ratkas.  Die 3.2 Wildtak sleep baie goed, maar ek vind partykeer dat hy maar traag is wanner jy verbygaan op opdraandes.

Tyd sal leer (wag maar vir SA sleeptoetse in tydskrifte) maar ek dink die Bi Turbo met die 10 spoed ratkas sal beter vaar met die verbygaan teen opdraendes as die 3.2 met sy 6 spoed ratkas. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 07:50:49 am
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 616
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Aaai Bakoor, al weer die ou drom begin slaan. Daar is tye wanneer geen woorde nodig is nie, as jy VOEL jy ry 'n beter voertuig het jy niks te sê nie. Dis soos wanneer 'n muishond teen 'n olifant se been kom piepie, die olifant kyk nie eens af nie. 

Aan die einde van die dag is Ford die enigste fabrikaat wat onder bevel van FIAT (nogals) met die Amarok moet saamsmelt. Het die naweek by The Baths gekamp saam met 'n Amarok-man EN 'n Ford-man. Beide het gesê hulle bakkies het absoluut geen inruil-waarde nie. 

Geniet gerus jou Ford-bakkie,dis 'n gawe voertuig met vele goeie punte, maar die Toyota-manne ry stil-stil hulle voertuie wetende dis NIE high-tech karre nie en NIE so vol gadgets soos ander bakkies nie, maar bakkies wat jou terug huistoe bring wanneer jy doer in Afrika gaan draai.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 08:17:35 am
Zack
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 226
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 32 years

Aaai Dansan.  Los vir Bakoor uit.   Jy klink amper soos my Toyota vriende om 'n braaivleis vuur as almal oor die Ford Ranger praat en spog.   Gaan toetsbestuur die nuwe Bi Turbo dan sal jy met nuwe oe na die Ranger kyk.  Niemand het meer nodig om deur Afrika te ry nie want al ons paaie lyk reeds soos Afrika sin.  Gaan ruil jou Hilux in dan sal jy saamstem alle bakkies het 'n swak inruilwaarde. Die gebruiker kom altyd tweede.

Die Ranger is 'n RILLER.  Almal het eweskielik met nuwe oe na die bakkie mark begin kyk en kom agter dat as hulle nie nuwe tegnologie bring nie gaan hulle ver agterraak.  Ford Ranger se maandelikse uitvoere getuig hiervan want dis meer as die Hilux en Ranger se plaaslike verkope saam.    Om eerlik te wees stem ek saam met Piet Ford oor die sleepvermoee.   My 3.2 is nie std nie omrede ek baie swaar sleep veral aan my skiboot.  Ek dink regtig die nuwe Bi Turbo met die 10 spoed ratkas kies die regte rat om max krag te lewer die hele tyd.   Al wat my afsit is die prys. 

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 08:58:15 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6408
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Sleep vermooe ja, ry lekker ja, maar die Ranger parkeer baie swaar het al 3 dames gehelp parkeer en het myne verkoop weens vrou kla oor die parkeer vermooe.Baie groot en breed hoekom

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 09:36:19 am
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1751
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Sleep vermooe ja, ry lekker ja, maar die Ranger parkeer baie swaar het al 3 dames gehelp parkeer en het myne verkoop weens vrou kla oor die parkeer vermooe.Baie groot en breed hoekom

Goeie punt beet Willem. Die wild track kom met parkering bystand, rear view camera, Tru rat sensors, driver assist, anti trailer sway en en en.  Jy moet net vashou. Plus dan lyk jy nogal te grand binne daai lorrie.

Ek dink Ford het agter gekom sy bakwerk mag dalk groot wees vir ons eva geslag en n bietjie bystand gegee wat dinge baie makliker maak.

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 10:35:17 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2976
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Net so terloops. Na 10 jaar het ek nie meer n Toyota op my erf nie. Slegs n Suzuki Grand Vitara.

Ek is besig om vir my n bakkie te soek. Kanse is 99% dat ek gaan op eindig met n 2011 Ford Ranger 3lt Supercab. R100 000 met 170000km op. Ek kan nie n Hilux kry vir daai prys nie.

Goedkoopste Hilux Xtracab begin by R160 000.

Wanneer ek regkom sal ek hom ry tot hy genoeg geld gemaak het vir n Hilux.

My GROOTSTE probleem met Fords is hul Turbos. Al wat hulle goed gedoen het is om n After Market bedryf op die been te bring. Nou het hulle n 2lt met 2 Turbos. 

Ford gooi nie naam weg met hul produk nie. Hul naverkope diens doen dit. Net so ook VW.

Ek het van Polokwane tot Bela Bela en terug met n Amarok gery. Indrukwekkend!!! Daai 8 spoed loop soos stroop. MAAR... ek sal Nooit weer VW besit nie

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 11:12:01 am
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 616
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Ek HET al die Ranger gery. My beste vriend HET n Ranger. Ek was al in Moremi met Rangers. Jy kan my niks van die Ranger vertel nie. Ek hoef nie een te toetsbestuur nie. Ek is nie so verwaand om n ander ou se kar af te takel nie. Op my erf kan enige kar parkeer. As jy te sleg is om die beste uit jou kar te haal. Tough luck

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 11:23:41 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2490
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Oor die probleem wat dames het om bakkies- enige bakkies- te parkeer:  Manlief het maar dieselfde probleem, daarom ry hy met die platkar en vroulief moet maar met die bakkie aansukkel sodat hy by sy vriende kan spog oor "sy bakkie".  Ek bedoel beslis nie mense wat bakkies nodig het om karavaan te sleep nie en ek aanvaar hulle ry self met hulle bakkies omdat hulle dit wel kan bestuur.  Ek het jare lank 'n Kombi gehad en hulle parkeer netso moeilik as 'n bakkie omdat jy nie agter die Kombi kon sien hoe naby jy aan die voertuig agter jou is nie.  Ek het later truratsensors geinstalleer wat die taak vergemaklik het.  Daarbenewens het die Kombi nie kragstuur gehad nie en jy moes baie krag gebruik om die stuur te draai as jy parkeer het.  Ek het meestal self met die Kombi gery en vroulief het hom net bestuur as ek êrens heen moes ry met my gesubsidieeerde voertuig, wat sy andersins bestuur het.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 12:23:27 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1751
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Manne ek kraak niemand se voertuie af so dom is ek nie. Terloops my aftree voertuig gaan n Toyota wees. Ek het 15 jaar n Toyota bakkie gery en hard gery

Hoe harder ek hom gery het hoe harder het hy gehardloop. Een van hulle het ek gerol, 5 keer voor hy tot stilstand gekom het. Nie airbags niks het gepop moes net vashou.  Ek het uitgeklim net daar hom terug op sy wiele gegooi, gestart en huis toe gery. En as dit jou nie vertroue in Toyota gee weet ek nie. Sê maar ons het bietjie gebond.

Dit is wel aangenaam om te sien hie warm van julle kan raak en die sê goed het my vanoggend al breed laat smile. Baie kommentaar is al gegee party met meriete ander wil my met n spanner gooi. laughing

Kyk n blou bul ooreed jy nie om vir die Sharks te skree en n Toyota man nog minder vertel jy hom hy ry nie n goeie kar. 

Jou kar is jou kar hetsy die meeste performance en goodies het of nie. Chill manne ander dag is Toyota weer beter as Ford. Maar nou skop Ford gaai tot iets ander hom op sy neus laat kyk. n Bose kringloop en dit sal nooit stop saam met n prys om altyd die beste te wees wat eientlik simpel vir my is.

Alle karre gee moeilikheid. Het nou die dag met n vriend van my gesels wat n baie groot Toyota dealership besit. Sê eerlik daar is baie Toyotas wat inkom wat breek, nuwes ook. So is dit met alle karre, punt. My seun het 6 maande gewag vir n harnas op sy wild track. 

Dit is soos rugby. Vandag wen sharks die bulls more verloor ons teen hulle. Intussen betaal ons vir die aanskoue.

 

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 12:43:27 pm
Zack
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 226
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 32 years

Jy laat my nou lag, Bak oor.  Jy het net een fout gemaak.   Wie ry 'n bakkie vir 15 jaar?  Dieselfde bakkie.   Jy laat dit klink of dit standard eienskappe is dat n Hilux met sy bande in die lug lê en tan.   Ek is bly dat jy kon wegstap na die gedoente.  Wie het nou regtig airbags nodig?   

Baie diepsee vissermanne wat beach-lunch het ook 'n gesegde dat dit net 'n kwessie van tyd is  dan swem jy ook terug strand toe.  Dit net 'n kwessie van tyd dan lê jou boot ook op sy rug al is jy hoe goed.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 13:33:53 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 830
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Het ons hier te doen met klein-seuntjie-sindroom - "My pa is tog sterker as jou pa en het meer geld ook"?

Ek het twee Ford's en een Mazda gery. Skitterende diens uit die voertuie en handelaars-werkswinkel gekry (Kelfords in Somerset-Wes). Een Mitsubishi Colt gery. Goeie diens van die voertuig gekry, maar die agente (ek weerhou die naam) se diens was power. A.g.v. laaste rede het ek besluit dat Mitsubishi nie sommer weer op my inkopielys sal wees nie. Ry nou my derde Hilux. Uitstekende diens uit al drie voertuie en skitterende ondersteuning van die agent (Hermanus Toyota).

Ek ken nie Isuzu, VW of Nissan nie. Maar ek sal enige tyd weer oorskakel na Ford. Vang ons nie nou vis in 'n pie-pot met hierdie Ford/Toyota debat nie?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 13:39:29 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1751
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Hi

Jy laat my nou lag, Bak oor.  Jy het net een fout gemaak.   Wie ry 'n bakkie vir 15 jaar?  Dieselfde bakkie.   Jy laat dit klink of dit standard eienskappe is dat n Hilux met sy bande in die lug lê en tan.   Ek is bly dat jy kon wegstap na die gedoente.  Wie het nou regtig airbags nodig?   

Baie diepsee vissermanne wat beach-lunch het ook 'n gesegde dat dit net 'n kwessie van tyd is  dan swem jy ook terug strand toe.  Dit net 'n kwessie van tyd dan lê jou boot ook op sy rug al is jy hoe goed.

Skuus zack. Het dit darem elke twee na drie jaar vervang met nuut. Het daardie bakkies geweldig hard gery en swaar gelaai. Die dag toe ek die bakkie rol was my fout. Ek het 2 ton op die bakkie gehad. Sy wiele 50 gepomp en na aflaai nooit weer afgeblaas. In n vlaag reen in gery en toe float hy tot ek die barriers slaan en rol.

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 13:48:48 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2490
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ek sien hoegenaamd geen voordeel in "brand loyalty" nie.  Die maatskappy betaal jou nie om hulle te ondersteun nie, so waarom sal jy dit vrywillig doen?  As jy jou lewe lank net een soort voertuig gery het, hoe weet jy of dit die beste is- jy het dan geen ondervinding van ander nie?  Ek dink 'n beter benadering is om met 'n oop gemoed te begin om 'n nuwe voertuig te soek.  Besluit wat die minimum vereistes vir jou nuwe voertuig is. En begin lank voor die tyd.  Haastig koop kan jou dalk net verkeerd laat koop. Kry brosjures, lees padtoetse en verbruikerskommentaar.  Daar is baie goeie Australiese webwerwe hiervoor en aangesien Australië se omstandighede baie soortgelyk aan ons s'n is, en hulle meeste van die voertuie ry wat ook hier beskikbaar is, is dit die moeite werd om te sien wat  hulle verbruikers ondervind. Die ouens kan nogal baie krities wees oor hulle voertuie. En gaan ry met die voertuie wat op papier aan jou vereistes voldoen.  As jy dan jou keuse maak, is dit hopelik 'n ingeligte keuse.  Dit is baie werk en sommige mense sien daarteen op, maar 'n voertuig kos baie geld, so die bietjie moeite is myns insiens deur en deur die moeite werd. Anders is dit maar 'n skoot in die donker. Moet ook nie te ernstig luister na ander mense wat jou soort voertuig ry nie- ons het mos al baie gesien elke ou se voertuig is die beste.  Luister eerder na mense se klagtes oor hulle voertuie. 'n Ou wat daarvan praat, klink vir my meer objektief as een wat beweer sy voertuig get geen foute nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 14:13:46 pm
Zack
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 226
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 32 years

Bak oor. enige ongeluk waar jy kan wegstap was 'n goeie een.   Ek stem saam dat meeste van die foute mens gemaak of half agterlosig is in die mooi sin.  Jy weet byvoorbeeld die bande is te hard gepomp maar jy wil nie stop en dit afblaas nie want jy gaan net gou om die draai ry.   

Ek het Maandag my agter shocks vervang met Gabriel Safari's.  Hulle het nog reg gevoel as ek ry maar ek het geweet dis tyd want hulle het 190 000km gedoen.  Tot my skok het ek gesien my shock werk 100% nie meer nie.   Dit kon ook 'n bydra gelewer het tot 'n moontlike ongeluk veral op 'n grondpad.

Hoe ouer die voertuig hoe meer onderhoud moet gedoen word.   'n Goeie werkende motor beteken nie dat die voertuig padwaardig en veilig is nie.   

Fred,   Ek stem 100% saam met jou.   As jy nie 'n voertuig self gekoop en bestuur het nie hoe kan jy dan 'n eerlike opinie gee?   Meeste manne om 'n braaivleis vuur sê wat gehoor word.  Sommiges is te skaam om van hulle probleme te praat.   Ek soek nie loyalty nie, ek soek die beste deal teen die beste prys.  

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 14:17:40 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1751
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Nee Chris glad nie. Net as die skoen pas trek dit aan vir die wat baie fyn gevoelig is. 

Feite. Ford vertoon baie beter as baie op papier en met n rits ander goed wat van kardinale belang is. Al sy megoedies en megafters moet nou nog sy staal wys. Is Toyota bekommerd. Ek sal so dink ja en goed so want volgende kry ons nog n beter Toyota op die vloer. Wie lag ?      Ons

Ek glo uit my hart uit dat juis die rede dat Toyota agter in die ry met baie goed staan veral n engin wat meer moet perform is dat die verbruiker "ons'  nie ons monde oopmaak en sê maar ons wil ook dit he. Hoe se die spreek woord (olie die wiel wat raas) Die meerderheid Toyota manne sal vuis slaan en nie kop gee.

Dit beteken nie ander voertuie is sleg, glad nie. Hierdie hele gesprek is om mense in te lig in n ligter luim. Om van verbeteringe tet  praat ten opsigte alles betrekkende n kamper. Ons bespreek nie die ding nou in parlement nie, alhoewel baie van ons so nou en dan ons rooi jasse wil rond gooi.

Ek geniet die draad, kry ook klappe, so what?  Ek vat dit met n knippie sout en bêre informasie wat belangrik is.

As jy die aas uitgooi gaan die vis byt. So as jy warm raak gaan ander jou nog warmer maak, chill en geniet. Ons is hier vir mekaar nie teen mekaar.

Ek dink die forum sit met n hele klomp bakgat lede en geniet elk een se bydrae, rustig of onrustig laughing

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 15:28:55 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2490
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Dis die gees!

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 15:49:43 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 616
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Shoe Bakoor. Lanklaas n ou teegekom wat so vinnig vir sy wickets keer. Maar dis reg so. N man moet sy ware verdedig. Dis vir my vreemd dat Isuzu nooit genoem word nie. In die middel-80s was daar net een plaasbakkie ... Isuzu. Ek is van mening dat die nuwe generasie Isusuzu's niemand sal teleurstel nie. Dis seker die eerlikste bakkie op die pad. Selfs n nie-kenner sal so-een geniet. 

 

Wannir laas was julle agter die stuur van n Mahindra? Gaan traai daai perd n slag en vertel my of daar rand vir kar meer waarde op ons paaie is. Dieselfde ook vir die Santa Fe Hyundai. Die SA 4x4 het die geskryf dat daar min karre is wat jou die waarde van n Hyundai bied. So is daar horses for courses. 

 

Toemaar Bakoor. Ek is nie kwaad vir jou nie.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 16:17:32 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1751
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Danie groot fout as jy dink ek keer vir my wickets. Ek is wie ek is, opreg en te dom om bang te wees. Ek lieg nie en help waar ek kan. As n ding die waarheid is sê ek dit en as ek nie saam stem sê ek dit ook, ongeag die na gevolge. Ek se nie iets voor ek my huiswerk doen en ek kan ook verkeerd wees. Glad nie te groot om omverskoning te vra as ek fouteer.

Ek grap, terg en probeer n ligter luim skep. Ek worry nie wie vir dit kwaad maak. Die forum kan veels te styf raak

Ek kom agter mense lees maklik net bolangs word vies en deurdink nie regtig wat iemand probeer oordra. Ek self is soms skuldig daar aan maar gebruik nou kronies my chill pille

 

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 16:21:41 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1751
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

En en en van die manne moet nou ophou om my pak slae te gee. Issie my skuld as die waarheid soms seer maak. Eks julle maatjie, ek laaik julle, en ek laaik n Ford laughing

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 16:59:27 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2006
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

En en en van die manne moet nou ophou om my pak slae te gee. Issie my skuld as die waarheid soms seer maak. Eks julle maatjie, ek laaik julle, en ek laaik n Ford laughing

Is reg volgende keer pik hulle op iemand anders. Jy gee mos nie verkeerde inligting oor Ford nie laughinglaughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 17:00:35 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1314
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Sleep vermooe ja, ry lekker ja, maar die Ranger parkeer baie swaar het al 3 dames gehelp parkeer en het myne verkoop weens vrou kla oor die parkeer vermooe.Baie groot en breed hoekom

Het my swaarvoertuig liksens met 'n Rooikat gedoen, so ek kan parkeer. Geen probleem om die Ranger te parkeer nie!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 17:03:19 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1314
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Net so terloops. Na 10 jaar het ek nie meer n Toyota op my erf nie. Slegs n Suzuki Grand Vitara.

Ek is besig om vir my n bakkie te soek. Kanse is 99% dat ek gaan op eindig met n 2011 Ford Ranger 3lt Supercab. R100 000 met 170000km op. Ek kan nie n Hilux kry vir daai prys nie.

Goedkoopste Hilux Xtracab begin by R160 000.

Wanneer ek regkom sal ek hom ry tot hy genoeg geld gemaak het vir n Hilux.

My GROOTSTE probleem met Fords is hul Turbos. Al wat hulle goed gedoen het is om n After Market bedryf op die been te bring. Nou het hulle n 2lt met 2 Turbos. 

Ford gooi nie naam weg met hul produk nie. Hul naverkope diens doen dit. Net so ook VW.

Ek het van Polokwane tot Bela Bela en terug met n Amarok gery. Indrukwekkend!!! Daai 8 spoed loop soos stroop. MAAR... ek sal Nooit weer VW besit nie

Turbo probleme lank terug al opgelos (BMX 320d het ook met eerste modelle gesukkel...), terloops as ek dit nie mis het nie is die turbo's wat Ford deesdae gebruik deur Garrett gemaak? Nie juis wat ek probleem turbo's sal noem nie?

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 18:50:13 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1890
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

Net in ligter luim. Ek het n 2013 Fortuner 2.5TD en geniet hom.....en ja hy het al gebreek ook. Ek het ook n 1997 Ford Bantam, 22 jaar oud en lank nog nie koud. Ek het dus n Toyota en n Ford en albei is die beste.Ha Ha Ha. My Bantam werk nog alles met die hand en glo my niks breek nie, en ek gebruik hom elke dag.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 20:47:09 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

My broer het vandag beide die nuwe Ranger Raptor en die Wildtrak met die 2l bi Turbo 4x4 getoets bestuur.

Beide ry fantasties baie lekkerder as die huidige 3.2 en die oorskakeling van die ratte voel jy nie eers nie.  Die 10 spoed ratkaste is werklikglad in werking en dit bly so selfs met die selektering van lae bestek.

Ja jy het 10 ratte in low range en 10 in high range.

Met verskeie funksies waar jy die ratkas beperk om in n sekere rat te bly of net op te rat tot n sekere rat. Veral gepas as mens byvoorbeeld karavaan sleep.

Die Raptor variant se vering is sagter as die van die Wildtrak en kan ook net 650kg dra teenooer die 1.1ton van die Wildtrak.

Mens moet net onthou dat die Ranger Raptor eintlik ontwerp is vir 'n bakkie variant van die GTI fans. Boeta se, die Tipper gaan 'n baie slegte grond pad soos 'n highway ry. 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 22:11:21 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1751
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years
Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2019 @ 06:34:49 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Sommer 'n trein van wiele ne.............laughingtongue-outlaughingsurprisedwink

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2019 @ 09:21:58 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2490
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Oulik op 'n reguit pad, maar hoe gaan jy hom oorreed om om 'n draai te gaan?  Hy gaan nuwe betekenis aan die term "under steer" gee.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2019 @ 10:03:44 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Nee wat ek het die regte raptor met soortgelyke in UAE gery.

Daai ding stap op 'n grond pad of daar nou draaie is of nie asof hy daar gebore is.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2019 @ 10:06:29 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Die F150 Raptor is mos eintlik 'n Super Cab.  Maar so groot hy vergelyk met ons gewone dubbel cabs aan die binne kant.

6.3 liter V8. Man dis darem lekker om in die goed te kan ry.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2019 @ 10:25:08 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

En dan is dit nog 'n Ford ook.

laughinglaughinglaughinglaughing

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2019 @ 10:46:45 am
Zack
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 226
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 32 years

Waar is die ou harde Toyota manne?   Almal is stil . Ek mis vir Brommer.

Ek hoop nie almal van hulle is vandag by 'n Ford handelaar nie want waaroor gaan ons volgende week gesels as ons almal die gevreesde Rangers ry?

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2019 @ 10:47:46 am
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1751
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Nee wat ek het die regte raptor met soortgelyke in UAE gery.

Daai ding stap op 'n grond pad of daar nou draaie is of nie asof hy daar gebore is.

Ek sal glo jou smile is net so groot as wat daai bakkie se deure oop is.  Daar is een hengse waglys op die raptor en kry ook nie by enige dealership om na hom te kyk

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2019 @ 10:59:42 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

As jy bereid is om te ry dan moet jy spring. Lydenburg Ford het. Dis waar Boeta hulle toets bestuur het.

Ja waglys is lank hy praat van sy aflewering is begin Feb 2020.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2019 @ 11:00:40 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

So of Ford bou baie stadig aan die nuwe Tippers of die bestel lys is al so lank.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2019 @ 17:45:48 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7849
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

In Saudi Arabia kry jy kamele, hier kry jy TOYOTA of Hilux of Fortuner.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2019 @ 05:49:34 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2976
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

 

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2019 @ 09:13:37 am
Skolopad
Platinum Member
70% Profile Strength
Posts: 319
Joined: 28 Feb 2018

Enjoying the Ford , Toyota banter, just an observation, if you look at the number of sales of bakkies, then look at the second hand market of bakkies numbers, then there are a darf of Toyota's, so can only conclude. that ;

1) Once a bakkie give you hell you sell it, make it some ones els issue

2) You do not sell what gives you value for money or makes you feel gruntel

So the volume of second hand Fords measured against the theses points make me wonder if the Toyota supporters silences speaks for itself

I drive a Chines bakkie, now that is hell

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2019 @ 09:58:52 am
Zack
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 226
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 32 years

Grumpy ek het vir jou baie goeie hoop en nuus.   Ek sien jy wil 'n Ford aanskaf totdat jy genoeg geld het vir 'n Toyota.   Jare terug het ek het ook met Ford grappe gespog. Ek was 'n hard Toyota man todat ek my eerste Ford Ranger gekoop het want die prys was reg.   Dit was my eerste groot fout want ek het laas Donderdag nog 'n Ranger 2.2 XL 4x4 2016 gekoop op 'n Aucor veiling.  As jy eers van die verbode vrugte geeet (Ranger) het sal sal jy maar moeilik aan droe brood eet.  Die Rangers groei aan jou wat krag en rygerief betref.  

Sal ek weer na die huidige Hilux kyk?   Miskien as hulle nuwe tegnologie uitbring om in pas te bly met die ander bakkies.  Die ander negatief is jy betaal te veel vir te min bakkie.  Veiligheid is jare agter asook rygerief.  Elke maak sy eie keuse en besluit

As jy in die mark is vir 'n goeie bakkie sal ek n voorstel maak dat jy by 'n veiling n draai moet maak.   Op die laaste veiling was dit verseker 'n kopersmark want daar was maar min kopers.    Sterkte met die aankoop van jou nuwe voertuig.   Bloem se veilings is beter want die voertuie het min Km's op.   Die Jhb manne maak nou en dan n draai hier.  Skreeu as jy slaapplek soek. 

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2019 @ 11:23:55 am
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1751
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Zack. Goed gesê. Ek stem honderd met jou.

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2019 @ 12:59:33 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Grumpy ek het vir jou baie goeie hoop en nuus.   Ek sien jy wil 'n Ford aanskaf totdat jy genoeg geld het vir 'n Toyota.   Jare terug het ek het ook met Ford grappe gespog. Ek was 'n hard Toyota man todat ek my eerste Ford Ranger gekoop het want die prys was reg.   Dit was my eerste groot fout want ek het laas Donderdag nog 'n Ranger 2.2 XL 4x4 2016 gekoop op 'n Aucor veiling.  As jy eers van die verbode vrugte geeet (Ranger) het sal sal jy maar moeilik aan droe brood eet.  Die Rangers groei aan jou wat krag en rygerief betref.  

Sal ek weer na die huidige Hilux kyk?   Miskien as hulle nuwe tegnologie uitbring om in pas te bly met die ander bakkies.  Die ander negatief is jy betaal te veel vir te min bakkie.  Veiligheid is jare agter asook rygerief.  Elke maak sy eie keuse en besluit

As jy in die mark is vir 'n goeie bakkie sal ek n voorstel maak dat jy by 'n veiling n draai moet maak.   Op die laaste veiling was dit verseker 'n kopersmark want daar was maar min kopers.    Sterkte met die aankoop van jou nuwe voertuig.   Bloem se veilings is beter want die voertuie het min Km's op.   Die Jhb manne maak nou en dan n draai hier.  Skreeu as jy slaapplek soek. 

Jy het my nou regtig aan die dink gemaak met die voertuie koop op veiling.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2019 @ 13:26:24 pm
Zack
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 226
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 32 years

Leon,  Ek is 'n groot voorstaander van veilings.  Jy moet net jou huiswerk goed doen.  Ek het die Ranger 2016 XL 4x4 D/C met 109 000 km gekry vir R203 000.  Dis ongeveer R110 000 onder boekie waarde.  Hy het een stamp agter teen die kant en so 4 klein krappies, duikkies.  Na ek 'n vriend of twee gebel het was die goedkoopste R9300 vir die herstel sonder die agter lig en 4x4 sticker.   Die agter lig kry ek vir R500.   Alles werk mooi en ek is hoogs tevrede.   Hy is tans by die paneelklopper vriend en ek sal hom Dinsdag terug kry want die weer is koud vir die spuitwerk. 

Jy kan baie geld spaar.  Dis verseker die moeite werd as jy besluit jy soek 'n spesifikie maak/model en jy wag vir hom. 

 

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2019 @ 23:16:20 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1751
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Hans / Leon / Zack. Net vir wat dit werd is. Ek se die onder korreksie want dit is nuut vir my ook en sal self meer wil weet.   Buyers guide program het die manne gesels oor karre koop by n auction.

Geen fabriek waarborg as jy by n auction koop.

As jy deur n handelaar koop kry soort van waarborg, auction niks.

Dan moet jy ook baie versigtig wees vir rebuilds en stolen recovery voertuie. Die is gewoontlik op auction want dealerships wil dit nie aan raak nie. Enige kar wat stolen recovery gemerk is op nuwe vin nommer word automaties ge impound by n road block tot dit deur die owerheid ge clear is.

 

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2019 @ 06:45:23 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13782
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Hans / Leon / Zack. Net vir wat dit werd is. Ek se die onder korreksie want dit is nuut vir my ook en sal self meer wil weet.   Buyers guide program het die manne gesels oor karre koop by n auction.

Geen fabriek waarborg as jy by n auction koop.

As jy deur n handelaar koop kry soort van waarborg, auction niks.

Dan moet jy ook baie versigtig wees vir rebuilds en stolen recovery voertuie. Die is gewoontlik op auction want dealerships wil dit nie aan raak nie. Enige kar wat stolen recovery gemerk is op nuwe vin nommer word automaties ge impound by n road block tot dit deur die owerheid ge clear is.

 

Waarborg en diensplan is steeds geldig

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jun 2019 @ 12:25:26 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5016
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

o gats, nog ekstra ratte om oor te bekommer? Kon nie eers die 3-spoed, 4-spoed, 5-spoed, of 6-spoed regkry nie, so hoe dink mens nou gaan dit gaan met 10-spoed????

Nee pappie, kry eers dit reg en staan die toets van tyd.... Jy kan 'n Ford 100ratte gee, bly maar steeds 'n Ford en met die naam kom BAIE daarmee saam. Nee dankie, nooit weer nie.


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jun 2019 @ 06:00:53 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dis soos jy sê Zack.  Kies 'n model dan moet jy net bietjie wag. Ek het dit ook dat diens plan en waarborg nog in plek is mits die dienste van voertuig op datum is.

Mens moet maar net seker maak as jy koop.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jun 2019 @ 07:01:09 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek wonder.................... gaan die nog van toepassing wees as Ford 'n 2liter enjin in het.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 2