English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 137
Total Replies: 227 867
Total Views: 82 288 684
topics: 10 758
replies: 123 586
views: 38 812 326
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Raven se yellow blade vasmaak op die A-raam

replies: 10
views: 171
26 May 2019 @ 17:49:55 pm
L&M
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 108
Joined: 29 Apr 2017
Experience: 30 years

weer ek :-)

Ek sleep met yellow blade.

 

Met die 'nuwe' Raven sit ek dit op aan die linkerkant (handrem se kant) want die kragprop is regterkant.  En daar pas dit nie (handremmeganisme en die lang bout van die bracket baklei vir dieselfde spasie).

Ek probeer dus die regterkant (die jockeywiel kant) en daar is dit dieselfde storie, hierdie keer net die jockey wat baklei vir spasie as die wiel opgetrek word

 

Enige iemand met raad?

Ek vermoed daar was in 'n vorige lewe van die karavaan 'n bracket aan die handremkant (twee gate in die A-raam), maar direk vasgebout (nie met die yellow blad se 'universal' bracket nie - dit vereis nie gate boor in die A-raam nie).

Skuif ek die bracket terug dan is dit verder as die optimale +/-500mm van die bal af en gaan dit uithak met 'n skerp draai

Ek hou nie van gate boor in die A-raam nie!

dankie!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 May 2019 @ 06:10:41 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Goed Louis  Eerste wat jy kan probeer is om die bracket te skuif na 600mm vanaf die middelpunt van die sleep haak.  Dit is 100mm verder as die 500 waarvan jy praat. Die 600mm kry ek uit die Yellowblade Manual.

As die nie help nie kan jy 'n "L"- shape bracket maak met twee boute wat die bracket teen die A-raam vas maak en dan gebruik jy die geel plastiek "Yellowblade Holder" van die oorspronklike verskafde bracket.

Die eerste Yellowblades het met so "L"-shape bracket gewerk.  Ek het twee yellowblades gehad. Een van elk. Een met nuwe bracket op karavaan gebruik en een met ou bracket tussen karavaan en boot met tandem sleep.  Dink die mense het gekla want as jy jou wa vervang sit die gate wat jy geboor het in die kant van die A-raam met die ou bracket.  Seker maar die rede vir die nuwe.

Dit is maar die twee antwoorde wat ek vir jou het. Hoop jy kom reg.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 May 2019 @ 07:42:26 am
L&M
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 108
Joined: 29 Apr 2017
Experience: 30 years

Hi, Leon

Dankie dat jy jou ondervinding deel.

Ek vermoed die  bestaande gate in die A-raam was vir so 'n "L-bracket" en ek sal verder ondersoek instel (die wydte van merke op die veselglasdop op die A-raam is omtrent dieselfde as die van die 'yellowbalde holder' en die gate lyk ook of dit ooreenkom).

As dit die gebruik was om dit wel so direk van te bout sal ek voortgaan sou die gate wel ooreenstem.

 

Groete!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 May 2019 @ 08:27:09 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek hoop maar jy kom reg.  Kanse is ook goed dat dit vir 'n Tando se bracket was.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 May 2019 @ 12:21:40 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4167
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Soos Leon reeds genoem het behoort die L bracket in die bestaande gate te pas. Ek plaas net 'n foto v d bracket.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 May 2019 @ 12:38:47 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dankie Danie dit help baie ................. hoe lui die spreek woord.......... "Picture is better than a thousant words".

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 May 2019 @ 18:44:09 pm
L&M
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 108
Joined: 29 Apr 2017
Experience: 30 years

Soos Leon reeds genoem het behoort die L bracket in die bestaande gate te pas. Ek plaas net 'n foto v d bracket.

dankie!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jun 2019 @ 10:51:52 am
L&M
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 108
Joined: 29 Apr 2017
Experience: 30 years

dankie vir almal se insette.  Die gate in die A-raam kom toe wel ooreen met dié in die yellowblade se hak.  Ek die afstand na die hak is ook reg.

groete!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jun 2019 @ 12:08:43 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4167
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Louis ek is bly jy het reggekom. Selfs as die gate nie sou ooreen kom nie sou dit maklik wees om net ander te boor. Daar is nie baie trekkragte op die "bracket" nie.

@Leon - ja ek onthou toe ons gepraat het van toue in 'n lang "loop" oprol en dan die loop 1 knoop gee hoe ek en ander nie kon visialiseer hoe die knoop gemaak word. Toe ek egter 'n foto plaas toe skielik kan van ons mense presies weet hoe dit gedoen word. So ja ek dink 'n foto vertel altyd die hele storie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2019 @ 10:03:16 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dis nou regtig Chapperig dat jy die Yellowblade uitgesorteer het.  Hoop op duisende sorglose sleep km's vir jou.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2019 @ 13:08:24 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4167
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Louis danksy jou foto lyk dit asof die standaard gate op die Tando en Yellowblade dieselfde spasiering het.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required