English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 634
Total Replies: 220 681
Total Views: 81 958 990
topics: 10 550
replies: 120 102
views: 38 677 684
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Self ry 4x4 Safaris

replies: 8
views: 223
23 May 2019 @ 08:51:48 am
Piet Ford
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 41
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 33 years

N klompie jare terug het ons die Lebombo Eco Trail in die Wildtuin gedoen. Het R3200 per voertuig gekos vir 4 nagte en 5 dae. Ons was 4 mense in die voertuig. Dit begin by Krokidilbrug al teen die Mozambique grens en eindig in die noorde by Pafuri Piekniek spot. Moet selfvoorsienend wees, slaap in die bos en die oornag kampe het geen huinings nie. Ons geniet dit om saam met n groep sulke roetes te doen en will dit graag weer doen. Laaste wat ek gekyk het kos dit nou R9000 sealed. Dink nie dis meer die moeite werd nie.

Daar is ander opsies en dit is waar ek hoop dat daar van julle is wat dit al gedoen het en dalk kan terugvoering gee / die lekker en die nie so lekker met ons kan deel. Waarna ek verwys is die volgende.

Daar is baie toerplekke wat 4x4 self ry safaris aanbied na plekke soos Botswana, Namibia, Mozambique om n paar te noem

  • Daar is die opsies waar jy ook maar 100% selfvoorsienend moet wees en alles wat jy nodig het moet saamgaan. Alle bspreekings is vir jou gedoen en jy kry n toergids.  Dit kos tussen R7000 en R9000 per persoon; of 
  • Daar is die opsies waar alles vir jou gedoen word. Al wat jy moet doen is om jou eie vortuig te bestuur en jou eie bed, slaapsak, kussing, drinkgoed, pueselgoed en persoonlikke goed  moet saamvat. Dit wissel tussen R15000 per persoon (so tussen 7 tot 12 nagte) tot so hoog as R26000 afhangende waar jy gaan. 

Sal graag will hoor van julle wat dit all gedoen het. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
23 May 2019 @ 10:45:23 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6286
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Ons doen die selfde roete gaan in by Pafurie na piekniek plek en terug deer die Wildetuin R300 per voertuig

 

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 15:32:46 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2663
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years

Herman, die toere kos jou meer as R 1 000,00 pppd

Jy moet nou jou eie voertuig, brandstof, drankies en snoepies saamneen.

Die meer as R 1 000,00 pppd, is die gewoonweg een maaltyd, die einde van die dag, hulle sit vir jou tent op en stretcher daarin (soms), dan maak hulle 'n gesellige vuurtjie elke aan, waarom julle kan sit en gesels. Daar is ook 'n gids en hulle werk die roetes uit, en gee jou dragbare radio, om in kontak met die gids te bly en te hoor wat hy te se het.

In 'n 10 - 14 dae toer gaan julle minste drie plekke oorstaan vir omtrent twee dae elk. Jou kostes, met brandstof gaan baie naby aan 'n R 1 000,00 per dag uitwerk, afhangend hoe veel km jy ry om self te verken, terwyl die gits in die kamp bly, waar hulle kokkie/tee verskaf heeldag lank terwyl hulle in die kamp is.

Jy moet verstaan, dat hulle voertuie en gereedskap moet aankoop en kos voorsien vir die hele geselskap, mense huur as gidse, brandstof vir hulle voertuie dan ook reporasies en dienste doen. Die moet hulle as 'n winsgewende besigheid bestuur. Iemand moet hiervoor betaal, jy die verbruiker.

Ons is uitgerig (soos julle - maar ons sleep nie op 4X4 roetes nie), om die roetes alleen te verrig, maar ons ry ons eie kos en drank saam, werk ons eie roetes uit om te gaan waar ons wil, en nie waar ons geneem word nie. Ons het ons eie twee rigting radio's aangeskaf, en die kostes vir ons is die helfde as die van die begeleide toere.

Indien jy verdere inligting wil he, stuur my epos by:-  edgew60atgmaildotcom dan stuur ek vir jou leesstof en beantwoord enige vrae wat jy verlang.

Groete,

Edge.

On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 23:04:02 pm
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1285
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Herman

Ek en my vrouw het met eie beplanning, op ons eie en soms vriende of familie wat wil saam, Botswana, Zambïe en Mosambiek gaan toer op die agterpaaie.

Ons is van opinie dat mens dit eerder self moet doen. Dit is minimum moeite om te plan en te lees. Ons het alles self gedoen. In daardie dae 1995 tot 2010 was daar nog nie sulke saamry safaris soos vandag nie. Ons sal eerder die koste wat jy vir die gids ens betaal gebruik om langer te toer.

Nee wat, meer sports om dit self te doen.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 May 2019 @ 06:14:58 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12696
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ja wat ek glo ook om dit self te doen.

Dit is dalk aangewese om iemand wat reeds 'n roete mee gemaak het saam te neem.

Ons het so paar jaar terug saam met JIN Mozambiek toe gegaan.  Was nou nie net 'n 4x4 trip nie maar ons het dit baie geniet.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 May 2019 @ 10:19:44 am
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1285
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Ons het baie geleenthede alleen gaan toer op die manier. Ook so verkies want jy sit nie in die vreemde met ander mense se geite nie. 

Groepe saam bring altyd 'n dinamika in wat die ervaring verander.

Ons het gevind dat as ons alleen toer, ons kan verander en maak soos dit ons pas. Sodra in 'n groep, is dit nodig om die ander ook te akkommodeer.

Ons het net altyd goed voorberei en gelees, lees, lees oor wat ander ervaar het. Dan plan mens om dit.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 May 2019 @ 14:07:01 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 7064
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Het darm n paar op my eie gedoen, as ook saam met vriende. 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 May 2019 @ 12:53:50 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12696
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek was al ook op 'n "Faces of the Namib" big dune driving toer maar dis nou nie self drive nie weens die konsessie vir seker gebiede wat benodig word.

Atlantis se duine in die kaap is ook 'n Self drive 4 x 4 wat ek nogal geniet het.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 May 2019 @ 14:07:15 pm
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1285
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Ek kan verstaan dat mens iets soos die Namib nie alleen aanvat nie. Mag in elk geval nie en daarom operateurs met konsessies.

Daar maak dit vir my sin as jy dit wil en kan (koste) doen.

Maar ander plekke wat nou al deurgetrapte weë is in Botswana, Zambïe, Mosambiek en Namibïe kan mens met gerustheid op jou eie beplanning doen. Ek sou Angola ook nie sommer alleen aanvat nie. 

Ja, aansienlik veiliger as jy twee of meer voertuie is. Maar die veiligheid gaan oor voertuigbreke, niks anders nie.Weet nie hoe die politieke gevoel nou is nie, maar toe ons overlanding getoer het, was ons oral welkom.

Per geleentheid het ons 'n groep gevorm en was die eerste publiek wie in die Niassa nasionale park in die noorde van Mosambiek, teen die Tanzaniese grens, toegelaat was. Toe was dit nog rof en nog nie gebaande weë nie.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First