English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 137
Total Replies: 227 867
Total Views: 82 288 800
topics: 10 758
replies: 123 586
views: 38 812 370
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Mamba

replies: 16
views: 384
23 May 2019 @ 06:54:52 am
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 867
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

Ek sien ‘n voorstaande regter is in  Zambia oorlede nadat hy deur ‘n swart mamba gepik is. Ek sal graag meer be sonder here wil weet van hoe dit gebeur het - dalk is daar ‘n les om te leer.

Ek en slang is nie vriende nie...

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 07:03:42 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Shoe dit moet nie lekker wees om so heen te gaan nie.  Dis jammer vir daai familie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 07:13:02 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13454
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

As mens so op die internet loer, is dit verbasend om te sien hoeveel mense dood gaan aan slang byte. Ek dink mens het 7ure om te reageer teen swart mamba. Ek is self glad nie n slang entoesias nie, maar sal seker goed wees as iemand meer kan vertel wat om te doen en nie te doen nie om slang byte te vermy {Indien moontlik} Baie sê jy moet die slang identifiseer.....maar ek weet nie altyd of ek dit sal kan doen nie. 

My swaer hulle bly op n plaas naby Rayton. Ons het jare laas daar gaan kuier....die hoofrede is dat daai plek vrot is van die rinkalse...2meter en langer. Ons het een naweek daar gekuier en 3x met n slang te doen gekry. Nee dankie....nie vir my nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 07:16:17 am
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 867
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

Korreksie...be sonder here...moet wees ....besonderhede. Autocorrect weer besig😂 Jammer.

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 07:17:53 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13454
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

As mens so op die internet loer, is dit verbasend om te sien hoeveel mense dood gaan aan slang byte. Ek dink mens het 7ure om te reageer teen swart mamba. Ek is self glad nie n slang entoesias nie, maar sal seker goed wees as iemand meer kan vertel wat om te doen en nie te doen nie om slang byte te vermy {Indien moontlik} Baie sê jy moet die slang identifiseer.....maar ek weet nie altyd of ek dit sal kan doen nie. 

My swaer hulle bly op n plaas naby Rayton. Ons het jare laas daar gaan kuier....die hoofrede is dat daai plek vrot is van die rinkalse...2meter en langer. Ons het een naweek daar gekuier en 3x met n slang te doen gekry. Nee dankie....nie vir my nie

Hierdie was in hulle huis afgelope naweek....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
23 May 2019 @ 07:29:28 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13454
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Hierdie op North West newspapers se website gekry:

 

Min slange ontlok soveel fassinering by die mens soos die swart mamba. Selfs die naam klink misterieus en gevaarlik. Die swart mamba is een van die mees gevreesde slangspecies in die wêreld en beslis die mees gevreesde in Afrika. Sy kombinasie van spoed, onvoorspelbare aggressie en kragtige gif maak dit ‘n uitermatige gevaarlike slang. Hierdie slang kom wydverspreid deur Suidelike- en Oostelike Afrika voor. Dit hou van termiethope, hol boomstamme, rotsskeure en granietheuwels in sowel droë as vogtige grasvlaktes en laaglandwoude. As dit nie gesteur word nie, sal dit ‘n permanente boerplek hê waarnatoe dit telkens sal terugkeer wanneer dit nie jag, in die son bak of paar nie. Indien vasgekeer, sal die swart mamba maklik aanval. Wanneer in die pikposisie, maak die mamba sy nek plat, sis baie luid en vertoon sy inkswart mond en dodelike giftande.

Die swart mamba is die grootste giftige slang in Afrika en die tweede grootste in die wêreld, na die koning kobra. Die gemiddelde lengte van ‘n volwasse swart mamba is 2,5 m met ‘n maksimum lengte van 4,5 m. Dit het ‘n karakteristieke doodskisvormige kop. Dit is ook een van die vinnigste landslange in die wêreld en kan ‘n spoed van 20 km/uur en vinniger bereik. In teenstelling met die algemene naam, is die swart mamba nie werklik swart nie. Dit het wel ‘n inkswart gekleurde mond. Kleure wissel van donker olyf tot olyfgroen, grysbruin of metaalkleurig afhangend van die omgewing waar dit voorkom. Die onderkant is roomkleurig, soms gemeng met groen of geel.

Sy dieet bestaan hoofsaaklik uit klein soogdiere wat insluit knaagdiere, eekhorinkies en dassies. Hy eet ook soms voëls. Die swart mamba se vyande sluit in die mens, roofvoëls, krokodille, muishonde en jakkalse.

Hierdie slang is eierlêggend en lê 6 – 17 eiers in termietneste, ens in die somer. Die kleintjies broei na 80 – 90 dae uit en is gemiddeld 52 – 60 cm lank. Mannetjies baklei dikwels in die lente en kronkel om mekaar in ‘n poging om die mededinger teen die grond vas te druk (foto). Hulle lewensduur is omtrent 20 jaar.

Die swart mamba het ‘n kragtige gif wat neurotoksies sowel as kardiotoksies is (Tas senuwees sowel as die hart aan). Die slagoffer mag ten volle by sy/haar bewussyn wees, terwyl al sy/haar spiere verlam is en hy/sy van versmoring sterf. Gifproduksie is tussen 100 – 400 mg en 10 – 15 mg is dodelik vir die mens.

Volgens Marais (2004) is dit uiters belangrik dat die slagoffer so spoedig moontlik by ‘n behoorlike mediese fasiliteit gekry word. Aanvanklike maatreëls met meeste slangbyte is essensieël dieselfde. Hou die slagoffer stil, voorkom onnodige bewegings en hou hom of haar kalm. Ontbloot die bytplek en verwyder knellende voorwerpe soos ringe en skoene. Spoel alle gif met baie water weg van die bytplek of vee met ‘n stuk materiaal af. Moenie die bytplek sny of daaraan druk nie. Moenie aan die wond suig nie. Hou die lugweg oop en pas kunsmatige asemhaling toe as dit nodig is. Immobiliseer die ledemaat met ‘n spalk of hangverband en hou die ledemaat onder die vlak van die hart. Moenie die slagoffer alkohol of ander vloeistowwe gee nie. As jy weet of vermoed dat dit ‘n neurotoksiese gif is, moet jy ‘n drukverband gebruik. In die geval van ‘n swart mamba byt moet ‘n toerniket so gou moontlik bo die knie of aan die bo-arm – na gelang van waar die bytplek is – aangewend word. Dit moet egter nie vir meer as 15 tot 30 minute (hoogstens ‘n uur) op ‘n slag aanbly sonder dat dit elke paar sekondes losgemaak word nie. ‘n Toerniket kan ernstige weefselskade veroorsaak en moet net gebruik word as dit uiters nodig is. Kry die slagoffer so gou moontlik by ‘n hospitaal waar ‘n ventilator beskikbaar is. Toediening van teengif moet, waar moontlik, liewer aan die dokter oorgelaat word.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 08:00:14 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6384
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Slange is baie by ons weens die hitte , as jy op een afkom tel n paar klippies op gooi na hom en gee hom spasie om te beweeg, as hy in die huis is en hy gaan op plekke in waar jy nie kan kom bel die slange manne hulle sal hom kom haal. Dis my mening.

 

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 09:12:06 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2332
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ek stem met Willem saam: jy maak nie slange sonder meer dood nie. Die mens is nie hulle natuurlike prooi nie, behalwe miskien vir 'n groot luislang. Die feit is min slange is giftig en nog minder is gevaarlik vir die mens.  Hulle vlug meestal vir enigiets wat hulle bedreig, met die uitsondering van pofadders wat eerder probeer stil lê om so nie opgemerk te word nie en dan kan jy op hom trap as jy nie oplettend is nie, en dan raak hy baie gevaarlik.  As 'n mens sondermeer die natuur om jou vernietig, is dit uiteindelik tot jou nadeel.  Slange wat meestal naby jou huis voorkom, is in elkgeval meestal onskuldige huisslange of molslange, maar ongelukkig word hulle gereeld vir mambas aangesien. Die onskuldige slange vang muise en rotte en daaroor behoort ons gelukkig te wees.  Daar is ook selfs slange wat slakke vang- hoekom sou ons hulle wil doodmaak- tensy jy natuurlik 'n slak issurprised. Dis nie dat ek mense kwalik neem as hulle hulself probeer beskerm nie.  Ek was verplig om driemaal rinhalse op ons erf dood te maak omdat die honde op hulle afgekom het en ek was baie lief vir my honde.  Daar was net eenvoudig op daardie oomblikke nie 'n ander keuse nie.  Ek is nie 'n slangkenner nie, maar ek het die nodige boeke. As ek op een in die erf of in die huis afkom, probeer ek hom identifiseer en as hy nie gevaarlik is nie, los ek hom eenvoudig uit.   As hy wel is en ek kan hom vang met 'n lis vooraan 'n visstok en gaan laat ek hom in die veld los. Ons het nie meer honde nie en ek het lanklaas 'n slang op die werf teegekom, maar ek dink ek sal selfs gevaarlikes nou met rus laat tensy hy in die huis is.

Die feit is bitter min mense word deur slange doodgemaak en in die uiters uitgesonder gevalle waar dit wel gebeur, is dit groot nuus, dit terwyl sowat dertig mense daagliks op ons paaie deur voertuie gedood en dit haal met groot uitsonderinge nooit eers die nuus nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 10:22:02 am
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1685
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Ek stem saam met Willem. die landgoed in Ballito waarin ons woon sal die slang in jou huis kom uithaal en op n ander plek in die landgoed loslaat.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 10:31:36 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7621
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

As hy my uitlos, Dan los ek hom.

Baie slange in die jagveld al tee gekom. 

Loop maar om hom al hardloop die bok weg, kan weer een soek. 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 15:07:02 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1650
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Wat wou!

As ek hom kry en ek kan,  maak ek hom vrek. Dit is hy wat Eva verlei het en van daar chop ons mans lelik af. Dan sê dit ook jy moet sy kop vermorsel anners gaat hy jou innie hakskeen byt. 

Hier só vat ek nie kanse nie, ek gaan nie die arme ding innie veld gaan los sodat hy n anner siel kan by kom en nog verder n gat in die kop praat of n gat in die hakskeen byt. Nope al spuit ek hom met doom maar ek gaan hom uitsort.

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 15:10:26 pm
mulderpm
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 790
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 24 years

Ek glo leef en laat leef. Ek vind slange eintelik ook baia interesant en mooi en het self in my jong dae, nie giftige slange, aangehou. Hulle is noodsakelik vir die welsein van die natuur en dus ons.

N' Swart Mamba volgens my kennis is die enigste slang wat partykeer aanval as hy jou gewaar. M.A.W hy is agresief. N' groot een, 2.5m of langer, is ook viniger as n' mens wat hardloop. En hy kan ook vol spoed met meer as helfte van sy ligaam van die grond af pik. Bly weg van hom!

Ek het al menigde Rinkalse tee gekom en hulle eintelik getart. Hulle reaksie is om so vinnig as moontelik te probeer wegkom. Dra net n' brill as jy met hulle voeter. Hulle kan 5 meter ver spoeg (gif spuit).

N' Poffader is die oorsaak van meeste van die gevalle van slang byt dood in Afrika. Hulle het die neiging om dood still te le en te hoop jy, of die prooi, sien hom nie. Hulle lyk ook net soos hulle omgewing, gekamofleer, en dus trap jy dan op hom en sy reaksie is om (ter verdeediging) the byt (pik).

Ek dink hulle is pragtige diere en wardeer die skepping.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 16:13:27 pm
BrianB
Neptune Member
74% Profile Strength
Posts: 4067
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 40 years

There is a very good snake app for phones  ASI ( African snake institute )

https://www.africansnakebiteinstitute.com/?gclid=EAIaIQobChMIrZThueqx4gIVVuDtCh1fewULEAAYASAAEgLQwvD_BwE

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 17:17:18 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4928
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ek is ook ongelukkig van mening dat ek nie kanse sal waag nie...

Slang baie naby my tent gekry waar my kleintjies is, hys dood. Klaar.

My dogtertjie was ook deur spinnekop gebyt as 1 jarige, hulle moes letterlik deel uitsny in operasie. 

Geen gogga, slang, dier of wat ookal, kom bo my kinders as ek dit kan keer nie, en as dit ongelukkig beteken hy moet dood, sodat ek nie later spyt is dat ek dit nie doodgemaak het nie, dan is dit maar so.

Ek gaan nie wag tot die miere my huis opvreet nie, ek spuit gif.

Ek gaan nie wag dat die slang my onkant vang nie, as ek hom sien, en hy is stadiger as ek, is hy dood. Slang is nie my maat nie. Hy gaan nie huiwer om my of kinders te pik nie, en ek gaan nie die kans waag nie.


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
23 May 2019 @ 22:55:41 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1479
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Was nooit bang vir slange nie. As kind van 5 met windbuks teenoor rinkhalse gaan staan, die geweertjie in sy bek gedruk en geskiet. Elke keer 'n doodskoot.

Terwyl student by Tuks, kuier by my neef op die plaas. Ons gaan brand veld in die berge tussen Carolina en Badplaas. Rinkhals pik my op my kuit. Nie tyd nie, die vuur moet gekeer word. Half uur later sit ons en rus, toe begin my been brand en 'dof' raak. Skrik my lam. Bakkie 2km oor die berg. Moes maar loop. Daar gekom was die brand oor. Kyk toe mooi, lyk of die tande ingegaan het maar uitgeskeur het want ek was besig om te loop en vuur slaan. Vermoed hy kon nie baie gif inpomp nie. Ook maar goed.

In Nelspruit per geleent heid 'n 1,5m swart mamba uit die huis gejaag en hom gedood. Selfde op Malelane, twee swart mambas hier uit die huis gehaal en gedood.

Swart mamba storm jou nie. Al wat hy doen is om op jou af te peil indien jy tussen hom en sy nes is. Kanse is goed dat hy jou sal pik uit verdediging. As jy nie in sy pad nes toe is nie, sal hy wegseil.

As ek met slang te doen kry, staan ek maar stil, hy seil weg, behalwe as hy in my blyplek is.

Stem nie saam met die artikel dat swart mamba 20km/uur seil nie.

Ek het per geleentheid in Eswatini naby Big Bend ongeveer 80km/h gery. Reg langs my, met sy kop so hoog as wat myne was in die Defender, het 'n groot mamba langs my geseil en na ongeveer 1/2 minuut voor die kar oor die pad geseil sonder dat ek hom raakry. Dit was baie vinniger as 20km/h.

Baie goed gesien wat mamba doen wat al die kenners beweer is nie waar nie, ek was daar, ek weet wat ek gesien het. Sal nie hier noem nie, hier is dalk kenners wat sal wil stry.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 22:58:25 pm
Slingel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 177
Joined: 07 Feb 2019
Experience: 35 years

Hi.

So het ek my exhaust afgeskrik toe ek die duiwehok ingaan.

Maak lekker die water en kos bakke skoon en gesels met die fantails.  

Hier waar hulle nessies bo is  le so lang groene en dux. .

Paar grootwoorde later het ek myself teen sowat 200 km/h daar uit

 Buurman kyk en se nee man dis n gewone huis slang.

 Ps slang het in die hok gebly en die duiwe hul eiers nooit gepla en my ook nie.

Daar was n gaaitjie wat hy in en uit gaan. Seker ongehoord van maar ja.

Natuur is my Moeder so koester en geniet dit!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 23:02:25 pm
Slingel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 177
Joined: 07 Feb 2019
Experience: 35 years
 Verskoning. Verkeerd geplaas.
Moes wees op my draad van klets en algemeen.
Jammer.

Mooi loop. Jan.

 
Natuur is my Moeder so koester en geniet dit!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required