English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 676
Total Replies: 221 326
Total Views: 81 982 178
topics: 10 564
replies: 120 396
views: 38 687 830
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

BRANDSTOF BESPARING

replies: 52
views: 777
page 1 of 2
22 May 2019 @ 20:29:07 pm
Bak oor
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1263
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ek wonder soms wat elk een se ding is om brandstof te bespaar as jy sleep. Soos ek almal se terugvoering lees sleep party in 4e ander in 6e. Dieselfde mense gee terugvoering op brandstof verbruik maar noem hulle in watter rat hulle sleep. Wat doen julle as gewoonte om n bietjie brandstof te bespaar. 

Watter spoed ry jy, watter rat, gebruik jy cruise control, wat werk vir jou.... of pla brandstof verbruik jou nie. Is een verskaffer beter as n ander verskaffer se brandstof.

Daar moet n paar geheime wees, vertel ons.

 

 

Rom 8 - 1&2
Daar is nou geen ververoordeling vir die wat in Christus jesus is
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 May 2019 @ 20:42:40 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6296
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Sleep in 5 rat nie 6 rat net as ek lang afdraandes kry gaan ek 6 de toe hou die refcounter dop as hy val gaan ek 5 de toe maar het die karavan verkoop en was eerste trip met rondawels het baie betaal maar dit was nie die selfde nie, mense groet jou nie en is baie styf. Ek gaan nou weer karavaan koop duur leerskool gehad.

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 May 2019 @ 22:23:12 pm
Kamp is Koning
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 185
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 21 years

Ek sleep teen 100 of 110 in 4de rat en sal oorskakel 5de rat toe op lang gelyk pad of teen lang afdraandes. Ek hou ook maar die rev counter dop en luister na die engin om in die voorgeskrewe maksimum torque van my voertuig te bly. Sodra die engin swaarder trek of die revolusies verader skakel ek terug na 4de rat.

Goeie ou dae
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 May 2019 @ 22:33:43 pm
Saalocin
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 100
Joined: 06 Feb 2019
Experience: 24 years

John

Ek probeer sover moontlik by Caltex ingooi omdat Standard Bank vir mens UCount punte teruggee vir elke liter. Die aantal punte word bepaal deur die "tier" waarop jy is en die totaal per maand gespandeer. Oor tyd (jare) maak mens nogal 'n  aardige bedraggie bymekaar as jy dit bly op pot.

Ek stel my Hilux DC 3.0 D4D Auto se cruise control in op 2 000 revolusies in 4de rat.

Op 'n gelyk pad hardloop sy dan so 105 km/h volgens die speedo en sy hou hierdie spoed teen amper alle opdraendes hoewel nie altyd in 4de rat nie.

Ek het gevind dat om die een of ander rede die manier so effense beter brandstofverbruik en konstante spoed lewer as wat ek byvoorbeeld dit instel op 100 km/h. Ek weet nie wat die faktore is wat alles daar saamspeel nie.

Volgens die computer is die verbruik as ek sleep enigiets tussen 7.3 en 8.5 km/l afhangende van hoe die pad lyk.

Verder probeer ek maar so lig as moontlik reis.

Ongelukkig ken ek nie geheime vir brandstof spaar  nie. Sal ook graag aandagtig luister as iemand hulle dalk hier wil uitlap.

 

Ebenhaéser (1 Sam. 7:12)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 06:25:13 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12851
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek het agter gekom dat die Ranger is ligter op 50ppm diesel as die 10PPM van Sasol. 

Solo ry kyk ek maar na die spoed en ry baie rustig.  By robot trek almal met 'n vaart weg maar ek vang hulle weer by die volgende een.  Dit bring ook mee dat my gemoeds toestand teenoor ander padgebruikers baie rustig geraak het.  Met ander woorde ek irriteer hulle en nie hulle vir my nie.

Wanneer ek sleep worry ek nie noodwendig oor brandstof verbruik nie.  Dit wissel so 7.2 tot 7.5km/L afhangende van die pad en roete.  Ek sleep die Maia teen 105km/h waar moontlik met ratkas in "sport" geselekteer en ek gebruik ook die cruise control veral op gelyk paaie.  Dan doen die Tipper sy eie ding en sleep selfs in 6de rat.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 07:14:58 am
Piet Ford
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 47
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 33 years

Ek sleep maar n klien karavaan (droe gewig 820km) in vergelyking met wat ek sien op die forum en het al baie gewonder of daar wel n verskil is in brandstof verbruik.

Van wegtrek by die huis, vir die eerste half uur of so ry ek sonder die cruise control. Daarna, waar moontlik, stel ek hom in op 120 en los hom daar. Op die GPS is dit 115. Los die bakkie sodat sy auto ratkas die ding dien. Was altyd daarop ingestel om my brandstof verbruik dop te hou. Nou kyk ek net so nou en dan wat die bakkie se is die verbruik. In Desember deur Richtersveld, Namibia en weer in by Mata Mata huistoe (6500km) het die bakkie n gemiddeld van 7.4 km / l gewys.  Alhoewel ek swaarder gelaai was in Desember, het die bakkie met die karavaan in April wildtuin toe en terug (1500 km) maar amper dieselfde gewys (7.8 km / L).  

By die huis gebruik ek Sasol omdat ek ook punte kry by ABSA. Of ek nou regtig baie spaar het ek nog nie uitgewerk nie, maar dit is tog lekker om so nou en dan in te cash en iets daarme te koop. Soos n nuwe GPS wat ek twee maande terug gekoop het. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 07:17:24 am
DK
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1627
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 17 years

Soos gewoonlik sal ek gekritiseer word oor my spoed asook verkeerd bewys word.

- Ek sleep op die snelweg met 'n oop pad en stil teen 'n gemiddelde spoed van 120-130km/h in 5de rat.

- Die belangrikste is ook die laai van bagasie. Die meerderheid swaar items word in die voertuig gelaai omrede die voertuig moet sleep en nie die karavaan nie.

 

PERMANENTLY OFF-LINE DUE TO A LACK OF INTEREST.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 07:22:33 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12851
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek sleep maar n klien karavaan (droe gewig 820km) in vergelyking met wat ek sien op die forum en het al baie gewonder of daar wel n verskil is in brandstof verbruik.

Van wegtrek by die huis, vir die eerste half uur of so ry ek sonder die cruise control. Daarna, waar moontlik, stel ek hom in op 120 en los hom daar. Op die GPS is dit 115. Los die bakkie sodat sy auto ratkas die ding dien. Was altyd daarop ingestel om my brandstof verbruik dop te hou. Nou kyk ek net so nou en dan wat die bakkie se is die verbruik. In Desember deur Richtersveld, Namibia en weer in by Mata Mata huistoe (6500km) het die bakkie n gemiddeld van 7.4 km / l gewys.  Alhoewel ek swaarder gelaai was in Desember, het die bakkie met die karavaan in April wildtuin toe en terug (1500 km) maar amper dieselfde gewys (7.8 km / L).  

By die huis gebruik ek Sasol omdat ek ook punte kry by ABSA. Of ek nou regtig baie spaar het ek nog nie uitgewerk nie, maar dit is tog lekker om so nou en dan in te cash en iets daarme te koop. Soos n nuwe GPS wat ek twee maande terug gekoop het. 

Ek gooi ook maar by Sasol die 10ppm in weens die ABSA rewards. Die geld wat ek terug kry met die Tipper se transaksie is genoeg vir Ma se Tata karretjie se brandstof. Sy ry maar 4km per dag werk toe en terug.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 10:52:41 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1004
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

Ry in hoogste rat waar ek kan - voorheen met die X-Trail en die Suzuki Grand Vitara, albei met spoedbeheer aangeskakel - en met die laasgenoemde se "chip" het ek verbasend goeie brandstof verbruik gekry.

My huidige outomatiese ratkas Touareg skakel binne die eerste kilometer of 2 (afhangende van die pad) sommer gou oor na hoogste (8e) rat en besluit self wat, waar, wanneer en hoe ver laer geskakel moet word. Spoedbeheer aan op 100 km/u (GPS) op die oop pad ..... brandstof verbruik na Bloemfontein en terug gemiddeld 8,9l/100 km. Soetdoring 7,8 l/100 km. Nou na Dinokeng 7,9l/100 km.

Gooi ook maar 50 ppm Caltex in weens die U-Count punte. Eienaardig genoeg het my seun (Toyota DK 4x4 met al die foefies, plate, snorkel ens.) geen verbruikverskille opgetel tussen 10 en 50 ppm diesel nie. 

Ek MOET erken dat ek heel verbaas staan wat die Touareg aanbetref - my eerste diesel en outomatiese ratkas voertuig in my lewe - en die rewolusies teen 100 km/u ..... 1500 opm! Fantasties, geen wonder die ding is so lig op sous nie!!

👍
0
💔
0
😮
1
🙂
1
23 May 2019 @ 12:49:47 pm
mulderpm
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 644
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 24 years

Ek sleep met n' Pajero 3.2 DID automaties diesel en solo het sy my so 13l/100km gegee. Waneer ek die Penta gesleep het, so teen 115km/h op GPS het sy my so 15L/100km gegee. Wat ek altyd doen is om nie te probeer spoed handhaaf teen n' opdraand uit nie. Ek laat die combinasie af slak tot waar sy will met n' redelike voet op die pedaal.

Ek het op n' stadium agter gekom dat my Pajero begin krag verloor waneer ek oor 90Km/h sleep, en daar is so blaas geluid erens voor naby die engine. Ek bespreek die saak toe met kolegas en hulle beveel my aan om die catalitic converter uit te haal want hy raak verstop. Na dit is sy beter as ooit en ek kry nou solo so 10.5L/100km en baia meer krag. Met die Exclusive agter kry ek so 13L/100km. Die klank van die engine is ook anders en die blaas geluid is weg.

Ek moet se met die Exclusive agter sukkel ek om 120 km/h te handhaaf as ek nou probeer/voet in die hoek op n' gelykerige pad. En met konstante throttel sak die combinaasie tot so 40km/h teen Magoebaskloof uit. Dit pla my nie en ek dink dit is baia beter vir die engine as mens hom nie looi nie. Ek kan op gelyke gooie pad maklik 105km/h handhaaf. Happy met dit! Wat ek ook gevind het is dat as jy teen 100 in plaas van 110 sleep dan val die brandstof verbruik met ten minste 2L/100km. Die windweerstand verhoog mos exponentieel, so maak sin.

Ek het nie n' voorkeur vir diesel vervardiger nie en as ek 500ppm kan kry gooi ek dit in.

Ek loss ook die ratte ruil vir die automatiese ratkas.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 12:58:59 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1613
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Verskoon asseblief my vraag as dit vir julle stupid klink, maar ek is nie seker van wat om te doen nie. Ons het 'n Toyota Fortuner 4.0 met 'n outomatiese ratkas. Ek sleep ons Tourer karavaan teen sowat 95km/u. My brandstogverbruik is so 6km/l as ek sleep en so 9,0km/l op die langpad. Ons gebruik omtrent nooit die motor hier in die dorp nie. 

Julle praat nou oor ratseleksies en die toeretelling (revolusie) waarteen die enjin loop. My vrae is as volg:

1. Teen watse revolusie sal my enjin sy optimum kraglewering bied?

2. Wat sal my speod/revolusie verhouding wees om my brandstofverbruik te optimaliseer? 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 13:42:33 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2077
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Heinrich, Jou handboekie behoort vir jou te sê waar jou maksimum wringkrag lê.  Teen die omwentelings is die masjien op sy ekonomieste en ek sou sê dis sal 'n ekonomiese sleepspoed wees.  Dit sal nie noodwendig die laagste verbruik gee nie, jy sal waarskynlik 'n beter verbruik teen 'n laer spoed kry soos dit maar die geval met die voertuig alleen ook is.

Met ons ligte Oyster is verbruik nie juis 'n groot issue nie- die verbruik styg maar so 1 liter per 100 kilos.  Ek sleep ook in D en hy hou gemaklik sesde rat  selfs teen 'n effense opdraende. As hy terugskakel, styg die verbruik aansienlik. Met 'n swaarder karavaan en 'n outomatiese of "duel clutch" ratkas, dink ek dis wys om in S (Sport) te sleep as jou voertuig dit het. Dan loop die ratkas langer in 'n rat voor dit boontoe skakel wat ideaal is vir sleepdoeleindes.  Ek glo nie 'n mens behoort 'n outomatiese ratkas te dwing om teen 'n laer rat te sleep nie- die rekenaar werk uit watter die aangewese is. 

Ek het met die Kombi en 'n Sprite Supersport in die hoogste rat gesleep wat die voertuig kon handhaaf sonder om spoed te verloop- dis ook wat VW voorstel.  Op 'n gelyk pad of selfs 'n ligte helling was die maar die hoogste- vierde rat. Sodra die spoed 'n redelike hoeveelheid verminder het teen 'n opdraende, het ek na derde teruggeskakel.  Tweede rat was onprakties laag en dit was selde nodig om daarheen te gaan, gewoonlik net as swaar voertuie my spoek teen 'n opdraende gebreek het.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 14:44:22 pm
Bak oor
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1263
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Paul. Toe jy jou catalytic converter uit haal het jy die twee sensors terug laat sit waar jy die las / spasie van die converter vol gemaak het of het jy die selfde converter net binne skoon gemaak. En sensors terug gesit. hoe gemaak?

Rom 8 - 1&2
Daar is nou geen ververoordeling vir die wat in Christus jesus is
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 14:51:40 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 12430
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Wat my verbaas van sommige voertuie is dat hulle meer ekonomies raak as hulle sleep as wat hulle specs solo getoets is.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 14:51:53 pm
mulderpm
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 644
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 24 years

Bak Oor, gelukig het my model nie die sensors nie. So net uit gehaal en aan gehou ry. Vir die laater modele wat die EMU sensors het en nie sonder die converter kan werk nie sit hulle n' home made catalitic converter in. My Pajero het nou 330 000 Km's en ek moes dit alankal gedoen het. Die turbo oorverhit met die verhoogde EGT's omdat die uitlaat verstop is.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 15:21:56 pm
DK
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1627
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 17 years

Paul. Toe jy jou catalytic converter uit haal het jy die twee sensors terug laat sit waar jy die las / spasie van die converter vol gemaak het of het jy die selfde converter net binne skoon gemaak. En sensors terug gesit. hoe gemaak?

Bak oor, op jou GWM word die ''cat'' uitgehaal en vervang met 'n gewone boks waar die sensor terug geplaas word om nog die sein na die computer boks te gee.

Die ouens in Alberton waar die ou Hi-Q was weet presies hoe om dit te doen. Hulle het destyds my GWM se ''cat'' so gedoen en daarna was my brandstof verbruik beter asook beter sleep krag is verkry.

 

PERMANENTLY OFF-LINE DUE TO A LACK OF INTEREST.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 16:45:01 pm
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 764
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

Ek ry maar op ‘n speed waar ek veiling voel en die Fortuner se enjin voel asof hy gemaklik loop - nie hard werk nie. Verder worry ek nie. Gehoorsaam maar die a wet van die Transvaal...

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 16:45:54 pm
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 764
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

Ek ry maar op ‘n spoed waar ek veiling voel en die Fortuner se enjin voel asof hy gemaklik loop - nie hard werk nie. Verder worry ek nie. Gehoorsaam maar die a wet van die Transvaal...

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 17:29:45 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4769
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

50ppm diesel is verseker beter, en BP vir my bly die beste..

Ek sleep gewoonlik so 100-110kmh as ek rustig is, maar soms is tyd belangriker (of noodsaaklik)..

Normaalweg as ek kan wil ek gemaklik voel, en soms voel 120kmh gemakliker as 100kmh..

Ek moes egter noodgedwonge vinniger voet in hoek sit op pad terug Januarie en het kort kort 140kmh gehaal om by trokke ens verby te kom. Man, dan styg daai verbruik na 17L/100km. Gewoonlik kom ek met baie minder weg. 

Ek dink beplanning tydens roete maak groot verskil. As jy heeltyd versnel om by trokke te moet verby dan vreet dit jou verbruik ook.

As jy sien daar is 'n trok ent voor, begin maar stadiger veral as jy sien die kanse vir verbygaan is nie gou nie. En wanneer die kans opkom, versnel maar rustiger, ook nou nie so dat verkeer agter jou nou moet ophou nie.

In werklikheid is die brandstof verbruik net vir myself om te kyk wat ek kan regkry, maar dit kan tyd wel pla as jy by sekere punt in sekere tyd moet kom. Vra my met kiddies met doeke ens.

Ek gaan nou weer bietjie langpad net met die Fortuner vat, en alhoewel 100km/h baie goeie verbruik bied, is die tyd wat ek verloor oor 600 - 700km ongelukkig vir my meer werd as die brandstof. Ek verloor meer geld as ek probeer brandstof bespaar op die uur-tarief. 

 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 17:46:46 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1223
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Paul. Toe jy jou catalytic converter uit haal het jy die twee sensors terug laat sit waar jy die las / spasie van die converter vol gemaak het of het jy die selfde converter net binne skoon gemaak. En sensors terug gesit. hoe gemaak?

Party het slegs een sensor voor die Cat, dan is die saak reg as die sensor terug gaan waar hy was, die enjin se rekenaar weet dan van niks nie. Party het twee sensors, een voor en een na die Cat. Die gaan ook terug waar hulle voorheen was maar dan raak die enjin se rekenaar ongelukkig want hy verwag dat die twee seine sal verskil agv die Cat se effek op die uitlaatgas. met my Territory destyds het Steves Auto Clinic by die tweede sensor (die een na die Cat) 'n klein silinder eers ingeskroef (die het bietjie platinum in soos 'n Cat) en dan die sensor daarop. Dan meet die sensor uitlaatgas wat "lyk" asof dit deur 'n Cat gegaan het en die rekenaar is doodgelukkig! Dink SaC het dit 'n Cat Fooler genoem, koste was toe onder R1000.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 19:20:20 pm
Bak oor
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1263
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Dankie Dennis ek gaan bir hulle kuier.

Rom 8 - 1&2
Daar is nou geen ververoordeling vir die wat in Christus jesus is
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 19:42:46 pm
DK
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1627
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 17 years

Dankie Dennis ek gaan bir hulle kuier.

Groot plesier.

By myne het ek dat hulle ń gewone "heater box" insit met die sensor as "dummy".

Jy kan goedkoper gaan en vra vir ń inlas reguit pyp met die "dummy sensor", maar die klank gaan effens harder wees.

Ek verkies eerder baie stil en daarom het ek dat hulle eerder ń klein "silencer" inbring ipv ń reguit pyp.

Met die reguit pyp behoort jy nog meer trekkrag te ontwikkel agv minder terugdruk, maar dit is jou keuse of jy van harde of sagte klank hou.

 

PERMANENTLY OFF-LINE DUE TO A LACK OF INTEREST.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 22:32:57 pm
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1301
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Ek gooi by die kooperasies diesel in so ver moontlik. 50ppm en tot 90c/l goedkoper as goedkoopste stasie hier in ons omgewing. Ook elders. Malelane se ko-op assosieer met Total.

Op pad gooi ek in waar dit nodig is, en soek eers die ko-operasie, as dit kan. Anders gooi ek by die eerste beste in.

Ek sleep in S mode met die Disco. 3liter diesel. 520nm torque tussen 1250 en 1860 revs. (Disco XS). Met die SE het ek 600nm wringkrag beskikbaar gehad tussen 1250 en 1850 revolusies.

Ek sit hom in rat, kry spoed op 100km/h, sit die spoedkontrole aan en ry so.

Ek gaan kyk nie na verbruik nie, dan sal ek nooit sleep nie. Kry so 7,8 na 8km/liter met Penta vol gelaai. Gemeng tussen berge en platpad. Platpad en natuurlik afdraendes skakel die voertuig na 8e rat en ek ry @ 1200 revs. Die Disco sleep tussen 4, 5, 6 en 7 meestal deur berge en oor bulte. Gelykpad 6, 7 of 8ste rat. Ek help soms met manual oorskakel as sy revolusies te hoog gaan (oor 1900), of terugskakel as te laag. Ek vind die S modus is geneig om te laat na laer of hoër rat oor te skakel, dan help ek maar.

Sleep soms in drive (D) want die ratkas skakel meer geredelik oor na die volgende of vorige rat en kry eintlik effe beter brandstof verbruik.

 

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 May 2019 @ 06:19:14 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12851
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek ry maar basies op die selfde manier Pottie.  Maar met die groter wa verkies ek weer dat die ratkas effe langer in 'n rat bly soos wat hy maak in "S".

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 May 2019 @ 13:45:43 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 7101
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Ek ry maar op ‘n spoed waar ek veiling voel en die Fortuner se enjin voel asof hy gemaklik loop - nie hard werk nie. Verder worry ek nie. Gehoorsaam maar die a wet van die Transvaal...

Fortuner het auto so hy kies self op 110km

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 May 2019 @ 19:28:26 pm
Bak oor
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1263
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Dit is wat lekker is van Auto box. En ek glo so kry jy ook die beste brandstof verbruik.

 

Rom 8 - 1&2
Daar is nou geen ververoordeling vir die wat in Christus jesus is
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 May 2019 @ 19:33:27 pm
Bak oor
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1263
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Dit is wat lekker is van Auto box. En ek glo so kry jy ook die beste brandstof verbruik.

 

Rom 8 - 1&2
Daar is nou geen ververoordeling vir die wat in Christus jesus is
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 May 2019 @ 19:33:52 pm
Bak oor
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1263
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Dit is wat lekker is van Auto box. En ek glo so kry jy ook die beste brandstof verbruik.

 

Rom 8 - 1&2
Daar is nou geen ververoordeling vir die wat in Christus jesus is
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 May 2019 @ 19:33:54 pm
Bak oor
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1263
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Dit is wat lekker is van Auto box. En ek glo so kry jy ook die beste brandstof verbruik.

 

Rom 8 - 1&2
Daar is nou geen ververoordeling vir die wat in Christus jesus is
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 May 2019 @ 19:37:53 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 3900
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Hier in die ou Transvaal is al waar ek nog die Scenic (1300km) gesleep het. Ek sleep teen 100 en gaan net oor na 110 of meer om verby te gaan. Met 1 rit tot in Potch het ek op 120 gesleep want ek moes so gou as moontrlik daar kom weens 'n diesel lek en dit op 'n vrydagmiddag.

Ek sleep seker 80% v d tyd in 5e rat en die enjin klink gelukkig. Tydens sleep skakel ek op 2500 opm oor na die volgende rat en op omtrent 2300 opm sonder die wa. My maksimum torsie is omtrent op 1800-2000 opm. My verbruik tydens sleep is 9.5 tot 10.5L/100km. Solo in die omgewing van 7L/100m oop pad met 'n beste van 5.8L/100m op 'n rit van Potch af teen 80-100 en het ek 'n klomp agter paadjies gery ipv op die snelweg bly. Swakste verbruik was 11.3L/100km.

Ek sal wel oor die 100 ry as ek 'n opdraende voor my sien. Ek skakel vroeg oor na 4e as dit steil is en ek weet ek sal nie in 5e kan uitkom nie. Pta na Warmbad skakel ek net 1 plek oor na 4e.

Ek maak min vol behalwe as ek gaan sleep. Dus is die meeste kere wat ek volmaak 'n kombinasie van dorp/oop pad solo en oop pad sleep. Dan word my verbruik van vol tot vol bereken.

My logboek gemiddeld met baie solo in die dorp en nie baie kilos van sleep is 8.8L/100km gemeet oor 20 000km sedert ek my logboek begin het.

Een van my ritte het ek bv 140km gesleep in KNP en 600km daar rond gery en 'n verbruik van  6.17L/100km gekry. Pta na Tzaneen gesleep en 10.46L/100km gebruik. Ek het nie 'n ritrekenaar nie so alles is op my odometer en werklik ingegooi.

Op elkeen van my voertuie asook die motorfietse het ek nog altyd 'n laer verbruik gehad as ek teen 'n laer spoed sou ry. Ek wens met tye ek kan ook 'n voertuig koop wat ligter is teen 120 as teen 80.

John ek glo nie daar is baie goue reels nie behalwe dat mens kan begin met 'n voertuig wat lig is op brandstof soos ons bv kan sien in my geval en ook die VW wat Nico nou mee sleep. Spoed speel ook 'n groot rol.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 May 2019 @ 14:33:32 pm
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1301
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Drie motor reëls bly maar van krag.

1. Hoe vinniger jy ry/sleep, hoe meer brandstof gebruik jy.

2. Hoe kragtiger jou enjin (grootte?) hoe swaarder op brandstof.

3. Wanner jy iets sleep, gaan jy meer brandstof as normaal gebruik.

Nie een van ons kan hiervan wegkom solank daar binnebrand enjins gebruik word nie. Ofskoon europa hom regmaak om te begin oorskakel na elektriese en hibride motors, gaan afrika nog baie lank neem voor die kontinent sal begin oorskakel.

Sien wel dat Jaguar al elektriese "oppomp stasies" op hoofroetes by stopplekke aanbring. Een gesien oa by Harrismith se Engen stopplek.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 May 2019 @ 17:52:56 pm
Bak oor
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1263
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Proff stel jouself voor. Op pad Durban toe en stop vir n elektriesr laai "Harrismith" dan kry jy daar n geval van Cable theft of selfs beurt krag. 

In Afrika gaan daardie elektriese ding nooit werk.

Rom 8 - 1&2
Daar is nou geen ververoordeling vir die wat in Christus jesus is
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 May 2019 @ 20:33:03 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 3900
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

John as dit meer in gebruik is sal die krag stelsels ook anders wees. Baie Vulstasies het sedert 2015 gennys ingesit. Natuurlik sal mens groter opwekking moet hê. Afdakke by Vulstasies kan dan ook solar wees. Ons moet nooit vergeet die priv sektor sal altyd aanpas by omstandighede. Neem nou maar die poskantoor as voorbeeld. Als word deesdae gekoerier al kom dit teen 'n prys. Vraag en aanbod sal dit uitsorteer. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 May 2019 @ 20:47:28 pm
Bak oor
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1263
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Danie n rapid charger by n vulstasie vat minimum 30 minute om jou te charge afhangende van die kwaliteit charger. Dit kan 4 tot 8 ure ook vat. 

Kan jy jouself indink hoe gaan n one stop garage oor paas naweek lyk.

Ons sal met solar panels op ons dakke moet rond ry. Ek dink nie elektriese voertuie sal in die volgende 60 jaar werk in Afrika. As jy ky na ons ontwikkeling vir die laaste 25 jaar dan kry ek mense baie jammer wat hierdie tipe motors aankoop.

 

Rom 8 - 1&2
Daar is nou geen ververoordeling vir die wat in Christus jesus is
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 May 2019 @ 21:06:35 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 3900
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

John as ek stop by die snelweg Vulstasies en ons eie padkos eet en ek sien hoeveel mense pak die kitskos plekke vol sal dit wel vir baie mense werk om 45min te wag vir laai. Ek glo die "quick charge" sal net meer gewild wees en dalk glad nie die tipe wat 4-8 ure neem.

Mense sal aanpas by omstandighede so glo ek. Ek dink koste in Afrika sal dinge wel terughou. Dis egter jammer dat mens nie genoeg sonpanele kan saamry nie.

Verder wag net tot die supercaps in motors gebruik word dan laai mens dalk binne 5min. Die koste is supercaps is baie hoog maar kan drasties afkom. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 May 2019 @ 22:48:00 pm
Bak oor
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1263
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

As daar 20 karre is by n one stop oor paas naweek gaan daar nie 20 chargers wees so as dit minimale 30 minute per kar is dit 10 ure wat jy gaan wag per charger, kan jy net sowel oor slaap by daardie garage. Of se  daar is 4 chargers in werking n wagtyd van 2.5 ure vir n 30 minute charge dan is dit nie n vol charge hie ver gaan jy kom?

Dit is n no brainer. Ons Suid Afrikaners het nie eens die geduld om by robot vir groen te wag

 

Rom 8 - 1&2
Daar is nou geen ververoordeling vir die wat in Christus jesus is
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 May 2019 @ 22:48:14 pm
Bak oor
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1263
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

As daar 20 karre is by n one stop oor paas naweek gaan daar nie 20 chargers wees so as dit minimale 30 minute per kar is dit 10 ure wat jy gaan wag per charger, kan jy net sowel oor slaap by daardie garage. Of se  daar is 4 chargers in werking n wagtyd van 2.5 ure. 

Dit is n no brainer. Ons Suid Afrikaners het nie eens die geduld om by robot vir groen te wag

 

Rom 8 - 1&2
Daar is nou geen ververoordeling vir die wat in Christus jesus is
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 May 2019 @ 11:17:53 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1004
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

Ook al by brandstofpompe gestop en wag dat die "20 karre voor my tydens 'n Paasnaweek" kan klaarkry, so, dis nou nie juis iets nuuts nie.

Maar, nee wat, ek is baie seker dat die nuwerwedse manier van "maak hom vol met die 'lekstrisitie" vinniger sal kom as wat ons dink, en, dat die probleem van "lank laai" ook vinnig oorbrug sal word. As ek darem kyk hoe selfone verbeter het in die laaste 10/15 jaar, dan dink ek die "elektrisiese pompe" by toekomstige vulstasies sal uiteindelik net so vinnig wees as ons gewone, normale brandstof inname ...........

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 May 2019 @ 12:43:56 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 3900
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Ek dink die "bottom line" is nie om nou al bekommerd te raak oor hoe lank gaan mens wag om te herlaai nie. Dinge sal aangepas word met tyd. Verder sal daar sekerlik nie oornag miljoene "lektrisiese" karre verkoop word weens hul pryse.

Voor dinge regtig traksie kry vat gewoonlik baie jare in Afrika al het ons wel die toegang tot die nuutste toerusting. Persoonlik sien ek nie baie v d huidige "lektriese" voertuie op die pad alhoewel daar 'n klompie meer "hybrids" is. Ons moet ook in gedagte hou ons het lang afstande om te ry wat die tegnologie ook nie altyd aanvaarbaar sal maak as jy karavaan sleep nie. Vir onder 200km per dag sonder sleep ritte is hierdie voertuie darem maar wonderlik.

So paar syfers tydens 'n toets in Noorwee. Koste van krag omtrent R1/km teen 85km/h wat 464W/km gebruik. Tydens 'n maand se kamp kan 'n 325W sonpaneel omtrent 100km se sleep se krag terug sit in die batterye - teoreties met 9 uit die 10 dae vol son.

Tesla met 'n 1600kg woonwa soos op die foto.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 May 2019 @ 07:12:33 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12851
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ook al by brandstofpompe gestop en wag dat die "20 karre voor my tydens 'n Paasnaweek" kan klaarkry, so, dis nou nie juis iets nuuts nie.

Maar, nee wat, ek is baie seker dat die nuwerwedse manier van "maak hom vol met die 'lekstrisitie" vinniger sal kom as wat ons dink, en, dat die probleem van "lank laai" ook vinnig oorbrug sal word. As ek darem kyk hoe selfone verbeter het in die laaste 10/15 jaar, dan dink ek die "elektrisiese pompe" by toekomstige vulstasies sal uiteindelik net so vinnig wees as ons gewone, normale brandstof inname ...........

Probleme kom met die brandstof en die beskikbaarheid daarvan.  Of die probleme nou net die koste daarvan is en of die olie van die wêreld regtig gaan opdroog sal net tyd vir ons leer.

Help nie jy koop dan 'n elektriese motor nie want teen daai tyd het Eishkom heeltemal gevou en het jy nie Krag of Petrol nie. Nie eers petrol vir 'n generator nie.

Mad Max hier kom ons.............................laughing

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 May 2019 @ 10:49:39 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2077
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Gedurende WO2 het mense snaakse maniere bedink om brandstof te vervaardig omdat daar min te koop was.  As ESCOM vou, sal 'n elektriese voertuig myns insiens ideaal wees.  Jy kry sonpanele en siedaar! Jou elektriese voertuig ry!

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 May 2019 @ 12:05:21 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 3900
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Dink net as daar al langs ons snelwee oornag plekke tot stand kom waar jy oornag so 3km weg net om nie geraas te he nie. SA het baie oop areas wat gebruik kan word vir die laai va batterye. Mens maak dit so lekker kits kamp en pas aan en begin om 10h jou ontbyt maak terwyl batterye laai. 14h00 val jy weer in die pad.

So kan mens dan kuier kuier na jou bestemming ry. Dit sal die rustige mense pas maar ooo wee daai haastige mense sal maar by hul diesel turbos moet bly.

Fred nee ons moet nie eers dink dat Eskom kan vou nie. Daar sal egter groot aanpassings gedoen moet word want hul is op pad om te vou weens daai skuldlas wat net meer groei en minder krag word verkoop weens alternatiewe opwekking.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 May 2019 @ 13:08:28 pm
Bak oor
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1263
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ook al by brandstofpompe gestop en wag dat die "20 karre voor my tydens 'n Paasnaweek" kan klaarkry, so, dis nou nie juis iets nuuts nie.

Maar, nee wat, ek is baie seker dat die nuwerwedse manier van "maak hom vol met die 'lekstrisitie" vinniger sal kom as wat ons dink, en, dat die probleem van "lank laai" ook vinnig oorbrug sal word. As ek darem kyk hoe selfone verbeter het in die laaste 10/15 jaar, dan dink ek die "elektrisiese pompe" by toekomstige vulstasies sal uiteindelik net so vinnig wees as ons gewone, normale brandstof inname ...........

Nee Nou het ek jou die keer verloor. Dalk verduidelik ek nie reg.

Lees gerus meer oor hoe lank n herlaai vat. In Europa is hulle netwerk vir jare al uitgesorteer en die tye waarvan ek praat is na jare se navorsing en implementering dan nog steeds so stadig. Ons is ligjare agter Europa.

Rom 8 - 1&2
Daar is nou geen ververoordeling vir die wat in Christus jesus is
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 May 2019 @ 06:37:20 am
Hennie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 674
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

Ry in hoogste rat waar ek kan - voorheen met die X-Trail en die Suzuki Grand Vitara, albei met spoedbeheer aangeskakel - en met die laasgenoemde se "chip" het ek verbasend goeie brandstof verbruik gekry.

My huidige outomatiese ratkas Touareg skakel binne die eerste kilometer of 2 (afhangende van die pad) sommer gou oor na hoogste (8e) rat en besluit self wat, waar, wanneer en hoe ver laer geskakel moet word. Spoedbeheer aan op 100 km/u (GPS) op die oop pad ..... brandstof verbruik na Bloemfontein en terug gemiddeld 8,9l/100 km. Soetdoring 7,8 l/100 km. Nou na Dinokeng 7,9l/100 km.

Gooi ook maar 50 ppm Caltex in weens die U-Count punte. Eienaardig genoeg het my seun (Toyota DK 4x4 met al die foefies, plate, snorkel ens.) geen verbruikverskille opgetel tussen 10 en 50 ppm diesel nie. 

Ek MOET erken dat ek heel verbaas staan wat die Touareg aanbetref - my eerste diesel en outomatiese ratkas voertuig in my lewe - en die rewolusies teen 100 km/u ..... 1500 opm! Fantasties, geen wonder die ding is so lig op sous nie!!

Nico, hoe vergelyk die voertuig vir sleep teenoor die ander waarmee jy al gesleep het? 

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 May 2019 @ 10:38:17 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1004
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

@Bak Oor:

Dis 'n moeiliker vraag om te beantwoord as wat jy dink ...

In die eerste plek sal ek uit die staanspoor erken dat my Touareg die eerste Diesel, asook die eerste Outomatiese voertuig is wat ek ooit besit het. Vind dit uiters gerieflik en baie kragtig. Dit is uiteraard ook nie moontlik (en onregverdig) om "Geit" in hierdie vergelyking te betrek - dit stof die ander twee ver uit.

Maar. die vergelyking tussen die X-Trail en die Grand Vitara is meer moontlik.

Die X-Trail (2005 model, 2.5 handrat petrol) was deurgaans sowat 2,5 l/100 km swaarder op brandstof as die Grand Vitara. Die standaard 132 kW en 248 Nm was egter baie beter vir sleep. Ek het probleme ondervind met slegte grondpaaie ens.  want die sogenaamde 4x4 module was nooit so goed as die van die Suzuki nie. Ongelukkig (!) het ek die voertuig met sondak (oorspronklike toerusting) gekoop, en dit was 'n baie groot fout. Die ding het geraas ("rattle") dat jy dit nie sal glo nie - baie steurend, veral wat die binne skuifklap aanbetref. Lee CD houers, sakdoeke, ens. om die ding stil te hou is gebruik. Die sondak self is los (?) in die gleuwe waar dit moet oop en toeskuif en die enigste raad (Nissan Kempton Park, asook Nissan in Durban) se raad is om babapoeier in te blaas - olie, ghries ens. trek stof - so, ons het konstant met 'n botteltjie poeier moes rondry. Pateties, en glo my, een van die redes waarom ek die voertuig verkoop het.

Die X-Trail het ook 'n verdere probleem - die tydreeling vir die ontsteking word gedoen vanaf 'n module wat op die vliegwiel gemonteer word. Dit is alles goed en wel, maar met die hoeveelheid stofpaaie wat ons gery het, het die ding vuil geword, en dan STAAN jy. Die eerste keer (68000 km)het Nissan in KMP my R9000 gekwoteer vir herstel werk, (my waarborg het dit nie ingesluit nie) maar uiteindelik het hulle toegegee en dit is,, met geen koste vir my, herstel. Die tweede keer (109 000 km) moes ek 'n deel van die (toe R11000 kwotasie) betaal. Met die 3e keer op hande (ek kon voel hoe die enjin begin sukkel) was dit inruil en verkooptyd! Andersins regtig 'n baie goeie en aangename voertuig. Ek het 'n Bushbaby van so 950kg met die Nissan gesleep en dit goed genoeg gevind om as 'n lekker sleepvoertuig te kan klassifiseer.

Die Suzuki (2011, 2,4 handrat, petrol) is 'n uitstekende voertuig en uiters hoog aanbeveel. Krag (standaard) is wel laer as die van die X-Trail, maar ek het op 60 000 km 'n skyfie deur Dastek Pretoria laat installeer wat die krag  na 135 kW en die wringkrag na 250 Nm opgeskuif het. Selfs met die verandering was die Suzuki ligter op brandstof as die Nissan. Ratkas met die beter 4x4 lae strek module is stukke beter as die van die Nissan en het ons goed te staan gekom waar paaie bietjie moeilik was. Die een probleem (en basies enigste) is die koppelaar wat, myns insiens, onder-ontwerp is vir die voertuig. Veral in trurat (selfs sonder die karavaan agter-aan teen opdraendes waar jy effens die koppelaar laat glip, ruik jy sommer gou hoe die ding brand. Die eerste koppelaar (ek het van die eerste 1000 km by Suzuki Northcliff gekla) is uiteindelik onder waarborg - dus kosteloos - vervang. Die tweede een was goed op pad uit teen die tyd dat ek die voertuig verkoop het.

Die Suzuki het vir 'n kort rukkie die Bushbaby gesleep - sonder moeite - maar ek het daarna die Sprite SC Offroad (1340kg) gekoop en die Suzuiki het lekker gesleep maar teen opdraendes (Mapumalanga ens.) redelik gou gevra vir 'n laer rat. Met Dastek onder die belt was die sleepstorie 'n droom ...

Dus, watter een is beter? Ek sal nog steeds die Suzuki Grand Vitara aanbeveel

Lang antwoord, jammer, maar daar het jy dit in vol!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2019 @ 11:53:48 am
Johan
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 120
Joined: 23 Feb 2017
Experience: 2 years

More, ek het nou deur al hierdie insette oor brandstof besparing gelees en is verbasend hoe "lig"party voertuie op brandstof is en veral as hulle n karavaan sleep teen n sekere spoed. Dan begin ek wonder hoekom my ML dan so swaar op brandstof is wanneer ek sleep, en hier praat ons van n gemiddelde spoed 105km tot 115km. 

Ja ek besef ek het n petrol engine wat natuurlik baie swaarder as die diesel engines is, maar is dit werklik so n groot verskil, as ek nie die karavaan agter my sleep nie en bly by die spoed beperking kry ek so 12L/100km, as ek die karavaan agter aan het kry ek so 17L/100km, dis swaar ???

My karavaan is nie die swaarste karavaan op die pad nie en ek het al baie ouens gesien met groter karavaane as myne, ek besef met die prys van petrol probeer ons almal maar bespaar en het ook oral gaan oplees wat my ML se petrol verbruik min of meer kan of moet wees, die swaarste wat ek nog gelees het is 11.2L/100km, nou worder ek maar net of daar iets anders is wat ek miskien kan probeer om te sien of ek n beter petrol verbruik kan kry.

Vir diegene wat wel met n petrol voertuig sleep behoort sekerlik advies te he. Dankie vir hierdie forum waar almal mekaar help.

Groete

Johan

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2019 @ 12:59:42 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 452
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Heinrich ek sleep ook met 'n 4 liter. Ek vind dat die Fortuner dalk TE gewillig is om oor te slaan na 5de rat. Ek sit hom dus in vierde sodra die pad effen opwaarts strek, ek verkies die sterker rat. Teen passe uit gooi ek derderat. Heuwel-af is ek in 5de. 

Ek vind dat @ 2200 revs die kar optimaal perform, dis so teen 100/110 km per uur in 5de rat. Teen passe uit probeer ek hou by 3000 revs en dan trek ek teen 80km/u.  As ek teen 'n monster-wind ry (soos Paasnaweek van Elandsbaai af) dan hou ek maar die revs 3000.

Ek HOOR van die goeie petrolverbruik maar my kar steek vas by 6km per liter, ek sal selfs VYF km  liter slaan as ek baie kere moet "floor" om verby te steek of sukkel met slakke voor my wat net nie hulle alies wil roer nie.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2019 @ 13:14:36 pm
Johan
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 120
Joined: 23 Feb 2017
Experience: 2 years

 Hi Heinrich dankie vir jou epos jong myne is automaties en die revs gaan gepaard met die ratkas wat ek wel al gevind het was dat die ML geneig is om in 6de rat te bly maar dan skakkel en gewoontlik oor na 7de rat (paddle shift) dis gewoontlik maar om die rev so n bietjie af te bring, laer revs beter besparing, glo ek :-)  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2019 @ 13:20:37 pm
mulderpm
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 644
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 24 years

Johan, ek het in die 2000 met my Opel Astra 2.0 my Gypsey gesleep. Die woonwa het net 750 Tarra geweeg. Wat ek onthou het die branstof verbruik met so wat 5L/100km gestyg as ek sleep. So, n' petrol engine voertuig se branstof verbruik is baia meer afhanklik van sleep as diesel engine voetuie. Of 17L/100km reg is vie jou ML sal ek nie weet nie. My vriend het n' 500 ML en as hy voet neer sit, 180km/h plus, kry hy oor die 20L/100km. Hy het niks om te sleep nie. Maar jy weet ook nie jy doen 180 plus nie...geruisloos...behalwe jy sien hoe die fuel guage sak. Hy ry alles verby behalwe die brandstof pomplaughingDie fuel guage se merkbaare sak het hom laat kyk na sy spoed...laughing

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2019 @ 13:27:05 pm
Johan
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 120
Joined: 23 Feb 2017
Experience: 2 years

Hi Paul ek stem saam met daai stelling, gelukkig is ek baie veiligheid bewus en wil graag veilig aan die anderkant uitkom en my vakansie geniet. Wat ek wel gaan doen is dat die ML moet nou ingaan vir n diens en sal dan vir die werktuigkundige vra of hulle nie net vir my na die brandstof gebruik sal kyk nie, miskien is daar nuwe "software"wat gelaai kan word en die ejectors oor ge "calabrate" te word.

 

Groete

Johan

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2019 @ 21:28:11 pm
Bak oor
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1263
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Onthou manne jou lorrie is jou lorrie. Jy ry hom vir verskeie redes en hy is joune.

Of hy swaar is op brandstof of nie. Dit is hoe jy hom ry tot hy ligter is en wat jou tricks is om goeie syfers te kry wat ek graag sal wil hoor. Juis die manne wat sukkel met hoë brandstof verbruik wat moet gesels

 

Rom 8 - 1&2
Daar is nou geen ververoordeling vir die wat in Christus jesus is
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 2
View First