English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 934
Total Replies: 224 850
Total Views: 82 149 079
topics: 10 666
replies: 121 987
views: 38 748 098
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Terugvoering: Jozini Dam

replies: 8
views: 168
19 May 2019 @ 19:24:21 pm
Meerkat
Silver Member
62% Profile Strength
Posts: 91
Joined: 26 May 2017
Experience: 2 years

Ons is terug na 'n week by Sodwana Hengelklub by Golela grenspos en reg langs die Pongolo Natuur Reservaat.  Ons het nie gekamp nie, maar die kampterrein is groot en gelyk.  Kragpunte is min en krane ook.  Twee staanplekke deel 'n braai.  Ablusies skoon en groot.  Opwas en wasgoedwas geriewe beskikbaar.  Kiosk op perseel verkoop alles wat jy mag nodig kry, insluitende aas en visgerei.  Outomatiese hek met gekontroleerde (tags) toegang.  

Die chalets is ruim met ordentlike badkamer, kombuis en aircon.  Onderdak stoep met ingeboude braai. Ons het nooit onveilig gevoel nie. Nie 'n plek vir kinders nie, maar beslis vir vissersmense, wat heeldag langs of op die water gaan wees. 

Die kampterrein binne-in die reservaat werk glad nie meer nie.  Ablusies toegespan en staanplekke toegegroei.  Dit is blykbaar agv van water tekort.  Nogtans het ons tiervis van die oewer af gevang!  Baie diere in reservaat, insluitend olifante en renosters.  Sal graag weer wil teruggaan.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 05:51:19 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13322
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dit lyk vir my na 'n Visvang plekkie om te besoek.  Hoe lyk die toegangs roete vir 'n pad karavaan.  Sal my hoë Maiatjie tussen die bome kan deur ry?

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 06:46:16 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13007
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Dankie vir terugvoering. Wonder of hulle kamp terein weer gaan oopmaak as toestande verander?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 06:50:31 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13322
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek wil net bevestig Estelle dat die kampterein by Golela is steeds bruikbaar?????

Dis net die in die reservaat wat nie op standaard is nie..................... het ek dit reg?

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 10:49:17 am
Meerkat
Silver Member
62% Profile Strength
Posts: 91
Joined: 26 May 2017
Experience: 2 years

Ja Leon, ekskuus.  Dis net die kampterrein binne-in die reservaat wat nie meer werk nie.  Die kamp by Sodwana Hengelklub is  meer as bruikbaar.  Glo jy sal met jou Maiatjie maklik inkom.  Die stukkie pad vanwaar jy afdraai na klub en reservaat (so 800m) is baie lelik, maar as jy dit stadig vat, heeltemal haalbaar.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 11:25:50 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13322
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Baie dankie. Dit klink vir my goed die 800m stadig kan vir my werk.  Dis net somtyds moeilik met die hoë karavaan want die bome kan die wa erg beskadig.

Dankie vir jou terugvoer. Ek is al lankal lus om weer 'n ou tier vissie te loop vang.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 11:26:32 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13322
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Terloops watter pad het julle tot daar gery.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 21:23:05 pm
Meerkat
Silver Member
62% Profile Strength
Posts: 91
Joined: 26 May 2017
Experience: 2 years

Vanaf Potchefstroom, N12 Springs, N17 Ermelo en dan N2 tot verby Pongola en afdraai na Golela grenspos.  Tussen Ermelo en Panbult is die pad hobbelrig en nie baie mooi nie met baie loslopende diere.  Hoofpad deur Piet Retief is sleg en tot by grens met KZN, dan is dit mooi.  Deur Pongola gaterig met baie ongemerkte hobbels en hope los diere. Moet maar stadig vat by lelike stukke. In elk geval is diere klaar spoed beperkings.  Vanaf die afdraai na Golela is die pad mooi.  Daar is spoed hobbels, want mens ry deur reservaat. 

By Sodwana kan jy Tony se inligting kry vir "charter".  Sy pryse is baie billik. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 May 2019 @ 06:20:04 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13322
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Baie dankie ek waardeer die info.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required