English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 641
Total Replies: 220 769
Total Views: 81 962 600
topics: 10 552
replies: 120 150
views: 38 679 228
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Hoe tree mens op teenoor "varke"?

replies: 56
views: 1153
page 1 of 2
19 May 2019 @ 15:23:30 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 12333
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Met n onlangse besoek aan n oord, loop n ou man (as ek moet skat 70+) voor my in by die gemeenskaplike badkamer met n porta potti in die hande. Ek dog toe al wat maak hy, want daar is porta potti geriewe net buite die ablusies. Ek gebruik die urinaal en hoor hoe maak hy sy porta potti leeg in die toilet. Hy is al voor my weer daar uit ook. Toe ek na die toilet kyk, is alles sopnat gegooi....die natigheid drup behoortlik van die toilet brilraam af en vloer goed nat. Ek dog toe hy gaan seker nou weer terugkom om skoon te maak....maar nee, hy los dit toe net so.....gaan sit toe weer op sy agter ent by sy wa. Vir my was dit n onverwagte situasie....ek was kwaad....het toe nie eintlik geweet hoe om dit te hanteer nie. Ek het daarteen besluit om hom aan te vat, want woordewisseling sou nie aangenaam gewees het nie en ek was nie lus vir n faait oor n naweek waar jy eintlik wil rus nie. Die skoonmakers van oord het later skoon kom maak(nie op sy bevel nie). Ek het die res van die naweek maar toe n ander ablusie blok gebruik verder aan....want net omdat ek geweet het hoe daai toilet gelyk het, het my gewalg. 

Wat sal julle voorstel moet mens doen in so n geval? Ek was onkant gevang....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2019 @ 16:53:17 pm
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 759
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

Geert, jy is ‘n beter man as ek. Ek sou hom aangevat  het (te sy hy vrek groot was ! 😁) As hy goed ge-embarrasseer is sal hy dit nie gou weer doen nie.

Dit is terleurstellend hoeveel  mense geen respek  vir hul medekampeerders het nie - los ablusies soos ‘n varkhok ( “hulle” moet kom skoonmaak), laat gryswater enige plek uitloop ens ens.

Gelukkig is hulle by verre in die minderheid.

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2019 @ 17:25:57 pm
DK
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1623
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 17 years

Ek skud maar net my kop vir sulke tipe mense, ongeag die ouderdom.

Met ons kamp by Weesgerus het ons bykans dieselfde geval gehad, maar dit was ń kwessie dat mense die toilet bruin spuitverf en net so laat.

Tog staan die toilet borsel so, sodat dit nie mis gekyk kan word nie.

Ek praat dan nie eers van die badkamer vloer nadat die klomp gebad of gestort het nie.

As jy so kan optree by ń oord, wil ek nie juis sien hoe skoon hulle by hulle huise is nie.

Sulke tipes ignoreer ek en meng my nie met semels nie.

PERMANENTLY OFF-LINE DUE TO A LACK OF INTEREST.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2019 @ 19:36:04 pm
Louw
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 72
Joined: 25 Apr 2017
Experience: 27 years

Nou raak julle n topic aan wat n mens se hele kamp op neuk en die ergste is dat daar vrouens is wat nog erger is as die mans. As n mens so mors by n oord hoe lyk dit by hulle huise. En dan verwag hulle dat die skoonmakers agter hulle moet kom skoon maak. N mens noem julle varke maar n vark rol in modder om sy vel te beskerm teen die son wat sal so n mens VARK se verskoning dan wees?

GROOT IS ONS GOD!!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2019 @ 19:49:40 pm
DK
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1623
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 17 years

Nou raak julle n topic aan wat n mens se hele kamp op neuk en die ergste is dat daar vrouens is wat nog erger is as die mans. As n mens so mors by n oord hoe lyk dit by hulle huise. En dan verwag hulle dat die skoonmakers agter hulle moet kom skoon maak. N mens noem julle varke maar n vark rol in modder om sy vel te beskerm teen die son wat sal so n mens VARK se verskoning dan wees?

?????

PERMANENTLY OFF-LINE DUE TO A LACK OF INTEREST.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2019 @ 20:32:45 pm
Bak oor
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1223
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Geert, ek sal nie kan optree. Ek is iemand wat uit daarie ablusie moet vlug want ek snap eers later en as ek dan ontplof dan is ek die vark in die verhaal. 

Soort gelyke ding by ons ATKV Desember kamp. Swem in die warm onderdak swembad kom daar twee ou mense in die swembad klim. Die vrou gaan sit op die randjie van die swembad trek haar kostuum weg en pee net daar in die swembad tussen ons almal. Ek het twee keuses gehad. Klim uit die swembad en gaan na die koue water swembad. Of veroorsaak n reuse rasse onderonsie wat lelike implikasies sou veroorsaak. Ek het weg gestap en gemompel. So iets laat my self ondersoek doen tot vandag. Wat het van my manlikheid geword. In my jonger dae sou ek nooit so iets geduld het. Ek smyt hul aan hulle nekke uit. Maar vandag het dinge verander en as dit by enige ander rasse groep kom moet jy stil bly en weg kyk.

Rom 8 - 1&2
Daar is nou geen ververoordeling vir die wat in Christus jesus is
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2019 @ 20:52:17 pm
Louw
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 72
Joined: 25 Apr 2017
Experience: 27 years

Sorry vir die spel fout ek bedoel hulle nie julle nie. Jammer.

GROOT IS ONS GOD!!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2019 @ 21:20:58 pm
DK
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1623
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 17 years

Sorry vir die spel fout ek bedoel hulle nie julle nie. Jammer.

laughinglaughingDit

Lees beter.

Bykans lees ons mekaar verby.

PERMANENTLY OFF-LINE DUE TO A LACK OF INTEREST.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2019 @ 21:26:38 pm
Louw
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 72
Joined: 25 Apr 2017
Experience: 27 years

Dit was nie my bedoeling om iemand te na te kom nie was net n spel fout, hoop julle verstaan.

GROOT IS ONS GOD!!!!
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 05:59:39 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12711
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ongelukkig sal ek dit nie net so kan los nie.  Hy sou ten minste van my gehoor het.  Dan sou die oord se bestuur ook geweet het dit was hy.

Jy sien met my wa weet die mense ek het so chemiese toilet en is dit moontlik dat hulle my onder sy onbedagsaamheid kan klas.  Want 'n kamper sonder 'n Porta Potti kyk dadelik in die groter karavane se rigting as hulle op so iets af kom.

Grooter ou of nie ek sou hom lip gegee het.  Ek kan darem nog so effe hardloop............laughing

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 07:19:02 am
Bushbaby
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 152
Joined: 21 Jun 2017
Experience: 34 years

Had a similar experience at Satara ,a ederly man about 60,cleaning his porti pottie in the bath with soap etc.I took him on only to be told "dit het niks met my uit te waai nie dit is sy besigheid wat hy doen" So did I acheive anything by remonstrating <i dont think so .Reporting him ?? would be a wast of time .I have seen some disguisting sites when it come to toilets at the Kruger Park. The attitude is I am leaving tomorrow it someone elses problem

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 07:21:32 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12711
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Had a similar experience at Satara ,a ederly man about 60,cleaning his porti pottie in the bath with soap etc.I took him on only to be told "dit het niks met my uit te waai nie dit is sy besigheid wat hy doen" So did I acheive anything by remonstrating <i dont think so .Reporting him ?? would be a wast of time .I have seen some disguisting sites when it come to toilets at the Kruger Park. The attitude is I am leaving tomorrow it someone elses problem

Flip I will take a photo of the man and post it on facebook.

Hy moet flippen by kom man mens doen nie so iets nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 10:33:54 am
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1220
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Dink almal van ons het al sulke ervarings gehad...ekke sal liewers my se bek hou want as ek moet afgaan oor hoe mense hulle porta pottis skoonmaak en hulle gryswater net eenvoudig op die kamp plek laat uitloop hou ek nie op raas nie :)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 10:35:48 am
Weskus klong
Bronze Member
70% Profile Strength
Posts: 22
Joined: 10 Nov 2016
Experience: 35 years

Hulle doen dit nie by hulle huise nie want daar moet hulle self skoon maak

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 11:30:00 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12711
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Hulle doen dit nie by hulle huise nie want daar moet hulle self skoon maak

Of sy Vrou sal hom 'n "Vet Oor" gee........................  Whatt....A! ! ! ! !

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 11:54:16 am
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 494
Joined: 04 May 2016
Experience: 32 years

As ek 'n sê gehad het in die kampbedryf, sou ek 'n wet gemaak het wat Porta Potti's verbied het.

Leon ek verstaan hoekom jy die omie sou aan gevat het. Het met 'n kamp 'n ou gesien met 'n Elegance wat sy cassette sommer in die veld gaan leeg maak het en 2 persone met Sensations wat hul gryswater op die staanplek laat uitloop het.

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 12:14:30 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12711
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

As ek 'n sê gehad het in die kampbedryf, sou ek 'n wet gemaak het wat Porta Potti's verbied het.

Leon ek verstaan hoekom jy die omie sou aan gevat het. Het met 'n kamp 'n ou gesien met 'n Elegance wat sy cassette sommer in die veld gaan leeg maak het en 2 persone met Sensations wat hul gryswater op die staanplek laat uitloop het.

Ja dit is duidelik nie waarmee jy kamp wat jou gesindheid bepaal nie maar jou opvoeding.

Ek vat dit so. Die feit dat ek my misnoë uitspreek gaan dalk maak dat die ou volgende keer twee keer sal dink.  Weereens hang dit af van sy manier van groot word.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 13:48:55 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2067
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ek kan nie dink dat sulke varke gereelde kampeerders kan wees nie. Selfs 'n idioot sal besef dat as hy die ablusies bemors, gaan hy self dit weer moet gebruik. Ons het eenmaal die ondervinding by Punda Maria gehad waar 'n vrou haar man se onderbroeke in die kombuis opwasbak gewas het terwyl daar 'n wasgoedplek was.  Ek het haar aangespreek en by administrasien gaan kla. Admin het hulle aangespreek en hulle het kort daarna vertrek.  Ek weet nie of hulle opdrag gegee is om te verkas en of hulle dalk skaam gekry het nie. Die "dame" het ook haar skottelgoed in 'n badjie by die karavaan gewas en die vuil water net eenvoudig op die grond uitgegooi.  Sy wou natuurlik nie dit gaan was in 'n wasbak waar onderbroeke in gewas is nie!

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 14:48:28 pm
Zack
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 132
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 32 years

My boorgat het in Desemeber begin wind sluk.   Na 'n week se gesukkel was die water op.   Ek was genoodsaak om vinnig 'n plan te maak om my tuin te red teen die Vrystaat se hitte.   Waterbesparing was op almal se lippe met die waterbeperkings.  Ek het begin om my stort en bad water te gebruik om my gras en plante te probeer red.  As die skottelgoed water nie te olierig of vuil was nie het ek dit ook gebruik.   Genadiglik het ek alles aan die groei gehou totdat die goeie reen gekom het.   Die boorgat werk weer maar my pype van die stort en bad word nog steeds nie vermors nie.  Daar is geen vliee en goggas nie en my tuin lyk pragtig met die grys water.

Ek is trots hierop want as ek my grys water vermors het was my tuin daarmee heen.  Ek sien nou na alles niks fout daarmee as ek my gryswater gebruik om my tuin in stand te hou nie, selfs kampterreine.  Ek sal ook nie my kamp buurman aanspreek as hy sy grys water gebruik om plante te versorg nie.  Ek soek ook nie 'n meeningsverskil of baklei as ek kamp en iemand kom spreek my aan oor grys water nie. 

Water is Suid-Afrika se grootste probleem en ek byt op my lippe as ek sien iemand mors water, selfs grys water. 

Oor die porta potties en amblusies stem ek saam---los dit in 'n beter toestand as wat jy dit gekry het.    Alles gaan oor respek en opvoeding.   Ek sal die persoon (70 jaar +) vriendelik gaan wys het hoe werk die buite porta pottie huis want miskien het hy nie geweet nie.  

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 15:17:49 pm
Errol
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 311
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 32 years

Hulle doen dit nie by hulle huise nie want daar moet hulle self skoon maak

Of hulle is gewoond daaraan dat die diensvrou agter hulle skoon maak. 

December 2014 Camp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 15:41:02 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1220
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Of hulle is gewoond daaraan dat die diensvrou agter hulle skoon maak. 

Zack, ek is egter seker jy staan nie en kamp bo-op die plekke waar jou gryswater uitloop nie? Jy moet asb bietjie kyk wat by party kampers as gryswater deurgaan...het dit al voorheen ook genoem, ek willie op 'n ander ou se toonjam of holjam wat so uit sy wa se stort oppie staanplek uitloop kamp nie....beweer nie dis wat jy doen nie maar iewers moet mens 'n streep trek. Sien daar is ek alweer aan die raas :)

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 15:48:46 pm
Zack
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 132
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 32 years

Stem saam Hurricane.   Mens kamp mos so dat jy en jou buurman oor die weg kom.  As iets jou buurman pla en jy weet dit dan doen jy dit mos nie en stop dit.

Jy raas nie moet nie warry nie.  'n Ou stel maar sy kant en ander moet dit respekteer.   Wat my tone laat kwiewel is dat mense wegkyk of eerder weghardloop as hulle iets verkeerd gedoen het.  Gebruik eerder die kans om dinge reg te maak. 

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 16:57:59 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1220
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Jammer Errol, het gedink ek het gekliek op "Quote" op Zack se plasing toe kliek ek op joune:) Voor jy verward raak hoekom ek jou nou "quote" :)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 17:35:05 pm
Errol
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 311
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 32 years

In die haak Hurricane. na al die akkies kan iets verkeerd gaan laughing

December 2014 Camp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 18:23:56 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1220
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

As ek 'n sê gehad het in die kampbedryf, sou ek 'n wet gemaak het wat Porta Potti's verbied het.

Leon ek verstaan hoekom jy die omie sou aan gevat het. Het met 'n kamp 'n ou gesien met 'n Elegance wat sy cassette sommer in die veld gaan leeg maak het en 2 persone met Sensations wat hul gryswater op die staanplek laat uitloop het.

Nee Chris, jy kan nie 'n PP wil staan en verbied nie, ons gebruik darem net ons s'n vir #1, as jy die ding verbied sal ek en SWAMBO maar jou staanplek moet gebruik, jy weet mos die ablusies is in die nag verder weg as in die dag en ons sal dit dalk nie dan betyds maak nie :) Darem moet ek byvoeg ons gebruik die ding net innie nag, innie dag is dit ablusie toe en daai tenk word ook net op die regte manier op die plekke daarvoor bedoel leeg gemaak en skoon gemaak, en dis al graag 'n joppie waarvan ek niks hou nie. Sal my doodgril as mens die ding in 'n bad moet begin was....:(

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 18:59:20 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4762
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ekt mos die geval gehad waar ou sy blaas langs my tent kom leegmaak het, ek het maar opgestaan en hom vertel en hyt geskrik. Sy gesin het baie sleg gevoel die volgende dag en hyt groot verskoning kom vra. 

Ek dink mens moet maar wel as mens kan so persoon aanspreek, dalk kan so ou gedraai word in sy maniere?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 19:15:18 pm
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1932
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Sou seker hardop geskimp het terwyl die man besig was. Die optrede is maar net van 'n sekere tiepe mens. Glo nie op sy ouderdom gaan jy hom verander nie.

Met ons toer het ons slegs pensioenarisse in die kampe gekry en seker 90% gebruik porta potties. Nie eenkeer het ons enige probleem gehad nie. Een kamp het slegs 25 staanplekke en was daar ongeveer 15 waens. Almal het of vroeg oggend of laataand gaan leegmaak. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 19:42:00 pm
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 494
Joined: 04 May 2016
Experience: 32 years

Jorg, belê eerder daardie geld wat jy op 'n PP  en sy onderhoud in 'n goeie uroloog.....medies betaal buitendien daarvoor en dan is dit nie nodig om 'n nagwandelaar te wees nie.☺ 

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 20:34:06 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1780
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

By ons is die PP n noodsaaklikheid. Susan het n erge blaasprobleem en as sy nie die PP het nie sal ons moet ophou kamp. Hy is vir ons soos ander se aircon en stort en geyser. Hy word net snags gebruik en op n sindelikke wyse leeg en skoongemaak. Ons moet waak daarteen om enkele uitsonderings te veralgemeen. Ons is almal mense en net soos in die samelewing sal ons in die kampgemeenskappe ook afwykings kry. Daarmee sal ons maar moet deel soos ons daagliks ook maar met n opvoedingstaak besig is. Daar is ongelukkig geen perfekte groeperinge nie.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 May 2019 @ 06:32:44 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12711
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

By ons is die PP n noodsaaklikheid. Susan het n erge blaasprobleem en as sy nie die PP het nie sal ons moet ophou kamp. Hy is vir ons soos ander se aircon en stort en geyser. Hy word net snags gebruik en op n sindelikke wyse leeg en skoongemaak. Ons moet waak daarteen om enkele uitsonderings te veralgemeen. Ons is almal mense en net soos in die samelewing sal ons in die kampgemeenskappe ook afwykings kry. Daarmee sal ons maar moet deel soos ons daagliks ook maar met n opvoedingstaak besig is. Daar is ongelukkig geen perfekte groeperinge nie.

Groot en ware woorde Piet.  Dis nie te sê dat een ou nie weet hoe om op te tree dat almal dit so doen nie.

Ek self ook maak die PP op 'n "sindelike" wyse leeg.  Ek self laat nie die stort water net op die staanplek uit loop nie maar ek vang dit wel op en gooi dit uit op stof paaie of plante in die omgewing want die bosveld (meeste plekke waar ons kamp) is maar droog en ek glo elke bietjie water help enige plant.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 May 2019 @ 07:12:33 am
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1144
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 40 years

Klip in die bos. Indien die draad oor staanplek pryse bygelees word. Is dit nie dalk jou vark se uitgangs punt nie. "Ek betaal genoeg, hulle kan maar skoon maak" Selfs ander persone wat nie skoonmaak waar hulle gemors het nie.Dit is nie die algemene tendens nie maar soos alles in die lewe is daar die uitsonderings 

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 May 2019 @ 08:44:46 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2067
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Die idee om porta potties te verbied is om dit nou liggies te stel, kom ons sê maar  "nie goed oorweeg nie" en baie selfsugtig.  Omdat jonger mense dit dalk nie nodig het nie, is dit geen rede om mense wat dit wel nodig het, te na te kom nie. Dis in elkgeval gelukkig 'n idee wat nooit uitgevoer sal word nie. Een onopgevoede vark wangedra hom maar dit is geen rede om te wil optree teen 99.99% beskaafde mense nie.  Ek sou eerder betoog dat elke kamp 'n porta pottie leegmaakpunt het.  Ek was ook al verplig om in 'n toilet leeg te maak waar daar nie so 'n punt was nie, en ek kan eerlik sê dat daar geen gemors was nie. Jy kan mos versigtig wees en dis nie moeilik om reg te mik met die PP nie.  Ek sou sê dit sou goed wees om met die persoon te praat as jy kans sien, maar konfrontasies is onaangenaam, so almal sal nie daarvoor kans sien nie.  Maar ten minste behoort mens dit onder die kampbestuur se aandag te bring.  Hulle behoort die persoon aan te spreek.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 May 2019 @ 21:39:46 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 7064
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

My boorgat het in Desemeber begin wind sluk.   Na 'n week se gesukkel was die water op.   Ek was genoodsaak om vinnig 'n plan te maak om my tuin te red teen die Vrystaat se hitte.   Waterbesparing was op almal se lippe met die waterbeperkings.  Ek het begin om my stort en bad water te gebruik om my gras en plante te probeer red.  As die skottelgoed water nie te olierig of vuil was nie het ek dit ook gebruik.   Genadiglik het ek alles aan die groei gehou totdat die goeie reen gekom het.   Die boorgat werk weer maar my pype van die stort en bad word nog steeds nie vermors nie.  Daar is geen vliee en goggas nie en my tuin lyk pragtig met die grys water.

Ek is trots hierop want as ek my grys water vermors het was my tuin daarmee heen.  Ek sien nou na alles niks fout daarmee as ek my gryswater gebruik om my tuin in stand te hou nie, selfs kampterreine.  Ek sal ook nie my kamp buurman aanspreek as hy sy grys water gebruik om plante te versorg nie.  Ek soek ook nie 'n meeningsverskil of baklei as ek kamp en iemand kom spreek my aan oor grys water nie. 

Water is Suid-Afrika se grootste probleem en ek byt op my lippe as ek sien iemand mors water, selfs grys water. 

Oor die porta potties en amblusies stem ek saam---los dit in 'n beter toestand as wat jy dit gekry het.    Alles gaan oor respek en opvoeding.   Ek sal die persoon (70 jaar +) vriendelik gaan wys het hoe werk die buite porta pottie huis want miskien het hy nie geweet nie.  

Gooi ook my grys water hier by die huis op die gras en plante. 

Geen reuke of enige muskiete nie. 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 May 2019 @ 06:54:32 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12711
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ons was mos die laaste kamp by ATKV Eiland gewees.

Paar van die lang kampeerders lei net die grys water met 'n kreepy krawly pyp tot by die naaste boom of plante.  Ander laat dit net so uitloop daar waar die wa staan.  Die wereld is so droog en warm dat die grond weer binne 'n kort rukkie droog is.  Een ou met 'n Exclusive het sommer 'n gat in die grond gegrawe en sy grys water loop direk daar in.

Ek dink ek was die enigste een wat die grys water opgevang het in 'n skottel en dit by plante en bome weer gaan uitgooi het.  Dis nie moeite nie dis maar vir my deel van die kamp lewe wat kom saam met die stort in die wa.

So het ek in een oord 4 variasies gesien van hoe die grys water hanteer word.  En by gesê geen een van die metodes het enige iemand anders gepla nie.  Seker maar omdat die omgewing so droog is.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 May 2019 @ 13:44:13 pm
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1288
Joined: 04 Aug 2017

.......en daar is weer 'n nat gat in die grond waarin die volgende kamper se jocky wiel kan inval, met die nodige skade.

Porta pot op sy plek skoonmaak en gryswater opvang en op sy plek gaan uitgooi.

As jy nou by Eiland jou gryswater teen die bome uitgooi, help jy gladnie die bome nie. Al daardie bome is droeë klimaat bome en gaan eerder van al die water en seep vrek.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
22 May 2019 @ 14:00:13 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12711
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek hoor wat jy sê.  Ek is nou nie 'n plant kundige nie maar weet darem dat die water met bietjie seep in op enige plekkie verligting sal bring.

Die bome om van die meer permanente kampeerders daar in die eiland is lower groen. Ja van hulle gebruik seker ook water uit die hosepipe maar die water maak 'n groot verskil teenoor die plante wat niks kry nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 May 2019 @ 14:09:52 pm
Zack
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 132
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 32 years

Ek en ek glo almal verstaan dat 'n porta pottie skoongemaak word by 'n plek wat uitgewys word deur die kampeerplek self.  Of dit nou 'n buite porta skoonmaakplek of 'n toilet wat selgs vir porta skoonmaak gealukeer is.

Nou 'n vraag van my kant.  

Wie het besluit dat gryswater vermors en weggegooi moet word in water afvoere?  Is dit die kampeerplek eienaars of is dit mede kampers wat die besluit namens ander kampers probeer maak en afdwing?

Grys water weggooi is geld weggooi.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 May 2019 @ 14:44:23 pm
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 494
Joined: 04 May 2016
Experience: 32 years

Ek vra ook maar net......hoekom maak munisipale regulasies dan nie voorsiening dat slegs rioolwater in afvoerpype na verwerkingsaanlegte toegelaat word nie

Daar is en was seker nog al die jare slimmer mense wat bepaal het wat die uitwerking van gryswater in woongebiede het en daarom word dit herlei na aanlegte toe. 

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 May 2019 @ 15:36:40 pm
Zack
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 132
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 32 years

Baie goeie vraag Chris.  Ek sal graag ook ander opinies wil hoor.

Ek kan net dink dis baie jare terug dat munisipale en bou regulasies vasgemaak is.  Almal het by die reels en bou inspekteur se reels gehou.   As kind kan ek nog onthou hoe my ouers hulle tuine en vrugteboorde natgemaak het vir ure op 'n slag.   Daar is met water gewerk asof dit nooit sou opraak nie. Met die jare het water duurder en skaarser geword wat die gewone man op straat twee keer laat dink het om water te mors.   Deesdae is 'n sterk boorgat goud werd.  Ek dink die bestaande Munisipale regulasies moet weer aangepas word om in pas te kom met aardverwarming en klimaat skuiwes.   Al wat aan die munisipale kant verander is die koste van water wat jaarliks verhoog. 

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 12:06:59 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12711
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek dink dis 'n persoonlike ding en dubbel standaarde van die samelewing.  Want niemand moan groan as Jan Rap spog met hulle water pompies en pyp leidings waar hulle die bad, wasgoed, stort water in hulle tuin uitspuit nie.

Mense gaan so vêr om dit op sosiale media te bevorder veral as die damme se watervlakke laag daal.  Nou wat nou ................... damme vol mag ek nie plante met dit nat maak nie.................... damme leeg nou mag ek.

Ek dwing nie my persoonlike siening oor dit op ander af nie  jy kan maak wat jy wil met jou grys water.   'n  Groot meederheid daar buite het nie 'n probleem om dit op die plante en bome te gooi nie want hulle doen dit by die huis, nou hoekom nie maar by die kamp plek ook nie.  Hartbees hoek, Dube, Dikololo, Klein kariba, Atlanta, Bush'n Buck, Thaba Marula is bv almal oorde wat die water maar skaars is en sal nie huiwer dat die plante maar die bietjie water ook kry nie.

Ek sê weer wat ek op ander drade gesê het. Die Grys water wat ek op die plante en bome in die bosveld uitgooi help die omgewing meer as die prinsiep van vermorsing deur dit in 'n drein af te gooi.

Wat ek wel van nou af sal doen is om met aankoms by oordbestuur te bevestig dat ek dit doen en of dit reg is met hulle.

EK is dit eens met almal en stem saam dat dit regtig ongeskik is om dit net daar op die staanplek te laat uitloop want die volgende kampeerder gaan met 'n moderasie sit.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 15:36:38 pm
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1288
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Wie op die forum is , of ken, 'n plantkundige wie vir ons professionele leiding oor die onderwerp te kan gee rakende die effek van gryswater op plante, met inagneming van streekgebondenheid van plantspesies. Soos bv die mopani bome wat oorheersend is in die noordelike droeër bosveld teenoor 'n knoppiesdoring wat weier verspreid is.

Sal interessant wees.

My kinders is voormalige natuurbewaarders en ondersteun my opinie van te veel water op 'n droeë area spesie.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 17:19:48 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4762
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Dit gaan soms maar net gepaard met wat in daai grys water is.. Soms mors mense met stukke kos en die reuk wat dan pla, of aantal miere en goggas en vliee ens. 

Moeilik...

Ek sal bv maklik die badwater op die gras uitgooi maar nie die skottelgoed water noodwendig nie?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 18:12:13 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1220
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Daar is al heelwat studies gedoen oor die gesondheidseffek op mense. Skrikwekkend wat alles in tipiese gryswater voorkom. Soek gerus vir bv die volgende artikel wat lab resultate wys: 

https://www.mdpi.com/2073-4441/10/4/413

Let egter daarop dat dit nie gaan oor gryswater erens by 'n boom of 'n plant gooi nie maar oor dit wat op 'n grasperk of staanplek uitloop waarna mense daarop slaap of kinders daar speel. En as jy terug is by die huis begin jy dalk wonder waar Jannie of Sannie of dalk jyself dan nou die "virus" opgedoen het....dis dalk by oom Koos wat te luigat was om sy gryswater behoorlik van ontslae te raak. Ek aanvaar as 'n reel dat daai ou se gryswater besoedel is met sy toon en gat jam!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 20:52:22 pm

Jorg

Dankie vir die internet "ruitverwysing"

Ek het die uitgebreide teks gelees en vind dit absoluut insiggewend.

Ons moet dalk hierdie studie se gevolgtrekkings vir alle oord en kamp bestuur stuur voor Leon daar aankom om te vra oor gryswater hantering. (Tong innie kies Leon!)

Vir die wat nie gaan lees nie, die antwoord is NEE vir die stort van onbehandelde gryswater. Daar kom ernstige goggas voor wat jou baie siek kan maak. Die ergste konsentrasie kom in kombuis gryswater voor!

Toon en boud jam kom tweede.

Hierdie studie is baie omvattend en is gedoen as deel van 'n MSc verhandeling maar ook met die oog op die geskiktheid van gryswater vir gebruik in droeë dele.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 21:19:50 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1220
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Bly jy het dit gelees Pottie, meeste mense skrik hulle dood as hulle iets sien wat lyk na wetenskap en moeilike somme maak!

Ek sien elke jaar by een van die kusoorde waar ons altyd vir 'n ruk staan een ou wat doodgelukkig sy kombuiswater asook sy stortwater (hele familie s'n) op die staanplek laat uitloop wat uiters onaangenaam is maar niemand wil iets doen nie agv die vrees vir konflik, dalk moet ek die artikel so saggies die jaar by die ou se wa los as hy nie daar is nie... :)

Die artikel is slegs een van vele,  almal kom tot die gevolgtrekking dat gryswater alles behalwe "skoon" is en behandel moet word voor gebruik. Bygese, deur dit in die drein te laat afloop is nie mors nie, daai drein se water kom uiteindelik by 'n afval water behandelings aanleg uit waar dit skoongemaak word; in party gevalle selfs so skoon dat dit terug in die netwerk gepomp word as "potable" oftewel drinkwater! (praat liewers nie oor die mense wat party aanlegte nie behoorlik kan en wil onderhou nie met die gevolg dat bv die Vaalrivier nou is wat dit is...)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 May 2019 @ 07:22:03 am
Bommies
New Member
81% Profile Strength
Posts: 3
Joined: 25 Feb 2019
Experience: 38 years

Ek stem saam met Leon ivm die grys water, doen dit al vir jare hier by my huis ook.

Mens moet ook nie jou kinders soos godjies in 'n higiniese bubble groot maak nie, dan gaan hulle geen weerstand opbou in die lewe nie.

Die lewe is 'n lied, die natuur voorsien die musiek.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 May 2019 @ 09:59:28 am
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1288
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Ek stem saam met Leon ivm die grys water, doen dit al vir jare hier by my huis ook.

Mens moet ook nie jou kinders soos godjies in 'n higiniese bubble groot maak nie, dan gaan hulle geen weerstand opbou in die lewe nie.

Dis verseker Johann.

Maar jy gaan ook nie 'n gelaaide pistool vir jou kind gee om mee te speel nie.

Salmonella en streptococci is goed wat jou baie siek en soms kan doodmaak

Nie goed om mee te speel nie.

As jy die artikel lees, sal jy sien wat se toleransie is ingebou as aanvaarbare blootstelling. Dus is die studie nie gemik op geen kontak nie, maar op oormatige blootstelling aan die organismes. En dit kom voor in kombuis en ligter gryswater.

Een voordeel is dat uv strale die bakterïee vernietig. So gryswater op gras waar die son dit kan bykom sal minder toksies wees.

Die wetenskaplike studie wys steeds dat onbehandelde gryswater nie gebruik moet word nie.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 May 2019 @ 10:14:00 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5498
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Hey.

Oom Koos was ekke. 

Nou verstaan julle hoekom ek my naam verander het na Oom Jeep.

Hehehehehe

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 May 2019 @ 11:33:28 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5498
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Met n onlangse besoek aan n oord, loop n ou man (as ek moet skat 70+) voor my in by die gemeenskaplike badkamer met n porta potti in die hande. Ek dog toe al wat maak hy, want daar is porta potti geriewe net buite die ablusies. Ek gebruik die urinaal en hoor hoe maak hy sy porta potti leeg in die toilet. Hy is al voor my weer daar uit ook. Toe ek na die toilet kyk, is alles sopnat gegooi....die natigheid drup behoortlik van die toilet brilraam af en vloer goed nat. Ek dog toe hy gaan seker nou weer terugkom om skoon te maak....maar nee, hy los dit toe net so.....gaan sit toe weer op sy agter ent by sy wa. Vir my was dit n onverwagte situasie....ek was kwaad....het toe nie eintlik geweet hoe om dit te hanteer nie. Ek het daarteen besluit om hom aan te vat, want woordewisseling sou nie aangenaam gewees het nie en ek was nie lus vir n faait oor n naweek waar jy eintlik wil rus nie. Die skoonmakers van oord het later skoon kom maak(nie op sy bevel nie). Ek het die res van die naweek maar toe n ander ablusie blok gebruik verder aan....want net omdat ek geweet het hoe daai toilet gelyk het, het my gewalg. 

Wat sal julle voorstel moet mens doen in so n geval? Ek was onkant gevang....

My persoonlike mening.

Eks ook n 70 jarige. Nader aan tagtig.

Maar meeste kommentare hier laat my dink, ons gesels net saam. 

Die probleem is nie werklik so erg as wat almal dink nie.

Myself het nie n PP in my waentjie nie. so gebruik ek maar n omo wasgoed bottel vir my naglikse (no.1) behoeftes en gooi die bottel elke more uit in n toilet want dis mos waar ek dit buitendien sou gedoen het. Ek mors nie die helfte op die vloer nie. En sou ek dit daar doer in die bosse uirgooi, so what. Alle diere doen hulle dinge in die bosse. 

Wat die gryswater aanbetref...  hoe erg is dit nou as mens dit wyd uitgooi uit jou wasskottel en verspreid op die grasse en bome. .

Om die toilet se briekmerke af te was ...  stem saam. Ek sal ma biki skaam kry as iemand sou oplet dat ekke die briekmerke net so los. Sien gereeld dat mense dit doen.

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 May 2019 @ 11:41:44 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5498
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Om terug te kom na die oorspronklike vraag.

Dink biki. As iemand jou " lelik"  aanspreek dan staan jy soos n bakkop slang gereed. Ek sou voorstel praat maar mooi met die oompie. Onthou jy gaan ook oud word. Of jy die ding soos die oompie gaan doen...  dis n ope vraag. Op die oomblik is jy nog nie daar nie, maar ek het geleer,  met tyd,  boemerang alles. Wat dan.

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 May 2019 @ 11:58:52 am
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 494
Joined: 04 May 2016
Experience: 32 years

Oom Jeep, diere drink net water en nie koffie, tee, koeldrank, J&B ens. nie. Dus bevat hulle urine nie al die toksiese stowwe en bakterie wat in menslike urine voorkom nie. Kan self die verskil ruik. 

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 2
View First