English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 634
Total Replies: 220 681
Total Views: 81 958 973
topics: 10 550
replies: 120 102
views: 38 677 673
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Ry met vol of leë yskas.

replies: 19
views: 391
18 May 2019 @ 19:06:49 pm
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1930
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Met ons toer het ons baie dinge anders gedoen as gewoonlik. Ons het besluit om met so min as moontlik te toer sonder om iets werklik prys te gee. Soos byvoorbeeld om net die wa standaard te gebruik. Geen ekstra yskas, gasbottel, wasbak stander, slegs twee stoele, ysmasjien ens.

Kos het ons gekoop waar ons kom en soos gewoonlik goed oorgehou wat ons net so in die yskas gelos het. Gemiddeld het ons so tussen 5 en 6 ure geneem tussen oorde waar die yskas sonder krag was. Elke keer was die inhoud nog lekker koud. Dit weer was nooit warm wanneer ons gery het nie wat gehelp het. Hoekom dan 'n ekstra yskas saam piekel om wa yskas se goed in te pak tydens ons rytyd soos gewoond aan is.

Dit het my laat dink dat ons soveel eksta goed saamry wat nie nodig is nie en het nooit gevoel ons mis iets nie. 

As kinders saamkamp heeltemal ander storie. 

Wat doen ander mense - ry met vol yskas of maak julle leeg?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2019 @ 20:21:56 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 12318
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ons ry nooit met iets in die yskas rond nie.....as ons sleep is hy altyd dolleeg. 

As ons naweke kamp, pak ons al die kruideniersware in n cooler box en word dan agter op die bakkie vervoer.

Met ons lang vakansies vat ons absoluut niks kruideniersware saam nie. Ons bestemming op lang vakansies is altyd geleë naby n groot winkel soos Spar of dergliks. Ons slaan gewoonlik eers op en gaan doen dan inkopies. 

Met ander woorde ons yskas word nooit by die huis aangesit nie....word eers by die oord aangesit as ons opslaan 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2019 @ 20:31:53 pm
DK
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1621
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 17 years

Jan, deesdae met, Eksdom en lang kamp laai ons so veel moontlik in die karavaan yskas en bring bykans 75% weer terug huistoe.

Naweek kampe met die tent is dit slegs die tent vir slaap met 2x stretchers, gazebo met kant seile, 2x stoele, 1x tafel, cooler box met die nodige voorraad beplan en dit is al.

Daaglikse klere en skeer sakkie ens.. word uiteengesit in die kar se kattebak.

Jy kamp mos, hoekom luuks wees??

PERMANENTLY OFF-LINE DUE TO A LACK OF INTEREST.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2019 @ 22:17:01 pm
Bak oor
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1201
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Jan as ons gaan kamp sit ek my yskas al twee dae voordie tyd aan na ek hom skoon gemaak het. Dag voor die tyd pak ek hom vol en maak seker alles is vas binne sodat dit nie binne rondval as ek ry. Ek druk n paar vadoeke tussen die bottels en goed sodat styf staan en nie beweeg. Nog nooit het dit afgeloop en soms was dit al twaalf ure voor ek yskas weer in plug.

Rom 8 - 1&2
Daar is nou geen ververoordeling vir die wat in Christus jesus is
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2019 @ 08:30:48 am
BrianB
Neptune Member
74% Profile Strength
Posts: 3897
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 40 years

Ons yskas is klaar gepak as ons ry. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2019 @ 08:52:04 am
Otot
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 35
Joined: 24 Jan 2017
Experience: 44 years

Ek maak maar soos Bakoor met die verskil dat alles in die huis se yskas saamry, maw die yskas by die huis is leeg. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2019 @ 10:28:21 am
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1051
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 6 years

Ons yskas word komende week aangesit vir die reis na KNP op 2 Junie.   Die yskas  word gepak met die vries- en kouegoed.  Ons het 4 mandjies gekoop by een van die plastiek winkels wat twee op 'n rak langs mekaar inpas waarin die rakgoed kom.  Daar is niks wat dan rondrol of dreig om uit te val nie. Yskas se deure sluit en dan is als reg vir die langpad. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2019 @ 11:44:36 am
mulderpm
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 644
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 24 years

Jan, ons sit die yskas so dag voor die tyd aan en pak hom met all die ligte goed (botter, kaas, brood, slaai ingridiente ens.) met niks in die deur nie. Swaarder goed (melk, coke, bier ens.) sit ons in die 12V yskas in die sleep voerdtuig. Waneer ons by besteming aankom skuif ons die swaarder goed woonwa yskas toe.

Meeste kruidenierswaare koop ons ook by besteming. Dit hang tog af want in KNP vat ons so veel moontelik saam want die Park Shops is vrek duur. Ek vat nooit vars eiers saam nie behalwe as hulle in n' was bak saamry. Groot skade gehaad. Eyer wit is soos gom as dit droog word.

Lekker kamp!

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2019 @ 12:18:56 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 7064
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Sit die yskas so twee dae voor die tyd aan.

Dit wat by die huis in die yskas is gaan saam, veral my braai vleis.

Indien iets benodig word sal dit plaaslik gekoop word voor ons by Kamp plek is, of na ons opgeslaan het dit gaan kry. 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2019 @ 14:48:32 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1601
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Ons karavaanyskas is net 220v. Ek sit dus die vleis wat ons wil saamneem in Snomaster wat agter in motor op battery werk. Gebruik hom tydens langkampe as vrieskas. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 06:25:13 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12696
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ons stel gewoonlik 'n menu op vir die kamp. Of dit nou 'n kort naweek of drie weke lange kamp is.

Ons koop die goed soos benodig en pak dit in die karavaan en yskas.  Ons gebruik maar die verskeie yskas kruideniers om dit in die yskas vas te pak.  Hou by voorbeeld die eiers in die karton houer sal eers uithaal by oord.

Ek pak en gebruik my yskas soos by die huis. Vat net die kamp yskassie saam met lang kamp en plaas dan die algemene gebruiks items wat koel moet bly in die tent daar in.  So hoef jy nie elke slag in die wa in te gaan as jy bv net melk nodig het vir 'n kofietjie nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 07:16:08 am
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1144
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 40 years

Jan, ons yskas is permanent aan. Maak hom skoon na terug kom vanaf n kamp en dan is hy weer aan. 

Ons pak ons yskas so dag voor ons ry. Wanneer ons ry word handdoeke gebruik om goed binne yskas vas te druk. (Die handoeke word slegs vir die doel gebruik.)

Ons het nog nooit probleme ondervind nie en alles is nog in gevriesde toestand met aankoms by kampplek, hetsy waar ons ookal kamp.

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 07:20:56 am
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1144
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 40 years

Ons het altyd die kamp yskas saam geneem om kinders te akkommodeer wanneer hulle saamkamp met tent. Het nou die yskas vir hulle gegee en dit is nou hul probleem om hom saam te ry. Woonwa yskas groot genoeg vir ons benodighede en kleinkinders se roomys en koeldrank. Gelukkig is ek ook nog n "kinders".

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 07:25:08 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12696
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Jan, ons yskas is permanent aan. Maak hom skoon na terug kom vanaf n kamp en dan is hy weer aan. 

Ons pak ons yskas so dag voor ons ry. Wanneer ons ry word handdoeke gebruik om goed binne yskas vas te druk. (Die handoeke word slegs vir die doel gebruik.)

Ons het nog nooit probleme ondervind nie en alles is nog in gevriesde toestand met aankoms by kampplek, hetsy waar ons ookal kamp.

Ek hou van die handoeke idee. Sal van daai kleintjies gaan koop.  Want die botteltjies en goed binne die yskas skuur maak die rakke en krap dit baie lelik.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 May 2019 @ 13:14:03 pm
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1285
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Ons het 220v yskas in die wa. Sit hom so 3 dae voor ons ry aan nadat hy skoongemaak is.

Ons pak net genoeg kosgoed om ons so 3-4 dae te hou. Die res koop ons by ons bestemming. Behalwe Kruger, soontoe vat ons als saam.

Ek het 'n inverter en 2x100a/h liquid crystal batterye in die wa. As ons ry, laai ek die batterye via my split sisteem in die mouter. Die yskas trek dan krag via die inverter en so kan ek weke lank ry.

Ons het 'n twee kompartement kampyskas/vrieskas (12/220v) wat saamgaan vir lank staan. Ek sit hom nie aan as ons ry nie, net as ons by ons bestemming is.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 May 2019 @ 13:25:26 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 12318
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ons het 220v yskas in die wa. Sit hom so 3 dae voor ons ry aan nadat hy skoongemaak is.

Ons pak net genoeg kosgoed om ons so 3-4 dae te hou. Die res koop ons by ons bestemming. Behalwe Kruger, soontoe vat ons als saam.

Ek het 'n inverter en 2x100a/h liquid crystal batterye in die wa. As ons ry, laai ek die batterye via my split sisteem in die mouter. Die yskas trek dan krag via die inverter en so kan ek weke lank ry.

Ons het 'n twee kompartement kampyskas/vrieskas (12/220v) wat saamgaan vir lank staan. Ek sit hom nie aan as ons ry nie, net as ons by ons bestemming is.

Jy is so naby KNP....as jy iets nodig het, kan jy gou by die huis gaan haal😃

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 May 2019 @ 13:36:58 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12696
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ons het 220v yskas in die wa. Sit hom so 3 dae voor ons ry aan nadat hy skoongemaak is.

Ons pak net genoeg kosgoed om ons so 3-4 dae te hou. Die res koop ons by ons bestemming. Behalwe Kruger, soontoe vat ons als saam.

Ek het 'n inverter en 2x100a/h liquid crystal batterye in die wa. As ons ry, laai ek die batterye via my split sisteem in die mouter. Die yskas trek dan krag via die inverter en so kan ek weke lank ry.

Ons het 'n twee kompartement kampyskas/vrieskas (12/220v) wat saamgaan vir lank staan. Ek sit hom nie aan as ons ry nie, net as ons by ons bestemming is.

Oom Proffie maak jy gebruik van Son panele om die batterye gelaai te hou wanneer julle nie ry nie.

Indien wel, hoe goed werk dit en hoe lyk jou opset?

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 May 2019 @ 14:57:44 pm
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1285
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Oom Proffie maak jy gebruik van Son panele om die batterye gelaai te hou wanneer julle nie ry nie.

Indien wel, hoe goed werk dit en hoe lyk jou opset?

Leon, ek nog nie 'n oom nie. Mik nog soontoe! In elk geval, dankie vir die kompliment.

Ek het nog nie behoorlik met die sonpanele gekamp nie. Teoreties behoort dit te hou as ek van dag 1 af bly laai. Sonder om te laai staan ons so 2 dae, dan moet ek die batterye "oppomp" met die Disco. Was tot nou toe nog nie lank genoeg tuis om die panele (draagbaar) te toets nie.

 

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 12:37:37 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12696
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek het twee 70 Watt opvoubare  sonpanele. Selfde as Flexo-power.  Saam is dit 140 Watt as son die dag saam speel.

As ek hulle kan gebruik om een groot battery aan die gang te hou, en al wat krag van die battery trek is 'n 40L Engel yskassie en LED ligte in die aand, dan is ek happy met dit.  

Dis vir kamp met die tent en 'n sleep wa.

Die Maia se doete kort maar nog so bietjie beplanning.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 21:45:21 pm
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1285
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Leon

My sisteem wys uitset van 150W. Dit is al 7 jaar oue 3paneel gekoppelde sisteem. 

So, ek aanvaar as ek van dag 1 af batterye laai behoort ek te kan byhou.

Maar ek moet nog toets, want ek weet nie hoeveel krag die 220v yskas gaan trek nie. Uiteraard gaan winter en somer kraggebruik verskil.

As ek reg onthou, het 'n elektriese inginieur vriend uitgewerk dat ek teoreties 28 uur yskastyd het. Het egter in Tsendeze gestaan en moes eers op dag 3 begin laai (met die motor se sisteem). Dit was oortrokke vir 3 dae en my panele het nie lekker getrek nie. Ek het ook panele eers op dag 3 opgestel, te laat natuurlik.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First