English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 136
Total Replies: 227 834
Total Views: 82 286 591
topics: 10 757
replies: 123 555
views: 38 811 137
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Nissan x Trail 2.5 petrol

replies: 21
views: 383
17 May 2019 @ 13:23:59 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6384
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Het van julle al gesleep met die kar 6 spooed ratkas??

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 May 2019 @ 14:10:01 pm
Anonymous

Myne is die 2.0 Dci met die 6-spoed ratkas en sleep my Swift asof ek 'n klein Ventertjie sleep.

Net vir die wus en onwus, hou ek maar eerder in 5de rat, maar daar is nog oor as genoeg spasie om 6de rat ook te gebruik.

Ek het op een geleentheid hom gebruik in 6de rat vir 'n toets lopie vir so 10 km en het baie lekker gesleep en die brandstof verbruik metertjie het ook baie mooi saam gespeel.

Ek dink net dit is veiliger om slegs tot by 5de rat te gaan. Daardie ekstra bietjie brandstof verbruik is tenminste goedkoper as 'n ratkas.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 May 2019 @ 16:35:03 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6384
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Ek stem sal ook in 5 de sleep dankie

 

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 May 2019 @ 20:59:56 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1648
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Manne ek verstaan regtig nie altyd die konsep jy moet in n sekere rat sleep. Ek dink jy raak een met jou ry ding. As jy die ref counter dop hou, na jou engin luister kan jy hoor wanneer jou engin begin labour in n rat dan skakel jy jou ratkas oor na n hoër rat. So as jou engin gemaklik sleep in agtste rat sleep dan, niks gaan gebeur. Soms dink ek n mens wil alles te veel anniliseer. As dit nie sin maak begin gerus na jou engin luister terwyl jy ook ref counter dop hou. Luister na die klank verwisseling van swaar trek en gemaklik loop. So sal jy n reuse besparing op brandstof kry.

Kort voor lank dan sal dit sin maak wat ek probeer verduidelik. 

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2019 @ 07:42:13 am
Anonymous

Bak oor, dit gaan nie net oor die engine rev's of labour nie.

Daar is baie tegniese aspekte wat in ag geneem moet word gaande die "drive train" van ń voertuig, veral op handrat ratkaste.

Automaties is heeltemal weer iets wat vir homself bepaal.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2019 @ 09:58:24 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7617
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Die auto ratkas dink, terwyl ek aan ander dinge dink.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2019 @ 12:25:54 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1648
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Jammer Dennis ek verstaan nog steeds nie. Drive train word saam gestel om die krag van jou engin te hanteer tesame met die gewig van jou voertuig sowel as die ruimte wat gelos word om iets te laai en sleep en dan word daar addisionele safety factor ingewerk. Dan het die stelsel nog n ding soos n clutch plaat wat eintlik n fuse is. Dit is die ding wat sal breek as daar te veel wring krag spanning op die stelsel geplaas word. As die drive train nog steeds breek is dit n odd one out,  swak batch of bloot iemand wat onkundig bestuur in sekere omstandighede. 

Ek se sog steeds luister na jou engin. Dit sal jou vertel in watter rat om in te ry.

 

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2019 @ 13:24:32 pm
Anonymous

Bak oor, ek wil nie ń tikgeveg begin nie.

Ek is tenvolle gekwalifiseerd, motor, diesel en auto-elek waar ek my vakleerlinskap gevolg het by die destydse Spoorweg en met 100de kursusse agter my rug waarvan ek 21-jaar aktief was as tegnikus.

Het jy al ooit ń ratkas oopgemaak en die grootte van elke afsonderlike rat gesien en by jouself gedink wat te veel wrywing kan veroorsaak?

So geld dit ook vir AWD, Agterwiel aandrywing voertuie se ewenaars.

Ek onderskat ook nie jou tegniese kennis nie omrede ek alreeds agtergekom het, jy beskik oor redelike tegniese kennis.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2019 @ 14:22:53 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1648
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Dennis ou maat wil glad nie baklei en as my sê goed aanstoot gee jammer. Ek is nie baie talentvol om n ding te se maar het genoegsame kennis om my self te help my die tegniese goete. Moet soms n ding drie keer aan vat dan kry ek dit reg. Ek glo om nie heeldag sit en worry wanneer die ding breek, ry hom tot hy breek. Soos bo gesê meeste van ons wil alles te oor anniliseer. Anniliseering het plaas gevind by die ontwerp van die produk en gee jou dan spesifikasies met sy moets en moenies, maar die weet jy . Sou daar fout inkom val die waarborg in plek. Dan as jy nie anders kan as om elke keer te worry as jy in jou kar te klim, ry jy die verkeerde voertuig vir wat jy hom wil voor gebruik. 

Ek gee my advies en insettinge om vir ander te kan help, raad gee en geld te bespaar indien so. Ek sal nie dinge uit my duim suig maar deel my kennis so bes ek kan. Laastens om nooit n ander te na te kom. Ek praat van my ondervindings en as ek spekuleer sê ek so. Ek is  altyd oop vir korreksie want ek self maak ook foute.

 

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2019 @ 15:10:39 pm
Anonymous

Dennis ou maat wil glad nie baklei en as my sê goed aanstoot gee jammer. Ek is nie baie talentvol om n ding te se maar het genoegsame kennis om my self te help my die tegniese goete. Moet soms n ding drie keer aan vat dan kry ek dit reg. Ek glo om nie heeldag sit en worry wanneer die ding breek, ry hom tot hy breek. Soos bo gesê meeste van ons wil alles te oor anniliseer. Anniliseering het plaas gevind by die ontwerp van die produk en gee jou dan spesifikasies met sy moets en moenies, maar die weet jy . Sou daar fout inkom val die waarborg in plek. Dan as jy nie anders kan as om elke keer te worry as jy in jou kar te klim, ry jy die verkeerde voertuig vir wat jy hom wil voor gebruik. 

Ek gee my advies en insettinge om vir ander te kan help, raad gee en geld te bespaar indien so. Ek sal nie dinge uit my duim suig maar deel my kennis so bes ek kan. Laastens om nooit n ander te na te kom. Ek praat van my ondervindings en as ek spekuleer sê ek so. Ek is  altyd oop vir korreksie want ek self maak ook foute.

 

Geen probleemlaughing.

Elke persoon het maar sy eie besluit hoe hy sy voertuig gaan gebruik.

Persoonlik, soos bogenoem sleep ek eerder in 5de rat, net vir die wus en onwus, alhoewel ek weet my karavaan is lig genoeg om 6de rat te gebruik.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2019 @ 07:38:40 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13454
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

As jy weet op watter revs jou kar se meeste krag is, hou revs op dit of bo dit. As jou kar byvoorbeeld meeste krag gee op 2200 revs en revs is bv 2000....skakel n rat terug. Probeer in hierdie geval altyd revs 2200 of hoër te hou

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2019 @ 07:56:08 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13454
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

As jy weet op watter revs jou kar se meeste krag is, hou revs op dit of bo dit. As jou kar byvoorbeeld meeste krag gee op 2200 revs en revs is bv 2000....skakel n rat terug. Probeer in hierdie geval altyd revs 2200 of hoër te hou

Dis raat wat ek hier op die forum gekry het en dit werk goed vir my. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2019 @ 11:19:00 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6384
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Ek sleep nooit in 5 rat nie sal nou kyk as ek die kar kry met 6 ratte

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2019 @ 22:43:24 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4167
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Ek dink ons moet eerder tydens sleep weet waar die maksimum torsie is en nie krag nie. Die maks krag word op net onder die rooi lyn bereik. 

Hier het ons 'n lekker "my buurman het gehoor"......... en daarom sleep ek nie in my hoogste rat nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2019 @ 23:32:58 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4167
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Op papier met 220-230Nm @ 100 km/h in 4e en 5e rat lyk dit nie asof dit lekker kan sleep nie veral as mens heelwat opdraendes het nie.

As dit die handrat is dink ek mens gaan nogal baie ratte verwissel as mens 'n stiller ondervinding wil he.

Die 2.5L petrol kan glad nie vergelyk word met die X-Trail se 2L turbo diesel nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 07:05:19 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Die auto ratkas dink, terwyl ek aan ander dinge dink.

 

Ditto

Terug by die X-trail dink ek dis 'n redelike okay sleep voertuig.  Daar is 'n paar keer al gepraat van die vering agter wat sag is vir rygenot maar dalk nie die beste is vir gewig op die gat soos sleep nie.  Maar dit kan oorkom word.

Dan gaan die petrol enjin ook baie meer dors wees as die diesel maatjie.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 07:20:38 am
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 724
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

Om terug te kom na Willem se vraag. Ek weet nie of hier iemand is wat met die 2.5 petrol sleep nie. Ek persoonlik dink dat die 2.5 nie naby die diesel sal kom met sleep. Ek glo dit is 'n nice voertuig, maar....... Pertol verbruik sal ook heelwat meer wees as die diesel.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 07:44:38 am
Piet Ford
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 125
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 33 years

Ek het al op baie forums gelees oor watse rat is die regte een ook baie gewonder hoekom dit so n warm en partykeer n lekker argument veroorsaak.

Jare terug het baie sleepers n 3.L v6 Ford engine in n Kombi gesit. Ek was een van hulle.  As ek reg onthou was Ben Jacobs in Pretoria die spesialis. Hy het die ombouings gedoen daardie jare.  Dit was die eerste keer wat ek gehoor het jy moet as jy deur die dorp sleep oppad Durban toe  maar liefs terug gaan na 2de rat anders gaan die v6 die Kombi ratkas breek. En dit het wel met baie ouens gebuer. 

Dit het ek verstaan want soveel meer wringkrag op n ratkas wat nie daarvoor gemaak is nie is maar n resep vir groot skade.   Maar vandagse voertuie se ratkaste is tog daarvoor gemaak.  Wat ek se is maar wat ek lees, b.v. die ZF Ratkas (wat ek vertaan in die Audi en Jeep) gebruik word kan b.v. baie meer wringkrag hanteer as wat die engin lewer. Wonder dan net, hoekom sal dit die ratkas skade doen as jy in 6de sleep waar die engine / ratkas gemaklik loop / die pad toestande dit toelaat?

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 08:27:06 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

My broer het die 5de rat van sy Mazda 2,5 Tdi bakkie so beskadig deur in 5de rat sy Penta te sleep jare terug.

So ek is maar versigtig vir dit.  Ek het wel met my Navara in 6de gesleep. Maar dit was veral nadat ek die voertuig goed leer ken het en dadelik geweet het wanneer die voertuig baie hard werk.

My Ford Saphire se 5de rat het ook naderhand uitgespring.  Maar ander skade het gemaak dat ek daai ratkas op die ou einde vervang het.

So mens moet soos Bak oor sê 'n goeie aanvoeling vir jou voertuig kweek. Dan sal jy weet of die sesde of vyfde rat die gebruik kan word al dan nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 09:52:32 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4167
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Die kundiges praat ook van 'n praktiese metode is as jy die versneller meer as 80% moet intrap om op dieselfde spoed te handhaaf dan is jy in die verkeerde rat?

Gebeur dit nie maar met ons almal met 'n handratkas en gemiddelde sleepvoertuig dat ons met tye die pedaal teen die vloer het teen opdraendes op? = dus in die verkeerde rat.

Ek sukkel nog om te verstaan as die enjin teen 2000 opm draai en op maksimum torsie is en gemaklik sleep hoekom oorsit na 'n laer rat. Is daar nie dalk sekere ratkaste wat miskien vir 'n jaar of 3 met swakker ratte gebou is en dit dan verstrek word. Dit is tog bekend dat voertuie nie meer voor massa produksie getoets word nie maar eers as hulle op die pad is en probleme kom na vore verbeter word.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 May 2019 @ 15:37:27 pm
cambridge
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 33
Joined: 15 Jan 2018
Experience: 49 years

Hi -- i tow with a XTRAIL 2.5 AWD Auto --- no problem 

Its a lovely car with a quiet gearbox and gear change -  CVT is awesome

But .... i tow a Skipper Oyster - so its not heavy at all - -car does not even know its there cool

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 May 2019 @ 20:25:21 pm
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1039
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

Ek het my Boswa ("Bosapie") met my 2.5 X-Trail handrat gesleep in 5e rat (die 2009 model het NET 5 ratte gehad), met die spoedbeheer aangeskakel, sonder probleme. Ek het 169000 km met die motor gedoen en verkoop omdat die tydregulator (wat blykbaar op die vliegwiel ge-installeer is 2 keer moeilikheid gegee het - duur proses om te herstel, so, toe ek voel die 3e keer se probleem is op hande, was dit klaar met Kees). Kon ook nie die "rattles" van die sondak hanteer nie (aanvaarde probleem soos verduidelik deur Nissan Kempton Park en "al wat help Meneer is om baba poeier in die kanaal te spuit" ..... HAH!)

Daarna was dit my Suzuki Grand Vitara - weereens 5e rat (handrat) waar ek kon (ek stem geheel en al saam om na die rewolusies en geluid van die enjin te luister en daarop te reageer) met die spoedbeheer aan waar ek kon. Motor het 109000 km opgehad toe ek dit ingeruil het. Karavaan op die tydstip was die Sprite SC OffRoad. Rede vir inruil was dat ek gereken het die koppelaar was onder-ontwerp vir die motor (dit is MY mening .... Joanie reken ek het 'n gejeuk - "Geit" - in my agterent gehad. So, glo  maar watter storie julle ook al wil!cool) My werklike gevoel is dat ek nooit my motors se enjins "gemoor" het nie, maar wel gebruik het soos omstandighede daarvoor gevra het - geen probleem om terug te skakel wanneer dit nodig is nie, en ek sleep nooit teen meer as 110 km/u nie. Ek het ook, soos party bogenoemde skrywers, darem 'n bietjie ondervinding en agtergrond van meganiese stelsels.

Ek weet dat mense van mekaar sal verskil, maar, soos genoem, was hierdie my persoonlike ondervinding. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required