English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 804
Total Replies: 223 050
Total Views: 82 061 254
topics: 10 615
replies: 121 110
views: 38 708 361
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Uiteindelik - Ford Ranger Raptor

replies: 32
views: 500
15 May 2019 @ 18:41:38 pm
Piet Ford
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 69
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 33 years

Die nuwe Ford range is die week vrygestel, maar nie sonder n skok nie. Is dit R786,000 werd? Nice, very nice, maar ek weet darem nie. 

En, die pryse begin nou grens aan maligheid. 

Raptor - R786,000 / 157kw / 500 nm en 7.1L/100km

Amarok - R791.000 / 165kw / 550nm en 8.1L /100km

Merc X Class v6 - 973,000 190kw / 550nm en 8.8L/100km

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2019 @ 20:14:09 pm
Bak oor
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1388
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ons het beslis verandering en vernuwing  nodig in die bakkie mark. Maar die bakkies sal hulself uit die mark prys. Dan moet jy nog goed agter oplaai en verniel.

Daar is beslis baie meer opsies in daardie prys klas wat net so kan off road, gemakliker ry gehalte, dalk nog beter sleep en sou jy iets moet vinnig laai ?

n Sleepwa kan jy nou huur vanaf R250 per dag. 

I WENT TO CAMP KNOWING TO MAKE FRIENDS, ENDED UP WITH A AMAZING NEW FAMILY.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2019 @ 20:16:13 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12666
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek dink nie dit begin grens aan malligheid nie....dit IS malligheid. Teen daai prys kan ek 2x goeie DC's koop

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2019 @ 20:45:35 pm
Bak oor
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1388
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Moet ook nie karavaan pryse vergeet.    Malligheid beslis.

I WENT TO CAMP KNOWING TO MAKE FRIENDS, ENDED UP WITH A AMAZING NEW FAMILY.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2019 @ 06:20:28 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13095
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Lyk Chapperig.  Maar ek sal moeilik kou aan daai geld vir 'n Tipper.  Nou wonder ek ..........

Hoe staan sake met my 1 jaar oue Wildtrak.  

  1. Gaan hy nou baie waarde verloor weens die nuwe Ranger se bekand stelling
  2. Of gaan hy sy waarde darem behou weens die belaglike prys van die nuwe ranger en sal mense steeds my 1 jaar oue Ranger koop omdat hy duur is maar baie goedkoper. (Julle weet mos nou wat ek bedoel)

Dink julle "Malligheid" is die regte woord vir die pryse.  Jy gaan seker die ou kry wat dit sal betaal.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2019 @ 09:30:03 am
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1231
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Ek dink nie dit begin grens aan malligheid nie....dit IS malligheid. Teen daai prys kan ek 2x goeie DC's koop

Dink jy gaan sukkel om dit te doen as jy nuut koop, selfs 'n nuwe Isuzu het belaglik duur begin raak en dit met 20 jaar oue tegnologie... Onthou nog toe die Golf die eerste keer deur die R100k plafon gebreek het, gedink VW het mal geword en niemand sal dit betaal nie...nou is R100k spot goedkoop! Dink baie van ons is ook besig om met die jare aan te stap en dan begin alles baie duur lyk, altyd met my oorle' Pa daaroor gespot, nou is ek self daar en doen maar dieselfde :)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2019 @ 09:41:38 am
DK
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1668
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 17 years

Beslis ''Malligheid'' verby.

Die enigste manier hoe ek so iets sal kan ry, is wanneer dit 'n maatskappy voertuig is wat my werkgewer vir my gee, maar daarby moet daar dan ook gedink word aan die belasting betaalbaar indien my werkgewer toestemming verskaf op daardie bedrag voertuig.

Die gewone salaris trekker wat maandeliks 'n gemiddelde salaris trek, gaan beslis snags oop oê slaap en bekommerd wees oor sy paaiement betaalbaar indien dit nie 'n maatskappy voertuig is nie.

PERMANENTLY OFF-LINE DUE TO A LACK OF INTEREST, ESPECIALLY TO COMMUNICATE WITH ''SNOBS'', WHICH THINK THE SUN SHINE OUT OF THEIR ??????.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2019 @ 10:29:39 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12666
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Dink jy gaan sukkel om dit te doen as jy nuut koop, selfs 'n nuwe Isuzu het belaglik duur begin raak en dit met 20 jaar oue tegnologie... Onthou nog toe die Golf die eerste keer deur die R100k plafon gebreek het, gedink VW het mal geword en niemand sal dit betaal nie...nou is R100k spot goedkoop! Dink baie van ons is ook besig om met die jare aan te stap en dan begin alles baie duur lyk, altyd met my oorle' Pa daaroor gespot, nou is ek self daar en doen maar dieselfde :)

Ranger DC 2.2 kan jy tans vir so R340k kry. Nou nie dieselfde luuksheid van die ander nie en krag bietjie minder, maar nog steeds meeste waens met gerief sleep. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2019 @ 10:46:44 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2154
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Artikels, ook voertuie, verkoop teen amper enige prys.  Die aantal verkope daal  egter soos die pryse styg. Ek dink juis dis omdat so baie mense bakkies wil hê, dat die pryse styg. Heel moontik sal ander vervaardigers se aanbiedings ook duurder word.  Dit dwing mense om ietwat langer met hulle huidige voertuie te ry, maar as dit begin jeuk, sal hulle koop.   My vraag is steeds is sulke duur bakkies nodig- kan 'n SUV nie maar dieselfe doen op 'n baie gemakliker manier nie?  Ek het nie gaan vergelyk wat groot populêre SUV's kos nie, maar as hulle soortgelyk in prys is, klink dit vir my beslis 'n beter kopie.  Almal wat 'n bakkie het, probeer dit tog so effens nader aan 'n SUV bring deur 'n kappie op te sit en selfs sitplekke agter in te sit, maar dit bly maar 'n ongerieflike bakkie.  Hoeveel keer is dit werklik nodig om groot items agterop te dra?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2019 @ 11:20:51 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13095
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Kanse is goed dat my Broer sy Nuwe Wildtrak sal in ruil vir die nuwe Raptor.  Hy ry 'n maatskap voertuig so dis makliker vir hom om te doen.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2019 @ 11:36:08 am
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1231
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Artikels, ook voertuie, verkoop teen amper enige prys.  Die aantal verkope daal  egter soos die pryse styg. Ek dink juis dis omdat so baie mense bakkies wil hê, dat die pryse styg. Heel moontik sal ander vervaardigers se aanbiedings ook duurder word.  Dit dwing mense om ietwat langer met hulle huidige voertuie te ry, maar as dit begin jeuk, sal hulle koop.   My vraag is steeds is sulke duur bakkies nodig- kan 'n SUV nie maar dieselfe doen op 'n baie gemakliker manier nie?  Ek het nie gaan vergelyk wat groot populêre SUV's kos nie, maar as hulle soortgelyk in prys is, klink dit vir my beslis 'n beter kopie.  Almal wat 'n bakkie het, probeer dit tog so effens nader aan 'n SUV bring deur 'n kappie op te sit en selfs sitplekke agter in te sit, maar dit bly maar 'n ongerieflike bakkie.  Hoeveel keer is dit werklik nodig om groot items agterop te dra?

Enigste rede hoekom ek 'n kappie opsit is om my kampgoed teen wind en weer te beskerm asook mense met lang vingers, D/K het genoeg sitplek. Die nuwe tipper het nou een van die RSi kappies op met klappe langs die kante ook, wat 'n plesier nou om goed in en uit te pak! Was nooit 'n bakkie mens nie eerder 'n SUV mens maar sal nooit terugkeer SUV toe nie, met die bakkie is my wa leeg as ek gaan kamp wat dit maklik maak om enige plek sommer gou oor te slaap sonder 'n rondskuiwery van goed binne in die wa...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2019 @ 11:54:08 am
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 469
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Wat my verstom is dat daar steeds nog duisende kopers is vir daardie voertuie. En dis sommer net sulke mense nie, jy sien deesdae mense wat voorheendalk donkie-karre gery het wat vet-vet agter die stuur van 'n grênd kar se stuur sit. Al ry hulle teen slak-spoed met die hande op drie-uur en nege-uur vasgeklem, grênd sal hulle ry. 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2019 @ 12:03:57 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13095
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Jorg ek het vir baie jare my goed met 'n pasasiers kar gesleep. Toe kry ek die Mazda bakkie en dit het die lewe so maklik gemaak.  Niks binne die karavaan nie. En jy hoef nie te worry oor het ek genoeg plek nie.

Amper 'n SUV gekoop toe ek die Navara verkoop het.  Ek het baie van die Trailblazer gehou.  Gelukkig het Ford my 'n goeie deal gemaak vir my eerste Ranger.

As ons iewers oornag stop net die wa steadies af en ons kamp. Niks wat rondlê en op die bed gepak is in die wa nie.

En as ons in die winter gaan kamp ry ek genoeg hout saam om elke aand om die vuur te kuier.

Tans hou ek baie van die Ford Everest maar dit sal maar lol om my Tipper prys te gee.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2019 @ 12:26:04 pm
Piet Ford
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 69
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 33 years

Ek het D/K gery toe SUV en nou weer terug by D/K.  Die rede, eers was die seuns klien en D/K het gewerk, toe is hulle grotter (hoerskool) en SUV het vir ons gewerk, nou is hulle uit die skool en werk en meeste van die tyd is dit net ek en vroulief. Maar, die groot rede is omdat nog altyd n D/K verkies omdat n mens net seveel meer met hom kan doen.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 May 2019 @ 10:01:12 am
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 7199
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Malligheid. Sal eerder nog n woonstel koop. 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 May 2019 @ 11:40:57 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2154
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ek en 'n maat het indie vroeë 70er jare 'n berig oor die radio gehoor waar 'n ekonoom gesê het selfs die kleinste 1200cc motor sou binnekort meer as drie duisend rand kos.  Ons het beide gesê dis belaglik en dan sal ons maar ons huidige motors, 'n Fiat 125S en 'n Datsun SSS ry tot ons oud is.  Nou kan ek darem nog 'n band vir my voertuig vir R3000 koop.  Oor nog 'n paar jaar gaan ons nostalgies terugkyk na die tyd toe 'n een ton bakkie nog hier by R600,000 gekos het. 'n Woonstel is beslis 'n beter kopie as 'n bakkie- hy verloor nie onmiddelik waarde na ek hom in besit geneem het nie, maar ongelukkig sleep hy nie juis 'n karavaan nie, so wat sal ons doen?  &a& en betaal maar.  Warren Buffett, een van die wêreld se rykstes, sê hy ry 'n motor tot hy gedaan is want dit grief hom om in iets te belê wat waarde verloor terwyl hy aandele kon koop wat waarskynlik waarde sou toevoeg.  Maar selfs hy moet so nou en dan 'n nuwe voertuig koop- moet dit net nie elke drie jaar doen nie- ry hom tot jy nie meer kan nie en sit intussen die paaiement wat jy op 'n nuwe voertuig sou bestee, weg dan sal jy waarskynlik die nuwe voertuig kontant kan koop en nog oor hê om weg te sit vir die daaropvolgende een.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 May 2019 @ 12:52:29 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1231
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Jy moes daai SSS gehou het, die goed in goeie oorspronklike toestand is nou by seker R200k verby (ek kan nou nog my agterent skop dat ek myne nie gehou het nie, was so 'n groene met donkerbruin vinieldak en natuurlik "shikakie" kleur moeras gras op die dash!)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 May 2019 @ 13:15:36 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12666
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

.....met so n hondjie op die dash wat se kop rond beweeg?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 May 2019 @ 17:06:51 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2154
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Die Fiat was myne- een van my gunsteling motors.  Ja, 'n mens kan ongelukkig nie alles hou nie tensy jy 'n groot skuur het.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 May 2019 @ 17:11:52 pm

17 May 2019 @ 17:11:53 pm

17 May 2019 @ 17:11:55 pm

19 May 2019 @ 20:56:31 pm
Bak oor
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1388
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ek dink die Raptor gaan die verkoop syfers seer maak. Dit gaan beslis die bakkie wees om te hê ongetwyfeld. Ja vir ons meer senior mense is dit dalk nie beskore wat ons het al geleer om sente om te draai en nie met n koop koors n ding te doen. Maar verkoop gaan hy verkoop en baie ook. Hy is mooi, capable off the track en n moderne voertuig gelyke aan n kar se gerief en veiligheid. Nee wat mal prys of nie ons gaan baie van hom sien.

I WENT TO CAMP KNOWING TO MAKE FRIENDS, ENDED UP WITH A AMAZING NEW FAMILY.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 08:29:53 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13095
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek is mal oor die brieër "Look" van die Raptor.  Sal nie omgee om een te ry nie maar ek dink my huidige nuwe Tipper is my laaste een.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 09:30:53 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2154
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Dis tog interessant hoe smake verskil.  Sommige mense, selfs van die ouer geslag soos die draad bewys, aanvaar vernuwing soos kleiner kragtiger masjiene.  Ander, selfs jongeres, verkies weer die ouer geslag, groot, minder kragtige masjiene.  So is daar maar iets vir elke smaak. Mettertyd aanvaar almal egter die nuwe ontwikkelinge.  Ek glo byvoorbeeld nie daar is nog mense wat nie selfone wil gebruik nie hoewel daar waarskynlik baie mense was wat aan die begin niks daarvan wou weet nie.  So ook was daar mense wat toe die loodvrye petrol gekom het, baie ernstig daarteen gekant was.  Jy kan vir 'n tyd teen nuwe dinge skop maar uiteindelik moet jy maar erken die nuwes, van watter aard ook,  is beter as die wat dit vervang.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 13:56:37 pm
Diddo
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 646
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 20 years

Ranger DC 2.2 kan jy tans vir so R340k kry. Nou nie dieselfde luuksheid van die ander nie en krag bietjie minder, maar nog steeds meeste waens met gerief sleep. 

So mens kan 2x 2.2 Rangers kry vir een Raptor se prys. (ek weet darem nie of hy daai prys werd is nie)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 17:08:10 pm
Bak oor
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1388
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Kyk nou onlangs lat wiel

 Daai kaalkop se Ford verkoop meer double cab bakkies as enige iemand anders. Wie het inligting ?

I WENT TO CAMP KNOWING TO MAKE FRIENDS, ENDED UP WITH A AMAZING NEW FAMILY.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 19:00:10 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4824
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Kyk nou onlangs lat wiel

 Daai kaalkop se Ford verkoop meer double cab bakkies as enige iemand anders. Wie het inligting ?

Ek neem niks meer op van enige "joernalis" nie. Niks.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 20:02:43 pm
Bak oor
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1388
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Brommer ek is honderd persent met jou. Soms wonder ek wie is die ergste, politikuste of motor joernaliste. Skud baie keer net my kop

I WENT TO CAMP KNOWING TO MAKE FRIENDS, ENDED UP WITH A AMAZING NEW FAMILY.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 21:38:15 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4824
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Mens moet maar jouself toets, ongelukkig duur ervarings

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 May 2019 @ 06:12:16 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13095
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Daar is dit nou................... geweet dit gaan nie lank neem nie......................

My broer het gister die nuwe 2.0L Wildtrak gaan toets bestuur.  Sy woorde is dat dit is werklik 'n heel nuwe bestuur ervaring met die 10 ratte en 2.0L Bi turbo enjin.  Hy het genoem dat van afhangende hoe jy ry kies die voertuig self die gepasde rat so hy trek somtyds weg in 2de en skakel dan na 4de en dan dalk 7de ens.  Pas die enjin revs baie vinnig en egalig aan met die spoed en pad toestand.

Hy wag net om te hoor hoe sy nuwe motor toelaag werk dan is die kanse seker goed vir sy 4de agter eenvolgende Ranger.  Dis nou nie die Raptor nie maar hy klink baie beindruk.  Onthou hy ry tans sy 3de 3.2 L Wildtrak.  Nou terug na 'n 2L voertuig.................. Kom ons kyk.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 May 2019 @ 07:52:27 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12666
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

So mens kan 2x 2.2 Rangers kry vir een Raptor se prys. (ek weet darem nie of hy daai prys werd is nie)

Plus jy kry nog R106,000 kleingeld......laughing

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 May 2019 @ 20:30:45 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1231
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

.....met so n hondjie op die dash wat se kop rond beweeg?

Geen hondjie op die dash nie Geert, was darem nie so common nie :) (ook nie 'n lemoen op die radio liugdraad nie!), die moerasgras was eintlik daar omdat die paneelbord 'n kraak bo gehad het :)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First