English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 974
Total Replies: 225 334
Total Views: 82 168 075
topics: 10 687
replies: 122 280
views: 38 757 723
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Navarra 2019

replies: 20
views: 293
15 May 2019 @ 08:39:21 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2219
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Wat sê julle van die nuwe Navarra?  2.3 liter diesel, 140Kw, 450Nm en kronkelveer agteras vering? En 'n 90,000 diensplan en 150,000 km waarborg.  Ek is nie 'n bakkieman nie, maar dit lyk my die bakkiemark is besig om baie opwindend te word met die nuwe Ranger en nou hierdie een.  Het die Navarra dalk die potensiaal om Ford en Toyota se markdeel te bedreig?  Die pryse lyk vir my nie sleg nie.  Dit lyk ook nie of diesel hier so onpopulêr raak soos in sommige ander lande nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2019 @ 09:18:07 am
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1250
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Dink mens hou van of nie van die Navarra, ek het ook na hom gekyk toe ek moes besluit in Desember waarmee om my gesteelde Ranger te vervang. Jammer, maar die Navarra doen dit net nie vir my nie...en verkoop syfers tot dusver wys dat ek nie die enigste een is wat so dink nie. Wil ook voorkom of die kronkelveer agteras ook nie baie suksesvol is nie aangesien dit dit klaarblyklik die vragdra vermoeë negatief affekteer (en die stert sak meer met 'n karavaan aangehak as die van bakkies met bladvere agter?). Niemand koop 'n bakkie om as 'n sport voertuig te gebruik nie maar wel as iets wat kan werk as dit moet? Navarra diensplan en waarborg is min of meer par for the course vergeleke met ander, interessant egter is dat die Hilux slegs 'n 3 jaar waarborg het en dit nie juis lyk of dit hulle verkope negatief raak nie? Enigste een waarvan die verkope onverklaarbaar is moet die Amarok wees, dis 'n beter bakkie as wat die verkope wys...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2019 @ 09:22:28 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13412
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek het maar 'n sagte plek vir die Navara.  En sou hom weer oorweeg het was dit nie vir die lae Tara wat hy het teenoor die ander Tippers nie.  My wa se GVM is baie hoog so ek hou maar by die kom ons sê maar die meer gewigtige Tippers.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2019 @ 09:28:47 am
Diddo
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 656
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 20 years

Hy gaan nie vreeslik verkoop nie. Die land is mense "brand" vas.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2019 @ 09:49:36 am
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1541
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ek het die Navara gaan toets bestuur. As jy kyk na sy performance syfers glad nie sleg. Die bakkie is ook glad nie sleg, netjies en is n lekker bakkie. Maar my opsomming is hy trek nie soos wat ek verwag het nie en het vir my lui voor gekom. Met n redelike opdraende het dit gestagneer in pleks van spoed optel. Dalk is die bakkie wat ek getoets het nog te nuut maar ek het nie n wow ondervinding gehad. Ek het die verteenwoordiger gevra hoekom trek die bakkie nie goed en hy sê daars niks fout. Die bakkie doen dit nie vir my en weereens dink ek die media het die pap bietjie te dik aangemaak soos met n klomp ander voertuie. Elke nuwe ding is die beste en lyk of die media baie onkundige, geen huiswerk, praat klomp bol, en persoonlike menings in pleks van werlike feit gewing met verslae wat deeglik saam gestel is met volledige en korrekte inligting aan die verbruiker.

I WENT TO CAMP KNOWING TO MAKE FRIENDS, ENDED UP WITH A AMAZING NEW FAMILY.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2019 @ 09:55:13 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6346
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Ek het n advance driving kurses met hom gedoen en was nie baie inprest nie.

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2019 @ 09:59:23 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2219
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Dat die agterkant laer sak met 'n karavaan aan die haak?  Dis moeilik om te glo.  Die karavaan lê maar met plus-minus 100Kg op die haak terwyl die voertuig 'n 1000 Kg kan dra.  Die bladvere is maar hard so as 'n modevoertuig, wat hierdie eerder is as 'n werksbakkie, sou ek eerder kronkelvere wou hê.  Ek ry op die oomblik 'n Ranger enkelkajuit wat Ford vir my leen terwyl my Kuga se ratkas herstel word, en dit bevestig net weer vir my dat ek gladnie met 'n bakkie se stamperige rit oor die weg kan kom nie. Vroulief voel ook so. Ek sou beslis nie 'n bakkie as sleepvoertuig wil hê eerder as 'n SUV nie.  As meer krag nodig is, is daar ook SUV's met meer as voldoende krag en dan ry hulle beslis gemakliker as 'n bakkie.  Dat die meerderheid altyd reg is, word verkeerd bewys deurdat, soos Hurricane hierbo tereg sê, uit die feit dat die Amarok, wat myns insiens kop en skouers bo die mededingers uitstaan,  swak verkoop.  Dit kan tog nie wees dat die effense prysverskil so baie mense afsit nie.  Ek dink dis maar omdat mense geneig is om te glo die meerderheid moet tog reg wees.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2019 @ 10:05:59 am
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 496
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

As ek dit nie mis het nie het Nissan so pas die kop-aan-kop toets so gedop dat die ondersoekers voorgestel het dat die kar van die pad afgehaal word.

Was op TV Carte Blance gewees.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2019 @ 10:45:34 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2924
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

As ek dit nie mis het nie het Nissan so pas die kop-aan-kop toets so gedop dat die ondersoekers voorgestel het dat die kar van die pad afgehaal word.

Was op TV Carte Blance gewees.

Danie

Dit was die NP300.

Kan hom glad nie vergelyk met Navara nie.

Amarok se swak verkope......

Nie agv voertuig nie. VW se naverkope en diens is van die swakste in die wereld. Ford manne kla gereeld oor Ford se diens. Onthou Ford verkoop 10 maal meer Rangers per maand as wat Amarok verkoop, daarom hoor jy nie vw manne wat kla nie. Amarok borg programme soos Safari4x4 en Voetspore. Help ook nie hul verkope nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2019 @ 10:47:26 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2673
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years

Dit was die ou NP300, wat meer as 20 jaar oud is, nie die Navara nie...

On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2019 @ 11:02:16 am
Skolopad
Platinum Member
70% Profile Strength
Posts: 296
Joined: 28 Feb 2018

There is a agreement in Europa that no diesel verhicle will be allowed from about 2025, and only electrical from about 2045, will have asoil blanket by then , but it will change the verhicle, thus caravaning landscape from here onwards

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2019 @ 11:44:05 am
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1250
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Navarra het ook op 'n stadium die NCAP toetse gedop, maar dis glo later reggestel deur ontwerps veranderinge...En ja enkel kajuit bakkie sal uiteraard harder geveer wees aangesien dit uit en uit werksesels is, die Ranger D/K bakkies se vering is sagter as bv die van die Toy D/K.....

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2019 @ 12:05:31 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1541
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ek het die Navara gaan toets bestuur. As jy kyk na sy performance syfers glad nie sleg. Die bakkie is ook glad nie sleg, netjies en is n lekker bakkie. Maar my opsomming is hy trek nie soos wat ek verwag het nie en het vir my lui voor gekom. Met n redelike opdraende het dit gestagneer in pleks van spoed optel. Dalk is die bakkie wat ek getoets het nog te nuut maar ek het nie n wow ondervinding gehad. Ek het die verteenwoordiger gevra hoekom trek die bakkie nie goed en hy sê daars niks fout. Die bakkie doen dit nie vir my en weereens dink ek die media het die pap bietjie te dik aangemaak soos met n klomp ander voertuie. Elke nuwe ding is die beste en lyk of die media baie onkundige, geen huiswerk, praat klomp bol, en persoonlike menings in pleks van werlike feit gewing met verslae wat deeglik saam gestel is met volledige en korrekte inligting aan die verbruiker.

Dan wil ek byvoeg. Ek het ook die nuwe Toyota Fortuner en Hilux bakkie gaan toets. Volgens my ook nie n wow nie en die Nissan en Toyota baie dieselfde as dit by kraglewering kom.

Nou as jy die Ford se nuwe 2.0 dan vergelyk dit met 2.3 - 3.0 liter bakkies, thats exciting en dit is wat my aandag trek. Ook skat ek die Amarok en Ford bied bakkies wat ver bo die ander is wanneer dit by all round veiligheid kom. 

Waarde vir geld faktor by al die nuwe bakkies ? Ons praat weer oor 5 jaar.

 

I WENT TO CAMP KNOWING TO MAKE FRIENDS, ENDED UP WITH A AMAZING NEW FAMILY.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2019 @ 13:57:30 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 496
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Gaan lees gerus watter vervaardigers gaan nog "oor vyf jaar" daar wees. Met al die samesmeltings van vervaardigers gaan net Toyota, Daimler, Honda, Fiat en dalk BMW oorbly. Behalwe Toyota en Honda sluit die ander paar vervaardigers letterlik ALLE tipes voertuie in, soos BMW wat Rolls Royce en Land Rover insluit.

Die magtige Fiat (Maserati en Ferrari) gaan nou 'n reuse aanleg in Detroit bou en die hele General Motors insluk.

So : As jy wil koop om oor vyf jaar nog dieselfde kar te ry, kyk mooi na die grotes. Die ander gaan almal 'n mengelmoes van mekaar wees, soos VW en Ford wat nou 'n Amarok-gekruisde-Ranger gaan bou. Ek meen, ek is mateloos teleurgesteld dat Porshce se engin nou in die V6 Amarok gesit is. Wat maak dit van Porche?  'n Bakkie op steroides?   

As jy koop, vergeet die posisie  van die ligskakelaar, die bietjie harder ry, looks en gadgets. Koop by die beste agent in jou dorp met die beste diens. 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2019 @ 14:12:03 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 7361
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Nog nooit van hom gehou of bestuur nie. 

Net al agter in een gery wat my ook nie aangestaan het nie. 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2019 @ 16:53:44 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2219
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

As motorvervaardigers saamsmelt, moet dit maar so wees. Dit verander tog nie die naam of aard van die voertuig wat jy reeds het nie. Dit kan waarskynlik beter kwaliteit verseker omdat 'n mens kan aanvaar dit groter eenheid sal sekerlik die suksesvolste komponente wat in die groep beskikbaar is, gebruik.  Die sogenaamde "economy of scale" sal ook moontlik die ontwikkelings- en vervaardigingskoste verlaag wat tot kopers se voordeel sal strek.  En moet tog nie sê hulle sal dit nie aangee nie.  Pryse word bepaal volgens 'n maklik verstaanbare ekonomiese beginsel van vraag en aanbod en nie deur die gulsigheid van groot maatskappye soos mense graag wil glo nie.  Daar sal steeds mededinging tussen die groot groepe wees. Selfs as daar net een vervaardiger sou oorbly, sal vraag en aanbod steeds die redelike prys bepaal. Te hoog en minder mense kan motors koop dus moet die prys altyd op die peil gehou word waar daar genoeg kopers is vir die hoeveelheid motors wat 'n vervaardiger wil verkoop. 

Mense wat getrou aan 'n sekere vervaardiger kleef, kan dalk probleme hê.  Ek dink dis nie nodig nie.  As jy 'n nuwe voertuig moet koop, bestudeer eerder al die beskikbares, neem alle faktore in ag en maak so jou besluit.  

Snaakse dinge het ook maar in die verlede gebeur.  Veral die Amerikaners het die gebruik van "badge engineering" gehad waar eintlik maar dieselfde voertuig met klein verskille onder verskillende name bemark is. Wat maak dit tog saak?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2019 @ 18:04:26 pm
Piet Ford
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 97
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 33 years

Interesante gesprek. Volgense VW is daar is n verskil tussen n "alliance" vorm en n volle saamesmelting  (full merger). 

Die idea met Ford / VW is blykbaar nie n full merger nie maar a gesamentlike onderneeming (joint venture) om saam voertuie te onwikkel vir die toekoms, wat elektriese voertuie insluit. 

Of dit nou regtig n verskil maak of nie sal net tyd leer want ek kan nie sien hoe dit verskil met die ou Mazda / Ford of die nuwe Jeep / Fiat nie. So, ons kan maar verwag om dieselfde te sien as met Jeep wat die ou Merc diesel engine vervang het met n Fiat diesel engine (ontwikkel deur VM Motori) en in die Grand Cherokee gesit het. 

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2019 @ 06:27:56 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13412
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek kan nie juis worry oor wat se voertuig ek ry nie. Solank hy doen vir dit wat ek hom voor gekoop het en EK hom laaik.

Een dink is net seker dit sal nooit een wees met 'n Toyota badge op nie.......................tongue-outlaughing

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2019 @ 09:31:17 am
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1250
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Ek kan nie juis worry oor wat se voertuig ek ry nie. Solank hy doen vir dit wat ek hom voor gekoop het en EK hom laaik.

Een dink is net seker dit sal nooit een wees met 'n Toyota badge op nie.......................tongue-outlaughing

sealed

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2019 @ 12:46:15 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2219
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Dis wat ek bedoel Leon.  Ek het egter nie sulke sterk afkeure nie. As ek mag vra, waarom joue?  Ek is wel op hierdie stadium nie oortuig van die kwaliteit van Indiese en Sjinese voertuie nie.  Dit wil nie sê ek sal nie in die toekoms hulle oorweeg as ek oortuig raak van hulle kwaliteit nie. Dit is vir my nie logies dat as 'n sekere vervaardiger in die verlede goeie of slegte voertuie gebou het, hulle dit steeds sal doen nie.  Onthou toe "made in Japan" verstaan as "Goedkoop gemors". Emosie speel geen rol in my keuse van voertuie of ander artikels nie.  Ons het 'n Hollandse vriendin gehad wat gesweer het sy sal nooit 'n Duitse motor koop nie oor haar ondervinding met die Duitse besetting van haar land gedurende die tweede wêreld oorlog.  Sulke emosies kan ek empatie mee hê. Mettertyd soos die tyd verbygegaan het, het die herhinneringe egter vervaag en haar laaste voertuig was toe 'n Polo.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2019 @ 13:48:46 pm
Expo / Jan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 541
Joined: 19 Jul 2015
Experience: 27 years

die nuwe Navara is die Stealth met dieselfde enjin as die res van die reeks. dis net 'n toevoeging en die voorkoms is opgedateer om meer windgat te laat lyk. die intre prys is so R 580 000 vir 2x4 D/C. volgende jaar kom daar 'n Navara cab en 'n half uit asook enkel kajuit. dit sal so Julie 2020 wees.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required