English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 463
Total Replies: 218 148
Total Views: 81 859 067
topics: 10 476
replies: 118 692
views: 38 630 982
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

WAT HET GEWORD VAN SOMMIGE LEDE

replies: 27
views: 496
13 May 2019 @ 10:10:19 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5439
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Hiers heelwat name op die verbruikers lys waar die lede of stil of weg is.

 

Pwven. Van Kimbetley...  Ons het al saamgekamp en sover ek weet het hy alles verkoop en ophou kamp.

Hagar.  Wat het van hom geword. Ek onthou hy was van die eerstes om my welkom te heet aan die begin.

 

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2019 @ 10:11:35 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5439
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Of is party kampers net stil. 

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2019 @ 10:20:11 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2026
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

En That'l do (of so-iets) wat so kundig was oor tegniese kampsake.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2019 @ 10:28:02 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5439
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

En That'l do (of so-iets) wat so kundig was oor tegniese kampsake.

O... Warren 

Ja soos ek verstaan is hy lid van Kamp forum.

Het al vir hom geteks of gemail  sonder sukses. Hys ook hier weg a.g.v. ontevredenheid.😎

 

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2019 @ 10:32:48 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2026
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Dis jammer.  Ek kan nie onthou dat hy ooit in die bekgevegte betrokke was nie.  Dit was bietjie onaangenaam en dis gelukkig iets van die verlede.  Dit sou regtig lekker wees om hom weer hier te sien.  Dis mos hy wat so 'n heerlike mix van languages gebruik het wat elke keer my laat glimlag het.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2019 @ 10:46:19 am
Ski
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1525
Joined: 19 Oct 2009
Experience: 32 years
Het feb saam waren gekamp by sionsberg saamtrek. ook saam Willsur
Nico & Mandy
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2019 @ 11:19:51 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 12234
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ja wel dis maar seker 'n persoon se keuse of hy hier wil gesels of nie. Ek glo hy is meer as welkom.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2019 @ 13:43:28 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5518
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Ja soms is dit beter on te zip  😐.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2019 @ 15:47:32 pm
Hannes
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 258
Joined: 21 Mar 2013
Experience: 47 years

Die tyd loop, en wag vir niemand nie.

Ek is deesdae ook baie stiller op die forum want ek het my woonwa verkoop en sal nie weer kamp nie.  Was sedert 1973 gereelde kampeerder met die wa maar dit word nou moeilik om hierdie genot langer te deel.

Ek kuier nog, maar aansienlik minder, op die forum. So moeilik om totaal afskeid te neem.

Groete aan almal

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2019 @ 17:18:42 pm
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 747
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

Ek wonder of dit nie al die “Gekose Oord” advertensies is wat lede belangstelling laat verloor nie. 

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2019 @ 07:02:38 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 12234
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek glo oud lede maak so nou en dan 'n draai. Al seg hulle niks nie.

Dis darem 'n lekker kuier geselskap hierdie en moeilik of van weg te bly.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2019 @ 07:10:50 am
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 11980
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek glo oud lede maak so nou en dan 'n draai. Al seg hulle niks nie.

Dis darem 'n lekker kuier geselskap hierdie en moeilik of van weg te bly.

Ditto....sien baie keer hul online liggies aan en af gaan

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2019 @ 07:31:55 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 12234
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ditto....sien baie keer hul online liggies aan en af gaan

Ja ek het dit ook al opgemerk veral op van die ouer onderwerpe.  Ons moet net 'n onderwerp kry wat hulle nie kan weerstaan nie.

Then they are hooked again.................................... Ha ha ha.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2019 @ 09:35:42 am
Nico
Moon Member
92% Profile Strength
Posts: 986
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

Jip .... nuwe onderwerpe, soos my "Geit" (naam van my VW Touareg wat ek so 2 maande gelede aangeskaf het)

Nou moet ek erken dat ek nog nooit van 'n outomatiese ratkas gehou het nie - nog altyd verkies om die ratte te werk soos en wanneer ek wil.

Ook nog nooit werklik aanvoeling gehad vir Diesels nie - ruik te veel van die diesel stank as ons fietsry.

Maar ....... en daar is altyd 'n "Maar" of hoe .....

Toe koop ek vir "Geit" (moes met groot tranedal vir "Moeder" - dis nou my Suzuki Grand Vitara, inruil) en wat 'n verrassing. "Geit" en "Pophuis" het mekaar dadelik gevind, die tweetjies pas so mooi saam, en sing wanneer ons gaan kamp. Juis nou weer Sondag (19 Mei oppad na Dinokeng Oord toe tot en met Vrydag 24 Mei.

Groetnis en ja, baie bly om weer van die "weggedwaaldes" te sien terugkeer!

 

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2019 @ 10:32:25 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5439
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Ja soms is dit beter on te zip  😐.

Wat sou dit beteken. ?   

Neem aan soms moet mens jou mond hou 😂

 

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2019 @ 14:16:34 pm
Dansan
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 288
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Die forum het groooooooot kompetisie van die ander media's op die mark, soos Whatsap en die ander goggas. 

Maar ek geniet die ge-chat op die forum, dis nogal insiggewend om te sien hoe baie karavaan-katte absoluut saamstem oor goeters. Nou en dan is daar 'n knorrie soos Brommer wat liggeraak is, maar wie is ons om te oordeel. Ek het ook knorries wat saam met my toer en ek is lief vir hulle almal.

Dis maar 'n man-ding om in vrede te verskil. Sommiges sit 'n R5000-00 item op sy kar en ander sit 'n soortgelyke item vir R250-00 op sy kar, en aan die einde van die dag prys elke jakkals sy eie gat.

My pa het altyd gesê dis logies dat 'n Valiant wat teen 120km/u ry mos duidelik vinniger ry as 'n Volkswagen wat 120km/u ry.  

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2019 @ 06:41:38 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 12234
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Wat sou dit beteken. ?   

Neem aan soms moet mens jou mond hou 😂

 

Dit is nou maar so Oom Johan. Kap dit net 'n plain "Ignore".  Dan gaan dit verby het al baie hier op die forum vir my gewerk.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2019 @ 06:44:40 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 12234
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Sommige is al op ander forums gevra om te loop. Hier het elke persoon 'n opinie en hy is geregtig daarop al stem ek self nie met dit saam nie. Dan gaan dit verby as jy die onderwerp net ignoreer.

Lekker forum die en "Management" het beheer.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2019 @ 09:47:25 am
Izak
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 189
Joined: 16 Sep 2014
Experience: 9 years

Dag almal, ja die forum is 'n plek van vele inligting en raad vir iedere en elke wag met 'n probleem sukkel en net wil lag. Dankie vir die boodskappe en hulp wat hoog op prys gestel word van bo tot onder. Die bestuur en lede van die forum man en vrou wat hier in loer van tyd tot tyd.

Lekker dag verder almal.

Hi there fellow camper, enjoy camping.
When you leave just leave your foot prints and nothing other than a clean site as you found it.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2019 @ 10:53:33 am
mulderpm
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 579
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 24 years

Ek dink meeste wat weggaan is omdat hulle nie meer kamp nie. Dan is daar ook die wat hulle vererg het vir n' bekgeveg en sensatief is oor sulke dinge. Dan is daar seker ook die wat die kamp mal gevoel verloor.

My omstandigheede het so 2 jaar terug verander en my Penta het my verlaat. Sonder die woonwa het dit nie juis vir my sin gemaak om hier daaroor te gesels nie. Maar dit is hoe ek voel....elke een het sy eie rede.

Gaan Junie skool vakansie Tshipise toe. Een van my x kolegas en ook n' kampeerder gaan sommer vir twee maande daar heen...Junie en Julie. 

Lekker kamp.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2019 @ 13:27:18 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4713
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Die forum het groooooooot kompetisie van die ander media's op die mark, soos Whatsap en die ander goggas. 

Maar ek geniet die ge-chat op die forum, dis nogal insiggewend om te sien hoe baie karavaan-katte absoluut saamstem oor goeters. Nou en dan is daar 'n knorrie soos Brommer wat liggeraak is, maar wie is ons om te oordeel. Ek het ook knorries wat saam met my toer en ek is lief vir hulle almal.

Dis maar 'n man-ding om in vrede te verskil. Sommiges sit 'n R5000-00 item op sy kar en ander sit 'n soortgelyke item vir R250-00 op sy kar, en aan die einde van die dag prys elke jakkals sy eie gat.

My pa het altyd gesê dis logies dat 'n Valiant wat teen 120km/u ry mos duidelik vinniger ry as 'n Volkswagen wat 120km/u ry.  

Moenie my betrek nie. Iemand wat liggeraak is probeer ander oortuig dat hy dieselfde waarde as die ander gekry het met sy klein skermpie, kamma HD kamera (maar skerm kan nie HD kwaliteit lewer nie en dus beteken dit niks, en dan nog swak proppies en probeer steeds ander en homself oortuig dat hy dieselfde gekry het as ander vir baie goedkoper?

En nou dat ek dit uitgelig het nou wie is dan liggeraak?

Daar is duidelik al goed bespreek dat sommige net uit is om te teiken, soos in die geval waar my naam nou genoem word, terwyl die persoon eintlik maar net sekerlik sleg voel omdat sy "goedkoop" stories bietjie 'n hou gekry het. Verder stel ek regtig nie belang in hoe hy iemand probeer oortuig hoe goed sy goed werk nie, eks deur baie van die oefeninge, vertel jouself wat jy sal glo. Ek sit elke dag met ander se slenter werk..

Die groot joke, ek maak meer geld agv daarvan, want ek kan nou ekstra arbeid vra om die gemors uit te haal. So dis regtig vir my meer wins as mense eers ander nonsens gaan insit en dit pas my sak goed, dankie.

Daar is ook baie gesprekke buite die Forum oor ander, oor my, oor x en y en z ens, en dan word daar maar gelag oor die nonsens wat ander kwytraak.

 

@ Dansan, jou post oor die kamera werk baie lekker, ek wys dit weekliks vir mense, nes die ou wat gereken het hy spaar soveel 1000'de rande met sy 300W paneel... Regtig, julle sorg vir goeie entertainment en goeie vergelykings. Ek vra dan daai persoon om te vergelyk en dan vir my te sê of hy eerder so iets wil hê.... HAHA!

Hier is mense wat net uit is om ander te benadeel, en dan ander wat kla dat ek adverteer soos Leon, maar hy kla nie oor Danie wat adverteer nie. Alhoewel ek nie my naam of kontaknommer regtig adverteer nie, ek help net die wat wel gehelp WIL word en waar ek kan help, en ek vra my fooie daarvoor.  

 

Jys te gemaklik in jou kantoor jobbie om op ander neer te kyk wat elke dag onder karavane en voertuie moet inklim en op dakke in die son gaan werk en lewe maak vir hulle en hulle kinders........

Maar soos genoem, sodra jy so persoon bietjie aan die bek ruk teiken hulle jou so, en intussen is daar genoeg mense wat vir jou lag agter die skerms, want baie wat jy sê maak nie sin nie en wat kan ek sê, jy word maar beoordeel deur hoe jy dinge doen. Gelukkig kan mense net sê ek is duur, maar niemand kan sê ek het swak werk gedoen nie, almal praat net van uitstekend. En hier is selfs mense op die forum wat so in die stilte sal getuig daarvan ;-)

Nou ja, teiken my maar, ek lag cheapskates af.


👍
0
💔
1
😮
0
🙂
0
15 May 2019 @ 14:22:15 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5439
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Hi brommer, wats jou naam.

Ons kom mos al n ver pad... soo stuur vir my.  Ek het mos al gesê ons kan n saamkamp hê. 

Net n grappie vriend. 😎  chill .

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2019 @ 15:16:35 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6965
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Ek glo oud lede maak so nou en dan 'n draai. Al seg hulle niks nie.

Dis darem 'n lekker kuier geselskap hierdie en moeilik of van weg te bly.

Het ook nie elke dag tyd om hier inte loer nie. 

My werk laat dit nie toe en dis moeilik terwyl ek bestuur.

Loer ook maar na party en leer nie kommentaar. 

Toe mond is n heel mond. 

 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2019 @ 15:18:40 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6965
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Ek glo oud lede maak so nou en dan 'n draai. Al seg hulle niks nie.

Dis darem 'n lekker kuier geselskap hierdie en moeilik of van weg te bly.

Het ook nie elke dag tyd om hier inte loer nie. 

My werk laat dit nie toe en dis moeilik terwyl ek bestuur.

Loer ook maar na party en lewer nie kommentaar. 

Toe mond is n heel mond. 

 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2019 @ 18:39:03 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4713
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Hi brommer, wats jou naam.

Ons kom mos al n ver pad... soo stuur vir my.  Ek het mos al gesê ons kan n saamkamp hê. 

Net n grappie vriend. 😎  chill .

EK lees nie al die drade nie, iemand het my verwys na die draad waar na my verwys is.... ;-)

Soos gesê, ek lag sulke goed eintlik af.

Jy kry 95% van die groep wat almal kwê oor nonsens en kostes en die ander 5% probeer dinge doen op beter maniere of soek iets beter as die normaal of wat ander mense sê op forums.. Daai 5% is met wie ek werk en ernstig opneem as hul praat, die res, geniet jouself..


👍
0
💔
1
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 18:19:47 pm
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1129
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 40 years

Mag dalk in jou oe n cheapskate wees, maar my Pa is DIE KONING  en dit maak my n Konings kind. Geseend is jy

AMAZING
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 19:00:56 pm
Ph . . . .t
Saturn Member
70% Profile Strength
Posts: 2296
Joined: 07 Feb 2012
Experience: 59 years

Amen op daai een Chris!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 20:38:02 pm
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1159
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Eish, nou vra julle hoekom van die ou manne nie terugklim op die forum nie!

Laat vrede heers boetas, dis tog beter as om mekaar onnodig op te wen.

Elkeen se opinie is h/sy geregtig op en ons hou dit so.

Sê jou sê, maar addresseer die saak, nie die mens nie.

Soos rugby, speel die bal, nie die man nie!

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required