English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 136
Total Replies: 227 835
Total Views: 82 286 643
topics: 10 757
replies: 123 555
views: 38 811 170
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Caravan tent question / karavaantentvraag

replies: 26
views: 582
04 May 2019 @ 08:46:44 am
L&M
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 108
Joined: 29 Apr 2017
Experience: 30 years

gegroet!

Wil graagbweet wat is die gebruik van die plastiekflappe onder aan die karavaantent.

 

- wat is die doel daarvan volgens die Karavaanhandboek (waarvan ek nog nooit en gesien het nie)

- wat gebeur in werklikheid daarmee?

 

groete

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 May 2019 @ 09:01:47 am
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1685
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Sekf nie seker nie. Ons vou dit na binne en pak hom dan vas met los goed om  apies uit te hou. Dit keer ook maar dat daar nie direkte wind en reën inkom nie. Party langkampers sit hul tapyte oor dit om mooi af te rond. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 May 2019 @ 10:21:17 am
L&M
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 108
Joined: 29 Apr 2017
Experience: 30 years

Dankie, Heinrich.

kamp al lank maar nou onlangse karavaners.  Gegewe dat die rubberringe aan die buitekant reg bo die 'flap' is, maak dit sin dat dit na binne vou ...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 May 2019 @ 10:45:00 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13454
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek dink daai onderkante is plastiek omdat dit die gedeelte is wat op die grond hang. Voordeel daaraan is....as dit canvas of materiaal was, sou dit muf van die klamigheid.....selfs vrot sou jy baie lank staan. Plastiek sal langer hou in sulke klam omstandighede. Ander voordeel is dat dit maklik skoonmaak. Dis maar baie keer modderig vuil wat mens net met n klam lap kan skoonmaak....met sulke moddervlekke op canvas of materiaal sou n gesukkel afgee. 

My2c

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 May 2019 @ 12:30:16 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1685
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Dankie, Heinrich.

kamp al lank maar nou onlangse karavaners.  Gegewe dat die rubberringe aan die buitekant reg bo die 'flap' is, maak dit sin dat dit na binne vou ...

Doen maar moeite om by daardie ronde ring of lus n tentpen in te kap om jou tent stewig te hou. 

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
04 May 2019 @ 13:52:29 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7617
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Ek dink daai onderkante is plastiek omdat dit die gedeelte is wat op die grond hang. Voordeel daaraan is....as dit canvas of materiaal was, sou dit muf van die klamigheid.....selfs vrot sou jy baie lank staan. Plastiek sal langer hou in sulke klam omstandighede. Ander voordeel is dat dit maklik skoonmaak. Dis maar baie keer modderig vuil wat mens net met n klam lap kan skoonmaak....met sulke moddervlekke op canvas of materiaal sou n gesukkel afgee. 

My2c

Nes jy daar sê. 

Weermag tente het ons sand sakke op dit geplaas om die kant seil mooi styf te hou en vir wind. 

 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 May 2019 @ 08:56:19 am
Dries
Silver Member
77% Profile Strength
Posts: 50
Joined: 20 Sep 2017
Experience: 36 years

Jare terug het ons plastiese grondseile gehad wat spesifiek vir jou tent gemaak was. Dan het hierdie gronseile presies in die tent gepas en op die tent flappe gele. Enige wind of reenwater het eenvoudig onderdeur gegaan.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
07 May 2019 @ 17:53:27 pm
L&M
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 108
Joined: 29 Apr 2017
Experience: 30 years

Jare terug het ons plastiese grondseile gehad wat spesifiek vir jou tent gemaak was. Dan het hierdie gronseile presies in die tent gepas en op die tent flappe gele. Enige wind of reenwater het eenvoudig onderdeur gegaan.

aha!!  dit maak sin!  dankie Dries

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 May 2019 @ 10:57:20 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Jare terug het ons plastiese grondseile gehad wat spesifiek vir jou tent gemaak was. Dan het hierdie gronseile presies in die tent gepas en op die tent flappe gele. Enige wind of reenwater het eenvoudig onderdeur gegaan.

Kan dit baie goed onthou.  Deesdae gooi ons eers die grond net oop en kap dit vas dan slaan ons die res van die tent op.

Daai tyd het my pa die soliede seil na die opslaan aan die binnekant van die tent gelê.  Een jaar by Zinkwasi het die wind so gewaai dat die grondseil so groot bol binne die tent gemaak het.

As ons lank kamp maak ek ou denim broekspype wat afgesny is en een kant toe gewerk is vol met sand. Dit pak ek net aan die wind kant van die tent om die plastiek vlappe vas te hou.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
11 May 2019 @ 10:54:17 am
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1479
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Hierdie onderwerp was voorheen op 'n ander draad volledig bespreek.

Kan iemand help om dit op te spoor?

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
21 May 2019 @ 18:47:32 pm
L&M
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 108
Joined: 29 Apr 2017
Experience: 30 years

Ek kon die naweek by Dinokeng resort gaan rondkyk hoe die tentflappe benader word.  Met die vasslaan van die kantpanele is die flappe ingevou na binne.

... en die res van die kampers maak almal so :-)

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 May 2019 @ 08:07:46 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek kon die naweek by Dinokeng resort gaan rondkyk hoe die tentflappe benader word.  Met die vasslaan van die kantpanele is die flappe ingevou na binne.

... en die res van die kampers maak almal so :-)

 

 

Mens moet maar net die vou van die plastiek vlappe op die hoeke van die tent mooi uit sorteer.  Dan eers die tent pen aan die buitekant in kap.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
22 May 2019 @ 08:44:21 am
Anonymous

Ons vou ook die flappe na binne en plass die grondseil daaroor. Tafels en bygaande stoor items word dan daarop geplaas.

Die rubber ringe aan die buite kant, neem ek 'n paal en ruig dit deur die ringe en kap slegs 3x penne in.

Ek kap 'n pen by elke punt en een in die middel oor die paal sodat die pen se kop ronding die paal vashou.

Dit bespaar baie tyd om die metode te gebruik as om by elke ring 'n pen in te kap.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 May 2019 @ 09:31:39 am
L&M
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 108
Joined: 29 Apr 2017
Experience: 30 years

Ons vou ook die flappe na binne en plass die grondseil daaroor. Tafels en bygaande stoor items word dan daarop geplaas.

Die rubber ringe aan die buite kant, neem ek 'n paal en ruig dit deur die ringe en kap slegs 3x penne in.

Ek kap 'n pen by elke punt en een in die middel oor die paal sodat die pen se kop ronding die paal vashou.

Dit bespaar baie tyd om die metode te gebruik as om by elke ring 'n pen in te kap.

die paal-deur-die-ringe is beslis 'n plan wat ek ook al probeer het en dit werk baie lekker - hou en span alles mooi in lyn en is ligter op penne ook :-)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 May 2019 @ 12:53:54 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ons vou ook die flappe na binne en plass die grondseil daaroor. Tafels en bygaande stoor items word dan daarop geplaas.

Die rubber ringe aan die buite kant, neem ek 'n paal en ruig dit deur die ringe en kap slegs 3x penne in.

Ek kap 'n pen by elke punt en een in die middel oor die paal sodat die pen se kop ronding die paal vashou.

Dit bespaar baie tyd om die metode te gebruik as om by elke ring 'n pen in te kap.

Ek hou van die paal deur die ronde rekke idee. Dit verseker dat die tent se sy netjies en reguit vas getrek word.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
25 May 2019 @ 07:48:30 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13454
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ons vou ook die flappe na binne en plass die grondseil daaroor. Tafels en bygaande stoor items word dan daarop geplaas.

Die rubber ringe aan die buite kant, neem ek 'n paal en ruig dit deur die ringe en kap slegs 3x penne in.

Ek kap 'n pen by elke punt en een in die middel oor die paal sodat die pen se kop ronding die paal vashou.

Dit bespaar baie tyd om die metode te gebruik as om by elke ring 'n pen in te kap.

Ek het laas n kampeerder gesien wat ook hierdie metode gebruik, maar maak gebruik van daai teleskopiese verfpale.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 May 2019 @ 14:44:29 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1479
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Ek hou van die paal deur die ronde rekke idee. Dit verseker dat die tent se sy netjies en reguit vas getrek word.

 

Effe riskant as die wind probeer om jou en jou tent van die aardbol af te waai. In my opinie hou elke pen wat jy nie inkap nie 'n wind risiko in.

Dit is tentopslaan 101: slaan al jou penne in, al verwag jy nie wind nie.

Ons was al in verskeie situasies, in die binneland, waar stormwind onverwags opkom. Eenmaal by Chobe rivier met 3 man Coleman tent gestaan, soos altyd al die pennetjies ingekap. 03:00h daardie oggend probeer die wind ons in die rivier in waai. Moes die tent aan die binnekant met my hande van ons gesigte af hou, maar die tent het bly staan.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 May 2019 @ 07:59:35 am
Anonymous

Ek het laas n kampeerder gesien wat ook hierdie metode gebruik, maar maak gebruik van daai teleskopiese verfpale.

laughingHet jy nie dalk my gesien nie?

Ek maak gebruik van die teleskopiese verfpaal metode.

Ek het ook 2x aangebring vir die awning tussen die middel en kant pale. Dit werk goed om die water opdamping te voorkom.

Ek het ook ń paar van hulle met afgesaagde verf rollers aan die punte om die silwer seil netjies te span.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 May 2019 @ 08:13:00 am
JohanMarais
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 446
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 30 years

Is die verfpale nie baie “flimsy” nie?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 May 2019 @ 08:41:54 am
Anonymous

Is die verfpale nie baie “flimsy” nie?

Nee glad nie.

As jy hulle tot maks. uittrek, is hulle bietjie flimsie.

Die wat ek gebruik om die silwer seil te span, kap ek ook penne onder by die pale se handvatsels om hulle meer stewig te laat staan.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 May 2019 @ 09:32:23 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5609
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Is die verfpale nie baie “flimsy” nie?

Jy kry verskillende lengtes. As jy die swartes gebruik hoef jy nie so ver uit te trek nie, dan bly die paal stewig. 

Al wat ek gevind het is dat die horisontales wat deur die kant rekke gebruik word begin te roes   a.g.v.  vog wat makliker inkom.  Maar dis so goedkoop, kan maklik vervang word en hulle hou in elk geval n goeie klompie kampe.

 

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 May 2019 @ 12:20:04 pm
Anonymous

Die rooi pale by Builders is die goedkoop een en van harde plastiek. Hulle gebruik ek deur die rekke.

Die geel pale is so R20 duurder, maar baie stewig en stabiel.

Hulle gebruik ek vir die silwer seil en die 2x by die awning.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 May 2019 @ 07:27:21 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Effe riskant as die wind probeer om jou en jou tent van die aardbol af te waai. In my opinie hou elke pen wat jy nie inkap nie 'n wind risiko in.

Dit is tentopslaan 101: slaan al jou penne in, al verwag jy nie wind nie.

Ons was al in verskeie situasies, in die binneland, waar stormwind onverwags opkom. Eenmaal by Chobe rivier met 3 man Coleman tent gestaan, soos altyd al die pennetjies ingekap. 03:00h daardie oggend probeer die wind ons in die rivier in waai. Moes die tent aan die binnekant met my hande van ons gesigte af hou, maar die tent het bly staan.

Dit is waar wat jy sê dat elke pen wat nie ingekap word nie help eintlik met 'n tent wat nie gaan bly staan in die wind nie.

Ek hou steeds van die idee want dit lyk baie netjies.   Sal maar kou aan hom voordat ek dit sal implementeer.  Met alles is daar 'n trade off.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
27 May 2019 @ 08:00:48 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13454
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Is die verfpale nie baie “flimsy” nie?

Ek sou ook liewer gewone pale verkies....darem nie veel duurder nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 May 2019 @ 08:25:17 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Oom by Eiland het wit plastiese conduit pyp daar ingeryg en vas gekap.

Dink die wind is nie erg in daai geweste nie en ek glo nie hy sou dit doen as hy al voorheen daar erge wind beleef het nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 May 2019 @ 15:20:09 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5609
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Die rooi pale by Builders is die goedkoop een en van harde plastiek. Hulle gebruik ek deur die rekke.

Die geel pale is so R20 duurder, maar baie stewig en stabiel.

Hulle gebruik ek vir die silwer seil en die 2x by die awning.

Die rooi pale is vir die leeu-ondersteuners

Swartes vir die sharkes of all blacks

Bloues vir die bulle

En die geles vir die ausies

Ongelukkig nie orange pale vir ons vrystaters nie of bontes vir die stormers nie( wit/blou)

Net n grappie....   voordat iemand kwaad word.

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 May 2019 @ 15:33:11 pm
Anonymous

Die rooi pale is vir die leeu-ondersteuners

Swartes vir die sharkes of all blacks

Bloues vir die bulle

En die geles vir die ausies

Ongelukkig nie orange pale vir ons vrystaters nie of bontes vir die stormers nie( wit/blou)

Net n grappie....   voordat iemand kwaad word.

laughingNee wat oom Johan, gelukkig het ek al myne gespuit verf met ''Mirror Chrome''.

Elke tipe gehalte het ek net gemerk sodat die pale nie deurmekaar raak nie.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required