English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 488
Total Replies: 218 499
Total Views: 81 872 034
topics: 10 486
replies: 118 922
views: 38 638 062
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Agge nee man Ford kry weer pak slae

replies: 36
views: 517
25 Apr 2019 @ 19:35:12 pm
Bak oor
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1080
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Op n ligter noot.

Ford kry pak slae oor deur slotte en alarms

Dit is omdat Ford so n tongue-out vrek lekker voertuig is en die verbruiker gee nie die vervaardiger kans om ordentlike slotte aan te sit. cool Jy wil net eenvoudig die bakkie hê en kannie wag nie. 

Rom 8 - 1&2
Daar is nou geen ververoordeling vir die wat in Christus jesus is
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2019 @ 20:09:29 pm
DK
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1565
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 17 years

Kyk, dit bly ń mooi trokkie.

Vanmiddag weer ń Wildtrack gesien met niks uit sy plek nie.

Die ou kon maar spog, want die trokkie was vrek mooi.

Dieselfde kleur as wat Leon gehad het, maar daai "rims" het my mond laat oophang.

No More............?
No More............?
No More............?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2019 @ 20:38:45 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 12021
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek het n video clip gesien oor dit....dis scary hoe vinnig hulle kar oopmaak....ek dink hulle is vinniger as wat mens dit met n sleutel sou doen. Lyk of dit op paar reekse is....video wys Rangers, Fiesta, Focus en Figos. Daar is selfs fb groepe gestig wat net handel oor Ford diefstal in SA...baie lede.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2019 @ 20:54:10 pm
Kamp is Koning
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 172
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 21 years

Ek is net bly vir die Ford eienaars dat die vervaardiger die probleem raakgesien het  en dat hulle bereid om iets daaraan te doen. Die krimineele element buit definitief hierdie probleem uit met hulle inbrake en diefstalle uit die voertuie uit.

Goeie ou dae
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2019 @ 22:29:21 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1185
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Julle kampers is maar lekker aan die slaap hier :). Die probleem is al onder Ford se aandag gebring in 2017 en was al in die publieke domein voor dit. Ford het, tipies, nie juis aandag gegee nie. Die FB groep het tans meer as 10000 lede en dit groei nou met sowat 'n paar honderd nuwe lede elke paar dae. (en nee daar is nie 'n nul of so te veel nie, die ledetal is regtig so hoog!). Een van die lede se Fiesta is nou al 7 keer by ingebreek deur die swak slot ontwerp, en Carte Blanche is ook nou betrokke (kyk Sondagaand 28 April!). My vorige Ranger is ook so oopgemaak met die eerste diefstalpoging in 2017 en ek glo ook weer in Desember 2018 toe die tipper wel gesteel is. Die nuwe tipper se slot is binne 'n week of twee gedokter sodat dit nie meer die deur kan oopmaak nie (maar ek het nou altyd 'n spaar remote battery by my want dis al wat nou die ding sal oopsluit). Voor die Amakrok mense (verstaan dis een van die dae 'n Amaranger met die wat Ford VW se nuwe tipper gaan bou!) en Toy mense begin kraai van lekkerkry, daar is nog 6 of so vervaardigers wat almal dieselfde swak slot gebruik - die kriminele het dit nog net nie besef nie; tans is elke wannabe dief op die uitkyk vir die naaste Ford in die hoop dat daar iets te aas is in die voertuig. Punt is die Ford kliente is die bl^ks%m in en eis aksie van Ford, party mense begin al geluide maak van 'n klas aksie teen Ford, so hulle het nie meer 'n keuse anders as om iets te doen nie.  Aan die ander kant kan mens nie glo hoeveel mense laptops in hulle voertuie los nie onder die vals indruk dis veilig agter in die bak (dis nou Fiesta en Ecosport), party het al 2 of 3 laptops so verloor...maar leer steeds nie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2019 @ 22:32:08 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1185
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Ek is net bly vir die Ford eienaars dat die vervaardiger die probleem raakgesien het  en dat hulle bereid om iets daaraan te doen. Die krimineele element buit definitief hierdie probleem uit met hulle inbrake en diefstalle uit die voertuie uit.

Nee die vervaardiger het niks raakgesien nie, tipies het hulle dit probeer wegsteek agter 'n standaard antwoord dat hulle slotte soos die wet vereis aan 'n sg Vlak 4 standaard voldoen. Dii wil voorkom asof dit die druk en swak publisiteit vanuit die kliente wat geraak word se geledere wat hulle dit laat "raaksien" het!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2019 @ 22:52:50 pm
Bak oor
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1080
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Jorg so word ons n rat voor die oë gespeel deur baie vervaardigers. Ford se deur slotte is n probleem ander smous nuwe voertuie aan jou met selfde engins wat al twintig jaar plus in hul karre is en al fyftien jaar terug n update nodig gehad het, net die body verander. Ons moet nie laat die pers ons aan die neus rond lei. Hierdie word natuurlik goed uitgebuit deur oppesisie vervaardigers om die produk slegte publisiteit te gee. Ja Ford word gesteel left right en center daar moet iets aan gedoen word. Jare terug en dalk nog steeds loop sekere toyotas net so deur.  Ek dink assuransies chop lelik af en dalk sit hulle agter die hele ding om die fout reg te stel.

Rom 8 - 1&2
Daar is nou geen ververoordeling vir die wat in Christus jesus is
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2019 @ 23:10:50 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1185
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Bakkies jy is reg, die gewildste voertuig om te steel bly maar die VW Polo Vivo, jare terug was dit die Citigolf (wat die naam German Take away gekry het onder studente). Toy's bly hoog op die diefstal lys, dink onder die hoogste. Probleem met die Fords is dat meerderheid slegs oopgebreek word om te kyk of daar iets is om te steel binne....beter slotte en alarms sal dit baie verbeter. Dink ook so daaraan, elke Ford slot kos sowat R5000, so dis goeie besigheid vir Ford as die slotte opgevoeter word...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2019 @ 04:30:50 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2852
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Dit lyk vir my asof Ford n GROOT probleem het. Nie hul produkte nie, maar hul houding teenoor die klient. 

Op die Ford FB forums kla mense gereeld oor diens en veral waarborge. Mense beweer hulle verloor waarborg eise as hulle bv n ander "grill" opsit ens.

Ek glo natuurlik n saak het 3 kante. Joune,myne en die waarheid.

Sal Sondagaand sien wat Ford se kant is oor hierdie saak.

Weet iemand of daar al uitspraak gelewer is in die Kuga sage?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2019 @ 06:13:48 am
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1050
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 6 years

As 'n Ford eienaar neem ek kennis van die probleme en hoop maar ek ontsnap.   Ander vervaardigers het ook maar hul probleme.   BMW is byvoorbeeld met $10milj in Suid-Korea beboet weens brande wat in die enjins ontstaan .   Iets soos 22600 voertuie is herroep.  Google "BMW fined in Korea".

Groete

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2019 @ 06:20:55 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 12290
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ja wel tyd sal leer.  Ek sluit my tipper deur die sluit knoppie op die remote twee keer te druk.  Dan bevestig die voertuig met 'n enkel geluid van die toeter dat die Tipper dubbel gesluit is.

Volgens die handleiding kan jy nie die voertuig dan selfs van binne af oop maak nie.

Weet nou nie of die dubbel sluit 'n rower gaan keer as hy die slot self breek nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2019 @ 06:29:56 am
Hennie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 664
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

My EcoSport se slot ook verlede jaar gebreek. Ek het dit op my eie onkoste herstel aangesien ek nie my no-claim bonus wou verloor nie. Gelukkig kan die slot baie maklik vervang word.

Doe probleem blyk ook te wees dat Ford blindelings na die probleem gekyk het aangesien hulle lekker geld ook gemaak het met die vervangings. Daardie klein slot het my R1900 gekos. Gelukkig is my seun werksaam by Ford en kon ek dit teen goeie prys kry en hy het dit self vir my geinstalleer.

Die probleem met die 3.2 Ranger is dat die alarm/sirene in die "wheelarch" is en dit maklik ontkoppel word. 

Ek LOVE nogsteeds my FORD.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2019 @ 06:33:22 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 12290
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek moet nog daai toeter en drade skuif na die binnekant van die enjin kompartement.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2019 @ 11:08:45 am
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1185
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Ek moet nog daai toeter en drade skuif na die binnekant van die enjin kompartement.

Leon doen dit SSM, ek het in 2017 nagelaat om dit te doen na die eerste poging om my tipper te steel. En in Desember was hy toe gesteel by die Centurion Mall. As jy dit nie doen nie kan jy dubbelsluit soveel as jy wil, daai T-bar Allan key breek daai deurslot binne 'n sekonde of twee oop, en dan is die dubbel sluit ook oop en jou tipper is weg. Stuur vir my jou sel nommer dan sms ek jou kontak besonderhede van iemand in Honeydew wat my nuwe tipper so verander het asook twee ander goed wat net so krities is. (ek wil nie alles op 'n oop forum openbaar nie...Koos Kroek lees ook!).

Dis regtig nie meer 'n geval van as hulle joune probeer steel nie, eerde 'n geval van wanneer. En toets of joune regtig dubbelsluit, my gesteelde een (2015 model) het al die regte geluide gemaak en die handboek het al die regte goed beskryf maar toe ek 'n venster effe ooplos en die ding dubbelsluit toe kan ek hom oopmaak van binne af...so die handboek en geluide is verkeerd! Die nuwe tipper dubbelsluit wel vir wat dit werd is

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2019 @ 11:36:08 am
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1550
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Julle moet my verskoon maar ek gaan glad nie kommentaar hierop lewer nie. Al wat ek kan sê is dat ek nog my hele lewe net Toyota's gehad. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2019 @ 11:45:46 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2032
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Soos ek dit verstaan is dit darem nie alle Fords nie- slegs Fiesta en Ecosport.  Dit klink ook of dit reeds reggestel is in voertuie wat nou verkoop word.  Mercedes is ook terloops onlangs uitgevang dat hulle met uitlaatsyfers gepeuter het.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2019 @ 12:39:36 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1185
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Julle moet my verskoon maar ek gaan glad nie kommentaar hierop lewer nie. Al wat ek kan sê is dat ek nog my hele lewe net Toyota's gehad. 

Synde 'n eienaar te wees van die "top gesteelde" handelsmerk is dit dalk beter so... heh heh heh

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2019 @ 12:43:21 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1185
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Soos ek dit verstaan is dit darem nie alle Fords nie- slegs Fiesta en Ecosport.  Dit klink ook of dit reeds reggestel is in voertuie wat nou verkoop word.  Mercedes is ook terloops onlangs uitgevang dat hulle met uitlaatsyfers gepeuter het.

Nie waar nie...nuwe Figo asook Ranger deel ook dieselfde slot, klein veranderinge aan die alarm stelsel wat in Ranger se geval dit nog makliker maak om die alarm te kan omseil. Die storie van slegs ouer modelle is ook twak, my 2015 (gesteelde) Ranger en die nuwe ene het PRESIES dieselfde slotte asook presies dieselfde alarm sirene plasing....dink Ford probeer voorbrand maak om enige recall so klein moontlik te probeer hou...hulle gaan nie daarmee wegkom nie...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2019 @ 13:13:42 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2852
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Jammer niemand het Ford hof toe gesleep nie.

Hierdie kan n GROOT deurbraak word vir alle handelsmerke

Eks natuurlik baie skepties oor die hele storie. Is assuransie maatskappye nie hierby betrokke nie sodat hulle hoeer premies uit mense kan wurg?? Use it ...loose it???

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2019 @ 13:18:44 pm

26 Apr 2019 @ 13:38:36 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1185
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Dink so daaroor, R5k elke keer om slot te vervang wat slegs by Ford gekoop kan word, aanvaar die sowat 10 000 lede van die FB groep het elk minstens een keer deurgeloop (party al tot 7 keer!), maar kom ons hou by 10 000 gevalle, dan het Ford reeds minstens R50m gemaak uit die vervanging van slotte!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2019 @ 15:46:26 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2032
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Word dit opgradering nie gratis gedoen nie?  Aangesien dit 'n ontwerpsfout is, behoort dit tog soos alle terugroepe, deur Ford gedra te word. Of herroep Ford nie in die geval nie?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2019 @ 16:44:20 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6985
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Maak nie saak wat se voertuig dit is nie. 

Hy moet veilig kan toe sluit en TA moet hom nie kan oop maak nie.

Jammer julle FORD manne dat julle nou met n delema sit. 

Sterkte 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2019 @ 19:18:18 pm
Bak oor
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1080
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Julle kampers is maar lekker aan die slaap hier :). Die probleem is al onder Ford se aandag gebring in 2017 en was al in die publieke domein voor dit. Ford het, tipies, nie juis aandag gegee nie. Die FB groep het tans meer as 10000 lede en dit groei nou met sowat 'n paar honderd nuwe lede elke paar dae. (en nee daar is nie 'n nul of so te veel nie, die ledetal is regtig so hoog!). Een van die lede se Fiesta is nou al 7 keer by ingebreek deur die swak slot ontwerp, en Carte Blanche is ook nou betrokke (kyk Sondagaand 28 April!). My vorige Ranger is ook so oopgemaak met die eerste diefstalpoging in 2017 en ek glo ook weer in Desember 2018 toe die tipper wel gesteel is. Die nuwe tipper se slot is binne 'n week of twee gedokter sodat dit nie meer die deur kan oopmaak nie (maar ek het nou altyd 'n spaar remote battery by my want dis al wat nou die ding sal oopsluit). Voor die Amakrok mense (verstaan dis een van die dae 'n Amaranger met die wat Ford VW se nuwe tipper gaan bou!) en Toy mense begin kraai van lekkerkry, daar is nog 6 of so vervaardigers wat almal dieselfde swak slot gebruik - die kriminele het dit nog net nie besef nie; tans is elke wannabe dief op die uitkyk vir die naaste Ford in die hoop dat daar iets te aas is in die voertuig. Punt is die Ford kliente is die bl^ks%m in en eis aksie van Ford, party mense begin al geluide maak van 'n klas aksie teen Ford, so hulle het nie meer 'n keuse anders as om iets te doen nie.  Aan die ander kant kan mens nie glo hoeveel mense laptops in hulle voertuie los nie onder die vals indruk dis veilig agter in die bak (dis nou Fiesta en Ecosport), party het al 2 of 3 laptops so verloor...maar leer steeds nie

Jorg. Ons kampers slaap so lekker want ons kamp so lekker cool

Rom 8 - 1&2
Daar is nou geen ververoordeling vir die wat in Christus jesus is
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2019 @ 19:18:22 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4725
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Wel ek gaan nou nie kom en "ja ek het julle gesê nie" maar dis nog altyd my issue met Ford, hulle worry niks. Kry jy issue, is hulle altyd vol slim praatjies.

Ek gaan dit nou reguit sê, ja Toyota het ook maar hul dinge. Gelukkig is dit vir my klein. Soos toe ek nou Rav4 vir 1ste diens gevat het, bedinges ek myself oor daai rooi en blou gemors op die battery. Die outjie het na my klagte geluister en gevra hoe hul kan regstel en wat ek wil he.. (My magtag dit was soos om na musiek te luister). Ek vra toe asb dat hul dit afhaal en nie weer op my voertuie spuit nie. Done. Dankie dat meneer dit onder ons aandag gebring het, kan ek vra dat u dit in vervolg net aan ons sal noem. Weereens, soos musiek in my ore. 

Vra jy iets vir Ford of Mazda...? Haha..

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2019 @ 19:27:38 pm
Bak oor
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1080
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Brommer ek gaan met jou saamstem. Toyota se diens is regtig nie sleg nie. Of ek nou van hulle hou of nie. Ek het n nuwe Toyota 1.6 corrola gehad. Toyota het elke maand van nuuts af agter shocks vervang vir ses maande tot hulle die kar reg gekry het. Fabrieks fout en hulle weet dit en nie geskroom om my tevrede te stel.

Rom 8 - 1&2
Daar is nou geen ververoordeling vir die wat in Christus jesus is
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2019 @ 19:49:59 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 12021
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Die manne wat daai slotte ontwikkel het, het definitief geweet hoe maklik is dit om met daai slotte te peuter....hoop hulle pluk die vrugte van hulle gemors

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2019 @ 07:08:56 am
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 752
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

Ek kan my nie indink dat Ford al die voertuie wat hulle verkoop het se slotte sal vervang nie. Dit sal net nie gebeur nie. Ek moet se ek hou van Ford produkte, en veral die Ranger en Everest reekse, maar as dit by naverkoopsdiens kom lyk my skiet Ford hulle gedurig in hul eie voet.

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2019 @ 07:13:05 am
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 490
Joined: 04 May 2016
Experience: 32 years

Geert, daardie slotte is ontwerp vir voertuie wat nie vir Afrika bedoel is nie.

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2019 @ 13:42:15 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1550
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Synde 'n eienaar te wees van die "top gesteelde" handelsmerk is dit dalk beter so... heh heh heh

Ten minste het die diew (of dan nou hul klante) ook goeie smaak. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2019 @ 13:47:16 pm

27 Apr 2019 @ 13:48:09 pm
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 752
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

Geert, daardie slotte is ontwerp vir voertuie wat nie vir Afrika bedoel is nie.

Dit is nou wragtig waar...😂

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
1
🙂
0
28 Apr 2019 @ 03:46:45 am
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1191
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Die manne wat daai slotte ontwikkel het, het definitief geweet hoe maklik is dit om met daai slotte te peuter....hoop hulle pluk die vrugte van hulle gemors

Dis jong slim manne wie dink die ouens met ervaring hou inisiatief en verbetering terug, wie ontwerp.

Die voorstel lyk goed op papier en spaar die vervaardiger koste.

Almal klap hande vir jong slim man en implimenteer sy ontwerp.

En nou betaal die kliënt daarvoor deur besteel te word, ongerief en vervangingskoste.

Gaan oor geld blêddie gierigheid.

Daar word nêrens in die wêreld motors vir afrika toestande gebou nie. Gebruik dit net as advertensie foefie. Die mark lê elders.

Dis hoekom Land Rover die Defender gestaak het. Die juppies van engeland en europa soek nou iets anders.

Dis net ons in SA waar Defender gewild was en die paar in Engeland. Te min om mark te noem. Nie meer geld in nie.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2019 @ 10:05:59 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 12290
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Julle op 'n ander onder werp oor Ford gese............................ ons bak agter kan 'n ton dra so gooi maar dat ons kan hoor.

Sal maar sien wat word gese op Carte Blance. Ek kan dit nie kyk nie so ek hoop julle gaan ons op hoogte hou.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2019 @ 15:14:18 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4725
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

My suster se Fiesta ook slotte gebreek....

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Apr 2019 @ 11:30:17 am
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1185
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Julle op 'n ander onder werp oor Ford gese............................ ons bak agter kan 'n ton dra so gooi maar dat ons kan hoor.

Sal maar sien wat word gese op Carte Blance. Ek kan dit nie kyk nie so ek hoop julle gaan ons op hoogte hou.

Dink jy kan die Carte Blanche stuk kyk op die FB groep wat handel oor die probleem met Ford se slotte (nou al iets soos 11 000 lede op die groep!). Ford is adamant dat die probleem net ouer modelle tot en met 2017 raak), dis twak want my 2019 Ranger het steeds dieselfde slot. Carte Blanche het ook Ford genader vir kommentaar en hulle antwoord was dat hulle nie op die program sal verskyn nie maar slegs op 'n lys van skriftelike vrae sal reageer (en net die wat hulle wel op wil reageer)! Lyk my dieselfde PR mense wat die Kuga sage hanteer het is steeds by Ford SA se PR afdeling werksaam :(

So ek het geen verwagtinge van hulle nie en sal voortgaan om slef my tipper meer diefstal bestand te maak..

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Apr 2019 @ 12:41:08 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2852
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Verstaan daar kom nou klas aksie teen Ford oor die Kuga vlgs JacarandaFM.

Kan die begin van goeie dinge word.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required