English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 806
Total Replies: 223 080
Total Views: 82 063 182
topics: 10 616
replies: 121 116
views: 38 709 126
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

ATKV

replies: 42
views: 629
24 Apr 2019 @ 15:05:39 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6326
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

My lede geld is op na R996.00 per jaar dink die manne dis nog die moeitewerd????

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Apr 2019 @ 15:15:41 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12676
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Mens moet dit seker maar opmeet teen hoeveel mens van hul oorde gebruik maak en hoeveel mens spaar....maar dieselfde as Sanparks se wildkaart. Ek persoonlik maak min van ATKV se oorde gebruik....so vir my nie die moeite werd nie. 

Wat wel voordelig is, is dat jy byvoorbeeld Desembers kan bespreek n maand voor nie-lede. Ek dink nie-lede kom nie maklik in by plekke soos Natalia en Hartenbos nie (dan kry jy mense wat aansluit en jaar se gelde vooruit betaal om in te kom by oorde, dan is hulle ook onsuksesvol)

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Apr 2019 @ 15:43:23 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2155
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Onthou die ATKV is nie primêr 'n kampklub nie. Die kampplekke is 'n byvoordeel vir lede wat met sy doelstellings saamstem.  Dis 'n organisasie wat Afrikaans bevorder.   Elke lid het sy instemming hiermee verklaar met aansluiting.  'n Mens moet maar self besluit of jy eerlik was toe jy aangesluit het en daarvolgens optree. 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Apr 2019 @ 16:03:16 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4824
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ek wonder maar net altyd of ons as Afrikaans sprekendes maar nie net gemelk word nie. Deesdae sien ek sodra die organisasies uitgevang word dan is Afrikaans ook nie meer goed genoeg nie. Wonder of die taal so bevorder word deur die lede gelde of maak dit iemand net ryk?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Apr 2019 @ 16:06:41 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6326
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Is al 10 jaar lid maar kry ook nie plek by Hartenbos nie, as jy bel op die dag wanner hulle oopmaak is die plekke klaar vol bespreek.

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Apr 2019 @ 16:35:26 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2155
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ek is 'n lid maar ek maak nie veel van die oorde gebruik nie, maar ek het telkens as ek by Hartenbos wou gaan kamp, plek gekry. Maar ek moet sê ons kamp streng buite seisoen omdat ons pensionarisse is. Ek dink dis die logiese ding om te doen vir ons afgetredenes.  Ek weet soms wil mense saammet hulle kinders in skoolvakansie kampeer en dan is daar probleme by enige oord, nie slegs nie populêrstes soos ATKV nie. Toe ons nog Desembers sonder 'n toerplan te toer, het ons altyd plek gekry by oorde- ook oa Hartenbos. Dit was soms die laaste oop plek in die oord. Dit lyk my daar is altyd nog een plek beskibaar- verstaan dit nie. Dit is voordelig vir pensionarisse om buite seisoen by enige oord te kampeer vanweë die laer tariewe, maar dit maak dit ook makliker vir oorde om in die aftye te oorleef en dis tog tot ons almal se voordeel.  Ek glo nie ATKV het die probleem nie wat meeste van hule oorde is selfs buite seisoen, redelik beset.

Wat die vermoede dat "iemand" geld uit ATKV oorde maak, dit glo ek net eenvoudig nie.  Bring maar die bewyse as dit beskikbaar is of staak die ongegronde duimsuiggerugte.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Apr 2019 @ 17:46:43 pm
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1958
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Vir ons werk dit en jy weet wat jy kry. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Apr 2019 @ 19:30:18 pm
Bak oor
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1390
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ek wonder maar net altyd of ons as Afrikaans sprekendes maar nie net gemelk word nie. Deesdae sien ek sodra die organisasies uitgevang word dan is Afrikaans ook nie meer goed genoeg nie. Wonder of die taal so bevorder word deur die lede gelde of maak dit iemand net ryk?

My kop werk dieselfde. Ek boek baie by ATKV kry plek asof ek n lid is. Betaal bietjie meer maar worry nie. Lid of nie lid ek kry in elk geval nie n kans vir Hartenbos, maatjie maatjie wonder ek, gatvol ge probeer.

I WENT TO CAMP KNOWING TO MAKE FRIENDS, ENDED UP WITH A AMAZING NEW FAMILY.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2019 @ 06:02:10 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13095
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ons was baie jare lid van die ATKV. Sedert 2000.  Ek het laas jaar lidmaatskap opgegee toe daai vroumens besluit het sy gaan ons lede geld gebruik om ander tale te bevorder. Vir my het dit ook gegaan oor wat die ATKV doen vir ons Taal. Toe gaan loop en verander sy dit.  My opinie is dat daai taal sprekendes hulle eie taal kan bevorder. Nou die DING is soos ek verstaan nie meer aan die leisels van die ATKV nie. Maar nou ja ons het in elkgeval nie net by die oorde gekamp nie.  So ek besoek en betaal soos wat hulle vra.

Lieflike oorde maar so effe te besig vir ons kamp styl.  Ek glo dat die trippie Eiland toe bietjie meer rustig sal wees as op 'n lang naweek.

As my die lede geld se hoof doel was om goedkoper tariewe daar te kry, was dit al lankal nie meer die moeite werd nie want ons kamp regtig min by die oorde weens die feit dat ons kamp behoeftes verander het.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2019 @ 06:37:51 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12676
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek moet eerlik wees....as ek moet aansluit as lid by ATKV sal dit uitsluitlik wees om voordeel te trek uit kamp tariewe en vroeer besprekings opsies. As ek geld wou gee vir mense wat ons taal beskerm, is daar ander organisasies wat meer doen....ek dink selfs Steve Hofmeyr doen meer om Afrikaans te beskerm as ATKV. 

n Plek soos Afriforum....hoekom is sy lede getal nie so hoog nie? Tog doen hulle baaaaaie vir ons taal!? Miskien is die oorde waar mens afslag kry as jy lid is van hulle nie so populer nie?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2019 @ 07:56:28 am
Willem01
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 215
Joined: 21 Jul 2014
Experience: 10 years

Omdat ons lank staan is dit vir ons die moeite werd. Ons verhaal ons ledegeld binne 5 maande. As ek kyk na die Eiland se kapitaal projekte die afgelope 2 jaar, dan het dit 'n klompie geld gekos. Die hidro is opgegradeer R 3 miljoen, die glybaan waarvan die vlekvrye staal trap reëling alleen R 200 000 gekos het. Nou is hulle besig met die paaie wat ook omtrent R 3 mil gaan kos plus die hele terrein word op noodkrag gesit binne 3 maande. Maar ek stem saam, met 'n geraamde 70000 lede wat elk 'n R1000 per jaar betaal behoort ons taal meer bevorder word in plaas daarvan om die rieldans uit te brei. Hoekom word die afrikaner se eie volkspele nie bevorder nie. Dalk 'n vraag wat aan dr. Titus gevra moet word of die voorsitter me Brigette  Matthews. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2019 @ 08:55:05 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13095
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Oom Willem nou raak jy 'n ding aan.  Die volkspele het ek baie geniet op skool.

??????????????????????????????

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2019 @ 08:56:28 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13095
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Afrikaners is plesierig dit kan julle glo........

Hulle hou van partytjies en dan draai hulle so..............................

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2019 @ 09:05:50 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2155
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Daar is 'n organisasie genaamd Die Solidariteitsbeweging.  Dit het geaffilieerde lede soos die Solidariteitsvakbond, Afriforum, die FAK, ATKV, Helpende Hand, en ATKV. Die Afrikaanse universiteit wat ek nie die naam van kan onthou nie, is ook deel hiervan.  Elkeen van hulle funksioneer selfstandig met 'n eie bestuur maar omdat hulle gemeenskaplike belange het, is hulle geaffilieer aan die Solidariteitsbeweging.  Afriforum het nie oorde nie.  Hulle is gereeld in die nuus as hulle hofsake voer om minderheidsbelange te beskerm en Gerrie Nel is in hulle diens.  Hierdie is maar my verduideliking- ek is nie 'n deskundige nie.

Dit verbaas my dat mense aandui dat hulle aan die eenkant Afriforum se doelstellings steun maar dan so krities staan teenoor ATKV en dit net gebruik om geld te bespaar met kampe. Elkeen van die geaffilieerde lede is bedrywig op 'n spesifiele terrein en elkeen doen goeie werk. As mense met die doestellings saamstem, waarom nie lid word van een van die organisasies en hulle geldelikondersteun nie?  Soos die Engese sê, "Put your money where your mouth is".  Of is ons net mond?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2019 @ 09:41:55 am

Kokoriba is een van die oorde wat afslag voordele bied aan Afriforum lede.

Daar was n ruk gelede n opname gemaak op n groot kamp fb blad of die mense lede geld betaal vir kamp doel eindes of vir die doel waarvoor dit eintlik is. Amper 90% het gesê hulle doen dit vir kamp doel eindes....so hoef nie verbaas te wees oor my siening nie....dis meer algemeen.

Ek twyfel of Kokoriba sò populer is dat dit Afrifirum se lede tal skerp sal opstoot. Maar deur opnames is reeds bewys dat ATKV oorde groot aanwins is vir hul lede tal.

Ek gaan daai opname op fb probeer opspoor en sal dit dan hier plaas

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2019 @ 10:44:33 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2155
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

My vraag bly steeds: Ondersteun ons die doelstellings of soek ons net die voordele van die breë organisasie?  Ons skel op die owerhede maar as ons iets kan doen om dinge reg te stel, soos om Afriforum geldelik te ondersteun, dan is ons net weg.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2019 @ 10:49:34 am

25 Apr 2019 @ 11:41:32 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13095
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek het maar my besluit jare terug geneem om die ATKV te ondersteun.  In tussen my besluit verander omdat hulle nie doen waarvan ek hou nie.  As iemand anders hulle steeds onder steun great vir hom.

ATKV het nice oorde, het dit gebruik toe ek 'n lid was, gebruik dit steeds as 'n "Gas".

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2019 @ 11:43:43 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13095
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Of dit vir jou die moeite werd is kan elke persoon net vir hom self bepaal.  

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2019 @ 11:56:56 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6326
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Het maar bedank sal later kyk of dit die regte ding was.

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2019 @ 13:03:46 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12676
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

My vraag bly steeds: Ondersteun ons die doelstellings of soek ons net die voordele van die breë organisasie?  Ons skel op die owerhede maar as ons iets kan doen om dinge reg te stel, soos om Afriforum geldelik te ondersteun, dan is ons net weg.

In ATKV se geval: As opname toon dat amper 9 uit 10 aansluit vir oord voordele, dan is die antwoord seker redelik sigbaar?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2019 @ 13:50:03 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1635
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Afrikaans is verseker die een landstaal waarvoor daar die meeste gedoen word om dit te bevorder en te bewaar. Dit is baie van ons se moedertaal. Die taal waarin ons droom. Dit danksy organisasies soos die Atkv. Hulle het dit reggekry om oor al die jare a-polities te bly. Daarom ondersteun ons hulle......

Die kampstorie is n bonus. Ons het in hierdie opsig al baie voordeel uit ons lidmaatskap getrek. Wat is R90 in elk geval......’n lekker bottel rooiwyn?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2019 @ 15:44:54 pm
snys
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 396
Joined: 09 Apr 2016
Experience: 33 years

Ek het ATKV bedank juis omdat hulle NIE MEER Afrikaanse balange dek nie. Volgens my is dit juis mense wat lede bly ten spyte van die ATKV se afdwaling wat dit net vir die voordele doen. Dit is seker nie verkeerd om dit net vir die voordele te doen nie, as dit immers pap reen moet jy skep.En dit is ook nie die vorige dametjie se dinge nie. Sy het net by haar voorganger , prof. Gouws wat die trein laat ontspoor het, oorgeneem.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2019 @ 15:46:32 pm
Willem01
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 215
Joined: 21 Jul 2014
Experience: 10 years

Oom Willem nou raak jy 'n ding aan.  Die volkspele het ek baie geniet op skool.

??????????????????????????????

"Oom Willem" !!!!1. Jy beweeg op dun ys. Ek kommandeer die ape op vir diens vanaf 27 April.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2019 @ 16:06:32 pm
Willem01
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 215
Joined: 21 Jul 2014
Experience: 10 years

Daar is 'n organisasie genaamd Die Solidariteitsbeweging.  Dit het geaffilieerde lede soos die Solidariteitsvakbond, Afriforum, die FAK, ATKV, Helpende Hand, en ATKV. Die Afrikaanse universiteit wat ek nie die naam van kan onthou nie, is ook deel hiervan.  Elkeen van hulle funksioneer selfstandig met 'n eie bestuur maar omdat hulle gemeenskaplike belange het, is hulle geaffilieer aan die Solidariteitsbeweging.  Afriforum het nie oorde nie.  Hulle is gereeld in die nuus as hulle hofsake voer om minderheidsbelange te beskerm en Gerrie Nel is in hulle diens.  Hierdie is maar my verduideliking- ek is nie 'n deskundige nie.

Dit verbaas my dat mense aandui dat hulle aan die eenkant Afriforum se doelstellings steun maar dan so krities staan teenoor ATKV en dit net gebruik om geld te bespaar met kampe. Elkeen van die geaffilieerde lede is bedrywig op 'n spesifiele terrein en elkeen doen goeie werk. As mense met die doestellings saamstem, waarom nie lid word van een van die organisasies en hulle geldelikondersteun nie?  Soos die Engese sê, "Put your money where your mouth is".  Of is ons net mond?

Fred ek veskil van jou. Die ATKV en in besonder Danny Titus is nie baie lief vir Afriforum nie. Afriforum werk saam met die FAK en natuurlik die Solidariteits-beweging wat Helpende Hand en Akademia insluit. Ek en 'n vriend het eendag vir 'n direkteur van ATKV gevra wat gebeur met die ledegelde, omdat 'n mens op daardie stadium nie verbeteringe by oorde gesien het nie. Die antwoord was dat ATKV nou iemand aangestel het om die rieldans te bevorder. Ons het gewonder wat die demografie van die betalende lede is.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2019 @ 16:59:59 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2155
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Die syfer van 90% wat aansluit net vir die voordele- waar kom dit vandaan?  Dalk uit dieselfde duim waar die inligting oor "iemand" wat met die geld wegloop vandaan kom?  Die rieldanskompetisies loop al verskeie jare so dit is beslis nie 'n huidige siening nie.  Oor Danny Titus se houding- wonder ook waar dit vandaan kom?  Ek is nie 'n apologeet vir die ATKV nie, ek is net geskok dat Afrikaannspekendes so negatief is teenoor organisasies wat onder andere hulle belange probeer bevorder.  Oor die demografie van die lede het ek vrede.  Die tyd is lankal verby dat Afrikaners hulle in 'n kraal kan verskans.  Ek is baie ten gunste daarvan dat mense met gemeenskaplike belange, wat onder andere 'n taal insluit, eerder moet saamstaan in hulle eie omvattende belang sonder om hulle te probeer afskei van ander groepe in hierdie land.  Met ander woorde eerder inklusiwiteit as eksklusiwiteit.  Ek dink in elkgeval die idee van Afrikaners is uitgedien, dis volstruispolitiek en het geen toekoms nie.  Ons moet eerder in terme van Afrikaanses dink. 

Ek is seker almal is heel tevrede as Afriforum 'n belangrike hofsaak wen, maar min is bereid om hulle hande in hulle sakke te steek om te help om die belangrike werk voort te sit.  Afriforum doen myns insiens meer vir minderheidsbelange as enige politieke party sonder om sy beuel daaroor te blaas.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2019 @ 17:23:53 pm

As jy boontoe lees sal jy lees dat daar n opname gemaak was op n fb groep....die uitslae was laas toe ek gekyk het gebasseer op 420 deelnemers. 

Gaan kyk bietjie hoeveel mense volg ATKV op hul fb blad. As hulle iets plaas wat van belang is, is hulle gelukkig om 10 "likes" te kry. Sommige sit met 2 of 3 "likes".....en dit uit die der duisende lede wat op hul boeke is?  Ek moet vir jou eerlikwaar sê, as ek so erg oor hul doen en late gevoel het dat ek jaarliks R1000 aan hulle skenk, sou ek ook graag wou volg wat is hulle vordering en hulle ook moreel ondersteun het met hul taak.....maar dis nie daar nie. Geld kan nie Afrikaans koop nie....ons morele ondersteuning kan meer doen. Ek kan jou waarborg...minstens 80% van lede weet nie waar hul geld heen gaan nie.... Kyk hoe baie verwag opgraderings van oorde.....wys jou hoekom hul aansluit. 

Ek is seker dat elkeen wat lid is met sy ledekaart gereed staan as dit kom by bespreking. Hoekom afslag soek as jy weet die plek het die geld nodig en word goed aangewend. Kyk hoeveel keer word daar gebrag oor vir hoe min sekeres staan op hulle oord omdat hul lid is....is dit die "kick" om te kry....klink meer of mens dan ATKV wil melk

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2019 @ 18:13:42 pm
Willem01
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 215
Joined: 21 Jul 2014
Experience: 10 years

Die syfer van 90% wat aansluit net vir die voordele- waar kom dit vandaan?  Dalk uit dieselfde duim waar die inligting oor "iemand" wat met die geld wegloop vandaan kom?  Die rieldanskompetisies loop al verskeie jare so dit is beslis nie 'n huidige siening nie.  Oor Danny Titus se houding- wonder ook waar dit vandaan kom?  Ek is nie 'n apologeet vir die ATKV nie, ek is net geskok dat Afrikaannspekendes so negatief is teenoor organisasies wat onder andere hulle belange probeer bevorder.  Oor die demografie van die lede het ek vrede.  Die tyd is lankal verby dat Afrikaners hulle in 'n kraal kan verskans.  Ek is baie ten gunste daarvan dat mense met gemeenskaplike belange, wat onder andere 'n taal insluit, eerder moet saamstaan in hulle eie omvattende belang sonder om hulle te probeer afskei van ander groepe in hierdie land.  Met ander woorde eerder inklusiwiteit as eksklusiwiteit.  Ek dink in elkgeval die idee van Afrikaners is uitgedien, dis volstruispolitiek en het geen toekoms nie.  Ons moet eerder in terme van Afrikaanses dink. 

Ek is seker almal is heel tevrede as Afriforum 'n belangrike hofsaak wen, maar min is bereid om hulle hande in hulle sakke te steek om te help om die belangrike werk voort te sit.  Afriforum doen myns insiens meer vir minderheidsbelange as enige politieke party sonder om sy beuel daaroor te blaas.

Fred, oor een ding stem ons saam en dit is Afriforum, maar dit is nie die punt nie. Ek vra weer, hoekom ondersteun die ATKV nie volkspele nie. Die ATKV is veronderstel om 'n taal en kultuur organisasie te wees. Rieldans is beslis nie my kultuur nie, volkspele is. Natuurlik is die demografie van die lede belangrik. Ek kan mos nie 'n saak ondersteun as die meerderheid se belange nie na omgesien word nie. Daarom is my ATKV ledegeld eerder 'n afslag en 'n voorreg om vroeër te kan bespreek en nie om hul ander aktiwiteite te ondersteun nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2019 @ 19:15:55 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2155
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Dis waar Willem, mens wonder nogal.  Volkspele in Suid-Afrika is egter dalk nie so Afrikaans as wat ons graag wil glo nie.  Die groot gees agter dit was 'n Mevrou de Ridder, 'n gebore Nederlander.  Sy is seker so twintig jaar gelede in 'n aftree-oord in Pretoria oorlede op die ouderdom van 100 jaar.  Sedert sy uit die organisasie getree het, het dit byna verdwyn.  Dit wil natuurlik nie sê dat dit nie kan herleef nie. Daar is net iemand soos sy nodig om dit te dryf.  Ander volke soos die Skotte hou hulle tradiesies lewendig en selfs klein kinders van ses jaar oud, is lede van hulle doedelsak orkeste en doen swaartdanse. Dis 'n belewenis om die kleintjies te sien drom slaan. Miskien is die oplossing om op plaaslike vlak die saak te opper sodat dit vorentoe gevoer kan word.  Ek moet erken ek neem nie aan die plaaslike aktiwiteite deel nie- ek is maar lui, ek gee my geld en laat die werk aan ander oor. As jy 'n lid is, hoekom dryf jy nie die saak nie?  Ek kan in elkgeval gladnie dans nie- ek het twee linkervoete.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2019 @ 20:12:25 pm
Willem01
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 215
Joined: 21 Jul 2014
Experience: 10 years

Fred ek sit met dieselfde probleem, twee linker voete en hulle wil nie saamwerk nie. Waar ons vandaan kom is daar nog steeds 'n sterk laer maar die jongmense wil nie deelneem nie. Ek onthou in die jare 70's het hulle eenkeer 'n maand 'n groot saamtrek in die stadsaal gehad. Ek het altyd van die gallery gekyk,terwyl my vrou deel geneem het. Die betogers het 'n paar jaar gelede die stadsaal aan die brand gesteel. Vandag nou niks aan die restourasie gedoen nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2019 @ 21:20:41 pm
Meerkat
Silver Member
62% Profile Strength
Posts: 88
Joined: 26 May 2017
Experience: 2 years

Eerlikheid asseblief. Ons sal by enige organisasie aansluit as ons goedkoper en geriefliker kan kamp.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2019 @ 21:38:13 pm
Willem01
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 215
Joined: 21 Jul 2014
Experience: 10 years

Eerlikheid asseblief. Ons sal by enige organisasie aansluit as ons goedkoper en geriefliker kan kamp.

Estelle ek stem saam. Ons kamp by ATKV oorde vir 8 uit die12 maande van die jaar en die prys verskil tussen lede en nie lede oor hierdie tydperk is meer as die ledegeld. Omdat ons lank op Eiland staan, het 'n mens al baie vriende gemaak en is dit lekker om saam te kuier. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2019 @ 21:39:03 pm
Kamp is Koning
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 203
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 34 years

Hulle almal werk vir my met of sonder kamp plekke en ek gee my bydrae met plesier. Volkspele het ek gedoen in die jong jare maar of die kniekoppe dit vandag nog sal reg kry glo ek nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2019 @ 22:37:05 pm
Bak oor
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1390
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Fred. Een van die organisasies  wat jy in jou draad beskryf vra lede geld net soos ATKV. Dan word daar gespog en gesê dit is om die minderheid en die enkeling ook by te staan. Nou ek het al op een van hulle sê knoppie gedruk as n lid van die organisasie vir bystand. Ek het regtig lelik n bloutjie geloop met hulle. Daarna het ek bedank by hulle en het geen vertroue in van hierdie so called Afrikaner bystand ding. Vir my is dit net nóg n besigheid wat gestig is om geld te maak en vir hulle n selarisse in plek te sit. As jy n groot en nuuswaardige saak het wat hulle dekking in die media het om meer lidmate te werf glo ek jy sal gehelp en by gestaan word. 

I WENT TO CAMP KNOWING TO MAKE FRIENDS, ENDED UP WITH A AMAZING NEW FAMILY.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2019 @ 16:56:30 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 7203
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Nie n lid by hulle nie. 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2019 @ 18:24:09 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1810
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

Ek is lid van die ATKV vir seker nou meer as 30 jaar. My hoofoogmerk was om die doelstellings van die organisasie te ondersteun en om die afrikaanse taal en kultuur te ondersteun. Of hierdie doelstelling nog steeds dieselfde is het ek maar my bedenkinge oor.....wie van julle kan nog onthou watter verklaring ons oor ons godsdiens en ander oortuiginge moes afle voordat ons aanvaar was as lid? Jy moes ook ondersteun word deur ander LEDE voordat jy gekeur is om lid te word!!!!!!!!! Bestaan dit nog?

Tans bly ek lid vir die kampvoordeel. Hulle het gerieflikke en veilige kampterreine wat met ons ou lede se fooie daargestel is. Nou buit ek dit maar uit. As dit nie daarvoor was nie het ek my lidmaatskap vaarwel toegeroep.

Ek wou nie hieroor praat nie maar nou is dit uit en ek voel verlig oor my standpunt.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2019 @ 19:20:06 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4824
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Soos ek genoem het, ek dink ATKV ens is geldmaakstorie.

Gerrie Nel het juis destyds toe hy by die privaat aanklag stories aangesluit het, op RADIO ERKEN dit is 'n BESIGHEID. So ja, dis dalk 'n besigheid wat mense wil ondersteun, goed vir julle, maar moenie my klomp nonsens vertel van hulle doen die taal en die kultuur 'n guns nie. HUL MAAK GELD UIT ONS TAAL EN KULTUUR.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2019 @ 17:47:38 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1635
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Menere, doen my n guns en gaan besoek een van jou plaaslike Atkv takke en vergewis jouself wat hulle op takvlak vir ons taal doen. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2019 @ 19:45:08 pm
Willem01
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 215
Joined: 21 Jul 2014
Experience: 10 years

Menere, doen my n guns en gaan besoek een van jou plaaslike Atkv takke en vergewis jouself wat hulle op takvlak vir ons taal doen. 

Hulle mag dalk Afrikaans ondersteun, maar hulle ondersteun nie die Afrikaanse kultuur wat Europese wortels het nie, wel die Kaaps-Afrikaanse kultuur. Waarom ondersteun die ATKV nie die Voortrekker-beweging nie. Waarom is die ATKV afwesig as iets deur die afrikaner by die Voortrekker-monument aangebied word. Is dit omdat die FAK, Solidariteit en Afriforum dalk daar is ?. Vra maar net

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Apr 2019 @ 18:32:11 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1635
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Hulle mag dalk Afrikaans ondersteun, maar hulle ondersteun nie die Afrikaanse kultuur wat Europese wortels het nie, wel die Kaaps-Afrikaanse kultuur. Waarom ondersteun die ATKV nie die Voortrekker-beweging nie. Waarom is die ATKV afwesig as iets deur die afrikaner by die Voortrekker-monument aangebied word. Is dit omdat die FAK, Solidariteit en Afriforum dalk daar is ?. Vra maar net

Gun my asseblief nog een opmerking oor die aangeleentheid.

Die Afrikaans sprekende in Suid Afrika se kultuur is somtyds onlosmaaklik gebonde aan n sekere politieke siening in ons land. Vir daardie rede (dink ek) dat die Atkv nie by die politieke spektrum betrokke raak nie. Hulle is n kultuurorganisasie wat die Afrikaanse taal onder alle groepe bevorder. Hulle los seker maar die politiek vir die burgerregte organisasies soos Solidariteit. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Apr 2019 @ 19:10:07 pm
Willem01
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 215
Joined: 21 Jul 2014
Experience: 10 years

Gun my asseblief nog een opmerking oor die aangeleentheid.

Die Afrikaans sprekende in Suid Afrika se kultuur is somtyds onlosmaaklik gebonde aan n sekere politieke siening in ons land. Vir daardie rede (dink ek) dat die Atkv nie by die politieke spektrum betrokke raak nie. Hulle is n kultuurorganisasie wat die Afrikaanse taal onder alle groepe bevorder. Hulle los seker maar die politiek vir die burgerregte organisasies soos Solidariteit. 

 Heindrich, dit gaan nie for politiek nie, eerder ras. Google net vir Danny Titus en jy sal sien as hy sy mond oopmaak, nie in ' n ATKV hoedaningheid nie, verwys hy na die gruwelike stelsel van apartheid en vir hierdie tipe mens is apartheid = wit. Ek het geleer waar die hart van vol is loop die mond van oor. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Apr 2019 @ 19:15:10 pm

29 Apr 2019 @ 19:17:52 pm

Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First