English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 784
Total Replies: 222 745
Total Views: 82 045 998
topics: 10 607
replies: 120 960
views: 38 701 203
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

As goed vir gras?

replies: 12
views: 229
12 Apr 2019 @ 20:45:46 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12625
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Die as van jou kole of houtvuur....is dit voedsaam vir jou gras of tuin?....enige voordele? Of kan mens die as maar liewer in die asblik gooi?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Apr 2019 @ 22:42:33 pm
Bak oor
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1374
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Interessante vraag want ek is onder die indruk dit beskadig die gras. Sal ook graag wil luister wat die mense sê.

I WENT TO CAMP KNOWING TO MAKE FRIENDS, ENDED UP WITH A AMAZING NEW FAMILY.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2019 @ 06:49:05 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2896
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Ek het altyd verstaan as jou grond suur is help dit.

Paar keer gedoen maar niks verbetering gesien nie.

Gooi maar weg.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2019 @ 08:00:13 am
Joe Stieger
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 348
Joined: 15 Aug 2011
Experience: 41 years

Altyd die hout as van 'n braaivleisvuur 'n paar dae later op die gras in al die holtes uitgegooi en gelyk gemaak. Gras groei langer en weliger op daai kolle, maar dis nou by my. Nog nie kole-as probeer nie, braai net met hout by die huis.

A happy life doesn't just happen, it's something you create yourself...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2019 @ 08:35:05 am
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1631
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Ek het gehoor dat die as alkalies is en dus nie goed is vir veral grassoorte wat van suur grond hou nie. Raadpleeg miskien maar jou naaste kwekery vir raad.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2019 @ 08:52:09 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2144
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Dis beslis goed vir die gras.  Dis maar net die minerale wat die boom uit die grond onttrek het toe hy nog gegroei het.  Versprei dit maar net egalis soos jy kommersiele kompos versprei. Moet dit tog nie weggooi nie- dis waardevolle stof wat hy verniet kry.  Ekself sprei ons houtstofie se as  en braai-as op die komposhoop en dit beland dan uiteindelik in die beddings en grasperk.  In die winter raak die as bietjie baie en dan sprei ek dit sommer direk op die grasperk- vir meer as dertig jaar al. Ek weet nie hoe suur of alkalies dit is nie, maar dit werk goed op ons LM en kukuju.  Ek glo die grond in ons omgewing- Pietersburg- is eerder alkalies as suur.  Watter tipes gras vereis suurgrond- ek twyfel of daar veel is.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2019 @ 11:21:19 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12625
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Al gehoor dat hout-as goed is as teenmiddel teen slakke?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2019 @ 13:11:46 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2144
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ek het nog nie van die raat gehoor nie, maar dit klink reg.  Slakke is gevoelig vir soute en die as bevat sekerlik oor 'n aantal soute.  Hadidas is ook goeie raat teen slakke, maar jy moet mar wag tot hulle besluit om jou tuin te doenundecided.  Daar is terloops ook 'n slang wat net slakke eet, so soms kan mens gelukkig wees om van hulle op jou erf te hê.  Hulle is vanelfsprekend nie giftig nie,

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2019 @ 16:24:45 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13042
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Nou dat julle hier van praat........ Ek het by die ou huis my braai skoongemaak met die tuinslang.  (Lekker Lui gewees)

Die kol waar die as met selfs die baie water in die gras ingeloop het, het die gras nie gevrek nie maar die het oor tyd aansienlik stadiger gegroei as die res van die gras.  Ek was eintlik spyt ek het dit gedoen.

So dit hang seker af water gras jy het en dalk water tipe hout se as dit is ek weet nie.

Die as wat in my braaier daai tyd was is ETOSHA brickets sin.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2019 @ 17:03:57 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1631
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Nou maar dan het julle manne my oortuig. Geen as meer in asdrom nie. Nou gaan dit gras toe. Dankie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2019 @ 17:59:32 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2144
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Leon, As jy jou braaier so skoongemaak het, sou ek raai die rede vir die gras wat swaarkry, is 'n oorkonsentrasie van die minerale in die as.  Met meer gekonsentreerde kunsmis kan jy ook plante doodbrand as jy te veel toedien.  As die oormaat minerale uiteindelik uitgeloog is, sou die gras waarskynlik baie lewendig en groen begin groei het. Ek praat onder korreksie, maar ek dink ek het erens gelees graanboere maak ryp graan soms met ureum dood en dus droog as hulle reen verwag en gou die oes van die land af wil kry sodat dit nie verrot nie.  Te veel van 'n goeie ding is nie meer goed nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Apr 2019 @ 16:42:03 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 7188
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Net as daar met hout vuur gemaak word gaan dit blomme en gras toe.

Gooi dit waar suurtjies besig is om uit te kom. Dit breek die suur af. 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Apr 2019 @ 13:01:16 pm
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1349
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Ek gooi maar water op my gras.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First