English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 658
Total Replies: 221 082
Total Views: 81 974 774
topics: 10 558
replies: 120 297
views: 38 684 460
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Covers vir jou spotlights

replies: 19
views: 265
22 Mar 2019 @ 10:08:04 am
Dansan
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 440
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years
Kerels die storie oor spietkops in Natal wat jou aftrek en jou forseer om jou motor te neem vir n road worthy sertifikaat NADAT jy n plan gemaak het met jou spotlights het my ernstig aan die worry. MY kar se spots werk saam met die high van my ligte en gaan net af wanneer ek dim. Dis tog ge-installeer deur n briljante en erkende firma (deur Outsurance nadat die oues by Nuweland afgesteel) en ek is seker hulle sou weet wat die wet ver-eis. Waar kan ek spot-covers kry? Of moet vroutjie maar n paar sokkies maak vir my spots?
OF moet ek maar n aparte skakelaar vir die spots laat installeer?
You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2019 @ 15:03:05 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1051
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 6 years

Danie, die ouens wie kolligte en LED strookligte verkoop en pas gee nie om vir wat die wet sê nie.  Outsurance se mense weet ook nie.  

Ek kan nie sien of jou bakkie ook 'n kollig of mislig onder het nie.  As daar soiets is, dan het jy meer as die maksimum drie ligte aan 'n kant - hoof- domp- en mislig.   Dan is die bykomende ligte waarvoor jy sokkies soek, onwettig.  

Gesels gerus met Dekra in Kaapstad oor wat die wet sê.  Hulle het juis 'n inset gelewer in 'n artikel in die WegRy so 'n jaar of wat terug.

groete 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2019 @ 15:46:21 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1612
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Danie, die ouens wie kolligte en LED strookligte verkoop en pas gee nie om vir wat die wet sê nie.  Outsurance se mense weet ook nie.  

Ek kan nie sien of jou bakkie ook 'n kollig of mislig onder het nie.  As daar soiets is, dan het jy meer as die maksimum drie ligte aan 'n kant - hoof- domp- en mislig.   Dan is die bykomende ligte waarvoor jy sokkies soek, onwettig.  

Gesels gerus met Dekra in Kaapstad oor wat die wet sê.  Hulle het juis 'n inset gelewer in 'n artikel in die WegRy so 'n jaar of wat terug.

groete 

Jy is heeltemal reg met die opmerking hierbo. Ek dink die blote toemaak van die lig maak hom nie "wettig" nie. Hy mag nie op jou motor wees nie. 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2019 @ 16:23:49 pm
Caravan Man
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 15
Joined: 26 Sep 2018
Experience: 39 years

Julle bekommer my. Die Fortuner het TWEE ligkamers. Ander karre het ook twee ligkamers elkeen met een gloeilamp-kombinasie wat kan dim EN kan bright. Die Fortuner se ligkamers het elkeen twee aparte ligte in. Die een is altyd op dim aan en die ander bright net. Dit tel seker onder die wet as een ligkombinasie. Dan het hy misligte ook. Daarom aanvaar ek dat daar TWEE dim/bright ligte EENHEDE is en twee misligte is wat die twee spots wettig maak. Of hoe voel julle? 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2019 @ 16:56:07 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2875
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Is die spietkops se blou LEDs nie dan ook onwettig nie?

Vra namens n vriend😂

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2019 @ 17:05:58 pm
DK
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1626
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 17 years

Jare gelede met baie hare en minder plooielaughing het ek die pad ordenansie kursus deurloop by Boekenhouts Kloof en toe was die aanbring van "spotlights" nog wettig.

Die pad ordenansie is al so baie herskryf, jy weet nie meer wat is wettig en nie wettig nie.

Byvoorbeeld, my X-Trail het plek vir nog ligte.

Na oplees het ek bevind dat dit slegs vir misligte is en ander skerper ligte is onwettig.

My seun het in sy Golf groen "parklights" ingesit by sy hoofligte en een aand by ń vulstasie het hulle hom gedwing om dit te verwyder en daar en dan nuwe gloeilampies te koop en insit voordat hy verder mag ry.

My voorstel is, hou maar by wat die wet bepaal.

PERMANENTLY OFF-LINE DUE TO A LACK OF INTEREST.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2019 @ 21:09:05 pm
Louw
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 72
Joined: 25 Apr 2017
Experience: 27 years

Danie die ligte op jou Fortuner lyk of dit binne die wet kan wees. Gaan lees gerus Regulasie 159 van die pad ordenans. As ek die reg verstaan mag jy 2 ligte voor hê wat wat kan dimm en bright, 2 wat altyd ge- dimm is en 2 wat op bright is waneer jou hoof ligte op bright is en af gaan as jou hoof ligte ge- dimm word. Gee light bar word toegelaat nie.

Verskoon die Brits tussen die Afrikaans.

GROOT IS ONS GOD!!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2019 @ 21:17:54 pm
Louw
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 72
Joined: 25 Apr 2017
Experience: 27 years

Gaan kyk by (www.arrivealive.co.za lighting) daar is n goeie beskrywing van die wet met prentjies.

GROOT IS ONS GOD!!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2019 @ 21:57:46 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1051
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 6 years

Louw, met respek, daardie Arrive Alive artikel is nie iets om mee te reken nie.   Die drie ligte aan 'n kant is die hooflig, die domplig en die mislig as daar een is.  As die hoof- en domplig in een houer is, is dit steeds twee ligte.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2019 @ 22:02:46 pm
Caravan Man
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 15
Joined: 26 Sep 2018
Experience: 39 years

Thanx Louw. Ek het ook gedink soos jy dit weergee. Ek dink tog ek gaan n skakelaar laat aansit vir die spots. Die probleem waarmee ek ook sit is dat die spots 130 watt gloeilampe het. Die wet laat net 55 watt toe. Dus wil ek nie n spietkop onnodig kwaad maak as ek die agterkant van sy kar per ongeluk weg smelt met my spots nie. Ek het nog nooit gehoor dat n spietkop n kar se ligte se watts toets nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2019 @ 22:49:21 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1051
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 6 years

DJ, die Regulasies laat jou EEN lig (per kant) toe wat 'n Hooflig is.   Die bestaande hooflig en jou 'spot' is 'n tweede hooflig en dus val dit buite die toegelate regulasie.   In die SABS spesifikasies - wat ek nie het nie - word die lig sterkte as 75w aangedui.      As jou 'spots' dus 130w is, hoekom wil jy onregmatig optree?   Op hoofpaaie gaan daardie sterkte lig aankomende verkeer erg irriteer.  Dit soos die vragmotors wat meestal nou 'spots' het en 'n pyn en 'n gevaar vir aankomende verkeer skep.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Mar 2019 @ 08:01:14 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12792
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dis maklik om te se die ligte van Danie is nie onwettig nie.  Se vir my watter regulasie hy tans oorskry.  En as jy die regulasie aangehaal het verduidelik hoe die ligte wat Danie op die foto het daai regulasie oorskry.

Ek wil net eending uitwys as jy bv iets lees in die regulasies kom ons se rakende die afstand van 'n lamp en dit is vervat onder " Low Beam".  Dan is dit nie van toe passing op "High Beam" nie tensy dit spesifiek so genoem word nie.

So lys die regulasie wat Danie se voertuig op die foto tans onder myn.

Deur dit so spesifiek te bespreek leer almal hoe om die wet en die regulasies te vertolk.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Mar 2019 @ 08:03:00 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12792
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Hy se, Sy se, Hulle se, die stel voor is alles Hoor se en niemand Noem spesifiek watter regulasie oorskry word nie en hoe dit oorskry is nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Mar 2019 @ 08:38:08 am
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1051
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 6 years

Leon, wees rustig.

Omdat ek nie kon sien of daar ook ander ligte op die bakkie is nie, het ek dit gemeld en aanbeveel dat daar met Dekra in Kaapstad geskakel word.  Dekra se mense het 'n bydrae gemaak tot die artikel oor ligte waarna ek verwys het. 

As die ligte wel 130w is, dan is dit reeds oor die limiet sonder om eers na enige regulasie te verwys.   Daarvoor moet jy die SABS voorskrifte bekom en dit daar navors.

Hierdie gesprek was nou al op die Forum.

Groete

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Mar 2019 @ 09:01:54 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12792
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Theo........ ek is regtig rustig.  Maar weens die vorige bespreking en weer die een wil ek eintlik net die bespiegelinge so effe in die wiele ry.  Want dis hoorse dinge wat gelys word soos op die vorige draad.

Feit bly staan as selfs die verkeers ou jou aftrek. Moenie met hom redekwawel nie. Vra net dat hy op die boete of aanmaning om voertuig weer deur die toets te laat sit die regulasie aan te haal wat jy oortree.

Gaan lees dan daai regulasie en vat dit van daar af. Die rede hoekom ek dit noem is dat as mens deur die regulasies lees en (Moet dit by se) jy interpeteer dit soos ek (wat dalk verkeerd kan wees) kry ek nerens 'n regulasie wat mens met "spots" oorskry behalwe as dit hoer as 'n seker hoogte is of die laaste een wat praat van ligte aanbring anders as in bo vermelde regulasies vervat.  Dit moet dan iets wayout ligte wees.

Ek dink dis tyd dat iemand hier in die land hof toe gevat word soos in Namibia wat se regulasies op SA sin gegrond is dat die ding finaal uitgeklaar kan word.  Nou weereens volgens 'n koerant berig in Namibia is "Led Bars" nie onwettig nie weens hof uitspraak van 'n persoon wat eerder hof toe gegaan het. So net daar en dan is die strooi op 'n einde in daai land.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Mar 2019 @ 09:04:15 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12792
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dit is of dit of die owerhede moet skouer aan die wiel sit en die regulasies so wysig dat dit duidelik is.

Wettig of onwettig

Maar om so aan te ploeter gee die verkeers manne net "Leeway" om te maak wat hulle wil.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Mar 2019 @ 09:06:34 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12792
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

In tussen terug na die oorspronklike punt.  Dis dalk 'n goeie idee om Covers te maak vir jou "Spots" as jy nie oortuig is jy is steeds binne die wet nie. Net om enige konfrontasie te verhou op die ooppad.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Mar 2019 @ 19:13:10 pm
Louw
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 72
Joined: 25 Apr 2017
Experience: 27 years
Ek het nou weer gaan round krap en die "amended road traffic act" op gespoor wat dateer 18 Oktober2014 en so in die staatskoerant geplaas is daar word Regulasie 159 verwys na SANS 1046 wat as ek dit reg verstaan presides lees soos wat ek in my vorige pos geskryf het. Geen persoon sal n voertuig op n openbare pad bestuur waarvan enige adisionele aangebringde SPOT LIGHT in verskillende rigtings kan beweeg nie slegs nood voertuie, ambulanse ens mag dit gebruik. Die ligte op Danie se voertuig kan nie beweeg nie so dit word gesien as adisionele ligte nie SPOTLIGHTS nie. Al wat die die wet verder sê is dat die ligte nie hoër as 1400mm van die grond mag wees nie. Gaan laai gerus SANS 1046 af by SABS af dit kos slegs R550,00
 
GROOT IS ONS GOD!!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Mar 2019 @ 20:23:57 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 7080
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Goeie inligting. 

Dankie. 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Mar 2019 @ 07:27:48 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12792
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek het 'n vriend van my dogter uitgenooi om 'n draai by my te maak vir koffie.  Hy is van die verkeersafdeling hier in PTA.

Het gesê hy moet die laaste padverkeers wet saam bring en 'n paar van sy werks kollegas.

My idee is om hulle met vrae te bombardeer en die ligte ding uit te klaar.  As ons dit nie finaal uitgeklaar het nie moet hulle later terugkom met antwoorde.  Gaan vir hulle sê dat die antwoorde gaan ek op die forum en die 4x4 forum plaas en dat as ek moet hof toe gaan oor my LED staaf lig ek hulle gaan roep as getuies.

Kom ons kyk of hulle gaan opdaag vir die koffietjie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First