English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 135
Total Replies: 215 693
Total Views: 81 762 388
topics: 10 295
replies: 116 924
views: 38 625 145
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

SANRAL en E-Tol

replies: 36
views: 442
5 days ago @ 17:39:58 pm
Fred
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1850
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Dit is in die nuus dat SANRAL motoriste siviel gaan dagvaar vir uitstaande e-tolgeld.  Motoriste sal dan of betaal of verweer aanteken en dan aanvaar dat hulle verskeie kere in die hof sal moet verskyn tot die saak uiteindelik sal voorkom, wat selfs jare kan duur, en dan die groot risiko loop dat die saak in elkgeval teen hulle beslis sal word.  As die motoriste nie op die dagvaarding reager nie, sal SANRAL verstekvonnis kry en dan hulle sal swartlys.  Dit beteken baie min administrasie vir hulle, so dit klink vir my of dit doenbaar mag wees.  Vir die motoriste sal dit egter nag wees want as hulle geswartlys is, sal hulle nie banklenings vir nuwe voertuie of krediet vir ‘n nuwe selfoon of klererekening en selfs dalk vir ‘n huisverband sal kry nie.  Dit klink dus vir my of hull ons om ‘n baie ongerieflike plek beet het, tensy OUTA hulle toetssaak wen

Ekself het ‘n e-skyfie en ek betaal, nie omdat ek e-tol ondersteun nie, maar omdat dit my instaat stel om vinnig deur die tolhekke op die N1 te kom.  Ek meen die Gautengers word sleg behandel, so my simpatie is met julle.  As OUTA wen, is dit hopelik die einde van e-tol maar ons sal ongelukkig dan op 'n ander manier betaal.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 19:13:44 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1021
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 6 years

Fred,   ek het ook 'n e-tol skyfie.   Dit is slegs om vinniger deur die tolhekke op die N1, N2, N3 en N4 te beweeg.  Die bonus is die een of twee tolpunte op die GFIP waardeur ek ry.   Ons vergeet graag dat ons reeds tol betaal op al die hoofpaaie.  Die enkele punte op die GFIP is lastig.  Om daaroor 'n groot kwessie te maak maar van die ouer tolpaaie te vergeet, maak nie sin nie.

Ek stem dat daar 'n ander manier is om die E-Tol te vorder maar wat dan van die "ou" paaie waaroor niemand kla nie.

Groete

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 19:59:37 pm
DK
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1342
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 17 years

Hulle sal my nie eens blacklist nie.

Hulle sluit my dadelik toelaughing, maar ry sal ek ry.

No More............?
No More............?
No More............?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 21:04:59 pm
Heindrich
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1279
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

My prrsoonlike opinie is dat elke persoon maar die plig het om dit te betaal. Ons is nie daar om n oordeel oor die gebrek aan rentmeesterskap van die regering van die dag nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 22:21:36 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 11054
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek dink Sanral sal moet vinnig speel om jou in die hof te kry, want ek dink hulle likwidasie is om die hoek.....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 22:29:03 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 11054
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Dis goedkoper om sonder n skyfie te ry. Ek het sedert hulle begin het n skyfie gehad op prepaid....moes elke maand omtrent R300 -R400 betaal vir 2 karre. Het so 6 maande terug my rekening gesluit met hulle ( daar is n vorm daarvoor wat hulle aanbied) Het laasweek n rekening gekry dat ek hulle nou R204 skuld....vir 6 maande!!!! 🤔🙂😎

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
4 days ago @ 06:22:35 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2789
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Ek het e-tag in my kar gehad om dieselfde rede as Fred.

Makliker om deur  tolhekke te gaan van Polokwane na Pta.

Sukkel gedurig om geld op te laai die laaste jaar. Dit nou maar gestop.

Toe kry ek 2 rekeninge vir dieselfde kar. Een op ou registrasie en een op Personalized registrasie nommer. Nou pla dit my. Hoeveel keer is my geld nie dubbel afgetrek nie sonder dat ek dit weet?

Van Poloks tot Pta en terug kos nou oor R700. Staan nou maar in die lang toue.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
4 days ago @ 07:01:41 am
Louvan
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 678
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

In beginsel dink ek E-Toll is goed. My beswaar is teen die koste om dit te kollekteer en die klomp geld wat die BEE vennoot geskep het. Ons betaal ‘n onnodige premie.

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
4 days ago @ 10:03:21 am
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6677
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Ek sit met n paar rekeninge met fotos wat nie my voertuig is nie. 

Was al by hulle en dis n klomp Admin wat in beslag neem en my tyd met geduld saam het my anders laat besluit. 

Dus hoekom ek nie betaal nie. 

Daar is miljoene wat nie betaal en die kostes en tyd gaan dit hulle n rukkie neem om by my uit te kom. 

Dalk brand hulle dit ook want dis mos hoe dit werk, brand n plek as jy nie van hom hou nie. 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
4 days ago @ 11:12:18 am
Fred
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1850
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Iets wat ingedagte gehou moet word, is dat slegs die tolgeld van die voorafgaande drie jaar deur SANRAL geëis kan word.  Siviele eise verjaar na drie jaar as daar geen regsaksie geneem is deur die eiser nie. Dit beteken SANRAL moet maar tolgeld van ouer as drie jaar afskryf as slegte skuld. As daar egter verstekvonnis of enige ander bevel deur die hof gemaak is, geld die- bevel onbeperk.  Sodra die motoris gedagvaar is, loop die verjaringstyd nie langer nie en dit kan miskien lank neem voor die saak wel voor die hof kom.  As SANRAL die vermoë het, sal hulle die dagvaardings goed ophou en onmiddelik verstelvonnis aanvra as die verweerder nie binne die voorgeskrewe tyd betaal of verweer aanteken nie. Maar nou is die vraag natuurlik of hulle vinnig voldoende hoftyd gaan kry om al die verstekvonnisse aan te vra.  Dit lyk my hulle het jare te lank geneem om positiewe aksie te neem wat beteken almeer motoriste het in die gewoonte gekom om nie te betaal nie wat die probleem waarskynlik onhanteer groot gemaak het, en dat hulle dalk  nie die geweldige groot aantal nie betalers sal kan bykom nie. 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
4 days ago @ 12:09:17 pm
Heindrich
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1279
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Fred.....jy is reg dat skuld na drie jaar verjaar. Die nie- betaling van tolgeld is egter gekriminaliseer en ek dink nie n kriminele oortreding kan vefjaar nie. Praat onder korreksie....

miskien kan iemand vir ons hiermee help. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
4 days ago @ 14:26:39 pm
Fred
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1850
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Heinrich, Sekere misdade soos moord verjaar nooit nie- ander wel, maar ek het nie detail nie.  Nietemin, SANRAL se plan is nie om die "oortreders" krimineel te vervolg nie, maar wel siviel, en dit lyk my gaan baie effektiewer wees.  Ek is ook nie seker of nie-betaling wel gekriminaliseerd is nie- ek betwyfel dit nie, ek is net nie seker daaroor nie.  Het jy dalk feite?  Kriminele hofsake sal, dink ek, ook baie meer werk aan SANRAL se kant vereis wat beteken sake sal nie so vinnig afgehandel kan word as met hulle siviele aksie nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
4 days ago @ 15:25:14 pm
Gous
Bronze Member
74% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 10 Dec 2018
Experience: 1 year

Hoor net altyd van dit steur my self nie te veel aan dit nie tot dit gebeur. Ek is vrydag met dagvaarding vir e toll ( oorhandig deur die sheriff ) om in die hof te verskein. Hulle soek e toll by my van 2013 , vanaf dit begin is want ek het nog nooit betaal vir e toll nie. Ek het nou vir outa gekontak om hulp te kry. Ek het nie gestem vir die regering wat ons nou het wat die e toll in plek gebring het om hulself net meer bedrog geld in die sak te bring nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
4 days ago @ 17:04:18 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1081
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Gous ek dink ek het slegte nuus vir jou, soos ek dit verstaan help OUTA slegs hulle lede, ander word deur hulle aangeraai om 'n prokereur te gaan sien SSM. As jy eers 'n dagvaardiging ontvang het is die proses baie meer ernstig, jy sal jouself MOET verdedig in die hof, as jy dit nie doen nie en die dagvaardiging ignoreer of nie opdaag in die hof nie word 'n verstek vonnis teen jou uitgereik, dan daag die balju een of ander tyd op en begin jou goed opskryf vir 'n veiling, as dit nie genoeg is nie kan hulle jou sekwestreer. Jou e-tol rekening is ook nou baie meer want nou word allerhande ander kostes soos die balju s'n en ander regskoste ook bygetel. En jy word waarskynlik nou ook ge-swartlys wat jou krediet baie duurder gaan maak. Sterkte.

Ek het destyds met die afslag vergunning reeds R5000 geskuld en toe eerder die 60% afslag aanvaar en die balans vereffen, daarna maar e-skyfies gekry en laai elke maand sodat ek nooit onder R50 in krediet is nie...pynloos en ek moet erken ek voel dit nie juis nie en boonop as ek Scotties toe sleep is die N3 tolhekke 'n plesier, ek "breeze" deur hulle met byna geen toue nie. Terloops die feit dat jy nie vir die regering wat etol ingestel het nie is irrelevant, dis daai ding wat hulle "democracy" noem, die wenner vat alles, die res word die opposisie wat eintlik maar net geraas opskop sonder enige magte :)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
4 days ago @ 17:10:28 pm
Fred
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1850
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Bietjie van 'n gevaarlike uitgangspunt in jou laaste sin Gouws. As die EFF en ander partye ook so redeneer, sê ons hulle moet by die Wet bly en neem hulle hof toe as hulle bv. jou grond sou beset.  Ek sou sê wat goed is vir die een is goed vir die ander.  Al het ons nie vir die regering gestem nie, bly ons steeds in die land.  Om in opstad te kom teen wat ons as onregverdig beskou, is myns insiens reg, maar om te redeneer dat ek die regering van die dag se wette ignoreer omdat ek nie vir hulle gestem het nie, is verkeerd.  Dis die weg na chaos en burgeroorlog.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
4 days ago @ 17:34:42 pm
Heindrich
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1279
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Heinrich, Sekere misdade soos moord verjaar nooit nie- ander wel, maar ek het nie detail nie.  Nietemin, SANRAL se plan is nie om die "oortreders" krimineel te vervolg nie, maar wel siviel, en dit lyk my gaan baie effektiewer wees.  Ek is ook nie seker of nie-betaling wel gekriminaliseerd is nie- ek betwyfel dit nie, ek is net nie seker daaroor nie.  Het jy dalk feite?  Kriminele hofsake sal, dink ek, ook baie meer werk aan SANRAL se kant vereis wat beteken sake sal nie so vinnig afgehandel kan word as met hulle siviele aksie nie.

Volgend my kry jy n kriminele rekord as jy nie etol betaal nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
4 days ago @ 18:05:36 pm
Fred
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1850
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Kom ons probeer die raai-raai uit die vraag haal.  Volgens Justice Project South Africa, (https://www.jp-sa.org/e-tolls-offences (https://www.jp-sa.org/e-tolls-offences/) is dit nie duidelik of dit 'n kriminele oortreding is of nie.  Maar dit is nie ter sake nie, want SANRAL gaan nie motoriste probeer krimineel vervolg nie, maar wel siviel-regtelik, met ander woorde hulle gaan sê jy skuld hulle geld so pay-up.  'n Straf hof sou jou in elkgeval nie beveel het om jou skuld te betaal nie, maar jou net straf omdat jy dit nie betaal het nie.  As jy dan sou voortgaan om weer nie te betaal nie, en jy word weer aangekla en skuldig bevind, sou jy weer gestraf word, moontlik swaarder, maar steeds sou jy nie beveel word om jou skuld te betaal nie en jy sou nie geswartlys word nie (hier raai ek so 'n bietjie, maar ek meen dis waar).  Dit is dus duidelik dat SANRAL uit hulle oogpunt, 'n beter metode gaan gebruik deur van die siviele prosedure gebruik te maak.  Die verloop van die aangeleentheid is heel interessant en ek, en ek glo, baie ander mense, hou dit goed dop.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
4 days ago @ 18:33:21 pm
Fred
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1850
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Soos ek reeds gesê het, ek dink dis 'n briljante idee van SANRAL.  Maar gaan dit werk?  Ek raai nee, om die volgende redes:

As al die administrasie hanteer kan word en honderde duisende mense, selfs dalk miljoene, en meeste van hulle Gautengers, geswartlys word, gaan al hierdie mense nie meer enige krediet kry nie.  Sonder krediet gaan Gauteng, en waarskynlik die res van die land, se ekonomie in duie stort.  Dit mag nie gebeur nie, so die regering sal dit nie toelaat nie.  Al wat dit kan laat werk, is as mense op groot skaal skrik en begin betaal, maar ek twyfel of dit sal gebeur.  Ek dink hierdie is maar die laaste stuiptrekkings en dat e-tol geskrap sal word.

Dis maar my raaiskote en ons sal wel vorentoe sien wat werklik gaan gebeur.

Iemand het hierbo gesê tol op nasionale paaie moet ook oor dieselfde kam geskeer word.  Dit bestaan al seker vyftig jaar (?) en ons het dit stilswyend goedgekeur deur dit net eenvoudig te aanvaar, so minstens moreel dink ek nie dit kan gelyk aan e-tol gestel word nie waar mense baie duidelik van die begin af dit verwerp het.  Niks verhinder mense natuurlik om ook hieroor burgerlik-ongehoorsaam te word nie, maar om verskeie redes dink ek nie dit sal gebeur nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
4 days ago @ 22:46:58 pm
Bak oor
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 687
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ons het meer as een verpligtinge wat op ons afgedwing word en die meerderheid is om skelms se sakke vol te maak en glad nie wat die valse verskonings is waarvoor alles gebruik moet word. Eers word selarisse gedoen dan bonusse, dan tea parties vir so called meetings, tegnologiese stelsels ten duurste word aangekoop wat nie werk of weet hoe dit werk nooit kom dit by die werklike opgradering van wat nodig is.

n vraag wat ek wil vra. Waar is die alternatiewe opsies. Voor enige iemand my antwoord gaan ry self daardie alternatiewe roetes dan praat jy. Klim in jou kar ry van Johannesburg suid na Pretoria noord. Voor jy doen dit twee dae se verlof in want jy gaan n ruk lank besing wees. Maar weer eens het ons nog nie swaar genoeg in die land gekry en gaan goed met ons. Ons betaal maar net en dink enige veskoning uit om te betaal en niks te bevraagteken. Dit is E tol, brandstof verhogings, belasting verhogings, elektrisiteit en en en. Ons is te gewillig om te betaal. As dit is vir opgradering van veroudering van infrastruktuur heeltemal reg. Ek's in maar meeste van die goed is in plek gesit sonder ons mede wete en vet kommissies is verdien. Baie geld verdwyn net. Nou ja ek betaal nie so lank as wat ek kan sien waarvoor ek betaal en tot iets gebeur wat betaling regverdig

Sal graag wil bewyse sien dat elke een wat vir die mense werk wat sulke eise teen ons verbruikers stelen ook die wat skree vir geld self die goed betaal. Ek kry die verbruiker regtig jammer. Maar soos ek gese het dit gaan nog te goed met ons ons is ver van swaar kry af. Wat die ergste van alles is die gewilligheid van betalers maak dit nog moeiliker vir ons medemens wat buite die stede bly in plakkerskampe en wat kilometers ver moet spartel om by plekke te kom om n lewe te maak. Ek skaam myself om gewilliglik net saam te speel met dit wat verkeerd is.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
3 days ago @ 09:31:15 am
Fred
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1850
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ek dog SANRAL werk nog aan die plan, maar di lyk my hulle implementeer dit reeds.  Ek het pas gelees 'n man met R60,000 skuld het uitgevind hy is geswartlys (https://businesstech.co.za/news/motoring/305672/man-blacklisted-for-failing-to-pay-r60000-e-toll-bill-report/).  Wat nou?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
3 days ago @ 14:00:23 pm
Bak oor
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 687
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ek wonder of al die skelms wat so oopgevlek is met al die kommissies van ondersoek of hulle geswartlys word. Ek sien hulle lewe gaan normaal aan, van hulle kry hoër posisies Hulle moet maar swart lys. Ek het wat ek moet he en as ek nie kontant kan koop dan koop ek nie. Ek gaan nie dat daardie byl oor my kop hang.

Kan jy jou voorstel waar gaan die ekonomie draai as al die verbruikers geswartlys word. Bang maak stories en die hoeveelheid wat wel vervolg word moet net terug baklei want as almal doen kan die klaer nie nie al die regs kostes by kom. Hulle is mos finansieel in die moeilikheid. Net n gedagte, wonder persentasie gewys hoeveel taxi's is getrou betalers. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
3 days ago @ 14:05:25 pm

3 days ago @ 14:06:39 pm

3 days ago @ 17:28:04 pm
Proffie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 932
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Dis feit. Die balju het voorverlede week by my kinders se huis opgedaag met 'n dagvaardiging vir betaal van etol vir R52,000 of om in die hof op die gegewe datum te verskyn.

My dogter doen die besigheid se boeke en het alles gerekonsilieer, die verkoopte voertuie afgehaal en die rekening mooi skoongemaak. My kinders se prokureur het Vrydag kennis gegee dat hulle die dagvaardiging teenstaan in die hof.

Nou is dit hofkostes en hulle sal ongeveer R20,000 agterstallige tol moet betaal vir die periode voor hulle geregistreer het met tags.

Hulle teiken nou besighede en individue in die ooste van Pretoria.

Die balju het bevestig dat daar R200miljoen+ voorsien is vir die invordering van agterstallige tolgeld.

My kinders se besigheid en eie voertuie is reeds 3 jaar gelede geregistreer met prepaid tags.

Dit is nie meer dreigemente nie. Dis nou besig om te gebeur.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
2 days ago @ 19:13:50 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1081
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Sien netnou dat daar reeds aansoeke vir sowat 1400 verstek vonnisse ingedien is (waar diegene wat gedagvaar is dit ignoreer), so ook dat iets soos 15 000 dagvaardings reeds uitgereik is (hulle reik nou iets soos amper 2000 'n maand uit). Verstaan ook dat as jy 'n verstek vonnis teen jou kry jy outomaties op die krediet buroi's se swartlys kom.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
2 days ago @ 22:54:59 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4623
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Wel kom my hofdag dan haal ek ook maar al die fotos uit van my Golf GTI wat my karavaan nommerplaat het, en die Nissan NP200 wat my nommer plaat het maar behalwe van MP en nie GP nie.. So hoeveel is my koste dan werklik. Gee my gedetaileerde rekening met AL my fotos van elke transaksie en dan kan ek weet wat ek regtig skuld. Daar sal maklik bewys word hul stelsel is nie 100% akkuraat nie en dit kan op tegniese punt neerkom dat ek baie minder skuld en hulle nie kan waarborg dat hul goed reg is nie en dus sal elke transaksie van SANRAL in twyfel getrek moet word en dan begin ons maar weer?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
yesterday @ 06:39:31 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 11351
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek betaal nie die tol nie. Sal maar in die hof gaan staan en verduidelik.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
yesterday @ 07:21:47 am
DK
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1342
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 17 years

Ek betaal nie die tol nie. Sal maar in die hof gaan staan en verduidelik.

Gaan saam jou daar staan.

Ek wonder watter straf sal ek kry vir R17kcool?

No More............?
No More............?
No More............?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
yesterday @ 09:39:48 am
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1081
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Alles goed en wel maar ek het nie die lus of tyd of geld om deur een na die ander hof verskyning en gepaardgaande uitstel te sukkel nie. (En dan nog een of ander over-priced prokerower boonop te moet betaal). En as jy eers op daai swartlys is word dit blykbaar 'n nagmerrie om weer daarvan af te kom? Nie self ervaring daarvan nie, was nog nooit ge-swartlys nie:)

En ja party voertuie het dalk jou cloned nommerplaat op, dit word bloot uitgegooi, en die res met die regte voertuig en nommerplaat? Die onus is op jou om te bewys dis nie joune nie. Die etol website gee vir jou die opsie om besware te lug, as jy verkies om dit nie te doen nie het jy daarna geen voet om op te staan nie?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
yesterday @ 09:45:32 am

Maklik! R17k plus regskoste en 'n klompie ander goed en natuurlik jou eie regskoste en tyd. En as jy nie betaal nie is jy op "die lys" en die balju het so bietjie opskryfwerk om te doen van jou goed en jy kan self sien wat jou goed regtig werd was die dag van die veiling :)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
yesterday @ 12:36:54 pm
Fred
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1850
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Dis baie beter om nie geswartlys te word nie.  Ek is nie op hoogte van hoe dit werk nie.  Ek was eenmaal geswartlys oor ek nie 'n artikel ontvang het waarvoor ek betaal het nie. Ek het dit uitgevind toe ek 'n selfoonkontrak wou uitneem.  Dis lank gelede maar as ek reg onthou, het ek die kredietagentskap wat my geswartlys het, gebel, die saak verduidelik en hulle met regsaksie gedreig as hulle my nie onmiddelik sou ontlys nie. Hulle het.  Die plek wat my artikel nie gelewer het nie, het toe ook nie meer bestaan nie,  Die plek wat my artikel nie gelewer het nie, het toe ook nie meer bestaan nie, 

As jy uitvind jy is geswartlys, sal jy eerstens van jou skuld moet ontslae raak.  Dit beteken jy sal die bedrag van die skuld plus die koste om die verstekvonnis te gekry het sos Proffie verduidelik, moet betaal, waarskynlik rente ook.  En dan moet jy op een of ander manier ontlys word.  Dit kan moontlik eers gebeur as jy 'n paar jaar nie slegte skuld gehad het nie.

As jy meen jy het 'n saak, bv dat SANRAL wil hê jy moet tol betaal vir voertuie wat jy nie besit nie, sal dit raadsaam wees om die saak te laat regstel sodra jy daarvan bewus word.  As jy dit nie doen nie en daar is verstekvonnis teen jou, is dit 'n geneuk.  Dan moet jy maar betaal of aansoek doen dat die vonnis tersydegestel word sodat jy dit in die hof kan gaan verdedig.  En jy sal moet verduidelik waarom jy nie op die dagvaardiging gereageer het nie.  Watter rede gaan jy aanvoer?  Die kans is groot dat jy jou eie en SANRAL se regskoste sal moet betaal, wat die koste om die vonnis teen jou te kry asook die koste om jou aansoek teen te staan, insluit, en dan kom die koste van die komende saak waarin jy moet bewys jy skuld SANRAL niks nie, ook nog.  Dan sit jy uiteindelik met kostes van 'n paar honderd duisend rand in plaas van die aanvanklike sê R50,000. 

As SANRAL maar 'n klein groepie motoriste per maand dagvaar, kan hulle skema dalk slaag.  Dit sal nie slaag indien daar honderde duisende motoriste gelyk geswartlys word nie as gevolg van publieke "back lash", maar met die klein aantal wat hulle blykbaar nou aanvat, is die kans groot dat motorste sal skrik en maar begin betaal.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
yesterday @ 12:36:55 pm

yesterday @ 12:53:49 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1081
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Heeltemal reg Fred....een van die redes heokom ek destyds met die 60% afslag maar dit aanvaar het en my R5k laat "wegraak" het deur die 40% betaling van R2k te doen en daarna etags op al my voertuie te sit....slaap rustig en weet verseker dat ek maar my selfoon kontrakte kan hernu sonder dat dit geweier word. Alhoewel mens partymaal dink jy hoef nie groot skuld aan te gaan nie en dus nie enige kommer oor swartlys het nie gebeur daar goed soos toe my tipper Desember gesteel is en ten spyte van versekering ek steeds heelwat moes inbetaal op 'n nuwe ene...

Besef ook nou iets anders, laas jaar moes ek twee keer versekering eis (eerste keer in baie jare), een in vir 'n ligte inbraak in my huis, die ander aansienlik meer met tipper wat gesteel is. Ek het my na die inbraak maar laat registreer by Transunion wat teen R99 'n maand my onmiddelik laat weet as enige navraag of nuwe skuld met my ID nommer aangegaan word (my ID en paspoort was met die inbraak gesteel daarom maar besluit om eerder veilig te speel). Wat ek toe besef het is dat in beide gevalle die versekering 'n krediet check op my gedoen het, klaarblyklik nou iets wat standaard is agv die baie bedrog, as jy dan op 'n swartlys is het jy drama want die suspisie is dan dat jy dalk deel van die misdaad is en/of 'n vals eis ingedien het agv jou finansiele probleme. Nee wat, ek slaap rustig dankie!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
yesterday @ 15:40:33 pm
Fred
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1850
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

En skielik is daar bietjie goeie nuus: Die kredietburo's mag nie skuld aan SANRAL teen verbruikers se kredietgradering inbring nie. (https://businesstech.co.za/news/business/306030/e-toll-bills-will-not-affect-your-credit-score-sa-credit-bureaus/). Hulle sê die motoriste wat wel so geswartlys is, is foutiewelik gedoen en dit sal terugeskryf word.  Sonder die swarlys- swaard bokant motoriste se koppe sal die plan nie so goed werk nie.  Dit sal SANRAL verplig om balju-s opdrag gee om hulle besittings op te skryf en te verkoop, maar dis 'n langsame proses en balju's sal maar stadig daardeur werk as gevolg van die moontlike groot aantal sulke sake. Dit kan maak dat motoriste hulle dalk nie aan die moontlikheid steur nie en vir die beste hoop.  Maar as hulle by jou uitkom, bars jy of jy betaal onmiddelik.  Interessante verwikkeling!  Ek skuld SANRAL niks nie, maar ek is nie 'n dobbelaar nie en ek sou nie 'n kans waag  as ek in die posisie was nie. 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
6 hours ago
Bak oor
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 687
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Nes ek se Fred. Alles net bang maak stories. Brommer jy slaan die spyker op die kop. Voel net so dat hulle die bewyse in detail moet lewer. Hulle kan nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 hours ago
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1081
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Bakkies, as jy daai dagvaarding kry soos party bendelede hier reeds bevestig het, verseker ek jou dis nie meer bangmaak stories nie maar baie baie ernstig.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
4 hours ago
Proffie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 932
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

My kinders se besigheid is gedagvaar om die uitstaande skuld te vereffen of my skoonseun as ceo moet hof toe om te gaan bewys dat die lasbrief ongeldig is.

Daar is 'n hofdatum. So ons kan watter kant toe redeneer, jy gaan in die hof staan en verduidelik.

Kinders het besluit om die regte ding te doen en al die rekords deurgewerk en foutiewe aanslae eenkant gesit en die regte goed eenkant.

Ter verdediging is hulle hofstukke ingedien met duidelikheid oor watter eise hulle erken, watter vals is en watter buite die bestek val. Die onus was op hulle om die data skoon te maak om uitgerekte hofgeding te vermy.

Dit is beter om beheer te neem oor so 'n situsie as om kop in die sand te steek. Net een ou kan wen en een ou kan verloor.

Kanse is nou beter dat my kind nie in die beskuldigde bank moet gaan staan nie maar dat die prokureur (vriend) met die staatsaanklaer die saak uisorteer.

Hulle betaal dan wat hulle moet en die saak is verby. Hulle kan hulle tyd baie beter spandeer om hule besighede te bedryf as om hof-hof te speel.

Hierdie is ernstige harde realiteit en nie spekulatiewe inligting nie.

So, as jy in die oostelike voorstede van Pretoria woon, maak jou maar gereed. Hulle teiken daar eerste.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
View First