-  Classifieds  -  NEW 2007 Jurgens Classique Patio  -  2017 Armadillo  -  2015 Echo 5   -  2018 Sprite Swing  -  Forums  -  Things are bIgger in the USA  -  army dae  -  Neus blaas in storte  -  Gasbottel verf  -  News  -  Iveco 35S13 4 Berth  -  5 nights camping at R1000  -  Take Time Off!  -  Ongelooflike Naweek Aanbod!
English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 801
Total Replies: 223 003
Total Views: 82 059 211
topics: 10 615
replies: 121 098
views: 38 707 541
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Waarbrg op nuwe voertuie

replies: 38
views: 468
14 Mar 2019 @ 13:41:38 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2151
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Wat is julle opinie oor voertuigwaarborge?  Ek onderhou oor die jare my eie voertuie sodra hulle onder waarborg uit is omdat ek daarvan hou, ek glo ek dit goed doen omdat ekself of my gesin daarmee ry en natuurlik is dit meer ekonomies.  My Kuga het 'n 120,000 Km waarborg gehad maar met die probleme wat ondervind is, is die waarborg nou verleng na 200,000 km.  Dit geld nie vir nuwe Kugas nie.  Nou het ek 'n probleem daarmee.  Ek moet nou elke 15,000 km die voertuig na 'n Ford werkswinkel toe neem om dit te diens. Die kostes is geweldig hoog, veral vir die 30,000 km dienste, en ek is nie so seker dat die werk altyd goed gedoen word nie.  Daar was 'n olielek aan die masjien, en dieselfde agentskap het dit eers die derde keer suksesvol gestop.  Hoe kan ek hulle nou vertrou?  Maar as iets ernstig verkeerd loop, sal ek baie bly wees vir die verlengde waarborg.  Die lugreëlaar kompressor se "bracket" het 'n ruk gelede sonder enige duidelike rede gebreek.  Dit het die werkswinkel twee dae se werk gekos om dit te vervang en die komponent, van aluminium, het 'n plaas se geld gekos.  Toe was ek baie dankbaar vir die waarborg. 

So ek het gemengde gevoelens oor die waarborg. Ek het nog maar min ernstige probleme oor die vyftig jaar dat ek 'n voertuig besit en gediens het, ondervind.  Die ergste voor die een met die Kuga, was 'n rat wat in my Kombi se ratkas gebreek het, en die moes ek professioneel laat regmaak omdat daar verskeke gespesialiseerde gereedskapstukke nodig was.  Ek het wel al 'n paar ander ratkaste herstel.  Wat ek wil sê, is die kans dat ek ernstige duur probleme sal ondervind, is volgens my ondervinding, skraal, maar as dit gebeur, is dit baie geld.  Is die waarborg met die gepaardgaande dienskoste, dus die moeite werd of nie?  Ek sal nie 'n kans vat nie.  Ek word ook ouer en kan dalk nie meer die swaar werk doen nie, so dis maar in my geval 'n akademiese vraag.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2019 @ 14:41:19 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1632
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Ses van die een en 'n halfdosyn van die ander. Jy kon netsowel meer ernstige probleme opgetel het wat dan deur 'n waarborg gedek kon wees. Ek is nie 'n persoon wat maklik risiko's neem nie , en sal daarom hou by die waarborgvoorwaardes wat daar gestel is. 'n Mens verneem somtyds van handelaars wat hardnekkig is om produkte op waarborg te herstel, maar ons was nog altyd gelukkig met so iets.

Ons het byvoorbeeld nuwe Samsung yskas van R12k hier in Ballito gekoop toe ons Januarie afgetrek het. Samsung het dit (sonder dat ons daarna gevra het en sonder om te kibbel) na 'n maand vir splinternuwe een omgeruil toe ons gekla het dat dit effens skuins staan, alhoewel dit perfek gewerk het. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2019 @ 14:49:31 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12663
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Huidiglik is ek nie n groot voorstaander van "Extended warrenties" nie.....meeste van hulle kan nie eers by hulle normale waarborge bybly nie. Ek het met my vorige kar.....n Toyota Corolla sedert nuut gekoop baie probleme met agterste calipers gehad wat nie wou "release"nie. Elke keer as ek hom vir Toyota vat het hulle so cheap moontlik probeer regmaak......bietjie spookpis opgespuit en gehoop dit hou. Nadat my kar vir die 5de keer terug is en n moewiese fight opgesit is, het Toyota besluit hulle sal nou daai part van R500 koop en insit.....maar ek was verantwoordelik vir die R2400kostes om agterste remskoene heeltyd te vervang na elke 10000km....hulle het gesê dis normaal dat agter remskoene net 10000km hou :-{

My Ford dink ek is ook te swaar op brandstof as ek met ander vergelyk....al wat Ford die afgelope 2keer wat hy daar was vir die probleem is om die computer te "reset"....met die hoop brandstof verbruik gaan nou beter word. 

My gevoel is hulle wil nie eintlik geld uithaal op waarborg issues nie en wil dit dan so cheap moontlik regmaak....nog beter is om die verskoning te gebruik: Dis "normal wear and tear"

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2019 @ 14:51:03 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1632
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Jammer om te hoor dat jy so slegte ervaring gehad het Geert.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2019 @ 14:52:49 pm
DK
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1668
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 17 years

Dit kan soms 'n dobbel storie word om 'n waarborg te neem of nie. Die diens kostes is hoog teenoor wanneer dit self gedoen kan word, maar wanneer iets sensitiefs gedaan raak, raak kostes onbekostigbaar indien daar nie 'n waarborg is nie.

Byvoorbeeld: As ek my X-Trail self diens sonder ekstras, is die kostes soos volg;-

- 8lt Sintetiese Olie - R 750-00.

- 1x Olie filter - R 65-00.

- 1lt Anti-Freeze - R 75-00.

- 1x Diesel filter - R 1250-00.

- 1x Air filter - R 95-00.

- 1x Air cond. filter - R 120-00.

- Totaal = R 2355 -00.

Nissan kwoteer vir dieselfde diens - R 7300-00 (Estimate).

Bosch kwoteer vir dieselde diens - R 4500-00 (Estimate).

As daar nie 'n waarborg was nie, kon ek per diens +/- R 2145-00 gespaar het.

Op 'n dag voel dit of die X-Trail voorentoe duik as ek rem. Na ondersoek word bevind die lower control arm rubbers is gedaan.

Met skok vind ek uit, die rubbers kan nie los gekoop word nie, slegs die kompleet lower control arm moet gekoop word met 'n prys van R 4500-00 elk wat my dan R 9000-00 uit die sak sou jaag indien daar nie 'n waarborg was nie.

Ek was redelik skepties of hulle dit sal aanvaar omrede dit normal wear and tear was, maar gelukkig was die totale kostes gedek insluitend die RMI handelaar se arbeid van R 2800-00.

So dit is wik en weeg - Sometimes you loose, Sometimes you gain.

PERMANENTLY OFF-LINE DUE TO A LACK OF INTEREST, ESPECIALLY TO COMMUNICATE WITH ''SNOBS'', WHICH THINK THE SUN SHINE OUT OF THEIR ??????.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2019 @ 15:01:09 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1632
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Vriende van ons wou verlede jaar hul Fortuner se koppelaar aan die Oos-Rand laat vervang en agente het hulle R14k gekwoteer. Hulle trek toe intussen Suidkus toe en besluit om dit twee weke terug daar  (ook by agent) te doen. Totale koste was R9k. Waar kom die verskil vandaan?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2019 @ 16:05:04 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 709
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Ek weet nie eens waarvan julle ouens praat as julle verwys na die probleme of onderdele nie. Dus verlaat ek my maar op die agente. Ek het op my vorige Hilux 'n verlengde waarborg uitgeneem, wat my uiteraard verplig het om by Toyota te laat diens. Maar ek twyfel of ek dit met my huidige Hilux ook gaan doen. Ek kan egter nie self aan my voertuig werk nie, want ek weet niks van meganika nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2019 @ 16:27:40 pm
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1361
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Ek het al my Landrovers, sodra uit waarborg, by werkswinkel laat diens en werk wie buite die Landrover handelaar netwerk werk. G4x4 buite Pretoria, B&J motors op Nelspruit. Landrover agent diens R7900 plus parte. B&J was  R2300 plus Landrover parte.

Die uiteindelike verskil was LR R13,200. B&J motors R4,600.

Selfde parte. Verskillende verspreider!

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2019 @ 19:16:06 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1231
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Dis soos versekering, niemand betaal die premies graag nie maar as iets gebeur soos toe my tipper laas jaar ge-RDP was is mens ontsettend bly jy het die polis.....Meeste vervaardigers het deesdae lang waarborge, bv my nuwe Ranger s'n is 4 jaar, ek sal nader aan die tyd dit verleng maar slegs met Ford se eie verlengde een (basies dieselfde as die oorpronklike een), het egter voorheen al 'n stel afgetrap met 'n verlengde een wat deur 'n versekerings mpy onderskryf was, duur en totaal nutteloos. In my jonger dae het ek ook maar self gediens maar nou is die lyf nogal seer die aand na ek onder die voertuig uitgekruip het...so ek kerm en kla maar en betaal die agent...gelukkig het die nuwe tipper 'n onderhoudsplan van 6 jaar, bietjie ekstra betaal om dit op te gradeer van slegs 'n diensplan af.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2019 @ 19:34:55 pm
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1958
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Wat my kwaad maak is dat byvoorbeeld een handelaar goeie diens lewer en ander nie. Ons Fords het ons by verskillende handelaars onder waarborg laat diens todat ons een gekry het waar ons tevrede is. Omdat die diens onder waarborg is doen hulle die minimum en laat jou voel of hulle jou 'n guns doen.

Ons huidige handelaar se personeel is regtig op kliente diens ingestel en dit maak 'n groot verskil aan hoe ons oor die voertuig voel.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2019 @ 19:55:39 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1231
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Amen Jan, een van die redes hoekom ek nou my 5de Ford by diesefde agent gekoop het....ek vertrou die werkswinkel mense ten volle....

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2019 @ 06:35:08 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13089
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Om aansluiting te vind by hierdie waarborg storie is die reeling dat dienste jaarliks gedoen moet word al het die voertuig nog nie die volgende diens kilometers bereik nie.

My oorlede vriend se Tipper was Des verlede jaar toe hy oorlede is 'n jaar oud. Voertuig het minder as 7900km op.  As ons hom nie laat diens het nie sou sy 120 000km waarborg verval het.

Nou vra ek jou wat op die voertuig wat deel uit maak van 'n diens kan so vervalle raak na 'n periode van 12 maande dat dit die waarborg kan beinvloed.

Ek dink dis regtig 'n foefie wat 'n plan mee gemaak word.

My vrou se Tata Indica het ook die tipe ding gehad. Die aantal kilos wat die karretjie ry het ook gemaak dat hy sy waarborg verloor het. Ek laat diens die voertuig slegs by die handelaar net op 10 000km intervalle en sy loop soos stroop. Staan op net oor die 70 000km na 8 jaar.

So elke ou moet maar besluit hoe hanteer hy hierdie waarborg ding van die handelaars. My opinie is dat die handelaar bereid is om 'n waarborg/diensplanne te gee maar teen 'n koste en daai koste is jy sal die dienste binne 'n sekere tyd opgebruik om te verhoed dat hulle 'n 70 000km diens moet verig na 8jaar.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2019 @ 07:12:39 am
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1632
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Amen Jan, een van die redes hoekom ek nou my 5de Ford by diesefde agent gekoop het....ek vertrou die werkswinkel mense ten volle....

Dit is belangrike stelling wat jy nou maak....

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2019 @ 09:05:15 am
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 469
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

My Fortuner is ook al uit sy waarborg. My Mercedes ook, maar luister hierna. Ek KOOP my eie olie vir die Merc by Fuchs, kos my ongeveer R500-00, gespesialiseerde olie. Ek koop die olie-filter @ R85-00. Ek laat my motor diens @ R450-00 by Ernie Magson se absoluut-betroubare diens-stasie. Alles vir onder R1000-00, met HULLE waarborg agter die blad. My Merc word ge-re-set en alles. Die persoonlike verhouding met Ernie en sy seun Ryno is absoluut heerlik en ek voel veilig by hulle.  

Teen 6.5liter per km is die Merc n ware ARM man se kar. En as iets lelik moet breek na 160 000 km .... wel .... cowboys don't cry.

Presies dieselfde geld vir my Fortuner op 170 000 km ook.

Ek het nooit onder R4000-00 betaal vir n dies by Mercedes nie. 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2019 @ 10:41:23 am
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1361
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

'n Voertuig waarborg waar die vervaardiger sy tuig ondersteun met regstelling indien fout gaan, is hoogs aanvaarbaar.

Ek het dit teen geforseerde motorplanne. Jy betaal in wese vooruit, as deel van die koopprys, vir dienste.

Ek het al beleef dat die motorplan diens uitgevoer word sonder om werklik als te doen volgens voorskrif.

Bv die Disco se remskoene. Moet op sekere km vervang word. Die lorrie waarsku jou en as jy nie dit vervang nie, weier die mouter om verder te ry. Drie weke na die diens gaan die kar in safemode in. Remskoene moet vervang word!

Ek verkies om dienste self te betaal per diens en dan die vervangde parte in my voertuig gelaai te sien. Dan weet ek dit is gedoen.

As jy die koste van 'n motorplan bereken en dit in jou bank wegsit teen 'n rentedraende belegging, gaan jy verder kom met daardie geld as om vooruit vir 'n diensplan te betaal.

En jy het kapitale waarde in jou sak  nie die handelaar nie.

Vooruitbetaling beteken die handelaar doen die diens op die goedkoopste manier om sy inkomste uit jou kapitale belegging by hom, te optimeer.

Nou is hulle slim. Jy koop nie die motor sonder diensplan nie. Ek het al probeer. Hulle verloor eerder die 'sale', so daar moet vir die handelaar finansiële voordeel in die motorplan lê.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2019 @ 23:21:52 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4822
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Sal nie weer verlengingsplanne koop nie. Het dit goed geleer met vorige voertuie. Koop nou maar voertuie wat dit nie nodig het nie (of vir die wat skepties is, nie juis veel risiko het om dit nodig te kry nie) 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2019 @ 06:26:42 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13089
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Hierdie motor/diens plan goete en waarborge werk ook op my spiere. Dis als en als 'n manier om die gebruiker uit te buit of te wel dis die gevoel wat mens kry.  Die enigste tyd wat dit jou dalk gaan baat is as jy daadwerklik baie kilos in 'n maand of jaar ry.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2019 @ 12:42:37 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2151
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ek vra in elkgeval om my ou onderdele terug te kry, dan gaan gooi ek dt self weg. Maar is dit werklik my voertuig s'n?  Ek weet nie, maar dis minstens die poging werd.  As 'n mens te agterdogtig raak, begin jy jou lewe ook maar versuur.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 May 2019 @ 16:52:23 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2151
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ek het hierbo twyfel uitgespreek oor die wysheid om 'n voertuig lank onder waarborg te hê.  Ek twyfel nou gladnie meer nie.  My voertuig het nou, op 90,000 km, ratkasprobleme ontwikkel.  Die moontlikheid bestaan dat die ratkas teen 'n koste van R150,000 vervang sal moet word.  Dankie tog vr 'n waarborg!

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 May 2019 @ 17:09:26 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4822
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

As dit jou Ford is, gaan jy nie nuwe ratkas kry nie, dit kan EK JOU WAARBORG. Ford se waarborg beteken niks. Ek is daardeur. My voertuig het op 38,000km "nuwe ratkas" moes kry onder waarborg, haha, toe kry ek reconditioned gearbox... Sterkte nietemin...

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
06 May 2019 @ 17:18:58 pm
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1361
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Mens sal nooit weet wat die regte ding vir jou kar is nie.

Eerste Mercedes C220 (2002) was die goedkoopste kar om in stand te hou wat ek nog ooit gery het. Hiper ekonomies, minimum herstelkoste, dienste was billik.

Al wat gebreek het in 220,000km was die clutch op die alternator en my deurhandvatsel het gekraak binne. Die sleeve op die linker voorwiel moes verang word, maar dit was agv 'n pothole waardeur my dogter gery het.

Dit sou onnodige geld gewees het as ek verlengde waarborg sou moes koop.

So al ons ander voertuie. Koop nie verlengde waarborg nie. Het oor die jare 'n spaargeldjie weggesit vir indien iets sou verkeerd loop.

Maar moet ook noem dat ons leef ook onder die seën en beskerming van die Here.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 May 2019 @ 18:03:41 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1810
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

My Fortuner het vroeg vanjaar sy laaste "gratis" diens gehad waarvoor ek eintlik met sy aankoop reeds betaal het. Gelukkig het ons hier n baie betroubare ou Toyota werktuigkundige wat sy eie onderneming begin het. Hy kry baie lof van almal en sy tariewe is baie billik. Ek het nie my diensplan verleng nie.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 May 2019 @ 10:33:52 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12663
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek hoop van harte dat hulle jou gaan uitbetaal. Soos jy verwys na tegniese punte op die ander draad wat agent nie hoef te betaal nie....as Ford daai selfde gesindheid teenoor jou eis gaan hê, gaan jy nie n kat se kans hê nie.....hulle kan jou baie baie maklik uitbowl op tegniese punte. Dis weereens eerbaarlikheid wat ter sprake kom. Hoop en vertrou dat hulle jou eis eerder op n eerbaarlike manier sal afhandel as om jou te probeer uitbowl op tegniese puntjies.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 May 2019 @ 11:24:51 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2151
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ag nee wat- daar is nie tegniese puntjies nie.  Die voertuig is onder waarborg en Ford sal instaan vir die skade.  Ek het toevallig pas verneem dat dit die koppelaar en ander onderdele wat die koppelaar laat werk is wat foutief is.  Dit klink vir my of dit die hidroliese silinder is wat gelek het.  Al die foutiewe onderdele sal vervang word teen 'n koste van sowat 60 duisend rand.  Ek is heeltemal tevrede daarmee.  Ek sou nie gekla het as hulle die ratkas sou vervang nie, maar ek is tevrede dat dat die fout herstel word. Ek dink nie 'n mens moet probeer uitbuit nie.  Ek en Ford het toe ek die voertuig gekoop het, ooreengekom dat hulle hom in 'n goeie werkende toestand sal hou, aanvanklik tot 120,000 km, maar na die probleme waarvan ons almal weet, is dit verleng tot 200,000km.  Hulle doen wat hulle onderneem het so waarom sou ek ontevrede wees?  Moenie 'n fout maak nie- ek meen ek behandel mense regverdig maar ek duld nie onregverdige hehandeling van myself nie.  Ek het al by geleentheid tot by die hoogste vlakke in maatskappye gevorder toe ek onregverdig behandel is, een slag tot by die besturende direkteur van 'n groot groep.  Ek het elke keer gewen want ek was reg en het nie probeer om hulle uit te buit nie.  Ek beskou dit as onchristelik om uit te buit- dis maar in my boekies dieselfde as steel, wat duidelik in die Bybel verbied word.  En dit kom terug om jou in die agterent te byt.  'n Kollega van my het gereeld klein eise gehad- 'n duur arm horlosie wat glo gesteel is en so meer.  Toe weier die versekeringsmaatskappy hom verdere dekking en sulke rekords is blykbaar deur die industrie oop kennis.  Sy dogter skryf toe sy kar af.  Die blinde sambok slaan hard. 'n Groot rede dat onder andere versekeringsmaatskappye gesien word as moeilik is omdat ons as versekerdes hulle gereeld probeer uitbuit.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 May 2019 @ 13:39:12 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12663
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek is bly Ford gaan jou uit sorteer. Miskien moet jy net seker maak hulle doen die regte ding....gister se kwotasie was R150k vir n nuwe ratkas en vandag se kwotasie is R60k vir clutch herstel werk???...daars n groot verskilπŸ€”

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 May 2019 @ 14:35:09 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2151
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Geert, Jy wil nou maar hê die ouens is skelm.  Wat gebeur het is dat Ford se werkswinkel gereken het die ratkas sal vervang moet word en dis wat dit sou kos. Dit was nie 'n aanbod nie, want werkswinkels is nie deskundiges op die gebied nie- nie soos jare gelede wat 'n werkswinkel alles kon doen nie.  Hulle raak ook nie aan die elektroniese deel nie. Dit is wat hulle boontoe aangegee het.  Ford se hoofkantoor het egter nie daarmee saamgestem nie en met my instemming die voertuig Kaapstad toe gestuur na dryfstelseldeskundiges.  Na die maatskappy die ratkas toe met hulle meerdere kennis beoordeel het na hulle dit uit die voertuig gehaal het, het hulle geoordeel dit is nie nodig om die hele ratkas te vervang nie.  Ek is heeltemal tevrede daarmee.  As hulle dalk 'n ander fout sou oorsien, wat onwaarskynlik is, is daar nog 110,000 kilometer vir die fout om na vore te kom voor die waarborg verstryk.   Ek het gelees die deel wat soms met die "duel clutch" ratkaste probleme gee, die beheerstelsel en nie die ratte nie, en dis die deel wat vervang gaan word.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 May 2019 @ 14:43:22 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12663
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Waar kom jy by "Jy wil nou maar hê die ouens is skelm." Jý skryf die een dag R150k vir nuwe ratkas en die volgende dag verander dit na R60k vir koppelaar probleme? .....ek vra maar net aangesien daar n groot verskil is (of altans vir my)

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 May 2019 @ 15:43:53 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2151
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ek verstaan wat gebeur het en ek is tevrede dat ek regverdig behandel word.  Lees gerus weer my verduideliking. As ek anders gedink het, sou ek baklei het.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 May 2019 @ 08:32:42 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4822
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Geert, Jy wil nou maar hê die ouens is skelm.  Wat gebeur het is dat Ford se werkswinkel gereken het die ratkas sal vervang moet word en dis wat dit sou kos. Dit was nie 'n aanbod nie, want werkswinkels is nie deskundiges op die gebied nie- nie soos jare gelede wat 'n werkswinkel alles kon doen nie.  Hulle raak ook nie aan die elektroniese deel nie. Dit is wat hulle boontoe aangegee het.  Ford se hoofkantoor het egter nie daarmee saamgestem nie en met my instemming die voertuig Kaapstad toe gestuur na dryfstelseldeskundiges.  Na die maatskappy die ratkas toe met hulle meerdere kennis beoordeel het na hulle dit uit die voertuig gehaal het, het hulle geoordeel dit is nie nodig om die hele ratkas te vervang nie.  Ek is heeltemal tevrede daarmee.  As hulle dalk 'n ander fout sou oorsien, wat onwaarskynlik is, is daar nog 110,000 kilometer vir die fout om na vore te kom voor die waarborg verstryk.   Ek het gelees die deel wat soms met die "duel clutch" ratkaste probleme gee, die beheerstelsel en nie die ratte nie, en dis die deel wat vervang gaan word.

Ek moet sê vir my was dit ook vertel dat my ratkas vervang sou word en my voertuig weggestuur na "deskundiges" en ekt my voertuig gaan haal in baie erger toestand as wat ek dit geneem het, ekt recon parte gekry, ander skade aan my voertuig ens. Nagmerrie.

So ek hoop vir jou part jy kry wat jy verwag of vind dan liewer nie uit van die gemors nie....

Dieselfde rede hoekom ek nie met versekeringswerke betrokke raak nie. Hulle druk jou as verskaffer vir die goedkoopste en vinnigste oplossing om net-net die klient tevrede te kry. Ekt dit gestaak en kliente moet self geld betaal en dan maar gaan eis by versekering. Ek glo dis dieselfde met die tipe waarborge 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 May 2019 @ 08:49:10 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2151
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ek werk nie vir Ford nie en ek is ook nie "brand loyal" nie, so ek onderneem om eerlik verslag te doen oor hoe ek die herstelwerk ondervind.  Die werk word gedoen deur Mayfair Gearboxes en wat ek van hulle gelees het, is dat hulle baie betroubaar en professioneel is, so ek het hoë verwagtinge. Ek dink nie hulle sal hulle reputasie skade aandoen met afskeepwerk nie, altans ek hoop so.  In my geval kan ek ook nie juis sien dat hulle herboude onderdele kan gebruik nie. Dit klink of die hidroliese vloeistof op die koppelaars gelek het wat hulle onbruibaar sal maak en dan sal die hidroliese en elektroniese beheerstelsel ook vervang word. 'n Vorige probleem, die lugversorgingskompressor se bracket wat gebreek het, is heeltemal bevredigend vervang met 'n nuwe.  Ek het die stukkende onderdeel onder oë gehad en as ek dit self moes herstel, sou ek dit eenvoudig gesweis het- dis aluminium.  Hulle het dus nie daar geld probeer bespaar nie so ek hoop hierdie sal ook behoorlik herstel word..

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 May 2019 @ 11:45:27 am

Dis juis Mayfair gearboxes waar hulle my kar ook gestuur het....

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 May 2019 @ 17:45:47 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2151
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Wel, soos beloof die verdere geskiedenis: Mayfair het die voertuig na 13 werksdae die afgelope Maandag teruggegee- hulle het 14 weeksdae beloof.  Oënskynlik was alles reg, maar toe ek begin toets, kom ek agter die koppelaar (dual clutch) ontkoppel net gedeeltelik as die hefboom in D of R is met die voet op die rem- dis behoort heeltemal te ontkoppel.  Ek is regtig min beindruk, eintlik hoog de moer in! Gister het Ford Riversdal weer die voertuig kom haal en met die "deskundiges" van Mayfair toetse gedoen wat nog niks opgelewer het nie.  Ford leen darem vir ons 'n voertuig- 'n Figo, wat ek nogal pret vind. Ek vind die handelaar baie hulpvaardig- ek het nie eers die voertuig by hulle gekoop nie.  Dit begin nou 'n probleem raak want ons moet eersdaags terugkeer Pietersburg toe.  Dit lyk my Brommer se agterdog was nie ongegrond nie.  Ek het al gelees daar is min kennis van "dual clutch" ratkasse hier te lande en nou begin ek wonder of dit nie dalk waar is nie.  Ekself het gewonder of die dual clutch regtig nodig is.  Ek waardeer die feit dat dit eintlik 'n handratkas is wat elektronies beheer word, maar ek wonder of so 'n ingewikkelde stelsel werklik voldoende verbetering meebring om dit te regverdig.  Ek het egter nie 'n keuse gehad nie- die AWD diesel het net met die ratkas gekom.  

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 17:38:51 pm

Glo my, hulle kan nie eers 'n normale handrat voertuig regkry nie! 

Dit is 'n bitterlike storie as jy eers daar is. Ek is daardeur en dit het my BAIE gekos. Ek moes uiteindelik self my kar by Mayfiar gaan haal en R5000 betaal om hom te kan kry al het hul NIKS gedoen nie..

Dis jammer, en ek het simpatie met jou op daai een. Ek probeer nog altyd mense maar waarsku oor as dit eers gebeur is dit tickets. Jou kar is NOOIT weer dieselfde nie. Ek was, nes jy, goed "die moer in", en ekt my losses getel en die karre maar laat gaan.

MY oplossing was maklik, ek het die kapitaal om dadelik ander voertuig te koop, wat van die wat nie kan nie...???? Dis daai ou wat lewenslank dalk in finansiele verknorsing kan kom agv voertuig wat hom probleemvry moes diens lewer vir sekere tyd.

Ek hoop regtig jy kom reg, maar ek het geen geloof of vertroue in die sisteem nie. Ek soek dan eerder 'n voertuig waar die kanse dat ek by daai punt moet kom, basies amper NUL moet wees.

Sterkte met die storie, is al wat ek kan sê.. Jammer

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 May 2019 @ 16:53:48 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2151
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ek het uiteindelik my voertuig terug en dit lyk of hy nou 100% reg is. Die verduideliking wat ek gekry het, is dat die herprogrammering om 'n rede wat ek nie verstaan nie, nog nie deur twee rekenaars verwerk is nie.  Ek moet sê die Ford werkswinkelbestuurder op Riversdal het uit sy pad gegaan om in samewerking met Mayfair die probleem reg te stel. En ek het nie eers die voertuig by hulle gekoop nie.  Ek is egter gladnie beindruk met Mayfair wat 'n steeds foutiewe voertuig teruggestuur het nie.  Ek hoop van harte ek gaan nie mettertyd soos jy voel nie Brommer, maar op hierdie stadium is ek optimisties dat die probleem opgelos is.  Ek het gelees die tipe ratkas se koppelaars is goed vir minstens 240,000 kilometer.  Dit is 'n nuwe stel wat nou ingesit is op 90,000 km, so hopelik is ek reg vir 330,000 kilos, wanneer ek waarskynlik nie meer die voertuig sal hê nie.  Ek moet sê in die vier weke wat ek sonder die Kuga was, het ek ernstig oorweeg om hom te vervang met 'n ander SUV en dan beslis nie weer 'n Ford nie, maar nou is ek weer tevrede.  As die Kuga werk, is hy net 'n plesier.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 May 2019 @ 11:45:00 am

Ek is bly as jy werklik uitgesorteer is..

LET WEL: Hulle het vir my gese ek kry nuwe parte, nuwe ratkas ens.. Alles leuens gewees.. Als wat recon by ondersoek... Maar ek is nou verby dit, het my maar gekos om die besluit te neem om te vervang met iets wat ek glo en sien is beter. Sover is ek baie bly ek is in die situasie om daai probleme uit my lewe te kry..

Ek glo niks wat 'n werkswinkel vir my vertel nie, ek wil SIEN en ek sal TOETS of dit wat gedoen is die werklikheid is. Maar ongelukkig trek ons maar altyd aan kortste ent. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 May 2019 @ 17:04:03 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2151
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

As ek my voertuig vir groot dienste neem, vra ek ook die onderdele wat vervang word terug sodat ek redelik seker kan wees dit is wel vervang.  Ek verkies eintlik om self aan my voertuie te onderhou maar onder waarborg raak dit moeilik en die werk wat aan my voertuig gedoen is, kon ek in elkgeval nie self doen nie. Ek sou graag in die geval ook die onderdele wou terug hê of minstens sien, maar dit was bietjie moeilik.  Die werk in in Kaapstad, 350 km van my af gedoen en Ford wil onderdele wat onder waarborg vervang word, terughê.  Dalk is dit om dieselfde rede of dalk om te probeer vasstel wat verkeerdgeloop het met die oog op toekomstige verbeteringe.  Of is ek nou oor optimisties?  Moontlik sal in die geval wel nuwe onderdele ingesit wees.  As 'n koppelaarplaat olie opgekry het, weet ek van geen manier om dit suksesvol skoon te kry nie, so ek glo hulle sou nie 'n keuse hê as om dit te vervang nie al sou Ford nie die ou onderdele terug wou hê nie.  Maar ek is optimiesties dat alles reg is.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 May 2019 @ 17:04:07 pm

28 May 2019 @ 17:04:10 pm

29 May 2019 @ 14:56:39 pm

Vra dalk vir die papierwerk, met Ford het ek geleer hulle "policy" is reconditioned parte, nie nuwe parte nie.. Dis een van die baie groot dinge wat my so die duiwel in gemaak het...........

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First