English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 492
Total Replies: 218 527
Total Views: 81 874 035
topics: 10 488
replies: 118 945
views: 38 639 152
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Mooi waens

replies: 29
views: 443
14 Mar 2019 @ 07:42:34 am
Hentie06
Silver Member
96% Profile Strength
Posts: 55
Joined: 18 Jun 2018
Experience: 12 years

Ry ek so rustig in verkeer gister en dit raak skielik donker aan my linker kant. Toe sien ek dit, hier kom een moewiese wa verby my en dis pragtig. Lyk of hy soos 'n droom sleep met gemak.

Hak laat ons ry!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2019 @ 07:46:31 am
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 12035
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Is dit nie Leon daai nie?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2019 @ 07:53:47 am
Joe Stieger
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 347
Joined: 15 Aug 2011
Experience: 41 years

Lyk ook vir my of dit dalk hy kan wees?

A happy life doesn't just happen, it's something you create yourself...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2019 @ 08:07:25 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 12290
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Jip dit is my wa daai.

Ek het haar gaan haal op die plot in PTA noord vir die naweek se kamp.

Die Tipper en die Maia bytjie onder die Sensation naam is die bevestiging.

Waar het jy my gevang Hentie?

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2019 @ 08:09:53 am
Hentie06
Silver Member
96% Profile Strength
Posts: 55
Joined: 18 Jun 2018
Experience: 12 years

Jip dit is my wa daai.

Ek het haar gaan haal op die plot in PTA noord vir die naweek se kamp.

Die Tipper en die Maia bytjie onder die Sensation naam is die bevestiging.

Waar het jy my gevang Hentie?

Robot by Mall@Reds, gedink dis jy en wou waai maar gedink die ou gaan dink ek is nie lekker in die kop nie laughing

Hak laat ons ry!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2019 @ 09:34:39 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 12290
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ons het nou al 'n paar mense gekry wat ons groet.  Dan groet ek maar terug net omrede mens nou al met so baie mense gesels hier op die forum.

Die fotos wat mens plaas verklap eintlik baie van jou identiteit.  Gelukkig het ek nooit iemand in die verlede te nagekom nie. So ek hoef nooit elke dag oor my skouer te loer as ek in die dorp stap nie.

Daar is wel troepe wat vir my gesê:  "Korporaal Coetzee as ek jou op sivie straat kry gaan ek jou D_ _ _ _ R.  Maar dit het nog nie gebeur nie.

So as iemand groet groet ek terug.  Iewers sal ons mekaar ordentlik raakloop dan sal hy sê ek was daai ou wat so gewaai het daar................ wink

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2019 @ 09:36:52 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 12290
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Maar dan bly jy mos naby my.  Ons moet 'n plan maak om ordentlik te kan gesels.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2019 @ 09:48:00 am
Hentie06
Silver Member
96% Profile Strength
Posts: 55
Joined: 18 Jun 2018
Experience: 12 years

Maar dan bly jy mos naby my.  Ons moet 'n plan maak om ordentlik te kan gesels.

Wierdaglen Estate so blok bo jou as ek sien waar jy afdraai

Hak laat ons ry!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2019 @ 11:39:29 am
Hannes
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 259
Joined: 21 Mar 2013
Experience: 47 years

Waar is die dae???

Wanneer voertuie wat 'n woonwa sleep by mekaar verby gaan, hetsy van voor of van agter, dan groet hulle mekaar.

Dalk sterf nog 'n mooi gewoonte nou ook uit.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2019 @ 13:20:32 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5444
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Waar is die dae???

Wanneer voertuie wat 'n woonwa sleep by mekaar verby gaan, hetsy van voor of van agter, dan groet hulle mekaar.

Dalk sterf nog 'n mooi gewoonte nou ook uit.

Ek waai nog steeds. Met of sonder n wa aan die hak.Ou-ou gewoonte.

Twee signals met die ligte was die kode. 

As ons almal dit weereens doen, dan weet ons mos dis n C. Foremiet.

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2019 @ 13:27:06 pm
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 12290
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek doen dit steeds.  Kry redelik baie flitse terug.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2019 @ 13:28:31 pm
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 12290
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

My pa het dit ook altyd gedoen as hy die wa op sleep gehad het. En 99% van die kere ook antwoord gekry.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2019 @ 14:01:48 pm
DK
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1565
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 17 years

Ons het nou al 'n paar mense gekry wat ons groet.  Dan groet ek maar terug net omrede mens nou al met so baie mense gesels hier op die forum.

Die fotos wat mens plaas verklap eintlik baie van jou identiteit.  Gelukkig het ek nooit iemand in die verlede te nagekom nie. So ek hoef nooit elke dag oor my skouer te loer as ek in die dorp stap nie.

Daar is wel troepe wat vir my gesê:  "Korporaal Coetzee as ek jou op sivie straat kry gaan ek jou D_ _ _ _ R.  Maar dit het nog nie gebeur nie.

So as iemand groet groet ek terug.  Iewers sal ons mekaar ordentlik raakloop dan sal hy sê ek was daai ou wat so gewaai het daar................ wink

laughing 'n Ou gesegde van troepe wat sekerlik nooit sal uitsterf nie, is daardie woorde, ''As ek Jou kry''.

No More............?
No More............?
No More............?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2019 @ 14:09:57 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6985
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Nou by huis gekom van Bloemfontein af  

Het 4 x van hulle op die pad gekry wat ek verby gegaan het, en hul almal gegroet. 

By Ultra City een langs my gestop en ons het lank gesels.

Groet en sleep veilig. 

Groete. 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2019 @ 14:44:12 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1550
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Daar is darem net 'n ander "spirit" by die deursnit kampeerder. "Vriendelike mense daardie" sou my oorlede pa gesê het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2019 @ 16:11:37 pm
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1193
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Ek groet ook. Dis net reg en ordentlik.

Die ou Landrover Defender manne het altyd handgebaar gemaak as groet. (Party reken om te wys hande sonder olie, kar nog nie gebreek nie).

Toe ek begin met Discovery ry, agtergekom daardie ouens groet nie sommer nie.

Het toe agtergekom die Disco ou wat groet het voorheen 'n Defender gery.

Karavane wat groet is reg. Gaan oor gedeelde belangstelling. Tog is daar wie jou skeef kyk, maar hulle moet maar. Ek groet omdat ek wil en dit net reg voel.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2019 @ 20:09:03 pm
Bak oor
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1087
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ek groet altyd. Loer ook so in die verby gaan of als ok is en kan hulp bysit. Nou die dag omgedraai en kampers agterna gesit met n dak wat hul vergeet om te sak.

Rom 8 - 1&2
Daar is nou geen ververoordeling vir die wat in Christus jesus is
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2019 @ 06:08:34 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 12290
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Vriendelikheid kos regtig niks en dis makliker as mens die selfde belangstelling het.

Wees gegroet mede forum lede.  Hoop ek kamp julle raak soos met Geert die naweek.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2019 @ 07:57:28 am
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 12035
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Vriendelikheid kos regtig niks en dis makliker as mens die selfde belangstelling het.

Wees gegroet mede forum lede.  Hoop ek kamp julle raak soos met Geert die naweek.

Sien jou netnou....veilig sleep!

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2019 @ 08:53:38 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 12290
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Julle moet ook veilig sleep.

Ons kan eers teen so teen 14h00 vanmiddag weg kom.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2019 @ 09:14:06 am
Dansan
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 288
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Sommige ouens sit nag-donker smash-n-grab op hulle sy-vensters dan kan jy nie sien as die ou jou groet by die verkeerslig nie.  

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2019 @ 09:15:30 am
Dansan
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 288
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Leon ek sien jy ry sonder n kappie. Hoe voel jy oor die gewig tot gewig ratio van jou bakkie en die karavaan? Is jy nie bang jou sleep-kar is bietjie lig nie?

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2019 @ 11:05:35 am
CampingKitty
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 652
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 3 years

Dit het seker nou niks met groet te doen nie..of dalk het dit.  Was laasjaar by 'n oord, en 'n deel van die oord is 'n baie fancy shmancy lodge met chalets ens.  Ons soontoe gegaan om ontbyt te eet by die resturant, en na die tyd die kids gevat om te swem by hulle swembad.  Hys massive en daar is ook speel plek.  Sal jy glo, die kinders het gewyer om daar te swem? nou sit ek die spulletjie so en beloer, en manlief vra, nou wat lyk jy so teneurgedruk.  Toe se ek vir hom, nee ek voel nie lekker hier nie. Die mense is darem baie styf en die vibe hier nie lekker nie, kan ons terug gaan karevaanpark toe.  Daar gekom, sommer weer op my gemak gevoel, en maar gaan plons in die klein warm swembadjie.  En alhoewel ek ook somtyds in chalets tuisgaan, die atmosfeer tussen gaste daar is maar net nie dieselfde as die karavaners nie. Punt oor en uit.

As mens van 'n karafaan vakansie afkom, en jy gaan na jou local checkers toe, en almal kyk jou weird aan, dan kom jy agter jy groet nog almal.  Eish.

As long as everything goes my way...I'm totally flexible
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2019 @ 11:16:57 am

Catherin

Jy slaan die verskil spyker op sy kop.

Daar is 'n wesenlike tasbare verskil in die "vibe" van karavaan kamp en die afwesigheid daarvan by die chalets.

Voor ons karavaan gekoop het, het ons alle tipes vakansies probeer. Die dag toe ons gesin van drie stem watter tipe vakansie ons kies, het ons 'n 100% saamgestem: KARAVAAN!

Dit bly eenvoudig 'anders'

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Mar 2019 @ 19:22:05 pm
Izak
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 189
Joined: 16 Sep 2014
Experience: 9 years

Almal van julle slaan daai spyker kop in die middel. Ek groet my mede karavaan mense as hulle sleep en ek nie, dit is net soos dit moet wees en uit kyk vir mekaar en behulp saam wees waar ookal jy mag wees. Ek het ook begin met tent en stelsel matig  goed bymekaar maak en ja hier is ek nou in my glorie met die wa wat ek nou sleep. Veilig sleep mense en onthou spoed is nie grappies nie. 

Onthou Kamp reels, Los net jou voet spore agter en nie 'n gemors of skade nie. Raporteer alle voute en gebreke aan die kantoor. Ek het nou in Februarie en Maart gaan Kamp en daar was 'n paar plekke wat my skaam laat kry het met agter uit gaan van geriewe ek grill nou nog daar van.  Groete almal wat Kamp. 

Hi there fellow camper, enjoy camping.
When you leave just leave your foot prints and nothing other than a clean site as you found it.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Mar 2019 @ 06:43:02 am
Hennie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 664
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

Leon, ek dink eerder die troepe het gese, "daai sammajoor in 'n bli#$%m"

Ek groet ook gereeld mede slepers op die pad, maar party groet nie eers terug nie.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Mar 2019 @ 06:47:17 am
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 12035
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Leon, ek dink eerder die troepe het gese, "daai sammajoor in 'n bli#$%m"

Ek groet ook gereeld mede slepers op die pad, maar party groet nie eers terug nie.

Baie groet nie eers terug in die kamp nie....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Mar 2019 @ 06:50:29 am
Hennie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 664
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

Geert, dit is ook waar. Ek was egter nou weer 'n week en 'n half by Buffelspoort en die kampeerders gedurende die week het wel gegroet. Dit was van die naweek kampeerders wat maar snaaks was.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Mar 2019 @ 07:04:41 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 12290
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Leon ek sien jy ry sonder n kappie. Hoe voel jy oor die gewig tot gewig ratio van jou bakkie en die karavaan? Is jy nie bang jou sleep-kar is bietjie lig nie?

Die Wildtrak se Tara is 2050kg.  Die BVM van die Maia 2160kg.  Die Maia was nog nooit tot die volle gewig gepak nie. Met lang vakansie se pak en 100l water tenk vol druk sy die skaal tot net oor 1900kg.  So met voltent, rally, kos, klere, spaarwiel en die water is ek ver binne die gewig beperkinge.

Het in Des 2016 lekker vêr gesleep met erge wind oppad terug van Plet af.  En die wa was heel stabiel en het sonder probleme gesleep.  Sy stap soos 'n muis met slippers agter die Ranger.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Mar 2019 @ 07:14:46 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 12290
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Met die gewig debakel oor Paasnaweek 'n jaar of drie terug het die sleep gemeenskap eintlik 'n groot ontnugtering gekry toe agter gekom is dat Jurgens Ci dse gewigs klasse op die karavane nie reg is nie.

Met 'n vraag aan Riaan wat eerste eienaar was vanSensation karavane hoekom is sy karavane so swaar was sy direkte antwoord.....................

"Die materiaal wat ek gebruik om 'n karavaan te bou is baie ligter as dit wat Jurgens gebruik.  So al wat ek jou kan sê is hulle gewig klasse is nie reg nie".

En net daarna toe bars die bom by die weegbrug tussen Brits en Rustenburg toe die karavane afgetrek en geweeg word.

Ek het agtergekom dat Sensation 'n redelike buffer in die gewig klasifikasie ingebou het. Dis hoekom ek met dit wat ek laai nie eers naby die BVM van die Maia uitkom nie.

Die Classique wat ek hier op die forum namens my oorlede maat se vrou verkoop het se gewig klasifikasie is klaar reggemaak op die Natis stelsel.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required