English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 139
Total Replies: 227 869
Total Views: 82 289 231
topics: 10 759
replies: 123 588
views: 38 812 619
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Beste sleep voertuig

replies: 52
views: 950
page 1 of 2
12 Mar 2019 @ 22:25:01 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1650
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Hi almal. Ek is altyd op soek na informasie oor voertuie en hul werk verigtinge. Ek het opgehou om sleep, motor tydskrifte te koop want 90 persent van alle toetse is dit onvolledig en n klomp snert wat gepubliseer word.

Kom ons wees met hierdie draad opreg en eerlik. Wat volgens julle is die beste sleep voertuig. Uit die perd se bek. Waarmee  sleep jy, wat is jou opregte brandstof verbruik met wat sê wa jy sleep. Wat is jou opinie met jou voertuig se kraglewering. Hoe geniet jy jou voertuig se stabiliteit, en hoe betroubaar is jou voertuig. As jy weer kon besluit sou jy dieselfde voertuig weer koop of wat sal jy eerder wou besit om te sleep

 Manne ek daag julle om n eerlike opregte terug voering te gee. Kom ons as verbruiker gee n verslag weetende dat wat ons hier sê word ons nie betaal word of n borgskap om goeie woorde te se of inligting te weerhou wat voertuie se swak punte is en ware feite op die tafel sit. Ek skat as almal saam werk kan die draad van onskatbare waarde wees vir nuwe kampers selfs vir ons ou hande. Nooit te oud om te leer.

Wie wil gesels ?

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2019 @ 06:25:57 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2960
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Baie moeilike onderwerp. 

Ek sleep met n Suzuki Grand Vitara 4x4 awd 2.4lt petrol.122kw en 225nm torque. Sleep Sprite Swing 2007.

Normale verbruik 9km/lt. As ek sleep 6.2km/lt. 

Nie my 1ste keuse maar hy doen die job.

Voordele

Baie spasie

6 airbags dus veiligheid is goed

Klein genoeg om in motorhuis te pas.

Klou op die pad soos poefies aan n wolkombers

Nadele

Patetiese radio

Baie swaar op petrol

4x4 ... nog net 2 keer gebruik in 3 jaar.

Beste waarmee ek dieselfde wa gesleep het.

2012 Hilux dc 2.5 diesel. 78kw 230nm torque 

Ek verkies diesel ver bo petrol. Jy het die torque op lae rpm.

Ek het ook met n 2013 model gesleep (intercooler) 108kw 340nm. Aaklig. Sy torque was op hoee rpm.

Beide se verbruik 12km/lt normale gebruik en 8.8km/lt as ek sleep.

As my skip inkom.....

Hilux 2.4 of Everest 2.2

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2019 @ 06:57:43 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Goed ek was bevooreg om met verskeie voertuie 'n karavaan te sleep.  Dit was my eie en die van my broer wat eintlik jaarliks sy maatskappy voertuig vervang.  Dit wat ons gesleep het was Jurgens Penta en Classique karavane, my Sensation Maia, bote en dubbel jetski trailers.

Voertuie wat ons mee gesleep het was Isusu KB280 TDi, Mazda 2.5 Tdi, Colt 2.8Tdi, Navara 2.5 Tdi 4x4, Toyota 3.0 4x4en Ford Ranger 3.2 4x4.

Oor die jare heen was dit duidelik dat tegnologie vinnig die werkverrigting van die voertuie aanpas en verbeter maar voor ons die Ford Rangers gekoop het was twee van die rits voertuie wat eintlik uitgestaan het as dit kom by sleep van karavane en Trailers.  In eerste plek die Navara 2.5 Tdi en die Mazda 2.5 Tdi. Bo en behalwe die goeie branstof verbruik het hulle net 'n karavaan baie gemaklik gesleep.  Ek was veral baie beindruk met my Navara se brandstof verbruik sonder sleep van 12Km/l.  Ek het solo van Pta af gery tot in die Kaap (Parow) (met 'n longrange tank) en dan is daar nog 'n kwart tank brandstof oor gewees.

Maar sedert ek en my broer Ford Ranger 3.2 gekoop hetsal dit maar lol om ons te oorreed om 'n ander voertuig te koop.  Die krag lewering van 470Nm krag by lae toere is puik vir die sleep van 'n karavaan en boot van watter aard ookal.  My eerste Ranger 'n 2013 model se brandstof verbruik het my seergemaak teenoor die Navara wat ek voor hom gery het.  Ek moes regtig mooi ry om solo 9.5 km/l te kry vergeleke met die Navara se 12km/l.  Met sleep 7.5km/l en onder dit as daar nog wind ook betrokke was en 'n paar passe op die roete.

Nou ek is so beindruk met die Ford se werk verigting en gemaklike sleep vermoê dat ek 'n tweede een gekoop het.  So met 5 dae oor 'n jaar oud kry ek gemaklik solo 9.5 - 9.7km/l in die stad en oor die 10km/l op die oop pad.  Dis nou nie die Navara nie maar baie beter as die eerste Ranger.  Om nog 'n voorbeeld te gee van om beindruk te wees met 'n voertuig kan ek my broer gebruik. Hy ry baie en baie hard sy voertuig is eintlik sy kantoor en in die tyd van Mrt 2013 tot nou waar my tweede Ranger nou 'n jaar oud is staan hy op sy 4de ranger.  Nie weens enige defekte nie maar weens die aantal kilo's wat hy in 'n jaar ry.  Hy vervang sy maatskappy motor elke keer net voordat hy uit die waarborg uitgaan. Hy is baie tevrede met die ranger vergeleke met al die ander make wat hy gery het en dan skop die Ranger lekker gat as hy sy kliente basis Namibia se duine toe vat.

Daar in 'n omgewing waar petrol voertuie normal weg baie goed vaar weens die kilowatts wat hulle het stap die diesel ranger lekker saam.

Laastens, my Maia se BVM is oor die 2 ton.  As voorbeeld sleep ek haar met die auto ratkas met die "cruise control" aan 90% van die tyd. Die Ranger wissel ratte en gaan deur sy aksies en hou by die spoed van normaal weg 100-105km/h. Ek hou net die rigting reg.  Tenspyte van die groot gewig agter is die kombinasie baie stabiel.

Sal hom net vervang met nog 'n Ford Ranger Wildtrak.

Dis my storie nou wil ek die hoor van 18km/l.............................. ha ha ha ha

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2019 @ 07:53:29 am
JohanMarais
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 446
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 30 years

Ek sleep met 'n Mitsubishi Pajero 3.2 diesel 4x4.

140 kw / 441Nm torque.

Sleep 2011 Gypsey Regal, gelaaide gewig in die omgewing van 1300kg.

Normale bransdtof verbruik 9-9.5km/l. As ek sleep 7km/l. Op die oop pad 11km/l.

Voordele - Baie krag/torque en uiters betroubaar (hierdie is my 4de Pajero).

Aangesien ons pensionarisse is, verkies ek die kort asafstand met die gevolg dat die pakplek vir bagasie min is, maar met die agterste sitplekke platgeslaan, was daar nog altyd genoeg spasie.

Nog nooit probleme met stabiliteit gehad nie, Pajero se gewig is 2100 kg en sleep altyd met 'n Trapesium.

As die pad redelik gelyk is, ry ek met die cruise control aan.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2019 @ 10:01:11 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4928
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Gaan jy glo as ek dit sê? Het hoeveel fotos ens al geplaas, wat die stellings staaf, maar nou ja. Beste sleepvoertuig? Volgens wie?? En volgens watter prysklas?

Die een ou hou nie van 'n Land Cruiser 200 nie, alhoewel hy baie lekker gemaklik is, is hy te groot want die persoon kan nie behoorlik met hom parkeer nie?

Beste sleepvoertuig is maar persoonlike keuse? Ek koop nooit in my lewe weer 'n Ford/Mazda produk nie, die storie is al baie vertel. Ek het nou Toyotas, hoekom, want ek was moeg vir die ander nonsens. En sover? Gelukkig dankie.

Land Rover discover 4 ens is goeie sleepvoertuie, en dan tot wanneer? Wat is die onderhoudskoste? So ok, dis beter sleepvoertuig as meeste, maar baie mense wil nie met tang aan hom vat nie oor al die electronics wat kan foutgaan? Maar hy ry baie lekker solank hy nuut is.

Nou dit bring my by die volgende punt, solank jou kar nuut is en onder waarborg en diensplan, is dit mos lekker. Sodra hy 5 jaar of ouer raak, dan minder lekker? So waar gaan ons uit al die inligting die beste voertuig kry?

Hier was juis mense wat van begin af die Hyundai Ix35 as uiters lekker en goeie sleepvoertuig beskryf het, kort daarna is dit nie goed genoeg en was Jeep nou maar die beter een, en daarna is dit nou weer ander bakkie? Dan is die goedkoopste weer die beste.. En jammer, dis nie aanval, dis net voorbeeld...

Van die Ford manne wat so spog oor die Fords kan ek nie glo nie, sal nooit. Nie ek of talle kliente was tevrede nie. Dan kom hier manne en sê hulle is tevrede? well done, enjoy it.

Dan is daar ouens wat kla oor Toyota maar het nog nooit een besit nie.. (Ja ek was op stadium ook so)

Dan is daar manne wat hoog en laag sweer by Suziki. Ander by GWM.. Regtig? Solank as wat daar persoonlike keuses in die pad kom sal jy NOOIT, maar NOOIT objektiewe kommentaar kry nie. NOOIT.

Moet my nie verkeerd verstaan nie, dis met goeie bedoeling, maar sal nie werk nie.

Ek gaan sê ek is so gelukkig met die Fortuner, maar vir ander ou kan die Prado beter opsie wees (selfs in my oe ook)...

Gaan alles volgens wat jy kan bekostig, waarmee jy gelukkig is...

Sterkte. Toyota is TOPS sover ;-)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2019 @ 10:15:28 am
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 542
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Dit bly maar n moeilik vraag. Tydens my betrokkenheid by die Motor-burger en Buite-Burger en vroeër Weg-tydskrif het ons baie voertuie getoets en dit is duidelik dat alle voertuie een of ander goeie eienskap het en ook swakker eienskappe. Neem nou maar die nuwe Hyundai 4x4, wat 'n juweel van 'n kar waarvan min mense weet, sekerlik een van die beste kopies vandag vir die prys wat jy betaal.

Omdat ek n reuse vier liter V6 Toyota ry het ek eintlik min vergelyking, daarom is dit seker onvanpas vir my om enige kommentaar te lewer. Ek sleep eintlik enige pad of pas teen enige veilige spoed, ook my boswa, maar betaal natuurlik die prys daarvoor. Daar is viersilinder-karre op die pad wat verstommende verrigting het en ek is somtyd ook verbaas oor wat desdae se twee-liters doen.  

Die beste sleep-voertuig? Shoe, moeilike vraag.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2019 @ 10:19:02 am
ELU
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 582
Joined: 17 Apr 2007
Experience: 43 years

Baie ou waarheid:

"Beste sleepvoertuig is die een wat afbetaal is!!!!" 
(Weet nie wie ek aanhaal nie, maar dis al baie gesê!!)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2019 @ 10:39:20 am
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1685
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Ek is nie n tegniese mens nie. Vir my is dit dus belangrik om lekker en veilig te reis en ek wil nie onnodige stremming op my motor plaas nie, want hy moet my nog baie jare hou. Ons het doe 4,0 Fortuner nuut in 2010 gekoop en ek het nog nie enige herstelwerk op haar gehad nie. Hy het nou 190k kilometers op waarvan 35k van daardie met die Tourer SP wat wat ons in 2012 gekoop het. Ek sleep tussen 90-95kmpu en dan gee Fortuner vir ons so 6,5km/lt. aan krag het ons geen tekort nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2019 @ 12:39:14 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1295
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Tut...Tut lyk nie asof party bendelede kan glo mense is tevrede met hulle Fords en diens wat hulle kry nie? Tans op my 5de ene (2de Ranger 3.2) en steeds heel gelukkig (behalwe dat die Ranger gewild in die RDP mark is, my eerste ene laas jaar so verloor). Voor die 2 Rangers was daar 'n Territory, swaar op brandstof ja (seker relatief want dit was 'n groot voertuig met 'n 4.0 reguit ses) maar seker die gemaklikste langpad cruiser wat ek gehad het. Voor dit twee Jeeps (mis hulle steeds maar duur om te onderhou), en dan 'n Audi A4 (die ene met die quad-cam 2.4 V6), was ook 'n lekker sleep voertuig maar probleme probleme net na waarborg en motorplan verval het. Tussen die lot kom niks egter naby die 3.2 Ranger nie (en ek en my plaaslike agent is op baie goeie voet!). O ja net 3 van die 5 Fords was "sleep waardig", ander 2 was cheapie dorps karretjies waarvan ene steeds by ons is met bitter min probleme...Ek is terloops nie "brand" lojaal nie, ek koop wat met my en my sak gesels...en as die verkoops outjies my nie wil help nie stap ek weg, 2 keer met Toyota, 1 keer met Isuzu en 1 keer met Mitsubishi gebeur...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
13 Mar 2019 @ 14:44:17 pm
Dirk Pretorius
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 4
Joined: 05 Mar 2019

ek sleep al seker 30jaar karavaan het deur die jare met  baie              verskillende fabrikate gesleep ek het classic karavaan wat ek nou met v6 amarok sleep my ondervinding met bakkie is dat hy baie stabiel is daai 8 spoed ratkas met baie krag maak van hom volgens my dat hy vir seker my beste sleep voertuig nog  by verre    was wat ek gebruik het My diesel verbruik is so tussen 6 en 7 kl op liter Ek moet se my sleep kombinasie is altyd swaar gelaai so dit het ook invloed op diesel verbruik Al my ander sleep voertuie het maar min of meer selfde diesel verbruik gehad maar met baie minder krag my petrol voertuie wat ek gebruik het was vir seker swaarder op brandstof

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2019 @ 15:48:03 pm
Anonymous

Ek dink elke ou se sleepvoertuig is seker die beste na sy wense.

Ek het eers met 'n GWM gesleep, 2.2 petrol en my gaai af gesukkel om oor die weg te kom met die Caraavette 4 en toe die Swift, dan praat ek nie eens van die brandstof verbruik nie wat gewissel het van 5 - 6 km/lt.

Met sleep was my linker arm en been gedurig seer agv aanhoudende koppelaar trap en ratte verwissel.

Daarna toe besluit ek op die X-Trail, 2.0 Dci, 2011 model.

Wat 'n plesier om die karavaan te sleep. Jy vergeet naderhand dat jy 'n karavaan agter aan het.

Ratte word bykans nie gewissel nie, sleg wisseling met wegtrek tot en met sleep rat - 5de rat.

Daar kan nog maklik gegaan word na 6-de rat, maar persoonlik verkies ek om slegs tot by 5de rat te gaan.

Brandstof verbruik wissel tussen 10 - 9 km/lt teen 'n gemiddelde spoed van 110-120 km/h.

Vir my bly die X-Trail 'n lekker sleep voertuig vir my karavaan, seker tot ek eendag weer met 'n ander voertuig sal sleep.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2019 @ 16:14:37 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13454
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Me 1ste voertuig waarmee ek n karavaan gesleep het was n Territory. Hy het vreeslik lekker gesleep, maar wat gepla het was sy brandstof verbruik......nie so seer altyd met die sleep nie, maar veral as ek hom vir privaat gebruik gebruik het binne die stad. Dit sou vir my onekonomies wees om hom te hou net vir sleep en n ander voertuig aan te skaf vir "deur die week gebruik" Ek het hom toe verkoop en toe n 2.2 Ranger gekoop wat ek as privaat kar en as sleep voertuig kan gebruik. Hy sleep vir my heerlik.....brandstof verbruik nie altyd na wense nie. Ek kan myself indink hoe lekker moet 3.2 sleep.....ek sal ook nie omgee vir n 2.8 Toyota nie.......maar soos genoem, die 2.2 doen sy ding.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2019 @ 16:24:59 pm
Anonymous

Me 1ste voertuig waarmee ek n karavaan gesleep het was n Territory. Hy het vreeslik lekker gesleep, maar wat gepla het was sy brandstof verbruik......nie so seer altyd met die sleep nie, maar veral as ek hom vir privaat gebruik gebruik het binne die stad. Dit sou vir my onekonomies wees om hom te hou net vir sleep en n ander voertuig aan te skaf vir "deur die week gebruik" Ek het hom toe verkoop en toe n 2.2 Ranger gekoop wat ek as privaat kar en as sleep voertuig kan gebruik. Hy sleep vir my heerlik.....brandstof verbruik nie altyd na wense nie. Ek kan myself indink hoe lekker moet 3.2 sleep.....ek sal ook nie omgee vir n 2.8 Toyota nie.......maar soos genoem, die 2.2 doen sy ding.

Geert, ek verstaan jou punt om nie die voertuig te laat staan slegs vir sleep nie.

Ek het die X-Trail ook gekoop vir ekonomies nadat my Golfie gesteel is en hom ook daagliks gebruik tot ek naderhand agterkom ek ry ten minste 1000 km's/week en toe besluit ek op die Exa wat ek redelik goedkoop opgetel het en wat ook baie ekonomies is.

Ek ry die X-Trail gewoonlik oor 'n naweek, dus staan hy nie en wag sodat hy kan sleep nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2019 @ 16:36:20 pm

Jammer net ń regstelling:

1000 km/maand.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2019 @ 17:37:49 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1479
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Eerste sleepvoertuig was VW Kombi 2.1 met Jurgens Fleetline L. Lekker gesleep.

Tweede sleepvoertuig VW Kombi 2.5 met 1995 Penta. Lekker gesleep.

Derde sleepvoertuig Landrover Defender 2.5 diesel. Penta. Lekker gesleep.

13 jaar nie gesleep nie. Van daktent af geleef.

Vierde sleepvoertuig Landrover Discovery 3. Conqueror Commander. Lekker gesleep.

Vyfde sleepvoertuig. Discovery 4 SE. 187kw en 600nm wringkrag. Ruim. Veilig. Selflevelling lugveerstelsel. Die lekkerste, gemaklikste sleep ooit. Commander.

Sesde en laaste 2013 Disco 4 XS. Kronkelvere. Aftreekar sonder al die elektroniese trickery. Eers Commander toe Penta. Die vering kon nie die Commander se neusgewig hanteer nie. Geveer vir 475kg. Moes Old Man Emu insit +200kg konstante gewig. Probleem toe opgelos.

Een turbo. Effense turbolag wat die SE met die bi-turbo nie gehad het nie. 520nm torque op lae revs. Ruim. Veilig gerieflik. As ek agtersitplekke platslaan het ek 'n bakspasie so groot soos 'n double cab bak.

Brandstof alleen 9 tot 11km per liter. Met die wa kry ek gemiddeld 7,5 tot 8 km per liter. Ek ry 100km/h met spoedkontrole opdraend en gelykpad. My mouter sleep lekker en is klaar betaal.

My kar het nou 147,000 km op met nog geen instandhludingsprobleme nie. Ek laat nie meer by agente diens nie. Baie goeie diensverskaffers beskikbaar buite handelaarnetwerk.

Voorbeeld. Parkeerlig gloeilamp. Landrover vra R772 vir die gloeilamp. Nie geinstalleer nie. Ek loop koop 2x Bosch vir R21 en ervang dit self in 10 minute se tyd met my tien duime.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2019 @ 20:50:09 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1650
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Brommer jy moet leer om reguit te praat. As jy reg lees sal jy sien ek tref nie voorkeur aan enige van my voertuie nie. Hier is jou gevra om jou persoonlike keuse te wys wat jy van hou. Hierdie is nie nn kompetisie wie se voertuig die beste is. Hierdie is n opsomming van wat jy met jou voertuig eerlikwaar ondervind. Ek weet almal se voet is nie ewe swaar. Maak nie saak. Gee nie om hoe jy ry of wat jy doen. Wil net wat wat jou gevoel is met jou voertuig. 

Ja net vir die rekord tussen die Hyundai ix 35 Diesel, Jeep Grand Cherokee 3.6 petrol en die Gwm Steed 2.5 Diesel. Voel ek die Hyundai het my die meeste beïndruk. Die Jeep was n klas op sy eie maat sy kraglewering het my nie beïndruk. Die Steed5 diesel 2.5 is n work horse, cheapy net om die karavaan rond te trek. By gesê hardloop ek met gemak saam my vriend met sy Fortuner 3lt D4D op die oop pad teen 220 km p h. Goed genoeg vir my.  Ons het nie resies gejaag ons het normaalweg gedleep 

Hierdie draad is nie om mekaar se opinie te bevraagteken teken of my koei het meer melk as jou koei nie. Die draad is vir algemene inligting wat ons kamper se eerlike ondervinding is ensomeer.

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2019 @ 21:12:26 pm

Nou ja, soos ek genoem het, gaan dit maar persoonlike voorkeure wees. Ek neem in wat in verlede gesê is op ander drade. Jyt self genoem die Ix35 en die Kia met hul dual clutches is nie ideaal vir sleep nie.? Of het ek verkeerd gelees. Elkgeval is ek nie hier om jou aan te val nie maar om voorbeeld net aan jou te gee.

Ek kan mos nie die draad ernstig opneem as ek hoor van daai en daai kar nie, terwyl ek weet dis nonsens? Uit eie en ander se ervarings. Net soos jy, lees ek ook nie meer nonsens in die tydskrifte nie, als foefies oor hoe goed die kar is en hoe hul als om sales moet laat werk. Meeste artikels is betaalde "advertorials" as dit oor produkte gaan elkgeval. Maar ok dis nou gedaan.

Verder geniet die draad, ek meng nie verder hier veel nie. My opinie is gegee, vat dit maar soos dit kom. Op die ou einde is my eie ervaring vir my belangriker as ander ou sin, want gewoonlik is dit nonsens wat op die internet gepraat word, daar het ek darem daai les ten duurste ook al geleer, doen jou eie ding, as dit werk, great, as nie, les geleer, beweeg aan.

Lekker verder gesels

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2019 @ 21:57:23 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1650
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

My sleepvoertuie.

Begin met IX 35 Diesel, front wheel drive en sleep n sprite super sport. Fantasie krag vir n 2.0 Liter. Baie goeie brandstof verbruik. Het so tussen 9 en 10 l/ p100.gekry met n Tando nooit stabiliteit probleme gehad. Altyd baie swaer gelaai gewees. Deur my swak hantering van die clutch brand ek hom teen Machadadorp se tol hek in verkeer stop ry stop ry.

Besluit toe om n automatiese ratkas en all wheel drive aan te skaf koop toe n nuwe Kia 2.0 diesel automaties all wheel drive. Bietjie minder krag as die Hyundai weens auto en all wheel drive. By Badplaas se berge het hy lelik warm geword. Na n paar keer se sleep moes ek agter suspensie rubbers vervang het. Goeie brandstof verbruik selfde Engin as die Hyundai so genoeg krag ongetwyfeld

Toe kom n geleendheid op die Grand Cherokee 3.6 Pentastar. Fantastiese voertuig en gerieflike ry en sleep. Sleep so tussen 11 en 13.7 brandstof verbruik. Ek was tevrede met dit net gevoel hy is tekort aan Newton meter. Ek voel sterk dat as ek met dieselfde karavaan en met my ou Ix35 langs die Jeep op  n gelyk pad selfs opdraende moes versnel het sou die IX 35 onder hom uitgeloop het. 

Nou sleep ek met die GWM steed 5,  2.5 Diesel double cab. Doen sy werk met gemak en ek laai maksimum. Brandstof verbruik beslis baie goed, stabiliteit is ek nie baie tevrede mee maar verstaan hoekom en ry veilig wetende die is nie n Jeep nie. Wat sou ek verkies om. Mee te sleep. 

Hyundai Santa Fe. AWD 2.2 Diesel

VW Amarok, 2.0 of 3.0 Diesel.

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2019 @ 22:23:43 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7621
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Ek kan nie hier saam praat nie. 

sealed

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2019 @ 22:46:10 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1650
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Naand sê Jin. Jammer jy wil nie saam praat. Sal graag wil hoor hoe sleep die nuwe Toyota,s.

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2019 @ 07:21:37 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

JIN is so man. Hy koop waarvan hy hou. Klim in en ry. Wat die voertuig se verbruik is pla hom nie. Hy hou van 'n Toyota KLAAR.

Ha ha ha 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2019 @ 09:34:04 am
Skolopad
Platinum Member
70% Profile Strength
Posts: 309
Joined: 28 Feb 2018

Just a few rules made for myself when perchase of towing verhicle 

1) Must not be lower than 80 kw and 200 Nm power 

2) must be diesel

3) Do operating cost by checking up AA rates per km and not fuel consumption

4) Check up user satisfaction levels by using HeloPeter.Com, you will be amazed how low some of the brands are that are mentioned above, but it is a broad brush,  measuement

5) As said above best car, the one that's paid off, same with holiday, the one someone els pays for 

Good luck in your quest will be intereted to see on which verhicle you decid on 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2019 @ 10:06:28 am
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1295
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

JIN is so man. Hy koop waarvan hy hou. Klim in en ry. Wat die voertuig se verbruik is pla hom nie. Hy hou van 'n Toyota KLAAR.

Ha ha ha 

Verloor ook nie veel slaap oor brandstof verbruik nie....die Territory was seker aan die swaar kant, maar ek het hom soos al my ander voertuie dieselfde behandel, as ek by die pomp stop is die opdrag "maak vol". Die Territory het sommer self sy petrol klappie oopgemaak as hy 'n pomp sien :) Wat my aanbetref is die 3.2 Ranger outo in vergelyking dus heel ekonomies, ek doen nie somme nie maar met die Territory het ek tydens die afsleep Scottburgh toe weg getrek uit Centrurion met 'n vol tenk en as ek stop vir ontbyt by daai Wimpy onder in die gat net voor Harrismith loop daai Ford op dampe (dink dit was 'n 80l tenk), selfde pad selfde karvaan met die Ranger (ook 80l tenk) is die skaars op half as ek vir ontbyt stop

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2019 @ 10:28:15 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2332
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Bak Oor, Ek lees nou eers hirdie draad so ek is bietjie mostert na die maal.  Ek twyfel of jy soos jy vra, objektiewe antwoorde gaan kry.  Niemand, of minstens baie min, manne sal erken daar is fout met sy voertuig.  Byna almal getuig sy voertuig is die beste op die pad.  Gedeeltelik is dit omdat hy sy navorsing gedoen het en daarvolgens gekoop het, gedeeltelik is dit maar die neiging dat "ek altyd reg is".  Jy vind dat mense wat die mees onverskillig ry, hulleself as puik bestuurders verklaar.    As jou voertuig byvoorbeeld besonder dorstig is, kan jy dit byvoorbeeld nie wegredeneer nie en dan verklaar jy maar dit pla jou gladnie- jy het 'n bank vol geld.  Gedeeltelik is dit ook dat jy gewoond raak aan die voertuig wat jy ry en tevrede raak daarmee.

My opinie, soos met meeste dinge, is dat die minimum wat aan jou behoeftes voldoen, die beste keuse is.   Dit geld vir 'n sleepvoertuig, karavaan, huis, klere (nie name brands nie- hulle is te duur).  Ek kan nie die logika sien om 'n Skipper met 'n drie liter bakkie te sleep nie, en ek het al sulke kombinasies gesien.   Maar dis my mening.  Ander mense dink weer anders, so wie kan beweer hy of sy is reg?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2019 @ 10:53:55 am
Nabro
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 283
Joined: 27 Jan 2015
Experience: 13 years

Brommer jy moet leer om reguit te praat. As jy reg lees sal jy sien ek tref nie voorkeur aan enige van my voertuie nie. Hier is jou gevra om jou persoonlike keuse te wys wat jy van hou. Hierdie is nie nn kompetisie wie se voertuig die beste is. Hierdie is n opsomming van wat jy met jou voertuig eerlikwaar ondervind. Ek weet almal se voet is nie ewe swaar. Maak nie saak. Gee nie om hoe jy ry of wat jy doen. Wil net wat wat jou gevoel is met jou voertuig. 

Ja net vir die rekord tussen die Hyundai ix 35 Diesel, Jeep Grand Cherokee 3.6 petrol en die Gwm Steed 2.5 Diesel. Voel ek die Hyundai het my die meeste beïndruk. Die Jeep was n klas op sy eie maat sy kraglewering het my nie beïndruk. Die Steed5 diesel 2.5 is n work horse, cheapy net om die karavaan rond te trek. By gesê hardloop ek met gemak saam my vriend met sy Fortuner 3lt D4D op die oop pad teen 220 km p h. Goed genoeg vir my.  Ons het nie resies gejaag ons het normaalweg gedleep 

Hierdie draad is nie om mekaar se opinie te bevraagteken teken of my koei het meer melk as jou koei nie. Die draad is vir algemene inligting wat ons kamper se eerlike ondervinding is ensomeer.

Teen 220 km/h is dit waarskynlik die vinnigste Steed en Fortuner in die land. :-)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2019 @ 10:55:47 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2332
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ek wil verder gaan en die stelling maak dat bitter min van ons instaat is om enigsins 'n mening uit te spreek oor die vergelykende kwaliteite van verskillende sleepvoertuie.  Ons het meestal maar net kennis van die een wat ons nou ry.  Die feit dat elkeen van ons 'n lys vorige voertuie gebruik het, is myns insien heeltemal irrelevant.  Elkeen van hulle was vorige generasievoertuie en hulle kan gladnie vergelyk word met huidige voertuie nie.  Daar was 'n tyd toe Toyota en ander bakkies maar 78 Kw ontwikkel het.  Hoe kan jy jou kennis van so een vergelyk met 'n Ford van vandag?

Hierdie is 'n lekker onderwerp om om die braaivleisvure te bespreek, soos die politiek en die grootte visse wat ons al gevang het, maar dis maar sommer praatjies en het geen praktiese waarde nie want ons is net eenvoudig nie objektief nie- oor bykans geen onderwerp nie.  Ons is elkeen maar oortuig van ons eie menings. En jy kry dieselfde neiging ook by deskundiges.  Daarom sal een dokter oortuig wees behandeling X is die aangewese vir 'n sekere kwaal en 'n ander dokter sal weer sweer by behandeling Y.  En dis baie goed.  Hoe vervelig sou die wêreld tog wees as almal oor alles dieselfe gevoel het?  Ons sou soos 'n klomp Sjinese onder Mau Tse Dong met grys baadjies gelyk het.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2019 @ 11:00:01 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2332
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Nabro, Ek hoop jy het 'n tikfout gemaak met jou sterlling oor sleep teen 220!  Behalwe dat ek dink dis nie moontlik nie. As dit waar sou wees, hoort jy in die tronk- vir 'n baie lang tyd want dan is jy 'n potensieële moordenaar.  Jammer vir die harde worode, maar dis hoe ek voel.  Maar ek neem aan jy het 120 en nie 220 bedoel nie?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2019 @ 11:03:59 am
Nabro
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 283
Joined: 27 Jan 2015
Experience: 13 years

Nabro, Ek hoop jy het 'n tikfout gemaak met jou sterlling oor sleep teen 220!  Behalwe dat ek dink dis nie moontlik nie. As dit waar sou wees, hoort jy in die tronk- vir 'n baie lang tyd want dan is jy 'n potensieële moordenaar.  Jammer vir die harde worode, maar dis hoe ek voel.  Maar ek neem aan jy het 120 en nie 220 bedoel nie?

Ek reageer op Bak oor se post post waarin hy die stelling maak. Neem aan dit was 'n tikfout van sy kant af.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2019 @ 11:05:41 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2332
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Jammer Nabro- Ja ek sien nou dit is Bak-oor se boodskap- nie joue nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2019 @ 11:06:55 am
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 542
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Bakoor volpunte oor jou opinie van die Hayundai, dis n uitstekende motor. Ek is heel tevrede met my Toyota 4L V6, ek haak, ek ry, ek ontspan.  

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2019 @ 11:58:42 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5609
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Baie interesant

Ek het laaste tien jaar met drie Jeeps gesleep.

Eerste n 2006 cherokee 3.7 v6 petrol. Sonder sleep 10k.p.l. met 6.5

Tweede 2010 cherokee 3.7 v6 petrol. Sonder sleep. 8 k.p.l. met 4.5

Laaste 2010 Grand cher. V6 diesel 3 liter ( merc enjin) Sonder sleep 10k.p.l. op pad 8 innie stad .  Met elegance en exclusive 6.3.  Met my huidige skipper waentjie 8.5

Torque 500 nm 5 spoed outo.. vyfde met alles. Ontsettende goeie en stabiele sleep voertuig. 

AS ek kan bekostig  n 5.7 V8 Grand Cher. Of SRT. 6.4 Liter

Jare terug met 351 Fairmont GT gesleep. 4 k.p.l.  hy het my so baie plesier gegee. Was n awesome voertuig. 

Daarna n kleiner jurgens met my Volvo B20 122S met 8 k.p.l. sonder. op pad 12

Dit John ... is my sleep ondervinding.  Volgens my. ?😎  Jeep grand chefokee diesel ..die heel beste.

Tenspyte van my respek as motorwerktuigkundige vir n toyota,  Sal nie n Toy koop nie. Eks nie n jap-kar fan nie. Enigste ander voertuig behalwe Jeep. VW-Amarok.

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2019 @ 12:05:41 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5609
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Wou nog bysê..  Merc. ML. Ons het 4 mercedes gery die afgelope 20 jaar. E 260. E200. C 180 A200. Agterste suspensie op die karre het vir my verdag gelyk met n wa agter. Mens sou dit kon reg stel met veranderings. Maar ML Diesels of die 500 V8 is anders.

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2019 @ 13:17:54 pm
Wegisons
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 105
Joined: 07 Dec 2015
Experience: 53 years

Trek a Regal van 1300kg met a 2011Ford Everest 4x2 handrat . 3.0 l tdci

Kry so 11/12km/l sonder die wa en so 8km/l met wa. Hope krag en wrinkrag, baie pakplek as jy die agterste sitplekke afslaan .Ek pak so min as moontlik in die wa.

Het so 105000 km al gedoen met geen probleme nie ,goedkoop om te onderhou want ek diens hom self en nie by die handelaar nie ......

My vorige voertuig ,` n Ranger 2,5 tdci ,het oor die 400 000km op gehad sonder enige probleme  en so 6/7km/l met sleep gegee

En ja ek koop maar wat my sak pas en is nie regtig `n  "Brand" man nie ...

none
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2019 @ 16:38:49 pm
kleinman
Silver Member
48% Profile Strength
Posts: 53
Joined: 27 Nov 2017

Ek sleep my Sherpa met 'n Lexus RX 350. Hy sukkel glad nie met die waentjie nie.

Pluspunte: Baie gerieflike rit, oorgenoeg pakplek, baie beskostigbare dienste by Lexus.

Dinge wat lol: Net outomaties ratkas, Bietjie swaar op unleaded, so 8-9 km/l( ek sleep tussen 80 en 90km/h). Ek sidder om te dink wat sy brandstof verbruik sal wees teen 120km/h.

Hy vat ons na al ons kampplekke toe, baie gerieflik.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2019 @ 17:07:37 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1650
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Hi Max. Tik fout ou maat tik fout. 120 is wat ek wou sê. Jammer maar ek dink ek ek het baie wenkbroue laat lig met daai spek skiet.

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2019 @ 17:30:05 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4928
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ek wil verder gaan en die stelling maak dat bitter min van ons instaat is om enigsins 'n mening uit te spreek oor die vergelykende kwaliteite van verskillende sleepvoertuie.  Ons het meestal maar net kennis van die een wat ons nou ry.  Die feit dat elkeen van ons 'n lys vorige voertuie gebruik het, is myns insien heeltemal irrelevant.  Elkeen van hulle was vorige generasievoertuie en hulle kan gladnie vergelyk word met huidige voertuie nie.  Daar was 'n tyd toe Toyota en ander bakkies maar 78 Kw ontwikkel het.  Hoe kan jy jou kennis van so een vergelyk met 'n Ford van vandag?

Hierdie is 'n lekker onderwerp om om die braaivleisvure te bespreek, soos die politiek en die grootte visse wat ons al gevang het, maar dis maar sommer praatjies en het geen praktiese waarde nie want ons is net eenvoudig nie objektief nie- oor bykans geen onderwerp nie.  Ons is elkeen maar oortuig van ons eie menings. En jy kry dieselfde neiging ook by deskundiges.  Daarom sal een dokter oortuig wees behandeling X is die aangewese vir 'n sekere kwaal en 'n ander dokter sal weer sweer by behandeling Y.  En dis baie goed.  Hoe vervelig sou die wêreld tog wees as almal oor alles dieselfe gevoel het?  Ons sou soos 'n klomp Sjinese onder Mau Tse Dong met grys baadjies gelyk het.

Jy bevestig eintlik wat ek maar ook sê.. 

Oor die Toyota bakkie van 78kW vs vandag se Ford.. Verskil is abei van daai bakkies loop vandag nog baie lekker en voluit ;-) So tong in die kies maar tien teen een waar...

Elkgeval, jip, dink die draad kom met goeie bedoelings, maar soos bevestig, sekeres sal 'n bakkie koop tov aankoop prys en wat die verkoopsman as gunsies bewys vs betaal vir die ander... Ek sê dit ook nog altyd.

MAAR, ok, laat ek maar die potjie roer..

2006 Renault Megane II Sedan, 2.0 Handrat:

191Nm, 98kW?

Nuut gekoop, meer universiteits voertuig gewees. Later ek en my vrou en toe Expo gesleep. Baie lekker, stabiel en genoeg krag. Goed vir Expo. Renault onderhoud is duur. Koop toe Mazda 6

Verkoop op 11jaar en 200,000km

2012 Mazda 6 2.0 Handrat

190Nm, 110kW?

Wat 'n flater.. Swing oor pad, onstabiel. Baie lekker solo gery. ratkas issues van begin af. op 38000km is Ford motor company van SA vol beloftes en dinge en ek sou nuwe ratkas kry, maar hul lieg in my gesig en gee vir my recon. Probleme bly en hul nie bereid om te help. Soek na ander gevalle en kom op ander Mazda 6 voertuie wat dieselfde ondervind het in selfs die 2.5 petrol model ook. Koop toe Mazda BT50

Verkoop op 5 jaar en 55,000km en koop Toyota Rav4 2.0 CVT - tans steeds in besit

2014 MAZDA BT-50 3.2 Double Cab Handrat

470Nm, 147kW?

Baie lekker solo, sleep lekker, genoeg krag. Low idling torque, baie lig op brandstof. geniet bakkie. Mooi accessorise ens. was baie trots. Swak diens weereens van Mazda, besluit om maar te laat gaan na presies 3 jaar en 43,000km. Genoeg gehad. 

Verkoop op 3 jaar 43,000km, koop toe Toyota Fortuner

2017 Toyota Fortuner Auto 2.8

Wou Hilux gehad het, enigste kritiek was swak agtersitplek ontwerp waar Bt-50 meer spasie gebied het, besluit toe op Fortuner - nie dag spyt sover nie.

Die Paddleshifts is baie nuttig. Ek het eers gedink dis 'n waste maar vind dat ek dit nogal baie gebruik. 

Genoeg torque weereens maar dieselfde as BT-50 met trekkrag. Loop lekker, ook lekker lig op brandstof..

Sover 36000km en geniet die Fortuner baie. Minder pakplek as 'n bakkie maar steeds maak mens plan en kom oor die weg. 

Geen sleepvoertuig sover het gesukkel met krag of om weg te kom nie. So ekt nooit gesukkel met kraglewering of bulte of so nie.

Sou Prado of Land Cruiser 200 verkies. Dalk in nabye toekoms... Sal dalk 4.0 V6 Prado like.... 

Fortuner sal ek wel hou, dis lekker om bietjie vir 'n slag nie elke kort kort na dealership te moet gaan vir nonsens en swak vakmanskap of ontwerp nie... 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2019 @ 18:35:43 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2332
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ek het amper dertig jaar met 'n 2.1liter VW Kombi gesleep.  82 Kw en 174 N-M.  Nogtans het hy baie lekker gesleep.  Hy het maar 'n vierspoed handratkas gehad en daardie rowwe opdraendes op die N3 weerskante van Pietermaritzburg kon hy met 'n Sprite Supersport in derde uitry, mits 'n stadige vragmotor nie sy spoed gebreek het nie. Ek wil nie naastenby beweer hy was beter as by huidige Kuga nie, maar ek het hom darem baie geniet- ek wens nog soms ek het hom nie laat gaan nie.  En sy pakplek was seker driemaak die Kuga s'n.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2019 @ 20:15:38 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4928
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ek het amper dertig jaar met 'n 2.1liter VW Kombi gesleep.  82 Kw en 174 N-M.  Nogtans het hy baie lekker gesleep.  Hy het maar 'n vierspoed handratkas gehad en daardie rowwe opdraendes op die N3 weerskante van Pietermaritzburg kon hy met 'n Sprite Supersport in derde uitry, mits 'n stadige vragmotor nie sy spoed gebreek het nie. Ek wil nie naastenby beweer hy was beter as by huidige Kuga nie, maar ek het hom darem baie geniet- ek wens nog soms ek het hom nie laat gaan nie.  En sy pakplek was seker driemaak die Kuga s'n.

Karavaan ook ligter as vandag se karavane

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2019 @ 11:20:30 am
Diddo
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 669
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 20 years

Ek sleep my Sherpa met 'n Lexus RX 350. Hy sukkel glad nie met die waentjie nie.

Pluspunte: Baie gerieflike rit, oorgenoeg pakplek, baie beskostigbare dienste by Lexus.

Dinge wat lol: Net outomaties ratkas, Bietjie swaar op unleaded, so 8-9 km/l( ek sleep tussen 80 en 90km/h). Ek sidder om te dink wat sy brandstof verbruik sal wees teen 120km/h.

Hy vat ons na al ons kampplekke toe, baie gerieflik.

Teen 100 tot 110Km/h het ek hier by 17 na 18L/100Km gebruik. Dit was Sonder cruise control wat dit 21L/100Km gemaak het. Het nogtans die voertuig geniet. (Sleep verbruik)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 23:09:31 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1650
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Kyk sleep voertuie is al op die forum bespreek, bepeins, sommige het hul nuts gestrip, ander het net moed opgegee en sommige sal nóg steeds sweer by n voertuig al weet hy eintlik maar baie min van dit. 

Ek sit nou en dink aan die volgende. Tyd gelede was ek by Klein Kariba en wag om in te boek. Loop deur die ry van voertuie en karavane. Baie verskillende registrasie nommers van alle provinsies. Baie verskillende sleep voertuie. 

Punt is elke voertuig het sy karavaan tot by die kamp gesleep. Is dit nie wat eientlik belangrik is. Behalwe dit is dit maar net n ding van my pa is sterker as joune. Of wat praat ek nou ,🤔

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Aug 2019 @ 07:56:56 am
Zack
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 194
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 32 years

Bak oor.   Ek stem saam maar,

Al die voertuie het hulle karavane tot by die eindbestemming gesleep maar van die bestuurders het baie meer gebid as ander.   "n Sterker voertuig sleep net beter en veiliger as 'n swakker voertuig.  Dit vat twee keer solank om n ander voertuig verby te gaan veral op die Vrystaat enkel paaie.  

Ek het begin om 'n Exclusive te sleep met 'n Izuzu 280.   Die keerpunt was toe hy 'n head gasket geblaas het.   Daarna het ek oorgeskakel na 'n BMW X5.  Dan kom jy die verskil in tussen lekker en veilig sleep.   Geen bekommernisse om 'n stadiger trok of ander voertuig veilig verby te gaan nie.   Overkill met krag is beter as dit by sleep kom.  Dit maak jou sleep ervaring minder stresvol.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Aug 2019 @ 08:13:51 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4928
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Daarmee stem ek saam dat voertuig groot verskil maak en sommige sal wel vir baie jare en kms verder kan sleep as ander........ Ek kan daarvan getuig. Help nie jy kies 'n Ford Figo om te sleep nie, hy gaan nie hou nie. So ook nie eers 'n Mercedes B klas nie, ook nie sekere bakkies hou goed genoeg nie, so sleepvoertuig keuse is van absolute belang, en dan bygesê wat in jou begroting pas, nie almal kan of wil betaal vir 'n Mercedes Gl350 AMG nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Aug 2019 @ 08:17:37 am
Ski
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1592
Joined: 19 Oct 2009
Experience: 32 years

van 1990 af met paar veskillende karre gesleep en soos bo gese het elkeen sy lekker en sleg gehad. 1600 Toyota Avanti, 20gl new era skyline( seker een van my beste het sunway gesleep), Siera Xr6, courier V6 lesure bakkie, V6 VW kombi, Toyota Venture getaway, Toyouta Condor TE, Toyota Condor TX(Swakste van al my sleepgoed), Mahindra Scorpio SUV 2600, Mahindra Scorpio DC 2500 (hom gebreek op net oor die 800000km) Ssanyoung Action Sport DC, Mahindra XUV500 W6 x 2, Mahindra Scorpio S10 4x4DC.

Moet se my S10 DC sleep lekker oor die laaste amper 2 jaar ne 80000km my gemidelde verbruik 12 Km/l solo. Ek glo ook mens werk sleep verbruik uit oor lang afstand want ek kan om die huis rond sleep en 10km/l kry maar laas desember af sabie toe met my wa het ek 8.2km/l gekry af sabie toe en 7.98 km/l gekry oppad terug. Ek heel tevrede daarmee. 

Nico & Mandy
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Aug 2019 @ 08:31:28 am
Zack
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 194
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 32 years

Ski, 

Ek het nog nie self n Mahindra gery nie maar heelwat van my vriende ry en boer met hulle.   Ek was verbaas met hulle rygemak, sleepvermoee en dieselverbruik. Ek dink dis 'n voertuig wat baie onderskat word in ons Suid Afrikaanse gemeenskap.

My Cruiser vriend het twee Mahindra's vir die plaas gekoop. Almal het gelag dat 'n Cruiser man Mahindra koop maar sy logika was reg.  Jy kan twee Mihandra's koop vir 'n Cruiser se prys.  As jy na hulle kyk en oppas sal hulle net solank hou tot die volgende inruiling.

Dieselfde gaan gebeur met Mihandra as wat met Kia en Hyundai gebeur het 'n klompie jare terug.  Almal het neus opgetrek en nou soos die tyd aangestap het hulle naam gemaak en is almal tevrede met hulle.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Aug 2019 @ 08:35:39 am
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1650
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Vanselfsprekend moet jy nie n Corola voor n exclusive inspan. Maar as jou wiele die vrag kan vat gaan kamp ou maat. En as jy moet bid, mooi so daai ekstra gebedjies bo jou normale kan jou net goed doen. 

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Aug 2019 @ 08:53:44 am
Ski
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1592
Joined: 19 Oct 2009
Experience: 32 years

Ek moet se my diens uit Mahindra nog altyd goed.

Nico & Mandy
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Aug 2019 @ 20:44:35 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1650
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ek moet se my diens uit Mahindra nog altyd goed.

En by gesê jy sleep n bulletjie agter jou. Mahindra bewys homself al hoe meer by die dag

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Aug 2019 @ 20:48:25 pm
Ski
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1592
Joined: 19 Oct 2009
Experience: 32 years

Glad nie skaam nie

Nico & Mandy
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Aug 2019 @ 23:03:58 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1650
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Glad nie skaam nie

En die baas vattie &#& nie. Nou net nog meer respek vir daai bakkies. Gn wonder die boere like hulle so baie

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2019 @ 08:56:33 am
Kanneman
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1104
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 54 years

Dit is nogal opvallend hoe perspektiewe verskil.

My oupa het geglo dat die sekerste manier om onmin in ‘n geselskap te kry is om die woord “beste” aan ‘n produk toe te dig. Baie sal saamstem dat jy ‘n lekker produk besit,, maar min sal met ”beste” instem - waarskynlik net die wat dieselfde keuse gemaak het. Maar dit net terloops.

’n Sleepvoertuig is vir my bloot net ‘n middel tot ‘n doel. Die mate waartoe ‘n sleepvoertuig tot ‘n kampeerervaring bydra word in my boek bepaal deur die mate wat die voertuig tot die plesier van die ervaring bydra. Volgens hierdie maatstaf was ons Volkswagen Microbus ongetwyfeld die een met die mooiste herhinneringe.

Don't confuse one's personality with one's attitude. One's personality is who you are. One's attitude depends on who the other person is. Therefore, be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 13:19:26 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1479
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Dit is nogal opvallend hoe perspektiewe verskil.

My oupa het geglo dat die sekerste manier om onmin in ‘n geselskap te kry is om die woord “beste” aan ‘n produk toe te dig. Baie sal saamstem dat jy ‘n lekker produk besit,, maar min sal met ”beste” instem - waarskynlik net die wat dieselfde keuse gemaak het. Maar dit net terloops.

’n Sleepvoertuig is vir my bloot net ‘n middel tot ‘n doel. Die mate waartoe ‘n sleepvoertuig tot ‘n kampeerervaring bydra word in my boek bepaal deur die mate wat die voertuig tot die plesier van die ervaring bydra. Volgens hierdie maatstaf was ons Volkswagen Microbus ongetwyfeld die een met die mooiste herhinneringe.

Ek kan hiermee saamstem. Toe ons nog mikrobus gery het, was dit een van die beter  oertuie om saam met kampervaring te gaan.

Ons het net 1 kind en almal (woon in klein gemeenskap) het gevra hoekom so 'n groot voertuig net vir ons drie.

En dan het die bus nog lekker gesleep ook. (1991 Fleetline XL, 1995 Penta)

Was goeie jare.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 2