English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 136
Total Replies: 227 855
Total Views: 82 287 451
topics: 10 757
replies: 123 575
views: 38 811 657
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Elektrisiteits meters by oorde

replies: 116
views: 1145
page 3 of 3
15 Apr 2019 @ 11:26:37 am
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1479
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Danie

Dis hoekom ek reken daar moet industrie riglyne wees waarvolgens die krag metery en heffings standardiseer word.

'N ou en nuwe kamp val in by die riglyne. 

Verbruikers weet en die verskaffer weet, so niemand kan niemand uitbuit nie en die industrie kan/gaan homself nie skade aandoen deur selfverryking nie. Sulke verskaffers sal in elk geval gou vermy word.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2019 @ 12:24:24 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dit is ook so dat mense sal praat en 'n oord wat dalk die elektriese rekening laai sal gou bekend word en dan sal mense die oord begin vermy.

Ek stem vir die standardisering.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2019 @ 13:33:09 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4167
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Danie

Dis hoekom ek reken daar moet industrie riglyne wees waarvolgens die krag metery en heffings standardiseer word.

'N ou en nuwe kamp val in by die riglyne. 

Verbruikers weet en die verskaffer weet, so niemand kan niemand uitbuit nie en die industrie kan/gaan homself nie skade aandoen deur selfverryking nie. Sulke verskaffers sal in elk geval gou vermy word.

Pottie ek was onder die indruk dat selfs metros sou dieselfde vra vir krag en nou vind ons dat ons bv vanaf die 1e eenheid betaal en dan in Boksburg kry mense die 1e 100 eenhede gratis. Dan bokant 700 betaal Boksburg bv oor die R5 per eenheid en ons bitter min meer as R2.

Dit was bekend dat ons die duurste krag in die land gehad het soos krag ander dienste gesubsidieer het. Op my maandelikste verbruik sou ek bv R600p.m. minder betaal in die Boksburg metro. Dus betaal ons meer as dubbel.

Ek glo nie mens gaan dit regtig kan standariseer veral waar kampe by Eskom krag kry en die uitbreidingsfooi so hoog is. As ek reg onthou het Pieter genoem van 'n boer wat R260000 sou moes betaal plus maandelikse uitbreidingsfooi om krag te kan kry.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2019 @ 13:51:47 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13454
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Waar kan mens sien hoeveel betaal mens per eenheid? Ek is op gewoon waar mens rekening einde van maand kry. Ek het vroeër rekening deur pos gekry en dan was daar n uiteensetting by gewees wat sê hoeveel eenhede mens gebruik het teen watter tarief. Deesdae moet jy op e-tshwane gaan om te kyk wat jy skuld....maar daar is net n globale bedrag....nêrens uiteensetting van eenhede gebruik nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2019 @ 14:04:53 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1479
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Waar kan mens sien hoeveel betaal mens per eenheid? Ek is op gewoon waar mens rekening einde van maand kry. Ek het vroeër rekening deur pos gekry en dan was daar n uiteensetting by gewees wat sê hoeveel eenhede mens gebruik het teen watter tarief. Deesdae moet jy op e-tshwane gaan om te kyk wat jy skuld....maar daar is net n globale bedrag....nêrens uiteensetting van eenhede gebruik nie

Geert

Trek Malelane toe. Ek kry elke maand 'n elektroniese rekening met al die detail op. Ook die heffings vir water en elektrisiteit vir die ander.

Hulle wys selfs my 'afslag'  vir basiese krag en water allokasie.

Nou voel ek weer goed oor Malelane.

Terloops, nou net in van buite. Heerlike 35,5°C vir 'n middel April middag, sonder wind.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2019 @ 14:14:03 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4167
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Geert die normale rekening per pos is presies soos die aan lyn rekening. Dis net na posbusse wat geen rekening afgelewer word nie maar wel na straatadres. Tshwane het weggedoen met die uiteensetting maar in 2013 was daar wel 'n bedrag vir bv R245 en dan die volgende groter bedrag vir die res. Daar was ook 'n tyd dat die 1e 100 eenhede as 'n krediet gegee is soos wat Ekurhuleni nou nog doen. Hulle het ook 'n keuse om nie die 100 eenhede krediet te kry dan word die per eenheid prys aangepas.

Elke Metro publiseer in die staatskoerant die pryse vir elke tipe verbruiker. Ekurhuleni se publikasie is egter maklik leesbaar maar Tshwane s'n is nag om te verstaan. Hulle dui wel op grond v d verbruik die koste per eenheid maar as dit nie gespesifiseer word op jou rekening kan jy dit nie opvolg nie. Al hoe mens sal weet is as jy by hulle gaan uitvind.

Die probleem is met die skatting wat hulle doen daar gooi hulle jou in hul geskatte hoeveelheid eenhede en as jy minder gebruik het glo ek dit word nie herlei na die laer tarief wat jy moet betaal nie. Laas maand was my skatting bv meer as dubbel wat ek gebruik het en ek het my lesing ingestuur en hulle het bewys gestuur dat dit wel ontvang is. Hulle het egter binne 2 weke die eenhede korrek uitgewerk met 'n nuwe rekening maar soos genoem nie teen die laer eenheidsprys weens laer verbruik.

Met tye skat hulle net wat hulle wil. Soos hierdie aandui vir Aug 2012. Skielik word krag ook as kl gelees.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2019 @ 14:14:09 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1685
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Geert

Trek Malelane toe. Ek kry elke maand 'n elektroniese rekening met al die detail op. Ook die heffings vir water en elektrisiteit vir die ander.

Hulle wys selfs my 'afslag'  vir basiese krag en water allokasie.

Nou voel ek weer goed oor Malelane.

Terloops, nou net in van buite. Heerlike 35,5°C vir 'n middel April middag, sonder wind.

Pottie.................kom na ons toe hier in Ballito. Dit is vrek koud en ek loop met 'n trui. Groetnis

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2019 @ 14:28:17 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4167
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Wel met Tshwane se aan lyn stelsel kan jy besluit om direk te betaal wat die bedrag is of jy kan die rekening aflaai of kyk en alle detail sien behalwe 'n uiteensetting v d prys vir watter deel.

Daar is bv selfs vir water glyskale waar die eerste XX kl teen een prys is en dan die volgende yy kl teen 'n ander prys.

Wat wel 'n probleem is dat mens met tye nie die bl 2 en 4 op die aan lyn rekening kry nie en dis juis hierdie blaaie wat die grafieke van maandelikse verbruik aandui. Ek het dus nie regtig 'n probleem met Tshwane behalwe dat ek dink hul by tye ekstra bysit om inkomste te genereer en dit later regstel.

So lyk my Maart elektroniese rekening met net die datum en bedrag verwyder. Kry mos geen pos hier by ons by posbusse nie.

 

 

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2019 @ 14:51:17 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13454
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Wel met Tshwane se aan lyn stelsel kan jy besluit om direk te betaal wat die bedrag is of jy kan die rekening aflaai of kyk en alle detail sien behalwe 'n uiteensetting v d prys vir watter deel.

Daar is bv selfs vir water glyskale waar die eerste XX kl teen een prys is en dan die volgende yy kl teen 'n ander prys.

Wat wel 'n probleem is dat mens met tye nie die bl 2 en 4 op die aan lyn rekening kry nie en dis juis hierdie blaaie wat die grafieke van maandelikse verbruik aandui. Ek het dus nie regtig 'n probleem met Tshwane behalwe dat ek dink hul by tye ekstra bysit om inkomste te genereer en dit later regstel.

So lyk my Maart elektroniese rekening met net die datum en bedrag verwyder. Kry mos geen pos hier by ons by posbusse nie.

 

 

 

 

Ek weet nie hoe hulle skat nie. Jou vorige verbruik was omtrent 400....nou skat hulle sommer 1100...jy het nog nooit eers soveel gebruik nie. 

 

Ek sou buitendien sê as jou vorige rekening 400 was, moes hulle Maart geskat het op niks meer as 300 nie....het mos meeste van die tyd load shedding gehad.......?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2019 @ 15:51:11 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4167
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Geert ek neem aan hulle skat op bv 'n sekere blok of paar blokke. Ek glo nie hul sal kyk na elke persoon se verbruik nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2019 @ 16:07:53 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13454
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Wat ek wel gesien het hulle doen is hulle skat bv jou water bir 3maande agtermekaar. Op maand 4 kom neem hulle die lesing. Hulle refund jou vir al daai 3maande se geskatte waardes en invoice jou vir regte gebruik vir die afgelope 4 maande. Die probleem is dat daai gebruik so hoog is dat jy in n ander hoër prysklas kategorie prys betaal. Waar jy miskien maandeliks R2 per kw vir 400eenhede betaal, betaal jy nou miskien R2.30 per kw op 1600eenhede....jy val nou in n hoër gebruiks kategorie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2019 @ 16:54:01 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4167
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Geert ja ons lesings is deur die jare elke maand geneem maar met die saamgooi onder Tshwane het hulle eers in 2017 begin skat en met tye tot 6 maande geskat en dan val mens in die duurste kategorie. Die skattings in 2018 was nie veel meer as wat ek gebruik maar deesdae skat hulle enigiets.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2019 @ 16:57:34 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13454
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Dis hoekom die mense kla hoekom hulle meer vir krag betaal as hulle meer as n sekere bedrag koop....hulle val dan in n hoër verbruikers kategorie

As jy miskien R500 koop beteken dit bv 250 eenhede teen R 2 Elk

As jy R 1000 koop beplan jy om automaties meer krag te gebruik so jy betaal duuder per eenheid....jy gaan by voorbeeld 445 eenhede kry teen R2.25 elk

Selfde met water.....hoe meer jy gebruik....hoe duurder betaal jy per Kl

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2019 @ 21:46:57 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1479
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Al die gemors en gekibbel en gealles beteken daar is net een oplossing: los als, sluit toe, haak jou wa en gaan kamp!

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2019 @ 21:59:33 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13454
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Al die gemors en gekibbel en gealles beteken daar is net een oplossing: los als, sluit toe, haak jou wa en gaan kamp!

Dis die regte medisyne!

 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2019 @ 11:02:36 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Al die gemors en gekibbel en gealles beteken daar is net een oplossing: los als, sluit toe, haak jou wa en gaan kamp!

Ek stem hartlik saam met daai woorde. 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 3 of 3
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required