English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 116
Total Replies: 227 424
Total Views: 82 268 099
topics: 10 742
replies: 123 302
views: 38 802 159
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Elektrisiteits meters by oorde

replies: 116
views: 1143
19 Mar 2019 @ 12:08:51 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4161
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

volgens hulle stelse werk die yskas van die panele af as die son skyn en net in die nag van die battery af.

in die nag gebruik die yskaste ook minder krag want hulle word nie so gereeld oop en toe gemaak nie en dis ook koeler as in die dag.

hulle over spec ook die panele en battery met dubbel so ek glo daai baterry sal nooit laer as 80% charge gaan nie so ek glo mens sal die 5000 cycles kry wat hulle reken die battery kan gee......

Jaques dis juis die probleem dat mens na 16h00 tot 09h00 in die oggend 'n DOD van 30-40% op daai batterye gaan he. Ek wil glo tot die teendeel bewys is dat daai batterye in die Defy net 2 jaar gaan hou dis hoekom ek noem dat jy na 2 jr net R1300 se krag gespaar het.  Ek sien nerens dat daar 'n aanduiding is van 5000 siklusse nie. Ek glo nie eers AGM of Lead Crystal sal 5000 siklusse gee nie. Defnitief nie die kwaliteit wat Defy gaan voorsien nie.

Daai yskas gaan 800W per dag gebruik in die 18 uur wat solar min of niks bydra. Hul spec se 1200W per 24h siklus.

Selfs een v d beste loodsuur batterye wat Dixon se diep siklus 102Ah  is kon nie 2jr teen 36Ah las per dag en korrek gelaai deur solar deurstaan nie. Dit was op 'n vaste las van tuinliggies wat die toets gedoen is deur 'n vervaardiger van solar stelsels en ook inverters en DC-DC bokse bou wat as standaard in een v d groot vervaardigers se boswaens gebruik word. So ek sal nogal waarde heg aan sy toets.

Nee wat as mens kyk na Pieter se HiSense wat minder as 1.5A gebruik is dit 'n baie beter opsie om via inverter te werk as jy na die totale koste kyk.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Mar 2019 @ 23:25:21 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4914
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

My Hisense loop tans 330-350Wh per 24 uur siklus, so daai Defy is swaar op krag as dit 1200Wh per 24 siklus gebruik ......

Defy nie beste kwaliteit nie. Het een gehad en was sleg teleurgesteld.

Huis yskas is nou Bosch en karavaan yskas is die Hisense. Eks happy sover

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Mar 2019 @ 06:38:59 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13412
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek dink ek sal maar eers aangaan soos ek nou aangaan....met oord se 220v. Ek het nog nooit navraag by n oord gedoen waar ek wou kamp en hulle my meegedeel het dat hulle nie krag het nie. (Ek weet daar is oorde sonder krag, maar nie wat op my lys is nie). Die beurtkrag wat ek al ervaar het in n oord het nie veel gepla nie...het 12v lig en yskas loop nie so baie af in 2,5 uur dat vleis ontdooi en items in yskas warm word nie. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Mar 2019 @ 06:40:30 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13706
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Jaques dis juis die probleem dat mens na 16h00 tot 09h00 in die oggend 'n DOD van 30-40% op daai batterye gaan he. Ek wil glo tot die teendeel bewys is dat daai batterye in die Defy net 2 jaar gaan hou dis hoekom ek noem dat jy na 2 jr net R1300 se krag gespaar het.  Ek sien nerens dat daar 'n aanduiding is van 5000 siklusse nie. Ek glo nie eers AGM of Lead Crystal sal 5000 siklusse gee nie. Defnitief nie die kwaliteit wat Defy gaan voorsien nie.

Daai yskas gaan 800W per dag gebruik in die 18 uur wat solar min of niks bydra. Hul spec se 1200W per 24h siklus.

Selfs een v d beste loodsuur batterye wat Dixon se diep siklus 102Ah  is kon nie 2jr teen 36Ah las per dag en korrek gelaai deur solar deurstaan nie. Dit was op 'n vaste las van tuinliggies wat die toets gedoen is deur 'n vervaardiger van solar stelsels en ook inverters en DC-DC bokse bou wat as standaard in een v d groot vervaardigers se boswaens gebruik word. So ek sal nogal waarde heg aan sy toets.

Nee wat as mens kyk na Pieter se HiSense wat minder as 1.5A gebruik is dit 'n baie beter opsie om via inverter te werk as jy na die totale koste kyk.

Danie ek het 'n groot yskas in die huis en karavaan. Wat is die maklikste manier om te bepaal hoeveel Wh hulle gebruik?

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Mar 2019 @ 06:45:30 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13412
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek dink ek sal maar eers aangaan soos ek nou aangaan....met oord se 220v. Ek het nog nooit navraag by n oord gedoen waar ek wou kamp en hulle my meegedeel het dat hulle nie krag het nie. (Ek weet daar is oorde sonder krag, maar nie wat op my lys is nie). Die beurtkrag wat ek al ervaar het in n oord het nie veel gepla nie...het 12v lig en yskas loop nie so baie af in 2,5 uur dat vleis ontdooi en items in yskas warm word nie. 

Die laaste kamp was fase 4....en het okay verloop met kamp

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr 2019 @ 11:22:30 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13412
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Danie ek het 'n groot yskas in die huis en karavaan. Wat is die maklikste manier om te bepaal hoeveel Wh hulle gebruik?

Miskien so iets.....?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr 2019 @ 12:43:35 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13706
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ja. Sal bietjie gaan shop vir so iets.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr 2019 @ 19:42:20 pm
FlipnTilla
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 387
Joined: 28 Jun 2011
Experience: 46 years

Verlede maand by Bloekompoort gekamp waar hulle voorafbetaalde meters het. R300 se krag gekoop en dit nie heeltemal opgebruik in die 31 dae nie.

Flip de Wet
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr 2019 @ 21:49:38 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1472
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Verlede maand by Bloekompoort gekamp waar hulle voorafbetaalde meters het. R300 se krag gekoop en dit nie heeltemal opgebruik in die 31 dae nie.

Flip

In jou opinie, sou jy reken hulle algemene kamptarief neem die feit in ag dat jy self elektrisiteit koste dra?

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr 2019 @ 22:09:05 pm
Willem01
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 215
Joined: 21 Jul 2014
Experience: 10 years

Flip

In jou opinie, sou jy reken hulle algemene kamptarief neem die feit in ag dat jy self elektrisiteit koste dra?

 Ek bring nie allerlei gadgets saam soos wasmasjiene en tuimeldroërs nie, maar ek gebruik die lugreëling as dit warm is. Ek sit gewoonlik die geyzer 15 minute voor gebruik aan om te stort. Buite ligte gebruik feitlik geen krag nie want hulle trek saam omtrent 50 watt. Ek dink nie ons moet net na langstaaners (Swaeltjies) verwys as dit by toerusting kom nie. Gedurende die afgelope vakansie het iemand langs my gestaan wat dag en nag 'n "portable" lugreëling in 'n tent gebruik het. Saam met dit was daar 'n broodmasjien en ysmaker en 'n televisie wat heeldag geskreeu het. Ek dink dat dit is steeds my keuse of ek wil kamp by ,n oord wat elektrisiteit afsonderlik hef. Ek persoonlik gee nie om as die oord dit hef nie maar ek dink die oord sal so 'n koste in ag neem met die berekening van hul tariewe. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr 2019 @ 23:03:06 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4161
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Danie ek het 'n groot yskas in die huis en karavaan. Wat is die maklikste manier om te bepaal hoeveel Wh hulle gebruik?

Leon ek het nooit hierdie draad gevolg die laaste rukkie nie. Geert se eenheid getoon werk die maklikste. Daar is egter verskeie toestelle deesdae beskikbaar.

Ek hou van die Sonoff Pow want dit is 'n multi funksie timer wat jy "remote" kan aan en af sit asook 'n kragmeter wat jy op jou foon alle verstellings kan doen sowel as die krag lesings kry. Dis alles beskikbaar op jou foon na jy die Sonof "gepair het met jou router.

Dit pas in 'n 2X4 muurkassie soos gebruik op lig skakelaars.

Hierdie eenheid kos nou R299. Kan nie nou onthou by watter plek nie. As jy nie haastig is nie stuur vir my 'n Watsaap en ek kan oor so paar weke een vir jou beskikbaar stel. Ek wag net dat myne inkom van oorsee.

Communica het dit beskikbaar vir R375.

Mens kry hierdie ook by Communica vir R385. Ek gebruik so een om my huis se krag te meet wat dan maandeliks deursgestuur word vir die stadsraad ipv om staat te maak op hul geskatte kragverbruik. Verlede maand was my skatting bv meer as 2 x my werklike gebruik na hulle nie my lesing gebruik het nie. Hulle het dit egter vinnig reggestel na ek hulle laat weet het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr 2019 @ 01:06:04 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13412
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Verlede maand by Bloekompoort gekamp waar hulle voorafbetaalde meters het. R300 se krag gekoop en dit nie heeltemal opgebruik in die 31 dae nie.

Dankie Flip...altyd lekker om jou syfers te lees...interesant.  Ek is self n voorstaander van jou eie elektrisiteit betaal, maar hou nie van hierdie prepaid stelsel nie. As ek vir n naweek gaan, hoeveel koop ek....miskien R100? Soos in jou geval sal na naweek nog R80 oorbly...wat daarmee gemaak? Koop R20 dan is dit miskien te min....krag slaan miskien 8pm die aand af....waar koop jy daai tyd van die aand krag vouchers? 

Ek verkies liewer dat hulle jou laat betaal volgens wat jy gebruik het volgens n meter soos byvoorbeeld wat Danie hierbo wys. Dink dis in elkgeval n goedkoper opsie as prepaid meters. 

Òf die oord moet met aankoms n aanvaarbare kragverbruik laai wat by prys ingesluit is...as jy dan onnodig gaan mors gaan jy vasbrand en ekstra moet koop

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr 2019 @ 07:40:35 am
FlipnTilla
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 387
Joined: 28 Jun 2011
Experience: 46 years

Bloekompoort vra R1500 per maand.  Saam met die krag dus R1800, wat die goedkoopste is wat ons in 'n lang tyd betaal het.

Voorafbetaalde meters is beslis baie duur om te installeer, maar skakel die verliese uit met mense wat net eenvoudig vroegoggend wegsluip en nie betaal nie.

Flip de Wet
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr 2019 @ 07:52:22 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13706
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Leon ek het nooit hierdie draad gevolg die laaste rukkie nie. Geert se eenheid getoon werk die maklikste. Daar is egter verskeie toestelle deesdae beskikbaar.

Ek hou van die Sonoff Pow want dit is 'n multi funksie timer wat jy "remote" kan aan en af sit asook 'n kragmeter wat jy op jou foon alle verstellings kan doen sowel as die krag lesings kry. Dis alles beskikbaar op jou foon na jy die Sonof "gepair het met jou router.

Dit pas in 'n 2X4 muurkassie soos gebruik op lig skakelaars.

Hierdie eenheid kos nou R299. Kan nie nou onthou by watter plek nie. As jy nie haastig is nie stuur vir my 'n Watsaap en ek kan oor so paar weke een vir jou beskikbaar stel. Ek wag net dat myne inkom van oorsee.

Communica het dit beskikbaar vir R375.

Mens kry hierdie ook by Communica vir R385. Ek gebruik so een om my huis se krag te meet wat dan maandeliks deursgestuur word vir die stadsraad ipv om staat te maak op hul geskatte kragverbruik. Verlede maand was my skatting bv meer as 2 x my werklike gebruik na hulle nie my lesing gebruik het nie. Hulle het dit egter vinnig reggestel na ek hulle laat weet het.

Dankie Danie ek sal by communica n draai maak

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr 2019 @ 17:35:49 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13412
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Danie...waar sal jy voorstel kan mens hierdie meters koop? Ek het dit n ruk terug op takealot.com gesien...maar lyk my hulle het dit nou afgehaal.

Of kan mens maklik n stuk kabel en plugs op jou eenheid hierbo sit wat dit maklik maak vir " plug and play" ?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr 2019 @ 20:40:08 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4161
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Geert mens kan maklik myne in 'n los ligskakel kassie sit en 'n kort stuk draad na die 3 pen prop en dan 'n enkel muurprop aan die ander kant. Mens kry ook die los "cover plate" wat die deksel vir die kassie is soos op die foto. Hierdie is een in my garage wat ek oop hou sodat ek die swart knoppie kan druk enige tyd vir as ek nie my sel by my het nie.

Op 'n ander een het ek so in die kassie gepas dat die swart knoppie net uitsteek deur 'n klein gaatjie sodat mens met 'n pen of tandestokkie die swart knoppie kan druk as die sel nie naby is nie.

Ek weet Ellies maak ook sulke krag meet apparaat maar lank laas na iets anders gekyk as juis hierdie tipe weens die "timer" funksie en dat mens dit via jou selfoon kan aan en af sit.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr 2019 @ 20:48:54 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13412
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

As mens nou byvoorbeeld krag wil lees vir n week en daar is kortkort krag onderbrekings soos beurtkrag, reset hy weer na 0....of behou hy darem die lesing en tel voort as die krag weer terug is?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr 2019 @ 21:01:38 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4161
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Deur net op die sirkel links te kliek verander die status.

Geert die lesing sal op die Amazon server bly vir 100 dae lank. so jy kan afsit soos jy wil want die verbruik word heeltyd na Amazon gestuur en dis dan hoekom jy dit 24/7 op jou selfoon kan sien of as jy goed wil aan en af sit doen jy dit ook op jou sel. Al voorwaarde is dat die "timer" en jou foon moet toegang tot die internet he. Die Sonoff "boot" ook op soos 'n PC na 'n kragonderbreking.

Al veiligheidsaspek wat mens op moet let is dat die "timer" teruggaan in die af posisie na 'n kragonderbreking. Dis ook dan deels 'n goeie ding want dan weet jy die krag was wel af waar dit geinstalleer is.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr 2019 @ 21:11:29 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13412
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek wil een koop om maar bietjie mee te speel. Ek wil soos byvoorbeeld meet hoeveel krag ek by n oord getrek het oor n naweek...net vir interesantheid. So dan gaan hierdie nie vir my werk nie...daar gaan nie altyd internet konneksie beskikbaar wees nie.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr 2019 @ 21:28:47 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1472
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Bloekompoort vra R1500 per maand.  Saam met die krag dus R1800, wat die goedkoopste is wat ons in 'n lang tyd betaal het.

Voorafbetaalde meters is beslis baie duur om te installeer, maar skakel die verliese uit met mense wat net eenvoudig vroegoggend wegsluip en nie betaal nie.

Baie dankie Flip.

Ek is 'n voorstaander hiervan- dis nou vir eie krag betaal. Lank of kort staan. Ek dink ook die R300 is nie noodwendig buitensporig nie, nie vir 'n maand se krag nie.

Dis 'n goeie manier om jou terug te kry om te kom kamp om jou kragkrediet te kom opgebruik.

Dit sal interessant wees om te weet wat dit aan hulle korttermyn staankoste doen.

Mens sal oor tyd sekerlik kan bepaal hoeveel jy gebruik en dienooreenkomstig voorafbetaalde krag koop.

Weereens dankie vir die inligting.

Sedert hierdie onderwerp in 2017 begin het (aparte draad) is hierdie die eerste inligting oor 'n oord wat die meet en betaal/betaal en meet roete geloop het.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr 2019 @ 23:00:43 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1633
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Terwyl ek n kamp plek gesoek het, het een oord my R50 per dag ekstra gevra as ek n aircon in my wa het. Wonder wat die algehele gevoel van ons kampers oor dit is.

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr 2019 @ 23:18:11 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1472
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Terwyl ek n kamp plek gesoek het, het een oord my R50 per dag ekstra gevra as ek n aircon in my wa het. Wonder wat die algehele gevoel van ons kampers oor dit is.

As jy na Flip se terugvoer kyk, is dit baie oordrewe en werd om met die oord eienaar in gesprek te tree.

Hy sal meer realisties wees as hy nie meer kampers kry nie.

R1500 vir 'n maand teenoor Flip se minder as R300 vir die maand is seker die begin van so argument.

Meet my en as ek R1500 se krag gebruik, sal ek daarvoor betaal. Maar as jy geld daaruit wil maak, as ek reg onthou, kan ons vir NERSA of Eskom op sy saak sit want dit is onwettig om geld uit elektrisiteit te maak tensy goedgekeur/gelisensieer (sover ek weet.)

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr 2019 @ 23:39:36 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4161
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Ek wil een koop om maar bietjie mee te speel. Ek wil soos byvoorbeeld meet hoeveel krag ek by n oord getrek het oor n naweek...net vir interesantheid. So dan gaan hierdie nie vir my werk nie...daar gaan nie altyd internet konneksie beskikbaar wees nie.

Dis korrek Geert. Kyk dan na die een wat ek vroeer geplaas het met die 4 rye met data. Dis die een wat ek genoem het ek gebruik vir my maandelikse krag. R385 by Communica.

Dis ook dieselfde meter wat ek op my grid tied solar inverter blad geplaas het.

Kyk op www,geewiz.co.za se web of google kill-a-watt om jou tipe te kry. R495

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr 2019 @ 23:47:28 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4161
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Bloekompoort vra R1500 per maand.  Saam met die krag dus R1800, wat die goedkoopste is wat ons in 'n lang tyd betaal het.

Voorafbetaalde meters is beslis baie duur om te installeer, maar skakel die verliese uit met mense wat net eenvoudig vroegoggend wegsluip en nie betaal nie.

Ek glo nie regtig die R550 vir vooraf betaalde meters wat Builders verkoop en waarvan die krag by enige supermark gekoop word is te duur gesien dat daar van R50 per dag gepraat word. Dis 'n eenmalige koste plus installasie.

Die firma is recharger.co.za

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Apr 2019 @ 05:23:37 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13412
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Danie...skuus vir die baie vrae. Hierdie is die een waarin ek belang stel.

1. Reset sy lesings weer na 0 sou daar n kragonderbreking wees soos load shedding? 

2. Kan mens maklik n stukkie kabel met n kragprop op die een kant en socket op op die ander kant van meter koppel om hom maklik bruikbaar te maak .....plug and play

3. Kan mens sy waardes weer "reset" na 0 nadat mens klaar iets gemeet het.....of bly hy net aantel soos n stadsraad meter? 

4. As jy praat van Communica...is dit daai groot gebou langs die N1 oppad na Midrand toe?

Dankie....waardeer!

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Apr 2019 @ 07:04:39 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13706
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Danie sal seker jou ander vrae later antwoord.

Communica is 'n Elektriese /Gadget plek agter die Obaro Kooperasie in die middestad van Pretoria.

Baie lekker plek daai.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Apr 2019 @ 15:33:03 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1287
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Geert, yip Communica se plek is daai groot gebou in Samrand langs die snelweg. Neem die Samrand afrit en draai rigting Wes, jy sal 'n Shell vulstasie op LH sien direk waarna jy links draai. Entjie verder (eerste pad wat links uitdraai) draai jy weer links, die pad loop so 'n soort van draai na regs, entjie verder sal jy die plek se ingang sien op LH  (groot hek met 'n sekerheidswag. Oppas net op 'n vrydag middag wanneer die plek toe is tot 2 uur vir gebede (die eienaars is Pakistanis as ek reg onthou). Dink die ene waarna Leon verwys is 'n tak van die ene in Samrand (kyk ook na www.communica.co.za vir Google map)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Apr 2019 @ 15:42:18 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13412
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Geert, yip Communica se plek is daai groot gebou in Samrand langs die snelweg. Neem die Samrand afrit en draai rigting Wes, jy sal 'n Shell vulstasie op LH sien direk waarna jy links draai. Entjie verder (eerste pad wat links uitdraai) draai jy weer links, die pad loop so 'n soort van draai na regs, entjie verder sal jy die plek se ingang sien op LH  (groot hek met 'n sekerheidswag. Oppas net op 'n vrydag middag wanneer die plek toe is tot 2 uur vir gebede (die eienaars is Pakistanis as ek reg onthou). Dink die ene waarna Leon verwys is 'n tak van die ene in Samrand (kyk ook na www.communica.co.za vir Google map)

Dankie Jorg. Ek het gedink dat daai groot gebou miskien net n warehouse was waarvan hulle groothandel versprei. Ek dink dis beter om maar soontoe te ry....ek is nie n voorstaander vir Pta middestad nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Apr 2019 @ 18:24:21 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4161
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Geert op die Kill-a-Watt word die lesing volgens my ook behou en jy kan hom reset na nul toe. So dit bly die krag verbruik som oor tyd. Ek het nog nie met jou voorbeeld gewerk nie maar dis hoe ek sou dink dit werk. Trouens nie een v d huidige krag meters wat ek van weet gaan terug na nul toe net omdat die krag af is nie.

Geert onthou net by die Samrand Communica om 'n nommer te kry op die PC skerms links net voor jy instap by die kassiere. Vra vir sekuriteit om te help. Doen jy dit nie kan jy lank staan en kom jy dan eers agter nommers word geroep en dan kry jy eers jou nommer en wag en wag tot hul jou nommer roep. Dit kan tot 'n uur en 'n half neem as die plek besig is veral op 'n vrydag.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Apr 2019 @ 18:40:09 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13412
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Geert op die Kill-a-Watt word die lesing volgens my ook behou en jy kan hom reset na nul toe. So dit bly die krag verbruik som oor tyd. Ek het nog nie met jou voorbeeld gewerk nie maar dis hoe ek sou dink dit werk. Trouens nie een v d huidige krag meters wat ek van weet gaan terug na nul toe net omdat die krag af is nie.

Geert onthou net by die Samrand Communica om 'n nommer te kry op die PC skerms links net voor jy instap by die kassiere. Vra vir sekuriteit om te help. Doen jy dit nie kan jy lank staan en kom jy dan eers agter nommers word geroep en dan kry jy eers jou nommer en wag en wag tot hul jou nommer roep. Dit kan tot 'n uur en 'n half neem as die plek besig is veral op 'n vrydag.

Dankie Danie. Het jy n beskrywing of item nommer wat ek op hul {Communica} website kan kyk....kry dit nie via hulle search nie. 

Die "Kill-a-watt" is uit voorraad by Geewiz. Ek het paar ander plekke ook probeer soos Voltex, Lategan van Biljoens, maar hulle hou dit nie aan nie. Eintlik verbasend hoe skaars dit is....ek dog dis volop oral beskikbaar.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Apr 2019 @ 18:56:40 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4161
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Geert jy kan ook botshop.co.za probeer vir gadgets.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2019 @ 17:06:39 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13412
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek het vandag my elektrisiteits meter gekry....gaan met my volgende kamp meet hoeveel krag ek verbruik

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2019 @ 17:11:24 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13706
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek moet ook een loop soek voor die einde van die maand se kamp.

Het 'n paar dae by Eiland om te meet.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2019 @ 17:47:59 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13412
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Dit werk baie lekker. Jy sit die tarief in wat munisipaliteit jou vra per eenheid en meter wys die bedrag wat jy gebruik het

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2019 @ 17:51:40 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13412
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Dit werk baie lekker. Jy sit die tarief in wat munisipaliteit jou vra per eenheid en meter wys die bedrag wat jy gebruik het

Ons het vanmiddag die sandwich maker gebruik. Die totale tyd wat hy aan was, was 16minute en die kostes is 44c

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2019 @ 17:51:42 pm

13 Apr 2019 @ 17:52:06 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13706
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek nie juis gepla oor die geld gedeelte nie. Wil net weet hoeveel watts of so iets ek pers dag bv gebruik.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2019 @ 18:02:29 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13412
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ons het vanmiddag die sandwich maker gebruik. Die totale tyd wat hy aan was, was 16minute en die kostes is 44c

Die foto hierbo het ek hom gestel om kostes te wys. Hy het heelwat verskillende funksies. Op hierdie foto het ek sandwich maker vir 26sekondes aangesit en in daai tydperk 0.006kw gebruik

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2019 @ 18:37:18 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4161
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Geert kan jy dalk kyk hoeveel Watt is jou apparaat want dit werk uit dat dit 830-969W moet wees  op grond van jou lesing as die werklike gebruik dalk 6.9W was en dit net 6W wys.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2019 @ 18:44:01 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13412
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Geert kan jy dalk kyk hoeveel Watt is jou apparaat want dit werk uit dat dit 830-969W moet wees  op grond van jou lesing as die werklike gebruik dalk 6.9W was en dit net 6W wys.

830w ...mooi uitgewerk Danie! Maar dit is n baie kort tydperk...so elke sekonde maak groot verskil....jy sal seker baie meer akkuraat kan uitwerk op langer tye.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2019 @ 18:52:18 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13412
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Danie...kyk of jy die ander een kan uitwerk. Hy was 16minute aan. Gestel op R2.20 per eenheid en het 44c gebruik

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2019 @ 19:12:06 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13706
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Terug by die meters wat dalk in die oorde gebruik word.

As iemand weer op dit af kom neem foto van die meter en verduidelik hoe dit oord dit gebruik.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2019 @ 19:31:47 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4161
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Geert bereken dit soos volg: 60/16=3.75 keer langer sou 'n uur wees. Dus vir 1 uur sou dit 44cx3.75=165c. Hoeveelheid krag is 165c/220c=0.75kWh=750W.

Geert jy kan bv die volgende toets doen. Met water omtrent 20 grade soos nou kook 'n halwe liter water in die ketel. Ongeag hoe sterk die ketel is behoort dit omtrent 10.5c se krag te wees mits die ketel nie lank staan voor dit self afsit nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Apr 2019 @ 16:08:05 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13412
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Terug by die meters wat dalk in die oorde gebruik word.

As iemand weer op dit af kom neem foto van die meter en verduidelik hoe dit oord dit gebruik.

Ek  is self nuuskierig Leon....ook hoe dit ge=administreer word...hoe kliente daarvoor betaal

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Apr 2019 @ 23:33:03 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1472
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Dit klink vir my of die onderwerp waaroor ons al twee jaar lank praat, spekuleer en wonder nou tot uitvoering begin kom.

Prof Neels sou nou gesê het dat ons hier met 'n situasie te doen het waar markkragte van meet af aan 'n modererende rol sal moet speel.

Daar gaan duidelik nou 'n periode van onsekerheid heers oor metingmetodes en die standardisering daarvan oor tyd asook dieselfde proses  van prys en heffingmetodiek.

En dan die admin.

Is daar nie 'n karavaankamp eienaarsvereniging wat die proses kan optel en modererende standardisasie ooreenkom en implementeer sodat daar meer sekerheid by die kliënte gemeenskap (dis nou ons kampers) kan wees sodat die een nie die ander uitbuit en ons die industrie gesond kan hou nie?

Ons is meesal pensioenarisse wie nie verborge skatte het nie (ek altans) en as kamp te duur raak of as ek voel ek word uitgebuit sal ek net doodeenvoudig minder moet kamp totdat ek nie meer kan nie!

Dan is ek en moontlik my kampverskaffer uit die prentjie uit.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2019 @ 08:20:25 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13706
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Wel om dit maklik uit te klaar en help my reg as ek verkeerd is.  Daar is 'n Eskom tarief en dan 'n munisipale tarief.  Eskom se tarief sal geld as jy bv die oord op 'n plaas het en Eskom verskaf aan jou die krag en dan as die oord krag van die munisipaliteit af kry.

Dan is daar 'n wet/reeling/regulasie watse jy mag nie geld maak uit die verskaffing van elektriesetyd nie. Is dit so.  Indien wel sal dit maklik werk om 'n oord te bestuur met meters.

Nie nodig vir prepaid of iets nie maar wel 'n deposito sal werk.  Sodra jy op die staanplek trek word die metertjie op die staanplek se lesing geneem en weer as jy na jou kamp vertrek. Vermenigvuldig die verbruik met die tarief en trek dit van die deposito af.  Gee res vir die kampeerder terug.

Dit beteken so effe meer admin reelings en ekstra kuiertjie by die kantoor maar dit kan bestuur word.

Die grote van die deposito word bepaal deur 'n gemiddelde verbruik per dag en dan jou aantal besprekings dae.

Krag wat in die ablusies is word soos nou verhaal deur die kamptariewe.

Ek dink dit kan werk.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2019 @ 09:19:47 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4161
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Leon sover ek weet mag mens nie krag herverkoop en teen JOU prys behalwe waar die wette voorsiening maak daarvoor soos 'n stadsraad. Die huidige vlaag van prepaid firmas mag wel hul admin fooi hef waar hulle jou 'n deel terugbetaal van wat 'n huurder bv gekoop het op prepaid en jy betaal jou meterpunt se rekening aan die stadsraad. Hierdie prepaid meters mag dan nie gebruik word vir die meet van krag tussen die verbruiker en 'n stadsraad nie. Die stadsraad se meters is baie duurder en voldoen sekerlik aan akkuraatheidsstandaarde. Solarstelsels wat kan terugvoer in die netwerk skep juis probleme vir mense aangesien v d meters sal afsit sodra daar krag IN die netwerk ingaan ipv verbruik word.

Ek het verneem jy mag bv nie op 'n plot waar daar plek is krag met sonpanele/generator opwek en dit dan verkoop nie. Dit bly 'n moeilike een. Gestel ek het 'n kragfopwekker en tydens loadshed loop dit en jy is my buurman en jy wil graag van my krag koop kan ek dit mos nie verniet aan jou verskaf nie. Daar is baie sulke gevalle van samewerking tussen veral die industrie waar iemand wel kapasiteit beskikbaar het van hul generator af tydens loadshed. Ek wonder nogal hoe maak winkelsentrums waar hulle 'n groot kragopwekker het en baie winkels deel aan hierdie krag.

Leon jou siening van elke staanplek meet is dan juis toe ons op 'n vorige draad die ding bespreek het wat my voorstel met foto was om 'n R250 kragmeter in te sit wat gelees kan word as jy opdaag en as jy vertrek.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2019 @ 09:28:54 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13706
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ja mens moet net agter die kap van die byl kom. Dan kan die oorde maar hulle metertjies in sit.  As die moet en moenie van krag lewering en die tariewe aan almal bekend is kan dit mos werkbaar wees.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2019 @ 10:42:52 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4161
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Ek wonder net hoe gaan die oorde bv die volgende geval hanteer. Hul laat Eskom hul van 'n nuwe kragpunt voorsien vir 'n nuwe kamp. Die lompsom is bv R100 000 en 'n R8 000 p.m. vir die uitgawes aangegaan vir die voorreg om krag te mag he. Nou is daar nog nie 'n enkel Watt gebruik nie. Dit sal dan nog bykom gegrond op werklike gebruik wat teen 'n lae tarief kan wees aangesien Eskom se krag dink ek teen minder as bv Tshwane se krag van R2 per eenheid is.

Sou so oord sy werklike koste wil verhaal teen watter tarief gaan dit plaasving?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2019 @ 11:22:39 am
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1683
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Eskom gaan die gebruikers kaal uittrek. Ons gebruik reeds net een lig in die huis in die aand en verder die TV en stoof as dit nodig is. Ek gaan dit sterk oorweeg om met die tyd sonkrag  in te sit om ten minste die ligte in die huis met 12v te vervang.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2019 @ 11:26:37 am
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1472
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Danie

Dis hoekom ek reken daar moet industrie riglyne wees waarvolgens die krag metery en heffings standardiseer word.

'N ou en nuwe kamp val in by die riglyne. 

Verbruikers weet en die verskaffer weet, so niemand kan niemand uitbuit nie en die industrie kan/gaan homself nie skade aandoen deur selfverryking nie. Sulke verskaffers sal in elk geval gou vermy word.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2019 @ 12:24:24 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13706
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dit is ook so dat mense sal praat en 'n oord wat dalk die elektriese rekening laai sal gou bekend word en dan sal mense die oord begin vermy.

Ek stem vir die standardisering.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2019 @ 13:33:09 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4161
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Danie

Dis hoekom ek reken daar moet industrie riglyne wees waarvolgens die krag metery en heffings standardiseer word.

'N ou en nuwe kamp val in by die riglyne. 

Verbruikers weet en die verskaffer weet, so niemand kan niemand uitbuit nie en die industrie kan/gaan homself nie skade aandoen deur selfverryking nie. Sulke verskaffers sal in elk geval gou vermy word.

Pottie ek was onder die indruk dat selfs metros sou dieselfde vra vir krag en nou vind ons dat ons bv vanaf die 1e eenheid betaal en dan in Boksburg kry mense die 1e 100 eenhede gratis. Dan bokant 700 betaal Boksburg bv oor die R5 per eenheid en ons bitter min meer as R2.

Dit was bekend dat ons die duurste krag in die land gehad het soos krag ander dienste gesubsidieer het. Op my maandelikste verbruik sou ek bv R600p.m. minder betaal in die Boksburg metro. Dus betaal ons meer as dubbel.

Ek glo nie mens gaan dit regtig kan standariseer veral waar kampe by Eskom krag kry en die uitbreidingsfooi so hoog is. As ek reg onthou het Pieter genoem van 'n boer wat R260000 sou moes betaal plus maandelikse uitbreidingsfooi om krag te kan kry.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2019 @ 13:51:47 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13412
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Waar kan mens sien hoeveel betaal mens per eenheid? Ek is op gewoon waar mens rekening einde van maand kry. Ek het vroeër rekening deur pos gekry en dan was daar n uiteensetting by gewees wat sê hoeveel eenhede mens gebruik het teen watter tarief. Deesdae moet jy op e-tshwane gaan om te kyk wat jy skuld....maar daar is net n globale bedrag....nêrens uiteensetting van eenhede gebruik nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2019 @ 14:04:53 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1472
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Waar kan mens sien hoeveel betaal mens per eenheid? Ek is op gewoon waar mens rekening einde van maand kry. Ek het vroeër rekening deur pos gekry en dan was daar n uiteensetting by gewees wat sê hoeveel eenhede mens gebruik het teen watter tarief. Deesdae moet jy op e-tshwane gaan om te kyk wat jy skuld....maar daar is net n globale bedrag....nêrens uiteensetting van eenhede gebruik nie

Geert

Trek Malelane toe. Ek kry elke maand 'n elektroniese rekening met al die detail op. Ook die heffings vir water en elektrisiteit vir die ander.

Hulle wys selfs my 'afslag'  vir basiese krag en water allokasie.

Nou voel ek weer goed oor Malelane.

Terloops, nou net in van buite. Heerlike 35,5°C vir 'n middel April middag, sonder wind.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2019 @ 14:14:03 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4161
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Geert die normale rekening per pos is presies soos die aan lyn rekening. Dis net na posbusse wat geen rekening afgelewer word nie maar wel na straatadres. Tshwane het weggedoen met die uiteensetting maar in 2013 was daar wel 'n bedrag vir bv R245 en dan die volgende groter bedrag vir die res. Daar was ook 'n tyd dat die 1e 100 eenhede as 'n krediet gegee is soos wat Ekurhuleni nou nog doen. Hulle het ook 'n keuse om nie die 100 eenhede krediet te kry dan word die per eenheid prys aangepas.

Elke Metro publiseer in die staatskoerant die pryse vir elke tipe verbruiker. Ekurhuleni se publikasie is egter maklik leesbaar maar Tshwane s'n is nag om te verstaan. Hulle dui wel op grond v d verbruik die koste per eenheid maar as dit nie gespesifiseer word op jou rekening kan jy dit nie opvolg nie. Al hoe mens sal weet is as jy by hulle gaan uitvind.

Die probleem is met die skatting wat hulle doen daar gooi hulle jou in hul geskatte hoeveelheid eenhede en as jy minder gebruik het glo ek dit word nie herlei na die laer tarief wat jy moet betaal nie. Laas maand was my skatting bv meer as dubbel wat ek gebruik het en ek het my lesing ingestuur en hulle het bewys gestuur dat dit wel ontvang is. Hulle het egter binne 2 weke die eenhede korrek uitgewerk met 'n nuwe rekening maar soos genoem nie teen die laer eenheidsprys weens laer verbruik.

Met tye skat hulle net wat hulle wil. Soos hierdie aandui vir Aug 2012. Skielik word krag ook as kl gelees.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2019 @ 14:14:09 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1683
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Geert

Trek Malelane toe. Ek kry elke maand 'n elektroniese rekening met al die detail op. Ook die heffings vir water en elektrisiteit vir die ander.

Hulle wys selfs my 'afslag'  vir basiese krag en water allokasie.

Nou voel ek weer goed oor Malelane.

Terloops, nou net in van buite. Heerlike 35,5°C vir 'n middel April middag, sonder wind.

Pottie.................kom na ons toe hier in Ballito. Dit is vrek koud en ek loop met 'n trui. Groetnis

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2019 @ 14:28:17 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4161
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Wel met Tshwane se aan lyn stelsel kan jy besluit om direk te betaal wat die bedrag is of jy kan die rekening aflaai of kyk en alle detail sien behalwe 'n uiteensetting v d prys vir watter deel.

Daar is bv selfs vir water glyskale waar die eerste XX kl teen een prys is en dan die volgende yy kl teen 'n ander prys.

Wat wel 'n probleem is dat mens met tye nie die bl 2 en 4 op die aan lyn rekening kry nie en dis juis hierdie blaaie wat die grafieke van maandelikse verbruik aandui. Ek het dus nie regtig 'n probleem met Tshwane behalwe dat ek dink hul by tye ekstra bysit om inkomste te genereer en dit later regstel.

So lyk my Maart elektroniese rekening met net die datum en bedrag verwyder. Kry mos geen pos hier by ons by posbusse nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2019 @ 14:51:17 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13412
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Wel met Tshwane se aan lyn stelsel kan jy besluit om direk te betaal wat die bedrag is of jy kan die rekening aflaai of kyk en alle detail sien behalwe 'n uiteensetting v d prys vir watter deel.

Daar is bv selfs vir water glyskale waar die eerste XX kl teen een prys is en dan die volgende yy kl teen 'n ander prys.

Wat wel 'n probleem is dat mens met tye nie die bl 2 en 4 op die aan lyn rekening kry nie en dis juis hierdie blaaie wat die grafieke van maandelikse verbruik aandui. Ek het dus nie regtig 'n probleem met Tshwane behalwe dat ek dink hul by tye ekstra bysit om inkomste te genereer en dit later regstel.

So lyk my Maart elektroniese rekening met net die datum en bedrag verwyder. Kry mos geen pos hier by ons by posbusse nie.

Ek weet nie hoe hulle skat nie. Jou vorige verbruik was omtrent 400....nou skat hulle sommer 1100...jy het nog nooit eers soveel gebruik nie. 

Ek sou buitendien sê as jou vorige rekening 400 was, moes hulle Maart geskat het op niks meer as 300 nie....het mos meeste van die tyd load shedding gehad.......?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2019 @ 15:51:11 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4161
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Geert ek neem aan hulle skat op bv 'n sekere blok of paar blokke. Ek glo nie hul sal kyk na elke persoon se verbruik nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2019 @ 16:07:53 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13412
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Wat ek wel gesien het hulle doen is hulle skat bv jou water bir 3maande agtermekaar. Op maand 4 kom neem hulle die lesing. Hulle refund jou vir al daai 3maande se geskatte waardes en invoice jou vir regte gebruik vir die afgelope 4 maande. Die probleem is dat daai gebruik so hoog is dat jy in n ander hoër prysklas kategorie prys betaal. Waar jy miskien maandeliks R2 per kw vir 400eenhede betaal, betaal jy nou miskien R2.30 per kw op 1600eenhede....jy val nou in n hoër gebruiks kategorie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2019 @ 16:54:01 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4161
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Geert ja ons lesings is deur die jare elke maand geneem maar met die saamgooi onder Tshwane het hulle eers in 2017 begin skat en met tye tot 6 maande geskat en dan val mens in die duurste kategorie. Die skattings in 2018 was nie veel meer as wat ek gebruik maar deesdae skat hulle enigiets.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2019 @ 16:57:34 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13412
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Dis hoekom die mense kla hoekom hulle meer vir krag betaal as hulle meer as n sekere bedrag koop....hulle val dan in n hoër verbruikers kategorie

As jy miskien R500 koop beteken dit bv 250 eenhede teen R 2 Elk

As jy R 1000 koop beplan jy om automaties meer krag te gebruik so jy betaal duuder per eenheid....jy gaan by voorbeeld 445 eenhede kry teen R2.25 elk

Selfde met water.....hoe meer jy gebruik....hoe duurder betaal jy per Kl

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2019 @ 21:46:57 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1472
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Al die gemors en gekibbel en gealles beteken daar is net een oplossing: los als, sluit toe, haak jou wa en gaan kamp!

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2019 @ 21:59:33 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13412
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Al die gemors en gekibbel en gealles beteken daar is net een oplossing: los als, sluit toe, haak jou wa en gaan kamp!

Dis die regte medisyne!

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2019 @ 11:02:36 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13706
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Al die gemors en gekibbel en gealles beteken daar is net een oplossing: los als, sluit toe, haak jou wa en gaan kamp!

Ek stem hartlik saam met daai woorde. 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0