English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 135
Total Replies: 215 693
Total Views: 81 762 382
topics: 10 295
replies: 116 924
views: 38 625 142
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Paving staanplekke

replies: 23
views: 447
20 Feb 2019 @ 18:46:03 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 11054
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek sien dat daar al hoe meer oorde begin paving staanplekke installeer. Lyk of daar heelwat mense is wat glad nie daarvan hou nie....wat is julle algemene gevoel?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2019 @ 19:28:03 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2789
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Hou glad nie daarvan nie,

Kan net sowel by die huis kamp waar my wa staan.

Kamp is om te deel in die natuur. Plaveisel is nie deel van die natuur nie.

Dievolgende stap is seker om bome af te kap en te vervang met skadunet

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
20 Feb 2019 @ 20:41:30 pm
Dries
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 29
Joined: 20 Sep 2017
Experience: 36 years

Eastco Magalies & Vaalrivier; Weltevrede park, vaalrivier; ATKV Buffelspoort, almal met plaveisel en skadunet afdakke. Hou die mense daarvan. Beslis. Want hul is elke naweek vol bespreek.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2019 @ 21:48:44 pm
Paddyandpaul
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 69
Joined: 23 Oct 2017
Experience: 56 years

Cant stand it. Want grass underfoot.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
20 Feb 2019 @ 22:31:54 pm
Bak oor
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 687
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Hi Geërt. Dit maak die staanplek maklik om te onderhou en skoon te hou. My tent seile bly meer skoon en as dit reen is dit nie so n modder gemors. Minder wear en tare op die steadies, minder miskiete en insekte. Dis lekker om die gras onder jou voete te he maar my wa se lang termyn kondisie is van meer belang. Ek verkies plaveisel beslis en n afdak bo my karavaan vir moontlike hael storms bo alles.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2019 @ 23:35:53 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4623
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ek hou ook nie baie van plaveisel nie. MAAR as daar mooi groen gras OM die plaveisel is en nie net grond en stof nie kan dit ook werk...

Verkies die mooi groen gras bo enigiets....


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Feb 2019 @ 06:04:50 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 11351
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Kamp op enige oppervlak maar verkies die gras.

Wanneer die oorde so gewild raak kos dit baie onderhoud om die gras op die staanplekke mooi te hou. Plekke soos Bosfontein, as ek reg onthou, het op 'n stadium 'n gras deposito gevra en as die gras nie beskadig was met vure en dies meer na jou kamp nie het jy dit terug gekry. Rein idee maar die normale "Traffic" oor die gras vat maar sy tol. Dus die enigste ander uitgangs punt is plaveisel. Dit is 'n hoë inset koste maar die onderhoud daarna is baie goedkoper.  Hoof rede vir dit is maar dat mense nie in die stof en modder staan as dit droog is of selfs baie reen nie.

Nou dit wat ek genoem het is eintlik algemene kennis. Mens moet maar vir jouself uitmaak as die gras 'n erge knou gekry het weens die baie voete in die oord wat gaan jy verkies as jy daar staan plaveisel of modder as dit reen.

Ek kamp op einige een.  Laaste keer by Modimole Holiday Resort (Ou Temple Oord) was dit baie droog en meeste staanplekke was eintlik maar 'n stof bad weens geen gras nie.  Hulle het ook begin om van die staanplekke te plavei en hier weens die droogte.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Feb 2019 @ 07:07:11 am
steamer
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1134
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 45 years

It seems that he response is 50/50.

It is nice to have the caravan itself on a level paved block and grass all around for us.

Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Feb 2019 @ 07:49:38 am
Louw
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 54
Joined: 25 Apr 2017
Experience: 27 years

Ek dink gras staan plekke is baie lekker indien daar mooi grasperk is en terwyl dit droog is. Die plaveisel by plekke waar ons al gekamp het is was höer as die gras oppervlakte en dus nie onder water tydens harde reën buie nie. Ek glo oorde sukkel om populêre staan plekke se gras mooi te hou. Gras,plaveisel,grond of sement kamp bly LEKKER 

GROOT IS ONS GOD!!!!
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Feb 2019 @ 07:58:17 am
Hennie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 622
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

Ek verkies ook mooi grasstaanplekke, soos bv Bosveld Oase. Die rede hoekom Bosveld Oase se gras so mooi is omrede hulle slegs naweke oop is vir kampering.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Feb 2019 @ 08:19:30 am
Heindrich
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1279
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Nee.....gee maar vir my plaveisel of harde grond soos wildtuin. Gras onplesierig as dit reën. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Feb 2019 @ 08:26:01 am
DK
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1342
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 17 years

Verkies ook paving. Dit bly netjies en help ook baie veral wanneer dit reen en die water besluit om sy weg deur jou tent te kry.

Indien geen paving, maak dit ook nie saak nie, net solank jy kan wegkom van jou normale roetine met lekker kamp en rus.

No More............?
No More............?
No More............?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Feb 2019 @ 09:03:05 am
Fred
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1850
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Plaveisel het beslis voordele maar ek verkies om eerder op harde grond te staan as daar nie gras is nie. Geplaveide kampplekke lyk baie netjies as jy daar aankom, maar die probleem om penne tussen die plaveistene in te kry, frustreer my.  Ek weet daar is oplossings daarvoor, maar dit maak net die opslaan van die kamp moeiliker.  Kaal grond pla my nie- daarvoor het ek 'n grondseil en ons stof die onderkante van die seil af voor ons verpak.  Ons doen dit ook op plaveisel, so dis om't ewe wat di betref. 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Feb 2019 @ 09:24:37 am
Skolopad
Gold Member
70% Profile Strength
Posts: 174
Joined: 28 Feb 2018

Agree with Fred above, more a tent camper than a caravan camper, and what to do with the guide ropes (note guide, not guy ropes), thus need a big rock for ankerages, what a slep

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Feb 2019 @ 11:32:39 am
Hentie06
Silver Member
96% Profile Strength
Posts: 54
Joined: 18 Jun 2018
Experience: 12 years

Het nog nie op paving gekamp nie maar glo dit kan werk indien dit gelyk met gras rondom is.

By Mbizi gekamp en daar het hulle blokke gebou met een ry steen en dan gruis/klippe in die blok. Meenigmaal gestruikel oor daai steen rand. Ons kamp weer daar vir die lang naweek en 1ste keer met wa. Die keer stop ek maar die wa in daai blok met grondseil op plat oppervlakte

Hak laat ons ry!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Feb 2019 @ 12:54:54 pm
Dansan
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 209
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Ons het nog nooit in n kamp gestan waar daar plaveiding is nie, maar het dit al by Rustenburg ATKV en by Klein kariba gesien. Dit lyk nogal lekker, maar sê my, julle ouens, waar slaan jy jou tentpenne vas? En wat maak jy as die plaveiding nie gelyk is met die deel waar die karavaan staan nie?  En, laaste vraag, ek is baie streng met Oos-Wes-Suid-Noord oriëntasie wanneer ek kamp opslaan. Hoe nou gemaak as die plaveiding n vaste item is? 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Feb 2019 @ 13:18:15 pm
Heindrich
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1279
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Jy kry darem normaalweg n gaatjie so in die omgewing waar jy jou pen sou wou inslaan. Ek het al manne gesien wat gate boor vir hul penne maar ek doen dit nie graag nie. Normaalweg is die plaveisel redelik gelyk. Ons sal somtyd een of selfs twee wiele langs plaveisel staanmaak om groter tentoppervlak op plaveisel te kry, maar dan maak ons maar plan om die wa waterpas te kry. 

Die oriëntasie kan waarskynlik probleem skep, maar n mens moet maar daarby aanpas. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Feb 2019 @ 17:14:18 pm
Proffie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 932
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

 Ek hou geensins daarvan om 'n grondseil op te vou en skoon te maak vir wegbêre nie.

So, plaveisel, dan staan ek so dat die tent oor die plaveisel opgeslaan kan word. Nog nooit te veel gesukkel om penne in te slaan nie. Slaan net in by die gaatjie waar stene se hoeke bymekaarkom.

Selfde met gras. Dan gooi ek nie grondseil uit nie.

As nie anders kan nie, dan sal ek op grond kamp, soos by Eiland. Dan is grondseil maar uit met stofbestuur deel van die setup.

Gewilde oorde sukkel om gras te onderhou. Ons kamp dit dood.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Feb 2019 @ 17:45:02 pm
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1840
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Gras as dit mooi groen is en nie binne twee dae droog en stowwerig is nie, maar dit kry jy nie baie nie.

Plaveisel werk vir my beter met my awning en alles is mooi waterpas.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Feb 2019 @ 21:32:19 pm
Kamp is Koning
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 126
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 21 years

Ek kamp maar op enige staanplek as dit op grond is verkies ek gruis grond dit het minder modder as dit reen en die water syfer vinniger weg en het minder stof as dit droog is. Mooi gras is ook reg dit moet net sonder dorings wees. Plaveisel is ook reg dan parkeer ek gewoonlik die wa langs die plaveisel en die tent bo op en so spaar ek my grondseil. Ek onthou maar altyd die boor vir ingeval ek sukkel dan boor ek n gaatjie tussen die stene en ek kap dan die pen daarin. Maak nie eintlik saak van die opervlak en of dit onder n boom of n skadunet is nie, kamp gaan ons kamp.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Feb 2019 @ 06:00:49 am
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 11054
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Het nog nie op paving gekamp nie maar glo dit kan werk indien dit gelyk met gras rondom is.

By Mbizi gekamp en daar het hulle blokke gebou met een ry steen en dan gruis/klippe in die blok. Meenigmaal gestruikel oor daai steen rand. Ons kamp weer daar vir die lang naweek en 1ste keer met wa. Die keer stop ek maar die wa in daai blok met grondseil op plat oppervlakte

Daai klippies is vir my aaklig. Die idee is seker maar om jou wa buite die blok te parkeer, want sommige blokke is so hoog.....jy kan byna nie met n padkaravaan of gewone kar daar oorkom nie. Hierdie is seker die goedkoop uitweg as jy nie vir plaveisel wil betaal nie?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Feb 2019 @ 21:05:48 pm
RichardJ
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 112
Joined: 02 Sep 2015
Experience: 51 years

Agree with Fred above, more a tent camper than a caravan camper, and what to do with the guide ropes (note guide, not guy ropes), thus need a big rock for ankerages, what a slep

 

Interesting, what do I call them and why...?? Guy ropes...what does prof google say?

2 links suggesting guy

https://grammarist.com/usage/guyline-vs-guideline/

tent+guy+ropes+or+guide+ropes

 

 

Dreaming of retiring
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Feb 2019 @ 22:18:01 pm
Douglas Green
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 445
Joined: 06 Sep 2010
Experience: 10 years

Have always known them as guy-ropes.

 

Been there--done it. ( Talking about the bathroom )
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Feb 2019 @ 10:28:49 am
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 11054
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

My keuse is maar soveel moontlik gras.....so baie dat jy nie nodig het om grondseil te gebruik nie is tops. 2de keuse is ordentlike paving....maar dan moet paving level wees {Het al op een gestaan wat baie ongelyk was - nie plesierig nie} Ek hou nie baie van grond staanplekke nie, behalwe by wildtuin en Pilansberg waar dit maar n standaard is en deel voel van omgewing

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
View First