English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 492
Total Replies: 218 527
Total Views: 81 874 039
topics: 10 488
replies: 118 945
views: 38 639 156
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Miste waarde vir geld aankope

replies: 13
views: 245
20 Feb 2019 @ 15:59:34 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1550
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Ek het te lekker gelag oor al die wat ons manne (of dan nou kampers) aangekoop het wat vir ons soveel plesier verskaf. 

Kom ons kyk na die ander kant van die muntstuk. Jammer manne, maar ek dink part van ons gaan nou met rooi gesigte sit. Hou tog naar die inhoud weg van ma af anders gaan sy nou met re kan aanspraak maak op daardie nuwe rok. 

Gee dan nou vir ons n kort relaas rakende jou “trotse” kopie waarvoor jy duidelik jou geld gemors het. Ek dink onwillekeurig aan twee strandstoele wat ek ten duurste gekoop het waarop ek nie n minuut kon sit nie, so ongenaklik was dit. 

Wat is jou swakste kopie?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2019 @ 16:19:48 pm
DK
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1565
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 17 years

Myne is 'n hartseer verhaalfrown.

Destyds het 'n ou my 'n kwotasie van R 2500-00 gegee om kantseile aan my rally te werk.

Teleurstellend toe ek by die huis kom en kyk hoe die kontrapsie lyk, lyk dit toe nie na R 2500-00 se waarde nie.

Die seile was gemaak volgens die ou Sprite Swift's van die vroeg 80's met die plat neus en nie vir die later modelle nie.

Die hele gemors het krom en skeef gestaan. Ek was toe genoodsaak om die gemors af te sny en die plastiek gedeeltes wat veronderstel was om vensters te wees, het ek uitgesny en vir my vrou gegee om oor die tafel doeke te gooi sodat dit nie kan vuil word of maklik weg waai nie.

Die res van die seile wat oorgebly het, het in die asblik beland.

No More............?
No More............?
No More............?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2019 @ 16:22:28 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 12035
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek het self al n fortuin bestee aan strand stoele. Elke see vakansie koop ons maar weer n ander soort, maar niks hou op die strand nie.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2019 @ 17:01:10 pm
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1918
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Al 'n paar goed gekoop en nooit gebruik nie maar die ergste was 'n rooftop tent wat ek al die pad Margate toe voor gery het. 

Met die oogopslag het die tent goed gelyk maar toe ek dit by die huis opslaan hardloop honderde klein kokkerotjies uit. Was so vies dat ek die tent net so weggegee het. 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2019 @ 17:36:21 pm
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1193
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

'n Trekstang agter aan my Penta teen die aanbeveling van die handelaar in.

Dit het my baie hoofbrekens besorre van swaai en nogmaals swaai. Toe ek dit afhaal (38kg) was die swaaiery op die wa weg.

Wou toe op hierdie forum verkoop. Toe ek gaan opmeet, is die sleephaak gedeelte skeef aan die res vasgesweis. Ek het dit van die forum onttrek.

Ek het dit by die handelaar afgelaai en gesê ek soek my geld terug. Hulle het my net skeef aangekyk en gesê dit kan deur die vervaardiger reggemaak word, maar my geld sal ek nie terugkry nie.

Ek het my soooo vererg, dadelik my g@t gewip en weggestap. Die sleepstang net so op die werkwinkel vloer gelos. R5,500 weg!

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2019 @ 19:31:54 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2852
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Tru kamera. Werk net eenvoudig nie vir my nie!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2019 @ 20:50:11 pm
Dries
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 41
Joined: 20 Sep 2017
Experience: 36 years

Hierdie fensie braaistelle in 'n plastiese houer met mes, tang en vurk en braaiborsel.. Nou gaan ons mos lekker braai. Grootste gemors en ek het duur ene gekoop. Derde rooster wat jy skoonmaak met borsel, spat daardie koperdraadjies die wereld vol. Gewone aluminium braaitange baie beter.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2019 @ 22:48:22 pm
Bak oor
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1087
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Stem saam met Geërt. Stoele is n hengse probleem, vrek duur en dit hou nie.

Rom 8 - 1&2
Daar is nou geen ververoordeling vir die wat in Christus jesus is
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Feb 2019 @ 05:33:06 am
Mariuslg
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 42
Joined: 22 Apr 2017
Experience: 29 years

Jare gelede koop ek ‘n Jurgens Fleetline 5 wat in ‘n puik toestand was met hooftent wat nog nooit gebruik is in die 10 jaar wat die vorige eienaar dit gehad het nie. Baie in my skik met my kopie begin ek met meer detail na alles kyk net om tot my groot ontnugtering te ontdek dat daar houtvrot in die dak is. Dit kos my die opligdak afhaal en die dakplate afhaal en 3 van die 4 hoeke se vrot hout vervang. Het my 3 maande se werk gekos maar toe het ek ‘n nuwe wa!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Feb 2019 @ 06:06:45 am
Hennie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 664
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

Tru kamera. Werk net eenvoudig nie vir my nie!

Baie interessante stelling.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Feb 2019 @ 06:15:13 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 12290
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

1x Dubbel bed en 2x enkelbed spinnekop strechers met opblaas matrasse.  Gedink dis mos van die grond af sal nie gaatjie in kry nie.

Dit bly maar 'n geld mors senario.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Feb 2019 @ 09:16:55 am
Skolopad
Gold Member
70% Profile Strength
Posts: 239
Joined: 28 Feb 2018

Agreed blow up matresses, stil holes every where even thr thick heavy duty one's so now keepm one for when mother in law whants to come camping for us, big promisis every time that i shall fix them that they do nor deflate through the night, sorry mummy soooooooo sorry heehee, plus a cotage A-frame type tent that i purchase at a auction , wife took one look, and said not enough windows, R 1500 later, will now have to take it back to auction

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Feb 2019 @ 13:48:48 pm
Dansan
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 288
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Hennie, my tru-kamera op my kar is weer een van die grootste bargains in my lewe. Nooit weer staan ma agter en windmeul-swaai-arms terwyl ek vra dat sy net "links" of "regs" moet wys nie. Ek haak alleen en ek ry weg sonder dat die atmosfeer vir n uur-lank soos n stink wind in n klein spasie rondhang.  

Die ander bargain is die movers op my karavaan ----- pure pleasure.

 

My rooi-gesig oomblik? Parkeer by Rooiputz in die Kgalagadi volledig opgeslaan met drankie in die hand en vuurtjie wat reeds brand ........... net om te hoor ek staan op die verkeerde plek oorlat ek die bespreking-pampier sleg gelees het en ek moet skuif. Eish.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Feb 2019 @ 18:16:29 pm
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1918
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Hennie, my tru-kamera op my kar is weer een van die grootste bargains in my lewe. Nooit weer staan ma agter en windmeul-swaai-arms terwyl ek vra dat sy net "links" of "regs" moet wys nie. Ek haak alleen en ek ry weg sonder dat die atmosfeer vir n uur-lank soos n stink wind in n klein spasie rondhang.  

Die ander bargain is die movers op my karavaan ----- pure pleasure.

 

My rooi-gesig oomblik? Parkeer by Rooiputz in die Kgalagadi volledig opgeslaan met drankie in die hand en vuurtjie wat reeds brand ........... net om te hoor ek staan op die verkeerde plek oorlat ek die bespreking-pampier sleg gelees het en ek moet skuif. Eish.

Ai Danie nou lekker gelag oor die windmeul arms en atmosfeer.  Dit vir Elmarie gelees en die antwoord was " ja julle mans is almal dieselfde - sy dit net bietjie sterker uitgedruk" 

My tru kamera en movers baie dikbekke gespaar.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required