English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 626
Total Replies: 220 598
Total Views: 81 955 382
topics: 10 548
replies: 120 082
views: 38 676 388
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Skoonmaak van kussings en matras

replies: 9
views: 330
02 Feb 2019 @ 12:31:28 pm
Theuns
Silver Member
81% Profile Strength
Posts: 74
Joined: 18 Jul 2007
Experience: 23 years

Ek moet die kussings van 'n Sprite Swing skoonkry wat vuil kolle op het (vorige eienaar yell). Jurgens se handleiding sê dat mens dit nie moet was of laat droogskoonmaak nie, aangesien dit die kleur kan beinvloed. Hulle beveel droëskuim was aan. Kan iemand vir my help en lig op hierdie saak werp? Het iemand dit wel al gewas (bv in 'n wasmasjien) en wat was die gevolge? Dit sal natuurlik die maklikste wees as mens met droëskuim kan was, want dan hoef jy nie die slope van die spons af te haal en weer met moeite terug te sit nie. Baie dankie by voorbaat!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Feb 2019 @ 18:13:48 pm
DK
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1621
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 17 years

Ek dink die vorige eienaar was maar bietjie morsig en geen respek vir bates nie.

Ek sou voorstel agv veiligheid om skade te voorkom, haal die kussings uit en laat stoomwas (Valet) by die mense wat ken.

 

PERMANENTLY OFF-LINE DUE TO A LACK OF INTEREST.
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Feb 2019 @ 05:31:46 am
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1144
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 40 years

Theuns, was n klein gedeelte aan onder kant van kussing om kleur vastheid te toets met sunlight seep. Indien kleur nie meng of afgee nie was sloop van kus in lou water in bad met sunlight seep. Spoel deeglik en hang buite. Ek het vorige wa se kussing met mat en bekleedsel masjien gewas en gedroog. Het sunlight seep gebruik en alle vuil kolle was uitgehaal.

Het agterna, toe koffie daarop omgeval het dit in bad gewas. Geen probleem. Jy moet egter vir kleur vathed toets.

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Feb 2019 @ 05:48:22 am
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1144
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 40 years

Sien nou jy vra ook oor matras. Is dit kussings  se spons. Indien spons, suig hom met stofsuier en spoel ook in bad in enige skoonmaak seep oplossing druk water uit en plaas in son om droog te word. 

Indien jy n mat/bekleedsel skoonmaak masjien gebruik maak hy die spons skoon terwyl jy bekleedsel skoonmaak.

Die bedmatras het ek ook met die masjien skoongemaak met chemikalie wat hul verskaf. Ek het net Pine Gel bygevoeg om hom te ontsmet.

Hoop dit beantwoord jou vraag. Hopelik is hier iemand met beter en makliker raad.

AMAZING
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Feb 2019 @ 17:25:50 pm
Theuns
Silver Member
81% Profile Strength
Posts: 74
Joined: 18 Jul 2007
Experience: 23 years

Baie dankie vir die raad en insette. Dit laat my dink aan 'n Engelse idioom wat ek lank terug op skool geleer het: "Prevention is better than cure." Nou moet ek iemand anders se morsigheid ongedaan maak, maar kom ons noem dit 'n uitdaging embarassed.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Feb 2019 @ 17:54:43 pm
DK
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1621
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 17 years

Baie dankie vir die raad en insette. Dit laat my dink aan 'n Engelse idioom wat ek lank terug op skool geleer het: "Prevention is better than cure." Nou moet ek iemand anders se morsigheid ongedaan maak, maar kom ons noem dit 'n uitdaging embarassed.

vertrou jy gaan reg kom en die gemors uitsorteer.

Niks is ongedaan nie.

In ons karavaan word slegs geslaap, microwave en yskas gebruik.

 

PERMANENTLY OFF-LINE DUE TO A LACK OF INTEREST.
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Feb 2019 @ 06:24:23 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12678
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek moet die kussings van 'n Sprite Swing skoonkry wat vuil kolle op het (vorige eienaar yell). Jurgens se handleiding sê dat mens dit nie moet was of laat droogskoonmaak nie, aangesien dit die kleur kan beinvloed. Hulle beveel droëskuim was aan. Kan iemand vir my help en lig op hierdie saak werp? Het iemand dit wel al gewas (bv in 'n wasmasjien) en wat was die gevolge? Dit sal natuurlik die maklikste wees as mens met droëskuim kan was, want dan hoef jy nie die slope van die spons af te haal en weer met moeite terug te sit nie. Baie dankie by voorbaat!

Hier by die "Cleaning Warehouse' in PTA kry jy "Pre wash" in 1 liter of 5 liter kanne.  Ons gebruik dit amper ooral om harnekkige vlekke te verwyder.  Die instruksies op houer sê jy moet verdun maar dit is nie nodig nie.

My wederhelfte gebruik dit op die klere deur die prewash in 'n hand spuit bottel te gooi en dan aan die klere te spuit voordat sy dit was in die was masjien. Werk die beste as jy dit so 5 min laat staan voodat jy dit was.

Ons huur gewoonlik die masjien waarmee jy matte was en gebruik die klein hand spuitstuk vir die sitkamer banke.  Mens kan ook die gepasde seep by die plekke kry vir die banke se materiaal.  Eers spuit ons dan mildelik van die "pre wash" op veral waar arm leunings is, wag so 5-10 min.  En was dan soos normaal met die masjien deur die shampoo water op te spuit en dit weer uit te suig.

Dit werk puik en maak alles weer mooi netjies skoon. Lyk soos nuwe sitkamer stel.

As jy die metode volg doen dit op 'n warm dag en laat lê die wa se kussings in die son om netjies droog te word.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Feb 2019 @ 07:06:35 am
Joe Stieger
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 347
Joined: 15 Aug 2011
Experience: 41 years

Op ons wa ('82 Sport), het ons nog die oorspronklike gordyne en sit/slaapbank oortreksels gehad. Ons het die gordyne net so in die wasmasjien gewas (koue water), tesame met die oortreksels van al die spons kussings. Moes die garing op die materiaal los stik/sny met 'n " quick-unpick" (so skerp klein magaftertjie wat gemaak is vir dié doel) om die materiaal van die kussings af te kry. Die oortreksels en gordyne het pragtig skoon gekom sonder enige kleur verandering.

A happy life doesn't just happen, it's something you create yourself...
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Mar 2019 @ 13:47:06 pm
LizeAdup
New Member
37% Profile Strength
Posts: 1
Joined: 26 Mar 2019

Hi Theuns,

Ons het verlede maand 'n 2004 Swing gekoop met die lig bruin/ navy bekleedsel. Ek kan bevestig dat ek al die slope van die kussings afgehaal het, asook die matras, en in ons gewone huis wasmasjien gewas het sonder enige probleme. Ek het op koud gewas om enige moontlike krimp te voorkom. Ek moes die gare wat die blou knope ingtrek gehou het vervang - baie maklik - jy moet stewige upholstery/ tapaserie gare gebruik en lang dik naald tensy jy nie die knope wil terug sit nie. Dit vat wel bietjie stoei om die kussings weer terug te kry in die slope, maar die moeite werd. Met die gordyne was ons nie so gelukkig nie (die navy en pers met silwer strepe) - een het heeltemal uitmekaar geskeur in die masjien maar ons het dit verwag, want dit het erg son skade gehad. Nou spog my karavaan met nuwe gordyne :).

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Mar 2019 @ 17:12:10 pm
Theuns
Silver Member
81% Profile Strength
Posts: 74
Joined: 18 Jul 2007
Experience: 23 years

Dankie aan almal wat raad gegee het - ek waardeer dit! Ek was bietjie onder druk en voordat ek almal se raad kon toepas, het ek dit by 'n plaaslike motorwassery laat skoonmaak wat my R200 uit die sak gejaag het. Dit is egter nou mooi skoon en dit was nie nodig om die spons uit die slope/oortreksel te haal nie. Ek sal egter die raad onthou en in die toekoms sal dit vir my van waarde wees. Immers weet ek nou dat dit nie in 'n wasmasjien sal krimp nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First