English & Afrikaans Forums
Total Topics: 19 943
Total Replies: 212 803
Total Views: 81 544 780
topics: 10 196
replies: 114 942
views: 38 468 303
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Kampeer jy oor kostes of oor lekkerte?

replies: 40
views: 586
17 Jan 2019 @ 07:42:14 am
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10713
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek sien hier en op ander platforms dat baie praat oor kostes van kamp vergelyke met ander tipe vakansies en verblyf. Wie van julle kampeer bloot oor die lekker ervaring van kampeer en wie van julle doen dit maar hoofsaaklik om kostes te bespaar?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2019 @ 08:03:29 am
Nabro
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 266
Joined: 27 Jan 2015
Experience: 13 years

Vir ons gaan dit oor die lekkerte van die kampervaring en die vriendelikheid van medekampers. Die besparing (meestal) is 'n bonus.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2019 @ 08:27:14 am
steamer
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1069
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 45 years

Stem heeltemaal saam met Max!

Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2019 @ 08:42:45 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6121
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Kamp is die lekkerste maar koste bepaal waar ons kamp.

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2019 @ 08:46:31 am
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1070
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 40 years

Is dit regtig goedkoper om te kamp? As die kostes van woonwa en sleepvoertuig asook addisionele brandstof in ag geneem word is dit glad nie goedkoper nie. Wat nog van al die "gadgets" wat aangekoop word.

Die gevoel van vryheid en die goeie geselskap om jou. Mense wat die selfde kultuur (kamp) as jy deel. Om te sit en kyk na die kinders wat hulle gate uitgeniet en die tieners wat op hulle manier die kamp geniet. Die vure wat lekker knetter in die aand en die vrolikheid daar rondom. Die gehoes oor buurman se nat vuurmaak hout en dan n paar stukke droe hout aangee en so nuwe vriende ontmoet. Die oggend se eerste koppie boere troos en later die reuk van spek, worsies en ander lekker kosse. (word nou honger). n Frats wind wat al jou goed deurmekaar waai en die regpak daarna.

Wanneer jy op n reenerige dag by die huis die foto's van kamp ervarings deur gaan en lekker lag oor sekere gebeurtenisse tydens kamp, dan besef jy,...

                                                        KAMP IS LEKKER

AMAZING
👍
0
💔
1
😮
0
🙂
0
17 Jan 2019 @ 09:53:56 am
Heindrich
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1196
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Ek dink Willie hierbo som dit die beste op. Baie van die ouer garde het vir baie jare met kinders in seisoentyd gekamp. Dit het baie gekos. Nou raak dit moontlik om buite seisoen te kamp, want dit is tog lekker. Alles gaan uiteraard oor kostes en die bekostigbaarheid daarvan. Ek sien mense wat met ultra luukse waens kom kamp vir wie dit miskien nie nodig is om elke sent om te draai nie, maar nie almal is in daaqrdie posisie nie.

Kamp bly lekker.......................

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2019 @ 09:57:53 am
Karin*
Silver Member
88% Profile Strength
Posts: 77
Joined: 20 Feb 2012
Experience: 15 years

Chris slaan die syker op die kop

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2019 @ 10:04:14 am
Skolopad
Gold Member
70% Profile Strength
Posts: 151
Joined: 28 Feb 2018

Camping is definatly cheaper and more rewarding in life experiances than living in a flat, or house in a complex, cheaper paying for services (electric, water , safety, cleaning, and others) in the camping environment, then there is also the bucket list of visiting places, exploration. Camping as a cost saving for some people that have fallen on hard times, unavoidabil, but for others pure pleasure and the savings lead to more camping, so its a lifestyle thing 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2019 @ 10:04:21 am
Kurumaniet
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 22
Joined: 09 Oct 2013
Experience: 19 years

Ironies ons praat net gister hieroor. Ek kyk uit en maak ons somme vir ons wegbreek in Junie maand. Ons hou van Yellow Sands. Dit is relatief naby aan ons, pryse is billik en dit is 'n lieflike veilige oord. Ek het rondgekrap en kan 'n selfsorg eenheid tussen PE en JB kry vir effe meer per nag. Maar in ag geneem die besparing op brandstof omdat mens niks sleep nie gaan die totale pakket presies dieselfde uitwerk. Minder moeite want daar is geen opslaan of afslaan nie.

Maar om so naby aan die natuur te leef (al is dit net vir week of 2) kan darem nie vergelyk met 'n huisie of woonstel nie. Lieflike bome en plantegroei rondom mens. Raak aan die slaap met die gedruis van die see. En as mens so deur die nag wakker word en die see so hoor, is dit darem die naaste wat ons aan die hemel kan kom in hierdie leeftyd.

Suid-Vrystaat groete.

Stefan.

Revelation 22:7
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2019 @ 10:14:57 am
Stephan
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 163
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 7 years

Die lekkerte en dit is my goed waarop ek slaap, waaruit ek eet en drink

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2019 @ 10:44:38 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 11042
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Virseker kamp ons vir die lekkerte daarvan. Of dit nou in my Maia is of met 'n tent. Die buitelug atmosveer is maar net bo baas.  In die bosveld is dit 'n bonus en langs die kus waters weer iets op sy eie.  As die liewe heer ons toelaat sal ons elke maand vir 'n naweek gaan kop skoon maak.

Die karavaan of tent is nou maar net nader aan die buite lewe as wat jy in 'n Chalet of woonstel tuis gaan.

Ek het dit nog al die jare ervaar as goedkoper.  Tente aan die begin se prys was baie minder as om in Chalet's te bly en my karavane was nog van die begin af vir my 'n belegging.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2019 @ 11:37:58 am
Louvan
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 650
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

Vir my is kamp ‘n absolute wen-wen. Dit is beslis koste effektief ( veral as jy kampkoste vir pensioenarisse in die KNP met die koste van ‘n chalet vergelyk) en dit is LEKKER...! Ek kan my wa nou verkoop vir wat ek daarvoor betaal het, so jy kan nie die wa se prys bybereken nie - miskien slegs die verlies van  inkomste op die wa se waarde. Ek kan verseker nie drie weke in die KNP in ‘n chalet bekostig nie, maar drie weke se kamp gedurende die afslagtydperk is ‘n ander storie..!

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2019 @ 11:52:16 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4583
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Chris slaan die syker op die kop

Stem saam..

Om te kamp is nie altyd goedkoopste nie. Karavaan en kar kos sommige mos maar by R1mil en ander soms meer..

Daar is wel beperkinge van waar mens gaan kamp en of jy waarde vir jou geld kry, en of jy eerder elders net so lekker kan kamp vir goedkoper. Dit gaan oor kwaliteit kamp en waarde vir geld.

Ons kamp, want ons is grootgemaak met kamp, so ons hou daarvan en sit dit voort saam ons kinders. Ons slaap in ons eie bed, ons werk met ons eie goed, en gaan amper waar ons wil.

So mens kamp nie noodwendig omdat dit goedkoper is nie, want dit is nie altyd nie.. As jy nou teen R1200 per nag by see moet staan, kos dit maar baie, en dieselfde lekker kamp kan in die berge gebeur vir R390 per nag in dieselfde piek seisoen.

Ons hou van die see en ons hou van die berge. Ek gaan nie naby die see kamp vir R1200 per nag nie, ek gaan amper op die strand wil wees en elke dag die see sien, dan raak dit die moeite werd.

So ek dink dit gaan verskil van mens tot mens. Sommige glo dis net goedkoper, vir ander is dit die leefstyl. Wat dit ook al kos jy maak plan. Punt. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2019 @ 13:35:32 pm
Bak oor
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 582
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Beslis is daar geen gelyke vir my as kamp. Hotelle, lodges gee jou n bederf om van huistoe te skryf. Maar kamp en elke kamp is iets anders, nuwe ervarings, nuwe mense wat jy ontmoet, kampers ondermekaar is soos n kameraadskap almal praat dieselfde taal op die einde van die dag. Ek het al in Hermanus gesit in n luukse hotel en kon aan niks anders as Klein Kariba se kamp n week later. Ek betaal gerus ook meer vir kamp terrein waar ablusies vermaak en veiligheid top gehalte is. Kamp is wat jy van dit maak. My genot kom van die oomblik wat ek haak, goed reis, karavaan op die regte plek sit, tent mooi en styf op slaan alles van kamp. Ek is trots op my kamp plekkie, moet altyd skoon en netjies wees. Niks lekkerder as n wild vreemde by my tent in stap saam bietjie sport op TV kyk. Nee wat maters ek het al die ander vakansie verblyf en reise al gedoen het daai T shirts maar kamp is bo baas. Belangrikste van alles is om jou huiswerk goed te doen en die regte oord te kies.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2019 @ 14:27:06 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6121
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Sit laasweek by n oord kom n man en vrou sit vra of hulle wil koffie he. nee se hulle kom net paar vrae vra. mense wat kamp is almal armgatte se hy hulle kannie bekostig om ordentlike die famielie op vakansie te vat nie, ongelukkig ver hom het die buurman ingetrek en laat staan maak van beste in die weste ek en die vrou het so rof uitgewerk motor en karavaan so R1,5 MILJOEN se toe vir die Oom kan jy tel ja se hy nou my buurman lansaan se goeters wat hy het hoeveel dink jy kos dit net so gekyk niks gese toe vertel ek vir OOM EN MEVROU met die geld van karavaan en motor kan hulle oorsee gaan rys nou wil julle koffie tee koeldrand he. toe verkas hulle.

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2019 @ 16:28:46 pm
kleinman
Bronze Member
48% Profile Strength
Posts: 40
Joined: 27 Nov 2017

Mooi gestel Chris en Skolopad👍kamp is altyd lekker...ons hou van die afgesonderheid van die Karoo.Anysberg en Perdekloof in die Tankwa nasionale park het net 5 staanplekke elk. By Perdekloof het elke staanplek sy eie ablusie blok en by Anysberg is die ablusie nooit vol nie. CapeNature en SanParke se oorde is tops. Albei is nie te vêr uit Bellville nie en die rit na die kampplek is deel van die ervaring...😊

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2019 @ 18:26:23 pm
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1810
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Ons beplan 'n toer kaap toe en wou in chalets bly maar het besluit om wa te sleep en kuier kuier oor Clarens, Gariebdam en George om kaap toe te reis. Gaan dit meer geniet en al ons goed is by ons. 

Nader aan die natuur kan jy nie. Geld is bysaak.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2019 @ 19:55:05 pm
Louvan
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 650
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

Ons beplan 'n toer kaap toe en wou in chalets bly maar het besluit om wa te sleep en kuier kuier oor Clarens, Gariebdam en George om kaap toe te reis. Gaan dit meer geniet en al ons goed is by ons. 

Nader aan die natuur kan jy nie. Geld is bysaak.

Klink net te lekker! Sommer jaloers...👍

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2019 @ 19:55:07 pm

17 Jan 2019 @ 19:55:08 pm

17 Jan 2019 @ 20:50:39 pm
kleinman
Bronze Member
48% Profile Strength
Posts: 40
Joined: 27 Nov 2017

Kostes....Anysberg is min of meer 250km uit Bellville.......

Lekkerte .....vêr genoeg vanaf die Kaap en die malligheid...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2019 @ 21:37:37 pm
Meerkat
Silver Member
62% Profile Strength
Posts: 55
Joined: 26 May 2017
Experience: 2 years

Botswana gaan toer en ("ge-chalet): 'n verkenningstog: 7 dae.  6 maande later, met daktent en langer afstande (12 dae) en dit was nog nie die prys van vorige toer nie.  In veral Botswana is verblyf erg duur (selfs kamp), maar haalbaar.  Ek glo tog kamp is baie goedkoper.  Ons sal nie 6 maande van die jaar kan toer as ons nie kamp nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2019 @ 08:15:15 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 11042
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Kamp is nou maar net LEKKER! ! ! ! ! ! ! ! !

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2019 @ 08:40:43 am
Ski
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1471
Joined: 19 Oct 2009
Experience: 32 years

Kamp omdat ek daarvan hou, maar ek kyk ook na budget.

Nico & Mandy
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2019 @ 08:40:52 am
DK
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1203
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 17 years

Kamp is definitief baie goedkoper en baie meer gerieflik asook soms die ervarings wat jy as persoon ondervind in slegte weers omtstandighede.

Dit is wat alles so lekker maak van kamp as jy na die tyd sit en terug dink en na fotos sit en kyk.

Pryse van kamp teenoor chalets of rondawels huur is werklik 'n groot verskil.

Ons is gelukkig om buite seisoen kampe te kan geniet, behalwe dat dat ons 'n punt daarvan maak om gedurende Desember so kort wegbreek te neem.

Kamp pryse soos volg:

- Maart 2018 buite seisoen by Dube - 11 Dae = R 1,750-00.

- Desember 2018 binne seisoen by Kaia Manzi - 7 Dae = R 2,200-00.

Komende April 2019 buite seisoen by Weesgerus - 11 Dae = R 2,500-00 (Prys verskil agv nuwe prys aankondiging alreeds ingesluit).

As bogenoemde kamp pryse vergelyk word met chalet bedrae, kan die bogenoemde bedrae bykans met 4x die kampeer bedrag vermenigvuldig word.

Never trust to quickly, because life is too short?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2019 @ 08:40:59 am
Fred
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1766
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Daar is nie 'n kwessie oor nie: Ons kamp omdat ons wil kamp. Ons Skipperetjie is ons verblyf tussen Pietersburg en die Kaap, 'n toer wat ons gereeld onderneem.  Ons het vroeër by gastehuise oorgebly voor ons die maklik sleepbare waentjie aangeskaf het.  Ons karavaan het toe in die Kaap gebly vir gebruik daar. As ons eers daar onder is, onderneem ons gereelde kort toertjies van so sewe tot tien dae.  Dit is redelik onbeplan en ons volg maar ons neuse.  Daar is geen vooraf plekbesprekings nie.  Ons is elke aand tuin in ons eie gesellige waentjie onder ons eie lakens en more ry ons verder.  Jy kan net nie so maak as jy in gastehuise en hotelle bly nie.  Ons keuse is nie gedoen op grond van koste nie, maar omdat dit praktieser is en ons die kamplewe geweldig geniet- vir dekades al, maar ek glo, alles in aggeneem, is dit nie duurder om te kamp as om van vaste verblyf gebruik te maak nie.  Ek het nog nie so 'n berekening probeer maak nie, want dit is nie van belang nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2019 @ 09:13:12 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4583
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Kamp is definitief baie goedkoper en baie meer gerieflik asook soms die ervarings wat jy as persoon ondervind in slegte weers omtstandighede.

Dit is wat alles so lekker maak van kamp as jy na die tyd sit en terug dink en na fotos sit en kyk.

Pryse van kamp teenoor chalets of rondawels huur is werklik 'n groot verskil.

Ons is gelukkig om buite seisoen kampe te kan geniet, behalwe dat dat ons 'n punt daarvan maak om gedurende Desember so kort wegbreek te neem.

Kamp pryse soos volg:

- Maart 2018 buite seisoen by Dube - 11 Dae = R 1,750-00.

- Desember 2018 binne seisoen by Kaia Manzi - 7 Dae = R 2,200-00.

Komende April 2019 buite seisoen by Weesgerus - 11 Dae = R 2,500-00 (Prys verskil agv nuwe prys aankondiging alreeds ingesluit).

As bogenoemde kamp pryse vergelyk word met chalet bedrae, kan die bogenoemde bedrae bykans met 4x die kampeer bedrag vermenigvuldig word.

Ok, ek wil nou begin vakansie hou...

Besluit ek nou ek wil kamp... Nou kan ek of die tent gaan koop..

(R1000 - R8000)

Of ek kan sê ok, ek wil met karavaan kamp

(R30 000 - R 600 000+) Kom ons kies 'n nuwe karavaan van R200 000.00

O gats, ek moet nou voertuig he om mee te sleep... Dalk het ek voertuig gekoop maar kan nie karavaan sleep, koop nou eerder 'n ordentlike Fortuner ;-) en spandeer dalk R200k ekstra...

Nou kom kamp toerusting.. Stoele, ens. Grondseile blah blah.. Kom ons maak dit maar R15000 vir alles...

Nou kom lisensie op karavaan kom ons sê R400 per jaar? Dienste van 2x per jaar om in waarborg te bly van R2000 per diens en dus R4000 per jaar..

Totaal sover in 1 jaar is rofweg R420 000.. Ok, van die items moet paar jaar hou.. Maar dit moet ingereken word..

So kamp ek nou 1 maal per maand.. Spaar ek R2000 op 'n naweek deur te kamp of in chalet te wees?? Kom ons sê ek spaar R3000?

11 maande in die jaar spaar ek R30 000...

So ek is op R390k wat oorbly.. Maar die nuwe jaar tel ons weer R400 en R4000 by en om en by R3000 vir die jaar vir versekering minimum...

Terug by R397k...

Nou spaar ek weer R30000 vir die volgende jaar... Maar tel weer R7k by, so spaar eintlik R23k..

O gats, na 8 jaar moet ek dalk ander voertuig kry, kan nie klein karretjie koop nie, moet na groot ding kyk wat karavaan kan sleep... 

Ok, as jy tent koop, en minimum goed kan kamp goedkoop wees, maar die gemak is nie daar nie.. As jy chalet met kamp wil vergelyk moet jy amper die gemak ook he, en die enigste wat daar naby kom is jou karavaan.........

Dis nie altyd appels met appels nie. Maar vir baie mense is dit NIE goedkoper om te kamp nie, inteendeel is dit BAIE BAIE duurder as hotel of Chalet..

Hoeveel dae moet jy vakansie hou om die bedrag te spaar wat jou karavaan jou kos aanvanklik, veral as jy nuut gekoop het.. 

Ek gee toe, mens kan baie goedkoop kamp as jy wil. Met die nodige alleenlik.. Maar nou dat die opsie daar is met lekker eie bed, kombuis, ens. Nou praat ons van ander somme..

Mense vra my hoekom ek R20k spandeer net op verblyf by die see vir paar dae op stuk grond? Dis malligheid. Nou hier kom die bom.. Dit kos bv vir my as beisgheidseienaar en persoon wat met my hande werk nie R20k om vakansie te hou vir 3 weke nie. Dit kos my R200 000 om weg te wees van my besigheid. Selfs oor Desember. Ek moet kliente wegwys wat ek kon bedien oor die tydperk omdat ek wil vakansie hou..

So ALMAL se situasie is anders. Kamp is NIE noodwendig goedkoper nie.. Dit HOEF ook nie baie duur te wees nie, maar as jy in gemak wil kamp, gaan jy BAIE meer betaal as vir hotel of chalet..

Hierbo het ek nog nie eers die ekstra kostes van jou karavaan se dak of stoorplek bygereken nie.

So baie mense wat dink kamp is goedkoop, wat jy waar kry? Jy moet permanent kamp om te probeer spaar daaruit.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2019 @ 09:26:48 am
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4431
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years

Het vir 24 jaar binne seisoen gekamp agv kinders nou is hulle uit en getroud ek hou van kamp hou van off gritt kamp hou ook van jou normale oorde ek kamp want dis in my DNA dis waar jy vrinne maak jou kop reg skuif en mens wees

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2019 @ 09:51:42 am
DK
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1203
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 17 years

Ok, ek wil nou begin vakansie hou...

Besluit ek nou ek wil kamp... Nou kan ek of die tent gaan koop..

(R1000 - R8000)

Of ek kan sê ok, ek wil met karavaan kamp

(R30 000 - R 600 000+) Kom ons kies 'n nuwe karavaan van R200 000.00

O gats, ek moet nou voertuig he om mee te sleep... Dalk het ek voertuig gekoop maar kan nie karavaan sleep, koop nou eerder 'n ordentlike Fortuner ;-) en spandeer dalk R200k ekstra...

Nou kom kamp toerusting.. Stoele, ens. Grondseile blah blah.. Kom ons maak dit maar R15000 vir alles...

Nou kom lisensie op karavaan kom ons sê R400 per jaar? Dienste van 2x per jaar om in waarborg te bly van R2000 per diens en dus R4000 per jaar..

Totaal sover in 1 jaar is rofweg R420 000.. Ok, van die items moet paar jaar hou.. Maar dit moet ingereken word..

So kamp ek nou 1 maal per maand.. Spaar ek R2000 op 'n naweek deur te kamp of in chalet te wees?? Kom ons sê ek spaar R3000?

11 maande in die jaar spaar ek R30 000...

So ek is op R390k wat oorbly.. Maar die nuwe jaar tel ons weer R400 en R4000 by en om en by R3000 vir die jaar vir versekering minimum...

Terug by R397k...

Nou spaar ek weer R30000 vir die volgende jaar... Maar tel weer R7k by, so spaar eintlik R23k..

O gats, na 8 jaar moet ek dalk ander voertuig kry, kan nie klein karretjie koop nie, moet na groot ding kyk wat karavaan kan sleep... 

Ok, as jy tent koop, en minimum goed kan kamp goedkoop wees, maar die gemak is nie daar nie.. As jy chalet met kamp wil vergelyk moet jy amper die gemak ook he, en die enigste wat daar naby kom is jou karavaan.........

Dis nie altyd appels met appels nie. Maar vir baie mense is dit NIE goedkoper om te kamp nie, inteendeel is dit BAIE BAIE duurder as hotel of Chalet..

Hoeveel dae moet jy vakansie hou om die bedrag te spaar wat jou karavaan jou kos aanvanklik, veral as jy nuut gekoop het.. 

Ek gee toe, mens kan baie goedkoop kamp as jy wil. Met die nodige alleenlik.. Maar nou dat die opsie daar is met lekker eie bed, kombuis, ens. Nou praat ons van ander somme..

Mense vra my hoekom ek R20k spandeer net op verblyf by die see vir paar dae op stuk grond? Dis malligheid. Nou hier kom die bom.. Dit kos bv vir my as beisgheidseienaar en persoon wat met my hande werk nie R20k om vakansie te hou vir 3 weke nie. Dit kos my R200 000 om weg te wees van my besigheid. Selfs oor Desember. Ek moet kliente wegwys wat ek kon bedien oor die tydperk omdat ek wil vakansie hou..

So ALMAL se situasie is anders. Kamp is NIE noodwendig goedkoper nie.. Dit HOEF ook nie baie duur te wees nie, maar as jy in gemak wil kamp, gaan jy BAIE meer betaal as vir hotel of chalet..

Hierbo het ek nog nie eers die ekstra kostes van jou karavaan se dak of stoorplek bygereken nie.

So baie mense wat dink kamp is goedkoop, wat jy waar kry? Jy moet permanent kamp om te probeer spaar daaruit.

Dit is baie wyse berekeninge waarna jy verwys en maak sin.

Die punt wat ek probeer stel is, jy kyk na jou behoeftes en hoeveel keer gaan jy per jaar moontlik kamp en waar? en daarvolgens doen jy jou beplanning en berekeninge op hoeveel jy wil spandeer op 'n tent, karavaan en voertuig sodat die syfers na die 1ste jaar begin neig na positief wat heelmoontlik nie gaan gebeur nie, maar definitief in die 2de jaar neig die syfers in 'n klein positiewe rigting waarna die positiewe neiging al hoe beter word daarna.

My karavaan is 2de hands gekoop wat werklik in 'n baie goeie toestand is en word gereeld na omgesien deur myself wat kostes tot minimum sny.

My sleep voertuig het ek 2de hands gekoop in puik kondisie en word in werklikheid slegs gebruik vir wegbreek kampe en lang vakansies en word ook onderhou deur myself wat kostes sny met bykans 85%.

Volgens my werks omstandighede sou ek 'n verlies gelei het indien ek nuut moes koop en sou ek nie nou in die positiewe rigting beweeg het gaande die uitgawes spandeer op bates nie.

Never trust to quickly, because life is too short?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2019 @ 09:55:59 am
Fred
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1766
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ag neewat- met syfers kan jy bewys wat jy bewys wil hê. 

Toe ons nog skoolvakansiegebonde was, het ons sowat dertig dae per jaar gekamp.  Ons het ons Oyster nou amper drie jaar en het 130 dae met hom gekamp, dus meer as veertig dae per jaar en dit sal seker maar teen die tempo voortgaan.  Is dit ekonomies?  Ek weet nie, maar dit maak nie saak nie.  Al die ander kostes kan ook maar buite rekening gelaat word.  Ek het reeds die Kuga gehad so ek hoef hom nie te gekoop het nie.  Jy ry ook nie noodwendig 'n Fortuner  omdat jy hom nodig het nie.  Ek weet van verskeie mense wat nooit enigiets sleep nie, wat die klas van kar het nie.  Die mens is nie noodwendig soos die ekonome wil glo, 'n ekonomiese wese nie.  As dit was, het ons almal klein goedkoop karretjies gery tot hulle die gees gegee het.  Ons koop wat ons wil omdat ons wil en omdat ons kan, so hoekom nou ons vakansiestyle baie strenger beoordeel as al ons ander nie-ekonomiese uitgawes?  Ek wil beweer so te sê almal wat karavaanvakansie hou, doen dit omdat hulle WIL, en nie om ekonomiese redes nie.  Daar is seker uitsonderings ook, die wyse mense wat ekonomies optree, maar ek dink hulle is ongelukkig maar dun gesaai.  Kampeerders gaan op geen manier oortuig word dat hulle dom is om so vakansie te hou nie, en mense wat nie wil kamp nie, ook op geen manier dat kamplewe lekker is nie.  Elke persoon maak maar soos hy goed dink en geniet.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2019 @ 13:06:50 pm

Puik gesê Fred.

Ek redeneer ook ek kamp omrede ek dit geniet.  Ek gebruik nie my Tipper net vir sleep nie ek werk ook met hom. My wa is klaar betaal en die dag as ek hom verkoop gaan ek verseker meer kry as wat ek betaal het so dis 'n beleging.

Dienste op die wa is minimaal en onderhou baie min solank jy hom dop hou. So my uitgawe is lisensie geld per jaar en 4x bande elke kom ons sê 5 jaar.

En dan moet mens seker dit deel deur die aantal kampe per jaar. Hoe meer jy kamp hoe kleiner raak die running cost per kamp.

So wat is my MOTO? ? ? ? ? ? ?

Kamp manne kamp want dan is dit goedkoper.................................... Ha ha ha

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2019 @ 21:06:12 pm
Proffie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 797
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Het vroeger jare die familietjie op alle maniere van vakansieverblyf geneem. Hotel, chalet, rondawel, tent en toe karavaan.

Toe kajuitraad gehou om te hoor wat was die lekkerste. Almal ingestem karavaan kampvakansie.

Eers toe het ek gaan karavaan koop.

Dit bly die lekkerste manier. Die gees, die mense, die plekke. 'n Braaivleisvuur by 'n karavaan se belewenis is iets heel anders as een by 'n chalet.

Willem het dit reg opgesom.

Kamp is die lekkerste maar koste bepaal waar ons kamp.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2019 @ 21:44:09 pm
DK
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1203
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 17 years

Vroeër jare, toe jy nog "Kon" en ons seun nog kind, het ons die Kilarny, Lonsdale en 4-Seasons hotelle stukkend gebly/kamp.

Daarna chalets meer Suid, by Caravan Cove, Umdoni, St Michaels On  Sea, Uvongo ens....

Eendag besluit ons, ons koop tent en kamp by Caravan Cove met aaneenhoudende reen.

Ons moed het nie gaan lê nie en beleg na ń groter tent.

Feestyd by Weesgerus, dieselfde, reen en nogmaals reen, maar ons het stand by voet gehou, dit is wat ons wil doen.

Dasrna weer ń tent gevolg tot die energie sê, nee.

Probeer ń 1981 C4 en sien dit werk.

Nou met slegs my 2de karavaan, kyk ons nie terug na hotelle, chalets ens.. nie.

Kort wegbreek is dit tent kamp, langer as ń naweek, karavaan.

Beide met elk, geniet ons elke oomblik en atmosfeer.

ń Hele opskrif, maar hoe ons begin het.

My 5 cent.

Never trust to quickly, because life is too short?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2019 @ 23:22:19 pm
Kamp is Koning
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 108
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 21 years

Kamp bly maar koning en mens kan maar net nie die atmosfeer, vriendelikheid, same horigheid en hulpvaardigheid wat mens in n kamp plek kry vergelyk met die van n chalet of n woonstel kompleks nie. Is die hele idee nie juis om daarvan en jou daaglikse roetiene n wegbreek te kry nie. Waar kan mens dit dan beter kry as n wegbreek na n kamp plek waar jy nader aan die natuur tussen mede kampers kan ontspan en weer mens word om n kampvuur nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2019 @ 23:27:21 pm

19 Jan 2019 @ 08:05:20 am
Joe Stieger
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 278
Joined: 15 Aug 2011
Experience: 41 years

Soos Bostoe (Shaun) tereg hierbo genoem het, is kampering ook in in ons DNA, en daarom kamp ons. Ons geniet die buitelug, die atmosfeer, reuke en geure, die gesindheid van ander kampeerders, en die wegbreek van die normale ou roetine. Ons wa is oud, maar ek het hom verander binne om by ons behoeftes aan te  pas, en verkoop sal ek nie sommer nie. My sleepvoertuig het ons tweedehands aangeskaf, en hy is ook klaar betaal, so ons het geen skuld nie. Ons kamp redelik lig, en piekel nie onnodige goed saam nie. Ons kamp nou nie elke naweek of drie/vier keer per jaar nie, maar gaan wel een keer per jaar weg vir 'n maand, laasjaar by Natalia en hierdie jaar by Happy Wanderers. Vir ons gaan dit nie juis oor geld besparing nie, alhoewel ons gebruik maak van die spesiale aanbiedinge van tyd tot tyd. Ons is in die bevoorregte posisie dat ons maar net 1 uur en 15 minute se ry vanaf die suidkus is, so brandstof kostes is minimaal. Daarbenewens, kamp ons altyd buite seisoen, en omdat skoonma ook altyd saamgaan, kry ons 'n verdere korting op die prys. Wanneer ons Kruger kamp, bespreek ons vir niks minder as drie weke nie, aangesien die koste aan brandstof en die verbly by Badplaas (as oorslaap plek) dan nie geregverdig is nie.  

A happy life doesn't just happen, it's something you create yourself...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2019 @ 08:41:25 am
Kamp is Koning
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 108
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 21 years

My geval is ook min of meer dieselfde ons kamp ook met n ou karavaan wat ons vir ons self goed ingerig het en wat gelukkig myne is. Ons bly in die stad en kamp ten minste 1 keer per maand of 1 keer elke 2de maand winter en somer as ons moeg word vir die stad hol ons weg vir n naweek of midweek erens rondom ons. Ons noem nie verniet ons karavaan alternatiewe behuising nie. Ek dink as ons so bevooreg was om nader aan die kus te bly het my vrou my mal gemaak om elke naweek te kamp. Kamp koste dink ek is nog baie goedkoper as die ander vorms van vakansie behuising. Met die nuwe petrol pryse in ag geneem hang dit maar af hoe ver jy moet ry wat ook in elkgeval min of meer dieslefde gaan wees as jy bv n chalet vakansie gaan he. Ons het ook tyd deel voordele maar dit is nie dieselfde nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2019 @ 13:29:46 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6574
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Die lekkerte en dit is my goed waarop ek slaap, waaruit ek eet en drink

Nou praat jy so in die Girl se oor. 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2019 @ 14:54:37 pm
DK
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1203
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 17 years

My karavaan is ook oud, ń 1994 model, maar goed ingerig vir ons met al die luuksheid soos hedendaagse karavane asook netjies en goed onderhou.

Mobiele aircond, dubbel deur yskas, 3,5mt Howlingmoon awning met voor en sykante ens..

Naweek wegbreek, kamp ons tent net vir ń ietwat van verandering, maar langer as ń gewone naweek, is dit die karavaan.

Ongeag, tent of karavaan, ons geniet beide ten volle en benut elke sekonde.

Never trust to quickly, because life is too short?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jan 2019 @ 18:18:18 pm
Kanneman
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1087
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 54 years

Kampeer jy oor kostes of oor lekkerte?

Natuurlik oor kostes, want dit gee my groot lekkerte om te sien watter geldwaarde se voorregte ek daagliks kry wanneer ek kamp.

Indien ek my kombinasie met inhoud nou met nuwes moes vervang sal dit in die omgewing van 1.2 miljoen kos. (ons is afgetree, en het nie twee motors nodig nie. Die grote hou ons dus net aan om te kamp)

1,2 miljoen in die bank sou laasjaar , volgens die finansiele syfers beskikbaar, vir jou ongeveer R 90000 per jaar of R 7500 per maand kon gee. (vergeet gerieflikheidshalwe van belasting en versekering op jou toerusting  - moenie 'n lekker storie met feite kom bederf nie)

Ons kamp gemiddeld 32 dae per jaar. R 90000 gedeel deur 32 = R 2812 per dag in voorregte. Dit is die koste wat my toerusting per dag in die markplek sou kos indien ek dit in kontant sou verkies. Kampeerfooie en diesel behoort eintlik bygetel te word.  (ons sou mos by die huis ook ge-eet het, dus is kos en seep en diesmeer uitgesluit)

Wat bogenoemde vir my  onderstreep, is dat ek nie my > R 2812 per dag se voorregte op minderwaardige ervarings moet mors nie. Dit is waarom die beoordeling van terreine vir my so absoluut waardevol is. Teen daardie koste moet ablusie mos onberispelik wees!

Ek wens soms oord eienaars en bestuurders besef waarna die voorregwaarde van ons besoek aan hulle omskakel indien 'n ou die som maak in vandag se waardes.

Onthou, die ouderdom van jou toerusting bepaal nie die gehalte van jou ervaring nie -  die vervangingswaarde is dit wat jy benut.

Don't confuse one's personality with one's attitude. One's personality is who you are. One's attitude depends on who the other person is. Therefore, be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jan 2019 @ 18:36:17 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2772
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Toe ek maatskappy gehad het wat my brandstof betaal het, was dit goedkoop om te kamp.

Nou kos dit my R2000 n naweek van Poloks Pta toe.

Kamp nie meer so baie nie. Suzi swaar op sous. Maar kamp bly lekker

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
View First