English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 306
Total Replies: 215 675
Total Views: 81 766 277
topics: 10 401
replies: 117 227
views: 38 583 558
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

ATKV lidmaatskap. Is dit regtig die moeite werd.

replies: 41
views: 1242
14 Jan 2019 @ 22:58:57 pm
Bak oor
Moon Member
92% Profile Strength
Posts: 888
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Dag sê mense. Eers wil ek met dankbaarheid sê kamp en karavane is beslis al hoe meer gewilder. Dit raak al hoe moeiliker om staan plek te kry by goeie oorde.

Nou vra ek. As n lidmaat van ATKV betaal jy jaarlikse fooie. Is dit net om te spog ek is n lidmaat of wat?  Ja daar is afslag  betrokke maar wat help dit as jy nie n geleendheid kry om by sekere oorde te kan kamp. Waarom dieselfde groep elke jaar uitgesort raak, of so voel dit.  Wat van die nuwelinge en n geleendheid vir nuwe lede of sponsor die nuweling die ou hande se besoek aan populere oorde met lidmaatskap fooie.  Die nuweling kan nie eens aan die speen suig. Sekerlik moet daar n reëling wees om in groot oorde te kan kamp. Bv. Probeer kamp plek kry in Hartenbos oor Desember met jou karavaan. Ek probeer al 5 jaar. En as die kamp vol is deur regulars moet dan nie meer lede aanvat en jaarlikse fooie vat as jy hulle nie kan akkomodeer. Daar is verskeie kere vir my gese sluit aan maar ons kan niks verseker. Hoe dom lyk ek. Maak n bespreking op n wag lys vat n deposito en laat jou beurt kom. Dan kan ek mos maar aansluit. 

So is dit die moeite werd om om n lid te wees? 

Trek oor die vlaktes, trek oor die rand, maak los die briek en laat waai. Gee vet my ou lorrie en vat nou my wa, geluk lê net om die draai.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2019 @ 06:23:01 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6214
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Al jare lid en sukkel nog steeds by Hartenbos ,ek kry darem afslag by eiland wat dit die mooitewerd maak.

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2019 @ 06:43:41 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 11892
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Was vir baie jare lank 'n lid. Het die tydskrifte en boeke geniet en gereeld van die afslag gebruik gemaak.  Maar gedurende 2017 het die ATKV besluit hulle wou ander tale ook bevorder. Dit was die plan van 'n vrou wat toe aan die hoof van sake gestaan het.

Nou ek is Afrikaans en ek was lid van die ATKV ter bevordering van MY taal en dan was daar die voordele natuurlik ook. Toe sy met die strooi kom toe het ek ook maar my lidmaatskap be-eindig.  Weet nie hoe gaan dit nou daar nie, en watter taal hulle deesdae ook verder wil bevorder nie.

As dit Zoeloe is kan hulle Zoeloes kry om dit te bevorder of Engelse vir Engels.

In ons lidmaatskap tyd nooit gesukkel om bespreking te maak nie. Kan nie nou sê nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
1
😮
0
🙂
0
15 Jan 2019 @ 07:30:45 am
Chris Boucher
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 684
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Ek is al vir etlike jare lid. En laat ek sommer prontuit erken - vir my gaan dit net oor die tariefvoordele en die feit dat ek by Eiland 'n maand voor die nie-lede kan bespreek. Ons besoek Hartenbos relatief gereeld (buite-seisoen - soms kamp, soms selfsorg), en is o.a. volgende week mid-week by Buffelspoort. Die besparing op akkommodasiekoste maak dit vir my persoonlik uit en uit die moeite werd. Dieselfde geld vir my Wild Card lidmaatskap by Sanparke.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2019 @ 08:01:01 am
Nabro
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 272
Joined: 27 Jan 2015
Experience: 13 years

Ons was tot dusver gelukkig om plek by Hartenbos oor Desember te kry. Die lidmaatskap laat jou toe om voor die ander mense te bespreek. Dit vat egter vasbyt op die foon om dit reg te kry. Ons gaan Hartenbos toe vir familie redes. Buiten die besprekings is daar egter nie vir my enige ander voordele nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2019 @ 08:15:11 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4659
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Wil jy aansluit net om te kamp? Want die ATKV (veronderstel ek) gaan tog oor baie meer as net om kamp plek te kry en afslag? (Wel, weereens, soos ek maar verneem)

Is die kampplek nie maar net 'n klein deel van die ATKV se hele lidmaatskap storie nie?

Maar maak nou nie saak wat jou intensies is met die word lid of word nie lid nie, die kampplekke is vol by baie oorde. Daars selfs regulars wat kamp by ander oorde.. Ek sien daar is baie mooi staanplekke wat jy NOOIT by ander oorde sal kry nie want die hele familie neem al daai staanplekke op vir die hele 4 weke elke jaar en boek dit sommer 2 jaar op 'n slag vooruit. Hoe gaan jy ooit daai geleentheid kry, en as mens dan uit besigheid sien, hoekom jou stroom van inkomste kwaad maak om ander ou nou 'n kansie te gee?

Dis jammer, maar dis so... As jy kan skep, moet jy skep en jy moet daai gans met die goue eiers maar versorg...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jan 2019 @ 11:00:10 am
Diddo
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 618
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 20 years

Enige iets waar mens iets moet betaal om iets te spaar is rubbish.

👍
0
💔
1
😮
0
🙂
1
16 Jan 2019 @ 11:24:22 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4659
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Enige iets waar mens iets moet betaal om iets te spaar is rubbish.

Stem

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jan 2019 @ 13:04:06 pm
Chris Boucher
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 684
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Ek kan nie saamstem nie. Ek spaar meer as R8 500 op my 46 nagte in die wildtuin deurdat ek R1 055 op 'n Wild Card spandeer het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jan 2019 @ 13:11:47 pm
Andre Smit
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 398
Joined: 23 Sep 2011
Experience: 42 years

Goeiemiddag kampers,

DIE VRAAG IN DIE DRAAD IS - ATKV LIDMAASTSKAP - IS DIT DIE MOEITE WERD??

Volgens kommentaar hierbo:

"Enige iets waar mens iets moet betaal om iets te spaar is rubbish".

Ek net graag sê - wens ek kan eendag finansieël in so 'n posisie kom dat ek ook sulke uitlatings kan maak.

Ek betaal jaarliks R1023 ledegelde vir die ATKV.

EEN van die voordele is goedkoper vakansie, maar nie die enigste voordeel.

Vandat ons die wa verkoop het, moet nou vanselfsprekend in chalet's of rondawels kamp.

Vir die komende Des SONDER ATKV afslag kos ons behuising R2525 per nag en MET lede-afslag R2160.

Vir ons 21 dae Desember vakansie spaar ek - indien my somme reg is dus R7665.

Die dat ek sê - wens ek kan eendag finansieël in so posisie wees om te kan sê 'n besparing van R7665 is RUBBISH.

ATKV lidmaatskap het beslis vir ons voordele

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jan 2019 @ 13:29:04 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4659
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ek wens ek het soveel geld gehad dat ek elkgeval overpriced pryse kan betaal en dan nog lidmaatskaap fooie daarby?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jan 2019 @ 15:45:44 pm
Bak oor
Moon Member
92% Profile Strength
Posts: 888
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ja nee, en met groot respek se ekke. Al daai geld betaal om in Hartenbos te bly?

Jy kan op n amazing oorsese reis gaan. Daardie tariewe is meer as wat Thailand of Mauritius sal kos met etes en vliegtuig kaartjies ingesluit.

Maar dan weer jy gaan waar jou hart jou gelukkig maak.

Trek oor die vlaktes, trek oor die rand, maak los die briek en laat waai. Gee vet my ou lorrie en vat nou my wa, geluk lê net om die draai.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jan 2019 @ 16:09:56 pm
Fred
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1949
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Bakoor, Onthou net mense maak hulle keuse oor waar hulle vakansie wil hou, nie net op grond van koste faktore nie.  Baie oorsese toeriste kom na ons land omdat hulle hier dinge vind wat hulle geniet al kos dit hulle ook heelwat vir die voorreg.  Netso ook as mense van ons land oorsee gaan. Dis nie te sê 'n vakansie oorsee is beter as 'n plaaslike een of andersom nie.  Andre vind dit die  moeite werd om eerder op Hartenbos as op Mauritius in die son te gaan lê. Ek was self nog nie op Mauritius nie, maar ek wonder of dit lekkerder sal wees- vir my altans- as om op Hartenbos vakansie te hou.  Dis in elkgeval baie rustiger om in jou eie land vakansie te hou as om dit oorsee te doen met al die beslommernis van besige lughawens, ongerieflike vliegtuigsitplekke en ongeskikte mede reisigers.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jan 2019 @ 16:37:42 pm
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1083
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Enige iets waar mens iets moet betaal om iets te spaar is rubbish.

Behalwe as jy meer spaar as wat jy as "whatever" (ledegeld) betaal.

André wys dit mooi uit bo.

Ledegeld en gekoppelde besparing is heeltemal iets anders as " buy two and get one free" aanbiedinge wat gestruktureer is om jou te laat koop.

Jy sou in elk geval by Hartenbos gaan vakansie hou. Lidmaatskap van ATKV bring net mee dat jy sekere voordele kry bo 'n nie-lid.

Gholfklub lede speel teen goedkoper tarief as nie-lede. Jy gaan nie begin gholf speel omdat jy as lid goedkoper as die ander ou kan speel nie. Dis anders om. Jy speel eers gholf, dan sluit jy by 'n klub aan.

So jy kamp eers, dan kom jy agter daar is voordele as ATKV lid indien ATKV fasiliteite jou voorkeur vakansieplek is.

My wederhelfte is die ATKV lid, ek spaar op kampkoste en betaal haar lidmaatskapfooi. Dit werk vir ons. En ja, ons is lede vir die voordele. Die jongeres moet nou die ATKV mandaat uitvoer.

Ek kyk van my tent se stoep af, op my afslag kampplek met wyntjie in die een hand en braaitang in die ander.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jan 2019 @ 17:46:49 pm
Chris Boucher
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 684
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

In aansluiting by André se syfers hierbo (en addisioneel tot my wildtuin-besparing wat ek reeds hierbo genoem het) noem ek graag wat ek spaar, as ATKV-lid, wat ek met my 93 aande by Eiland Spa gaan spaar die komende winter. 

Ek betaal my lidmaatskap met 'n eenmalige jaarlikse betaling (i.p.v. maandeliks) en my huidige lidmaatskap het my R996 gekos. My besparing op my kamperingskoste beloop R1 936. En ek betaal nie 'overpriced' tariewe nie. Dit kos my R116.77 per nag - oftewel R10 860 vir die 93 nag. Na my mening is dit vir my deur en deur die lidmaatskapfooi werd.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jan 2019 @ 19:57:47 pm
Antony
Gold Member
59% Profile Strength
Posts: 245
Joined: 08 Jun 2010
Experience: 31 years

Ek wens ek het soveel geld gehad dat ek elkgeval overpriced pryse kan betaal en dan nog lidmaatskaap fooie daarby?

Ons almal werk vir geld maar van ons weet hoe om met geld te werk en betaal

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jan 2019 @ 20:55:14 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4659
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ek wens ek het soveel geld gehad dat ek elkgeval overpriced pryse kan betaal en dan nog lidmaatskaap fooie daarby?

Ons almal werk vir geld maar van ons weet hoe om met geld te werk en betaal

Jip, dit kan jy weer sê ;-) Ek betaal nie so baie aan ATKV oorde nie. Ek kamp meer by die ander plekke.. Goedkoper en stiller, beter waarde vir geld in my opinie.. ATKV is fooi hier, fooi daar, glo my lid of nie, jy betaal maar dat dit klap

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jan 2019 @ 22:17:57 pm
Chris Boucher
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 684
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Brommer - vergeef my as ek verkeerd is. Maar ek kan nie help om die gevoel te kry dat jy maar sommer net anti-ATKV is nie.

Teen die tariewe wat ek by ATKV Oorde bly, reken ek dit is puik waarde vir geld. 

Waar bly jy goedkoper met dieselfde kwaliteit geriewe?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jan 2019 @ 23:29:04 pm
Bak oor
Moon Member
92% Profile Strength
Posts: 888
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

My draad gaan oor Hartenbos en die feit dat ek al 5 jaar plek in Desember probeer kry. Waarom ledegeld betaal en kan nie n plek in Hartenbos boek. En as ek reg kom wil ek nie astronomiese bedrag betaal. Fred Mauritius en Thailand is in n ander klas en kan dit beslis nie met Hartenbos vergelyk word nie. mense is wragtig oor vriendelik en jy is veilig ten alle tye. Nou ek's n kamper en as ek moet kies tussen oor see en kamp dan kamp ek. Wil net nie vir n ride gevat word met mal pryse. Dan die lewe is te kort en wil ook nie stagneer by een kamp keuse. Vertrou my ATKV is volgens my die beste om te kamp en ek boek net ATKV. Ek's volgende week weer by n ATKV kamp. Ek wil n geleendheid he by Hartenbos en tot dan sluit ek nie aan. Ek wil volle voordeel geniet van lidmaatskap. Ek baie bewus daar is besparings maar vir my is die kole nie die sous werd.  Vat nou byvoorbeeld n wild card. Ek neem dit elke jaar. Besparings nie genoeg om oor huis toe te skryf maar ten minste kan ek boek waar ek wil enige tyd van die jaar. Ek kuier al vir baie jare by ATKV reg oor die land en boek sonder probleme, Hartenbos is n probleem ? Verder kan wie ook al boek waar hul wil issie my besigheid. As ek in gesprek hoor iemand betaal te veel na my sin sal ek mening lig. Ek's nie iemand wat ja en amen nie. Jammer ma dis wie ek is.

Trek oor die vlaktes, trek oor die rand, maak los die briek en laat waai. Gee vet my ou lorrie en vat nou my wa, geluk lê net om die draai.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jan 2019 @ 23:34:05 pm

16 Jan 2019 @ 23:34:49 pm
Bak oor
Moon Member
92% Profile Strength
Posts: 888
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

My draad gaan oor Hartenbos en die feit dat ek al 5 jaar plek in Desember probeer kry. Waarom ledegeld betaal en kan nie n plek in Hartenbos boek. En as ek reg kom wil ek nie astronomiese bedrag betaal. Fred Mauritius en Thailand is in n ander klas en kan dit beslis nie met Hartenbos vergelyk word nie. mense is wragtig oor vriendelik en jy is veilig ten alle tye. Nou ek's n kamper en as ek moet kies tussen oor see en kamp dan kamp ek. Wil net nie vir n ride gevat word met mal pryse. Dan die lewe is te kort en wil ook nie stagneer by een kamp keuse. Vertrou my ATKV  is volgens my die beste om te kamp en ek boek al jare net ATKV. Ek's volgende week weer by n ATKV kamp. Ek wil n geleendheid he by Hartenbos en tot dan sluit ek nie aan. Ek wil volle voordeel geniet van lidmaatskap. Ek baie bewus daar is besparings maar vir my is die kole nie die sous werd.  Vat nou byvoorbeeld n wild card. Ek neem dit elke jaar. Besparings nie genoeg om oor huis toe te skryf maar ten minste kan ek boek waar ek wil enige tyd van die jaar. Ek kuier al vir baie jare by ATKV reg oor die land en boek sonder probleme, Hartenbos is n probleem ? Verder kan wie ook al boek waar hul wil issie my besigheid. As ek in gesprek hoor iemand betaal te veel na my sin sal ek mening lig. Ek's nie iemand wat ja en amen nie. Jammer ma dis wie ek is.

Trek oor die vlaktes, trek oor die rand, maak los die briek en laat waai. Gee vet my ou lorrie en vat nou my wa, geluk lê net om die draai.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jan 2019 @ 23:35:01 pm

16 Jan 2019 @ 23:36:49 pm

17 Jan 2019 @ 05:58:30 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 11892
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

As ek sien dat die ATKV weer hulle perioriteite reg het tov AFRIKAANS. Dan sal ek sekerlik weer aansluit.  Alhoewel ons deesdae min van die oorde gebruik maak kan dit seker in die toekoms verander.  Die oorde het vir ons baie goed gewerk toe die kinders nog saam gekamp het. Nou soek ons die baie rustiger oorde die ATKV oorde is tans vir ons te besig en lawaaierig met die kinders.  En dis regso ek skiet nie die oord af daardeur nie want hulle maak voor siening vir die kiddies.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2019 @ 06:44:27 am
Chris Boucher
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 684
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Bakoor - met die uitsondering van die afgelope Desember, toe ek ter wille van my twee kleinkinders die mal perd opgesaal, en vir 6 aande (12 - 18 Des) by Hartenbos gaan kamp het, vermy ek laasgenoemde gedurende die piekseisoen. Maar as jy nie 'n ATKV-lid is nie, is jou kans bykans nul om oor Kersfees/Nuwejaar by Hartenbos plek te kry. Besprekings open 'n maand vroeër vir ATKV-lede. Teen die tyd wat jy as nie-lid kan bespreek is al wat staanplek is al opgeraap deur lede.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2019 @ 08:23:16 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4659
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Brommer - vergeef my as ek verkeerd is. Maar ek kan nie help om die gevoel te kry dat jy maar sommer net anti-ATKV is nie.

Teen die tariewe wat ek by ATKV Oorde bly, reken ek dit is puik waarde vir geld. 

Waar bly jy goedkoper met dieselfde kwaliteit geriewe?

1. Warmbad.. Baie lekker..

2. Weesgerus.. Baie Lekker...

3. Bosveld Oase, Baie lekker...

ATKV, watse geriewe het hulle nou regtig meer as ander? 

Anti-ATKV? Miskien, en miskien met baie goeie rede..... 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2019 @ 08:36:00 am
Fred
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1949
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Mense kla so oor hulle lidmaatskap by die ATKV hulle nie versekerde verblyf oor Desember gee nie.  Wat sê die mense wat die fout gemaak het om tyddeel te koop?  Daar betaal jy 'n aanvanklike fooi plus 'n jaarlikese bedrag wat baie hoër is as ATKV lidmaatskapsfooi vir elke week wat jy "besit"  Nou wil jy verblyf hê en jy verwag dat as lid, jy soos by die ATKV, voorkeurbespreking sal geniet.  Aikona!  Jou geld is reeds in die kissie, so hulle is nie begaan oor jou voorkeure nie.  Die nie-lede wat kontant betaal kry voorkeur want hulle wil in Desember of April bly en geen ander tyd nie, so jy as lid moet maar terugstaan.  Jy wou graag Desember bly maar nou sê die maatskappy vir jou hulle kan jou in September of Februarie huisves.  Die lede word dus maar net gehuisves wanneer daar nie aanvraag vir kontanthuur is nie.  Die mense het rede om te kla.  ATKV lede ding maar net mee teen ander ATKV lede.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2019 @ 09:10:07 am
Skolopad
Gold Member
70% Profile Strength
Posts: 217
Joined: 28 Feb 2018

Will the ATKV membership be cheaper for a pensioner, or for that matter the Wildcard, or the other one of the big three a Forever card ? 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2019 @ 10:09:42 am
Chris Boucher
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 684
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Will the ATKV membership be cheaper for a pensioner, or for that matter the Wildcard, or the other one of the big three a Forever card ? 

The short answer is "No".

For the Wild Card to be a financial proposition, you should make your calculations to see whether it will be worth it to join for a year. Presently Kruger National Park charges you a daily extra fee (so-called Conservation Fee) of R93 per adult if you are not in possession of a Wild Card. I will be in the park from next Saturday for 9 nights. That means it would have costed me an additional R1 674 for me and the wife - and I paid R1 055 for my Wild Card. I am thus saving R619 on this stay. 

But I will also be in the park for 46 nights between 30 April and 15 June. That means another saving of R8 556. Plus 6 nights in Karoo National Park on my way to Kruger. The daily Conservation Fee in the latter is R55 per adult, meaning I am saving another R660.

When my overseas children visit and we go to any National Park, I first make a calculation to see whether it is worth it to pay for a Wild Card for them.

And the same applies for ATKV resorts. If it is not worth it to pay the cost for becoming a member (versus your potential saving) - well, why do it then?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2019 @ 13:32:51 pm
Diddo
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 618
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 20 years

Enige iets waar mens iets moet betaal om iets te spaar is rubbish.

Moet ook darem by sê dat ek een jaar `n paar rand sou spaar as ek `n wildkaart gehad het. Dit was seker so 5 jaar terug. Maaaar dan weer, wat van die daaropvolgendes wat ek die lidmaatskap kaart se geld sou mors.

Dit gaan maar oor hoe gereeld mens die ding gebruik en daar is ook party nuttiger as ander.

Die ander vraag is; wil ek elke keer as ek kamp die ATKV oorde besoek net omdat ek afslag kry as daar ander is wat maar +/- dieselfde bied?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2019 @ 18:06:48 pm
Antony
Gold Member
59% Profile Strength
Posts: 245
Joined: 08 Jun 2010
Experience: 31 years

For my part I dont think there are many resorts that will offer you what ATKV does at the rates offerd over peak season periods . For me to get what I want at ATKV costs a bit of sacrifice but I do it to get it and that is, I drive a round trip of 500km to a ATKV stay overnight (book accomodation) stand outside the office door next morning at 05h00 waiting and book when they open at 07h00 , thus getting what I want and not moaning about others getting something and I cant. To get a lot you have to give a little including membership fees for discounts. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2019 @ 21:54:35 pm
Chris Boucher
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 684
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Moet ook darem by sê dat ek een jaar `n paar rand sou spaar as ek `n wildkaart gehad het. Dit was seker so 5 jaar terug. Maaaar dan weer, wat van die daaropvolgendes wat ek die lidmaatskap kaart se geld sou mors.

Dit gaan maar oor hoe gereeld mens die ding gebruik en daar is ook party nuttiger as ander.

Die ander vraag is; wil ek elke keer as ek kamp die ATKV oorde besoek net omdat ek afslag kry as daar ander is wat maar +/- dieselfde bied?

Dit is juis die lekkerte van Wild Card. Jy kan dit hernu of laat verval en eers weer hernu wanneer jy dit nodig het. Jy hoef dit nie te hernu as jy dit nie gaan gebruik nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2019 @ 22:09:49 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 11580
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Dit is juis die lekkerte van Wild Card. Jy kan dit hernu of laat verval en eers weer hernu wanneer jy dit nodig het. Jy hoef dit nie te hernu as jy dit nie gaan gebruik nie.

Ek hernu gewoonlik sommer as ek in die KNP is en moet "uitcheck"

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2019 @ 07:48:07 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 11892
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

As mens dit kan opsom is dit raadsaam om eers te bepaal of jy gereeld van die oorde se fasiliteite gaan gebruik maak.  Indien ja, kan dit vir jou 'n besparing wees anders is dit netso raadsaam om van ander oorde te gebruik maak.

Ons kamp ten minste 1keer per maand.  In die laaste 7 jaar was ek twee keer by 'n ATKV oord Natalia en Buffelspoort.  So die lede gelde per jaar gekoppel aan die besparing wat ons kan kry met so besoek is glad nie vergelykbaar nie. Maar ek sal steeds 'n lid wees van die vereniging weens dit wat hulle vir my taal doen. (Sodra hulle hul peroriteite weer reg het volgens my)

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2019 @ 09:15:59 am
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4431
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years

Is ATKV lidmaatskap moeite werd Ja ek is al 25 jaar lid 3 meisiekinders deur poppe kas en programe deur die jare gehad nou is al drie getroud hulle ook deel van ATKV sowel my 5 kleinkinders  puik oorde hou jou kinders besig gaan nou vit tweede jaar buite seisoen Natalia Feb 3 en April 3 2019 hulle oorde bly gewild hulle is redelik vol tot stamp vol hoekom waarde vir geld as jy nie van hulle hou nie beweeg aan

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2019 @ 10:27:55 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4659
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Mens sou sweer net die ATKV hou jou kinders besig ;-) haha.. Daaris baie level buite die ATKV...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
18 Jan 2019 @ 12:54:28 pm
Chris Boucher
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 684
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Brommer - Dit blyk duidelik dat die ATKV, hetsy lidmaatskap en/of oorde, is nie jou koppie tee nie. Vir baie andere werk dit wel (o.a. vir my). 

Ek kamp ook by heelwat ander oorde. En jy noem enkeles boontoe waarmee ek saamstem. Weesgerus was nog elke keer 'n lekker ervaring. Ek deel nie jou sentiment t.o.v. Warmbad nie - dit is nou indien jy Forever Warmbad bedoel. (Terloops - hulle het gister vir my R1 444 per nag kwoteer vir 27 nagte in Mei. Nogal duur). Ek het geen ervaring van Bosveld Oase nie - dus kan ek nie saamgesels nie. Ek wou al daarnatoe gaan, maar hulle neem besoekers slegs oor naweke en tydens skoolvakansies. Maar alle terugvoering blyk dat dit 'n puik oord is.

Ek kan nog verskeie ander baie bakgat oorde buite die ATKV- of Sanparke-stal noem. Maar om af te sluit - ek baat persoonlik by my ATKV lidmaatskap. En ek lief die meeste van die ATKV oorde wat ek ken. (Ek was nog nooit by Natalia en Drakensville nie). En die een naaste aan my, Goudini Spa, staan my nie aan nie. Ek reken Buffelspoort en Klein Kariba is puik oorde en Eiland Spa bly (na my mening - en jy stem uiteraard nie saam nie) 'n absolute 'bargain' vir 'n pensioenaris, soos ek, om te gaan oorwinter.

Maar nou ja, soos die Engelse spreekwoord lui: "Let's agree to disagree".

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2019 @ 13:07:09 pm
Skolopad
Gold Member
70% Profile Strength
Posts: 217
Joined: 28 Feb 2018

Thanks for all the info, it's econmics of scale, and the brea even point seems to be 10 days for ATKV on a continous scale, and 11 days for National Game parks, if it will give me a extra spot of money for a bit of biltong then it is abargain

Now those that object to the card system, and trying to walk in their shoes, I can fully respect that, but just wondering if they use a Clicks or Pick and Pay or any other shopping card, or a credit card that gives you back points or money, do you use the points or money, just like to stir a bit more, any way if you whant to liven things up on this forum all you have to do is state something Good or Bad about ATKV, then ACTION

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2019 @ 17:40:30 pm
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4431
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years

Mens sou sweer net die ATKV hou jou kinders besig ;-) haha.. Daaris baie level buite die ATKV...

Brommer soos ek gese het ATKV het hulle lekke besig gehou ek kamp by ander oorde ook maar vir my om lid te wees is deur en deur werd

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2019 @ 18:22:42 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1723
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

Ek is vir meer as 30 jaar lid van ATKV en het my kinders in hulle oorde grootgemaak. Ons het nog net waarde vir geld daar gekry. Ek aanvaar almal sal nie van hulle hou nie en ek respekteer dit. Ons (ek en Susan en ons kinders) sal lede bly en hulle ondersteun sover moontlik. Ons is tans in Bloemfontein op pad Hartenbos toe omdat ons dit daar geniet.(ons 23ste jaar) As jy van n ander oord hou ondersteun hom dan voluit en hou hom asseblief ook aan die gang ons kan nie bekostig om een oord te verloor nie. Moet ook nie die ATKV laat doodgaan oor jou persoonlikke gevoelens nie........hulle voorsien weer in iemand anders se noodsaaklikke behoefte. As hulle wegval word jou geliefde oord dalk oorvol en dan kry jy nie plek nie.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2019 @ 21:03:39 pm
Karel
Platinum Member
77% Profile Strength
Posts: 357
Joined: 17 Mar 2015
Experience: 44 years

ATKV Eiland Spa onderskei met hul maandpakke tussen lede en senior burgers. Ons staan lank by die Eiland en ons besparing is R2280 vir die tydperk. Ons het onlangs by Weesgerus gekamp met 2 naweke in die tydperk. Ek weet nie of al die fasiliteite gratis is nie, maar om die binne warm bad te gebruik het my elke keer R10 gekos per persoon. Weereens by Eiland is alles gratis. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2019 @ 07:52:40 am
Hennie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 637
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

Ek is vir meer as 30 jaar lid van ATKV en het my kinders in hulle oorde grootgemaak. Ons het nog net waarde vir geld daar gekry. Ek aanvaar almal sal nie van hulle hou nie en ek respekteer dit. Ons (ek en Susan en ons kinders) sal lede bly en hulle ondersteun sover moontlik. Ons is tans in Bloemfontein op pad Hartenbos toe omdat ons dit daar geniet.(ons 23ste jaar) As jy van n ander oord hou ondersteun hom dan voluit en hou hom asseblief ook aan die gang ons kan nie bekostig om een oord te verloor nie. Moet ook nie die ATKV laat doodgaan oor jou persoonlikke gevoelens nie........hulle voorsien weer in iemand anders se noodsaaklikke behoefte. As hulle wegval word jou geliefde oord dalk oorvol en dan kry jy nie plek nie.

Goed gese Piet.....

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
View First