English & Afrikaans Forums
Total Topics: 19 791
Total Replies: 210 927
Total Views: 81 451 108
topics: 10 119
replies: 113 996
views: 38 424 674
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Is Hartenbos nog Hartenbos

replies: 14
views: 439
08 Jan 2019 @ 20:05:41 pm
Louw
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 26
Joined: 25 Apr 2017
Experience: 27 years

Ons en vriende het n hele paar keer  in Hartenbos gekamp in die verlede B, D en E blok ons het dit altyd baie geniet dit het altyd gevoel of Hartenbos sy eie kultuur gehad het. Ons was weer een keer daar na al die veranderings wat die ATKV gemaak het maar dit was nie dieselfde nie. Ons vriende het dieselfde gevoel gekry en kamp ook nou al twee jaar  nie meer daar nie. Hoe voel die ander kampers oor Hartenbos na die veranderings?

JY IS WIE JY IS AS JY ALEEN IS
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jan 2019 @ 11:35:00 am
Diddo
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 604
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 20 years

Ons het nog nie daar gekamp nie. Dit gesê, ons het wel al daar ingery en gaan kyk wat daar aangaan. Dink nie ek sal so baie daarvan hou om daar te kamp nie. Dit het baie "mall agtig" gevoel. (Miskien soos kamp in die stad)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jan 2019 @ 14:02:09 pm
Fred
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1686
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Neewat, Hartenbos is nog steeds Hartenbos.  Ek dink die veranderinge was beslis verbeteringe.  'n Mens is geneig om plekke wat jy in die verlede geniet het, netso te wil vind as jy weer daar kom, maar as dit altyd so is, kan jy verseker weet die plek is besig om onder te gaan.  'n Onderneming, of ook 'n mens, kan nie stilstaan nie- as jy nie vorentoe beweeg nie, gaan jy agteruit. 

Ek dink Hartenbos het hier in die veertiger jare onstaan en dit het sekerlik toe baie anders gelyk as nou.  My ouers het voor my geboorte daar gekamp en my Ma het vertel dat die hutte van "split poles" gebou was en dat die wind wat ingewaai het, hulle snags laat koud kry het.  Dit is nie meer die geval met vaste verblyf nie maar ek is seker sommige van die ouer garde wat dit toe geken het, het ook gekla oor al hierdie nuwe huisies wat die atmosfeer bederf.  Mense hou nie daarvan as hulle kaas verskuif word nie.  Ek het ook so gevoel toe ek na seker dertig jaar vir die eerste keer weer op Badplaas gekom het.  Meeste van die ou dinge was weg en ek het dit gemis, maar ek moes vinnig aan myself erken dat dit nou baie beter is as wat dit was toe ek in standerd twee daar was.

Ons kamp nogal gereeld op Hartenbos en een van die dinge wat ons besonder baie geniet, is die nuwe put-put baan wat seker een van die bestes in die land is.  Buite skoolvakansies is dit gratis vir inwoners.  Gaan ondervind eerder self die plek as om te veel ag te slaan op mense se negatiewe sienings. Die kampe voel nog maar dieselfde en die feit dat daar nuwe winkels en restaurante naby die kampplekke is, doen nie afbreuk aan die atmosfeer van die kampplekke nie.  Jy kan die "mall" ignoreer as jy wil........- as jy wil!

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jan 2019 @ 15:21:00 pm
Proffie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 660
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Stem saam met Fred. 

Het self nog nooit daar gekamp nie. Het egter Sept 2017 'n paar keer daar gaan inloer. Baie lekker Italiaanse restaurant.

Vir my wat met 'n nuwe "Hartenbos kamper" oog gekyk het, was die skeiding tussen die "mall" en die kampeerareas baie duidelik. Ek het gereken die nuwe ontwikkeling is uitstekend. Kon net nie sien hoe dit die vakansiegangers in Desember gaan hanteer nie. Ons was buite seisoen daar en moes wag vir tafel by die restaurant.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jan 2019 @ 17:31:19 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1623
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

So het ons maar elkeen  ons eie siening oor die goed. Ons kampeer vir die afgelope 22 jaar met die woonwa in Hartenbos vanaf middel Januarie tot in Maart. Ons is volgende week weer op pad. Al die jare in blok J gestaan. Laaste 3 jaar geskuif na blok F na al die veranderinge. Ek gaan my weerhou van kommentaar omdat beide sieninge meriete het. Al wat ek kan se is dat ons wat baie jare daar kamp se "volkslied" deedae daar oor die  skuif is......."Skipskop, Skipskop se koebaai". Ja vir ons oues van dae het die atmosfeer verander ,maar die jongeres het nie n probleem nie. Die voortbestaan van die ATKV is by die jonges en as hulle tevrede is moet ons wat jarelange bydraers is verlief neem met vooruitgang.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jan 2019 @ 19:56:59 pm
Louw
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 26
Joined: 25 Apr 2017
Experience: 27 years

Dis hoekom ek die vraag gevra het om ander se opinie te hoor ,ek is nie nood wendig teen die veranderinge of die vooruitgang van die ATKV nie ek wou juis hoor hoe ervaar ander kampers dit. Dit is presies dieselfde as WP rugby na n nuwe " beter" station geskuif word sal die atmosfeer en kultuur dieselfde wees as Nuweland.

JY IS WIE JY IS AS JY ALEEN IS
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jan 2019 @ 20:04:19 pm
Chris Boucher
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 652
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Ons het onlangs 'n kort wegbrekie daar geniet - 12 tot 18 Des in E-blok. Ons kamp gewoonlik in Hartenbos buite-seisoens (gewoonlik E-blok). Ek het nog altyd Hartenbos geniet - en nou weer. Ek dink die veranderinge is tops.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jan 2019 @ 22:25:45 pm
Froggy
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1645
Joined: 18 Jun 2013
Experience: 48 years

Ek was ook eers teen die veranderings, maar na ek dit beleef het die laaste 2 jaar dink ek anders daar oor.

Ons het in die 70's daar begin gekamp vir die eerste keer. Ma Pa was lid van ATKV. Soos ek verstaan het, was daar 900 staan plekke daai tyd. Ek was n tieners en dink daar was nog longdrops by "F" blok. Beslis geen krag punte nie. Ons het daar gestaan met ons 1968 Sprite Major. Met nog gaslampe binne langs die hang kaste.

Ons het daar gestaan vir 4 weke. Dit was die lekker jare toe alles nog klein was.

Die laaste 2 jaars het ek nie daar gekamp nie, maar by De Branders woon eenhede gebly.

Vir my sal Hartenbos nog altyd n lekker plek bly. Dit is nou baie anders daar, omdat tye nie stil staan nie. Verkies ook buite seisoen. Wil nie van druk verkeer na druk verkeer gaan nie.

Ek gaan weer April daarheen.

Froggy ons Sprinter bussie Harry & Yvonne
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jan 2019 @ 21:48:11 pm
Heindrich
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1120
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Hartenbos sal altyd een van die top oorde wees. Binne- en buite seisoen. Ons was in Februarie 2018 daar vir twee maande en dit was wonderlik. Die omgewing en die mense  is puik met baie om te doen.   

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jan 2019 @ 22:28:16 pm
Bak oor
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 543
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ai, ek probeer al so 5 jaar om daar n plek in Desember te kry. Ou storie jy my by ATKV aansluit. Waar voor aansluit veld betaal en in November op openings dag is alles binne n uur uit genoem volgens oord bestuurder. So as jy nie n connection het of vrek gelukkig is is jou kanse nil. Mors van tyd en geld as jy my vra.

Daardie plek is n malhuis in Desember ( rus jy regtig? ) maar moet bieg vrek lekker. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jan 2019 @ 09:44:42 am
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1623
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

Ons ou nasie hou nou maar eenmaal nie altyd van veranderings nie. Die opgradering sou seer sekerlik nie plaasgevind het as daar nie n vraag na was nie. Feit is dit het nou gebeur en ons moet leer om daarby aan te pas. Nietemin bly Hartenbos tops en daarom is ons weer op pad daarheen volgende week vir die 23ste jaar. Dit bly altyd lekker veral om al die ou vriende van baie jare weer daar te kry en te ween oor hulle wat ons vooruitgegaan het.

Hartenbos hier kom ons.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jan 2019 @ 22:08:53 pm
Piesang
New Member
51% Profile Strength
Posts: 1
Joined: 03 Apr 2016

Hartenbos bly tops nuut of oud.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jan 2019 @ 22:12:24 pm
Proffie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 660
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Marlise

Welkom op die forum. Vertrou jy sal saampraat en die forum geniet.

Ek sien jy is al 'n geruime tyd 'n lid. Hoe hoor ons nou eers van jou kant af?

Bly jy is uit die kas uit.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jan 2019 @ 22:17:26 pm
Proffie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 660
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Marlise

Welkom op die forum. Vertrou jy sal saampraat en die forum geniet.

Ek sien jy is al 'n geruime tyd 'n lid. Hoe hoor ons nou eers van jou kant af?

Bly jy is uit die kas uit. Hoe meer siele, hoe meer vreugde!

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
4 days ago @ 09:10:09 am
Nabro
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 264
Joined: 27 Jan 2015
Experience: 13 years

Was Desember 2 weke in Hartenbos blok F. Dit was baie besig, maar agv die winkels naby hoef jy nie rond te ry nie. Ons het winkels toe gestap wanneer nodig.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
View First