English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 975
Total Replies: 225 358
Total Views: 82 170 252
topics: 10 687
replies: 122 297
views: 38 758 820
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Natalse kus oorde hul piek pryse bereik?

replies: 69
views: 1179
page 1 of 2
05 Jan 2019 @ 08:35:05 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13077
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek wonder of Natalse kus oorde se tariewe nou hul piek bereik het? Ons het afgelope Desember by vriende gekuier oor Desember by Rocky Bay....dag na kersfees. Daar was heelwat leë staanplekke gewees. Ons het by nog 2x bekende oorde in die omgewing gaan loer hoe hul geriewe lyk....ook beide met klomp vakante staanplekke. Ek sien op Scottburgh se website het hulle op die ou einde ekstra 7.5% afslag gegee op hul Desember piek tyd tariewe...moet wees as gevolg van klomp vakante staanplekke. Verskeie oorde het reeds hul 2019 Desember pryse bekend gemaak....sommige pryse bly dieselfde as 2018....ander sin styg bitter min...maksimum 5%

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jan 2019 @ 12:28:51 pm
Stephan
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 170
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 7 years

Ek was verras met goeie tariewe wat ons oor Desember by Villa Spa gekry het (puik oord!), ten spytedat ons eers 'n week voor ons gery het plek begin soek het. Van Toti tot by Pennungton was net Natalia vol bespreek.

Die park het ook heelwat oop staanplekke gehad.

Ek dink mense het nie kans gesien vir die hoë brandstof prys nie, 'n bewys dat dieekonomie druk.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jan 2019 @ 15:29:30 pm
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1970
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Die probleem is dat jy vir minimum 10 dae moet bespreek oor Desember en dit is hoekom die parke nie vol is nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jan 2019 @ 17:05:31 pm
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1410
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Stephan

Vertel bietjie meer oor Villa Spa.

Waar is dit, hoe het julle die volgende gevind?

Staanplek grootte?

Ablusie, voldoende, skoon en gerieflik?

Sekuriteit?

Ek neem aan jy het/sal nog die oord op die rating fasiliteit beoordeel vir later gebruik?

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jan 2019 @ 22:21:44 pm
Stephan
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 170
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 7 years

Proffie, ek het al klaar.

Puik oord. 4 ster gegradeer. Heelwat vir kinders om te doen.

Ruim staanplekke met volop koelte. 44 in totaal.

Skoner ablusies het ek nog nooit gesien nie (nie eers by bekender name nie)en meer as voldoende.

Het nie een aand onveilig gevoel in die park nie. As mens strand toe gaan is daar 'n wag op die treinbrug. Die ou het een aand verseg dat my vrou en 2 kinders alleen strand toe loop.(En ek waardeer sy opinie)

Aangeheg is 'n foto van hoe AL die krane lyk by die staanplekke, so maak maar self jou mind op 👍

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jan 2019 @ 22:34:45 pm
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1410
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Stephan

Dankie. Dit lyk goed versorg en goed bestuur. As die ouens die detail goed soos 'n kraan behoorlik hanteer is die groter goed ook in plek.

Sal plan maak om daar te gaan draai per geleentheid.

Die naam was vir my vreemd, dis hoekom ek die vrae gevra het.

Dankie vir jou moeite.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jan 2019 @ 06:51:05 am
Johan Hall
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 650
Joined: 13 Jun 2011
Experience: 38 years

Stephan,

Enige indikasie van hulle tariewe?

Camping Forever, enjoy
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jan 2019 @ 09:41:16 am
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 502
Joined: 04 May 2016
Experience: 32 years

Johan, gaan kyk op Villa Spa Holiday Resort se Webblad. Hul tariewe word volledig daar uiteen gesit.

Hul tariewe is nie van die laagste nie, maar kry goeie waarde vir jou geld. Die oord is ook baie wind beskud.

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jan 2019 @ 11:35:14 am
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1970
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Villa Spa is een van die duurder parke aan die Natalse kus maar ons gunsteling. Park word baie goed bestuur en as die gras bietjie af is op 'n staanplek herstel hulle dit voordat iemand anders dit kan gebruik.

Het egter so twee jaar gelede 'n inbraak by die wa langs ons gehad deur die nag. Klein voetspore die oggend gesien. Beursies binne in die wa (deur was nie gesluit) en fietse gesteel. Daar was 'n leë erf langs aan en vermoed hulle het daar deur gekom.

Nogtans het ons die park nog altyd geniet en swembad water altyd lekker temperatuur.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
2
06 Jan 2019 @ 11:50:14 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13077
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Is Villa Spa toe verkoop? Ek weet hy was n ruk terug in die mark gewees.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jan 2019 @ 12:30:59 pm
Stephan
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 170
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 7 years

Selfde eienaars

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jan 2019 @ 08:01:22 am
Ski
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1585
Joined: 19 Oct 2009
Experience: 32 years

Ons was nie laas des by die see nie maar des 2017 het ons einde nov begin plek soek en van die 22 oorde wat ons gebel het kon ek plek kry by 19 van hulle.

Nico & Mandy
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jan 2019 @ 10:08:02 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4880
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ons was nie laas des by die see nie maar des 2017 het ons einde nov begin plek soek en van die 22 oorde wat ons gebel het kon ek plek kry by 19 van hulle.

Almal probeer maar almal jaag om vas te boek. Nog ELKE jaar plek gekry hier eers teen einde van die jaar.. Almal begin met nee dis vol en dan kan jy op waglys geplaas word en more het jy plek! haha..

Neewat ek trek eerder die bietjie rente van so vakansie nog tot die einde ;-)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jan 2019 @ 10:17:14 am
Ski
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1585
Joined: 19 Oct 2009
Experience: 32 years

Ek hou weer daarvan om te bespreek en klaar te betaal deur die jaar. Sit ook diesel en spending geld eenkant. Ek koop ook my kos en vleis klaar by einde okt dan is ek nie vas met geld oor des nie.

Nico & Mandy
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jan 2019 @ 12:15:16 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4880
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ek hou weer daarvan om te bespreek en klaar te betaal deur die jaar. Sit ook diesel en spending geld eenkant. Ek koop ook my kos en vleis klaar by einde okt dan is ek nie vas met geld oor des nie.

Ek sit my gelde vir moontlike vakansies net weg in rente draende rekeninge. Want die tariewe is reeds vasgestel teen die tyd en jy begroot klaar vir dit. Kom einde van jaar is daar meer oor elkgeval, al is dit net bietjie meer, is dit steeds meer. Al wat kan pla is diesel pryse maar dis bitter klein deel van ons vakansie begrotings dat die brandstof nie my pla nie. Verblyf is by verre die duurste sover en dan natuurlik al die kosse en uiteet en dinge wat gedoen word... uShaka vra 'n magdom klomp geld per persoon om na die visse te gaan kyk, maar ek geniet dit om elke jaar my kinders 1 jaar ouer by dieselfde plekke te sien en fotos daarvan te neem, en hul gesigte te ervaar met alles wat hul sien en doen..

Terug by Mahai, fantasies lekker. Dis wel nie vir elke ou noodwendig nie, dis baie basies, maar as jy van stap en die berge hou is dit die plek om te wees in die drakensberge. Daar is BAIE staproetes, en verskriklike mooi plekke en dinge om te sien. 

Nuwe jaar was dit doodstil, doodstil. Niemand raas en maak nonsens nie. Almal is letterlik rustig saam hul gesinne en mense en almal geniet die stilte en die atmosfeer van kamp in die berge.

Ek was ook verbaas oor die kakkerlakke... ons het ook so paar gekry.

Mahai is natuurlik redelik vol gewees die jaar, maar ek kom wel agter dat baie oorde net "sê" hulle is vol en dan is daar nog redelik plek vir paar manne.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2019 @ 22:13:07 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13077
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Van die orde het hulle April vakansie tariewe skerp gesny.....heelwat laer as laas jaar. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jan 2019 @ 19:33:40 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13412
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek wil April wegbreek soontoe hier is my kans

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jan 2019 @ 06:43:58 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13077
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek wil April wegbreek soontoe hier is my kans

Dolphin was bv laasjaar April R725 vir 2 mense....hierdie jaar is dit R560. Hierdie is pryse vir skool vakansie. Jy gaan seker buite seisoen kan gaan.....heelwat goedkoper

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jan 2019 @ 07:40:54 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13077
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek was Desember by Karridene. Hierdie foto's is geneem tussen Kersfees en nuwe jaar. Kyk hoe lekker kampeer ek alleen daar onder die bome. Ek het gaan tel....daai dag was 35x staanplekke oop!....en dit vir spitstyd!!! 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jan 2019 @ 08:06:40 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13412
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dolphin was bv laasjaar April R725 vir 2 mense....hierdie jaar is dit R560. Hierdie is pryse vir skool vakansie. Jy gaan seker buite seisoen kan gaan.....heelwat goedkoper

Ek gaan verseker kyk of ek daar kan uit kom. Die pryse is steeds aan die hoë kant maar buite seisoen sal dit seker nog beter wees soos jy tereg sê.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jan 2019 @ 09:52:43 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13077
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek gaan verseker kyk of ek daar kan uit kom. Die pryse is steeds aan die hoë kant maar buite seisoen sal dit seker nog beter wees soos jy tereg sê.

Ek dink R320 vir 2 persone

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jan 2019 @ 09:57:40 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4880
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ek sê mos, jy sal altyd erens plek kry ;-)

Maar ja dit klink goed, dalk kan ons ook as nuwe kleinding so 3 maande oud is bietjie see toe gaan vir 2 weke of so terwyl die kraamverlof staan...

Dis dalk nou waar sulke oorde gaan begin dink om die karavaan park gedeeltes af te skaf en eerder iets anders te probeer bewerkstellig wat geld gaan inbring en dalk deur die jaar? Karavaan kampeerders is eintlik soms hul eie ondergang... Maar nou ja hoop maar vir beste en hoop ons het nog kwaliteit kampplekke en produkte beskikbaar in toekoms.. Anders help dit veel ons sit met die karavane.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jan 2019 @ 11:04:52 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2222
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Die fotos van Geert hierbo is regtig ontstellend al was ons nog nooit by die betrokke park nie.  Leë karavaanparke of winkels of eetplekke bekommer my want hulle gaan dalk nie volgende keer daar wees vir my nie.

Wat Brommer sê is waar.  Karavaanparke is gekoop teen pryse wat gebasseer was op inkomstes ten tye van die transaksie, toe dit beter gegaan het met die ekonomie.  Nou druk die ekonomie en die inkomste bereik nie meer die verwagtinge nie, die eienaar kry nie 'n redelike opbrengs op sy belegging nie en as hy met 'n verband gekoop het, kan hy dalk nie eens meer die paaimente bekostig nie.  Nou moet hy die plek aanbied vir verkoop teen 'n drastiese laer prys wat hy dalk nie gaan haal nie, want niemand wil in dieselfde bootjie beland nie, en die park word op 'n eksekusieveiling verkoop.  Die nuwe eienaars sal waarskynlik 'n eiendomsontwikkelaar wees  wat iets soos wooneenhede gaan oprig en ons sit met een karavaanpark minder.....en nog een en nog een. Die ATKV orde raak dus al meer gewild en duurder as gevolg van die groter aanvraag. Wat gaan Desemberpryse dan wees?  Uiteindelik sal die gewone man nie meer kan bekostig om vakansie te hou nie en gevolglik gaan karavaanvervaardigers dit ook nie meer maak nie.  Kom ons hoop die ekonomie beleef 'n opswaai na die verkiesing anders ly ons almal se vakansies skipbreuk (om nie van al die ander aspekte te praat nie).

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jan 2019 @ 13:21:20 pm

Fred, so tong in die kies... Miskien sal almal maar dan by die Chinese gaan vakansie hou ;-) haha.. Cheap cheap..

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jan 2019 @ 18:00:51 pm
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1970
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Pieter spesiaal net  vir jou. laughing Karridene is seker die "cheapste" park aan die kus met uitstekende geriewe. Ons kamp baie daar vir 'n naweek maar mense dink seker omdat dit goedkoop is dit is nie 'n goeie oord nie. laughingKort net meer koelte.

My vermoede is dat die hotel die inkomste bring en die park 'n bysaak maar kla nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jan 2019 @ 19:50:10 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13077
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Pieter spesiaal net  vir jou. laughing Karridene is seker die "cheapste" park aan die kus met uitstekende geriewe. Ons kamp baie daar vir 'n naweek maar mense dink seker omdat dit goedkoop is dit is nie 'n goeie oord nie. laughingKort net meer koelte.

My vermoede is dat die hotel die inkomste bring en die park 'n bysaak maar kla nie.

Ons geniet Karridene vreeslik baie. Groen grasperke en groot staanplekke {Ek dink my staanplek was 270m2} en daai badkamers is baie gerieflik....lekker groot en altyd skoon. Ongelukkig is dit nie so "cheap" in Desember nie.....vir gesin van 4 kos dit nou R 1440/nag oor Desember.

Die park behoort aan korrektiewe dienste....Protea bestuur die plek vir hulle

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jan 2019 @ 21:04:24 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4880
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Pieter spesiaal net  vir jou. laughing Karridene is seker die "cheapste" park aan die kus met uitstekende geriewe. Ons kamp baie daar vir 'n naweek maar mense dink seker omdat dit goedkoop is dit is nie 'n goeie oord nie. laughingKort net meer koelte.

My vermoede is dat die hotel die inkomste bring en die park 'n bysaak maar kla nie.

Ek self het ook al by Karridene gekamp vir Desember vakansie.. Ken die plek goed en het baie lekker gekuier ens..

Die laaste 2 Desembers was ek by die see by Salt Rock, eerste keer bykans 3 weke en nou net een week (kon net een week plek kry) en betaal my R1000 per nag daar met liefde, veral die staanplek wat ek nou gehad het was heerlik, met see uitsig ens. AS ek kan, sal ek ook weer 3weke by salt rock gaan staan.. Is baie lekker daar voor op die strand en kan see sien....

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jan 2019 @ 21:07:20 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4880
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

MAAR, na ek by SALT ROCK was, is dit moeilik, selfs al is pryse elders goedkoper, om by ander plekke sonder see uitsig te gaan staan.. Ek gaan defnitief NIE af ry al die pad en nie die see sien nie. Bietjie gespoilt nou... So as ek nie die regte plekke kry nie, dan gaan ek maar my Desembers by die berge of elders spandeer, maar as ek al die pad af see toe ry soek ek nou see uitsig. Al die moeite, jy soek daai view...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jan 2019 @ 06:30:56 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13412
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ons geniet Karridene vreeslik baie. Groen grasperke en groot staanplekke {Ek dink my staanplek was 270m2} en daai badkamers is baie gerieflik....lekker groot en altyd skoon. Ongelukkig is dit nie so "cheap" in Desember nie.....vir gesin van 4 kos dit nou R 1440/nag oor Desember.

Die park behoort aan korrektiewe dienste....Protea bestuur die plek vir hulle

Ouch! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! !

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jan 2019 @ 06:50:13 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13077
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ouch! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! !

Ja Leon...dit raak rof. Die pryse raak hoog omdat hulle kinders vanf 12 jaar as volwasse beskou......seker die hotel reels wat hulle ook op karavaan park toepas. Maar ek dink nie hierdie park is so leeg oor vakansies net as gevolg van hoë tariewe nie.....meer te doen oor swak bestuur.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jan 2019 @ 10:17:46 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13412
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Shoe Geert dis darem mal pryse.  Oor die R30 000 vir drie weke kamp en dit net akkomodasie.

Dan skuif ek maar Suid kaap se rigting, want daar het ek nog drie weke gekamp vir 'n vyfde van daai prys.  En al sleep ek sovêr kom die brandstof nie naby aan daai kostes nie.

Sal verseker net buite seisoen die Natalse kus besoek.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jan 2019 @ 14:38:08 pm
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1410
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Ek lees in Weg, Februarie 2019 uitgawe syfers oor die industrie in 2018.

Dit dui op uitbreiding in die bedryf:

* 11 nuwe boswaens vrygestel

* 13 nuwe karavane

* 4 nuwe kampplekke deur hulle besoek en evalueer

Dit dui effe die teenoorgestelde aan as wat ons tot nou toe gedink het oor die industrie.

Dat dit vorentoe gaan moeiliker raak, soos vir enige verbruiker en besigheid, is sekerlik 'n feit.

Tot dan, kamp ons maar soveel as moontlik.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jan 2019 @ 20:19:02 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13077
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek lees in Weg, Februarie 2019 uitgawe syfers oor die industrie in 2018.

Dit dui op uitbreiding in die bedryf:

* 11 nuwe boswaens vrygestel

* 13 nuwe karavane

* 4 nuwe kampplekke deur hulle besoek en evalueer

Dit dui effe die teenoorgestelde aan as wat ons tot nou toe gedink het oor die industrie.

Dat dit vorentoe gaan moeiliker raak, soos vir enige verbruiker en besigheid, is sekerlik 'n feit.

Tot dan, kamp ons maar soveel as moontlik.

Ek dink dis Leon wat êrens genoem het dat dit eintlik "goed" was dat Jurgens Ci deur n dip gegaan het.....dit het gemaak dat ander vervaardigers gesien het dat daar n groot gaping in die mark is en dit aangegryp het. Hopenlik kom Jurgens Ci weer heeltemaal op die been....dan gaan daar lekker kompetisie wees - Prysgewys en kwaliteits gewys.

Ek dink nie daar was ooit n afname in kampeer bedryf nie.....2de handse karavaan pryse getuig daarvan 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jan 2019 @ 20:46:02 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13077
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ja Leon...dit raak rof. Die pryse raak hoog omdat hulle kinders vanf 12 jaar as volwasse beskou......seker die hotel reels wat hulle ook op karavaan park toepas. Maar ek dink nie hierdie park is so leeg oor vakansies net as gevolg van hoë tariewe nie.....meer te doen oor swak bestuur.

As ek praat van swak bestuur: Hulle doen hul besprekings soos n hotel waar mense gemiddeld 1-2 dae oornag. Daar was byvoorbeeld oorkant my n blok wat bestaan uit 4x nice staanplekke. Op oukersdag kom daar n lot locals aan wat daai staanplekke bespreek het....net vir daai 1 aand.....kersdag verdwyn hulle weer. Nou kom jy as kampeerder en vra of hulle staan plek het vir byvoorbeeld 20-30 Desember. Nou sê hulle hul is vol....want jy kan nie een van daai 4x staanplekke bespreek nie, want hierdie mense kom vir eend aand oornag. Vir die 20 dae wat ek daar was, was daai staanplekke heeltyd leeg.....behalwe vir oukersaand. Daar was meer van sulke voorbeelde elders in die park.

Hulle hammer ook nie op deposito en betalings vooraf nie.....ek moes November maand "smeek" dat hulle faktuur moet stuur sodat ek kan betaal. n Ander ou sê hy het niks betaal nie....eers toe hy daar aankom het hy betaal.....geen deposito vooraf nie {Niks} So daar is geen commitment nie. 

Hulle het my oorspronklik op n staanplek geplaas waar ek nie wou wees nie. Hulle sou my laat weet sodra n ander plek oopgaan en my oorskuif.....nooit gebeur nie. Ek het telke male geskakel en moes elke keer hoor hulle is propvol.....tot op eendag toe ek hulle weer bel en hulle sê  hulle is vol....toe bel my vrou n minuut daarna en vra vir plek. Hier gee hulle my vrou n lys van omtrent 14 staanplekke wat nog beskikbaar is. Karridene het toe van my gehoor......

Ek wens ek kon hul besprekings vir een Desember hanteer.....ek is vas daarvan oortuig dat ek n vol spits seisoen kamp sal kan bewerkstellig. Dis regtig n baie lekker kamp.....ruim staan plekke....95% vol gras....lekker ablusie blokke.....gerieflike afstand na strand....kan alle hotel fasiliteite gebruik. 2x swembaddens, winkel, mooi putt-putt, trampolines, muurbal, gym, spa, games room, restaurant, bar, klimraam vir kinders......Ek sit partykeer en kyk oor die muur by Natalia.....mense sit daar soos sardientjies ingeryg op paving en grond.......hierdie kant staan jy ruim {ek dink ten minste dubbel so groot} op groen grasperkke.....dan kan ek nie help om te dink park word verkeerd bestuur nie. Die probleem is die persoon wat besprekings doen het geen belang in kamp nie.....maar net nog n job.

Hoop maar daar kom verandering en nie n einde van n oord omdat hul meer geld kan maak as hotel daar uitbrei nie.....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jan 2019 @ 22:35:59 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4880
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Geert ja, soos ons geprek was, wil ek noem dat ek sien al hoe meer sulke dinge kop uitsteek.. Jy skakel oord en vra vir plek en dan is daar kamma nie beskikbaar nie en dan laat weet mense jou daar is al 3 weke staanplekke oop... Gebeur op baie plekke lyk my...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jan 2019 @ 22:54:06 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13077
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Geert ja, soos ons geprek was, wil ek noem dat ek sien al hoe meer sulke dinge kop uitsteek.. Jy skakel oord en vra vir plek en dan is daar kamma nie beskikbaar nie en dan laat weet mense jou daar is al 3 weke staanplekke oop... Gebeur op baie plekke lyk my...

Selfde met Drakensville....daar was n 2x nice staanplekke oop voor my staanplek....vra toe vir kantoor of ek kan oorskuif soontoe. Direk was die antwoord..Nee, altwee is bespreek. Die hele tyd wat ek daar was het staanplekke oopgestaan. Dis plainweg  net lui om te werk.....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jan 2019 @ 14:46:24 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4880
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Selfde met Drakensville....daar was n 2x nice staanplekke oop voor my staanplek....vra toe vir kantoor of ek kan oorskuif soontoe. Direk was die antwoord..Nee, altwee is bespreek. Die hele tyd wat ek daar was het staanplekke oopgestaan. Dis plainweg  net lui om te werk.....

Net so..... 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 22:36:48 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13077
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

John. Ek het ongelukkig nie meer fotos van Karridene nie....alles verloor met selfoon upgrade, maar die fotos bo is van Kartidene. Soos genoem, karridene is seker 90% gras, maar skaduwee is maar bietjie skaars. Kyk ook na Stephan se fotos van Villa Spa.....dis dink ek die netjiesste oord waar ek ooit gekamp het.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 May 2019 @ 21:55:40 pm
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1410
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Selfde met Drakensville....daar was n 2x nice staanplekke oop voor my staanplek....vra toe vir kantoor of ek kan oorskuif soontoe. Direk was die antwoord..Nee, altwee is bespreek. Die hele tyd wat ek daar was het staanplekke oopgestaan. Dis plainweg  net lui om te werk.....

Ook dieselfde ervaring gehad by Drakensville in Februarie 2019.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2019 @ 15:14:48 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13077
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Sjoe....om 50% afslag te gee oor Desember is baie.....oorspronklike prys te hoog gewees?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2019 @ 15:22:30 pm
Ski
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1585
Joined: 19 Oct 2009
Experience: 32 years

Een van die duurste kamp plekke op die kus gewoonlik

Nico & Mandy
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Aug 2019 @ 19:10:17 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4880
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Wel toe ek paar jaar terug daar was het ek R960 per nag betaal en ek was basies een van baie min in die oord. Vakansie was rustig en my seuntjie 3 maande oud en sy sussie maar 3jaar..

Vir R480 is dit billik, jy kry hier en daar staanplekke met 'n see uitsig en dit was vir my vrou veral lekker in die oggende om vir die see te kyk uit haar tent.

Sy verkies wel nou see staanplekke waar jy nie oor die treinspoor moet loop nie.. So sal maar sien wat die jaar bring

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Aug 2019 @ 19:11:53 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4880
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ek dink jy gaan BAIE oop plekke die jaar kry............ Veral nou dat baie van die mense so padgee uit die land. So die pryse gaan of sak om vol te word, of die plekke gaan oop staan. Dit bied weer geleentheid..

MAAR dit sal beteken dat sommige oorde eerder sal sluit....

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Aug 2019 @ 20:03:57 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1541
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Sjoe....om 50% afslag te gee oor Desember is baie.....oorspronklike prys te hoog gewees?

Vet afslag en dan laat hulle honne ook toe. Laat mens wonder 🤔

I WENT TO CAMP KNOWING TO MAKE FRIENDS, ENDED UP WITH A AMAZING NEW FAMILY.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Aug 2019 @ 06:33:45 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13412
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Kyk nou.  Presies soos wat ons al op ander drade voorspel het 'n tyd terug gaan gebeur.  Daar het ons ook genoem dat die hoë kamp tariewe Natal se oorde gaan inhaal.  Mense gaan verseker goedkoper plek begin soek om vakansie te gaan hou.

Dit het natuurlik verlede Desember al gebeur en die jaar se afslag is 'n poging om mense terug te lok.  Pluimpie vir Caravan Cove om die leiding te neem.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Aug 2019 @ 06:39:49 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13412
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

10 dae is nou maar R4800. Baie beter as R8800 tot R10100

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Aug 2019 @ 06:40:41 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13412
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Nou kan mens gaan kamp en die vakansie geniet. Ha ha ha ha

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Aug 2019 @ 14:22:27 pm
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1410
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Hoop dis die begin van 'n tendens vir alle kampe se Desember pryse.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Aug 2019 @ 17:01:32 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13077
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Sjoe....om 50% afslag te gee oor Desember is baie.....oorspronklike prys te hoog gewees?

Jammer...dis net op special as jy 2 mense is....sodra jy 3 mense is skiet prys op na R960. Hulle kan maar weer n spookdorp verwag Desember. Ons het afgelope Desember by vriende gaan kuier by Rocky Bay.....op pad soontoe het ons gou by Caravan Cove gestop om te kyk hoe lyk dit daar. Plek was skrikwekkend leeg...amper niemand nie. Hulle pryse is ook te hoog....daai oord is nie die pryse wat hul vra naastenby werd nie. Lyk of hulle kyk na die top oorde in hul omgewing se pryse en pas hulle pryse daarvolgens aan.  

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Aug 2019 @ 17:32:30 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2222
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ek het gou gaan kyk hoe TO Strand se tariewe lyk en was geskok om te sien in Desember gaan jy ook R850 per nag betaal en R720 in April.   Dit was toe my vrou nog skoolgehou het, een van ons gunsteling oorde vir April vakansies, maar teen sulke tariewe sou ons dit nie oorweeg nie.  Gelukkig is ons pensionarisse en sal ons buite seisoen nog teen R230 kan kampeer.

Die hoë piekseisoentariewe dwing dalk mense wat nie verplig is om in skoolvakansies te kampeer nie, om na die aftye te kyk, wat waarskynlik deur oorde verwelkom sal word. Dis waarskynlik makliker om regdeur die jaar 'n redelike besetting te hê as volbesetting oor vakansies en leë kampe die grootste deel van die jaar.  Ek dink onder andere aan personeel wat jy nie aanhoudend kan huur en afdank nie.   Ek dink dis waarskynlik in sommige oorde  gebeur, want ons sien deesdae groot getalle kampeerders buite skoolvakansies waar daar 'n paar jaar gelede nie eintlik iets gedurende sulke tye aangegaan het nie.  Ek dink onder andere aan Klein Kariba.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Aug 2019 @ 20:28:22 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1541
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

10 dae is nou maar R4800. Baie beter as R8800 tot R10100

Dolphin. R 17 500.00 vir 14 dae. 

Baie geld om te betaal vir geen see uitsig. 

Ek weet ten minste waar en wat om te doen in Ballito en omgewing. Reg langs die karavaanpark permanent gebly en Ballito is nie verniet een van Sa se Top vakansie plekke in SA. Nietemin n klomp geld om te betaal vir karavaan staanplek.

I WENT TO CAMP KNOWING TO MAKE FRIENDS, ENDED UP WITH A AMAZING NEW FAMILY.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 2