English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 619
Total Replies: 220 498
Total Views: 81 949 832
topics: 10 546
replies: 120 035
views: 38 673 966
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Bad news

replies: 28
views: 967
10 Dec 2018 @ 11:30:12 am
Ski
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1548
Joined: 19 Oct 2009
Experience: 32 years

So sad

Nico & Mandy
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Dec 2018 @ 12:07:55 pm
Bushbaby
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 151
Joined: 21 Jun 2017
Experience: 34 years

I am really sorry to see Jurgens /Ci go .Perhaps someone can restart the Jurgens name etc. Wonder what will happen to their outlets like Sunseeker in Alberton ?

One thing is for sure you will never see the competitive pricing  again .Already the so called start up mnf are considerably more expensive and it will effect the industry growth  in general.

Anyway what will be will be.

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Dec 2018 @ 12:19:02 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5494
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Halo Nico Ek neem aan jy praat van Jurgens se doodskoot. Sal sekerlik nie help as ek nou sê.. ek het julle gesê nie. Paar jaar terug het ek gevra of ons nie met dié manne kan gaan praat nie..

Nee, dit sal nie help nie.

Nou wat nou. ??

Nou het die gestrikery n groot naam in die modder in  gestrike.

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Dec 2018 @ 12:58:34 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 3868
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Inderdaad slegte nuus. Ek hoop maar van harte daar is iemand wat sal weet waar al die panele ens aangekoop was indien mens herstelwerk wil laat doen. Ek dink dis die area waar dit die meeste mense  diep geraak gaan word. Soos dit alreeds die geval was moes mens by tye maande wag vir die nuwer kleurskakerings. Praat nie eers van iets ouer as 8 jaar nie. Dis volgens werkswinkels.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Dec 2018 @ 13:09:27 pm
pietpotjie
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 220
Joined: 02 Oct 2017
Experience: 59 years

Inderdaad slegte nuus. Ek hoop maar van harte daar is iemand wat sal weet waar al die panele ens aangekoop was indien mens herstelwerk wil laat doen. Ek dink dis die area waar dit die meeste mense  diep geraak gaan word. Soos dit alreeds die geval was moes mens by tye maande wag vir die nuwer kleurskakerings. Praat nie eers van iets ouer as 8 jaar nie. Dis volgens werkswinkels.

 Soos wat ek verstaan het hulle blykbaar self die tente gemaak. Howling Moon was ook n afdeeling van hulle. 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Dec 2018 @ 13:24:01 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1218
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

My '95 Fleetline L is een van die dae 'n versamelaars item :) Dink ook nou sal mens gebruikte waens se pryse deur die dak sien gaan (en daarmee saam ook nuwe vervaardigers wat hier en daar begin opstaan want die groot kompetisie is nou weg). Sien 'n donker toekoms vir die kamp bedryf....

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Dec 2018 @ 13:34:54 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5494
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Jip.

En die maatskappye wat ook sateliete was van die oorspronklike fabriek is nou ook daarmee heen. 

Werk verliese is die heel grootste trauma. Daar is/was seker duisendes.

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Dec 2018 @ 13:38:10 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4762
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Eish hier gaat ons.. Enige offers op 2015 fleetline? ;-)


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Dec 2018 @ 14:44:02 pm
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1278
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

As ek reg lees is hierdie nog voorlopige likwidasie en moet JCi voor of op 6 Feb 2019 wys waarom hulle nie gelikwideer moet word nie.

Hierdie is effe lynreg teenoor die indruk wat die eienaar skep in die artikel in Caravan &Outdoor Living van November 2018, p12 waar die storie vertel word en kort onderhoud met eienaar weergegee word. Hy sê besigheid gaan voort.

Dis nog nie doodskoot nie. JCi het nog tyd om reg te maak.

Dalk trek hulle nog 'n haas uit die hoed uit.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Dec 2018 @ 15:14:01 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1596
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Was die mense wat Ci by Imperial gekoop het nie ook betrokke by die misluke Sharemax beleggingskema waarby baie mens miljoene van hul geld verloor het nie?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Dec 2018 @ 17:23:06 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1051
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 6 years

Sien die uitspraak was op 16 September. Dus ouerige nuus.

Die tente is gemaak by Caravan Industries in PineTown.  Het my wa se nuwe "surround" deur Campworld van hulle bestel.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Dec 2018 @ 17:31:20 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12656
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek dink nie ons hoef te worry nie.  Heel wat ander karavane gebruik soort gelyke onderdele en dan is die oposisie van Campworld nl Leisure World daar wat ook de onderdele kan verskaf.

As Jurgens moet vou is dit okay ons sal kan survive.  Laat dit n les wees vir die strikers.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Dec 2018 @ 17:46:06 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 3868
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Sien die uitspraak was op 16 September. Dus ouerige nuus.

Die tente is gemaak by Caravan Industries in PineTown.  Het my wa se nuwe "surround" deur Campworld van hulle bestel.

Ja die saak was aangehoor in Sep en die artikel om dit bekend te maak is op 09-12-2018  geadverteer. Sover ek weet moet hierdie tipe sake in minstens een Eng en 1 Afr koerant gepubliseer word. Hier dink ek wat gister geadverteer in 'n koerant.

So ruk terug was dit ook 1 spesifieke skuldeiser wat 'n bekende staal handelaar laat likwideer het. Dit gebeur mos as mens nie 'n geskikte manier kan vind om so sluldeiser te vergoed. Dalk kan v d regsmense ons meer inligting gee oor die proses.

Ek glo nie hier is enige verbinding tussen Jurgens CI se vorige eienaars en die bekende Sharemax skemas nie. In elk geval niks wat ek gelees het nie.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Dec 2018 @ 19:24:58 pm
Swanie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 489
Joined: 26 May 2013
Experience: 45 years

Was die mense wat Ci by Imperial gekoop het nie ook betrokke by die misluke Sharemax beleggingskema waarby baie mens miljoene van hul geld verloor het nie?

Jip  ek is een

 

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Dec 2018 @ 20:49:37 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 12285
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Verbasend dat daar so n groot eis ingesit is deur n vervoer maatskappy....sou dit eerder verwag het van n groot verskaffer

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Dec 2018 @ 23:13:22 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 3868
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Geert nee dit hoef nie 'n groot eis te wees nie. Dit hang net af of die eiser betaal word of nie en dan begin met 'n saak. Die staal firma wat ek na verwys het dink ek was die eis slegs R100 000 en die saak het 4 jaar gesloer voor hulle in Mei 2018 gelikwideer is.

Ek het op 'n kol 'n lys van likwidasies gesien en van die eise was vir so min as R40 000.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Dec 2018 @ 09:40:05 am
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1596
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Ja die saak was aangehoor in Sep en die artikel om dit bekend te maak is op 09-12-2018  geadverteer. Sover ek weet moet hierdie tipe sake in minstens een Eng en 1 Afr koerant gepubliseer word. Hier dink ek wat gister geadverteer in 'n koerant.

So ruk terug was dit ook 1 spesifieke skuldeiser wat 'n bekende staal handelaar laat likwideer het. Dit gebeur mos as mens nie 'n geskikte manier kan vind om so sluldeiser te vergoed. Dalk kan v d regsmense ons meer inligting gee oor die proses.

Ek glo nie hier is enige verbinding tussen Jurgens CI se vorige eienaars en die bekende Sharemax skemas nie. In elk geval niks wat ek gelees het nie.

 

Gaan search dit op die internet dan sal jy sien dat daar een naam is wat aan beide transaksies gekoppel is. Ek is nie seker tot watter mate nie want ek het nie die Sharemax ing gevolg nie.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Dec 2018 @ 09:43:17 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12656
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Jip  ek is een

 

Ai dis nie lekker om van sulke dinge te hoor nie. Mense op pensioen het lange jare aan hulle pensioen geldjies gewerk om dit op sulke maniere te verloor.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Dec 2018 @ 10:53:31 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 3868
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Heindrich jy is korrek. Ek het soveel artikels gelees oor die Sharmax ding en ek het nou gesien dat hy wel 'n skakel was. Van die ander name het mens gereeld gelees deurdat daar in diepte ondersoek ingestel was. My swaer is ook een wat gevang is met 'n groot bedrag en dit van iemand wat al die jare hul help opbou het aan hul pensioengeld.

Die hele reeling skema na die stof gaan le het was ook nie in die beleggers se guns nie. Maar ja so gaan dit. Dis hoekom ek nog altyd gese het vra maar rond tussen mense en moenie al jou eiers in een mandjie via 1 adviseur plaas nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Dec 2018 @ 16:20:39 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 12285
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Jurgens Ci sê hulle is tans in onderhandeling met hierdie betrokke skuld eiser. Hulle is oortuig daarvan dat dit uitgesorteer sal wees voor die datum van die 6de Februarie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Dec 2018 @ 12:33:45 pm
Ski
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1548
Joined: 19 Oct 2009
Experience: 32 years

Ek hoop so. Maar ongelukig is die net een van die skuld eisers. Daar is baie meer en almal besig.

Nico & Mandy
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Dec 2018 @ 16:00:33 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 3868
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

En volgens wat ek kon sien is die saak rondom hierdie skuldeiser al 'n klomp jaar aan die gang. Mens kan seker ook net soveel tyd gee en dan moet dit maar verder gevoer word. Ietsie is seker beter as niks?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Dec 2018 @ 11:12:28 am
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 494
Joined: 04 May 2016
Experience: 32 years

Danie, ek is maar baie onkundig as dit kom by agterstallige skuld en die verandering van eienaarskap.

Indien hierdie skuld al oor 'n klompie jaar strek, is dit nie die verantwoordelikheid van Imperial om die agterstallige skuld te vereffen nie?

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Dec 2018 @ 13:11:53 pm
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1278
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Danie, ek is maar baie onkundig as dit kom by agterstallige skuld en die verandering van eienaarskap.

Indien hierdie skuld al oor 'n klompie jaar strek, is dit nie die verantwoordelikheid van Imperial om die agterstallige skuld te vereffen nie?

Hang af van die koopooreenkoms.

Jy kan met nuwe koper ooreenkom om uitstaande skuld oor te neem en dan die verpligting in die koopprys verdiskonteer.

Wat soms gebeur by oornames is dat die verkoper soms kritiese inligting verskans en die nuwe koper neem dan oor sonder om homself teen die ou skuld te beskerm. Dit is hoekom behoorlike "due diligence" ondersoeke vooraf gedoen word voor jy 'n besigheid koop of oorneem.

Daar is al gevalle aangeteken waar nuwe kopers vir verkoper se agterstallige belasting moes instaan waar dit nie openbaar gemaak was nie en die koper hom nie teen ou skuld verskans het nie.

Goed gestruktureerde "due diligence" ondersoeke wys al hierdie risikos uit, en met 'n goeie prokureur wie oorname risiko's verstaan, in 'n kontraktuele koopooreenkoms aangespreek.

Was self betrokke as lid van "due diligence" span by verskeie ondersoeke. Baie interessante en tegniese proses met groot verantwoordelikheid om verskansde risiko's uit te snuffel, te kwantifiseer en te sorg dat dit in die koopooreenkoms aangespreek word.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Dec 2018 @ 13:31:35 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 3868
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Chris ek is nie 'n kenner nie maar ek glo Jurgens CI is die regs persoon wat kontrakte aangaan in hul eie naam (Pty) Ltd maatskapy en nie die werklike eienaar van die aandele nie. So die finansiele posisie bly Jurgens CI ongeag of die huidige eienaar met meeste aandele wel Paul is en so ook die feit dat Comet blykbaar nooit die eienaar was nie maar dat Paul ook Comet gekoop het. So kan Paul se ander belange ook nie verantwoordelik gehou word vir Jurgens CI se skuld nie. Dus soos wat dit in artikels in die pers verskyn het. Dus is Comet nie verantwoordelik en so ook nie Imperial nie.

Daar is huidiglik 'n goeie saak aan die gang waar Tiekie Town aan Steinhof verkoop is en deel v d betaling was Steinhof aandele wat ons weet nou amper niks werd is nie.

In sekere gevalle kan direkteure wel aanspreeklik gehou word as wan/roekelose bestuur bewys kan word. Sal nog sien hoe draai dinge uit in Steinhof se geval.

As mens terug dink aan OK Basaar. Daar is die besigheid bv verkoop vir R1 weens die berg skuld wat hulle gehad het. Hulle het bv hul geboue gekoop en so skuld opgehaal deur die dekades. P n P het jare gelede hul geboue bv gehuur ipv dit besit. Die geboue is egter volgens hul spesifikasies gebou.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Dec 2018 @ 15:01:12 pm
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 494
Joined: 04 May 2016
Experience: 32 years

Proffie en Danie, baie dankie vir jul verduideliking.

Dit is toe nie so eenvoudig soos wat ek gedink het nie. Dit wil vir my voorkom asof die nuwe eienaar en/of sy adviseurs, nie behoorlike huiswerk gedoen het nie.

Ek het verstaan dat die besigheid na oorname eintlik 'net 'n  leë dop sonder enige infrastruktuur was. Hoe vêr dit waar is, sal ek nie weet nie.

Iewers wil ek 'n dooie rot ruik met hierdie transaksie. Net my 2c mening. 

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Dec 2018 @ 16:21:52 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 3868
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Plesier Chris. Wat ons ook kan byvoeg is dat Belgotex op 6 Sep 2018 ook 'n saak op die rol van hof 2A gehad het teen Jurgens CI. Dit was saak no is 39190/18.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Dec 2018 @ 16:42:22 pm
Bak oor
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1190
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ek is klaar met sunseeker Alberton elk geval. Ek vind hul buitensporig duur teen oor Boksburg.

Ou Seun in Alberton noord trap al klaar diep spore en so is daar n geleendheid vir vir elke ongeleendheid.

Rom 8 - 1&2
Daar is nou geen ververoordeling vir die wat in Christus jesus is
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Dec 2018 @ 19:50:07 pm
Stephan
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 170
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 7 years

Ek is klaar met sunseeker Alberton elk geval. Ek vind hul buitensporig duur teen oor Boksburg.

Ou Seun in Alberton noord trap al klaar diep spore en so is daar n geleendheid vir vir elke ongeleendheid.

Daar praat jy waar. Seun het ek nog nooit ongeduldig of ongeskik gesien of hoor nie en hy het altyd tyd vir 'n oproep. Ek sal hom aanbeveel so ver ek gaan.

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First