English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 122
Total Replies: 227 570
Total Views: 82 273 875
topics: 10 745
replies: 123 353
views: 38 804 326
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Waarmee vervang ek my 3.2 Ranger?

replies: 51
views: 1021
page 1 of 2
04 Dec 2018 @ 11:37:01 am
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1292
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

My Ranger is definitief weg na hy Saterdag gesteel is :(

Nou moet ek begin rondkyk om hom te vervang. Nou vrek bang om weer Ranger te koop (wil nie weer deur dieselfde trauma gaan nie), Selfde met Hilux.

Waarmee vervang ek nou die Ranger? Die nuwe Mitsubishi Triton? Lyk goed en is definitief in staat om te sleep en hopelik nie hoog op die diefstal lys nie? Of Navarra, maar sy reviews lyk nie baie goed nie? Of 'n Suzi, weet hy sal dalk vir ewig hou maar daai Massey Ferguson geraas pla. En dalk ook hoog op die diefstal lys? Outsurance reken die Amarok word selde gesteel? Maar hy is vrek duur en boonop sal hy nie in my motorhuis pas nie.

Ford en Mitsubishi het goeie specials op die oomblik.

Wat reken julle?

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Dec 2018 @ 12:17:11 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1075
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 6 years

Jammer oor die verlies.  Het self al 3 voertuie verloor.   Die laaste een, 'n KB 300, is deur die SAPS by Diepkloof langs Soweto uitmekaar gehaal.

Ek het besluit dat sou my 3,2 vervang moet word, dan kry ek die 2,2.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Dec 2018 @ 12:52:41 pm
Stephan
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 171
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 7 years

Verruil my 3.2 net vir 'n ander 1

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Dec 2018 @ 16:05:06 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2957
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Jorg

Dis normaal om so te voel. Moet ek dieselfde koop of iets anders???

My voorstel is, gaan koop vir jou weer n Ranger. Jy was gelukkig met hom. Dis nie die Ranger se skuld dat hy gesteel is nie.

Miskien vir bietjie afwisseling......gaan kyk na die Everest.

Ek het al die jare VW's gery. In 1998 was ek retrenched. Kon nie assuransie meer bekostig nie.....en raai wat......toe word my VW Jetta met ratslot en stuurslot gesteel. Ek het daarna nog 3 VW's gery tot 2012 toe VW my "nuwe" kar vol gate geboor het. Sedertdien ry ek net Suzuki's. (privaat kar) Daardie jare was Citi Golf's en Polo Vivo's geklassifiseer as voertuie wat die meeste gesteel word. Nonsens man, dis net die assuransie co wat geld gemaak het uit hulle.

Bly by wat jy van hou! Enige iets anders gaan jy net foute soek......en oor 2 jaar kry jy "juk siekte" en koop weer n Ranger, so spaar jouself onodige kostes.

(en dit nou van n Hilux man???laughinglaughing)

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Dec 2018 @ 18:00:21 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7582
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Jammer om van die verlies te hoor.

Doen wat jou Hart vir jou sê.

Sterkte

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Dec 2018 @ 19:05:35 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1637
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

My seun se 3.2 ook gesteel. Met tracker terug gekry nou besig om reg te maak.Daai 3.2 s hoog op aanvraag deur die kriminele.

VW sal my volgende keuse wees.

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Dec 2018 @ 19:11:49 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1292
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

My seun se 3.2 ook gesteel. Met tracker terug gekry nou besig om reg te maak.Daai 3.2 s hoog op aanvraag deur die kriminele.

VW sal my volgende keuse wees.

Daai Amakrok lyk vrek  mooi, maar is duur! En die ding sal nooit in my motorhuis pas nie, die Ranger het net-net ingepas. keuses keuses :( Het vandag na die 2.2 XLT Outo en die nuwe 2.4 Triton gekyk, die Ranger staan my effe meer aan maar dan die vrees om weer deur so iets te moet gaan. Triton dalk effe minder geteiken deur diewe?

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Dec 2018 @ 06:42:40 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13740
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Baie mense en tydskrifte en TV programme het hulle opinies rakende sekere produkte.  Ek dink baie van daai opinies word bepaal deur die borg wat die meeste betaal.

2007 vir my 'n Navara gekoop en toe het al wat leef en beef gefyf oor die sogenaamde koppelaars wat nie hou nie. Het my Navara amper 6 jaar gery met 4x4 en sleep en het hom verkoop met sy oorspronklike koppelaar in.

Toe die Rangers se Auto ratkaste. Die oorsaak was nie die ratkas self nie maar water pype en toe dit vervang is is die storie ook oor.

Op 'n stadium het Fortuners turners geword op grond paaie weens agter suspensie en die is ook uit gesorteer.

Ek sal jou aan raai om op te hou luister na wat ge-"rumor" word.  Klim in al die tippers wat jou sak sal pas en gaan ry hulle. Maak dan so jou beslissing.

Jy gaan verras wees as jy agter 'n Navara se stuur in klim.  Die Ranger het nou maar net daai "lekker" sleep krag. Toyota is nie 'n swak bakkie nie, jy sal net nie 'n Leon Coetzee agter die stuur van hom sien nie. Triton se X van soorte model lyk heel skaflik.

Punt is ................gaan ry die goed soveel as jy kan op een dag en vergelyk hulle self.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Dec 2018 @ 06:45:06 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13740
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek hou van die Amarok en Mercedes veral die krag wat daai tippers het.

As dit tot die push kom vervang ek my 3.2 Ranger met net 'n ander Ranger.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Dec 2018 @ 07:53:59 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4916
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Gaan hoor wat sê jou versekering oor die nuwe Hilux? Ek was self skepties want jy sal my nie kry spandeer op 'n Ranger nie, stel nie belang is die geraas van almal oor sy krag nie, was net lekker bo die D4-D maar as ek geweet het wat ek nou weet maar gewag tot ek die Hilux kon kry..

Ek was verras met die premies op die Fortuner en die Hilux... Veral na my tracking device fisies om die Harnas van die voertuig epoxy is.. Hul moet die harnas heeltemal afsny om die ding uit te haal. Sterkte.. Daar is lewe na 'n Ford Ranger.


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Dec 2018 @ 10:28:57 am
CampingKitty
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 689
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 3 years

Koop 'n 2.2  ons sn sleep soos 'n droom

As long as everything goes my way...I'm totally flexible
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Dec 2018 @ 10:37:09 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13740
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Koop 'n 2.2  ons sn sleep soos 'n droom

Maat van my sleep sy Classique met 'n 2.2. Hy ook baie gelukkig.

Gaan hoor wat sê jou versekering oor die nuwe Hilux? Ek was self skepties want jy sal my nie kry spandeer op 'n Ranger nie, stel nie belang is die geraas van almal oor sy krag nie, was net lekker bo die D4-D maar as ek geweet het wat ek nou weet maar gewag tot ek die Hilux kon kry..

Ek was verras met die premies op die Fortuner en die Hilux... Veral na my tracking device fisies om die Harnas van die voertuig epoxy is.. Hul moet die harnas heeltemal afsny om die ding uit te haal. Sterkte.. Daar is lewe na 'n Ford Ranger.

Sien dat die tracking device om die harnas algemene ding raak. Want as hulle die harnas beskadig gaan geen voertuig basies ry nie.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Dec 2018 @ 11:02:18 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5609
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

My eerste Merc ook gesteel in 1998, maar  net daarna weer soortgelyke een gekoop.

Jy moet doen wat jou hart sê. As jy koop wat die rowers wil he jy moet koop, gaan jy altyd rondkyk. 

As dit ek was,, dan weer n Ford. 

Voorspoed en sterkte. 

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2018 @ 00:12:52 am
Kamp is Koning
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 224
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 34 years

Ons moet net onthou vandag se krimineel is meer gesofistikeerd en steel voertuie wat op aanvraag is. Dus sal hy steel wat hy die maklikste afset voor het en beste prys voor kan kry.

Ongelukkig het hulle ook baie elektronies gedrewe geraak.

Daarom is hulle so mak en steel hulle ook voertuie met trekkers in, dit word soms in die ry verwyder en by die venster uitgegooi.

Anders jam hulle dit elektronies en binne sekondes het hy toegang tot n voertuig daarna hang dit net af of hy die voertuig of die inhoud van die voertuig soek.

Hulle het ongelukkig n maklike manier gekry om n Ford Ranger te steel want hulle is meer in aanvraag daarom word daar soveel gesteel.

Maar as hy vir een of ander rede n ander voertuig wil steel gaan hy toegang kry en dit vat.

As jy jou voertuig wil beveilig moet dit op n manier wees  wat net jy van weet want hy is nege uit die tien nie n mechanic nie en het ook nie tyd om te soek nie dan los hy dit en gaan vat n ander een.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2018 @ 06:57:02 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5609
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Jip. Dit is so. Maar

Die SAP het destyds vir my gese hulle/sindikaat steel ook per bestelling. 

Hulle het n maroon mercedes124-serie op hulle wanted lys gehad.

Waarskynlik het hulle n paar Rangers...  wittes op hulle wanted lys gehad.

Ons sal nie rerig weet nie. 

"Hey man, you are in south africa now"

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2018 @ 07:12:24 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4916
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ons moet net onthou vandag se krimineel is meer gesofistikeerd en steel voertuie wat op aanvraag is. Dus sal hy steel wat hy die maklikste afset voor het en beste prys voor kan kry.

Ongelukkig het hulle ook baie elektronies gedrewe geraak.

Daarom is hulle so mak en steel hulle ook voertuie met trekkers in, dit word soms in die ry verwyder en by die venster uitgegooi.

Anders jam hulle dit elektronies en binne sekondes het hy toegang tot n voertuig daarna hang dit net af of hy die voertuig of die inhoud van die voertuig soek.

Hulle het ongelukkig n maklike manier gekry om n Ford Ranger te steel want hulle is meer in aanvraag daarom word daar soveel gesteel.

Maar as hy vir een of ander rede n ander voertuig wil steel gaan hy toegang kry en dit vat.

As jy jou voertuig wil beveilig moet dit op n manier wees  wat net jy van weet want hy is nege uit die tien nie n mechanic nie en het ook nie tyd om te soek nie dan los hy dit en gaan vat n ander een.

Net so

 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2018 @ 08:52:40 am
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 513
Joined: 04 May 2016
Experience: 32 years

Dit sal interessant wees as 'n mens die statistiek kan kry van die hoeveelheid van elke fabrikaat op die pad en die hoeveelheid van elke fabrikaat wat gesteel word.

My "gutt feeling" sê vir my dat die eid in persentasie tussen die verskillende fabrikate wat gesteel word, nie noemenswaardig gaan verskil nie.

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2018 @ 09:18:30 am
Kamp is Koning
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 224
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 34 years

Dit sal ja maar ek dink die enigste wat dit sal he vir diefstalle wat aangemelt is sal Saps wees.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2018 @ 09:46:57 am
Andre Smit
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 398
Joined: 23 Sep 2011
Experience: 42 years

Goeiemôre Jorg,

In die eerste plek - jammer vir die diefstal van daai sleepvoertuig van jou.

NOU - ek weerhou my al 'n week lank van hierdie happie kakbyt want ek glo jy en die anner Ranger aanhangers sal dit in die regte gees aanvaar.

"As jy aan 'n RANGER kon gewoond raak kan jy vir jou enige anner voertuig as plaasvervanger koop" . 

Julle Ford manne vat mos maar 'n flippen duur Bakkie en sit so los R80 000 se "ekstras" op hom om hom in lyn te kry met die res. - jy weet - LED bar, Mags, groter bande, lig die bakkie, long range tenks - so paar cosmetics om hulle darem aanvaarbaar vir die oog te kry.innocenttongue-out

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2018 @ 12:10:55 pm
CampingKitty
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 689
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 3 years

Ek dink ook maak nie saak watter bakkie jy het nie, as hulle wil steel gaan hulle hom steel. Ons Hilux is Feb permanent geleen deur iemand, en my man is 'n absolute Hilux fan, ons het net die Ranger gekoop oorlat hy op special was op daai stadium.  En vandag veruil my man om vir niks.  As jou Ranger lekker gery het, koop weer een. 

 

As long as everything goes my way...I'm totally flexible
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2018 @ 14:18:08 pm
Willie54
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 101
Joined: 29 Dec 2009
Experience: 43 years

Ek sal ook sê vervang hom weer met n Ranger want jy het van hom gehou .Dit is nogal interessant die Ranger 3.2 is bo aan die lys vir hierdie f%*kk@n goed dan die Toyota en dan n BMW x5 .Volgens die statistieke is die kleur wit ook boaan die lys .Ek ry self n Toyota ek het my eie veiligheids meganismes ingebou glo dit is beter as n tracker en al die soorte goed wat mens tenduurste voor betaal .Dit is erg dat mens in n land moet woon waar jy nie eers n motor van jou keuse kan ry .

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Dec 2018 @ 06:27:35 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13433
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Is die 2.2 ook so in aanvraag....of net 3.2?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Dec 2018 @ 09:09:08 am
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1292
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Het vanoggend die tracking stelesle se detail trip report kon aftrek vir my Ranger se "laaste oomblikke". Dis scary om die minste te se^. Hulle het sowat 15h35 Saterdag die eerste keer die ignition aangeskakel, ek aanvaar dis nadat hulle die deur oopgebreek het, eers omtrent 4 minute later het die tracking eenheid gelog dat die voertuig aangeskakel is sonder die "tag" wat veronderstel is om die eenheid te vertel dat die aanskakel wettig is. Daarna volg 'n klomp seine wat soos 'n riller lees, "harsh acceleration", "harsh braking", "harsh cornering" en dan die coup de grace "accident indication" maw hulle het nog in iets vasgery ook. Rondom 12 minute na die eerste sein is daar 'n "battery disconnect" sein maw hulle het toe die eenheid gekry en ontkoppel, 'n paar minute later is die eenheid langs die pad opgetel. Die tyd lyn vertel sy eie storie, geen tracking stelsel is bestand teen pro's nie. Wat egter uiters ontstellend is dat niemand by 'n groot sentrum soos die Centurion Mall al daai "harsh" bestuur asook "accident" opgetel het nie, sekerheid weet kamtig van niks (en was in alle geval nerens te siene toe die Ranger gesteel is nie. Lyk my mens sal maar tuisgemaakte stelsel moet insit en definitief iets wat die bl?&%ks&ms nie eers toegang tot die voertuig sal gee nie en dan reeds 'n m&%$rse geraas maak?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Dec 2018 @ 09:14:40 am
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1292
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Goeiemôre Jorg,

In die eerste plek - jammer vir die diefstal van daai sleepvoertuig van jou.

NOU - ek weerhou my al 'n week lank van hierdie happie kakbyt want ek glo jy en die anner Ranger aanhangers sal dit in die regte gees aanvaar.

"As jy aan 'n RANGER kon gewoond raak kan jy vir jou enige anner voertuig as plaasvervanger koop" . 

Julle Ford manne vat mos maar 'n flippen duur Bakkie en sit so los R80 000 se "ekstras" op hom om hom in lyn te kry met die res. - jy weet - LED bar, Mags, groter bande, lig die bakkie, long range tenks - so paar cosmetics om hulle darem aanvaarbaar vir die oog te kry.innocenttongue-out

 

 

Andre, hierdie flippen Ford man hou van sy voertuie standaard ek mors nie my geld om 'n klomp tupperware en go faster strepe op te plak wat geen funksionele doel het nie :). (maar blykbaar werk "go faster air" in die bande heel goed!). En daai Ranger 3.2 sleep soos 'n droom,! Ek koop egter altyd volgens behoeftes, nie handelsmerk nie. Die Amakrok is baie nice maar het vrek duur geword en pas definitief nie in die motorhuis nie en daar is geen manier dat ek daai soort geld betaal en dan slaap sy buite nie! Die glorified Navarra met 'n Merc ster op is nie juis mooi vir my nie en daar is geen manier dat ek daai soort geld betaal vir wat in wese steeds 'n bakkie bly nie :)

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Dec 2018 @ 09:24:14 am
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 513
Joined: 04 May 2016
Experience: 32 years

Jorg, ek wonder of die "accident" nie was toe hulle die "boom" in sy peetjie gery het nie want hoe anders sou hulle kon uitkom.

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Dec 2018 @ 11:16:07 am
Andre Smit
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 398
Joined: 23 Sep 2011
Experience: 42 years

Môre weereens Jorg,

Bly jy het my toffie mooi versigtig gekou.

Bly by jou FORD Makker, JY laaik hom en bogger wat ander mense dink.

Ek ry my AMAROK omdat op die tydstip toe ek kon koop was hulle amper R100k goedkoper op die Staatsdiens kontrak.

Die dag toe ek hom by Autohaus in Centurion gaan haal het, was die eerste keer wat ek in een geklim het, wat nog te sê gery het. Oppad huistoe het ek heelpad geworry oor hierdie 2l weedetertjie onder die bonnet.

Ek het egter oor die jare erg respek vir daai Tipper gekry en my voorgeneem om nie eers in die nuwe V6 AMAROK  in te klim nie want dan GAAN my gat begin jeuk.

Ek en ma het reeds ons vrek kar gekoop en die Amarok gaan ek ry tot sy wiele afval. 

Ek gaan eersdaags op pensioen maar het KLAAR ysters gekoop.

Ek kan dit eenvoudig nie oor my hart kry om meer as 'n halfmiljoen vir 'n voertuig te betaal en dan verlos 'n werfetter jou van hom, soos met jou die geval wes nie. Dit sal net my moordinstink wakkermaak en my in die tronk laat beland.

Sterkte met die keuse en ek hoop jy kry weer DIT wat vir JOU gemaklik, bekostigbaar en bruikbaar is.

Groete

Andre

 

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Dec 2018 @ 12:35:23 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4916
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ek dink die hele ongerief van die diefstal is amper erger.. Want dis versekering, dis soek na ander kar, dis kostes op kostes.. En dan vir res van jou lewe vertrou jy niks om jou kar nie en dis maar emosionele storie.

Mens wil nie gebreekte voertuig terug he nie, maar hul moet defnitief nie met hom wegkom nie. Mens moet eintlik 'n GSM receiver unit insit wat as jy daai SMS kry daar is gekarring hardloop jy nie agter aan nie, jy stuur jou sms met kode en hy maak rook in daai kar dat manne dink hy brand of iets. Hul moet hardloop.. Sommer lekker sparks ook maak dat hul dink hier kom moeilikheid..


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Dec 2018 @ 15:51:44 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1292
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Môre weereens Jorg,

Bly jy het my toffie mooi versigtig gekou.

Bly by jou FORD Makker, JY laaik hom en bogger wat ander mense dink.

Ek ry my AMAROK omdat op die tydstip toe ek kon koop was hulle amper R100k goedkoper op die Staatsdiens kontrak.

Die dag toe ek hom by Autohaus in Centurion gaan haal het, was die eerste keer wat ek in een geklim het, wat nog te sê gery het. Oppad huistoe het ek heelpad geworry oor hierdie 2l weedetertjie onder die bonnet.

Ek het egter oor die jare erg respek vir daai Tipper gekry en my voorgeneem om nie eers in die nuwe V6 AMAROK  in te klim nie want dan GAAN my gat begin jeuk.

Ek en ma het reeds ons vrek kar gekoop en die Amarok gaan ek ry tot sy wiele afval. 

Ek gaan eersdaags op pensioen maar het KLAAR ysters gekoop.

Ek kan dit eenvoudig nie oor my hart kry om meer as 'n halfmiljoen vir 'n voertuig te betaal en dan verlos 'n werfetter jou van hom, soos met jou die geval wes nie. Dit sal net my moordinstink wakkermaak en my in die tronk laat beland.

Sterkte met die keuse en ek hoop jy kry weer DIT wat vir JOU gemaklik, bekostigbaar en bruikbaar is.

Groete

Andre

 

 

 

Gelukkig het ek lank by OMC saam met die pantser en meg mense gewerk....as mens "diesel & dust" kan hanteer kan jy enigiets oorleef (maar soos jy dit noem, daai moordinstink verdwyn nooit nie). Darem vandag bevestiging van versekering gekry dat die uitbetaling binne 'n dag of so in my rekening sal wys...Maandag begin die papierwerk weer vir nuwe wiele (dink 'n gemaklike kampstoel en 12-boor om die nuwe tipper op te pas as Ma met "retail therapy" begin is ook op my inkopie lys!)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Dec 2018 @ 15:58:52 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1292
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Jorg, ek wonder of die "accident" nie was toe hulle die "boom" in sy peetjie gery het nie want hoe anders sou hulle kon uitkom.

verstaan van die tracking mense dat hulle inkom met 'n normale voertuig en soos normale mense 'n parkeer kaartjie vat. Die kaartjie word dan gebruik om die gesteelde voertuig mee uit te neem. Die ander voertuig se bestuurder gaan vertel dan dat hy sy kaartjie verloor het en betaal sy R50 vir 'n ander kaartjie...en siedaar vir R50 het hy 'n voertuig gekry wat etlike 100 dusiend kos om te vervang. Wat my egter die dinges in maak is die onbehulpsaamheid van daai Centurion Mall se sekerheids kantoor...dalk is daar ook een of ander skakel want hoekom sou daar geen sekerheid in die parkade self wees nie?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Dec 2018 @ 18:44:00 pm
Swanie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 523
Joined: 26 May 2013
Experience: 45 years

BT-50  Prys baie waarde vir geld (als onder is nog Ford en dan is hy te lelik niemand wil hom steel nie

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Dec 2018 @ 21:59:59 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2957
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Jorg

Net om jou te terg. Vandag na 3.2 XLT 4X4 auto gaan kyk. 2015 model 40 000km met canopy.

R370 000. Dink dis goeie prys?

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Dec 2018 @ 23:08:05 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1292
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Jorg

Net om jou te terg. Vandag na 3.2 XLT 4X4 auto gaan kyk. 2015 model 40 000km met canopy.

R370 000. Dink dis goeie prys?

Moet myne wees, klink of hulle die Odo terug gedraai van 48 000 na 40 000 toe? O en dink jy moet dalk kyk of dit regtig 4x4 het, myne was 'n regte 4x2 maar mens eet nooit watter stickers hulle later op plak nie? Die prys klink darem omtrent reg vlgs die boekie waarde...veral as hulle hom "verniet" gekry het?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Dec 2018 @ 23:09:38 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1292
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

BT-50  Prys baie waarde vir geld (als onder is nog Ford en dan is hy te lelik niemand wil hom steel nie

Probleem is dat hy ook so lelik is dat ek hom glad nie sal wil ry nie? Nevermind in hom gesien word!

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Dec 2018 @ 19:55:20 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1292
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Gaan hoor wat sê jou versekering oor die nuwe Hilux? Ek was self skepties want jy sal my nie kry spandeer op 'n Ranger nie, stel nie belang is die geraas van almal oor sy krag nie, was net lekker bo die D4-D maar as ek geweet het wat ek nou weet maar gewag tot ek die Hilux kon kry..

Ek was verras met die premies op die Fortuner en die Hilux... Veral na my tracking device fisies om die Harnas van die voertuig epoxy is.. Hul moet die harnas heeltemal afsny om die ding uit te haal. Sterkte.. Daar is lewe na 'n Ford Ranger.

Brommer ek het toe besluit om te hou waaraan ek gewoond is, so hopelik sal Pappa die Kersfees 'n klein persentjie onder die boom kry, "Van Pappa aan Pappa, jy verdien dit"!

 

Sms my asb die naam van die tracking mpy wat die eenheid om die harnas epoksie? By 

nul-agt-drie-vier-een-sewe-sewe-vyf-vier-een

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Dec 2018 @ 11:14:46 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4916
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Brommer ek het toe besluit om te hou waaraan ek gewoond is, so hopelik sal Pappa die Kersfees 'n klein persentjie onder die boom kry, "Van Pappa aan Pappa, jy verdien dit"!

 

Sms my asb die naam van die tracking mpy wat die eenheid om die harnas epoksie? By 

nul-agt-drie-vier-een-sewe-sewe-vyf-vier-een

 

Ekt dit deur Toyota laat doen met aankoop van die Fortuner... Tracker.. Hulle het nou 'n naam vir dit maar ekt 'n "retrieve" ook in.. 

Hoor dalk by wie ookal jy jou voertuig koop? Ek self is nie baie lief vir die idee nie maar nou ja, hoef dan nie R50k uit te haal as hul hom wel steel nie. Versekering het gesê tracking was nie nodig op Fortuner nie, maar dan is daar groot bybetaling in geval van diefstal omdat dit nog 'n onsekerhied is??? So ja, toe maak dit maar sin

 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Dec 2018 @ 13:44:58 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1292
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Ekt dit deur Toyota laat doen met aankoop van die Fortuner... Tracker.. Hulle het nou 'n naam vir dit maar ekt 'n "retrieve" ook in.. 

Hoor dalk by wie ookal jy jou voertuig koop? Ek self is nie baie lief vir die idee nie maar nou ja, hoef dan nie R50k uit te haal as hul hom wel steel nie. Versekering het gesê tracking was nie nodig op Fortuner nie, maar dan is daar groot bybetaling in geval van diefstal omdat dit nog 'n onsekerhied is??? So ja, toe maak dit maar sin

 

Thx, ek ken een van Tracker se direkteure baie goed, sal bietjie hoor. 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Dec 2018 @ 10:58:24 am
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1292
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Niemand wou my help besluit nie toe doen ek dit maar self! En die keuse is...? 'n Witte! (is daar ander modelle as wittes?)

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Dec 2018 @ 17:33:25 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1472
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Niemand wou my help besluit nie toe doen ek dit maar self! En die keuse is...? 'n Witte! (is daar ander modelle as wittes?)

 

Goeie keuse. Sal goed inskakel en eenheid met die wa se kleurskakering vorm.

Sal mooi pas.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Dec 2018 @ 07:14:12 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13740
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ha ha ha......................... dit was maar die hoof rede waarom ek ook die keer 'n wit Tipper gekies het.

Ek dink dat die sleep kombinasie lyk heel "Chapperig" as die wa gehaak is.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Dec 2018 @ 15:54:39 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 754
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Enige fabrikaat bakkie en enige kleur. Solank dit 'n wit Hilux is😜.

Ek sê altyd waarom sal jy iets anders koop as jy vir min of meer dieselfde geld 'n Hilux kan koop.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Dec 2018 @ 16:28:37 pm
Hennie
New Member
33% Profile Strength
Posts: 3
Joined: 31 Dec 2009

Die probleem  is net my erf het ook sy trots en 'n Toyota word nie daar toegelaat nie

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Dec 2018 @ 19:10:43 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1292
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Die probleem  is net my erf het ook sy trots en 'n Toyota word nie daar toegelaat nie

 

Heeltemal reg...my erf het vanmiddag die nuwe tipper behoorlik omhels toe  hy by die hek inry :) (en dis nie 'n Toy nie). En vanaand is die lee plek in die garage weer behoorlik gevul met iets wit en mooi!

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Dec 2018 @ 18:27:58 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13740
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Heeltemal reg...my erf het vanmiddag die nuwe tipper behoorlik omhels toe  hy by die hek inry :) (en dis nie 'n Toy nie). En vanaand is die lee plek in die garage weer behoorlik gevul met iets wit en mooi!

Jorg jy moet maar n ou fototjie of twee plaas dat ons kans sien hoe lyk hy met die wa gehaak en al

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Dec 2018 @ 23:21:04 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1472
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Jorg jy moet maar n ou fototjie of twee plaas dat ons kans sien hoe lyk hy met die wa gehaak en al

 

Stem. Ek ook nuuskierig hoe die wit tipper by die karavaan pas.

Nuwe mouter bly 'n nuwe mouter en voel goed.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Dec 2018 @ 07:19:41 am
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 865
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

Tussen Ranger, Hilux, Amarok en Navara is daar nie ‘n slegte voertuig nie. Elkeen het sy voordele en nadele. Dit is ‘n kwessie van persoonlike voorkeur...en finansies. Loyaliteit speel ook ‘n rol...Koop die een wat jy persoonlik meer van hou.

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Dec 2018 @ 09:25:56 am
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1292
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Jorg jy moet maar n ou fototjie of twee plaas dat ons kans sien hoe lyk hy met die wa gehaak en al

 

Foutoukie sal op 'n afstand moet wees, willie dat almal die herkennende kenmerke sien en dan eendag by tipperkie verbyloop, hom herken en besluit dis net die ene om te "RDP" nie :) Vandag word allerhande gadgets ingesit, en na Kersfees en Nuwe Jaar nog een of twee boere rate....die bl&%$#ks%ms sal die keer nog harder moet werk om die tipper te steel. Interressant hoe so iets met mens se kop smokkel....wil nie meer met tipperkie winkels toe gaan nie gaan eerder me SWAMBO se 10 jaar oue Suzuki

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Dec 2018 @ 10:09:40 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13740
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ja dit is hartseer hoe die dinge aan mens vat.

Ek self stap maar gereeld na my Tipper toe hier in die Kaap en om seker te maak hy staan nog waar ekke hom gelos het.  Veral na ek die onderwerp gelees het.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Dec 2018 @ 16:30:13 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1292
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Ja dit is hartseer hoe die dinge aan mens vat.

Ek self stap maar gereeld na my Tipper toe hier in die Kaap en om seker te maak hy staan nog waar ekke hom gelos het.  Veral na ek die onderwerp gelees het.

Ken daai gevoel Leon. Absoluut eerste ding is dat die alarm geskuif moet word van sy posisie in die linker voorwiel "arch" waar Ford stupid genoeg was om die ding net bokant daai dun plastiek "archliner" te monteer -  niks so maklik om die ding onskadelik te stel as om jou hand agter die plastiek in te druk of dit sommer met 'n Stanley mes oop te sny nie. My nuwe tipper s'n is geskuif deur agente voordat ek bereid was om ontvangs te neem. Ander blootgestelde goed (ook by meeste ander voertuie) is die bestuurder deurslot, OBD2 prop en die enjin se ECU. Loop maar gereeld jou daai stappie, hulle vat net 'n paar minute om te steel. Sien ook by byna alle videos dat hulle veral Rangers teiken wat eenkant geparkeer staan asook die wat een of albei kante 'n oop parkeerplek het (hulle parkeer dan langsaan en doen hulle breek werk vanuit die ander voertuig)

Sien hulle het gister weer 'n sindikaat gegryp (een ou gevang, ander het weggehardloop) wat 2 voertuie wat onlangs in gauteng gesteel was mee op pad was na Zim....wonder of my ou tipper een was

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jan 2019 @ 16:41:25 pm
Mornedb
New Member
37% Profile Strength
Posts: 1
Joined: 04 Jan 2019

Hallo manne, my Ranger is ook in Dec helder oor dag in 'n besige winkel sentrum in Kempton gesteel, tracker hom terug gekry, hulle presies gedoen soos wat hierbo staan, bakkie was in parking, met 2 spasies oop langs mekaar, hulle die alarm gesny en sonder dat enige iemand weet die ding gevat  ek vandag, sonder baie moeite te alarm self geskuif sonder om drade te sny ens na 'n plek onder die enjin kap, regter agter die linkerse hoof lig cluster, nie 'n manier wat hulle by daai draad gaan  by kom nie

 

Nou as hulle die goed wil steel sal hulle seker, maar as die swaap voor kom en sien die alarm nie daar nie, hopenlik 2 keur dink voor hulle iets doen.

Verder stel ek voor 'n autowatch ghost alarm sisteem waar j n kode moet in sit voor die bakkie start  even met die sleutels of ander ecu, die sisteem gebruik die stuurwiel knoppie in die kar, kan tot 22 nommers in sit.... But first things first, move die alarm

 

Groete

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jan 2019 @ 17:52:33 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13433
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

My broer se Ranger is nounet by kimiad golfbaan in Pretoria gesteel....😒

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jan 2019 @ 23:28:27 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13740
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Sal more n plan moet maak met daai alarm.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 2