English & Afrikaans Forums
Total Topics: 19 786
Total Replies: 209 421
Total Views: 81 315 801
topics: 10 049
replies: 112 993
views: 38 363 346
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Padkos

replies: 22
views: 338
04 Dec 2018 @ 07:26:53 am
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10353
Joined: 05 May 2015
Experience: 5 years

Wie van julle pak nog padkos? 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Dec 2018 @ 07:27:53 am
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10353
Joined: 05 May 2015
Experience: 5 years

Of neem julle maar die Wimpy roete?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Dec 2018 @ 07:49:54 am
Hennie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 579
Joined: 09 May 2014
Experience: 24 years

Gladnie Wimpy roete. Dit mors te veel tyd en kos 'n klein huisie.

Ons maak Jaffles, gekookte eiers, Fles koffie ens. Jaffles is 'n kombinasie van mince en dan het ons ook 'ontbyt' jaffles. Die "ontbyt" is gewoonlik eier in met bacon en stukkie kaas. Ons maak ook vark worsies gaar en geniet dit ook saam.

 

 

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Dec 2018 @ 08:31:51 am
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1769
Joined: 31 May 2014
Experience: 51 years

Vanoggend 02h30 van die huis af Mthatha toe om nuwe Casino te oorhandig en Elmarie het gesorg vir padkos. Op vakansie ook altyd padkos as ons ry met klein yskassie agter die sitplek. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Dec 2018 @ 09:02:43 am
Butts
Moon Member
92% Profile Strength
Posts: 993
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 5 years

Vars toebroodjies gemaak met "Best of Both" brood, koue vleis (ham en salami), slaaiblare en 'egte' kaas.  Dan nog worsies en (afgedopte) gekookte eiers - moenie die sout en peper vergeet nie.   Twee 1,5l flesse van Cadac met Ricoffy koffie.       Die ham mag nie die "sandwich" ham wees nie.   Dit proe soos semels.  Ons betaal meer en bederf onsself met ordentlike ham.  

Nou is ek honger. 

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Dec 2018 @ 09:58:09 am
Kurper
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 220
Joined: 22 Feb 2012
Experience: 34 years

Jis, ek is ook nou lus vir daai padkossie. Vat ook altyd saam met 'n fles koffie.

La Bella Figura
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Dec 2018 @ 10:09:37 am
Ash
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 118
Joined: 28 Jul 2016
Experience: 19 years

Hi 

We pack snack for the road, because as soon you hit the road the kids are hungry and thirsty, lol

Ashly Bartlett
0609701795
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Dec 2018 @ 18:12:19 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6451
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 36 years

Al gaan ek waar vir werk dan pak die Girl vir my padkos in en n flês koffie, stop by Ultra city en eet my padkos, kan nie ry en eet nie.

Selfs as ons ry met die wa word daar gestop en eet. Ontspan lekker en jou vakansie begin mos as jy by die huis ry.

Rustig bly lekker.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Dec 2018 @ 19:15:04 pm
Ockert
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 72
Joined: 26 May 2017

Padkos is memories, geen Wimpy sal dit kan doen nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Dec 2018 @ 21:18:38 pm
Louw
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 11
Joined: 25 Apr 2017
Experience: 26 years

Padkos is n moet en deel van ons kultuur. Wat is nou lekkerder as om langs die pad te staan met dop eier, koue wors en n lekker toebroodtjie en n beker koffie as die son net sy kop uit steek.

JY IS WIE JY IS AS JY ALEEN IS
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Dec 2018 @ 21:27:46 pm
Meerkat
Bronze Member
62% Profile Strength
Posts: 44
Joined: 26 May 2017
Experience: 1 year

Eie padkos is die beste:  pasta "cupcakes", eierbrood , pannekoekies gevul met eisbein, en natuurlik frikkies!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Dec 2018 @ 06:54:30 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10643
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Ek hou ook baie van die padkos eerder as die koopkos langs die pad.

Maar om vir ma te kry om dit te maak.................... is dit makliker om maar deesdae die padkos by SPAR te koop.

Of ek moet maar die Wimpy DING DOEN.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Dec 2018 @ 07:52:55 am
Ockert
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 72
Joined: 26 May 2017

Gelukkig met ek wat in die gas industrie is en elke dag sien hoe lyk baie eetplekke se kombuise, was dit nie moeilik om my nooi te oortuig dat take aways dit nie doen vir my nie en sy baie beslis verlos sal wees van enige drange na gemors kos as sy net so dag saam my kom werk, so dis nie so moeilik om pad kos gepak te kry nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Dec 2018 @ 10:32:29 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10643
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Gelukkig met ek wat in die gas industrie is en elke dag sien hoe lyk baie eetplekke se kombuise, was dit nie moeilik om my nooi te oortuig dat take aways dit nie doen vir my nie en sy baie beslis verlos sal wees van enige drange na gemors kos as sy net so dag saam my kom werk, so dis nie so moeilik om pad kos gepak te kry nie.

Dink ek moet vir Ma so plek gaan wys. Dalk kry ek 'n ou mince bolletjie op die pad of ek gaan honger ly tot by my bestemming.  Ha ha ha ha

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Dec 2018 @ 23:36:39 pm
Bak oor
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 510
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 38 years

Padkos is die ding. Dink aan daai verkeer ophopings by die one stops. Soek vir parkering,   gewag om gehelp te word. Nee wat my kar is gepak met vars kos, alles wat lekker is en koffie soos ek dit van hou. Stop net vir brandstof, number one or two, check vinnig my sleep kombinasie en da gaat ek

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2018 @ 22:40:41 pm
Kamp is Koning
Silver Member
85% Profile Strength
Posts: 88
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 20 years

Ek stem saam padkos is die ding. Lekker koue boerewors, frikadelle met aartapels gekook in die frikkadelle se sous, kaas en tamatie snackwiches, gekookte eier en n koppie stoomende koffie as die son opkom. Baie beter as take aways.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2018 @ 23:11:45 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10353
Joined: 05 May 2015
Experience: 5 years

Ons hou daarvan om biltong en droeë wors op die pad te eet.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Dec 2018 @ 06:43:34 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10643
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Padkos is die ding. Dink aan daai verkeer ophopings by die one stops. Soek vir parkering,   gewag om gehelp te word. Nee wat my kar is gepak met vars kos, alles wat lekker is en koffie soos ek dit van hou. Stop net vir brandstof, number one or two, check vinnig my sleep kombinasie en da gaat ek

Ons is ook maar net so vinnig in en uit by die 1 Stops. Dan sorg die Longrange tank dat mens net vir die No1 of 2 stop en skakel die gereelde tou staan vir brandstof ook uit.

Nog 'n voor deel is as ek die wa sleep hoef Ma ook nie eers in die badkamer tou te gaan staan nie my toilet ry mos saam met my.

Dit help darem met die ietsie koop om te eet.  Het so twee aande terug met Ma gesels oor die padkos ding......................... Al antwoord wat ek gekry het is......

Dan moet ek maar by "Woollies Food" 'n draai gaan maak.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Dec 2018 @ 18:52:14 pm
Swanie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 450
Joined: 26 May 2013
Experience: 44 years

is baie skepties oor WIMPIE in die laaste tyd  Hulle produk verskil in gehalte en sit gewoonlik 'n uur by jou reistyd.

Moet se een van my beste beleging was my 2l ATLAS fles hou water lekker lank warem

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Dec 2018 @ 22:19:59 pm
Ockert
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 72
Joined: 26 May 2017

Wimpy se kos gehalte het regtig agteruit gegaan, het in Betlehem oppad terug van Lesotho gestop en cheese burger en chips gekoop, dit was aaklig, stop toe by Villiers en koop toe weer die selfde cheese burger en chips net om te sien of het ek myself verbeeld, maar nee dit was net so sleg. En om te dink dit was my gunsteling burger combo al die jare. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Dec 2018 @ 11:47:40 am
Chris Boucher
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 597
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 32 years

Ons pak ook nog soms padkos. Dit bly maar lekker om 'n hoenderboudjie, frikkadel, gekookte eier en toebroodjie daar langs die pad te eet. Maar as ons langpad vat (van die Boland af wildtuin toe), het ons gewoonlik 3 - 4 oornagstoppe want ons ry nie meer as 500 km op 'n dag nie. Dan is daar gewoonlik padkos vir die eerste dag. Maar die res van die trippie bank ons maar 'n klompie geld by die onderskeie Wimpy's of Ultra City se Steers.

Tradisioneel ry ons gewoonlik tot Karoo Nas Park en geniet ons padkos in die omgewing van Touwsrivier. Maar die volgende dag kom Drie Susters se Ultra City Steers aan die beurt. En nadat ons van Gariepdam af vertrek het, is Bloemfontein se Wimpy die volgende oggend aan die beurt. Kroonstad Ultra City se Steers ken ons ook al amper by naam en dieselfde by Kranskop se Wimpy.

Soos gesê - padkos is waaragtig lekker, maar die aansit-etes by Wimpy's of Steers is nie vir my sleg nie. En "touch wood", ons het darem nog nie agtergekom dat ons 'n kombuiskiem by een van hulle opgetel het nie. Dalk is ons al immuun.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Dec 2018 @ 08:44:28 am
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4466
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Wie van julle pak nog padkos? 

Ons het gesien as die paaie baie besig is en die vulstasies ook, probeer ons maar by padkos hou aangesien die kleintjies kan eet en ons sommer lekker happies in die ry kan vat, die brandstof kan ver gaan maar dis net die blase wat kan pla. 

Laasjaar goed gewerk, as blaas moet leeg dan sien ons die rye by die plekke.. Sit so paar uur in jou reistyd by...


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Dec 2018 @ 12:33:47 pm
Karin*
Silver Member
88% Profile Strength
Posts: 75
Joined: 20 Feb 2012
Experience: 14 years

Padkos wat by Woolworths gekoop word, blitong,  paar pakkies lekkers en fles kook water en cappuccino sakkies.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous