English & Afrikaans Forums
Total Topics: 19 653
Total Replies: 207 943
Total Views: 81 148 760
topics: 9 962
replies: 111 960
views: 38 296 479
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Aapstreke

replies: 21
views: 470
09 Nov 2018 @ 10:15:12 am
CampingKitty
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 613
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 2 years

Wil net hoor hoe is die apies by Klein Kariba?

Moet mens ma net kos weg pak, of is dit so erg jy moet die dak laat sak en alles in die wa indra wanneer jy gaan swem?

As long as everything goes my way...I'm totally flexible
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Nov 2018 @ 10:47:38 am
Heindrich
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1044
Joined: 21 May 2013
Experience: 18 years

Hulle is baie stout daar.

Het nog nie gesien dat hulle tente skeur om in te kom nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Nov 2018 @ 12:48:28 pm
Fransie
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 116
Joined: 06 Mar 2014
Experience: 4 years

Ons het onlangs in 'n houthuis gebly daar.

Apies het die een venster oopgebreek om in te kom.  Die verwoesting was ongelooflik.  Ons het gedink daar is ingebreuk, tot die buurman vertel hyt die apies gesien, maar nie besef hul is binne nie.

Stel maar voor jul sluit mooi toe...

 

 

WERK SE MOER
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Nov 2018 @ 13:09:37 pm
CampingKitty
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 613
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 2 years

ons sluit altyd toe.  Wonder net of hulle sover sal gaan om die dak seil oop te skeur of iets?

As long as everything goes my way...I'm totally flexible
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Nov 2018 @ 14:18:17 pm
Fred
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1580
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 50 years

Dis nie eers nodig om te vra nie: As daar apies op enige plek is, gaan hulle twak aanvang.  Bobbejane is nog erger en natuurlik baie gevaarliker, maar gelukkig minder algemeen. Klein Kariba het ook ongelukkig bobbejane en vir hulle is ek baie versigtig.  As jy op 'n kampplek kom, vra maar of daar apies is.  As dit in 'n omgewing is waar apies voorkom, soos byvoorbeeld enige plek aan die Natalse kus, aanvaar maar daar is 'n groot moontlikheid dat hulle jou gaan besoek en tref altyd die nodige voorsorg.,

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Nov 2018 @ 18:07:48 pm
Chris Centurion
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 390
Joined: 04 May 2016
Experience: 31 years

Vriende van ons kamp gereld by Klein Kariba. Hulle sorg dat daar geen kos in die tent is nie. Pak dit in die woonwa en rits die dakseile toe. Laat nooit die dak sak nie. Sorg ook dat vensters en gordyne dig toe is.

Daar is 'n persoon wat die park patroleer met 'n "paintball" geweer.

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Nov 2018 @ 18:52:41 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2693
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 28 years

Vriende van ons kamp gereld by Klein Kariba. Hulle sorg dat daar geen kos in die tent is nie. Pak dit in die woonwa en rits die dakseile toe. Laat nooit die dak sak nie. Sorg ook dat vensters en gordyne dig toe is.

Daar is 'n persoon wat die park patroleer met 'n "paintball" geweer.

Net terloops..

Die paintball gun het nie patrone in nie. Die geraas is veronderstel om hulle af te skrik.......maar, dit werk nie!

I tried to be normal for one day
I gave up!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 07:06:45 am
Chris Boucher
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 565
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 32 years

Klein-Kariba = Blou-ape.

Blou-ape = Klein-Kariba.

Dit was daar waar ek vir die eerste keer genoodsaak gevoel het om 'n kettie aan te skaf. Sommer met die intrapslag, terwyl ons besig is om die wa in posisie te skuif, kom sê die bure se dogtertjie daar is 'n aap in ons bakkie - wat toe inderwaarheid twee was. Toe ek hulle jaag, besluit die een toe om sy handtekening op my sitplek te los. Die volgende oggend is ons vroegoggend wakker gemaak met hulle gekerjakker op die dak. Toe ek my oë oopmaak, loer een vir my deur die "pop-top" se gaas. Hulle het later daardie dag 'n jong paartjie se tent gestroop terwyl hulle gaan stap het.

Maar - Klein-Kariba is afgesien van die ape 'n top-oord. Ek wens ek was nou daar.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 07:07:55 am
steamer
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 864
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 44 years

I would pull the roof down anyway.

We found that the noise from a tazer works quite well. That is of course until they get used to it.

Your strongest weapon is your mind!
And then, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 11:07:31 am
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 3157
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Dis nou regtig vir my nuus.

Tydens my laaste kamp by Klein-Kariba het ons glad nie eers ape gesien nie. Dit was oor 'n lang naweek en die plek was vol. Daar was ook 'n 3 kamp kompetisie aan die gang en ons was lang tye weg v d kamp. Ons het al ons kos ens in die tent gelos soos wat mens sou maak by enige oord waar daar nie 'n aap probleem is nie.

Dis wys net hoe kan mens se ondervinding by dieselfde plek verskil.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 11:26:19 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5263
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 43 years

Danie. Ek vermoed dat die klagtes die bestuur laat besluit het om iets drasties te doen of indien daar baie kampers is, dan is die apies minder bedrywig in die kamp gedeelte.

Mag ook wees dat die eetgoed in die bos redelik beskikbaar was vir hulle. As hulle natuurlike kos skaars raak, dan is hulle lastig.

Ander ding is die onverskillige benadering van sommige kampers. Ons was lanklaas daar maar onthou hoe die apies en die banded mongooses die bure ( jong mense)  se tente geplunder het.  Toe ek hulle se wats wat, toe haal hulle skouers op en sê dis die natuur en ons invade hulle habitat,  so what.

Maar om terug te kom na die oorspronklike vraag. Vir veiligheid sou ek eetgoed, melkboksies NIE in die voortent uitstal nie en die dak se gaas toe maak.

Bobbejane moet anders benader word en die dak moet gesak word. Hulle is gevaarlik en ek het al gesien hoe hulle geen vrees vir kinders en vroue het nie. Maak groot lawaai as hulle daar is.

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 11:26:24 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5263
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 43 years

Danie. Ek vermoed dat die klagtes die bestuur laat besluit het om iets drasties te doen of indien daar baie kampers is, dan is die apies minder bedrywig in die kamp gedeelte.

Mag ook wees dat die eetgoed in die bos redelik beskikbaar was vir hulle. As hulle natuurlike kos skaars raak, dan is hulle lastig.

Ander ding is die onverskillige benadering van sommige kampers. Ons was lanklaas daar maar onthou hoe die apies en die banded mongooses die bure ( jong mense)  se tente geplunder het.  Toe ek hulle se wats wat, toe haal hulle skouers op en sê dis die natuur en ons invade hulle habitat,  so what.

Maar om terug te kom na die oorspronklike vraag. Vir veiligheid sou ek eetgoed, melkboksies NIE in die voortent uitstal nie en die dak se gaas toe maak.

Bobbejane moet anders benader word en die dak moet gesak word. Hulle is gevaarlik en ek het al gesien hoe hulle geen vrees vir kinders en vroue het nie. Maak groot lawaai as hulle daar is.

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 12:23:17 pm
Fred
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1580
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 50 years

Ape se gebied is nie so klein dat hulle elke dag op dieselfde plek is nie. Hulle trek maar oor 'n wyerige gebied rond. Dat 'n mens hulle oor 'n paar dae nie sien nie, beteken nie hulle is weg nie.  Ons kinders bly in Ballito waar ape volop is.  Daar gaan soms dae of weke verby wat jy hulle nie sien nie, en net wanneer jy gemaklik raak, is hulle skielik daar en as alles nie toe is nie, kom hulle in en dra enige vrugte en wat ookal vir hulle eetbaar is, weg. As jy in 'n gebied is waar ape- en bobbejane- is, aanvaar maar hulle kan enige tyd toeslaan.

Danie, ek kan jou verseker daar is baie ape by Klein Kariba- bobbejane ook- ek het hulle verskeie kere gesien en verjaag.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 13:40:16 pm
Chris Boucher
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 565
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 32 years

Ek kaap die draad - verskoning! Maar dit sluit tog tot 'n mate aan by wat hierbo genoem is.

Ons woon meer as 17 jaar in Kleinmond en het nog nooit bobbejane by ons huis gehad nie. Daar is dele in die dorp wat voortdurend deurloop onder die kese, maar nie by ons aan die oostekant nie. Mense installeer bobbejaanwering - "never mind" diefwering.

Terwyl ek vanoggend op die rolbalbaan was, bel my vrou om te sê hier is 'n trop bobbejane in ons erf. 

Ek moet sê dat die kere wat ons by Klein-Kariba gekamp het, was elke keer buite seisoen wanneer daar min kampeerders is. Dus is dit enkele mense wat die hele trop se "raid" moet verduur.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 22:27:35 pm
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 3157
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Dankie vir hierdie draad. Nou sal ek ook versigtig wees. Ek was nog net 3 keer daar en 1 keer oorkant die dam in 'n chalet. Nie 1 gesien daarom kan ek net noem wat my ondervinding was. Chris soos jy noem daar is altyd 'n 1e keer. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
4 days ago @ 07:05:30 am
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10185
Joined: 05 May 2015
Experience: 5 years

Die grootste bobbejane wat ek nog beleef het in n kamp terein was by Klein Kariba. Devoetpadskloof het ook baie grootes.....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
4 days ago @ 09:39:26 am
Chris Centurion
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 390
Joined: 04 May 2016
Experience: 31 years

Ek het nog nooit bobbejane by Klein Kariba gekry nie, net ape.

Die grootste en agressiefste bobbejane wat ek nog ooit gekry het, was by Rustenburgkloof in die laat 90's. Hulle het my een keer vas gekeer in die ablusie.

 

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
4 days ago @ 23:26:34 pm
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 3157
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Ek het wel teen die berg op by De Voetpad kloof bobjane gesien maar nooit naby enige staanplekke nie. Selfs die berugte Bergendal niks bobjane gesien die 1 nag wat ons gaan gestaan het nie. Was egter voorberei vir Bob se kind. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
3 days ago @ 07:07:58 am
CampingKitty
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 613
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 2 years

Dankie julle.  Ons kos bly maar in cargo kratte, en die dak seile sal ons toe maak en vensters toe hou van die karavaan.

Sien uit om te gaan, was as kind laas daar. so ek wil my kinders ook daai experience gee.

As long as everything goes my way...I'm totally flexible
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
3 days ago @ 17:20:47 pm
Hurricane
Moon Member
74% Profile Strength
Posts: 978
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 19 years

Moenie aap se kind se intelligensie onderskat nie, as daai cargo crat nie behoorlik toe is nie SAL hulle 'n manier kry om dit oop te maak....het in Junie by Scottburgh twee aap "raids"ervaar, burrman het een lot gesien toe hulle netjies die tent se rits sluiter oopmaak om in te kom

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
2 days ago @ 09:02:00 am
Dansan
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 36
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 38 years

Julle sal dit dalk nie glo nie, maar 'n plastiese Coke bottel kwart vol klein klippies wat jy skud jaag hulle nogal weg. Apies of bobbejabe in 'n kamp is regtig nooit aangenaam nie en mens wens dit kan gestop word. By Kaappunt is Natuurbewaring genoodsaak om n paar bobbejane VOOR die publiek te skiet om mense te kry om OP TE HOU om hulle te voer. Die probleem is grootliks opgelos.

n Aap kort net een vieslike klap dan sal hy ook versigtiger wees. Dis sommer goor om n lekker bakkie eetgoed uit te pak en dan die hele tyd met jou arm daaroor te sit. 

By Bettiesbaai het ons, wanneer ons vertrek het die yskas leeggemaak en dan OOP gelos. Die bobbejane kon dan deur die venster sien daar is niks in die yskas nie. By Bettiesbaai en Pringlebaai breek hulle selfs die vensters met n klip om in te kom. 

By North Gate in Moreni het ons aanskou hoe hulle n pop-up tent afruk om binne te kom.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
2 days ago @ 10:08:01 am
Karin*
Silver Member
88% Profile Strength
Posts: 73
Joined: 20 Feb 2012
Experience: 14 years

Ons het die lang naweek van Augustus in die berghuisies gebly. Die bobbejane was elke oggend daar om die kos in die buite asblikke te soek. Daar is meeste van die tyd 'n werker met 'n paintball geweer wat hulle weg jaag.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous