English & Afrikaans Forums
Total Topics: 19 330
Total Replies: 204 972
Total Views: 80 957 881
topics: 9 840
replies: 110 329
views: 38 215 899
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Geyser lek

replies: 5
views: 178
13 Sep 2018 @ 11:12:35 am
Gouwsblom
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 5
Joined: 22 May 2018
Experience: 28 years

My 2006 Exclusive se geyser het eweskielik begin lek.

Ons kamp voltyds. Die geyser maak lekker warm, maar tydens n' stort lek water by die insulasie uit. Ek het die boonste gedeelte van die insulasie afgehaal om te sien of water by die inlaat of uitlaat pype lek, maar sien niks.  Ook so ver as moontlik om die element fitting gekyk.

Voordat ek nou die hele geyser uithaal wil ek graag hoor of daar moontlik iets is waarvoor ek kan kyk.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Sep 2018 @ 18:45:09 pm
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 2976
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Ek sou dink die maklikste om vas te stel of een v d boonste uitlate lek of die onderste koue water is om toiletpapier om die pyp te draai en daarna te kyk as om 'n druppel of 3 te probeer sien.

Ek sou dink dit kan net by die 3 pype of die element lek as die tenk self nie dalk 'n probleem het nie. Uithaal is dan die enigste oplossing om vas te stel.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Sep 2018 @ 06:21:22 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10114
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Hierdie is 'n moeilike een as mens nie self by die geyser is nie.  Ek sou die volgende doen:

Kyk of daar lekkasie is as die geyser vol water is. (Indien nie)

Skakel die geyser aan (Kry water warm) en voordat jy die water begin gebruik kyk of daar dan enige lekasies is. (Indien nie)

Draai kraan oop en kyk dan vir lekasies.

Sou jy op welke stadium 'n lekasie sien sal dit vir jou in 'n mate sê waar die probleem is.

 

Geyser vol water maar nog koud is lekkasie of by toevoer pyp of geyser self het 'n lek plek.  Laat geyser warm word bepaal of die lekkende water warm is of koud.  Koud is die lekasie onder aan die geyser warm bo aan die geyser  of  Dalk is die leksie net as jy die water pomp en dit is dalk net 'n pyp wat probleme gee.

 

 

 

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Sep 2018 @ 09:26:52 am
Gouwsblom
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 5
Joined: 22 May 2018
Experience: 28 years

Na 2 lekker warm storte is daar nou geen water lek nie.

Die park waar ons nou staan het n' water probleem gehad en ek dink bietjie vuiles het in die sisteem gekom wat die probleem veroorsaak het. Lyk nou weer reg maar ek gaan n' "drip tray in sit vir hom.

Dankie vir die insette

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Sep 2018 @ 11:23:02 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10114
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Die drip tray is dalk 'n antwoord.  My hansen Geyser 19Liter een het 'n tipe van "Over flow over presure" pypie ook. Aan die begin het die ook gedrup maar nou na vele gebruik niks nie. Geyser werk soos stroop.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Sep 2018 @ 20:42:51 pm
George
Silver Member
96% Profile Strength
Posts: 84
Joined: 01 May 2016
Experience: 10 years
i fitted an inline water filter on the water line just before the water goes into the main water tank, it stops debrie from getting into the tank then on to the pump , geyser and taps
the poorest man in the world is not a man without a cent, it is a man without a dream
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
View First