English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 462
Total Replies: 218 134
Total Views: 81 858 366
topics: 10 475
replies: 118 682
views: 38 630 552
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Korrekte spelling van name

replies: 25
views: 496
27 Jul 2018 @ 22:58:44 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 3731
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Dit het niks met kamp te doen nie maar ons geniet tog hul produk.

Ek merk dat 28 jaar na die naam van Eskom/Escom verander het na slegs ESKOM dat die engelse naam van weleer gebruik word.

Deur Evkom en Escom saam te gooi het gelei tot die naam ESKOM.

Wat dink ons mense van die korrekte spelling?

Gooi my maar toe as julle wil.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jul 2018 @ 05:22:46 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6247
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Biekie van die een baie van die ander maak tog nie saak nie dit bly nog swak Eskom en betaal sal ons betaal.

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jul 2018 @ 09:28:58 am
Nico
Moon Member
92% Profile Strength
Posts: 986
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

Eskom bly Eskom. Ek is ook gesteld op die korrekte spelling van woorde, name ens. en daarom neem ek gewoonlik so ekstra tydjie net om my pos na te gaan voor ek dit aanstuur (behalwe as my selfoon speltoepasser gebruik en ek dit nie onmiddelik optel nie ..)

Die teenoorgestelde is egter ook waar:

My van word byvoorbeeld met 'n dubbel "n" gespel en daarom aanvaar ek nie 'n rekening as die spelling verkeerd is nie, maar sal wel 'n tjek aanvaar selfs al is dit met net 1 "n" gedoen!!!cool

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jul 2018 @ 11:08:46 am
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 11973
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Eskom bly Eskom. Ek is ook gesteld op die korrekte spelling van woorde, name ens. en daarom neem ek gewoonlik so ekstra tydjie net om my pos na te gaan voor ek dit aanstuur (behalwe as my selfoon speltoepasser gebruik en ek dit nie onmiddelik optel nie ..)

Die teenoorgestelde is egter ook waar:

My van word byvoorbeeld met 'n dubbel "n" gespel en daarom aanvaar ek nie 'n rekening as die spelling verkeerd is nie, maar sal wel 'n tjek aanvaar selfs al is dit met net 1 "n" gedoen!!!cool

Ek sal ook n tjek vat van iemand wat n spel fout ophet...bv R5Miljoen....as hy per ongeluk die "M" verkeerd het en vervang met n "B" 😎

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jul 2018 @ 22:34:40 pm
Bak oor
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1049
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ek dink as jy terug verwys na die griekse vertaling wys dit na n verneuk spul cool

Op n meer ernstiger noot wil ek noem daars is eerlike hard werkende mense wat hul lewe toe gewy het aan daardie plek en nou gebuk staan onder opmerkings soos myne ( sorry mense). 

Eskom /Escom ek weet nie maar lyk nie of hul ooit op dreef gaan kom wat nog van spell checks doen

Rom 8 - 1&2
Daar is dus nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jul 2018 @ 17:22:26 pm
Swanie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 476
Joined: 26 May 2013
Experience: 45 years

meeste kan nie meer spel nie.  Die spel toets programe is hoofsaaklik daarvoor verantwoordelik.  Ek was nog nooit goed met spelling nie..

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jul 2018 @ 17:41:55 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 11973
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

meeste kan nie meer spel nie.  Die spel toets programe is hoofsaaklik daarvoor verantwoordelik.  Ek was nog nooit goed met spelling nie..

....of dit laat jou in die moeilikheid beland soos Douglas se draad....sien link onderaan

 

https://www.caravanparks.com/35.Caravan-Camping-Forums-Deadly-Text-Message-.htm?forumaction=1&loadcategory=1024&loadpost=250050739#ForumsAnchor

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jul 2018 @ 18:51:14 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 3731
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Ja so kan 1 letter 'n groot verskil maak. Ek verstaan dat die woord "Guy" moet ook reg uitgespreek word in Frans anders beteken dit gay. Wat al vir my genoem is is dat die uitspraak ook in Italiaans korrek moet wees anders kan dit 'n heel ander betekenis he.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jul 2018 @ 20:12:01 pm
Hannes
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 258
Joined: 21 Mar 2013
Experience: 47 years

Herinner my aan jare gelede toe dit nog ESCOM was.  Daardie jare was toe reeds gespot dat die afkorting betekenis het van: Easy Slow and Comfortable.

Maak nie saak nie, die kragtariewe was daardie tyd aansienlik goedkoper gewees!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jul 2018 @ 06:37:20 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 12234
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek probeer maar ook die speling reghou so vêr ek kan onthou van skool dae se leer.

Jammer vir die spelfoute wat deur glip veral in Engels.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jul 2018 @ 08:39:08 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 3731
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

@ Leon - Les nommer 1 - so word spelling gespel - jammer Leon - ek moes die geleentheid gebruik -  hehehehe

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jul 2018 @ 09:56:40 am
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 487
Joined: 04 May 2016
Experience: 32 years

Ek dink soms is dit nie werklik 'n spelfout nie bv. Leon se speling ipv spelling. Was dit nie 'n kwessie van jou vingers op verkeerde sleutels of jy het dubbel L gedruk, maar net een het geregistreer nie. Ek weet in my geval gebeur dit dat ek te vinnig tik en soedoende vingers op verkeerde sleutel kry. Ek tik met al my vingers soos die tiksters van ouds gedoen het.

Weet waar my spelling my soms in die steek laat is wanneer is dit een woord en wanneer twee woorde. Weet as dit een begrip is, is dit een woord maar twyfel nogsteeds.  

 

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jul 2018 @ 11:17:38 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 3731
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Chris ek maak ook vrek baie foute en my foon sit nie altyd 'n spasie tussen woorde nie. Nee wat ek wou maar net bietjie "stir" met Leon en ek gebruik ook baie net 1 letter siende dat ons almal maar minder letters wil tik.

Dis net 'n goeie een waar die 1 letter in hierdie geval 'n ander betekenis kan he as mens dit nie in 'n sin gebruik nie. Ek sou self nie vinnig aan 'n woord kon dink nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jul 2018 @ 12:03:36 pm
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 487
Joined: 04 May 2016
Experience: 32 years

Danie, ek het besef jy wil net die draak steek met hom. Ek wou dit selwers doen, maar jy het my voorgespring.

Miskien het hy dit nog met opset gedoen om te sien wie kom dit agter.☺

 

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jul 2018 @ 12:12:24 pm
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 12234
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

@ Leon - Les nommer 1 - so word spelling gespel - jammer Leon - ek moes die geleentheid gebruik -  hehehehe

Ha ha ha..................... ja Danie jy het dit raak gesien.

gewonder wie gaan my gas gee oor my "speling".

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jul 2018 @ 12:17:43 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 3731
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Leon jy is op jou beste so vroeg op 'n Maandag ne !!!!  coolcoolcool

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jul 2018 @ 12:56:44 pm
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 12234
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Kyk.  Ek is 'n voorstander van korrekte Afrikaans en spelling maar somtyds is mens bietjie haastig of jou geheue laat jou in die steek.

In so 'n geval moet die spreek woord "Goeie begrip het 'n halwe woord nodig" geld.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Aug 2018 @ 08:52:50 am
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1159
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Ha ha ha..................... ja Danie jy het dit raak gesien.

gewonder wie gaan my gas gee oor my "speling".

 

In hierdie nuwe wêreld waar menseregte alles oorskadu, kan daar sekerlik die reg bestaan om 'speling' in die spelling van woorde in te hou.

Met voice regulation as moniterende beginsel, gaan dit 'n hofsaak neem om die saak deur die 'taalraad' bygelê te kry.

Dan sê ons "sorry" en spel verder voort.

Solank die betekenis behoue bly, is 'n spelfout sekerlik toelaatbaar op onse forum.

 

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Aug 2018 @ 09:21:36 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 12234
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

In hierdie nuwe wêreld waar menseregte alles oorskadu, kan daar sekerlik die reg bestaan om 'speling' in die spelling van woorde in te hou.

Met voice regulation as moniterende beginsel, gaan dit 'n hofsaak neem om die saak deur die 'taalraad' bygelê te kry.

Dan sê ons "sorry" en spel verder voort.

Solank die betekenis behoue bly, is 'n spelfout sekerlik toelaatbaar op onse forum.

 

Stem volkome saam. Solank mens weet wat jy met die woord bedoel.

Asseblief mense los net die jong klomp se SMS taal. ek sukkel my gat af met dit.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Aug 2018 @ 10:24:33 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 3731
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Leon ek stem volkome saam oor die jongklomp se skrywe. Ek sien ook wat gebeur as 'n oor 55 persoon die jongklomp se goed nog verder afkort. Jy kan glad nie eers verstaan wat die persone probeer skryf nie. Uitvee is makliker cool

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2019 @ 18:02:42 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 11973
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2019 @ 00:16:30 am
Bak oor
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1049
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

E.  Eish

S.  Skelms

K.  Kry

O.  Ons

M.  Moolah 

πŸ€”πŸ€”πŸ€”πŸ€”πŸ€”πŸ€”πŸ€”πŸ€”πŸ€”πŸ€”

Rom 8 - 1&2
Daar is dus nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Apr 2019 @ 17:34:51 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2852
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

So leer ek vandag n Afrikaanse les. Die korrekte spelling van Skool is Skool.

Mense sit die 2e o voor die 1ste o en dis verkeerd

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2019 @ 09:30:12 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2025
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Jaaaa-nee!

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2019 @ 11:08:48 am
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1159
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

So leer ek vandag n Afrikaanse les. Die korrekte spelling van Skool is Skool.

Mense sit die 2e o voor die 1ste o en dis verkeerd

Dankie vir die deel Hannes.

Dit maak vir my nou sin hoekom ek so met skool gesukkel het.

Dis eintlik 'n verligting!

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required