English & Afrikaans Forums
Total Topics: 19 247
Total Replies: 201 762
Total Views: 80 838 591
topics: 9 738
replies: 108 879
views: 38 158 576
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

"Cheat" op kampering

replies: 16
views: 488
12 Jul 2018 @ 06:46:01 am
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9263
Joined: 05 May 2015
Experience: 18 years

Wie van julle "cheat" soms op kampering en gaan bly in n chalet? 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jul 2018 @ 08:21:49 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5911
Joined: 03 May 2007
Experience: 53 years

So nou en dan as one te veel is vir kamp, maar is nie die selfde atmosveer nie.

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jul 2018 @ 11:19:57 am
CampingKitty
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 571
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 2 years

Ons gaan infact einde van die maand Ngwenya lodge toe, nou die kampeer terrein nie, maar nog steeds.  Patykeer is dit 'n lekker verandering. om net te ry sonder om bewus te wees van 'n wa agterna.

Het wel 3 kampe opgeline vir die res van die jaar, so ons doen ons deel tot die kamp samelewing lol

As long as everything goes my way...I'm totally flexible
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jul 2018 @ 12:54:37 pm
Proffie
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 324
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 28 years

Die situasie bepaal.

Ons het bv in Februarie met die motorfiets Eiland toe gery vir wegbreek met die motorfiets. Vir 2 nagte in 'n chalet gebly.

Soms op pad om vêr te gaan kamp, slaap ons dalk 'n aand oor in 'n chalet.

Sal nie in 'n chalet lank gaan bly nie.  Dis waarvoor ons verkies om te kamp en daarvoor ingerig het.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jul 2018 @ 16:37:20 pm
Chris Boucher
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 459
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 32 years

As ek by geleentheid vir werk noorde toe ry, poog ek gewoonlik om vir 'n paar dae wildtuin toe te glip. Dan bly ons gewoonlik in rondawels/chalets omdat dit nie vakansie in die ware sin van die woord is nie.

Of as my ver kinders kom kuier en die karavaan nie almal lekker kan akkommodeer nie.

Of as ek net 'n vinnige naweek-wegbreek bv Hartenbos toe wil neem. 340 km tot Hartenbos is dan té ver net vir 'n naweek se kamp.

Of as ek net vir 'n week gaan toer na 'n ver bestemming, bv eerskomende Sep/Okt na Augrabies, Kgalagadi en Lüderitz. Dan kom Lekkeslaap tot sy reg.

Never trust a woman who's honest about her age.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jul 2018 @ 17:18:17 pm
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 9547
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Nee wat. As dit net ek en ma is dan kamp ons.

Ek moet darem eerlik wees toe ons die nuwe tipper in Maart gaan haal het, het ons wel in 'n huis tuis gegaan en in gastehuis oornag.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jul 2018 @ 18:45:26 pm
PietG
Mars Member
88% Profile Strength
Posts: 1356
Joined: 12 May 2015
Experience: 46 years

Die geleentheid het hom nog nooit voorgedoen nie. As ons ry verkies ons maar die woonwa.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jul 2018 @ 21:09:27 pm
RD
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 221
Joined: 07 Jan 2014
Experience: 27 years

Ons doen so nou en dan die chalet ding (die vrou se keuse). Maar ek sal altyd gaan kyk hoe lyk die kamp plekke daar naby want volgende keer is dit kamp!! 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2018 @ 05:41:43 am
Grumpy/Hannes
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2582
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 28 years

Ek het lank gewik en weeg om te "reply"

Glo dit as my wil, maar dis goedkoper om in n Chalet te bly.

As jy n Karavaan het van R100 000 op huurkoop, kos hy jou R82 per dag. Sit versekering dienste en lisensie by werk dit n ekstra R20 per dag uit. Ek reken nie stoorgeld en Klein herstelwerk by nie. Ook nie enige toerusting soos stoele tafels gasbottels braaiers ens by nie.

Dus kos daai wa jou R37230 per jaar as jy glad nie gaan kamp nie. As jou wa klaar betaal is spaar jy slegs R30 per day.( onthou hy het nogsteeds n waarde)

My berekening is gebaseer op n 5 jaar siklus.

Dan betaal jy ekstra aan brandstof. Meer vir n sleepvoertuig (jy sou oor die weggekom het met n kleiner kar wat ligter is op brandstof wat n REUSE besparing per jaar kon gewees het) BV.....ipv n DC te ry wat 11km/Lt gee kon jy n Suzuki Swift gery het wat 18km/Lt gee.

Dan vat dit jou ook Langer om by jou bestemming uit te kom EN Dan moet jy nog opslaan en afslaan! Met n Chalet ry jy vinniger, het minder goed nodig, DRA net jou klere tas in, gooi n bier in en vir ma n glas wyn en "Bob's your Uncle" julle's met vakansie.

MAAR!!!!!!!

Dis nie dieselfde nie. Kamp is duurder en LEKKERDER!

 

On my way back!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2018 @ 06:17:08 am
Hennie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 484
Joined: 09 May 2014
Experience: 24 years

Ek gaan elke jaar Feb/Mrt af Hartenbos toe en bly in 'n huis wat my hierdie jaar R360 pd gekos het. Daai kostes is vir my aanvaarbaar en ek is letterlik net agter die bungalows by Hartenbos. Kan die see vanaf die huis sien. Dit is NIE dieselfde atmosfeer van kamp nie maar dit is my keuse. Moet byse dat ek niks skuld op my karavaan.

Ons beplan wel volgene Mrt om by Klein Kariba die kamp ding te gaan doen aangesien ons Des net 'n vinnige "splash en dash" gaan doen vir 'n week in Danabaai.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2018 @ 09:58:38 am
Chris Boucher
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 459
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 32 years

Kamp, verkieslik met my karavaan en met enkele uitsonderings ook my 'dome tent' en gazebo, bly maar die No 1 keuse. Met my pynlike knieë en heupe is dit egter nogals 'n 'effort' om hetsy die stoeptent (met sykante) of die 'dome' en gazebo op te slaan. Daarom gebruik ek vir korter wegbreke gerieflikheidshalwe maklik rondawels of chalets - mits dit my nie 'n arm en 'n been kos nie. Maar as die betrokke plek waar ek in 'n chalet of rondawel bly ook oor 'n woonwapark beskik, vind ek myself gedurig daar rond want dit is waar ek inderwaarheid wil wees.

Maar op buite-seisoen R275 per nag vir 'n 2-bed rondawel (ten volle toegerus) by Hartenbos te betaal, is nie te versmaai nie. En dan ry ons sommer met ma se klein 1200cc Honda i.p.v. die Hilux 2.8. Op die totale afstand van bykans 700 km (heen en terug na Hartenbos) spaar ek nog meer as R200 op brandstof ook. En soos Grumpy/Hannes hierbo sê, ek gooi net 'n paar stukkies klere in 'n tas en weg is ek.

En as die weer nie lekker saamspeel nie (soos ons wel aan die begin van Junie ervaar het) is die ou rondaweltjie ook nogal gerieflik.

Nee wat - daar is tye vir rondawels of chalets. Maar niks kom by kamp nie.

Never trust a woman who's honest about her age.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2018 @ 12:20:55 pm
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 2804
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Ek gaan wel jaarliks KZN toe waar ons tyddeel het. Dis dan so goed as om in 'n chalet te wees. Ek het die laaste 8 jaar nog nie een keer soontoe gesleep nie.

Ek glo dit hang af v d tydperk wat mens weg is asook die afstand wat sal bepaal of mens eerder gaan kamp of 'n chalet tipe behuising gebruik. Naby die huis sal ek altyd verkies om met die woonwa te gaan. Dan weet ek ten minste dit wat ek nodig het is ingepak.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2018 @ 15:08:27 pm
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 9547
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Nee wat. Ek verruil nie my wa se bed vir die van 'n ander nie.  Ek sleep my wa met gemaak van Pretoria tot in die kaap en terug.

Dan is elke aand n vakansie en as dit moet oornag ek drie keer af kaap toe.  Ek maak die trip soos altyd deel van die vakansie.

Die kere toe die kinders kleiner was en ons elke April vakansie Balito toe is het ek normaal weg in Pietermaritzburg oorgeslaap.  Amper by jou bestemming ongeveer 140km om te gaan maar die oornag bring mens nog meer in die vakansie luim.

Ek sien dit so........................ as jy meer by kampe oornag op jou roete is die pad eintlik baie korter, want jy is mos dan al klaar op vakansie waar die langpad gewoonlik soos 'n berg voor mens le.

Nee wat ek hou vakansie IN MY MAIA. (Solank as wat ek hom nog het.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jul 2018 @ 19:26:19 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9263
Joined: 05 May 2015
Experience: 18 years

Ons het al n paar keer "ge-cheat" deur van Devoetpadskloof se tenthuise gebruik te maak. Ons is mal oor daai tenthuise...baie gesellige setup

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2018 @ 13:19:49 pm
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 9547
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Ons het al n paar keer "ge-cheat" deur van Devoetpadskloof se tenthuise gebruik te maak. Ons is mal oor daai tenthuise...baie gesellige setup

Stem saam.  My skoon ouers het in een gebly toe ons laaste daar was.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2018 @ 15:33:26 pm
Rassie
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 24
Joined: 26 Jun 2017
Experience: 26 years

So bietjie van topic af maar wat  betaal mens die outjies wat jou help op en afslaan met karavaan?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2018 @ 16:39:13 pm
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 9547
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Rassie ons het al voorheen ook hieroor gepraat. So as jy na die search funksie gaan dan sal jy redelike terugvoer daaroor kry.

Ek gee die werkers net so R10-R20 per persoon. Ek slaan elk geval die tent self op. Hulle slaan net penne in en hou dalk hier en daar 'n paal vas.  By sommige oorde moet jy met ontvangs reel as jy sulke hulp benodig wat die werkers los die werk wat hulle moet doen om hier en daar 'n ekstratjie te bekom. Op die manier word die oord bestuur nie kwaad vir die werkers nie.

Sommige plekke kyk die werkers jou skeef aan as die tip onder R50-R100 is.

Terwyl ek kan doen ek maar my eie ding.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
View First