-  Classifieds  -  Disc o Bed  -  Cadac tent  -  Gypsey Royale 1994  -  CI Escape 1 1996  -  Forums  -  Selfoor / Tablet Laaiers  -  Ons soek n veilige kampplek  -  Lus vir kamp  -  Campworld boekies  -  News  -  Aluminium Table Slide  -  Ford Ranger  -  Toyota Hilux  -  SM130 Beverage Cooler
English & Afrikaans Forums
Total Topics: 19 444
Total Replies: 206 513
Total Views: 81 033 517
topics: 9 899
replies: 111 081
views: 38 235 818
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Aantal persone per staanplek

replies: 19
views: 415
13 Jun 2018 @ 11:17:04 am
Oppies
New Member
77% Profile Strength
Posts: 2
Joined: 02 Nov 2017
Experience: 9 years

Dit het tot my aandag gekom dat oorde tariewe vra vir vier persone en sodra jy meer as vier is moet daar 'n by betaling gemaak word. As 'n gesin van vyf raak dit duur. Ek het al opgemerk dat dit dan goedkoper is om eerder na oorde te gaan wat van die begin vir 6 persone is. Ek neem aan dit sal dieselfde wees vir mense wat reeds afgetree is aan gesien hulle net twee is moet hulle betaal vir vier of ses mense.

Wat is die rede vir dit? 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2018 @ 11:24:25 am
CampingKitty
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 588
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 2 years

ek se ook al lankal, tot en met 6 as dit in een gesin is, including ouma en oupa.  vriende en familie buite die gesin verstaan ek dan moet ekstra betaal.

stem saam as jy meer as 4 is raak dit duur.  Selfde in die wildtuin.  meeste units vat 3 persone? ons is 4, so nou moet ons ten duurste vir 6 slaap betaal?

ek sou dit anders doen as ek my eie oord gehad het

As long as everything goes my way...I'm totally flexible
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2018 @ 11:44:27 am
Heindrich
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1031
Joined: 21 May 2013
Experience: 18 years

Ses is vir my n billike aantal per staanplek. Van die oorde vereis natuurlik dat dierdie vier of ses beperk word tot jou onmiddellike gesin wat by jou woon. Jy mag nie vir boetie en sy vrou saamneem om die ses vol te maak nie. Die mense kla somtyds oor Atkv se tariewe maar daar kan jy enige ses mense saamneem. Dan is hulle tariewe eintlik billik. 

 

Hulle tariewe is dan natuurlik baie duur as net jy en mammie daar gaan kamp. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2018 @ 11:49:25 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10272
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Dit het tot my aandag gekom dat oorde tariewe vra vir vier persone en sodra jy meer as vier is moet daar 'n by betaling gemaak word. As 'n gesin van vyf raak dit duur. Ek het al opgemerk dat dit dan goedkoper is om eerder na oorde te gaan wat van die begin vir 6 persone is. Ek neem aan dit sal dieselfde wees vir mense wat reeds afgetree is aan gesien hulle net twee is moet hulle betaal vir vier of ses mense.

Wat is die rede vir dit? 

Vir elke ou sal die voorkeur van manier van tariewe hef verskil. Byvoorbeeld:

  • 'n Gesin van vier tot ses sou verkies dat die tarief almal van die gesin sou insluit.
  • Kampeerders wat net uit ma en pa bestaan sou weer verkies dat tariewe per persoon gehef word.
  • Dan is daar weer die pensioenarise wat per persoon sal wil betaal of eerder 'n afslag maand tarief wat selfs dan goedkopers kan wees as die per persoon tarief.

Daar is dus verskeie maniere wat die tariewe gehef word.  Sommige weer vra 'n bedrag vir die staanplek en dan nog per persoon.  Ek vind dat die baie gewilde oorde vra 'n tarief vir tot 4 lede en dan skep hulle maar met die ekstra mense. Die doel daarvan is om in 'n mate die hoeveelheid voete in 'n oord gedurende top vakansie seisoene te beheer maar as die mense dan die hoeveelheid per staanplek oorskry skep hulle die ekstra geldjie om op 'n manier te kompenseer vir die volume en ekstra werk in bv die ablusie geriewe.  Toe ons kinders klein was, het ek ook meer van die ses mense per staanplek tariewe gehou want kinders se vriende het somtyds saam gaan kamp en dan was dit behalwe vir kos geen ekstra uitgawe nie.

Omrede dit gewoonlik net ek en my wederhelfte tans is wat gaan kamp vermy ons maar die gewilde oorde en kies plekke wat per persoon tariewe hef. Op die manier pas dit ons sak net beter en soos jy kan sien is dit net die teenoorgestelde as wat jy sou verkies.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2018 @ 12:01:05 pm
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1750
Joined: 31 May 2014
Experience: 51 years

Meeste van die kampe wat ons besoek se tariewe is vir twee persone.  Dan betaal jy ekstra vir ander persone met maksimum van 6 per staanplek.  Nou onlangs het ons by Swadini gekamp en daar kan jy tot 8 persone op een kamplek staan.  Jy betaal egter vir die ander persone ekstra.

Dan ook die ekstra voertuig wat jy voor moet betaal. Gewoonlik tot R80.00 per dag. 

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2018 @ 12:19:48 pm
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10272
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Meeste van die kampe wat ons besoek se tariewe is vir twee persone.  Dan betaal jy ekstra vir ander persone met maksimum van 6 per staanplek.  Nou onlangs het ons by Swadini gekamp en daar kan jy tot 8 persone op een kamplek staan.  Jy betaal egter vir die ander persone ekstra.

Dan ook die ekstra voertuig wat jy voor moet betaal. Gewoonlik tot R80.00 per dag. 

 

 

Ons moet aanvaar dat die mense moet 'n bestaan maak.  So het elkeen maar sy manier om sy geldjie in te win. Kyk of dit jou pas.......... indien nie, daar sal wel 'n ander oord wees wat wel by jou sal pas.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2018 @ 12:33:09 pm
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 3072
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Leon ek stem saam dat mens maar moet kies maar as mens bv werkende kinders wil saamneem en nie meer as 4 is nie en die werkende kinders al woon hulle by jou moet op 'n 2e staanplek staan soos Dube ipv net ekstra betaal per sersoon dan raak die kamp duur en ook nie gesellig soos wat mens dit sou wou he nie. Dube sou jy bv nie eers 'n 2 man tent kan opslaan as mens jou slaaptent bo-op jou 4x4 het nie. Hul midweek is ook net vir 2 mense.

Sou mens in besige tye op 1 staanplek staan sou mens iemand anders ook kon help vir 'n lekker kamp.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2018 @ 13:28:15 pm
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1750
Joined: 31 May 2014
Experience: 51 years

Leon, dit is so en die tariewe vir twee persone pas ons. Betaal graag ekstra vir persone as wat die basiese tariewe hoog is en dan is jy net twee.

Dit is hoekom Swadini my elke keer sien as ek in daardie geweste is.  Ons seun en sy vrou wou een aand ekstra bly en toe ons by ontvangs wou betaal sê hulle dit is reg ons het twee staanplekke bespreek vir 17 mense en hulle kan een nag gratis bly.

Het hulle 'n mooi brief gestuur agterna en geprys vir die manier hoe hulle die oord bestuur.  Baie goeie sin vir besigheids  sou ek dink.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2018 @ 13:31:02 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6376
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 36 years

Dit het tot my aandag gekom dat oorde tariewe vra vir vier persone en sodra jy meer as vier is moet daar 'n by betaling gemaak word. As 'n gesin van vyf raak dit duur. Ek het al opgemerk dat dit dan goedkoper is om eerder na oorde te gaan wat van die begin vir 6 persone is. Ek neem aan dit sal dieselfde wees vir mense wat reeds afgetree is aan gesien hulle net twee is moet hulle betaal vir vier of ses mense.

Wat is die rede vir dit? 

Moes so ruk terug by n oord R50 ekstra betaal vir die laaitie se tent per nag..

As hy in die wa so slaap het dit niks ekstra gekos nie.

 

Welkm op die forum.

 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2018 @ 16:55:16 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9992
Joined: 05 May 2015
Experience: 18 years

Eind bedrag is maar wat mens besluit op of jy daar wil bly of nie...maar stem saam dat per persoon die prys nogals duur kan word met n gesin

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2018 @ 19:12:18 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9992
Joined: 05 May 2015
Experience: 18 years

Aan n Natalse kus oord wat ek gereeld besoek het, het ook per persoon gevra. Die groter en nicer stands is Desembers net vir groter gesinne gehou.....ek het paar keer probeer om hulle te bespreek oor Desember, maar ons gesin is ongelukkig te klein.....3x. Die opsies aan my was gewoonlik die minder populere stands.....meer geld vir die populere stands. Begin van die jaar het ek weer bespreek....hulle het gesê hulle het plek, maar weet nie watter site nommer nie....kan eers November as ek klaar betaal het nommer deurgee...het toe maar gekanseleer. My vraag aan hulle was: Hoe kan jy sê jy het n staanplek vir my, maar jy kan nie voor November sê watter nommer nie.....staanplekke word seker toegeken aan hoeveel mense {EN GELD} jy vir hulle inbring. 

Soos julle hierbo noem, gelukkig is daar keuses.......

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jun 2018 @ 05:46:02 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10272
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Leon ek stem saam dat mens maar moet kies maar as mens bv werkende kinders wil saamneem en nie meer as 4 is nie en die werkende kinders al woon hulle by jou moet op 'n 2e staanplek staan soos Dube ipv net ekstra betaal per sersoon dan raak die kamp duur en ook nie gesellig soos wat mens dit sou wou he nie. Dube sou jy bv nie eers 'n 2 man tent kan opslaan as mens jou slaaptent bo-op jou 4x4 het nie. Hul midweek is ook net vir 2 mense.

Sou mens in besige tye op 1 staanplek staan sou mens iemand anders ook kon help vir 'n lekker kamp.

Ja dis jammer dat sommige oorde sulke snaakse "tariewe" het en reels saam met dit.  Dis seker maar hoe hulle die ding doen en hulle geld maak.

Sulke reels maak net dat ek nie van die oord gebruik maak as ons meer as 2 groot mense is nie.  Dis hulle "loss" want kamp gaan ek kamp dis dan net by 'n ander oord sonder "snert".

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jun 2018 @ 06:52:23 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2660
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 28 years

Een van die dinge wat oorde gou uitwys is dat hulle die hoeveelheid mense moet beperk aangesien die ablusie geriewe ( toilet dreinering stelsels) net sekere hoeveelheid mense kan hanteer.

Dan is dit ook so dat mense die oorde uitbuit. Betaal vir 6 en bring 10 mense. Dan vat hulle nog die helfte van jou staanplek ook!

Ons het altyd as die kinders saam gaan, gekyk na "slegs 4 persone per staanplek" dan vat ons 2 of 3 staan plekke. Dis nogal baie nice en bedagsaam van ons of hoe????

Maar as ek en ma alleen kamp, is GEEN oord bedagsaam teenoor ons nie. Betaal vir staanplek van 4!!!!!

Dis nou ook nie asof die oorde moet "cater" vir kos nie, maar dis eintlik n sensitiewe probleem. Waar trek jy die lyn? Daar is heelwat gesinne van 5.

Ek sou se : Betaal per persoon en kinders onder 12 kamp Gratis.

NOG BETER : Almal bo 55 betaal halfprys en almal bo 60 betaal die helfte van die helfte!!!

Dis nie as of die Oorde regtig vol is nie!

I tried to be normal for one day
I gave up!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jun 2018 @ 07:14:40 am
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9992
Joined: 05 May 2015
Experience: 18 years

8 per staanplek is vir my bietjie baie...ek dink daar is bittermin oorde se badkamers wat hierdie hoeveelheid sou kon hanteer, sou almal tot maksimum hoeveelheid staan op staanplek. Ek sou sê 4-6 en as jy meer is maak soos Hannes - bespreek 2 of 3 staanplekke langs mekaar....dit gee vir jouself ook ruimte

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jun 2018 @ 07:58:47 am
Fred
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1535
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 50 years

Dit verbaas my weereens dat daar so 'n antagonisme is teenoor karavaanparke.  Hoekom gun ons hulle nie hulle inkomste nie?  Hulle is tog nie daar om 'n welsynsdiens te lewer nie, maar om genoeg geld te maak om hulleself en hulle werkers te betaal en hopelik ook so 'n bietjie wins op die kapitaal wat hulle in die opord belê het.  Ek verstaan ook nie die gekla oor die beperking op die aantal mense per staanplek nie.  Ek het al verneem dat by Warmbad oor naweke, groot getalle mense op een staanplek staan en almal verontrief.  Wil jy dit regtig hê, of meen jy die uitsondering van groot getalle op een staanplek moet slegs vir jou gemaak word?

As pensionarisse wat buite skoolvakansies kampeer, het ons nog altyd gevind daar is 'n spesiale tarief vir ons mits daar slegs ons twee kampeer.  Jy kan tog nie die pensionarisse aanbod wil uitbrei tot uitgebreide familliegroepe nie!  Toe ons nog gewerk het, het ons gewillig die hoër tariewe betaal en nie die pensionarisse hulle voordeel misgun nie, nou geniet ons dit self.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jun 2018 @ 08:10:30 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5227
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 43 years

Gewoonlik is die meeste kampe vir ses.

Hang van eienaar af of hy extra wil maak. Dis ook nie vir my lekker nie, maar ek aanvaar of onderhandel., veral waar bestuur kleintjies as extra beskou.

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jun 2018 @ 08:37:45 am
DK
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1092
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 16 years

Gewoonlik is ons net 2-persone wat staan, my vrou en ek, alhoewel ons gewoonlik as 2-gesinne gaan, bespreek die ander gesin hulle eie staan plek.

Ek persoonlik verkies 'n staan plek vir 'n maks. van 4-persone net vir die wis en onwis ingeval jy besoekers kry.

Meer as 4-persone kan soms ongemaklik raak omrede dan begin jy oor mekaar se voete val.

Buite seisoen verkies ons om oorde wat per staan plek tarief eis. Binne seisoen verkies ons oorde wat 'n tarief per persoon eis.

Never trust to quickly, because life is too short?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jun 2018 @ 13:26:22 pm
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 3072
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Fred jy is deels reg. Ek het nie 'n probleem om as mens meer as 4 mense is meer te betaal nie maar beperk dit tot 6 vir die mense met meer as 2 kinders, maar dit bly 'n sake besluit vir die eienaar. Ons is bewus van baie oorde wat te koop is en moontlik finansieel sukkel. Van hierdie oorde het nie uitgegaan om meer mense te lok nie. Ook nie juis buigbaar met potensiele kampers nie. Dis tog beter om soos die "last minute" vlugte iemand op elke sitplek te kry as om niks te kry nie. Ons weet tog hoe sekere winkels graag "wheel en deal" oor 'n prys.

Daar is 'n fyn lyn tussen 'n klein getal melk net soos daar 'n klein groepie is wat tot die staatskas bydra en almal trek dan die voordeel van infrastruktuur ens. Kyk hoeveel klagtes is daar oor die ekonomie maar sou jy 'n kwotasie wil he dan stel plekke net nie belang nie. Ek het geen probleem met belasting betaal maar so gaan dit ook met minimum lone. Meer mense sou brood en botter kon bekostig as dinge meer op vraag en aanbod sou geskied.

Mense kan my maar skiet maar meeste ondernemings maak dit nie want die 1e wat ons mense gewoonlik doen sodra daar 'n goeie inkomste is is om daai blink kar te koop. Die duurste laptop en selfoon want mens MOET mos onbeperkte oproepe kan maak want ons het mos 'n besigheid. Ons kan dit mos afskryf as uitgawes. Probleem is as daai inkomste stop dan sit mense met jou ...........

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jun 2018 @ 14:08:07 pm
Fred
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1535
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 50 years

Beslis Danie. Sakemense is nie altyd goeie  ondernemers nie, of sal ons eerder sê hulle verstaan gladnie waaroor dit gaan nie en het min insig in die finansies van 'n onderneming en dan hou hulle nie lank nie.  Die redes wat jy noem is in baie gevalle sekerlik waar.  Dit gebeur ongelukkig baie dat mense met hulle pensioengeld een of ander onderneming begin en dan misluk hulle en verloor alles, bloot omdat hulle nie geleer het om entrepeneurs te wees nie. Soos jy sê, as jy 'n sakeman is, moet jy mos ryk wees!  Die slim ouens sê entrepeneurs misluk 'n aantal kere voordat hulle sukses behaal.  As jy jonk is, kan jy opstaan en weer probeer maar as jy jou pensioengeld waag op jou eerste onderneming, waag jy te veel.  Hoekom dink jy sal jy die uitsondering wees wat dit die eerste slag regkry? Ek ken 'n paar sulke mense wat hulle derde gekommuteer het en nou swaarkry.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jun 2018 @ 15:07:41 pm
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 3072
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Fred dis hartseer as mens jou oudag geld op 'n besigheid moet verloor of nog verder op hierdie gou ryk word eiendomsskemas ingaan en soos jy se nie kan herstel want jy is nie jonk nie. Ja as jong mens moet mens daai besigheid begin dat jy nog tyd aan jou kant het.

Ek sou ook eerder vir myself wou werk maar nooit die geleentheid raakgesien wat veilig genoeg is. Ja entrepreneurs moet uitgaan en nie altyd die veiligheid van 'n salaris opsoek nie.

Ek glo ook aan die 5000 uur reel om enig iets nuuts aan te leer voor mens werklik miskien genoeg weet v d onderwerp om dit dalk te kan maak. Natuurlik is die persoonlikheid ook vrek belangrik en dis moeilik om te meet voor die tyd.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
View First