English & Afrikaans Forums
Total Topics: 19 285
Total Replies: 202 986
Total Views: 80 889 764
topics: 9 776
replies: 109 515
views: 38 190 201
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Parke - slegte ondervindig/gebeurtenis

replies: 17
views: 588
13 Jun 2018 @ 08:39:59 am
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1694
Joined: 31 May 2014
Experience: 51 years

Ons het al by parke slegte ondervindings gehad en dan hoor jy later dat ander mense die park geniet. Mense se verwagtings verskil maar as ons 'n park - vir watter rede ookal - nie geniet het nie gaan ons nie weer terug nie. 

Sal graag wil weet wat ander doen en of hulle terug gaan na 'n nare ondervinding/gebeurtenis.

My probleem is dat as ons 'n park geniet gaan ons weer en weer terug en probeer nie ander parke nie.     

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2018 @ 08:41:52 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5957
Joined: 03 May 2007
Experience: 53 years

Ek is die selfde ek hou nie van surprices nie

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2018 @ 09:26:11 am
Chris Centurion
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 349
Joined: 04 May 2016
Experience: 31 years

Ons besoek ook nooit weer 'npark waarmee ons nie tevrede was nie. Dit geld nie net vir parke nie, maar vir restaurante, slaghuise en ander besighede ook.

Ons probeer egter om altyd by 'n park te gaan kampeer wat ons nog nie van tevore besoek het nie. 'n Tweede besoek aan 'n park sal eers geskied na twee tot drie jaar verloop het sedert die eerste besoek.

 

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2018 @ 11:29:44 am
CampingKitty
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 573
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 2 years

Ek dink as dit een onaangename insident was, maak dit seker nie die hele boom vrot nie of hoe? moet almal dan perfek wees van die staanspoort af.  so enige besigeid of iets wat 'n flater begaan, wat jou toevallig raak, gaan maar moet deure toemaak?

as dit aanhou gebeur sou ek se nou raak dit 'n trend, en dan moet die plek self aangespreek word.  maar ek sou se gee eers 'n tweede kans

niemand van ons doen alles elke keer perfek die eerste keer nie?

As long as everything goes my way...I'm totally flexible
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2018 @ 11:52:31 am
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1694
Joined: 31 May 2014
Experience: 51 years

Ek dink as dit een onaangename insident was, maak dit seker nie die hele boom vrot nie of hoe? moet almal dan perfek wees van die staanspoort af.  so enige besigeid of iets wat 'n flater begaan, wat jou toevallig raak, gaan maar moet deure toemaak?

as dit aanhou gebeur sou ek se nou raak dit 'n trend, en dan moet die plek self aangespreek word.  maar ek sou se gee eers 'n tweede kans

niemand van ons doen alles elke keer perfek die eerste keer nie?

Dit is so maar as dit met die bestuur bespreek is en daar word skouers opgetrek sien hulle my nie weer nie.  Almal sal nooit tevrede gestel word nie.

Glo ook nie meer die fotos van parke wat op hulle webblaaie geplaas word nie. Daar is uitsonderings en omstandighede wat kan verander maar ons gaan op aanbevelings van mense op die forum as ons 'n nuwe park wil besoek. 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2018 @ 12:13:55 pm
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 9757
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Ek sien dit as 'n diens wat gelewer word en ongelukkig is dit maar moeilik om mense ALMAL gelukkig te hou.

Daar is basiese dinge wat VIR MY by 'n oord in plek moet wees:

  • Algemene netheid in die park.
  • Skoon en werkbare ablusie geriewe. (oud is nie 'n probleem nie)
  • Reels wat duidelik is en afgedwing word.

Verder maak ek die kamp vir my self lekker.  Vir ander sal daar meer dinge wees en vir sommige minder.  Ek het al bloutjies geloop by verskeie oorde onderandere Weesgerus. Al die basies dinge is in plek maar die onvermoë om die reels af te dwing  en die reëls self pas my nie dus gaan ek nie terug na die oord toe nie.  Dit maak nie die oord sleg oor die algemeen nie  hulle doen net dinge op 'n manier waarvan ek nie hou nie.

Omaramba oorkant die Buffelspoort dam is 'n baie gewilde oord vir die jong klomp.  Daar blêr die musiek tot laat aand vroeg oggend. Dit pas net nie by my kampstyl nie dus sien jy my nie weer daar nie.

Mbizi en sy mede eienaars oord het ek jare terug by gekamp. Daaityd glad nie gehou van die eienaar se gesindheid nie en die manier waarop hy kliente hanteer nie.  Terloops kyk waar sit hy vandag.........

Ons het nou al by meeste van die oorde binne 'n radius van 260km om Pretoria gekamp.  So het ons maar ons voorkeur waar ons kamp maar maak 'n punt daarvan om by nuwe oorde 'n draai te maak.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2018 @ 12:18:04 pm
Proffie
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 345
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 28 years

Ek stem saam met Jan.

'n Toevallige probleem kan mens aanvaar, maar as dit ernstig genoeg is om bestuur te nader en hulle maak dit af as niks, dan sien hulle my nie weer nie.

Ek betaal vir die gebruik van die staanplek en dit wat hulle bied.

Dis my geld en my keuse waar en hoe ek dit spandeer.

So, as die probleem ernstig is en geen aksie word geneem nie, sien hulle my nie weer nie.

Selfde soos met enige ander besigheid. As die diens swak is of die produkte foutief, dan spandeer ek nie weer daar nie. Die risiko van besigheid doen lê by die besigheid wie kies om besigheid te doen. Besigheidsrisiko lê nie by die kliënt nie.

Ek was self in besigheid, jy lewer nie swak diens en produk nie, so eenvoudig soos dit. Anders hoort jy nie in besigheid nie.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
1
🙂
0
13 Jun 2018 @ 13:34:29 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6266
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 36 years

Nee wat hulle sal my dalk oor n paar jaar weer sien.

Darm is daar baie oorde en kan ek n keuse maak.

Lekker kampe sien my beslis weer.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2018 @ 19:30:37 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9461
Joined: 05 May 2015
Experience: 18 years

Ons het al by parke slegte ondervindings gehad en dan hoor jy later dat ander mense die park geniet. Mense se verwagtings verskil maar as ons 'n park - vir watter rede ookal - nie geniet het nie gaan ons nie weer terug nie. 

Sal graag wil weet wat ander doen en of hulle terug gaan na 'n nare ondervinding/gebeurtenis.

My probleem is dat as ons 'n park geniet gaan ons weer en weer terug en probeer nie ander parke nie.     

Ons is ook so.....gaan gedurend terug na oorde waar ons in die verlede gelukkig was.....ons is juis hierdie jaar op vir 3x by Weesgerus. Ek kan verstaan as n sekere insident mens weerhou om weer te gaan na n sekere oord....miskien memories? Ek is byvoorbeeld so met ATKV Buffelspoort....dis n puik oord en 99.9% van die mense geniet dit en sal weer soontoe gaan, maar daar was n insident 2-3jaar terug wat my afgesit het, wat my maak dat ek nie sommer weer soontoe sal gaan nie. 

Met ander woorde: Ek sal nie maklik terugkeer na n oord waar ek onaangenaamdhede ervaar het nie....die keuses daar buite is te groot as om weer oor dieselfde klip te struikel

Ons wil juis nou meer ander plekke besoek as naweek wegbreke.....maar ons lang vakansies soos Desember maak ons seker die oord wat ons gaan besoek gaan ons geniet....wil nie ver ry en dis teleurstelling nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jun 2018 @ 05:40:45 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 9757
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Ja verseker stamp mens jou toon net eenkeer teen dieselfde klip.  Vir die wat 'n oord geniet ................ gaan vir goud! ! ! ! !

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jun 2018 @ 07:56:55 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5198
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 43 years

Daar is te veel oorde om van te kies. Of se liewer oor te kies.

Ons hou ook nie van alles nie, maar mens moet maar objektief na n probleem kyk. As n park rerig goor is, ry verby. Daars genoeg ander. 

Moet sê hier was al baie negatiewe kommentare oor parke en dan is die volgende ou weer tevrede. Ons het al by sowat 100 plekke gekamp regoor die land en daar was nie iets wat rerig sleg was nie. 

As n kamp jou aanstaan en jy kamp lekker, gaan dan weer terug. Elma moet net tevrede wees dan gaan ons trug . As sy nie like nie, ry ons verby.

Vir my gaan dit oor die vibes by die park en die houding van die eienaar / bestuur.

ONS gunstelinge is.

Deo volente

Riverside kimberley

Drakensville

Natalia

Oranjerus

Vanstadens

Hatenbos. Elma se gunsteling, nie myne nie

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jun 2018 @ 14:24:21 pm
Fred
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1377
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 50 years

Ek dink 'n mens besluit maar emosioneel daaroor , of soos hulle sal sê, met jou hart, of jy weer 'n park of restaurant gaan besoek.  As jy aan so 'n plek dink en dit laat 'n ongename herinnering, is jy geneig om dit te vermy.  Jy betaal geld vir 'n ete of 'n uitkamp met die doel om dit te gaan geniet.  As jy dit nie geniet nie, is dit nie jou plig om die mense nog 'n kans te gee nie.  Ons het in Centurion 'n onaangename ondervinding by 'n franchise restaurant gehad en ek het as 'n guns aan die franchisor geskryf en genoem dat ons hulle nie weer sal besoek nie maar miskien kan hulle die fout herstel sodat ander klieënte nie ook verontrief word nie..  Die restaurant het toe die vyf van ons etes van R150 elk aangebied as verskoning maar ek het dit van die handgewys.  Ek het net nie lusgehad om weer na die plek te gaan nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun 2018 @ 08:19:20 am
CampingKitty
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 573
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 2 years

Dit is so maar as dit met die bestuur bespreek is en daar word skouers opgetrek sien hulle my nie weer nie.  Almal sal nooit tevrede gestel word nie.

Glo ook nie meer die fotos van parke wat op hulle webblaaie geplaas word nie. Daar is uitsonderings en omstandighede wat kan verander maar ons gaan op aanbevelings van mense op die forum as ons 'n nuwe park wil besoek. 

 

praat jy so van fotos op websites.  Ek ook bespreek by weesgerus maar die knaap stuur vir my 'n foto van die stannplekkie, want sirkel 2 is vol.  Ek wou vir hom terug stuur, ek dink julle moet nuwe foto's neem want daars laaankal nie meer sulke lekker gras op die staanplekkie nie lol. Maar ja, weesgerus elke keer lekker.

As long as everything goes my way...I'm totally flexible
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun 2018 @ 10:01:41 am
DK
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 998
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 16 years

Ons het ook so ietwat van 'n probleempie gehad gedurende Desember by Drie Berge wat ons eintlik die skuld op onsself moet plaas, maar ek glo darem die oord moes ook in die bes getree het tydens ons bespreking.

Ons het gevra of ons staanplek no: 8 kan bespreek vir 'n karavaan wat toe aan ons toegestaan is.

Met aankoms was ek werklik baie bly dat my karavaan klein is omrede 'n groterige karavaan sou nooit des lewe daar kon ingaan nie. Ons het dit ook maar gatskraap gemaak om staande te kom.

Nadeel ook is dat die staanplek ook so gepleë is sodat jy neus eerste moet ingaan om rivier uitsig te kry, maar die probleem was die vertrekking.

Ons moes die vorige middag alreeds afslaan en die karavaan weer 180 grade omswaai om die volgende oggend gemaklik te kan uitkom.

Ek sou eerder sê dat sulke staanplekke slegs vir tente toegelaat word en kampeerders vooraf intelig dat die staanplek baie mooi is met mooi uitsig, maar glad nie toegerus is vir 'n karavaan nie.

Never trust to quickly, because life is too short?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun 2018 @ 21:14:50 pm
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3301
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 51 years

As ek slegte ervaring beleef, wag ek vir iets anders daar om my terug te lok ... soos bv. 'n rally .... bly maar 'n sucker .... juis op forum in tande geskop oor Lovers Rock.

Ons het Sondag terug gekom na 2 weke op De Bakke teen strand op Mosselbaai. Lede kan gerus daar probeer.

Wagte loop gedurig deur, dag en nag, goeie see uitsig vanaf tweede ry teen R595 vir 7 nagte vir 2 pensioenarisse. Skoon ablusies. Behalwe voorste ry is meeste staanplekke onder bome.

DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun 2018 @ 22:00:51 pm
DK
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 998
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 16 years

As ek slegte ervaring beleef, wag ek vir iets anders daar om my terug te lok ... soos bv. 'n rally .... bly maar 'n sucker .... juis op forum in tande geskop oor Lovers Rock.

Ons het Sondag terug gekom na 2 weke op De Bakke teen strand op Mosselbaai. Lede kan gerus daar probeer.

Wagte loop gedurig deur, dag en nag, goeie see uitsig vanaf tweede ry teen R595 vir 7 nagte vir 2 pensioenarisse. Skoon ablusies. Behalwe voorste ry is meeste staanplekke onder bome.

Ja dok, ek het alles gelees oor Lovers Rock alhoewel ek nie daar was nie en tog het medekampers jou stief behandel.

Ek het jou al ontmoet en dink jy is ń aangename persoon. 

Rallies vir my, is saam met ń klein groepie bekendes op privaat grond.

 

Never trust to quickly, because life is too short?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2018 @ 09:56:59 am
pietpotjie
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 210
Joined: 02 Oct 2017
Experience: 58 years

Ons is ook so.....gaan gedurend terug na oorde waar ons in die verlede gelukkig was.....ons is juis hierdie jaar op vir 3x by Weesgerus. Ek kan verstaan as n sekere insident mens weerhou om weer te gaan na n sekere oord....miskien memories? Ek is byvoorbeeld so met ATKV Buffelspoort....dis n puik oord en 99.9% van die mense geniet dit en sal weer soontoe gaan, maar daar was n insident 2-3jaar terug wat my afgesit het, wat my maak dat ek nie sommer weer soontoe sal gaan nie. 

Met ander woorde: Ek sal nie maklik terugkeer na n oord waar ek onaangenaamdhede ervaar het nie....die keuses daar buite is te groot as om weer oor dieselfde klip te struikel

Ons wil juis nou meer ander plekke besoek as naweek wegbreke.....maar ons lang vakansies soos Desember maak ons seker die oord wat ons gaan besoek gaan ons geniet....wil nie ver ry en dis teleurstelling nie

Ons let op wat ander se onervindings was ens sal daar volgens 'n besluit neem. My seun en sy familie het ook 'n probleem by Buffelspoort gehad en dus sal nie een van ons die plek ondersteun nie.

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2018 @ 10:19:37 am
Hennie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 504
Joined: 09 May 2014
Experience: 24 years

As ek slegte ervaring beleef, wag ek vir iets anders daar om my terug te lok ... soos bv. 'n rally .... bly maar 'n sucker .... juis op forum in tande geskop oor Lovers Rock.

Ons het Sondag terug gekom na 2 weke op De Bakke teen strand op Mosselbaai. Lede kan gerus daar probeer.

Wagte loop gedurig deur, dag en nag, goeie see uitsig vanaf tweede ry teen R595 vir 7 nagte vir 2 pensioenarisse. Skoon ablusies. Behalwe voorste ry is meeste staanplekke onder bome.

Hi David, het jy nou met die Audi gesleep of het ek die kat in die sak beet? Indien wel kan jy ons bietjie meer vertel.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous