English & Afrikaans Forums
Total Topics: 19 285
Total Replies: 202 986
Total Views: 80 889 765
topics: 9 776
replies: 109 515
views: 38 190 202
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Voels in jou tuin.

replies: 40
views: 744
12 Jun 2018 @ 17:14:49 pm
PietG
Mars Member
88% Profile Strength
Posts: 1416
Joined: 12 May 2015
Experience: 46 years

Hierdie onderwerp het nou niks met kamp te doen nie maar kan ons nie maar bietjie hieroor om die kampvuur gesels nie.........net om van die daaglikse neerdrukkende onderwerpe weg te kom en oor iets te gesels wat ons sal opbeur.

Ons hier in KZN is gelukkig om in die wintermaande kleur en geur in ons tuine te kan he. Dit is opmerklik dat dit ook die tyd is wanneer die meeste voels ons tuine besoek. Miskien is dit omdat daar in die veld dan nie oorvloedig kos vir hulle is nie. Ek het twee voerders hier in my tuin en dit is vroegoggend ons voorreg om in die bed te le en die voels te waardeer wat kom eet en bad en water drink voor ons kamervenster. Hulle gewoontes verstom n mens soms. Lekkerbekkig is nie die woord nie. Hulle wil nie die gewone voelkos eet nie hulle wag totdat jy die duur manna voer dan kom hulle in hulle honderde. 

Die aalwyne blom nou pragtig in die tuin. Nou is die suikerbekkies volop. Ek sukkel egter om hulle andersins hier in die tuin te hou. Ek het n bottel met suikerwater en rooi kleursel opgesit maar hulle steur hulle nie daaraan nie. Enige idees om my te help om hulle permanent in die tuin te vestig. Dan Uile. Toe ons in Hartenbos met vakansie was het ek daar by n mark gesien dat n persoon by n stalletjie uil broei hokke verkoop. Ongelukkig koop ek toe nie een nie. Ons tuin is baie boomryk en as iemand dalk n skets het om so n broeihok te maak sal ek dit waardeer. Ek besef hulle het ook sekerlik hulle eie voor en afkeure en daarom sal ek alle raad waardeer. Wat dalk in my guns kan tel is dat ons grens aan n vleiland. Ek is seker hulle sal genoeg kos daar kry as ek hulle met n nes kan lok.

Enige kommentaar sal waardeer word. Ek weet ook daar is individue wat ons wat voels in die tuine voer veroordeel omdat ons die voels afleer om vir hulleself kos te soek. Is dit werklik so n groot sonde? Praat maar ek is vatbaar vir oortuiging........ek moet se dit is terapie vir ons om hulle gewoontes dop te hou.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
2
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2018 @ 18:06:39 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5957
Joined: 03 May 2007
Experience: 53 years

Ons bly in n afreeoort en elke persoon het n voerder vir vools, dit is vir ons ook lekker om in ons son stoep te sit en koffie drink, die vensters is getint met swart glans hulle kan jou nie sien nie so jy kan baie naby hulle kom, daar is seker +- 20 verskillinde voels dis baie kalmeerint en ontspannind,

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2018 @ 19:04:51 pm
Heindrich
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 927
Joined: 21 May 2013
Experience: 18 years

Dit is so mooi as ons tuine so ingerig is om n paradys vir ons geveerde vriende te wees. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2018 @ 07:18:34 am
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1694
Joined: 31 May 2014
Experience: 51 years

Ons bly baie naby die Umgeni rivier en sien gereeld Kingfishers in ons tuin. Hoor ook gereeld die Visarend se roep.  

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2018 @ 07:36:25 am
Joe Stieger
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 230
Joined: 15 Aug 2011
Experience: 40 years

Glo dit nou of nie, maar ons het 'n rukkie terug twee "Egiptian geese" in ons pekaneut boom gesien sit- nooit geweet dié voëls sit eers in bome nie. Dan ook 'n visarend hoog bo in die boom op ander geleentheid, te pragtig! Grys horingbek voëls ook, maar hulle is baie skaars hier, laat mens kwaai verlang na die wildtuin. Op 'n kol 'n uil ook hier gehad, maar vroulief raak baie senuagtig en bang wanneer hy snags roep- sy dink nog hy bring dalk een of ander onheil.  Hadedas en muisvoëls natuurlik volop ook. Dan swaeltjies en vinke in die somer. Vinke baie raserig wanneer die mannetjies hulle nesse bou. Moet sê ek het lanklaas suikerbekkies gesien...

A happy life doesn't just happen, it's something you create yourself...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2018 @ 07:53:19 am
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9461
Joined: 05 May 2015
Experience: 18 years

Ons bure se wilde vye boom is oor Desember en Januarie volop met daai groen papegaai duiwe....res van die jaar sien ons hulle glad nie. Dan kry ons kort-kort 2 kraaie wat hier rond vlieg

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2018 @ 10:52:58 am
Proffie
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 345
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 28 years

Ek wil nou nie brêg nie, maar by ons hier langs die wildtuin net oor die Krokodilrivier ...................

Dit bly lekker om die voëls dop te hou.

Ons woonbuurt heet hoeka Fish Eagle Bend. Hoor en sien hulle elke oggend.

Dis net in die somer wanneer ons vroegoggend die spookvoël hoor, dan weet ons dit gaan vrek warm wees.

Interesant dat ons hier dekselse Indian Minas sien. Hulle gaan egter nie oor die rivier in die park in nie. Ek vermoed die arende roer hulle.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2018 @ 11:47:04 am
Heindrich
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 927
Joined: 21 May 2013
Experience: 18 years

Julle mense is so so bevoorreg. In Kempton Park hoes die mossies ons wakker. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2018 @ 12:26:11 pm
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 9757
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Ons gee ook die voëls kos en water op ongelee tye. Verbasend hoe gou hulle opdaag as jy weer na 'n ruk kos uitgesit het.

Kyk daar is verseker iets soos 'n bos-tellegraaf. Kos is skaars uit dan wemel die tuin van die voëls.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2018 @ 13:26:00 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6266
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 36 years

Gee ook kos in die oggend en aand.

Het nou al 6 Ind minas groot gemaak en het een in die huis wat n mens mal praat.

Hy kom uit sy hok en kan jou lekker ireteer. 

4 mossies en die ou mannetje wat by die onderdeur kom sit en roep dat hulle moet kos kry.

Verbasend hoe slim voëls kan wees.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2018 @ 15:30:35 pm
Fred
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1377
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 50 years

Ons het 'n swerm frette (mannikins) wat ons voer.  Dis baie klein voetjies, seker 'n derde van 'n mossie se gewig en ons voer hulle met 'n  met 'n voerder wat groter voëls uitsluit. Die voerder hang reg voor die kombuisvenster en hulle vermaak ons daagliks.  Ons het ook 'n sogenaamde "water feature"wat bestaan uit 'n bal waaruit 'n stroompie water seker so drie cm hoog uitspuit.  'n Klomp verskillende voëls gebruik dit vir 'n openbare bad- te oulik.

Oor 'n uilhok: Ek het een gebou maar na seker 'n jaar het die uile dit nog nie ontdek nie, hoewel hulle van tyd tot tyd wel te sien is.  'n Swerm bye het hulle 'n ruk gelede daarin tuisgemaak en dit was 'n gesukkel om hulle te verdryf.  Daar is planne hiervoor op internet.  Ek het nie 'n adres n ie, maar dit behoort nie moeilik te wees om dit op te spoor nie.

 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2018 @ 18:47:42 pm
golden
Silver Member
100% Profile Strength
Posts: 55
Joined: 28 Dec 2015
Experience: 28 years

Ons het n baster voeltjie wat kom kuier. Ek bly bang vir hom want hy storm my. My vrou gee hom in die middag kos.

I've experienced His goodness and mercy myself.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2018 @ 18:50:08 pm
golden
Silver Member
100% Profile Strength
Posts: 55
Joined: 28 Dec 2015
Experience: 28 years

Die ander geval loop die ganse weer rond.  Einge raad asb.

I've experienced His goodness and mercy myself.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jun 2018 @ 09:06:46 am
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6266
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 36 years

Ons het n baster voeltjie wat kom kuier. Ek bly bang vir hom want hy storm my. My vrou gee hom in die middag kos.

Goed gedoen. 

Hehehehe

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jun 2018 @ 10:09:28 am
DK
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 998
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 16 years

Ons het n baster voeltjie wat kom kuier. Ek bly bang vir hom want hy storm my. My vrou gee hom in die middag kos.

.

laughing Dit wil vir my voorkom of dit 'n kruising met 'n Indian Minor islaughing. Ons puggy word gereeld deur hulle aangeval.

Never trust to quickly, because life is too short?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jun 2018 @ 12:14:18 pm
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 9757
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Ek maak 'n plan met die Indian minors in my omgewing. Hulle raak nou al hoe minder want hulle trek die gras dakke se gras uit en daai lawaai irriteer my grensloos.  As hulle naby is, is die ander voëls ook baie minder. (Behalwe natuur lik die duiwe).  Hulle gaan aan asof hulle nooit kos gesien het nie wat nog van gekry het nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jun 2018 @ 13:18:15 pm
Fred
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1377
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 50 years

Ja die verdomde minahs!  Ons is baie lief vir ons natuur en die vreemde voëls (en katte) is net nie deel daarvan nie.  Ek hoor minahs in die omgewing maar om een of ander onverklaarbare rede land hulle nie in ons tuin nie.  Ek hoor hulle is glo baie slim- miskien het hulle gehoor van my windbuks.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jun 2018 @ 21:10:41 pm
Harv
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 108
Joined: 23 Oct 2008
Experience: 20 years

G'day Piet G and others! A tip for sunbirds re your sugarwater bottle. I have  pairs of sunbirds and white-eyes visiting daily. Their skittishness as well as proximity to possible predators such as cats, snakes and the melee of other birds that arrive in flocks might be a factor affecting their scarcity. My bottle is hung on a nail on my balcony a few meters from the tree which houses my birdfeeders. This seems to suit them as they don't feel threatened. Other than bread and chico as groundfeed for the doves and pigeons in the morning, I have the two feeders filled with wild bird seed. I get weavers, waxbills and sparrows on a regular basis and on rare occasions, a pin-tailed whydah and Cape bulbul! What a pleasure! Also nail a sliced orange to a tree. It works a treat! Hope you come good.

 

Soet wees!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jun 2018 @ 10:21:53 am
Chris Boucher
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 493
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 32 years

Ons is ook van die bevoorregdes om 'n wonderlike verskeidenheid van die verevolk in en rondom ons tuin te beleef. Ons het bykans 'n "plaag" van tarentale - mooi om te sien  (en te hoor), maar ai - watter kwaaddoeners in jou tuin deurdat hulle blomakkers uitmekaar skrop. Die Kaapse fisante kan ook maar lekker kwaaddoen, maar ek verduur hulle makliker as die tarentale danksy hulle pragtige geroep wat my telkens laat terugverlang na die Bosveld. Baie mense "haat" hadedas, maar vir my is dit een van die mooi Afrika-geluide. Laasgenoemde is algemeen op ons grasperke waar hulle pal op soek is na iets te ete deur hul lang bekke letterlik weg te druk in die gras.

Ons voer gerasperde kaas (in ons kombuis-vensterbank) vir ons plaaslike fiskaal-laksman, fiskaal-vlieevangers, mikstert byevangers, janfrederikke, olyflysters en Kaapse tiptolle. Die Kaapse wewers (vinke), kwikstertjies en huismossies kom pik ook hulle deeltjies van die kaas op - en selfs soms gryskopmossies (wat volgens die gerekende voelboeke se verspreidingskaarte nie veronderstel is om hier in Kleinmond voor te kom nie).

Die voerder (waar ons saadjies en gemengde hoendervoer plaas), word afgesien van die wewers, mossies, kransduiwe, rooiborsduifies en grootringduiwe, ook gereeld Kaapse Flappe (Cape Bishop) gesien. 

Die voeltjiebad lok weer gereeld klein swerms rooibeksysies, Kaapse kanaries en die enkele dikbekkanarie.

Sekere tye van die jaar, veral wanneer die Kaapse Essenhoutbome vol vrugte is (soos nou), trek die rooivlerkspreeus in groot getalle saam.

Jangroentjies, Oranjeborssuikerbekkies, Klein-rooiborssuikerbekkies en Kaapse Suikervoels is gereelde besoekers by die rooi suikerwater wat ons in 'n Karoo Soetdoringboom ophang. Gevlekte Muisvoels drink ook graag van die suikerwater.

Om een of ander rede was die Grootstreepswaels nog nooit suksesvol om hul nes by ons voordeur te voltooi nie - en Witkeelswaels word gereeld in groot groepe op die telefoondraad gesien.

Ons jongste gereelde besoekers is 'n paar kolganse wat saam met die tarentale en fisante kom eet. Terloops, Joe Stieger maak melding van die kolganse in 'n boom. Dit is algemeen dat kolganse in bome se groter mikke broei - ook bo-op hamerkopneste. Dit is nogals iets om te aanskou hoedat die kleintjies hulle half-des-dinges val na onder en dan ongedeerd agter ma aanhardloop.

Ons hoor redelik gereeld die Visarende en moet dan baie fyn kyk om hulle baie hoog in die lug te sien sweef. Ander wat gereeld gehoor word, maar selde gesien word is die Bloukraanvoels. 'n Rooiborsjakkalsvoel is bykans 'n daaglikse besoeker wat op 'n sekere telefoonpaal kom sit. Van tyd-tot-tyd gebruik swartkopreiers ook die telefoonpale as uitkykpunte vir prooi. 'n Kaalwangvalk word redelik gereeld gesien - selfs waar hy die Kaapse Wewers se neste in my koorsboom kom plunder.

Ons nagtelike besoekers is Dikkoppe wat snags op on inrit paradeer, Gevlekte Ooruile wat gereeld met mekaar kommunikeer en self Vlei-uile wat op ons balkonmuurtjie kom sit.

Ons is bevoorreg om in 'n dorp te woon - maar op die rand daarvan met 'n proteaplaas agter ons huis. Ons woon dus bykans in die fynbos met sy wonderlike voellewe.

Verskoon die gebrek aan deeltekens op die "e" 's, maar ek is bietjie "stupid" hoe om dit reg te kry.

Never trust a woman who's honest about her age.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jun 2018 @ 11:01:19 am
Fred
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1377
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 50 years

Chris, as jy op 'n rekenaar werk is deelteken E,  alt137 en kappie E alt136. Soek gerus ASCI Keys op vir al die ander.

Jan ons is bevoorreg om die natuur in ons tuine te hê.  Ek het in Alberton op die Witwatersrand grootgeword en al wat ons gehad het, was lagduifies, mossies en gewone kwikkies.  Elke seuntjie het mos destyds 'n windbuks of minstens 'n kettie gehad en graag op lewende teikens geskiet.  Verbasend dat daar nie baie eenoog volwassenes rondloop nie.  Die kwikkies het op 'n stadium omtrent uitgesterf as gevolg van die gebruik van DDT wat hulle eiers se doppe saggemaak het sodat die kleintjies nie uitgebroei het nie.  'n Kenner het vir my gesê daar het gelukkig heelwat van hulle in Wes-Transvaal- nou Noordwes- oorgebly en met die uitfrassering van DDT het hulle weer aangeteel en lyk dit my hulle is nou weer landswyd versprei.

Een van my gunstelinge hier in Pietersburg is die janfrederik.  Hy sing nie, hy lewer toesprake! En wonder altyd waarom hy nodig het om so baie verskillende geluide te maak- sê hy dalk iets wat ons nie verstaan nie?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jun 2018 @ 15:30:50 pm
PietG
Mars Member
88% Profile Strength
Posts: 1416
Joined: 12 May 2015
Experience: 46 years

Dit was en is n baie aangename gesprek waarin ek ook baie geleer het. Ek is seker ons geveerde vriende sal ook almal hierby baat vind. Dit wys net weer dat ons die natuur nie moet onderskat nie en dat daardie diertjies daar buite nie dom is nie. So leer ons by mekaar om ook hulle lewensgehalte te verbeter. 

Harv thanks for your input on my red feeder bottle. I will certainlly shift it to a more remote area. I also like the idea of a sliced orange........will do tomorrow.

 

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jun 2018 @ 20:29:27 pm
Harv
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 108
Joined: 23 Oct 2008
Experience: 20 years

G'day peeps!

Chris is making me jealous. Suburbia is not in his league as far as garden visitors are concerned. All those fynbos specials and owls too! Coupla years and I'm retiring to the country. Just for the birdlife! Good on yer, Piet.

 

Soet wees!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jun 2018 @ 21:00:08 pm
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 2846
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Fred jy is gelukkig dat alt kodes nog werk. Ek het op al my rekenaars probeer en nie een van XP tot Win 8 wil enige spesiale karakters tik nie. Dis was voor Windows die standaard metode. Al manier wat ek op afgekom het is om hulle te copy onder die INSERT opsie in Word en dan elders te paste. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2018 @ 08:36:41 am
Chris Centurion
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 349
Joined: 04 May 2016
Experience: 31 years

Ons voer ook maar die tuinvoëls, maar probeer om dit nie elke dag te doen nie. Wil hulle nie te gewoond maak nie want dan kry hulle swaar as ons nie by die huis is nie. Hier kom ook 'n redelike verskeidenheid van spesies voor. Selfs ook spesies wat nie veronderstel is om hier voor te kom nie. Die afgelope maand of twee is hier selfs 'n Hamerkop wat ons nou op gereelde basis opmerk.

Ons het Kwikstertjies hier wat baie mak en te oulik is. Hulle word gaar maalvleis gevoer. Hulle kom staan by die agterdeur en roep totdat ons reageer. As ons buite onder die afdak sit, kom stap hulle tot by my stoel en as ek opstaan en sê.....kom,kom, dan hardloop hy langs my tot by die agterdeur en wag dan vir sy vleis. Die Laksmanne - Fiskale kom eet natuurlik ook. Ek moet maar bly staan totdat die Kwikkie klaar geëet het, anders jaag hulle die Kwikkies weg. Die Mossies,Tiptolle en Vinke mag maar sam met die Laksmanne -Fiskale eet, maar nie die Kwikkies nie. Een middag was daar 'n baie astrante Tiptol wat nie wou gehad het dat die Laksman saam met hom eet nie. Hy het die Laksie aangeval. Die Laksie het toe op sy rug gaan lê met sy vlerke oop gesprei. Natuurlik gemaak of hy dood is.

 

Ek Het sowat 2 jaar terug 5 Kwêvoël kuikens en hul ouers piesangs gevoer. Ek het 'n Goldenshower wat in 'n Witstinkhoutboom op rank. Die kuikens het al met die takke af geklim en dan elke oggend en laatmiddag kom staan en roep totdat ek die piesangs gebring het. Hulle het by my voete gestaan en eet. Het elke dag so 8 piesangs gevoer. Die ouers het natuurlik ook kom eet en selfs hulle was redelik mak.

Piet, jy het genoem dat julle aansienlik meer voëls in die winter in die tuin het en dit moontlik toegeskryf aan die kos wat dalk minder in die veld kan wees. Ek het gistermiddag toevallig na 'n program op Pretoria FM geluister. Die Direkteur van die Nasionale Di3eretuin van Pretoria het oor trekvoëls gepraat. Daar is 3 soorte naamlik die wat emigreer, die wat nomade is en dan die wat plaaslik trek. Laasgenoemde het hy die voorbeeld genoem van voëls wat in die somer in hoogliggende gebiede voorkom soos in die Drakensberge. In die winter trek hulle dan na laagliggende gebiede toe waar dit warmer is, soos die kusdorpe. Hy het toe gemeld dat daar gedurende die winter baie meer voëls in die tuine voorkom as in die somer.

Jou  opmerksaamheid is baie goed en nou het jy 'n verklaring vir die toename in getalle gedurende die winter. 

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2018 @ 16:07:18 pm
Chris Boucher
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 493
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 32 years

Interessante mededeling t.o.v. die getalle in die winter versus somergetalle.

Never trust a woman who's honest about her age.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2018 @ 18:17:53 pm
PietG
Mars Member
88% Profile Strength
Posts: 1416
Joined: 12 May 2015
Experience: 46 years

Baie leersaam en baie dankie Chris. Al hierdie kommentare verbreed net ons kennis oor die natuur.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jun 2018 @ 17:29:47 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9461
Joined: 05 May 2015
Experience: 18 years

Weet iemand watse voël hierdie kan wees?

Ek het hom langs die pad gesien. Hy het bo op n ander voël gesit. Toe ek nader kom sien ek hy sit bo-op n duif....en hy het al n hele gat in hom ge-eet. Toe ek naby kom gryp hy die duif en vlieg weg....hy het maar gesukkel, want hy was nie veel groter as die duif nie....swaar. Hy het klomp spikkels op sy lyf gehad. 

Jammer vir die swak foto's....het dit met die selfoon geneem en vergroot....kon nie nader aan hom kom nie, dan vlieg hy weer weg

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jun 2018 @ 17:32:48 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9461
Joined: 05 May 2015
Experience: 18 years

Skuus...vergeet om fotos aan te heg

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jun 2018 @ 20:47:55 pm
HM
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3457
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 45 years

Soos jy se . Foto onduidelik.

Dalk die Fiskaallaksman?

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jun 2018 @ 12:17:56 pm
Chris Boucher
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 493
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 32 years

Die foto is ongelukkig onduidelik. Maar as jy die grootte van die roofvoël en prooi in ag neem, en ek neem aan dat dit in Gauteng voorgekom het, is dit waarskynlik 'n Gebande Sperwer (Little Banded Goshawk of ook Shikra in Engels genoem). Meeste van die sperwers (Goshawk's) spesialiseer in die vang van ander voëls, veral duiwe. Die Afrikaanse Sperwer (African Goshawk) is 'n nagmerrie vir duiweboere hier in die Wes-Kaap, maar is heelwat groter as die een op die foto en kom waarskynlik ook nie in Gauteng voor nie.

Never trust a woman who's honest about her age.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jun 2018 @ 16:37:45 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9461
Joined: 05 May 2015
Experience: 18 years

Die foto is ongelukkig onduidelik. Maar as jy die grootte van die roofvoël en prooi in ag neem, en ek neem aan dat dit in Gauteng voorgekom het, is dit waarskynlik 'n Gebande Sperwer (Little Banded Goshawk of ook Shikra in Engels genoem). Meeste van die sperwers (Goshawk's) spesialiseer in die vang van ander voëls, veral duiwe. Die Afrikaanse Sperwer (African Goshawk) is 'n nagmerrie vir duiweboere hier in die Wes-Kaap, maar is heelwat groter as die een op die foto en kom waarskynlik ook nie in Gauteng voor nie.

Dankie....ek het nou fotos ge-google van Little Banded Goshawk....lyk of dit hy kan wees

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Aug 2018 @ 19:19:26 pm
Chris Boucher
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 493
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 32 years

Kan 'n mens dan nou opgewonde word oor 'n mossie? Wel, vanmiddag het ek.

Ons woon al langer as 17 jaar hier en nog nooit het ek 'n gewone mossie in my tuin gesien nie. Huismossies en selfs gryskop-mossies wel. En laasgenoemde is volgens alle voëlboeke se verspreidingskaarte nie veronderstel om hier in Kleinmond voor te kom nie - maar hulle is hier.

Maar die gewone mossie-mannetjie wat vanmiddag in my kombuisvensterbank saam met die gewone besoekers kom kaas eet het, was werklik 'n verrassing.

Vir bietjie meer as 'n maand kom 'n kolgans-paar saam met die tarentale en fisante eet aan die kos wat ek en die buurman uitgooi. Die wyfie roep soggens vroeg al met haar luide stem dat ek moet opstaan en kos uitsit. Sy eet gewoonlik baie vinnig en dan's sy weg, terwyl die mannetjie nog eet. Vir sowat 4 dae sien ons toe net die mannetjie wat kom eet. Gisteroggend sê ek vir Ralie ek wonder of die wyfie nie iewers broei nie. En skaars was my woorde koud. Toe ons vroegmiddag terugkom van die winkel af, paradeer die mannetjie en wyfie met 4 kuikens op ons inrit. Hulle't net die kinders kom wys en toe weer straataf verdwyn.

Wonderlik om sulke goed om jou huis te hê.

Never trust a woman who's honest about her age.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Aug 2018 @ 19:39:51 pm
PietG
Mars Member
88% Profile Strength
Posts: 1416
Joined: 12 May 2015
Experience: 46 years

Beste dividende op jou belegging wat jy voor kon vra. Wys jou wat kan gedoen word.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Aug 2018 @ 08:29:36 am
Fred
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1377
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 50 years

Nou nie in ons tuin nie, maar ons het sowat twee weke gelede 'n swerm van so twaalf geelbek-ooievare(nimmersat) naby Shingwedzi in die Kruger wildtuin gesien.  Volgens Roberts is hulle eintlik nie in Suid-Afrika tuis nie maar wel verder noord in Afrika.  Dit was dus werklik 'n voorreg om hulle te sien.

Ek kan ook heeltemal insien waarom 'n mens so opgewonde oor 'n mossie kan raak. Ons is nie regtig voëlkykers in die sin dat ons moeite doen om sekeres te soek en rekord hou daarvan nie, maar ons geniet en waardeer elke voëltjioe wat ons vereer met hulle besoek aan ons tuin.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Aug 2018 @ 08:55:32 am
Chris Boucher
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 493
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 32 years

Nou nie in ons tuin nie, maar ons het sowat twee weke gelede 'n swerm van so twaalf geelbek-ooievare(nimmersat) naby Shingwedzi in die Kruger wildtuin gesien.  Volgens Roberts is hulle eintlik nie in Suid-Afrika tuis nie maar wel verder noord in Afrika.  Dit was dus werklik 'n voorreg om hulle te sien.

Ek kan ook heeltemal insien waarom 'n mens so opgewonde oor 'n mossie kan raak. Ons is nie regtig voëlkykers in die sin dat ons moeite doen om sekeres te soek en rekord hou daarvan nie, maar ons geniet en waardeer elke voëltjioe wat ons vereer met hulle besoek aan ons tuin.

Ons ernstige voëlkykers is maar 'n snaakse nasie. Raak opgewonde oor die simpelste dingetjie - byvoorbeeld 'n gryskopmossie wat nie veronderstel is om volgens kenners in jou omgewing voor te kom nie, of om na 17 jaar in 'n bepaalde omgewing die eerste van 'n spesifieke spesie te sien wat eintlik veronderstel is om algemeen te wees. Simpel!! - sê ek jou.

 

Never trust a woman who's honest about her age.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Aug 2018 @ 16:06:30 pm
Karoo Klong
Mars Member
88% Profile Strength
Posts: 1405
Joined: 22 May 2014
Experience: 5 years

Ek het bessiedraende bome aangeplant om die duiwe en voels te lok,wat n plesier om hulle tydens die rypbessie tyd dop te hou.Die duiwe  vreet op die grond voels in die boom Baie om by die verevolk te leer

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Aug 2018 @ 16:47:14 pm
Chris Boucher
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 493
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 32 years

Dirk - Ek het ook sedert ek in dié huis in Kleinmond woon, slegs inheemse bome aangeplant om die verevolk te lok. En verskeie van die bome het ek self met pitte aan die groei gemaak. Verder lok ons die lotjie wat van nektar (Jangroentjies, Klein Rooiborssuikerbekkies, Oranjeborssuikerbekkies en Kaapse Suikervoëls) met rooi-gekleurde suikerwater, waarvoor die Kaapse Tiptolle, Kaapse Wewers, Glasogies en Muisvoëls nét so lief is. Die Mikstert Byevangers, Fiskaal-laksman, Janfrederikke, Olyflysters en Kwikstertjies word op hulle beurt weer gerasperde kaas in die kombuisvensterbank gevoer. Die saadvreters (verskillende duiwe), Kaapse Fisante en Tarentale vreet my bykans bankrot aan gemengde hoendervoer. Hier is self 'n wyfie pou (wat wie weet waarvandaan kom) wat saam met die tarentale loop. En die nuutste aankomelinge is die kolganse. Ek vermoed die buurt se katte het al vier laasgenoemde se kuikens verorber, want die mannetjie en wyfie daag nou weer alleen hier op om te kom kos vra.

Never trust a woman who's honest about her age.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Aug 2018 @ 17:22:08 pm
Fred
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1377
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 50 years

Katte!  Ek is baie lief vir die natuur, maar dit sluit nie katten en minahs in nie!

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Aug 2018 @ 17:39:57 pm
Butts
Moon Member
92% Profile Strength
Posts: 952
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 5 years

PietG,  Voëls in die tuin is 'n plesier en ons is ook bevoorreg om verskeie by ons te verwelkom.

NB: Bly weg van uile en daai hokke wat mense by hul huise en skure opsit.   Uile is VUIL.  Die area onder hul hokke is besaai met die gebeentes van dit wat hulle vang en eet asook hulle mis.  Dit trek weer rotte en ander peste.  Gaan kuier op 'n plaas en gaan kyk waar die boer sulke hokke in sy skure opgesit het.  My swaer boer op die Modderrivier en het redelik gou daardie neste uit sy skure verwyder.  Sit dit liefs in die veld op weg van waar jy woon.

groete

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Aug 2018 @ 20:12:46 pm
PietG
Mars Member
88% Profile Strength
Posts: 1416
Joined: 12 May 2015
Experience: 46 years

Theo dankie vir daardie waarskuwing oor die Uile. Ek soek allermins rotte en muise en knaagdiere by my. Gelukkig het ek nog nie hokke opgesit nie.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Aug 2018 @ 20:32:27 pm
Karoo Klong
Mars Member
88% Profile Strength
Posts: 1405
Joined: 22 May 2014
Experience: 5 years

Die bedoeling met die uilkaste is uitstekend die eind resultaat met die uilreste en afval moet vir ons weer n les wees en nie n las nie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous